Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.36 (Online Weergawe)

Page 1


Man sterf na argument met verdagtes

‘n MAN is dood nadat hy in ‘n argument met drie mans betrokke was.

Die voorval is aangemeld by die Wolseley polisiestasie nadat Elvis Zwelinzani omstreeks 17:00 op Sondag 7 September in Pine Valley, Wolseley vermoor is.

Zwelinzani was ten tye van die voorval by ‘n perseel in Masibulelestraat waar daar na bewering dwelms verkoop word. Hy het in ‘n argument met die drie verdagtes betrokke geraak waarna hulle hom met ‘n skerp voorwerp in die nek gesteek het. Zwelinzani het op die toneel gesterf. Drie verdagtes, Shane Majiedt, Willem Booysen en Andrew Hendricks, is na die moord gearresteer.

Hulle het na die voorval vlugtig in die landdroshof verskyn voordat die saak na 22 September uitgestel is vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek.

Moordverdagte uit op borgtog van R500

‘n MOORDVERDAGTE van Tulbagh is die week op borgtog van R500 vrygelaat. Ashwill Buffelboud (41) van Bergplaas word van moord aangekla. Volgens die Tulbagh polisie was Buffelboud en die oorledene, Shawnwill Lewies (21) van die plaas Sterk-

stroom, op Sondag 7 September in ‘n argument betrokke. Lewies het gesterf nadat hy een keer in die bors gesteek is. Buffelboud het op 15 en 16 September vir ‘n borgaansoek verskyn. Hy is later vrygelaat en moet op 4 November in die hof verskyn.

Osoon en Rife behandelings Osoon en Rife behandelings

•Verbeter immuunsisteem

•Maak virusse, bakterieë, muf en swamme dood

•Vinniger herstel van wonde, sportbeserings en vele meer

Skakel Bianka by 072-877-2325 vir meer inligting Tuis besoeke

VIER inwoners van Ceres het die kans aangegryp om Woensdagoggend ‘n lugballonrit oor Ceres te onderneem. Pieter du Toit het die ideale weerstoestande gebruik om sy stokperdjie te beoefen en drie gaste, Christelle Zulch, Vera Alberts en Johann Alberts, op die rit saam met hom te neem. Hier is Vera en Johan afgeneem bokant Ceres.

TWEE ongelukke waarin vragmotors en hul vrag beskadig is, is Dinsdag 16 September aangemeld. In die eerste ongeluk (foto links) omstreeks 06:00 in Bainskloof het dié vragmotorbestuurder vermoedelik agteruit probeer ry waarna die vragmotor geknipmes en die vrag voertuie agterop, erg beskadig het. Die pas was vir ‘n geruime tyd gesluit om die vragmotor, wat nie die bergpas mag gebruik nie, te verwyder. Du Toitskloof, ‘n alternatiewe roete vir swaar voertuie is vir twee maande gesluit vir opgraderingswerk. Bestuurders vermy die weegbrug en tolhek en word met ‘n GPS herlei wat daartoe gevolg het dat party in Bainskloof beland. Plaaslike motoriste word ook gevra om versigtig te wees aangesien meer swaarvoertuie as normaalweg van die roete om Ceres gaan gebruik maak. Verkeerslui kan ook gerus vragmotorbestuurders dophou wat hul fone gebruik terwyl hulle bestuur asook die dorp binnekom teen 70 km/h en meer.

FRIKKIE Beukes, groente- en vrugtebestuurder van Ceres Pick n Pay, spog hier met ‘n reuse kop kool van 14.20kg wat verlede week by die winkel afgelaai is. Die groot koolkoppe word deur Malcolm Alexander buite Ceres verbou en is een van die onderneming se lojale verskaffers van gehalte kool en groente. * Pick n Pay Ceres wens ook vir Frikkie geluk wat Oktobermaand al 25 jaar vir die onderneming werk.

