Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.35 (Online Weergawe)

Page 1


Polisie ondersoek beweringe van bedrog teen onderwyser

KLAGTES van bedrog en diefstal teen ‘n onderwyser (49) en sy vriend (40), word die afgelope paar maande deur die Ceres speurtak ondersoek. Die ondersoek wat in Maart vanjaar begin is, is nou in ‘n gevorderde stadium. Beide die mans was op 1 September by die Ceres landdroshof maar het nie verskyn nie. Sodra die ondersoek voltooi is, sal die mans in die hof verskyn. Die polisie-ondersoek kom nadat die skool se nuwe beheerraad in Mei 2024 onreëlmatighede met die aankoop van rekenaartoerusting, opgemerk het. Die WKOD het gesê hulle is bewus dat die bewerings ondersoek word. Die onderwyser is nog werksaam by die skool en enige stappe en skorsing kan eers geneem word as die polisie-ondersoek voltooi is.

COROLLA (2002 - 2007) (2007 - 2010) (2010 - 2014)

AURIS (2007 - 2010) (2010 - 2013) FORTUNER (2006 - 2009) (2009 - 2011) (2011 - 2016)

AVENSIS (2003 - 2007)

YARIS (2005 - 2011) (2006 - 2012) (2011 - 2017)

RAV4 (2003 - 2007) (2007 - 2010)

• Slegs 5 minute van jou tyd • Geen koste • Potensieël lewensreddend - Moenie wag tot dit te laat is nie. HILUX (2005 - 2009) (2009 - 2011) (2011 - 2016) Alle enkel-, ekstra- en dubbelkajuit modelle RUNX (2003 - 2007)

Of stuur vir ons ’n foto van jou voertuig se lisensieskyf na: 082-565-9479 of richard@cerestoyota.co.za

NOOI JOU UIT VIR ’N GRATIS VEILIGHEIDSKONTROLE. Jou voertuig mag dalk deel wees van ’n wêreldwye terugroepaksie weens foutiewe Takata-lugsakke. Indien jou voertuig op dié lys verskyn, moet jy asb. dringend met ons kontak maak. Jou veiligheid is vir ons prioriteit! Voortrekkerstraat 112 CERES ☎ (023) 312-1057

September marks Alzheimer’s Awareness Month

SEPTEMBER marks Alzheimer’s Awareness Month - a time to shine a light on the challenges faced by families and caregivers supporting loved ones living with dementia. International caregiver support specialist, Heike Oelbuttel, is making herself available and sharing insights from her work and highlighting practical strategies for navigating the complexities of dementia care.

Heike will be hosting a powerful talk at De Oude Drostdy, Tulbagh on 20 September titled: Caring Through the Fog -Stories & Strategies for Alzheimer’s & Dementia Support. The event is drawing significant interest from families, caregivers, and healthcare professionals, underscoring the growing need for guidance, understanding, and emotional support for those affected by Alzheimer’s and dementia.

Through her interviews and contributions, Heike will address:

-The latest strategies and tools to better support those living with dementia

-Practical advice for families and caregivers managing day-to-day challenges

-The importance of community awareness and reducing the stigma surrounding Alzheimer’s

-How projects like the Huis Disa pilot programme will drive change in caregiver support

“Caring for someone living with Alzheimer’s or dementia can be emotionally and physically overwhelming,” says Heike. “Families need not only information but also reassurance and real strategies to help them feel less isolated.”

Verhoor uitgestel

DIE verhoor van ‘n Wolseley-inwoner wat van verkragting aangekla word, is verlede week in die streekhof tot Oktobermaand uitgestel.

Die saak is twee jaar gelede by die polisie aangemeld.

Charl Botes (42) word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind. Botes, wat onskuldig pleit op die aanklagte teen hom, is kort na die voorval gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is.

Hy moet steeds aan streng borgvoorwaardes voldoen.

Die saak is tot 8 Oktober uitgestel wanneer die verhoor voortgesit sal word.

LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION

In the Estate of: DIANNA MARY LINLEY

Id. no. 560207 0139 082

Address: 38 Magnolia Street, Tulbagh

Estate no: 011314/2024

In terms of section 35 (5) of the Administration of Estates Act, No. 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the liquidation & distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estates specified below will be open for the inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the offices of the Masters of the High Court and Magistrate Court of Tulbagh. Should no objection thereto be lodged with the Masters concerned during the specified period, the executors will proceed to make payments in accordance with the accounts.

