DIE Ceres polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag nadat ‘n kind (4) dood is toe ‘n taxi hom in Nduli getref het.
Die voorval het Sondag 17 Augustus omstreeks 17:15 in Zolastraat plaasgevind.
Die bestuurder van dié minibus het die seun blykbaar na Ceres hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings dood is. Ondersoek begin
Die polisie se ondersoek moet voltooi word voordat die bestuurder aangekla sal word.
kafee
INWONER van Bella Vista, Virgill Sampson (42), is Donderdag 14 Augustus omstreeks 19:20 voor ‘n kafee in Duikerweg, doodgeskiet. Sampson het net uit die winkel gestap na waar hy sy bakkie geparkeer het, toe hy deur ‘n man in die straat doodgeskiet is. Goeie speurwerk het gelei tot die arrestasie van ‘n verdagte, Keenan Hantam (24), wat Woensdag 20 Augustus vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn het. Die saak is vir verdere ondersoek na 27 Augustus uitgestel.
Die polisie het weens die sensitiewe aard van die ondersoek, ‘n sluier van geheimhouding oor die res van hul ondersoek getrek. Die rede vir die skietery vorm deel van hul ondersoek. Hantam, wat ten tye van dié skietvoorval uit op borgtog was, verskyn Donderdag 21 Augusts saam met twee ander mans, in die Ceres streekhof op ‘n ander moordklag waar hulle ‘n man met ‘n mes doodgesteek het.
‘n
‘n INWONER van Bella Vista, Virgill Sampson (42), is Donderdag 14 Augustus omstreeks 19:20 voor ‘n kafee in Duikerweg, doodgeskiet.
FOTOS: Facebook en Google Maps
Inwoners help om ingang by Nduli skoon te maak
‘n SKOONMAAK-VELDTOG van die Witzenberg munisipaliteit, in samewerking met CBI, die Togryersmuseum, Nduli primary, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en WRFM105.9, het Vrydag 15 Augustus in Nduli plaasgevind. Die skoonmaakaksie vorm deel van ‘n groter omgewingsprojek wat in Aprilmaand op Ceres geloods is. Die organiseerders moedig die Witzenberg gemeenskap aan om die area voor jou huis, jou skool óf besigheid skoon te hou en só ‘n skoner omgewing te skep waarop elkeen van ons trots kan wees.
* In Vrydag se skoonmaakaksie by die Nduli-ingang is ongeveer 45 sakke met vullis opgetel.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
DISTRIBUTION MANAGER
The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
•Receiving and storage of concentrate and aroma
•Inventory management and control (reconciliations) and cycle-counting
•Planning & scheduling of product shipment according to marketing instructions
•Planning and controlling packaging activities
•Responsible for blending, preparing and packaging concentrate according to client specifications
•Complying with financial and production system requirements
•Managing product transportation logistics
•Liaise with engineering department regarding equipment that requires maintenance / upkeep
•Ensure that equipment is operated optimally
•Performance management of subordinates
•Operate a system of visual management to improve team and individual performance
•The optimal utilization of human resources
•Coach / train staff.
The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications:
•Attention to detail
•Strong planning and forecasting abilities
•Computer skills (MS Office)
•Excellent communication skills
•Ability to work independently
•Proven experience in Logistics Management / Inventory Control / Production in a factory environment
•Knowledge of Food Safety and a relevant post-school qualification will count in candidates favor
Applications can be addressed per e-mail to: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications: 3 September 2025
In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
Heuningkwas of ..... HARDEKWAS
Ceres Lions
bied aan ten bate van
DIE afgelope paar jaar het bendegeweld in die Wes-Kaap, veral rondom Kaapstad, drasties toegeneem.
Ander geweldsmisdade waar vuurwapens en messe toenemend gebruik word, dra ook by daartoe dat die land en provinsie, ‘n kriminele paradys raak.
R100R100 per persoon (wegneem)
Kerrie Bredie & Rys
3 September 2025
Kan opgetel word by Oranjestraat, Togryers Museum, Ceres tussen 12:30 - 14:00 Vir navrae skakel: Bertdene 076-689-2885
Ceres en ander dorpe in die Witzenbergstreek was in die laaste kwartaal gelukkig nie deel van die top 30 dorpe of stede op die land se misdaadlys nie. Hulle was wel einde verlede jaar onder die afdeling: bestuur onder die invloed van drank of dwelms, waar die vierde meeste gevalle in die Wes-Kaap aangeteken is. Ceres was ook verlede jaar in die top 30 vir seksuele aanrandings en poging tot moord.
Statistieke wys dat 5 727 moorde in die land gepleeg is, 13 452 voorvalle van seksuele oortredings is aangemeld desondanks streng wetgewing en daar was 6 720 gevalle van brandstigting of beskadiging van eiendom.
Vir die Wes-Kaap met sy 7.5 miljoen inwoners, lyk die prentjie nie veel beter nie. Daar was 1068 moorde waar vuurwapens in 590 gevalle gebruik en messe in 196 gevalle. Daar was in die tydperk ook 1189 verkragtings, 411 gevalle van seksuele aanranding, 909 gevalle van die onwettige besit van vuurwapens en 2 384 gevalle van die bestuur onder die invloed van drank of dwelms aangemeld. Daar was ook 23 880 dwelmverwante misdrywe in die Wes-Kaap provinsie gepleeg.
‘n Groot bekommernis wat nie deel vorm van dié misdaadstatistieke nie, is oorvol hofrolle, howe se onbevoegdheid om gepaste vonnisse aan oortreders op te lê en swak polisieondersoekwerk. Die Ceres landdroshof hanteer tans meer as 750 sake en daar is meer as 400 sake op die streekhofrol.
Kruitvat
Ons sit op ‘n misdaad-kruitvat. As die verskillende staatsdepartemente en die polisie nie vinnig iets gaan doen nie, gaan die kruitvat ontplof. Veral met bendegeweld.
Wette sal vir hedendaagse tendense aangepas moet word en weer as afskrikmiddel begin dien. Wetgewers moet spesifieke wette formuleer vir misdrywe wat met geweldsmisdaad en bendegeweld verband hou.
Dit is die enigste manier om dit in bedwang te bring.
Daar sal baie vinnig ‘n spesiale plan en wette geformuleer moet word met spesiale befondsing wat opsy gesit moet word om dit aan te spreek.
Francois Snyman
Polisielid betaal boete aan CapeNature
'n POLISIESERSANT wat in Aprilmaand ‘n duiker sonder ‘n permit geskiet het, het verlede week ‘n skulderkenningsboete betaal.
Sers. Aron Bani (42), wat by die Kaapstad Internasionale lughawe gestasioneer is, is einde April gearresteer nadat hy onwettig twee grys duikers in die Droëhoek-omgewing gejag het. Die voorval het op 20 April omstreeks 00:40 plaasgevind. ‘n Tweede duiker is met ‘n mes doodgesteek.
Toe die P.A. Hamlet se polisie hom voorkeer, is die twee duikers (sylvicapra grimmia) toegedraai in plastiek, in sy motor gevind. Daar is ook op ‘n jaggeweer beslag gelê.
Bani is aangekla van die besit van beskermde dierkarkasse sonder enige skriftelike dokumentasie en die jag van beskermde wild sonder ‘n permit.
Die saak is deur die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester ondersoek. Oortreders kan ‘n boete van R80 000 of gevangenisstraf van twee jaar opgelê word, vir die tipe oortredings. Pleitooreenkoms
Bani het ‘n plaitooreenkoms met die staat bereik en het verlede week ‘n boete van R10 000 aan CapeNature betaal. Hy moet ook ‘n bewusmakingskursus van CapeNature bywoon voor die einde van Augustusmaand.
Lasbrief uitgereik
vir Dudumayo se arrestasie
‘n LASBRIEF vir die vermeende moordenaar Mihle Dudumayo (28) is deur die polisie gesir-
kuleer nadat hy in Meimaand nie by die Ceres streekhof vir sy moordsaak opgedaag het nie.
‘n Lasbrief is vir sy inhegtenisname uitgereik.
Dudumayo het tereg gestaan weens die moord op Piet Boer (63) van P.A. Hamlet en was hy voor sy verdwyning uit op borg van R2000. Hy bevind hom moontlik in die Gqeberha-omgewing.
Stryery lei tot moord Volgens die polisie het die voorval byna twee jaar gelede op Sondag 14 Januarie 2024 omstreeks 07:45 plaasgevind toe Piet Boer vir Dudumayo gekonfronteer het oor hy teen sy woning se heining urineer.
Dudumayo het saam met vriende op die sypaadjie gesit en drink. Nadat hy aangespreek is het daar ‘n stryery ontstaan. Dudumayo het ‘n Okapi mes uitgepluk en Boer verskeie kere met die mes gesteek. Hy het ook Boer se twee honde met die mes gesteek. Boer is op die toneel dood waarna die polisie ontbied is.
BOUWERK vorder fluks by Ceres Junction (ou Mica-perseel in Vosstraat). Bemcorp (Red Caviar Holdings) het in 2024 die perseel gekoop waar Ceres Mica, Jet, Wellsave en Bella Vista taxistaanplek gehuisves word. Werksaamhede het einde Januarie 2025 afgeskop met die verwagting dat die Ceres Junction sentrum teen November 2025 weer gaan oopmaak. * New Africa Developments het die week bevestig dat die beplanning vir die opkomende Ceres Mall, vorder. Meer inligting oor die 25 000m² winkelsentrum, wat by die Eselfontein-afdraai langs Voortrekkerweg beplan word, se vordering sal later bekend gemaak word. Die opening sal iewers in 2027 wees.
Man en twee vroue verskyn in hof
DRIE verdagtes, waaronder twee vroue, wat drie maande gelede in hegtenis geneem is weens die verkragting van ‘n 12-jarige meisie en haar seksuele uitbuiting, het weer in die Ceres landdroshof verskyn. Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het ‘n 58-jarige man van Nduli van statutêre verkragting aangekla asook twee vroue van 27 en 44 jaar oud, is aangekla van seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie na bewering aan ander mans verkoop het.
Hulle het verlede Dinsdag 12 Augustus in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 4 September uitgestel vir ‘n borgaansoek.
Weer ‘n slagoffer
Dit is die tweede keer dat dié meisie van Nduli in minder as drie jaar die slagoffer is van verkragting of seksuele geweld. Sy is na dié onlangse voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans.
Verdagtes wil pleitooreenkoms aangaan
Twee van die drie mans wat in die Ceres streekhof tereg staan op klagtes van verkragting van ‘n jong meisie, wil ‘n pleitooreenkoms aangaan.
Dié meisie, wat 9 jaar oud was, is in Desember 2022 omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing na bewering deur drie mans verkrag.
Drie verdagtes, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.
Die mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortduur. Hulle borgaansoek was tussen Februarie 2023 en Oktober 2023 aangehoor maar was onsuksesvol. Die saak is Donderdag 30 Julie uitgestel na 21 Augustus wanneer die drie mans in die Ceres streekhof moet verskyn.
Onlangs is verneem dat twee van die verdagtes besig is om ‘n pleitooreenkoms aan te gaan.
‘n LIGTE Hyundai afleweringsvoertuig met ‘n sleepwa het Saterdagoggend 9 Augustus in Michellspas omgeslaan. Volgens beskikbare inligting is die bestuurder met privaat vervoer na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
CERES MOTORS
Voortrekkerstraat 19, CERES ☎ (023) 004-1402
We will be closed for renovation from 1 September 2025 and will reopen again in December 2025 We appreciate your patience
Skaapskêr-aanvaller swaar gevonnis
DIE man wat ‘n P.A. Hamlet inwoner 18 maande gelede sonder rede met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek het, is die afgelope week swaar gevonnis.
Nkosana Dyasopi (33), ook bekend as Lucky, het Dinsdag 19 Augustus in die Ceres streekhof verskyn op ‘n klag van poging tot moord nadat hy op 31 Januarie verlede jaar vir Juan Hanekom met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek het. Streeklanddros Maseti het Dyasopi skuldig bevind op poging tot moord en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.
Optrede red vriend se lewe
Die optrede van sers. Nico Brand, ‘n polisielid van P.A. Hamlet, het waarskynlik sy vriend se lewe op Woensdag 31 Januarie 2024 gered.
Omstreeks 18:00 was Dyasopi besig om
gesteelde kragkabels se plastiek af te brand toe hy deur Hanekom gekonfronteer is oor die rook wat by sy werkswinkel intrek. Dyasopi het ‘n dubbellem skaapskêr, wat hy gebruik om die plastiek rondom die kragkabels los te sny, gegryp en Hanekom in die bors gesteek.
Brand wat toevallig op die perseel was, het besef dit is ‘n noodgeval, Hanekom in die passasierskant van ‘n Pajero ingedruk en teen hoë spoed met hom na Ceres hospitaal gejaag.
Met hul aankoms by die hospitaal is noodbehandeling toegepas nadat Hanekom byna leeg gebloei en in hipovolumiese skok gegaan het.
Na die noodbehandeling moes daar eers vir ‘n ambulans gewag word voordat hy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas kon word.
Vermeende moordenaars weer in hof
DIE saak teen vier mans wat aangekla word van die Lauks-moord op Tulbagh, se saak is weer uitgestel.
Vier verdagtes van Tulbagh, Steven Witbooi (29), Ricardo Witness (28), Junaid Samso (24) en Abriano Morris (20), is kort na die moord vasgetrek.
Hulle het Donderdag 14 Augustus in die Tulbagh landdroshof verskyn voordat die saak na 15 September uitgestel is omrede die hof en die polisie nog vir die DNS-verslae wag.
Agtergrond ‘n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie dood in sy motor gevind.
Lauks wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy die Sondagaand van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek.
Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê.
Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor. Die polisie het na die moord vingerafdrukke op die toneel geneem en op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is.
Bots met gereg
Betroubaar word verneem dat Witbooi al talle kere met die gereg gebots het. In 2018 is tronkstraf van 2 jaar en 3 jaar aan hom opgelê vir twee huisbraak en diefstalsake by mnr. Lauks se woning. Witbooi moet ook op 29 Oktober in die Tulbagh streekhof verskyn weens ‘n huisbraak en diefstalsaak by Lauks se huis.
Graad 3 leerders kon meer leer van
delikheid en opoffering. Rudowaan
Die week is afgeskop met ‘n kerkdiens in Ceresvallei gemeente.
CERES Superspar, hoofborg van die jaarlikse interskolestryd tussen Charlie Hofmeyr en Robertson, het vanjaar die winkel opgetooi vir dié jaarlikse stryd wat Saterdag 23 Augustus plaasvind. Die hoofingang van die winkel is opgemaak met baniere en plakkate en daar is selfs ‘n koek, cupcakes en doughnuts gebak in Charlies se kleure. Kom maak gerus ‘n draai in die winkel. *Volgende naweek maak ons weer so wanneer Ceres Sekondêr en Bella Vista mekaar die stryd aansê tydens hul jaarlikse Derby.
DIE Togryers museum op Ceres het hul eerste Klara Majola les by Bella Vista primêr aangebied.
waardes rondom dapperheid, verantwoor-
MJ du Toit het die les aangebied. * Die museum nooi skole uit om hulle te skakel om hierdie les ook by hul skool aan te bied.
DIE jaarlikse interskolestryd tussen Charlie Hofmeyr en Robertson vind die naweek op Ceres plaas. Die skool het talle Big Brag geleenthede aangebied om gees te vang.
Hoërskool Charlie Hofmeyr Mag elke leerder, personeellid, ouer, oud-skolier, ondersteuner en vriend van Charlie Hofmeyr, pragtige herinneringe maak tydens Interskole 2025! Charlie Guts! "When the Great Scorer one
He
23 Augustus 2025 te Ceres
17 Augustus 2024 te Robertson INTERSKOLE
HS Charlie Hofmeyr vs. HS Robertson
(021) 773-0301 Pierre de
procon@lando.co.za 082-415-5580
Agter:Shandley Burrows, Ryan-Lee Hendricks, Joshua Swarts, Jacob Kriel, Heinrich Fourie, Ainsley Pedro, Keenan Nathan, FP la Grange, Dewald Jaars.
Middel:Jason Kroon, Adriaan Heyns, JP Viljoen, Eathan Hanekom, Lourens Nel, Jason Peer, Phillip Boshoff, Jean Neethling, Willmuth Loff, Danico Sass.
Voor:Keagan Kelly, Gerhard Goosen (k), Louis Giliomee (afrigter), Dillan Demas (afrigter), Fanna du Toit (afrigter), Jay-Jay Janse (o/k), Ivan Hanekom
Agter:Kae-Shyuan Tseng, Reece Arendse, Jaydon Wiese, Daniel Kukard, Rossouw Matthee, Charl Cedras, Dehan Onthong, Jarren Morkel, Colan Geldenhuys Voor:Christoff van Staden, Adriaan Nel (k), Jaun Visser (o/k), Lou Foster (afrigter), Cristiano Araujo Vieira, JD van Zyl, Daniel Overmeyer
Agter:Beandri Visser (k), Mia Murray
Voor:Bokang Mofokeng, Ruwaida Koopman (koördineerder), Daniel Jaeger
Agter:Jamey-Ruth Swartz, Rai-Lee Fredericks, Elizabeth Goosen, Shakira van Rooy, Chelsey Davids
Voor: Annerie Kotze, San-Mari Prins (k), Cari Geldenhuys (afrigter), Anelia Malan (o/k), Robyn-Lee Pedro
Agter:Livvi van Jaarsveld, Elizabeth Mare, Helen du Toit, Olivia Lima, Karla Groenewald, Anja du Plessis, Chanté Rossouw, Lillian Lima, Lindie du Toit, Eleanor Scholtz
Voor:Marike Lambrechts, Bea Potgieter (k), Simonetta Lima (afrigter), Shane Blom (afrigter), Emma Nepgen (o/k), Cari Cronjé
Agter:Charl Conradie (k), Dewald Scholtz Voor:Wilan van der Berg, Taetse Smith (koördineerder), Jaun Visser
1 x Soft Beginnings baba carrier R350 082-468-2649
9 x Hunter pop-ups R720 082-468-2649
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
P.A. Hamlet. 1 Saapkamerwoonstel te huur vir ‘n enkel persoon. R4 200 per maand. Skakel 066-205-1786. DN16 22/08
SUPPLY
Domestic
DIE Togryers museum se jaarlikse fondsinsameling vind plaas op 3 September. Die Ceres Lions bied weer hulle heerlike kerriebredie aan teen R100 per persoon. Kaartjies is nou beskikbaar en bestellings kan geplaas word by 076-689-2885 Bestel betyds om teleurstelling te voorkom.
CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851
INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.
IN case of emergencies, please contact: •Police Flying Squad................................................... 10111 •Ambulance Services.................................................. 10177 •Cell Phone Emergency ..................................................112 •Disaster Risk Management Centre....080-911-4357 (HELP) •Poisons Information Helpline of WC 0861-555-777 •Childline .........................................................................116
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
SOMERSKLERE EINDE AUGUSTUS UITGEHANG
Vrouehemde R20 elk
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: Skoolklere, mans-, vroue- en kinder-somersklere
Koerant-bondels te koop @ R40 PER BONDEL
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 3122045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)
Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00
Thursday 21st August 2025 18:00
Venue: Bike Forge
Bella Vista
Your signature, their future - Are your kids protected?
THE Western Cape Department of Health and Wellness encourages all parents to be on the lookout for consent forms that will be sent home for your child to receive the HPV (human papillomavirus) vaccine.
HPV is the virus that causes cervical cancer.
The vaccine does not contain any live virus or DNA from the virus so it cannot cause cancer or other HPV-related illnesses. The vaccine does not affect fertility and it’s also not used to treat HPV infections or diseases caused by HPV, but instead to prevent the development of cancers, as outlined by the World Health Organisation.
To safeguard our children’s health, the HPV vaccination campaign was rolled out in our country in 2014 with more than 350,000 young lives protected since its inception. More than 1 200 schools are visited annually in the Western Cape to administer the vaccine, with strong support from parents and communities to safeguard their children’s futures.
As part of the HPV campaign, the National Department of Health has directed that Tetanus, Diphtheria and Pertussis (TDaP) vaccine boosters be administered to all eligible children (both boys and girls).
This campaign aims to boost protection against tetanus, diphtheria, and whooping cough by offering a TD booster to all Grade 5 learners. It helps prevent outbreaks and supports ongoing school-based vaccination. All that’s needed is a signed consent form.
Round 2: School-based vaccination - what you need to know
The second round of the school-based vaccination campaign will take place from 1 August to 30 September 2025
Polisie
During this period, school health teams will visit both public and private schools to provide the following vaccinations:
HPV vaccine (single dose): Offered to eligible grade 5, 6, and 7 girls in private schools, with consent.
Catch-up HPV vaccinations: Girls who missed the HPV vaccine during the first round in February/March will have another opportunity to receive their dose, with consent, at public schools.
Tdap booster vaccine: Administered to all boys and girls in grade 5 across public and private schools, with consent.
What about side effects?
You deserve clear answers to make the best choice for your child. Parents may have questions about safety and what to expect after vaccination. The vaccines administered at our schools and clinics are safe and have been tested. These vaccination campaigns are not new, and we welcome questions from parents and communities.
Like any vaccine, some children might have mild side effects such as some redness, swelling or pain where the injection was given, a mild fever or feeling a bit tired.
These usually go away on their own within a day or two. Serious reactions are very rare. If you’re worried about how your child reacts, please speak to your clinic or doctor. If you’re unsure, please keep asking questions. Look at reliable sources, speak to healthcare workers in your local clinic, or check the Road to Health booklet for details on vaccines and schedules to make the right choice for your children’s future.
Our children grow fast. Let’s work together keep their protection up to date.
SLEGS vier dae nadat ‘n drankwinkel op Ceres van derduisende rande beroof is, het rowers (foto regs) ‘n winkel in Vosstraat beroof. In beide gevalle het die polisie CCTV fotos van die verdagtes vrygestel maar na drie weke kon die gemeenskap nie help om die verdagtes te identifiseer nie. Drie gewapende rowers het op 30 Julie by Ceres Popin Express (ou OK) ingestap en hulle van R30 000 beroof. Op Saterdag 26 Julie het drie gewapende mans (fotos bo), die Chinese eienaars van Jumbo drankwinkel in Voortrekkerstraat van derduisende rande beroof. Speurders het na ‘n uitgebreide ondersoek vir Tsoene Lekaota (24) van Lesotho in hegtenis geneem. Lekaota het Saterdae as sekuriteitswag by die drankwinkel gewerk. Die saak is tot 27 Augustus uitgestel. * CCTV beeldmateriaal van die vyf verdagtes is deur die polisie uitgereik in die hoop dat die gemeenskap van hulle sal herken. *Skakel (023) 316-8500 indien jy een van die mans herken. POPin EXPRESS VERDAGTE 1 POPin EXPRESS VERDAGTE 2
soek na dié verdagtes
DIE fenomenale vroue van die Wynlandetoekenningseremonie is op 13 Augustus in die Paarl gehou. Die geleentheid is in vennootskap met die Afrikaanse Taalmonument (ATM) en die Historium Trust aangebied en vorm deel van vrouemaand. Vroue is in 14 afdelings genomineer vir hul uitsonderlike bydraes. In die afdeling NRO was die wenner Amanda Barnard van Montagu met Sara Mankapan van Ceres, wat die naaswenner was. Hier is Sara met haar toekenning afgeneem.
Kom kyk die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks by ons
Kerrie & Rys / Basaarpoeding Burger & Chips / Speelgoed & Lekkernye uit Ouma se kombuis
Groente & Vrugte / Vleis
Pannekoek / Teetuin
Vars brood & beskuit
Kaartfasiliteit beskikbaar
Moet dit nie misloop nie!
18 September 2025 l 18:30 vir 19:00
Prince Alfred’s Hamlet NG Kerksaal
THE Western Cape Department of Health and Wellness encourages all parents to be on the lookout for consent forms that will be sent home for your child to receive the HPV (human papillomavirus) vaccine. HPV is the virus that causes cervical cancer.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Herald
Sport Witzenberg
Bella Vista los hul beste vir laaste
BELLA Vista het die naweek weer terug op die wenpad gekom met ‘n reuse oorwinning oor Temperance. Hulle het die span van Gouda maklik met 87-23 afgeransel.
Bella Vista het dertien drieë in die oorwinning gedruk. Hulle het dit reeds vroeg duidelik gemaak dat die besoekers ‘n lang middag op Ceres gaan beleef.
BELLA Vista se woelige skrumskakel, Nash-winn Lintnaar, het Saterdag in die wegholoorwinning van 87-23 oor Temperance, uitgeblink en vier uitstekende drieë gedruk.
FOTO: Trevor Felix
Closing date for pre-entries: 11 October 2025 RACE
COLLECTION: Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45
Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com
Bella Vista het die bonuspunt-drie kort voor rustyd gedruk om die telling 33-11 te maak. Bella Vista se voorspelerspel was uitstaande en dit het die grondslag vir dié oorwinning gelê. Temperance se verdediging het in die tweede helfte veels te wense oorgelaat waarna Bella Vista nog ‘n paar drieë ingeryg het.
Puntemakers
Nash-winn Lintnaar het vier keer agter die Temperance doellyn gaan kuier terwyl Lurencò Jumath twee drieë gaan druk het. Westley Jonkers, Francois Hofmeester, Therry Grootboom, Jemiehl Muller, Jared Manus, Nathan-Otniël van Wyk en JathanLee Martin het elkeen ‘n drie aangeteken.
Marvin Fredericks het 22 punte met sy skopvoet aangeteken.
Ander uitslae
Hamlet klop Wolseley maklik met 32-15, Ceres mors met Villagers Newton en wen 417, Roses wen net-net teen Newton 24-23 en Hillcrest klop Young Blues 38-17. Daar was ook aksie in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie.
Paardekloof mors met Môrester en wen 4915, Tulbagh klop Lindeshof 31-17, Westlyans klop La Plaisant 22-16, Young Good Hopes klop Op-die-Berg 17-8, Lovedale wen 21-14 teen Howbill en Vastrap klop Red Roses 497.
Naweek se wedstryde
Die naweek vind daar net drie wedstryde plaas.
Temperance speel tuis teen Ceres, Hillcrest en Rose gaan sake uitspook en Evergreens Paarl en Delicious pak mekaar.
Wilco en Cameron die Blou Bulle se bestes in 2024-25
TWEE Blou Bul rugbyspelers en oudinwoners van Wolseley en Ceres, Wilco Louw (bo) en Cameron Hanekom (onder), het verlede week met ‘n paar toekennings weggestap tydens die Bulle se prestasiefunksie. Wilco wat vanjaar sy teenstanders swaar laat leef het in die skrums, is aangewys as die Bulle se speler van die jaar in die VRK sowel as die unie se waardevolste speler. Louw se kontrak met die Bulle verstryk middel volgende jaar, waarna hy hom weer by die Stormers gaan aansluit vir vier jaar. Cameron wat tans beseer is, het ook met ‘n paar eerbewyse weggestap. Die agtsteman is as die ondersteuners se speler van die jaar, die Bulle se voorspeler van die jaar en die speler van die jaar in die Kampioenebeker-reeks aangewys. Cameron was ook die voorspeler van die jaar in die VRK.