CHARLIES

mobile carwash

At the comfort of your own home

For appointments contact Charles at 072-705-5233

R100 Small R150 SUV

ACVV JAARVERGADERING

18 September 2025 l 14:30 ACVV se Annatjie Botma Saal Skakel Celesté Boer by (023) 316-1505 indien u die vergadering wil bywoon

ALGEMENEALGEMENE ALGEMENEALGEMENE

JAARVERGADERING JAARVERGADERING JAARVERGADERING JAARVERGADERING 30 September 2025 om 10:00

Jadrick Pedro stel digbundel vry

BAIE mense vra hulself wie die stywe omhul-sel gaan lostorring waarin die samelewing hulle vasgevang het.

In hierdie bundel bevry die digter homself met digkuns, rou en pretensieloos. Hy het ‘n natuurlike aanleg vir woorde, ritme en metafore. Verwag om ontroerd uit hierdie leeservaring te kom - Diana Ferrus

In sy nuutste bundel sluit die digter temas in wat die leser tot stilte dwing en aanmoedig om diep te dink oor sake wat deur die samelewing as alledaags beskou word. Op ‘n kreatiewe manier beeld hy die seer en verlies uit wat deur homself en ander oor baie jare gedra is.

Die bundel bevat ‘n intensiewe worsteling met identiteit en die uitsluiting van ‘queer’ mense in baie kerklike gemeenskappe. Dit dra die gewig van baie mense wat nie vir hulself kan praat nie en word deur die digter beskou as ‘n spreekbuis - veral vir kinders wat deur gesinsgeweld geteister word. Hierdie bundel is ‘n uitroep na aanvaarding en terselfdertyd ‘n teken dat wanneer jy oopskryf, jy jouself vry skryf . Kaartjies vir die bekendstelling in Oktober is by die digter beskikbaar teen R200 wat ‘n bundel insluit. Vir verdere inligting kan belangstellendes vir Jadrick skakel by 076-5055722.

DIE Vriende van die Oorlogs-museum se Wes-Kaap-tak, het hulle Anglo-Boereoorlog naweektoer met groot sukses by die Togryers museum afgeskop op Vrydag 12 September. ’n Gesellige gehoor van sowat 60 belangstellendes het saamgeluister na die bekende entomoloog prof. Erik Holm, wat op boeiende wyse vertel het oor die gebruik van rytuie tydens die Anglo-Boereoorlog. Hy het ook interessante feite en agtergrond gedeel rondom die museum se unieke wa-versameling. AGTER: Peter Greeff (voorsitter van Vriende van die Oorlogsmuseum Wes-Kaap), Marthinus de Villiers (voorsitter van Vriende van die Togryers museum), Ron Ross (lid van Vriende van die Oorlogs-museum) en Gys du Toit (lid van Vriende van die Oorlogsmuseum). VOOR:Prof. Erik Holm. *Dankie aan elkeen wat die praatjie bygewoon het - dit was ’n inspirasie om die geskiedenis deur só ’n kundige verteller te beleef.

Komitee besluit om gedenkteken later te onthul

TYDENS die seremoniële sooispitplegtigheid op 2 Februarie op Koppieshoogte in die Koue Bokkeveld, is die voorneme uitgespreek om ‘n gedenkteken op 24 September (Erfenisdag) op dié terrein te onthul. Dié gedenkteken het ten doel om die opstand van slawe en Khoe werkers in die Koue Bokkeveld op 1 en 2 Februarie 1825 te herdenk met die fokus op ‘n gesamentlike erfenis - genesing en groei. Terwyl die doelwit steeds ‘n werklikheid bly, is daar praktiese omstandighede wat dit onmoontlik maak om dit op die beplande datum te verwesenlik. Van groter belang vir die reëlingskomitee is om van die projek ‘n inklusiewe een te maak, waarby alle belanghebbendes in die Koue Bokkeveld betrek kan word. Befondsing vir die projek is ‘n addisionele uitdaging. Gevolglik is die komitee genoodsaak om die verwesenliking van die doelwit na ‘n later datum in 2026 te verskuif. Die publiek sal op hoogte gehou word met die vordering.

PAKLYNBESTUURDER - VRUGTE

‘n Vakature het ontstaan by Doornkraal Agri se pakstoor vir ‘n toegewyde, gemotiveerde en gekwalifiseerde persoon om dienste te lewer as Paklynbestuurder. Die aangewese kandidaat sal ook beskik oor uitstekende tegniese- en probleem-oplossingsvaardighede. Die posbekleër sal aan die Operasionele Bestuurder rapporteer.

Enter online: https://www.entryninja.com

Closing date for pre-entries: 11 October 2025

RACE NUMBER COLLECTION:

Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45

Nico

Noodsaaklike pligte: • Bestuur van twee paklyne - Lynbalansering, produktiwiteit, kwaliteitsbeheer en personeel

• Verantwoordelik vir bestel van pakmateriaal • Verantwoordelik vir daaglikse kalibrasies van paklyne en opstel van pakprogramme • Interne opleiding van personeelverpakking & kwaliteit • Verseker dat pakstoor voldoen aan BRC/HACCP regulasies.

Vereistes: • Matriek • Toepaslike tersiêre kwalifikasie

• Minimum 5 jaar ondervinding in soortgelyke agtergrond • Uitstekende rekord van bestuur van mense • Kennis van Vitrax-stelsel en Optiese sortering sal u aansoek versterk.

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CV kan gerig word aan: hr@dkagri.co.za

Hy het mý aangeval, beweer verdagte

HY het mý aangeval toe steek ek hom. Dít was die verrassende invalshoek waarmee die regsverteenwoordiger van ‘n 22jarige Zimbabwiese man van Wolseley sy beweerde slagoffer verlede week in die Paarl streekhof met vrae gepeper het.

Lovemore Doriyo staan tereg op aanklagte van poging tot moord op Reint Grobler en voertuigdiefstal van die onderneming se bakkie asook poging tot moord en verkragting van die 8-jarige meisie van Malmesbury in 2022. Doriyo het vroeër reeds skuld beken op een van die sewe aanklagte teen hom, naamlik dat hy onwettig in die land was. Hy word sedertdien in die Drakenstein gevangenis aangehou.

Grobler, mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn tussen Wolseley en Ceres, is in April 2022 tien keer met ‘n mes voor die besigheid gesteek nadat hy Doriyo betrap het waar hy glo probeer het om die besigheid se voertuig te steel.

Hy is kort ná die voorval in ‘n bebloede Themp op ‘n naburige plaas deur Wolseleyplaaswaglede aangekeer.

Nadat hy aanvanklik deur ‘n plaaslike landdros in die sorg van familie vrygelaat is, het hy voor sy tweede hofverskyning gevlug waar hy

glo in Mei 2022 ‘n 8-jarige Zimbabwiese meisie verkrag en probeer vermoor het.

Nadat Malmesbury gemeenskapslede aanvanklik sélf met hom probeer afreken het, is hy in die Tygerberg-hospitaal gearresteer vir beide beweerde insidente.

Martin Green, vir die verdediging, het aangevoer dit was Grobler wat in teendeel vir Doriyo aangerand en met ‘n mes gesteek het waarop Doriyo glo uit selfverdediging terugbaklei en vir Grobler onder andere in sy maag, long en bors met ‘n mes gesteek het.

In reaksie hierop het ‘n verbaasde Grobler herhaaldelik getuig dat hy nog nooit in sy lewe iemand met ‘n vuis bygedam het of enigsins aangeval het nie. Hy het ook herhaaldelik gesê dat hy nie ‘n geweldadige mens is nie.

Die saak gaan op 10 Oktober voort wanneer die dokter wat aanvanklik vir Grobler in Ceres hospitaal noodbehandeling gegee het, sal getuig.

Uitgerekte saak

Grobler, die eerste getuie wat geroep is om te getuig, het reeds in Augustus 2024 begin met getuienis. Die maande daarna is die saak talle kere uitgestel sonder enige vordering totdat Grobler verlede week weer getuig het.

‘n LEKKER bui reën het Maandag op Ceres uitgesak. Twee lesers het die fotos van ‘n dubbel reënboog oor Michellspas en die gholfbaan ingestuur. *By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar gedurende Augustusmaand in die Warm Bokkeveld (Ceres) slegs 91mm gemeet. Van 1-17 September is daar by Warm Bokkeveld (Ceres) 35.4mm gemeet, by Bo-Swaarmoed en in die Lakenvlei omgewing is 9.2mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater 7mm. By Romansrivier is 13.2mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 18.7mm gemeet. Dinsdag 16 September is 27mm op Ceres gemeet en 12.7mm in die Winterhoekomgewing. * Die Ceres Koekedouwdam is 100% vol, Tulbagh dorpsdam is 100% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 82%.

FOTO: Pierre de Jager

Vragmotor met kunsmis slaan om

TWEE ongelukke waarin vragmotors en hul vrag beskadig is, is Dinsdag 16 September aangemeld. ‘n Swaarvoertuig wat kunsmis vervoer het, het Dinsdag omstreeks 08:08 tussen Wolseley en Worcester omgeslaan.

DOORNKRAAL Agri het op 12 September ’n spesiale erkenningsaand vir loonwerkers by Kaleo aangebied. Die geleentheid het gefokus op die viering van die afgelope drie jaar se hoogtepunte, die erkenning van personeel se jare diens en as ’n dankie sê vir elkeen se toewyding en harde werk. Die aand is verder opgehelder met die optrede van die immergewilde gaskunstenaar, Emo Adams.

ACHTERTUIN AME primêr het Donderdag 11 September ‘n projek by die skool met die tema: Anything but a schoolbag aangebied. Die leerders was baie kreatief en het die projek baie geniet.

DRIE oud-Charlieleerders, Christiaan Potgieter, Niquin Pieters en Stefan Groenewald speel tans vir die Boland o/21 span in die S.A. Rugby Shield kompetisie.

STERKWATER BOERDERY

ENVIROAFRICA CC

NEMA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

THE PROPOSED ENLARGEMENT OF LANGRUG-BOONSTE NR1 DAM, ALSO KNOWN AS HELPMEKAAR DAM, CONSTRUCTION OF A NEW BUFFER DAM AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE, ON PORTION 5 OF FARM RIETRIVIER 202, CERES, WESTERN CAPE

Notice is hereby given of the intention to submit an application, and the public participation, process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), as amended (“NEMA”), Environmental Impact Assessment Regulations 2014, as well as a Water Use License Application in terms of the National Water Act (Act 36 of 1998)(NWA). The proposed enlargement of Langrug-Boonste Nr1 dam, also known as Helpmekaar Dam, and the construction of a new buffer dam and associated infrastructure includes activities listed in terms of the NEMA EIA Regulations 2014. EnviroAfrica cc has been appointed by Sterkwater Boerdery (Pty) Ltd to undertake the new NEMA application process for Environmental Authorisation.

Application for environmental authorisation to undertake the following activities*:

Government Notice R327 (Listing Notice 1): Activity No. 09, 12, 19, 27, 48, 66

Government Notice R325 (Listing Notice 2): Activity No. 15, 16

Government Notice R324 (Listing Notice 3): Activity No. 12, 14, 23

Application in terms of NWA: Sections 21 a, b, c and i*

*Please note that should the listed activities above change or additional activities be identified during the course of the NEMA Application process, registered I&APs will be notified of any changes.

Project Description & Location: The proposed development entails the enlargement of Langrug-Boonste Nr1 dam, also known as Helpmekaar dam, from a storage capacity of about 390 000m³ to a total capacity of 800 000m³, and the construction of a new buffer dam and its accompanying approximately 2km connecting pipeline. An additional 410 000m³ surface water will be extracted directly from the upper tributaries of the Leeu River.

The site is located on Portion 5 of Farm Rietriver No. 202, Ceres, approximately 10km north of die dorp Op-die-Berg along the R303. Approximate site co-ordinates: Langrug-boonste Nr1 dam (Helpmekaar dam): 32° 55’ 03.60” S, 19° 14’ 12.90” E

Buffer Dam:

Connecting pipeline:(start)

32° 55’ 39.10” S, 19° 15’ 02.30” E

32° 55’ 03.17” S, 19° 14’ 16.41” E (end) 32° 55’ 37.87” S, 19° 14’ 55.00” E

Public Participation: Public Participation: Interested and Affected Parties (I&APs) are hereby notified of the proposed application and invited to register (in writing) and/ or provide initial comments and identify any issues, concerns or opportunities relating to this project to the contact details provided below, on or before 23 October 2025 in terms of the environmental aspects (NEMA Application) and on or before 24 November 2025 for water related issues (NWA Application). In order to register or submit a comment, I&APs should refer to the project name, and provide their name, address and contact details (indicating your preferred method of notification) and an indication of any direct business, financial, personal, or other interest which they have in the application. Please note that future correspondence will only be sent to registered Interested and Affected Parties. You are also requested to pass this information to any person you feel should be notified.

Please note that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports and other written submissions made (or to be made) to the Department by the applicant, and be entitled to comment on these reports and submissions; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision, and that an appeal may be lodged against a decision; and will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision, and where and for what period the appeal submission will be available for inspection.

Consultant: EnviroAfrica cc / E-mail: bianca@enviroafrica.co.za

Tel: (021) 851-1616 / Postnet Suite 341, Private Bag X29 Somerset West 7129

By registering as an I&AP, you hereby give EnviroAfrica cc the permission to circulate your name and contact details to the relevant stakeholders as stated, per statutory requirements, in line with the Protection of Personal Information (POPI) Act No. 4 of 2013 (as amended), unless otherwise informed, in writing to us.

Note: A full list of registered I&APs, as well as all correspondence with I&APs, will be submitted to the competent authority.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld se o/11 seuns tennisspan het die afgelope naweek aan ‘n tennistoernooi in die Paarl deelgeneem. Altesaam 10 spanne het aan die toernooi deelgeneem. Hier is die seuns op die Picardie gasteplaas afgeneem waar hulle tuisgegaan het. VLNR: Frans le Roux, Zack le Roux, Du Toit van der Merwe, Sebastian van Zyl, Cassie du Toit en Christopher du Toit.

MKHULU EDP, Manjiya Economic Development and Polchar Promotions recently supported the Matric Jackets project for the Class of 2025 at Iingcinga Zethu Secondary School. Thanks to this partnership, all 143 matric learners received jackets - a gesture that holds deep significance not only for the learners themselves but also for the entire com-munity. These jackets are far more than just clothing; they represent dignity, pride, unity and a memorable milestone in each learner’s academic journey.

Giving is in my blood - Make blood donation part of your heritage

THE Western Cape Blood Service (WCBS) is calling on the public to embrace Heritage month by giving the ultimate gift - donating blood.

Our latest campaign: Giving is in my bloodMake blood donation part of your heritage celebrates the life-saving impact that donating blood has on so many South Africans in need.

“As we celebrate our diverse heritage, we encourage everyone to make giving part of

their identity. There is no substitute for blood - it’s a selfless act that saves lives and supports families.

To honour this spirit during September and October, WCBS will thank all donors with a special water bottle - a small reminder of the vital role you play in saving lives. Through our Extra Drop initiative, donors also have the option to forgo their token of appreciation and instead choose to have WCBS donate R15 on their behalf to our selected beneficiary.

This September and October, we are proud

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK. OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

TOESIGHOUER: PLAASLIKE VERSENDING

Kandidate wie aan die ondergenoemde minimum vereistes voldoen, is welkom om aansoek te doen, vir die permanente vakature in bogenoemde pos in die Versendingsafdeling, nl.:

Kwalifikasies: • Graad 12 • Voltooide Algemene Bestuur Leerlingskap op NQF3 of NQF4 vlak • Vaardig in MS Office (Outlook / MS Word / Excel).

Vaardighede : • Bogemiddelde interpersoonlike vaardighede • Professionele kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels (skryf en praat) • Selfgedissiplineerd en moet ‘n positiewe beeld kan uitdra • Moet goed onder druk kan funksioneer en inisiatief aan die dag kan lê • Uitstekende administratiewe vaardighede • Akkuraatheid.

Verantwoordelikhede: • Neem verantwoordelikheid vir die versending van alle plaaslike voorraad • Akkurate afhandeling van dokumentasie • Toesighouding oor die plaaslike versending kompleks en verseker daar word aan FIFO uitlaai standaarde voldoen • Akkurate ontvangs van voorraad van pakhuise en eksterne kliënte • Professionele interaksie met bemarkers, kliënte en vervoerders • Verseker die voorraadbeheerstelsel word nougeset nagevolg • Toesighouding oor die plaaslike versendingspan; verseker goeie dissipline word gevolg en dat produktiwiteit gehandhaaf word • Verseker huishouding is op ‘n hoë standard en dat BRC en SHE regulasies nagevolg word.

Addisionele vereistes : • Ten minste 1 - 2 jaar toesighoudende ondervinding in ‘n soortgelyke omgewing • Ten minste 1 - 2 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n voorraadbeheerstelsel (WMS) • Betroubaarheid en pligsgetrouheid • Kennis van verskillende appel- en peer-variteite • Bereidwilligheid om nagskof en/of alternatiewe skofte te werk • Bereid wees om oortyd te werk.

Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op Vrydag 3 Oktober 2025

INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

to support the South African Bone Marrow Registry (SABMR), an organisation committed to providing life-saving bone marrow transplants for patients in need.

WCBS thanks all those who donated during the colder months, helping to keep our blood stocks at the required levels.

“ As we move into spring, we urge donors to continue supporting this essential cause to ensure a steady supply of blood for patients throughout the Western Cape. If you are between 16 and 75 years old,

weigh 50kg or more, and are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you may be eligible to donate blood. The process takes just 30 minutes and you may donate every 56 days. Donors are encouraged to eat a good meal within 3-4 hours before donating and increase their fluid intake before and after donation”.

Information

For more information or to find your closest blood donation clinic visit wcbs.org.za or send a WhatsApp to 060 549 7244

BLANKETS recently donated for the Mandela Day event, were handed to Babbelbekkies Play group in phase 4, P.A. Hamlet and their principal Roseline Skippers. Seen here are staff, Hedley Everts (Moov Energy) and Marinda Mileham (Caltex Ceres). PHOTO RIGHT: Blommeland Voorskool in Wolseley with principal Bri-anne Albertus and staff.

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Wentzel Helrico Swartz

1968/02/10 - 2025/09/09

ROUDIENS: Do. 18 Sep.

Huis: 19:00 Elbertastraat 5, Ceres

BEGRAFNIS: Sat. 20 Sep.

Huis: 09:00 Elbertastraat 5, Ceres Saal: 10:00 Bella Vista, Valley Funerals-saal

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Hendrik Jooste

1977/01/04 - 2025/09/07

Begrafnisdiens: Sondag 21 Sep. 2025

Huis: 10:00 Plaas Kunje, Koue Bokkeveld

Saal 11:00, Plaas Kunje, Koue Bokkeveld

Graf: Plaas Kunje, KBV

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

CHIEF MPONDA HERBALIST

All problems solved:

•Court cases

•Evil spirit and many more Please call 067-891-4114

WhatsApp 073-144-1844

EEDENGEBOUE Lieflike kantoorspasie gereed!

TOGRYERS museum nooi inwoners uit om te kom luister na die gerespekteerde ekonoom en beleidsadviseur, dr. Iraj Abedian, vir ’n inspirerende gesprek op Saterdag 27 September om 15:00 by die Togryers museum. Die tema: Die drie hoofrolspelers van maatskaplike vooruitgang: Die individu, instellings en die gemeenskap. Dr. Abedian gesels hoe vooruitgang gebeur wanneer individue nuwe idees formuleer, gemeenskappe saamstaan rondom gedeelde waardes en instellings die nodige raamwerk van bestuur en stabiliteit bied. Regoor die wêreld is mense op soek na ’n nuwe paradigma vir maatskaplike ontwikkeling en elkeen kan ’n aktiewe rol hierin speel. Kom vind uit watter rol jy kan speel in jou gemeenskap en instansie. Bespreek jou plek by 076-6892-885.

(Sluit in: Groot ontvangsarea, 3 x kantore, raadsaal en kopieërkamer)

Kom trek net in.

Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

WITZENBERG Cornerstone House, ‘n nie-winsgewende organisasie wat help om geweld teen vroue en kinders aan te spreek, bied op Vrydag 19 September 2025 ‘n Lente-aand geselligheid in die Bella Vista gemeenskapsaal aan. Die geselligheid begin om 19:00 en die musiek word deur The Ones verskaf. Toegang beloop R100 p.p. Verversings word verskaf maar elkeen word gevra om sy eie mandjie met eetgerei en glase te bring. Om jou kaartjie te bespreek, skakel Ragel Swarts by 060-5401-918 of pastoor Cupido Rhode by 065-5618-819

CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad............................... 10111

•Ambulance Services.............................. 10177

•Cell Phone Emergency..............................112

•Disaster Risk Management Centre ......................................080-911-4357 (HELP)

•Poisons Information Helpline of the Western Cape......... ..0861-555-777

•Childline .....................................................116

•Lifeline .....................................(021) 461-1113

•Wilderness Search and Rescue ................................................(021) 937-0300

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: Skoolklere, mans-, vroue- en kinder-somersklere

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! SOMERSKLERE Vrouehemde R20 elk

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00

DIE o/13 netbalspan van Laerskool Gericke het Vrydag 12 September aan die Swartland se 7’s en Fast 5 netbaltoernooi deelgeneem. Die netbalspan het ‘n derde plek behaal nadat hulle vir F.D. Conradie met 12-3 geklop het. * n Groot dank en waardering gaan aan Liezel Meyer wat as skeidsregter opgetree het en Chrisna du Toit wat haar laaste netbaltoernooi as afrigter vir Laerskool Gericke op ‘n hoë noot afgesluit het.

DIE o/13 netbalspan van Laerskool F.D. Conradie het Vrydag 12 September, goeie spel by Swartland se 7’s en Fast 5 netbaltoernooi gelewer. Die netbalspan het ‘n algehele vierde plek uit 12 spanne behaal.

LAERSKOOL F.D. Conradie het verlede week die gehoor op ‘n magiese reis na Wonderland geneem met hul konsert, Die Tower Boks. Die betowerende avontuur het vir groot opwinding gesorg en was beslis een van die skool se hoogtepunte van die jaar.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld se eerste tennisspan het die seisoen afgeskop met Courtrai se jaarlikse tennistoernooi in die Paarl. Hier is die span by die ingang van Boland Landbou afgeneem. VLNR: Daniël du Toit,

du Toit, Gys du Toit, Markus Tomlinson, Cara van den Heever, Anmari Steenkamp,

Toit.

WITZENBERG MUNISIPALITEIT DIENSLEWERING IMBIZO

HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?

Deernis

WHAT TO EXPECT:

•Government services

•Health Care services

•Upskilling opportunities

•Local entertainment

•Food and drink stalls

ASOOK: • Koresang • Tiktok dansers • Rieldansers • Kiddies Corner • Verskeidenheid vermaaklikheids aktiwiteite.

Registrasie op werklose databasis

Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede

Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.

Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan

Geriewe (sale, sportgronde), Verkeer en Wetstoepassing parke en bome

WAAR WORD DIT GEHOU?

DAG EN DATUMTYD DORPWYKEPLEK

Dinsdag23 Sept.09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal

Donderdag25 Sept.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal

Vrydag26 Sept.09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Stadsaal

Dinsdag30 Sept.09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal

Woensdag1 Okt.09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal

Donderdag2 Okt.09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Pine Valley Gemeenskapsaal

Vrydag3 Okt.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal

‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep

MUNICIPAL SERVICE DELIVERY IMBIZO

DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?

Indigent Registration on Municipal Unemployed Database

Credit Control (accounts) Small Businesses Support

Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc

Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan

Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees

WHERE WILL IT BE HELD?

Tuesday23 Sept.09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Community Hall

Thursday25 Sept.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall

Friday26 Sept.09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Town Hall

Tuesday30 Sept.09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall

Wednesday1 Oct.09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Community Hall

Thursday2 Oct.09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Pine Valley Community Hall

Friday3 Oct.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall

A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities

DAVID NASSON

MUNICIPAL MANAGER

MUNISIPALE BESTUURDER

Stephan
Zoey Carolus en Helené du

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

DIE 2025 rugbyseisoen het vir plaaslike spanne ten einde geloop met die laaste wedstryd wat Saterdag tussen Bella Vista en Young Blues in die Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie gespeel is. Bella Vista het hul seisoen op ‘n laagtepunt afgesluit toe hulle met 38-48 verloor het. Ceres het vierde op die punteleer geëindig gevolg deur Bella Vista, Hamlet en Delicious. Wolseley het die negende plek uit 12 spanne ingeneem. Hier hou N athan- Lee Martin van Bella Vista sy oog op die bal. * Temperance speel volgende jaar in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie. Tulbagh en Evergreens Wellington speel Saterdag 20 September ‘n uitspeelwedstryd waarna die wenner sal opskuif na die Grootuitdaag-kompetisie.

FOTO: Trevor Felix

Team Koopman se duif wen

WEDVLUGDUIWE is Sondag op Victoria Wes losgelaat weens ongure weer wat vir Saterdag 13 September voorspel was.

Team Koopman ARL se duif het ‘n goeie vlug beleef en wen ook die Ceresvallei Federasie. Die naweek vind die ultra-wedvlug vanaf Kroonstad plaas asook ‘n wedvlug vanaf Bloemfontein. Die Kroonstad duiwe word reeds Vrydagoggend vroeg gelos en die Bloemfontein duiwe word Saterdag losgelaat.

Ceresvallei Federasie

Wedvlug Victoria Wes

1. Team Koopman ARL -1368.028 mpm

2. Cyril en Ann Davids - 1352.183 mpm

3. CT Nige - 1352.062 mpm

4. Camerin Mars - 1339.633 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1337.892 mpm

CHPS wedvlug Victoria Wes

1. Team Koopman ARL -1368.028 mpm

2. Cyril en Ann Davids - 1352.183 mpm

3. Cyril en Ann Davids - 1337.892 mpm

4. Mauritius Lofts - 1332.983 mpm

5. Mauritius Lofts - 1311.824 mpm

BHPS

Victoria Wes Ope 2

1. Nicky Smith - 1193.003 mpm

Emile Arries - 1170.623 mpm

Emile Arries - 1161.177 mpm 4. C. Vergotine - 1157.122 mpm 5. Emile Arries - 1156.485 mpm Victoria Wes Jaaroud 2 1.

Emile Arries - 1194.272 mpm

Emile Arries - 1092.896 mpm

Michiel wen klubkompetisie

MICHIEL Herholdt het Saterdag 13 September die enkel houespel kompetisie van Ceres gholfklub, met ‘n telling van 71 houe gewen.

A. Laubscher was in die tweede plek gevolg deur BJ Claasen, beide met ‘n telling van 72 houe. Anton Nieuwoudt was vierde met 74 en Carel Cronjé met 77 houe in die vyfde plek.

Saterdag-kompetisies

Op Saterdag 20 September word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied en op 27 September ‘n vierbal sametelling stableford kompetisie.

CORNEL Muller, oudleerder van Charlie Hofmeyr, het van 3-6 September saam met die S.A. span aan die Viernasies PGA toernooi in Kanada deelgeneem. Suid-Afrika het teen Australië, Nieu-Seeland en Kanada gespeel. Kanada het die toernooi gewen.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook