









![]()










JOHAN Moolman (65), oud-drankwinkelbestuurder van Ceres en ‘n inwoner van Huis Maudie Kriel, is op 18 September oorlede.
Hy was die afgelope 6 jaar ‘n inwoner van die tehuis nadat hy van die nek ondertoe verlam gelaat is na ‘n mislukte rooftog in Februarie 2019. Hy is op Saterdag 23 Februarie omstreeks 14:38 in Jumbo Liquor Deli in die nek geskiet.
‘n Ambulans is ontbied om die gewonde
Moolman na Ceres provinsiale hospitaal te vervoer voordat hy oorgeplaas is na die Netcare Christiaan Barnard Gedenk hospitaal in Kaapstad. Die koeëlpunt is later tydens ‘n operasie uit sy kakebeen gehaal.
Na maande se behandeling is hy na Huis Maudie Kriel oorgeplaas waar hy die laaste ses jaar gewoon het en die tehuis hom in die siekeboeg versorg het.
Gedenkdiens ‘n Gedenkdiens word Vrydag 26 Septem-
ber om 10:00 in Huis Maudie Kriel gehou. Destydse ondersoek
Speurders het destyds ‘n 23-jarige skieter van Lesotho in hulle ondersoek geïdentifiseer en talle leidrade onsuksesvol opgevolg.
Daar is later ‘n lasbrief vir Mda se arrestasie uitgereik maar hy is nooit opgespoor nie.
Die verdagte het tot September 2018 op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld gewerk voordat hy die plaas na ‘n ander skietery, verlaat het.

DIE vierde skoonmaakveldtog het Donderdag 18 September in Rooikamp woonbuurt plaasgevind. Die area wat skoongemaak was, is naby die treinspoor. Ongeveer 45 gemeenskapslede wat skoliere van Ceres Sekondêr ingesluit het, het aan die skoonmaakaksie deelgeneem. 70 sakke vuilgoed is in ‘n uur en ‘n half opgetel. Die skoonmaakaksie vorm deel van ‘n groter Omgewingsprojek wat in April vanjaar op Ceres geloods is. * Die organiseerders moedig die Witzenberg gemeenskap aan om die area voor jou huis, jou skool óf besigheid skoon te hou en só ‘n skoner omgewing te skep waarop elkeen van ons trots kan wees.
























DRIE broers van Bella Vista wat in Maart op ‘n moordklag in hegtenis geneem is, bly in aanhouding.
Die broers word aangekla van die aanranding en moord op Morné van Rooyen (31)van Bella Vista. Van Rooyen is in Maart dood nadat hy weens kopbeserings en ‘n meswond gesterf het. Volgens die polisie was daar op Saterdag 8 Maart omstreeks 22:00 blykbaar ‘n bakleiery in Astersingel.
Die polisie is na die toneel ontbied waarna drie broers, Andrew Stoffels (30), Justin Stoffels (33) en Ruben Stoffels (23), gearresteer is.
‘n Erg beseerde Van Rooyen is na die aanranding na Ceres hospitaal geneem waar hy ‘n paar dae later op 10 Maart aan sy beserings beswyk het. Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.



















CERES Lionsklub het Vrydag 19 September ses nuwe lede ingehuldig en by die klub verwelkom.
mobile carwash
At the comfort of your own home
For appointments contact Charles at 072-705-5233



ALGEMENEALGEMENE ALGEMENEALGEMENE ALGEMENE JAARVERGADERING JAARVERGADERING JAARVERGADERING JAARVERGADERING JAARVERGADERING 30 September 2025 om 10:00



Baie dankie aan ons wonderlike gemeenskap!
wil graag ons opregte dank uitspreek aan elkeen wat betrokke was by ons basaar op 6 September. Dankie vir elke bydrae - of dit deur donasies, deelname, samewerking of bloot deur jou teewoordigheid was.
Julle ondersteuning het die dag ‘n groot sukses gemaak en dra daartoe by dat ons ‘n verskil kan maak in die lewens van ons inwoners.
Ons waardeer julle harte Ons waardeer julle van gee en saamstaan, van gee saamstaan, meer as woorde kan sê. as woorde kan sê. meer as woorde kan sê. as woorde kan sê.
Dankie dat julle saam met ons die verskil maak!

TWEE Ceres Lionsklublede, Wynand Kloppers (president van die klub) en Jos Kahn, het onlangs ‘n paar bome geplant by Hamlet Selfsorgoord.

FIETSRYERS gaan einde November aan die uitdagende Munga van Bloemfontein na Wellington deelneem om fondse in te samel vir twee makkers. Een van die oudlede, Cordré Smith van Ceres, benodig ‘n hartoorplanting en is tans op ‘n lang waglys.
Pierre de Jager pak vanjaar sy sesde Munga. Die keer ten bate van twee oudlede van 61 Meg Veterane Vereniging, Cordré Smith van Ceres en Mick de Jager. Pierre gaan van 26 November die 1130 kilometer van Bloemfontein na Wellington aflê - deelnemers het net 5 dae om die eindstreep te haal.
Die Witzenbergstreek se mense word gevra om die insamelingspoging te ondersteun om te help met Cordré se mediese uitgawes vir ‘n dringende hartoorplanting en vir Mick se stygende mediese uitgawes.
Borgskap
Converge-Solutions, ’n klein sagtewaremaatskappy droom om ’n verskil te maak in Afrika en ander lande met platforms wat hulle ontwikkel vir die gesondheids- en finansiële tegnologiebedrywe.
Converge-Solutions maak dit vir Pierre en ander fietsryers moontlik om aan die Munga deel te neem. Hulle gaan ook waterpunt 7 op die roete beman.
“Julle bydrae sal help om individue soos Cordré en Mick, se lewensstandaarde te verbeter en ander rolspelers aan te spoor om ook te help om die nood te help verlig. Die 61 Meg Veterane Vereniging is vanaf 2020 betrokke om met hul deelname aan die Munga, fondse in te samel vir oudlede”.
Indien inwoners en sakelui die insamelingsprojek vir Cordré en Mick wil ondersteun, kan donasies inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661 met verwysing MUNGA 25.
‘n Back-a-Buddy veldtog is ook geregistreer.
Donasies kan alternatiewelik ook daar inbetaal word. Besoek gerus: https://www.backabuddy.co.za/.../ride-for-paratrooper... Glo en wees geduldig
Cordré, altyd positief, glo in sy God en besef dat hy geduldig moet wees. Dít is nie altyd maklik nie en die wat na aan hom leef, weet van sy vrees, sy bekommernisse en hoop.
“Met 12% hartfunksie bly jy in ons gebede - Ons is hier vir jou Cordré. “Ek is stukkend sodat ander stukkende mense my getuienis kan verstaan. Ek ervaar dat my getuienis nou ‘n baie groter impak sal hê en ek is dankbaar dat ek steeds vir my Skepper kan werk.” Boodskap van Cordré.
De Straadt Boerdery (Edms) Bpk, is geleë in die Koue Bokkeveld en fokus op die verbouing van vrugte. Die volgende geleentheid bestaan tans in die organisasie: PRODUKSIE ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
POSVEREISTES / VERANTWOORDELIKHEDE:
•Graad 12 minimum
•Ten minste 3 jaar ondervinding in soortgelyke pos
•Netjiese en ordelike persoon
•Produksie Admin en ondersteuning
•Admin ondersteuning aan Menslike Hulpbronne
•Werkswinkel admin en rekordhouding
•Voldoenings / adminsitrasie / dokument beheer / rekordhouding
•Rekenaarvaardig
•Goeie kommunikasievaardighede Betroubaar, met ‘n stabiele en sobere lewenswyse.
ONS BIED: • ‘n Mededingende salaris • Aangename werksomstandighede.
RIG ALLE A ANSOEKE* EN NAVRAE A AN MARELI DU TOIT BY: mareli@destraadt.co.za of skakel (023) 317-9926 vir navrae.
*Heg asb. by aansoek aan : Verwysings (nie ouer as een jaar) en bewys van kwalifikasies verwerf en kursusse gedoen.
SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 10 Oktober 2025
DIENSA ANVA ARDING: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering na die sluitingsdatum ontvang nie moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

INDIEN inwoners en sakelui die insamelingsprojek vir Cordré en Mick wil ondersteun, kan donasies inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661, verwysing MUNGA 25.


‘n MINIBUSBESTUURDER wat daagliks kleuters en skoolkinders op Wolseley vervoer, het Dinsdag by die Montana-kruising beheer oor die Iveco-bussie verloor en teen ‘n telefoonpaal gebots. Niemand is beseer nie. Sover vasgestel kan word was daar geen kinders in die bussie.
FOTO: Ismails Towing
DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar kêrel met ‘n kombuismes doodgesteek het, se saak is na die streekhof oorgeplaas. Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en ‘n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, het begin Maart 2025 aan steekwonde aan sy regter bo-been en linker bors, gesterf.
Die polisie is na die moord na ‘n woning in die Vredebes ontwikkeling ontbied waar hulle Samanthea Baadjies (31) gearresteer het. Baadjies (foto regs), ‘n werknemer by ‘n hoender wegneemeteonderneming op Ceres, het verlede Vrydag 19 September in die Ceres streekhof verskyn op ‘n klag van moord.
Beweringe dat die paartjie baklei het, maak deel uit van die polisie se ondersoek en die hofsaak. Verdere klagtes kan moontlik bygevoeg word sodra die polisie se ondersoek na die moord afgehandel is. Baadjies se borg van R2 000 is verleng. Die saak is na 17 November uitgestel.
SPEURDERS se ondersoek na die moord van ‘n Bella Vista inwoner en die latere beslaglegging van onwettige vuurwapens, vorder goed.
Die polisie het middel Augustusmaand op onwettige vuurwapens en ammunisie beslag gelê nadat ‘n Bella Vista inwoner, Virgel Samson (42), op Donderdag 14 Augustus doodgeskiet is.
Die voorval het omstreeks 19:20 voor ‘n kafee in Duikerweg plaasgevind kort nadat Samson uit die winkel na sy bakkie gestap het.
Wapens gevind
Speurders het later inligting opgevolg en op ‘n huis in Bella Vista toegeslaan wat as stoorplek gebruik is om vuurwapens te versteek. Daar is op 5 handwapens beslag gelê wat begrawe was. ‘n Dag later is nog twee handwapens en meer as 600 rondtes ammunisie in ‘n badkamer in dieselfde huis gekry.
Een verdagte is weens die besit van dié wapens en ammunisie inhegtenis geneem. Antonio Lintnaar (45) het in die hof verskyn. Die saak is verlede Donderdag na 22 Oktober uitgestel.
Misdaadintelligensie sowel as ballisties moet vasstel of van die wapens gesteel is en of dit met ander misdrywe verbind kan word. Twee van die handwapens wat gekry is, behoort blykbaar aan ‘n plaaslike inwoner en is


nie as gesteel aangemeld nie.
Dié verwikkeling vorm deel van die polisieondersoek. Die inwoner moet nog aangekla word.
Moordverdagte
Verdere ondersoek het speurders na ‘n verdagte, Keenan Hantam (24), gelei wat verdink word dat hy vir Samson op 14 Augustus doodgeskiet het.
Hantam is op 18 Augustus gearresteer en het op 20 Augustus vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn.
Die saak was verlede Dinsdag weer op die hofrol. Dit is na 20 Oktober uitgestel.
Nog sake
Hantam, wat ten tye van dié Samson-moord uit op borgtog was, het weer op 16 September saam met twee ander mans, Edwill Johannes (30) en Jean-Pierre Appollis (21), in die Ceres streekhof verskyn op klagtes van aanranding om ernstig te beseer en moord.
Hulle het ‘n man op 29 Maart 2024 met ‘n klip gegooi, hom geslaan en geskop en toe met ‘n mes gesteek. Die polisie het hulle kort na die moord gearresteer.
Beide Johannes en Hantam is op 22 Mei 2024 op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl Appollis in aanhouding bly by Worcester gevangenis.
Die drie se saak is na 13 Oktober uitgestel.
DIE saak teen vier mans wat aangekla word van die Lauks-moord op Tulbagh, se saak is weer uitgestel.
Die hof en die polisie wag nog steeds vir die DNS-verslae. Vier verdagtes van Tulbagh, Steven Witbooi (29), Ricardo Witness (28), Junaid Samso (24) en Abriano Morris (20), is kort na die moord vasgetrek. Hulle het verlede week die Tulbagh landdroshof verskyn voordat die saak weer uitgestel is na 2 Oktober.
Agtergrond
‘n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie dood in sy motor gevind.
Lauks wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy die Sondagaand van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is later die oggend ontdek.
Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor.
Die polisie het na die moord vingerafdrukke op die toneel geneem en op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. Bots met gereg Witbooi, een van die verdagtes, moet ook op 29 Oktober in die Tulbagh streekhof verskyn weens ‘n huisbraak en diefstalsaak by Lauks se huis.







WITZENBERG APD het einde Augustusmaand ‘n betekenisvolle vrouedagviering by hul perseel in Bella Vista aangebied. Die geleentheid is gehou om vroulike versorgers van persone met gestremdhede, te bemoedig en vir hul werksaamhede te bedank wat hulle met toewyding en liefde verrig. Die vroue is van onskatbare waarde vir die gemeenskap.

OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:
Kandidate wie aan die ondergenoemde minimum vereistes voldoen, is welkom om aansoek te doen, vir die permanente vakature in die Produksieafdeling, nl: Minimum vereistes: • Graad 12 • 1 - 2 Jaar toesighoudende ervaring in dieselfde of soortgelyke werksomgewing • Bewese ervaring van werk op ‘n voorraadbeheerstelsel • Bereid wees om beide dag- en nagskof te werk, asook oortyd soos operasioneel vereis word.
Vaardighede: • Vaardig in MS Office • Kommunikeer op ‘n professionele wyse in beide Engels en Afrikaans (lees en skryf) • Hoë vlak van akkuraatheid • Selfgedissiplineerd en moet ‘n positiewe beeld uitdra • Moet goed onder druk kan funksioneer en inisiatief aan die dag lê.
Verantwoordelikhede: • Behou van die koue ketting deur te verseker dat die nodige voorraadbeheer kontroles gehandhaaf word binne die versendingsafdeling • Verseker dat alle palette akkuraat ingeneem word op die produksie voorraadstelsel
• Verseker dat alle palette voldoen aan markvereistes • Verseker dat daar gereeld palette beskikbaar is vir PPECB inspeksies • Neem toesig oor die versendingspan en verseker dat goeie dissipline en produktiwiteit gehandhaaf word • Verseker huishouding is op ‘n hoë standaard en dat BRC en SHE regulasies nagevolg word. Hoekom aansluit by die CFG span? • Kans om deel te word van ‘n suksesvolle en dinamiese span • Geleenthede vir groei en ontwikkeling.
Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Oktober 2025
INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG
HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.
In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

DIE jeugskou-leerders van Laerskool F.D. Conradie het Saterdag 13 September, gepronk by NAMPO met hul skitterende skoumanskap. Al die leerders het puik gevaar en ‘n plek in die top 5 behaal. Die skool is trots op leerders en wens hulle alle sterkte toe met die SA’s wat die skoolvakansie op Upington plaasvind.

LAERSKOOL Gericke se o/13 rugbyspan het onlangs die Swartland sewestoernooi gewen. Die span het al hul wedstryde oortuigend gewen en in die finaal Vredendal met 177 geklop.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
The successful candidate will report directly to the Operations Manager and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
•The management of efficient production processes with regard to infrastructure, equipment and human resources
•The Aseptic processing of various products that meets customer specifications
•Planning and coordination of all activities relevant to the aseptic processes
•Effective coordination with Engineering, Fruit Logistics and Marketing teams to ensure successful production
•Ensuring world class standards of Health & Safety, Food Safety & Quality throughout the entire process
•Budget, cost management, and projections
•Handling of specific projects
•Optimization of production processes with specific focus on yield and throughput
The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications:
•A relevant tertiary qualification (Food Technology (Science) / Operations Management / Production Management)
•A proven track record of success in a production environment in a leadership capacity
•Excellent communication and interpersonal skills
•A “hands on” and technical approach to production management/equipment
•Minimum 3 years of relevant experience in the fruit/food processing industry as well as quality systems such as PRP programs, HACCP, FSSC 22000/BRC
•Excellent investigative/analytical skills to ensure efficient Root Cause Analysis and Corrective action
The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility.
In return the Company offers a market related compensation package.
Applications can be addressed per e-mail to:
The Manager: People & Performance Systems
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd
E-mail: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications: 9 October 2025
In
DIE verhoor van vyf vermeende renosterstropers het na amper vier jaar, op 22 en 23 September in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, begin.
Dit is die eerste keer dat so ‘n hofsaak in die Wes-Kaap, aangehoor word.
Die vyf stropers het in Desember 2021, vyf renosters op Inverdoorn, tussen Ceres en Sutherland, doodgeskiet.
In aanhouding
Amade Filemone Chongo (50) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (59), Wishes Mugari (33), Justice Cossa (31) en Michael Mbaura (27) in die beskuldigbank. Twee van die mans is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië.
Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek.
Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.
Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings.
Skuldig bevind
Twee van die verdagtes, die Mosambieker Cossa en die Zimbabwiër Mbaura, het skuldig gepleit op alternatiewe klagtes dat hulle die land onwettig binnegekom en hier aangebly het.
Hulle sal later vir die oortredings gevonnis word.
Die verhoor is Dinsdag tot 7 Oktober uitgestel.

WITZENBERG APD het Loslitdag op Vrydag 5 September gevier saam met persone met gestremdhede. Die dag was vol pret en het gesorg vir ’n ligte, feestelike atmosfeer waar almal hulself kon wees en deel voel van die gemeenskap. Loslitdag skep bewustheid oor mense met gestremdhede en om inklusiwiteit te bevorder. * Witzenberg APD bedank die volgende organisasies wat Loslitdag-plakkers by hulle aangekoop het: Bella Frutta, Ceres Fruit Growers, Dutoit Groente, FODB ingelyf en Morrisdale primêr se personeel. Hierdie bydraes speel ’n belangrike rol in die organisasie se werk en die voortgesette ondersteuning van persone met gestremdhede in die streek.

KORREKTIEWE dienste het op 10 September hulle jaarlikse Kultuurdag kompetisie by die Dwarsrivier Korrektiewe dienstesentrum aangebied. Breederivier Korrektiewe dienste wat Robertson, Worcester mans, Worcester vroue, Dwarsrivier en Warmbokkeveld gevangenis insluit, neem jaarliks teen mekaar deel. Elke sentrum moet ‘n kultuurtema uitbeeld en voordra. Drie beoordelaars besluit watter sentrum het die beste kos, dekor, gees vertoon. Vanjaar het Warmbokkeveld Afrikaners uitgebeeld en gewen! Na 10 jaar staan die beker weer op Ceres. Dankie aan Ceres Togryers museum en Baie Bargains vir die hulp met die dekor en kostuums wat hulle voorsien het en wat gehelp het dat Warmbokkeveld die eerste plek verower het.





























IN 2000 open Lukas Johannes Fabricius (beter bekend as Tol) die deure van Fabricius Meganiese Dienste in die Koue Bokkeveld, ná jare werksaam as betroubare werktuigkundige op verskeie plase in die streek.
Sy seun, Philip, sluit by die span aan nadat hy gekwalifiseer het, en in 2010 neem Philip die leisels oor. Vanjaar vier dié besigheid ’n mylpaal van 25 jaar se toegewyde diens aan boere en gemeenskappe in die Witzenberg en omliggende areas. As betroubare vennoot van Kubota, Hardi en Smith Power Equipment, het die onderneming ’n gevestigde reputasie opgebou vir gehalte produkte en uitstekende naverkoopdiens.
Fabricius Meganiese Dienste se toewyding is duidelik in die prestasies wat al behaal is: in 2021 word die besigheid as Nasionale Handelaar van die jaar by Smith Power Equipment se jaarlikse toekennings bekroon.
In ander jare is eerste plekke in verskeie sub-kategorieë behaal. Eienaar en uitvoerende hoof, Philip Fabricius, skryf die sukses toe aan die harde werk van sy span van 10, die lojaliteit en ondersteuning van kliënte en die sterk verhoudings wat oor meer as twee dekades gebou is.
Wye reeks dienste
Fabricius Meganiese Dienste bied ’n wye reeks dienste aan, insluitend die koop en verkoop van landboutoerusting, die verhuring van trekkers, asook die diens en herstel van masjinerie. Die kliëntebasis strek oor die hele streek: van Ceres en die Koue Bokkeveld tot Tulbagh en Citrusdal.
Nog ’n besondere bydrae is Philip Fabricius se rol as Wes-Kaap handelaar-prinsipaal op die Kubota Handelaarsraad. Hierdie raad, wat deur handelaars self bestuur word, het ’n groot verskil gemaak in die kommunikasie tussen plaaslike boere, die verspreider Smith Power Equipment en selfs die hoofkantoor van Kubota in Japan.
Volgens Dennis van der Merwe, Kubota se nasionale verkoopsbestuurder, het dit vinniger reaksies en beter lokaliseringsoplossings moontlik gemaak, soos tydens die vloede wat die Wes-Kaap so jaar of wat gelede ervaar het, waar boere binne dae bystand en onderdele kon ontvang. Met 25 jaar agter die rug en ’n toekoms vol geleenthede, is Fabricius Meganiese Dienste dankbaar vir die ondersteuning van die landbouers in die Witzenberg en onderneem om ‘n waardevolle vennoot vir dié gemeenskappe te bly.

LUKAS Johannes Fabricius (beter bekend as Tol) open in 2000 die deure van Fabricius Meganiese Dienste in die Koue Bokkeveld. Sy seun, Philip, neem in 2010 die leisels oor. Vanjaar vier dié besigheid ’n mylpaal van 25 jaar se toegewyde diens aan boere en gemeenskappe in die Witzenbergstreek.

Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar
Fabricius Meganiese Dienste. Mag jul besigheid van krag tot krag gaan.
☎ (023) 313-3051

Fabricius Meganiese Dienste
Hartlik geluk met jul 25ste bestaansjaar.
Franco Jordaan l 084-581-3253 l franco@scbtransport.co.za






Agterfontein Boerdery (Pty) Ltd
Agterfontein Boerdery (Pty) Ltd
Agterfontein Boerdery (Pty) Ltd
Agterfontein Boerdery (Pty) Ltd
Agterfontein Boerdery (Pty) Ltd
Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar
Fabricius Meganiese Dienste
Ons wens julle net die beste vir die toekoms

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK
Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎☎ (023) 317-1503
E-pos: admin@langrivier.co.za
Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE
Ons wens julle alles van die beste vir die toekoms.


2000 - 2025







Ons is trots op ons verbintenis met Fabricius Meganiese Dienste. Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar. ☎ ☎ (023) 313-3596


Arionstraat, Ceres
(023) 312-3450/1
NA-URE: 083-5561-867
Ons is trots op ons verbintenis met FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE.
Baie geluk met die herdenking van jul 25ste bestaansjaar.



Baie geluk met die besondere mylpaal Fabricius Meganiese Dienste. Dit is ‘n voorreg om saam met julle ‘n pad te kan loop.
Ceres Remhoogte Boerdery (Edms) Bpk

Baie geluk aan Fabricius Meganiese Dienste met jul 25ste bestaansjaar. Alle voorspoed en sukses vir die pad vorentoe.
Mnr. Willem Visser 082-253-7024
(023) 316-1131 willem@shelantiagri.co.za

☎ (023) 313-3373 admin@welgemeen.co.za FABRICIUS
MEGANIESE DIENSTE
Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar! Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word en baie dankie vir die uitmuntende diens wat julle lewer.



☎ ☎ (023) 312-1057
Baie geluk met die viering van jul 25ste bestaansjaar

(023) 317-0703




Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar. Mag jul besigheid van krag tot krag gaan. ☎
FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE

DP en JC Goosen

Arie 082-495-9959Carel 082-823-6707 (023) 312-1707arie@cvc-ceres.co.za

(023) 312-1707
Ons is trots op ons verbintenis met FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE!
Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar.
Boerdery, wens FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE van harte geluk met hul 25ste bestaansjaar. Alle voorspoed vir die toekoms en dankie vir die dienste wat julle aan ons lewer.

Baie geluk
Fabricius Meganiese Dienste met jul 25ste bestaansjaar. Hou aan om ‘n verskil te maak!


(023) 315-5603
Die Direksie en Personeel van De Keur Groep wens FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE van harte geluk met hul 25ste bestaansjaar.

FABRICIUS MEGANIESE DIENSTE
Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar. Ons wens julle alles van die beste vir die toekoms.
MUNISIPALE Gesondheidsdienste (MGD) van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met die Witzenberg munisipaliteit en ander rolspelers, het op 17 September ’n reeks inligtingsessies vir spaza- en huiswinkeleienaars aangebied.
Die sessie wat in die Ceres stadsaal plaasgevind het, is baie goed bygewoon - meer as 130 eienaars op Ceres - het die geleentheid benut. Dit is ’n duidelike bewys van die groot belangstelling in voedselveiligheid en nakoming van regulasies in die Witzenbergstreek.
Verskeie sleutelonderwerpe is gedek, insluitend:
•Veilige voedselhantering en higiënepraktyke om verbruiker veiligheid te verseker;
•Stoor- en temperatuurbeheer om bederf en/of besmetting van voedsel te voorkom;
•Die korrekte etikettering van voorafverpakte produkte;
•Die regulering en sertifisering van voedselpersele;
•Belastingregistrasie, kragverkope en beskikbare befondsingsgeleenthede vir spaza winkel eienaars.
Die munisipaliteit het die statutêre vereistes waaraan spazawinkels moet voldoen, soos besigheidslisensiëring, bouplan-goedkeurings en hersoneringsaansoeke, met deelnemers bespreek.
’n Belangrike fokus was die Geskiktheidsertifikaat (Certificate of Acceptability of COA), wat enige persoon wat voedsel hanteer om te verkoop, benodig. Hierdie sertifikaat moet op ’n sigbare plek vertoon word en indien ’n winkel nie aan die voorwaardes van die sertifikaat en regulasies voldoen nie, of dit ‘n gesondheidsoorlas veroorsaak, kan regsstappe ingestel of aktiwiteite op die perseel verbied word. Die sessies is afgesluit met gesprekke waarin winkeleienaars vrae kon vra en bekommernisse met munisipale amptenare kon deel. Met die goeie bywoning en aktiewe deelname word die werkswinkel as ’n groot sukses beskou - ’n positiewe stap om gesonder, veiliger en meer veerkragtige gemeenskappe in die Witzenbergstreek te bou.

MUNISIPALE Gesondheidsdienste (MGD) van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met die Witzenberg munisipaliteit en ander rolspelers, het op 17 September ’n reeks inligtingsessies vir spaza- en huiswinkeleienaars aangebied. Meer as 130 eienaars op Ceres het die sessie bygewoon.

Werksgeleentheid by Verdun Estates BAKKIE
VERANTWOORDELIKHEDE : · Op- en aflaai van goedere soos benodig met bakkie · Vervoer van personeel met bakkie · Netheid van voertuig en daaglikse inspeksies · Was van voertuie · Ander ad hoc take · Algemene herstelwerk (bv. trap herstelwerk wanneer rywerk voltooi is.
VEREISTES: · Geldige kode 08 lisensie en PDP · ‘n Swaarvoertuig lisensie sal jou aansoek versterk · Goeie dissipline · Gereëlde bywoning · Goeie kommunikasievaardighede · Goeie organiseringsvermoë · Hoë gehalte werk kan lewer · Sober gewoontes · Bereidwilligheid om oortyd te werk. Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE:
26 September 2025
Stuur verkorte CV met duidelike uiteensetting van vorige werksondervinding aan hr@verdun.co.za of handig u aansoek in by Verdun Kantoor, Van Riebeeckstaat 1, P.A. Hamlet.
NAVRAE: (023) 313-3051
‘n Gesertifiseerde kopie van u RSA ID dokument moet aan u aansoek geheg word.

HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?
Deernis
Registrasie op werklose databasis
Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede
Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.
Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan
Geriewe (sale, sportgronde),Verkeer en Wetstoepassing parke en bome
WAAR WORD DIT GEHOU?
DAG EN DATUMTYD DORP WYKEPLEK
Dinsdag23 Sept.09:00 - 12:00 Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal
Donderdag25 Sept.09:00 - 12:00Tulbagh 7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal
Vrydag26 Sept.09:00 - 12:00 Ceres3 & 5 Ceres Stadsaal
Dinsdag30 Sept.09:00 - 12:00P.A. Hamlet 4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal
Woensdag1 Okt.09:00 - 12:00 Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal
Donderdag2 Okt.09:00 - 12:00 Wolseley2 & 7 Pine Valley Gemeenskapsaal
Vrydag3 Okt.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal
‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep
DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?
Indigent Registration on Municipal Unemployed Database
Credit Control (accounts) Small Businesses Support
Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc
Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan
Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees
WHERE WILL IT BE HELD?
Tuesday23 Sept.09:00 - 12:00 Nduli1 & 12 Nduli Community Hall
Thursday25 Sept.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall
Friday26 Sept.09:00 - 12:00 Ceres3 & 5 Ceres Town Hall
Tuesday30 Sept.09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall
Wednesday1 Oct. 09:00 - 12:00 Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Community Hall
Thursday2 Oct. 09:00 - 12:00 Wolseley2 & 7 Pine Valley Community Hall
Friday3 Oct.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall
A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities
DAVID NASSON
MUNICIPAL MANAGER
MUNISIPALE BESTUURDER





NOODNOOD
(023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997


Oogkundige
Kontaklenspraktisyn
Contact Lens
Practitioner
Optometrist (023) 312-3060
SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835
Voortrekkerstraat 37
467, Ceres 6835
(023) 004-0595
Faks: 086-407-6707
Reg no: 2014/097150/07
BTW no: 4140265846
CONTACT DETAILS : Cornell Pieterse (TECHNICIAN) 060-560-1150 info@bdktech.co.za
Maryna de Villiers (SALES)
(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres
☎ (023) 312-1254


Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Marias Francois Carolus



CHIEF MPONDA HERBALIST
All problems solved: •Love
•Financial •Job
•Court cases
•Evil spirit & many more
Please call 067-891-4114 WhatsApp 073-144-1844
WHAT TO EXPECT:
•Government services
•Health Care services
•Upskilling opportunities
•Local entertainment
•Food and drink stalls
ASOOK: • Koresang • Tiktok dansers • Rieldansers • Kiddies

AND ART FRAMING

1972/08/06 - 2025/09/20

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
Begrafnis: Sat. 27 Sep. Huis 09:00, Amandelstr. 48, Wolseley Kerk: 10:00, Ou Apostoliese Kerk, Wolseley Graf: Wolseley
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Corner • Verskeidenheid vermaaklikheids aktiwiteite.

083-227-6476

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
Maria Dalieson

1944/09/29 - 2025/09/17
BEGRAFNISDIENS:
Saterdag 27 September Huis 09:00 Porterstraat 21, Wolseley Kerk: 10:00 Ou Apostoliese Kerk, Wolseley Graf: Wolseley
081-742-6706 n/u: 082-5753-181


Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension
• Brakes
• and more
CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie by 086-1115193 vir enige verdere navrae. rek C27 m.t.o.


PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE TOOL HIRE

Mini skip rentals

TANKWA FAMILY DAY PROGRAM
OPENING AND WELCOMING:
09:00 Rev. Cecil de Kock
STAKEHOLDERS: 5 min per dept.
Agriculture: Franco
Land & Reform: Esmarelda Reid
Local Gov.: Gerri / Donovan / Gorha
Perdekraal: Gerane
Scatec: Gomolemo
Witz. Mun.: Adrian Hofmeester
Cape Winelands: Theresa Davids
Nathalie Fortuin
SASSA: Francois Home Affairs: Madelein Bekker
DSD: Rhoda Leite
ENTERTAINMENT: 10:00
Dans/Dance (Tiktok/hiphop)
Lekkerbekkies crèche (10:00)
R.O.A Sunday school (10:15) Eselfontein dansgroep (10:30) Sonstraal crèche (10:45)
R.O.A Youth (11:00)
Rapper: Shaun (11:15)
Kore/Choirs De Kock Vrouekoor (11:30)
Tankwakoor (11:45) Sotho Manskoor (12:00) Sotho Gemengdekoor (12:15)
Rieldans Donkerbos (12:30)

Whatsapp of skakel 082-821-3610
☎ (023) 312-1274 Select LAUNDRY

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels
Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww ww weraferaf eraferaf er af op op op op op spesialespesiale vv verer erer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld
Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie
Johannes Zacharias Moolman

1959/11/14 - 2025/09/18
GEDENKDIENS: Vrydag 26 September 10:00, Huis Maudie Kriel, Van Riebeeckstraat, Ceres

Die beste diens, altyd.
John Kannemeyer (023) 316-1814

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
André du PAndréP André du PAndréP André du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490
☎☎ ☎ (023) 312-1414
c/o Vos- & Faure St. 83

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
•Police Flying Squad................. 10111
•Ambulance Services................ 10177
•Cell Phone Emergency................112
•Disaster Risk Management Centre 080-911-4357 (HELP)
•Poisons Information Helpline of the Western Cape 0861-555-777
•Childline .......................................116
•Lifeline .......................(021) 461-1113
•Wilderness Search and Rescue: ..................................(021) 937-0300
Witz. Mayor: Trevor Abrahams Witzenberg MM: David Nasson
Cape Winelands Mayor Cape Winelands Acting MM
Provincial Minister: Jaco Londt
Introducing Prov. Minister: Annemie Van Reenen
Tankwa groep (12:45) Raffle for bicycles
Play/toneelspel (12:00)
Prysuitdeling
Vote of Thanks
Skakel Ernest (023) 316-1117
Skakel (023) 316-2021
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd.
Wessel de Beer
SOMERSKLERE Vrouehemde R20 elk DRINGEND OP SOEK NA: Skool-, mans-, vroue- en kinder-somersklere


Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:00
060-619-2758 of 082-704-3276 Louw-Marie 083-634-8068



CAREL en Francis Matthee het Saterdag 20 September die beterbal stableford kompetisie van Ceres gholfklub gemaklik met 48 punte gewen.
Henk Rossouw en Altus Joubert was in die tweede plek met 43 punte gevolg deur Anton Nieuwoudt en Herman van der Walt in die derde plek met 40 punte. Bennie van Rensburg en Wynand Claasens was vierde met 39 punte gevolg deur Charl du Toit sr. en Henry Brown met 38 punte.
Saterdag-kompetisies
Op Saterdag 27 September word ‘n vierbal sametelling stableford kompetisie aangebied.
Op Saterdag 4 Oktober word ‘n enkel houespel kompetisie aangebied, op 11 Oktober ‘n 4 BBB stableford kompetisie, op 18 Oktober ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie en op 25 Oktober ‘n enkel syfer plus kompetisie.
Ceres Superspar Sundowner kompetisie
Spelers kan weer Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan die Ceres Superspar Sundowner kompetisie. Koste beloop R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.
Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings. Pizzas sal ook beskikbaar wees.

Dojo karate studente verower 22 medaljes in die Kaap
SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het Saterdag 20 September uitgeblink by Cape Cobra karate en kubudo ligabyeenkoms in Brackenfell. Tien karatekas van die klub het altesaam 22 medaljes verower - waarvan 12 goues, 6 silwer en 4 brons, was. Die prestasie is ‘n toonbeeld van harde werk, dissipline en trots van die jong karatekas.
AGTER: Ireasha Green, Bellanè Vermeulen, Le Roux Hough, Maisha Mars en Isak Krige.
VOOR: Adriel Ndlovu, Lukas Krige, Mia Laubscher, Tylor Engelbrecht en Ruan du Preez.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erwe 1777 & 2549 / Erven 1777 & 2549
Ceres
Ligging / Location Voortrekkerstraat 133 / 133 Voortrekker Street, Ceres
Aansoeker / Applicant
Johan Mostert Trust (J J van der Westhuizen 082-807-4441)
Aard / Nature
Hersonering van Erf 2549 van Oewerheid na Besigheid I en konsolidasie met Erf 1777 en verwydering van sekere voorwaardes in die transportaktes / Rezoning of Erf 2549 from Authority to Business I and consolidation with Erf 1777 and the removal of certain restrictions in the title deeds
Sluitingsdatum / Closure date 27/10/2025



Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7)Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

WEDVLUGDUIWE is Vrydag 19 September op Kroonstad en Bloemfontein losgelaat.
‘n Sterk noordewind het duiwe op hul terugtog aangehelp. Steven Williams van CPS duiweklub het uitstekend gevaar en die eerste twee plekke in die Bloemfontein wedvlug behaal. Marius Koopman van CPS duiweklub het die Kroonstad ultrawedvlug van oor die 1000 kilometer, gewen. Sy duif was die enigste duif wat Vrydagaand terug was op Ceres. Beide duiweboere wen dan die Ceresvallei Federasie. Die naweek vlieg die duiwe weer vanaf Hopetown. Ceresvallei Federasie
Wedvlug Bloemfontein
1.Steven Williams - 1420.456mpm
2.Steven Williams - 1414.078mpm
3. Meyer en Van Wyk - 1386.833mpm
4. Meyer en Van Wyk - 1370.836mpm
5. Meyer en Van Wyk - 1368.889mpm
Wedvlug Kroonstad
1.Marius Koopman - 1365.933mpm
2.Steven Williams - 1224.544mpm
3.Mauritius Lofts -1218.978mpm
4.Steven Williams - 1215.056mpm
5.Team Koopman ARL - 1210.792mpm
CHPS wedvlug Bloemfontein
1.Michael Mauritius
2.Team Koopman ARL
3.Team Koopman ARL
4.Michael Mauritius
5.Michael Mauritius
CHPS wedvlug Kroonstad
1.Michael Mauritius
2.Team Koopman ARL
3.Cyril en Ann Davids
4.Team Koopman ARL
5.Hendriks familie
BHPS
Hopetown Ope 5
1.Emile Arries - 1076.183mpm
2.Emile Arries - 1032.842mpm
3.Roberto van Wyk - 980.188mpm
4.C. Vergotine - 977.418mpm
5.Nicky Smith - 964.232mpm
Hopetown Ope 6
1. Emile Arries - 1019.528mpm
2.C. Vergotine - 963.877mpm


CAMERON Hufke (27), Suzuki Griekwas heelagter en oud Springbok sewesspeler, het verlede naweek, soos die res van die seisoen, uitgeblink. Hy het in die Curriebeker finaal teen die ADT Leeus ‘n drie gedruk in die oorwinning van 27-25. Dit is die eerste keer sedert 1970, dat Griekwas met die titel wegstap.

NA‘nafwesigheidvandriejaarisTulbaghrugbyklub weerterugindieBolandGrootUitdaag-kompetisie. Tulbagh het die naweek kookwater-rugby opgedis endiemannevanWellingtonlaatbontstaan.Tulbagh klop Evergreens Wellington met 38-32. Met die oorwinning skuif Tulbagh op na die Witzentraal-liga en Temperance speel volgende jaar in die Witzenberg Streekuitdaag-kompetisie.
Die broers, Camswinn en Robyn Majodina, saam met Jamiel Visser was onverskrokke met die bal in hand.
Hulle help Tulbagh om meters vêr veld te wen. Met die goeie balbesit baljaar die Tulbagh-agterlyn en loop gou 15-0 voor. Swak oordeel op verdediging laat Evergreens Wellington toe om teen rustyd die telling na 15-7 te laat krimp.
Na rustyd teken Tulbagh nog ‘n drie aan en begin dit lyk of hulle beheer oor die wedstryd wil vat. Evergreens veg egter verbete terug en neem die voortou met die telling 32-27.
Camswinn Majodina (kaptein) en sy spanmaats het egter ander planne en toon veggees en loods verskeie aanvalle. Hulle word beloon met ‘n drie in die hoek om die telling gelyk te laat trek.
Tulbagh moet die laaste paar minute bontstaan om Evergreens weg van hul doellyn te hou.
Foute deur Evergreens Wellinton gee Ashwin Williams die kans om twee strafdoele by die telling te voeg. Williams het ‘n goeie wedstryd beleef en sy span deurentyd op die voorvoet gehou.
Uitblinkers
Spelers van Tulbagh wat die oog gevang het was Camswinn en Robyn Majodina, Jamiel Visser en Mario Fortuin. Ashwin Williams, Mikyle Duminy en SP Louw het ook gereeld bresse in die Evergreensverdediging geslaan.
Vir Tulbagh het Mikyle Duminy twee drieë gedruk en SP Louw en Camswinn Majodina, elkeen een. Ashwin Williams slaag met drie doelskoppe en vier strafdoele.
TULBAGH se afrigter, Faizel Jumath, moet spesiale vermelding kry. Toe niemand kans gesien het om Tulbagh in die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie af te rig nie, het Jumath dit as ‘n geleentheid gesien.

date for
11 October 2025
Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45

SEE YOU IN CERES!

Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com