H. PRETORIUS ATTORNEYS

H. PRETORIUS

20 Church Street, Tulbagh 6820

E-mail: hpretprok@gmail.com

Phone: 071-347-8321

KIETIEKAT kleuterskool het ‘n uitstappie na die Fynbos animal sanctuary tussen Wolseley en Tulbagh onderneem. Die uitstappie het die kleuterskool op P.A. Hamlet se maandtema:diersoorte afgesluit.

RIETFONTEIN primêr het onlangs ‘n Mnr. en Mej. Lente 2025 kompetisie aangebied. Die skool wil graag diegene wat bygedra het tot hul suksesvolle aand en funksie, bedank. Baie dankie aan Innis Oosthuizen van Donkerbos, oom Danie van 32 Degree, oom Gert van Helpmekaar, Ronald Balie, Raymond Koopstad en Johanna Beukes. Dankie ook aan die beoordelaars: dominee en juffrou Julies en J. Ambraal.

WITZENBERG Cornerstone House, ‘n nie-winsgewende organisasie wat help om geweld teen vroue en kinders aan te spreek, bied op Vrydag 19 September ‘n Lente-aand geselligheid aan in die Bella Vista gemeenskapsaal. Die geselligheid begin om 19:00 en die musiek word deur The Ones verskaf. Toegang beloop R100 p.p. Verversings word verskaf maar elkeen word gevra om sy eie mandjie te bring. Om jou kaartjie te bespreek, skakel Ragel Swarts by 0605401-918 of pastoor Cupido Rhode by 065-5618-819

DIE Togryers museum se trusteeraad spreek hul dank uit teenoor die Ceres Lionsklub wat vanjaar weer fondse ingesamel het met hul kerriebredie verkope. Die raad bedank elke persoon wat ‘n kaartjie gekoop het. Die kerrie was voortreflik. ‘n Bedrag van R13 600 is ingesamel en sal die museum in staat stel om hul uitvoering te gee aan hul mandaat om die kultuur-historiese geskiedenis van die Witzenbergomgewing te bewaar. VLNR: Humberto Cardosa sr., Bertdene Laubscher, Wynand Klopper (president van Ceres Lionsklub) en Lino Pileggi.

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: ERASMUS JOHANNES VAN ZYL

Id. no. 410424 5052 085

Van: Huis Disa, Meiringwoonstelle, Tulbagh, 6820

Boedelnommer: 021909/2024

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 12 September 2025 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH.

GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 12de dag van SEPTEMBER 2025. BEZUIDENHOUT INGELYF

Prokureur vir Eksekuteur Kerkstraat 45, Tulbagh, 6820 (Verw: J7970)

VRIENDE van die Oorlogsmuseum, Wes-Kaap-tak, bied ‘n insiggewende Anglo-boereoorlog toer aan die naweek van 12-14 September. Die toer skop Vrydagaand, 12 September af by die Togryers museum op Ceres. Die bekende prof. Erik Holm, is die hoofspreker en gaan gesels oor “Rytuie en Trekkrag tydens die AngloBoereoorlog” Indien jy die aand wil bywoon kan jy jou plek bespreek by die museum (023) 312-2045. Koste beloop R60 p.p. en sluit ‘n ligte ete in. Ander besoekpunte is: Komm. Jan Theron se graf op Ceres, Miskloof, Rooilande, Matjiesfontein, ABO begraafplaas, Floriskraal en Vriendeklip. Vir meer besonderhede skakel Peter Greeff by 082-423-4606 of peter@orchman.com

MARETHA Engelbrecht van P.A. Hamlet het haar graad in toerismebestuur by NWU in Potchefstroom verwerf. Sy het haar graadkursus ses maande na haar klasmaats voltooi weens ‘n motorongeluk in Januarie 2022 buite Wolseley waarin sy ernstig beseer is. Sy was ‘n passasier in die bakkie. Maretha het nou ‘n pos aanvaar by Pam Golding in Somerset-Wes.

MICA HARDWARE

Mans beroof onderneming

DRIE mans, waarvan ten minste een met ‘n handwapen gewapen was, het verlede Vrydag ‘n geldleenonderneming op Ceres beroof.

Kort nadat die Chinese eienaar sy vrou omstreeks 08:20 by CT Loans in Lyellstraat afgelaai het, het die rowers toegeslaan. Een van die verdagtes het die vrou in die perseel ingedwing en geld geëis terwyl die ander twee mans die eienaar gegryp en agterin sy VW Tiguan geboender het.

Die verdagtes het nagenoeg R50 000 wat in die voertuig was en wat bestem was vir ‘n ander geldleenonderneming op Ceres gebuit asook ‘n verdere R60 000 wat binne in die Lyellstraat onderneming was.

Die verdagtes het eers probeer om met die VW Tiguan en die eienaar agterin, weg te jaag maar het gesukkel om met die outomatiese motor weg te ry. Hulle het die sleutel gegryp en te voet gevlug.

Ondersoek

Die polisie was gou op die toneel en het ‘n gedeelte voor die onderneming afgesper terwyl hulle vir die forensiese afdeling en fotograaf van Worcester gewag het.

Geen verdagtes is nog teen Woensdag gearresteer nie. Of die verdagtes moontlik deel kan wees van die Jumbo-roof op 26 Julie vanjaar, vorm deel van die polisie se ondersoek.

DIE bestuurder van dié voertuig het Vrydag 5 September na bewering vir iets uitgeswaai waarna hy beheer verloor en die voertuig gerol het. Niemand van Steinthal Vaardigheidskool is beseer nie. Die ongeluk het omstreeks 07:30 plaasgevind tussen Tulbagh en Eikelaan-kruising.

Man en twee vroue

verskyn weens seksuele oortredings in hof

DRIE verdagtes waaronder twee vroue, wat ‘n paar maande gelede inhegtenis geneem is weens die seksuele uitbuiting en verkragting van ‘n 12-jarige meisie, het verlede Donderdag weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het in April vanjaar ‘n 59-jarige man van Nduli van statutêre verkragting aangekla terwyl die twee vroue van 28 en 44 jaar oud, aangekla is van seksuele uit-

buiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie na bewering aan ander mans verkoop het.

Die saak is na 30 Oktober uitgestel.

Weer ‘n slagoffer

Dit is die tweede keer dat dié meisie van Nduli in minder as drie jaar die slagoffer is van verkragting of seksuele geweld. Sy is na dié onlangse voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, moet haar ondersteun.

RAADSLID Jacob Rooi, voorsitter van die Munisipale Openbare Rekeninge Komitee (MPAC) en rdl. Patric Daniels het na ‘n MPAC-vergadering, die 12de agtereenvolgende skoonoudit van die Witzenberg munisipaliteit saam met personeel gevier. AGTER: Cobus Kritzinger (direkteur finansies), rdl. W. Alexander en Johan Swanepoel (bestuurder: projekte en prestasie). MIDDEL: Monwabisi Mpeluza (direkteur: korporatiewe dienste), me. C. Fortuin (interne oudit-afdeling), David Nasson (munisipale bestuurder) en me. N. Oerson (hoof van die interne ouditafdeling). VOOR: Rdl. Jacob Rooi, rdl. Patric Daniëls en rdl. Katriena Robyn. Die hooffunksie van MPAC is om oorsig uit te oefen oor die uitvoerende gesag van die munisipaliteit en goeie regering te bevorder.

Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) bemagtig huiswinkels met voedselveiligheidsopleiding

EEN van die statutêre funksies van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), wat deur sy munisipale gesondheidsdienste (MGD)-afdeling uitgevoer word, is om te verseker dat alle voedsel wat deur inwoners en besoekers in die Kaapse Wynland verbruik word, van produksie tot tafel, veilig is vir menslike gebruik deur die toepassing van voedselhigiëne-regulasies.

Om dit te bereik, voer omgewingsgesondheidspraktisyns (OGPs) inspeksies uit by pakstore, produksie-aanlegte, supermarkte (groot en klein), restaurante en selfs by koswaentjies en plaasmarkte om te verseker dat vervaardigers en handelaars die regte voedselveiligheidsriglyne volg.

Onder andere, moniteer OGPs, wat ook statutêr na verwys word as inspekteurs en/of gesondheidsbeamptes, waterkwaliteit, omgewingsbesoedelingsbeheer as deel van

die nege kern funksionele areas van munisipale gesondheidsdienste. Een van hierdie areas is gesondheidsopvoeding. Vanjaar fokus die afdeling daarop om huiswinkeleienaars op te lei om te help verseker dat die produkte wat hulle verkoop, veilig is.

“Spaza- en huiswinkels is ’n belangrike skakel tot noodsaaklike goedere in gemeenskappe waar toegang tot kos en ander items moeilik bekombaar is.

Hierdie winkels bied nie net inkomste aan die eienaar en sy gesin nie, maar skep ook dikwels werksgeleenthede vir ander.

Dit is dus van kardinale belang dat produkte reg gestoor en hanteer word voordat dit verkoop word ten einde die gesondheid van die gemeenskap te beskerm,” sê die uitvoerende burgemeester van die KWDM, Ald. (Dr) Elna von Schlicht.

Vir hierdie rede bied OGPs in KWDM gedurende September en Oktober gratis opleiding

aan huiswinkeleienaars.

Die opleiding dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend:

● Voedselhantering en -higiëne

● Munisipale vereistes vir winkels

● Sertifisering en inspeksies

● Veilige berging en temperatuurbeheer

● Etikettering van voorverpakte kos en peuselhappies

Die opleiding is gratis, en huiswinkeleienaars hoef slegs hul plaaslike OGP te skakel of te e-pos om hul plek te bespreek.

Eerste opleiding

Die eerste opleidingsessies vind plaas op Ceres en Robertson op 17 September in Ceres stadsaal van 10:00 -14:00.

Skakel Theresa Davids by 083-9594-810 of stuur e-pos na theresa@capewinelands. gov.za

NUTSMAN

Koppies Hoogte Boerdery het ‘n geleentheid beskikbaar te Wadrif, Koue Bokkeveld:

SLEUTELPRESTASIE-AREAS:

•Instandhouding van behuising en plaasgeboue

•Basiese bouwerk

•Loodgieter

•Hulp verleen aan werkswinkelbestuurder soos nodig

VEREISTES:

•Graad 10

•Minstens 5 jaar ondervinding

•Basiese kennis in gebruik van werkswinkelgereedskap en toerusting

•Betroubaar, stiptelik, eerlik en sober gewoontes

•Selfgedrewe en gedissiplineerd

•Goeie kommunikasievaardighede

•Rybewys (kode 8) en eie verblyf kan in jou guns tel Indien u aan die bogenoemde vereistes voldoen, stuur asseblief CV aan: admin@wadrif.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 September 2025

Indiensnemingsdatum: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 November 2025

Slegs kortlys kanditdate sal gekontak word.

KENNISGEWING VAN DIE RAAD SE

VOORNEME OM GROND AAN TE KOOP

Kennis word hiermee gegee van die Raad se voorneme om die volgende eiendom aan te koop:

ErfDorpSoneringPrys

Erf 1127CeresBesigheid 1Markverwant

Indien daar enige besware teen sodanige aankope is, moet u skriftelike besware voor of op 19 September 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of per e-pos na admin@witzenberg.gov.za

NOTICE OF COUNCIL’S INTENTION TO PURCHASE LAND

Notice is hereby given of Council’s intention to purchase the following land:

ErfTownZoningPrice

Erf 1127CeresBusiness 1Market related Price

If there is any objection to the proposed transaction, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail on or before 19 September 2025 to admin@witzenberg.gov.za

behaal tweede plek

SHILOH Luck, ‘n Charlie-leerder, het ‘n besondere prestasie behaal toe sy onlangs tweede was in die nasionale gasvryheidstudies-olimpiade.
NASIONALE Sekretaressedag is Donderdag 4 September gevier. Mooi Uitsig primêr se twee sekretaresse, Christelene Krotz en Melissa Rooi, is lekker bederf. Die beheerliggaam en personeel waardeer wat hulle vir die skool beteken en doen.
MOOI Uitsig primêr se o/12 rugbyspan het op 29 Augustus aan die jaarlikse Future Charlie Festival deelgeneem. Hier is die span afgeneem saam met hul afrigters Jayden Sanders, Thierry Grootboom en Jayden Arnoldus.
DIE Boland Laerskole rugbyproewe het vanaf 22 en 23 Augustus by Hoërskool Hugenote plaasgevind. Hier is die Witzenberg Laerskole o/12 rugbyspan saam met beamptes en afrigters afgeneem.

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het verlede week talle dorpe in die streek besoek om skoolgaande meisies se waardigheid te herstel met ‘n program om sanitêre produkte aan hulle te oorhandig. Gedurende Augustus en September het die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) sanitêre doekies aan meer as 30 skole versprei.

LAERSKOOL F.D. Conradie het hul wintersport-seisoen afgesluit met vriendskaplike rugby- en netbalwedstryde teen Laerskool Koue Bokkeveld. FDC is dankbaar vir ‘n vol en goeie seisoen! Die skool is trots op elke speler vir hul goeie sportmanskap, harde werk en hoe julle ons skool trots maak.

Verdagte

(41) wil aansoek doen vir borg

TULBAGH SAPD ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n man die naweek op ‘n plaas vermoor is.

Volgens inligting was twee mans Sondag 7 September in ‘n argument op Bergplaas betrokke.

Shawnwill Lewies (21) van die plaas Sterkstroom is een keer in die bors gesteek en het

kort daarna aan die meswond beswyk.

Ashwill Buffelboud (41) van Bergplaas is na die voorval deur lede van Tulbagh SAPD gearresteer. Hy het vlugtig op 9 September in die landdroshof verskyn weens moord.

Borgaansoek

Die saak is na 15 September uitgestel vir ‘n borgaansoek.

Engelbrecht gevonnis vir besigheidsroof

‘n HAWELOSE man (34) wat ‘n sakeman van P.A. Hamlet 18 maande gelede by sy werksplek aangeval en beroof het, is verlede week swaar gevonnis.

Elrico Engelbrecht is verlede Woensdag 3 September, 12 jaar gevangenisstraf opgelê. Hy het op 4 Maart 2024 vir Tony Kleynhans, ‘n tweedehandse handelaar aangeval en be-

roof. Die voorval het omstreeks 17:15 gebeur terwyl Kleynhans besig was om sy perseel te sluit.

Hy is deur Engelbrecht aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan. Engelbrecht het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.

WORK4ALIVING, ‘n program om werksoekende mense te help om werksgeleenthede te kry en nuwe vaardighede aan te leer, het Maandag 1 September hul deure op Ceres geopen. WORK4ALIVING bied die kursus aan in die ou Mazoe-gebou naby die veearts. Die kursus duur vir 14 dae in klas, plus 9 dae deeltyds en word tussen 08:00-17:00 aangebied. Kostes beloop R650 per persoon. Die program word al vir 15 jaar aangebied en is tans in 18 lande internasionaal aktief. Daar is tans 45 Hubs in Suid-Afrika. Die program bestaan uit praktiese interaktiewe les aanbiedings waar kursusgangers ondermeer leer van uitnemendheid in die werkplek, hoe werknemers en werksoekers se denkwyse en houding kan verbeter om sodoende beter werksgeleenthede te kry, hoe om waardevol te wees vir ‘n onderneming, om hul geldsake beter te bestuur, meer leer oor waardes, etiek en professionaliteit binne die werksomgewing. Die program word reeds deur talle sakeondernemings, CBI en die Witzenberg munisipaliteit ondersteun.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Francis Mary Krotz

1938/01/16 - 2025/09/08

ROUDIENS: Do. 11 Sep. Kerk: 19:00 VGK, Lyellstraat, Ceres BEGRAFNIS: Sat. 13 Sep. Huis: 10:00 Randstraat 206, Ceres Kerk: 11:00 Lyellstraat, Ceres Graf: Owenstraat, Ceres

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

Skoonvlei

OSOON EN RIFE BEHANDELINGS •Verbeter immuunsisteem •Maak virusse, bakterieë, muf & swamme dood •Vinniger herstel van wonde, beserings en vele meer TUIS BESOEKE TUIS

Skakel Bianka by 072-877-2325 vir meer inligting

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

and more

André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Boland

Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

VAN EEDENGEBOUE Lieflike kantoorspasie gereed!

(Sluit in: Groot ontvangsarea, 3 x kantore, raadsaal en kopieërkamer)

Kom trek net in. Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

CASHIER

Requirements: •Retail experience •Matric certificate •Customer service & communication skills

•Basic computer skills - advantage

Responsibilities: •Help walk-in customers

•Make copies, laminate and cutting work

Submit CV in store or e-mail to: tripleone2print@gmail.com

Closing date: 3 October

CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 3122045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

ACVV JAARVERGADERING

18 September 2025 l 14:30 ACVV se Annatjie Botma Saal

Skakel Celesté Boer by (023) 316-1505 indien u die vergadering wil bywoon

CHARLIES

MOBILE MOBILE

CC CC CARWARW ARWARW ARWASHASH ASHASH ASH

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad................ 10111

•Ambulance Services............... 10177

•Cell Phone Emergency...............112

•Disaster Risk Management Centre 080-911-4357 (HELP)

•Poisons Information Helpline of the Western Cape 0861-555-777

•Childline ......................................116

•Lifeline ......................(021) 461-1113

•Wilderness Search and Rescue: .................................(021) 937-0300

AND ART FRAMING

SUPPLY & INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

CHIEF MPONDA HERBALIST

All problems solved: •Love •Financial •Job •Court cases •Evil spirit and many more Please call 067-891-4114 WhatsApp 073-144-1844

R100 Small R150 SUV

At the comfort of your own home For appointments contact Charles at 072-705-5233

WATER TREATMENT WORKS

Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml)

Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.Spr. 4:24

SOMERSKLERE EINDE AUGUSTUS UITGEHANG

Vrouehemde R20 elk

☎ (023) 312-1274

083-227-6476

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: Skoolklere, mans-, vroue- en kinder-somersklere

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00

Your signature, their future - Are your kids protected?

THE Western Cape Department of Health and Wellness encourages all parents to be on the lookout for consent forms that will be sent home for your child to receive the HPV (human papillomavirus) vaccine.

HPV is the virus that causes cervical cancer. The vaccine does not contain any live virus or DNA from the virus so it cannot cause cancer or other HPV-related illnesses.

The vaccine does not affect fertility and it’s also not used to treat HPV infections or diseases caused by HPV, but instead to prevent the development of cancers, as outlined by the World Health Organisation.

To safeguard our children’s health, the HPV vaccination campaign was rolled out in our country in 2014 with more than 350,000 young lives protected since its inception.

More than 1 200 schools are visited annually in the Western Cape to administer the vaccine, with strong support from parents and communities to safeguard their children’s futures.

As part of the HPV campaign, the National Department of Health has directed that Tetanus, Diphtheria and Pertussis (TDaP) vaccine boosters be administered to all eligible children (both boys and girls).

This campaign aims to boost protection against tetanus, diphtheria, and whooping cough by offering a TD booster to all Grade 5 learners. It helps prevent outbreaks and supports ongoing school-based vaccination. All that’s needed is a signed consent form.

Round 2: School-based vaccination - what you need to know

The second round of the school-based vaccination campaign will take place from 1 August to 30 September 2025

During this period, school health teams will visit both public and private schools to provide the following vaccinations:

HPV vaccine (single dose):

Offered to eligible grade 5, 6, and 7 girls in private schools, with consent.

Catch-up HPV vaccinations:

Girls who missed the HPV vaccine during the first round in February/March will have another opportunity to receive their dose, with consent, at public schools.

Tdap booster vaccine:

Administered to all boys and girls in grade 5 across public and private schools, with consent.

What about side effects?

You deserve clear answers to make the best choice for your child. Parents may have questions about safety and what to expect after vaccination. The vaccines administered at our schools and clinics are safe and have been tested. These vaccination campaigns are not new, and we welcome questions from parents and communities.

Like any vaccine, some children might have mild side effects such as some redness, swelling or pain where the injection was given, a mild fever or feeling a bit tired. These usually go away on their own within a day or two. Serious reactions are very rare. If you’re worried about how your child reacts, please speak to your clinic or doctor. If you’re unsure, please keep asking questions.

Look at reliable sources, speak to healthcare workers in your local clinic, or check the Road to Health booklet for details on vaccines and schedules to make the right choice for your children’s future. Let’s work together keep their protection up to date.

18 September 2025

18:30 vir 19:00

Prince Alfred’s Hamlet

NG Kerksaal

R200 (Sluit ligte ete in.

Bring asb. eie glase en drankies)

Skakel Beaulah (023) 313-3694 of Alma 083-443-0881

DIE o/13 Cravenweektoernooi het vanaf 29 Junie tot 4 Julie in Oos Londen plaasgevind. Ses Witzenberg rugbyspelers is ingesluit in die Cravenweek- en Akademiespan. Boland Cravenweek het in die finaal teen die WP verloor en die Akademiespan het hul toernooi gewen deur WP in die finaal te klop.

POSVEREISTES:

De Straadt Boerdery (Edms) Bpk, is geleë in die Koue Bokkeveld en konsentreer op die verbouing van vrugte. Die volgende geleentheid bestaan tans in die organisasie:

PRODUKSIE ASSISTENT

•Ondervinding in vrugteproduksie of besproeiingstelsels 3 - 4 jaar

•Spanne en besproeiing organiseer

•Vermoë om mense en produksie aktiwiteite te bestuur

•Ondervinding van besproeiingstelsels en instandhouding daarvan sal tot jou voordeel strek

•Ervaring met die toesighouding van werknemers

•Goeie leierskapvaardighede

•Betroubaar, met ‘n stabiele en sobere lewenswyse

Die ideale kandidaat sal baie dinamies wees en wil graag groei saam met die Maatskappy.

ONS BIED: Mededingende salaris wat sal afhang van ondervinding en vaardigheid asook goeie werksomstandighede. Deelname aan die Groep se Ongeskiktheidsasook Pensioenfonds. Goeie behuising is op die plaas beskikbaar.

RIG ALLE A ANSOEKE* EN NAVRAE A AN MARELI DU TOIT BY: mareli@destraadt.co.za of skakel (023) 317-9926 vir navrae.

*Heg asb. by aansoek aan: Kontakbare verwysings nie ouer as een jaar, bewys van kwalifikasies verwerf en kursusse gedoen.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 26 September 2025

DIENSA ANVA ARDING: So spoedig moontlik of 1 November 2025 Indien u geen terugvoering na die sluitingsdatum ontvang nie moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

WHAT TO EXPECT:

•Government services

•Health Care services

•Upskilling opportunities

•Local entertainment

•Food and drink stalls

ASOOK: • Koresang • Tiktok dansers • Rieldansers • Kiddies

Corner • Verskeidenheid vermaaklikheids aktiwiteite.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Herald

Sport Witzenberg

Dalene en Jarryd wen Padel toernooi

CERES Padel het onlangs hul eerste gemengde liga padelkompetisie aangebied. Daar het 20 spelers aan die toernooi deelgeneem. Die wedstryde het volop aksie opgelewer en toeskouers en spelers het die toernooi baie geniet. Die wenners was Dalene Krone en Jarryd Thomas (foto regs) met Victor Hendrikz en Adri Cronjé as naaswenners.

Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45

Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com

JRK lofts wen Federasie wedvlug

WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Leeu Gamka losgelaat. ‘n Sterk Suidooster het die duiwe vinnig aangehelp op hul terugtog. JRK Lofts wen die Ceresvallei Federasie wedvlug. Die naweek vlieg duiwe vanaf Victoria-Wes.

Ceresvallei Federasie

Wedvlug Leeu Gamka

1. JRK Lofts -1569.591 mpm

2. Nathan Jacobs -1568.622 mpm

3. Team Koopman ARL -1564.934 mpm

4. Team Koopman ARL -1562.861 mpm

5. Team Koopman ARL -1562.861 mpm

CHPS wedvlug Leeu Gamka

1. Team Koopman ARL -1564.934 mpm

2. Team Koopman ARL -1562.861 mpm

3. Team Koopman ARL -1562.861 mpm

4. Hendriks familie - 1562.104 mpm

5. Team Koopman ARL -1526.920 mpm

BHPS

Bloemhof Ope

1. Emile Arries - 1203.444 mpm

2. Marquine Pieterse - 1096.921 mpm

3. Roberto van Wyk - 1078.807 mpm

4. Roberto van Wyk - 1072.765 mpm

5. Emile Arries - 1044.484 mpm

BHPS

Modderrivier Ope

1. Emile Arries - 1247.612 mpm

2. Roberto van Wyk - 1236.910 mpm

3. Emile Arries - 1174.631 mpm

4. Emile Arries - 1157.886 mpm

5. Emile Arries - 1078.212 mpm

CHLOË Bishop, ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr, is besig om uit te blink in fietsry. Sy het die naweek aan die King Price Race to the Sea deelgeneem. Fietsryers het in Franchhoek weggespring en die 160km na Benguela Cove buite Hermanus aangepak. Chloë het 5de klaargemaak in die elite vroue-afdeling in ‘n tyd van 06:06:28. Hayley Preen het die vroue-afdeling in 05:40:55 gewen met Travis Stedman wat die mans-afdeling in 04:34 gewen het. * Chloë gaan eersdaags aan die Wines2Whales wedren deelneem.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.35 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu