WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 30
R 10
FRIDAY, 8 AUGUST 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 7 Augustus
Vrydag 8 Augustus
Saterdag 9 Augustus
0° 18°
4° 21°
4° 17°
Sondag 10 Augustus
4° 17°
CERES KOEKEDOUW DAM
97,6% TULBAGH DAM
10 0% WAVERENSKROON TULBAGH
MEAL IT!
52%
Lesings geneem: 2025/08/06
(023) 312-1916 CERES
Add a 440ml buddy
11680
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Rowers slaan toe op nog 'n Ceres-winkel VERDAGTE 1
VERDAGTE 2
VERDAGTE 3
SLEGS vier dae nadat ‘n drankwinkel op Ceres van derduisende rande beroof is, het drie rowers op nog ‘n winkel in Vosstraat toegeslaan. Drie rowers het verlede Woensdag omstreeks 07:10 by Ceres Popin Express (ou OK) ingestap en geld van ‘n personeellid en die eienaar geëis. Die twee is met vuurwapens na die kantoor gedwing waar hulle R30 000 aan die rowers gegee het voordat die onbekende mans op die vlug geslaan het. Polisie het na dié voorval, sakelui gewaarsku om nie groot bedrae kontant op hul persele te hou nie en eerder die geld te gaan bank. Drankwinkel roof Derduisende rande is Saterdag 26 Julie tydens ‘n besigheidsroof op Ceres gesteel. Drie tot vier mans het kort na sluitingstyd by die Jumbo drankwinkel in Voortrekkerstraat toegeslaan en die Chinese eienaars van duisende rande beroof. Drie mans met handwapens het omstreeks 17:05 by die winkel ingestap terwyl personeel en een van die eienaars besig was om geld te tel en dit in ‘n kluis te sit. Een rower is na die stoorkamer, een het in die drankwinkel gestaan terwyl ‘n derde rower na die kantoor is. Hier het hy een van die eienaars met die vuurwapen oor die kop geslaan voordat hulle ‘n groot bedrag geld uit die kluis geneem en op die vlug geslaan het. Die mans het saam met ‘n vierde man wat buite gewag het, verby Britos gehardloop en in die middedorp verdwyn. Speurders het ‘n uitgebreide ondersoek geloods en Dinsdag 29 Julie ‘n verdagte ondervra. Die verdagte, Tsoene Lekaota (24) van Lesotho, wat Saterdae as sekuriteitswag by die drankwinkel gewerk het, is inhegtenis geneem en aangekla. Hy het Woensdag 30 Julie vlugtig in die hof verskyn voordat die saak tot 6 Augustus uitgestel is. CCTV beeldmateriaal van die verdagtes is die week deur die polisie uitgereik in die hoop dat die gemeenskap van hulle sal herken. Die Chinese winkeleienaars het na die roof aan die polisie gesê dat nagenoeg R850 000 geroof is. Van die geld het hulle blykbaar gespaar om ‘n voertuig te koop.
DIE Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het, in samewerking met die Kinderhospitaaltrust en vennote, die wêreldklas brandwondsorg wat by die Rooi Kruis kinderhospitaal verskaf word, na die Kaapse Wynland gebring. Die eerste brandwondeenheid vir kinders is Donderdag 31 Julie by Ceres hospitaal geopen VLNR: Dr. Anita Parbhoo (hoof van die Rooi Kruis kinderhospitaal), Chantel Cooper (hoof van Kinderhospitaaltrust), rdl. Trevor Abrahams (burgemeester), Mireille Wenger (Wes-Kaapse minister van gesond-heid en welstand) en dr. Elton Titus (mediese bestuurder van Ceres hospitaal).
Man bly agter tralies na verkragting van meisie (15) DIE verkragtingsaak teen ‘n Ceres inwoner (30), is begin Julie na die streekhof oorgeplaas. In Oktober 2024 was ‘n 15-jarige meisie van Ceres, die slagoffer van ‘n verkragting. Die voorval het gedurende die naweek van 3 Oktober 2024 in die parkie langs Naudéstraat, plaasgevind. Volgens hofdokumente het die meisie die betrokke dag saam met ‘n vrou (33) in die parkie gedrink. Die verdagte, wat sy nie geken het nie, het saam met ‘n vriend daar
aangekom en saam met hulle begin drink. Later is die vrou en die vriend daar weg waarna die verkragting en seksuele aanranding plaasgevind het. Uitgestel Die saak is reeds meer as 15 keer uitgestel en is nou na die Ceres streekhof oorgeplaas. Die verdagte moet weer op 12 November in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding (skedule 6 misdryf) na ‘n onsuksesvolle borgaansoek in Februarie vanjaar.
ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS
URGENT TAKATA AIRBAG RECALL FREE SAFETY CHECK DONE WITH RECALL VEHICLES Toyota is one of 19 Manufacturers that are equipped with Takata airbags, some of which may be faulty. As a precautionary measure we, CERES TOYOTA, urge you to visit our Dealership so that we are able to assess whether your vehicle is part of this all important recall. Such a visit is a mere 5 minutes of your time.
Please visit us at 112 Voortrekker Street, Ceres or send us a picture of your vehicles licence disc to: 082-565-9479 or richard@cerestoyota.co.za
2 l WITZENBERG HERALD l 8 AUGUST 2025
KARIEN Muller, ’n predikant van VGK Durbanville en oudinwoner van Ceres, het onlangs met groot dankbaarheid en diepe oortuiging haar debuutalbum: “Jesus Heer wees my genadig”, vrygestel. Die album bevat twee oorspronklike Afrikaanse snitte nl: Jesus Heer wees my genadig en Laat los en laat God. “Hierdie liedere is gebore uit ’n plek van stilte, trane en rou eerlikheid maar ook genade en hoop. Dis liedere vir almal wat worstel, soek, en uiteindelik vashou aan die wete dat God ons nie los nie. Elke klank getuig van geloof wat gebou is in die donker, maar gesing word in die lig”. * Karien het Ceres in 2005 verlaat vir werksgeleentheid aan die Universiteit Stellenbosch. In 2012 het sy begin teologie studeer en is in 2017 na VGK Durbanville as voltydse predikant beroep.
DIE Togryers museum op Ceres is opgewonde oor hul eerste leen opvoedkundigehouer vir onderwysers om as addisionele hulpmiddel in die klaskamer te gebruik. Hierdie houer word gebruik in lewensoriëntering se subtema: Godsdienstige en ander wêreld-beskouings, dek verskeie aspekte van godsdienste, soos graad 4 kennis van belangrike godsdienste en graad 5 - feeste en gebruike van verskeie godsdienste. Die houer bevat spesifieke inlig-ting oor Judaïsme en sluit ondermeer in:godsdiensvoorwerpe wat leerders help om visueel en tasbaar te leer oor die Judaïstiese geloofspraktyke, ‘ n volledige video deur Jos Kahn wat kortliks die voorwerpe se funksie verduidelik en visuele leshulpmiddels. * Onderwysers kan die houer bespreek by 071-0524-594 of ‘n e-pos stuur na togryersmuseum@gmail.com.
ISAAC (Ice) Onrust (74), oud-ambulansman en inwoner van Ceres is op 20 Julie oorlede. EMS het onlangs van Isaac afskeid geneem - ‘n man wat bekend was vir sy beginselvaste karakter, regverdigheid en sy vermoë om met alle mense te kon kommunikeer. Hy het sy loopbaan in 1983 by die destydse Ceres munisipaliteit se afdeling vir burgerlike beskerming begin. Hy het o.a. diens by verkeer, ambulansdienste en brandweer gelewer en altyd sy werk met toewyding en deernis gedoen. Hy is later as ambulansman aangestel waar hy tot en met sy aftrede werksaam was. EMS onthou hom nie net vir sy professionele bydraes nie maar ook vir die mens wat hy was - uitgesproke, eerlik, toegewyd en altyd bereid om ander te help. Sy nalatenskap sal altyd voortleef. Die begrafnisdiens het Saterdag 2 Augustus vanuit die AME kerk plaasgevind.
DIE toneelgroep van Laerskool Gericke het verlede week na die Logan Toneelfees op Fraserburg vertrek waar hulle deelgeneem het as een van 47 produksies. Die opvoering van POP was ‘n reuse sukses en baie goeie kommentaar is van die beoordelaars ontvang. Die jong akteurs is veral gekomplimenteer vir hul ensemble-spel.
BESKIKBARE VAKATURE
WERKSWINKEL ADMINISTRATEUR
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 31 AUGUSTUS 2025
BESKIKBARE VAKATURE DIESEL- / TREKKER WERKTUIGKUNDIGE
CASE IH CERES TA K
Vereistes en verantwoordelikhede:
• Administrasie van werkskaarte, waarborge en eise • Skakeling met kliënte en verskaffers • Skakelbordbediening en liassering • Maandelikse verslae en interne dokumentasie • Dataverwerking (Excel & interne programme) • Algemene administratiewe ondersteuning • Hantering van rekeningnavrae (debiteure & krediteure) • Samewerking met tegnikuste en bestuur admin
Stuur verkorte CV na: tarina.louw@cnh.com As u nie teen einde September 2025 terugvoering ontvang nie, is u aansoek onsuksesvol.
Sluit aan by ons Case IH Ceres-tak! • Minstens 5 jaar ondervinding as ‘n gekwalifiseerde werktuigkundige • Landbou-toerusting kennis • Case IH produkkennis sal in u guns tel
Stuur verkorte CV en kwalifikasies na: tarina.louw@cnh.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2025 As u nie teen einde September 2025 terugvoering ontvang nie, is u aansoek onsuksesvol.
8 AUGUST 2025 l WITZENBERG HERALD l 3
Lasbrief word uitgereik na verdagte nie by Ceres-hof opdaag nie
Brandwondeenheid open op Ceres Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het, in samewerking met die Kinderhospitaaltrust en vennote, die wêreldklas brandwondsorg wat by die Rooi Kruis kinderhospitaal verskaf word, na die Kaapse Wynland gebring. Die eerste brandwondeenheid vir kinders is Donderdag 31 Julie by Ceres hospitaal bekendgestel. Dit beteken vinniger sorg wat ‘n positiewe impak op plaaslike pasiënte en hul families gaan hê. Die Trust het altesaam R18 miljoen belê om die brandwondeenhede by Ceres hospitaal, die Worcester hospitaal en die Worcester gemeenskapsdagsentrum, te vestig. Die projek is 100% deur skenkers befonds en die konstruksie van die eenhede, die aankoop van mediese toerusting en spesialis-brandwondopleiding vir verpleegkundiges en verwante mediese professionele persone wat behandeling sal verskaf, ingesluit. Benewens opleiding wat aan gesondheidswerkers by dié fasiliteite verskaf is, is opleiding aan gesondheidswerkers regoor die gesondheidsorgplatvorm in die Kaapse Wynland verskaf, wat tydige, hoëgehalte brandwondsorg aan kinders nader aan die huis verseker. Tans is die Rooi Kruis kinderhospitaal die enigste toegewyde pediatriese brandwonddiens in die Wes-Kaap. Elke jaar word nagenoeg 1000 kinders as binnepasiënte behandel en tussen 4000 en 5000 ontvang buitepasiëntsorg. Nadat hulle aanvanklik nood- en opvolgsorg by plaaslike klinieke en hospitale ontvang het, moet kinders met brandwonde na die Rooi Kruis kinderhospitaal verwys word vir gespesialiseerde sorg. Dit plaas onnodige finansiële druk op gesinne benewens die reeds stresvolle aard van die besering. ‘n Vertraging in spesialissorg plaas hierdie kinders ook in gevaar vir infeksie en belemmer genesing. Maar hierdie plaaslik gevestigde brandwondeenhede sal die lewe geriefliker maak vir plaaslike gemeenskappe wat toegang tot gesondheidsorg kry. Tydens die opening van die eenbed-eenheid op Ceres het die ma van ‘n jong meisie verwys na die emosionele en finansiële las wat hulle ervaar het toe haar dogter brandwonde opgedoen het.
CARMANITA Snyders van Verdun Estates is verlede Donderdag 31 Julie by Kaleo aangewys as die Witzenberg Landbouwerker van die Jaar 2025. Die toekenning is oorhandig tydens die jaarlikse Witzenberg Prestige Agri toekennings wat aangebied is deur Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. Carmanita het ook die kategorie: middelbestuur, gewen. Daar was 134 deelnemers in vanjaar se kompetisie. Verdun Estates is aangewys as die beste presterende plaas en Anastacia Visagie (Langrivier) het die toekenning verower vir beste potensiaal. VLNR: Chris Schutte (Shoprite), Carmanita Snyders (Verdun Estates), Carmen Roberts (Koue Bokkeveld Opleidingsentrum) en Franco Williams (Departement van Landbou-Landelike Ontwikkeling).
FOTO: Ismail's
Twee vragmotors ry van die pad
Aanvanklik is haar dogter by die Ceres hospitaal behandel maar later na die Rooi Kruis kinderhospitaal oorgeplaas. Nadat hulle uiteindelik huis toe kon gaan, moes hulle na die Rooi Kruis kinderhospitaal terugkeer toe opvolg sorg nodig was. ‘n Reis van Ceres na Kaapstad het R1 400 gekos terwyl ‘n reis vanaf die plaas waarop hulle woon na ‘n plaaslike fasiliteit wat brandwondesorg verskaf, slegs R17 kon gekos het. Sy het die personeel by Ceres hospitaal bedank vir die sorg wat haar dogter ontvang het, sowel as die personeel by Rooi Kruis kinderhospitaal vir hul kundigheid en is verheug dat hierdie diens nader aan die huis gelewer word.
TWEE ongelukke is Vrydag 1 Augustus aangemeld waarin twee vragmotors betrokke was. Geen beserings is aangemeld nie. Die eerste ongeluk (foto bo) het omstreeks 10:00 plaasgevind toe die bestuurder op die R46 naby die Wolseley/ Tulbagh kruising beheer oor die vragmotor verloor en van die pad gery het. Die tweede ongeluk (foto links) het omstreeks 17:00 buite Tulbagh, tussen Kerkstraat en Van der Stelstraat, plaasgevind. ‘n Vragmotor het geknipmes en van die pad gery. Slegs een baan was vir ‘n tyd lank oop vir verkeer.
Hospitaalpersoneel het ook hul opgewondenheid uitgespreek oor die impak wat die nuwe eenheid op hul gemeenskap inhou.
KENNISGEWING
NOTICE
KONSEP 2026/2027 GOP en BEGROTING PROSES PLAN
DRAFT 2026/2027 IDP and BUDGET PROCESS PLAN
Kennis geskied hiermee dat die volgende konsep dokument ter insae lê vir publieke kommentaar en insette.
Notice is hereby given that the following draft document is available for public inspection and inputs.
• Konsep 2026/2027 GOP en Begroting Proses Plan
• Draft 2026/2027 IDP and Budget Process Plan
Die dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
The documents are available for inspection at all Municipal Offices and Public Libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres
‘n MINDERJARIGE seun (17) wat Dinsdag op ‘n klag van moord in die Ceres landdroshof moes verskyn het, het nie by die hof opgedaag nie. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik nadat hy en sy voog nie Dinsdag by die hof was nie. Hy is blykbaar op 21 Mei op waarskuwing in die sorg van ‘n voog vrygelaat. Agtergrond Die 17-jarige verdagte het op Sondag 18 Mei omstreeks 02:40 saam met ‘n paar vriende in Proteastraat by ‘n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier. Die oorledene, David Januarie (40), het die betrokke Sondagoggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook het, nie aangestaan het nie. Daar het na bewering ‘n rusie tussen Januarie en die verdagte ontstaan toe Januarie hom blykbaar met ‘n besemstok wou slaan. Die verdagte het Januarie toe twee keer met ‘n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het. Die jongmense het oproerig geraak en die ruite stukkend gegooi. Januarie is later in die huis dood en die verdagte is deur die Ceres polisie op die toneel gearresteer.
4 l WITZENBERG HERALD l 8 AUGUST 2025
Gewese nagklubwerker moet geld terugbetaal ‘n GEWESE werknemer van ‘n nagklub op Ceres wat die laaste paar maande ‘n paar keer in die Ceres landdroshof verskyn het op ‘n diefstalklag, het onlangs ‘n skikking met die klaer bereik. Conley Koopman (38) wat voorheen werksaam was by ‘n nagklub op Ceres, het einde Augustus 2024, R21 807 van die onderneming gebruik om te dobbel. Hy het na bewering die geld aan ‘n vrou gegee wat namens hom dit gedobbel het. Al die geld is op een aand gespandeer. Hy moet volgens ‘n skikkingsooreenkoms vanaf 15 Julie R1000 per maand terugbetaal en vir dobbelberading gaan. Die saak is op 2 Julie afgehandel.
‘n KLEIN groepie inwoners het verlede Woensdag aan ‘n protesaksie op Ceres en later op Tulbagh deelgeneem. Die protesaksie hou blykbaar verband met inwoners se jare lange probleme met behuising en kragvoorsiening. * Die munisipaliteit het op Tulbagh meer as R30 miljoen nodig om die huidige kragnetwerk op te gradeer.
VYF Morrisdale primêr landlopers het onlangs goed gevaar tydens die Witzenberg landlope liga. Die atlete het goue medaljes verower. Die landlopers gaan Saterdag 9 Augustus aan die Boland landloopkampioenskappe in die Paarl deelneem.
NA dié protesaksie, het ‘n klein groepie mense Vrydagaand 1 Augustus reg in eie hande geneem en besluit om ‘n oop stuk erf op Tulbagh te beset en strukture en tente op te rig. Volgens ‘n amptelike verklaring van die Witzenberg munisipaliteit, het wetstoepassers inligting ontvang van die besetting. Wetstoepassers het probeer om die groepie mense wat saamgedrom het, vreedsaam uiteen te laat gaan. ‘n Paar inwoners het blykbaar die wetstoepassers met klippe bestook waarna die plaaslike polisie sowel as die polisie se eenheid vir openbare orde (POP) ontbied is. Rubberkoeëls is ook gebruik om die skare te beheer. Volgens ‘n verklaring is die munisipaliteit bewus van behuising- en kraguitdagings wat in die hele Witzenbergstreek bestaan en teen groot koste aangespreek moet word. Inwoners word egter gevra om die amptelike en wettige kanale te volg rakende behuisingkwessies.
Hierdie uitdagende geleentheid het op ons plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld ontstaan. Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.
VRUGTE PRODUKSIEBESTUURDER Vereistes: • ‘n Naskoolse kwalifikasie sal in u guns tel • 5 jaar bewese toepaslike ervaring in ‘n bestuursposisie • Bewese ervaring in die verbouiing van kern- en steenvrugte • Spesialis kennis ten opsigte van oesbeskerming, bemesting en besproeiing • Die ideale kandidaat sal beskik oor analitiese vermoëns, dryfkrag, selfgemotivering, streng dissipline en goeie menseverhoudinge • Hulp met opstel en bestuur van n jaarlikse begroting binne ooreengekome riglyne. Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede wat huisvesting op Rietfontein insluit asook ‘n markverwante mededingende vergoedingspakket. E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Augustus 2025 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik maar ideaal nie later as 1 Oktober 2025 nie Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
LANDLOOPATLETE van Mooi Uitsig primêr het op 30 Julie aan die Witzenberg landlope byeenkoms deelgeneem. VLNR: Jaylin Damon (eerste plek), Leandre Jantjies (derde plek) en Curt-John Smith (tweede plek).
AYYAN Chughtai, ‘n leerder van Laerskool Gericke, is onlangs in die o/12 Rebels krieketspan opgeneem.
WERKTUIGKUNDIGE - Gekwalifiseerd / Ongekwalifiseerd Koue Bokkeveld, Ceres
Die Harmonie Groep, ‘n goed gevestigde groep van ondernemings, beskik tans oor hierdie beroepsgeleentheid op die vrugte- en groenteplaas, Môrester Landgoed.
Ons benodig ‘n eerlike, sober en hardwerkende persoon met die vermoë om onder druk te kan presteer. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: • herstelwerk aan voertuie, trekkers en implemente • sweiswerk • instandhoudingswerk • diens en instandhouding van boorgate, besproeiingspompe, spilpunte • ander verwante take. Vereistes: • minimum Graad 12 • natuurlike aanleg vir meganika • 2 tot 3 jaar toepaslike praktiese werkswinkel ondervinding, asook ondervinding van boorgate, besproeiingspompe en spilpunte • geslaagde vaktoets sal in u guns tel. ‘n Markverwante vergoedingspakket, ooreenkomstig kwalifikasies en ervaring, word aangebied in ruil vir die verlangde vaardighede en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Die kandidaat sal rapporteer aan die werkswinkel bestuurder. Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Augustus 2025 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Rig ’n CV, wat drie kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid per e-pos aan: mannekrag@morester.co.za Ons sal die ontvangs van u aansoek bevestig, maar slegs kortlyskandidate sal weer gekontak word. Ons volg ‘n Gelyke Geleenthede-beleid.
8 AUGUST 2025 l WITZENBERG HERALD l 5
Inbreker se saak uitgestel
SLEGS vier dae nadat ‘n drankwinkel op Ceres van derduisende rande beroof is, het rowers op die PopIn winkel in Vosstraat toegeslaan. Die polisie soek na drie verdagtes. Net die twee se fotos was beskikbaar. Al drie het handskoene gedra tydens die roof.
‘n INBREKER wat Juniemaand vinnig vasgetrek is nadat hy by ‘n huis op Ceres ingebreek het, het Dinsdag weer in die landdroshof verskyn. Die verdagte, Abraham Wildshutte (52), moes Maandag by die hof gewees het maar het vir een of ander rede eers Dinsdag daar opgedaag nadat ‘n lasbrief die vorige dag vir sy inhegtenisname oorgehou is. Wildschutte het weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom verskyn. Klagtes van huisbraak en diefstal kan later bygevoeg word. Die saak is tot 8 September uitgestel. ‘n VRAGMOTOR het op Dinsdag 5 Augustus op die treinspoor in Michellspas omgeslaan. ‘n Stop-en-ry is ingestel om verkeer om die toneel te reguleer. Hier is die herwinningsdienste besig om die vragmotor op te lig en te verwyder. Niemand is beseer nie. Daar het bietjie diesel uitgeloop maar dit is vinnig opgeruim.
Klaasen-saak weer uitgestel - die keer vir DOV-beslissing
BOUWERK vorder fluks by Ceres Junction (ou Mica-perseel in Vosstraat). Bemcorp (Red Caviar Holdings) het verlede jaar die perseel gekoop waar Ceres Mica, Jet, Wellsave en Bella Vista taxistaanplek gehuisves word. Werksaamhede het einde Januarie 2025 afgeskop met die verwagting dat die Ceres Junction sentrum teen November 2025 weer gaan oopmaak. Dit is nie bekend watter nuwe winkels daar gaan oopmaak nie en watter van die bestaande winkels gaan terugkeer nie. * Geen nuwe inligting was beskikbaar van die ander twee sentrums wat beplan word nie.
Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk., Suid Afrika se voorkeur prosesseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres, in die Wes Kaap.
ELEKTROMEGANIKUS
Bestuurder se toestand kritiek na dié ongeluk
Die ideale kandidaat beskik oor kennis van meganiese- en elektriese werk en is ingestel op proaktiewe optrede en probleemoplossing.
DIE bestuurder, Ashwill David Jantjies (51) van Wolseley wat ernstig beseer is nadat die Nissan Tida waarmee hulle op Sondag 20 Julie gery en teen ‘n boom gebots het, is steeds in die intensiewe-sorgeenheid van Tygerberg hospitaal. Die ongeluk het omstreeks 01:15 in Eeufeesstraat, Wolseley plaasgevind. Twee vroue wat saam met hom in die motor was, Liezel Jantjies (46) en Wilhelmina Maria Lewis (61), is op die toneel dood. ONDER: Wilhelmina Lewis se begrafnis het Saterdag 2 Augustus op Wolseley plaasgevind.
Die dienste van ‘n toepaslike gekwalifiseerde ambagsman word verlang. Ondervinding in ‘n voedselprosessering- of produksie-omgewing sal in die guns van aansoekers tel. Die posbekleër sal verantwoordelikheid aanvaar vir die volgende take: • Algemene instandhouding in ‘n voedselprosessering omgewing; • Foutopsporing op alle meganiese- en elektriese toerusting en herstel van geïdentifiseerde probleme; • Foutopsporing op proses beheertoerusting. Die ideale kandidaat moet aan die volgende minimum vereistes voldoen: • Voltooide vakleerlingskap (Rooi Seël kwalifikasie); • Minstens 5 jaar ondervinding. Ons vereis voorts dat die ideale kandidaat ‘n hoë energievlak, verantwoordelikheid en selfstandige optrede sal openbaar. Skofwerk tydens produksie-aktiwiteite is ‘n vereiste. In ruil bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket insluitend voordele eie aan ‘n vooruitstrewende maatskappy. Stuur asseblief u CV per e-pos aan: Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels E-pos: dlintnaar@cfp.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Augustus 2025
DIE bedrogsaak teen ‘n voormalige Witzenberg burgemeester wat reeds vyf keer uitgestel is om ‘n prokureur aan te stel en met die prokureur te konsulteer, is verlede week weer uitgestel - die keer vir ‘n DOV-beslissing. Die saak sloer al meer as drie jaar. Barnito Klaasen (49) moes op 30 Julie in die Malmesbury streekhof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn. Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy na bewering tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het. Klaasen is op 4 Julie 2024 deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer nadat die saak reeds in Maart 2022 by die RiebeekWes polisie aangemeld is. Klaasen se borgtog van R10 000 is verleng en hy moet weer op 5 September in die hof verskyn.
KENNISGEWING 2025/2026 AANSUIWERINGSBEGROTING Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 30 Julie 2025 is die Aansuiweringsbegroting vir 2025/2026 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste www.witzenberg.gov.za D. NASSON: MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835
NOTICE 2025/2026 ADJUSTMENT BUDGET During a council meeting held on 30 July 2025 an Adjustment Budget for 2025/2026 was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website www.witzenberg.gov.za D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
ISAZISO UHLAHLO LWABIWO-MALI LOKULUNGISWA LUKA-2025/2026 Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla wama 30 July 2025. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga, ukuhlomla kuhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo, kwaye luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakumnathazwe kaMasipala www.witzenberg.gov.za D. NASSON: UMLAWULI-MASIPALA uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres,6836
6 l WITZENBERG HERALD l 8 AUGUST 2025
classifieds TUINIER / GARDENER
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Willem Frans 1947/02/10 - 2025/07/31 BEGRAFNISDIENS Saterdag 9 Augustus Huis: 10:00 Suikerbosstr. 725, Bella Vista Kerk: 11:00 Berea Sentrum, Bella Vista Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Select
LAUNDRY Whatsapp of skakel
082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit
Ons is opsoek na die dienste van ‘n bedrewe persoon om verantwoordelikheid te aanvaar vir algemene instandhouding van ons tuin, te Reineckestr. 3, Ceres. Vereistes: • Sober gewoontes • Stiptelik en ordelik • Hardwerkend en selfstandig • Ondervinding en/of bestuurderslisensie sal in jou guns tel Markverwante salarispakket sal in onderhoud bespreek word. Stuur volledige aansoeke (met gesertifiseerde afskrif van ID) voor 17 Aug. 2025 na: reception@zonnehaven.com Diensaanvaarding: 1 September 2025
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Rico 072522-8459 of André 083-5484-851.
EMERGENCY NUMBERS
• Police Flying Squad ....................... 10111 • Ambulance Services ...................... 10177 • Cell Phone Emergency ...................... 112 • Disaster Risk Management Centre (HELP) .............................. 080-911-4357 • Poisons Information Helpline Western Cape. ................. 0861-555-777 • Childline ............................................. 116 • Lifeline ............................. 021) 461-1113 • Wilderness Search and Rescue ........................................ (021) 937-0300
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld
MOTORVOERTUIG BESTUURDER Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
CHIEF MPONDA HERBALIST
All problems solved:
• Love • Financial • Job • Court cases • Evil spirit
and many more Please call 067-891-4114 WhatsApp 073-144-1844
VAN EEDENGEBOUE
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
Minimum vereistes: • Sober gewoontes, netheid, betroubaar en stiptelik • Kan onafhanklik funksioneer en bereid om oortyd te werk • Beskik oor bestuurslisensie en PDP • Polisieklaring sal vereis word • Minimum van 3 jaar ervaring • Matriek (NQF 4) sal voordelig wees Kern verantwoordelikhede: • Aflewering/laai van goedere, personeel en kinders • Hantering van versendings • Inhandiging van aflewering dokumentasie (rekordhouding) • Kommunikasie met bestuur
Lieflike kantoorspasie gereed!
Aansoeke kan per e-pos gestuur word aan: cezanne@koelfontein.co.za Of kom haal aansoekvorms by Koelfontein Landgoed kantoor
(Sluit in: Groot ontvangsarea, 3 x kantore, raadsaal en kopieërkamer)
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Kom trek net in. AND ART FRAMING
Koelfontein Landgoed, ‘n gevestigde landbou-onderneming in Prince Alfred’s Hamlet, is op soek na ‘n motorvoertuig bestuurder om te help met die vervoer van goedere, vrugte, kinders en personeel.
Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
Swyg voor die Here Here! Want die dag van die Here is naby; want die Here het ‘n offer berei, sy gaste geheilig. Sefánja 1:7
STEFAN STEYN 083-227-6476 Ev. Jacobs
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Augustus 2025
Herwinbare sakke. Kry dit gratis i.d week by Togryers museum tussen 08:30 en 16:00.
Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskik-
baar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels. Skakel museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum @gmail.com
ALGEMENE WERKER (VEE-AFDELING)
Ons is op soek na ‘n toegewyde en hardwerkende Algemene Werker om deel te wees van ons span en by die daaglikse bedrywighede van ons vee-afdeling te help. Hierdie persoon sal verantwoordelik wees vir die sorg, welstand en behoorlike bestuur van ons vee, hoofsaaklik beeste en skape. Vaardighede en kwalifikasies: • Fisieke krag (vermoë om 50kg minimum gewig te dra) • Diere hanteringsvaardighede • Buitelug werk (vermoë en bereidwilligheid om buite te werk in verskillende weersomstandighede en plaas take doeltreffend te hanteer) • Selfmotivering (vermoë om selfstandig te werk, take doeltreffend te bestuur en inisiatief te neem in daaglikse bedrywighede) • Sober gewoontes (‘n verantwoordelike individu met betroubare, sober werksgewoontes wat aan veiligheidstandaarde en plaasriglyne voldoen) • Geldige bestuurderslisensie • Opleiding (matriek of gelykwaardige onderrig. ‘n Diploma of sertifikaat in veeboerdery is ‘n voordeel, maar nie ‘n vereiste nie) Kern verantwoordelikhede: • Dieresorg en -welstand (voer, water gee en verskaf algemene sorg aan vee en ander diere op die plaas) • Moniteer en observeer die gesondheid van die diere en identifiseer enige tekens van siekte of beserings. • Administreer entstowwe/medikasie aan diere waar nodig • Help met voortplantingsaktiwiteite, insluitend die bestuur van telingskedules en die hantering van dragtige diere • Sorteer, merk en beweeg diere soos opdrag gegee word • Berei diere voor vir vervoer wanneer nodig en verseker hul veiligheid en gerief • Skou en voorbereiding van beeste vir skou • Plaasonderhoud en infrastruktuur • Plaasbedrywighede • Rekordsbestuur Aansoeke kan per e-pos gestuur word aan: cezanne@koelfontein.co.za Of kom haal aansoekvorms by Koelfontein Landgoed kantoor Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Augustus 2025 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
8 AUGUST 2025 l WITZENBERG HERALD l 7
Wynand Kloppers is nuwe Lions president DANRICH Visagie, oudleerder van Laerskool F.D. Conradie en Boland Landbou, het die naweek weer vir die Pumas op losskakel uitgedraf. * Danrich se trotse pa, Frank Visagie, is ‘n vullisverwyderingsuperintendent by die Witzenberg munisipaliteit.
WYNAND Kloppers van Ceres is op 1 Julie as die nuwe president van Ceres Lionsklub verkies. Tydens die geleentheid is drie nuwe Lionslede, Conrad Weber, Hendrik Weber en Japie Alberts, ingehuldig. By hulle staan Wynand Kloppers en Herman Laubscher (heel regs).
TWEE tennisspelers van Laerskool Gericke, Mienka du Toit en Nina du Toit, het tydens die afgelope skoolvakansie, die Kavaliers tennisspan verteenwoordig waar hulle teen die WP gespeel het.
WHAT TO EXPECT: • Government services • Health Care services • Upskilling opportunities • Local entertainment • Food and drink stalls
ASOOK: • Koresang • Tiktok dansers • Rieldansers • Kiddies Corner • Verskeidenheid vermaaklikheids aktiwiteite.
MORRISDALE primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van sweetpakke. Twintig leerders is by die skool geïdentifiseer om skoolsweetpakke te ontvang. Die sweetpakke is onlangs deur Gerane Damon en Shannon Lombaard van Perdekraal-Oos windplaas oorhandig. Saam met die leerders op die foto staan TammyLeigh Jacobs van Morrisdale primêr.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Ligging / Location
Aansoeker / Applicant
Aard / Nature
Sluitingsdatum / Closure date
Erf 3775 Ceres
Victoriapark Sportsgronde, Phillipstraat, Ceres / Victoria Park sports grounds, Phillip Street, Ceres
Ceres Landbougenootskap (Matilda Hendrikz Homegrown) 078-144-6180
‘n Afwyking vir die gebruik van grond waarvoor geen voorsiening gemaak is in die soneringskema nie: Restaurant met dranklisensie, bakkery op perseel, funksielokaal, vars produktemark, kinders speelgrond, koffiewinkel / A departure to use land for which no provision is made in the zoning scheme: Restaurant with liquor licence, on-site bakery, function venue, fresh produce market, children’s playground, coffee shop
8/09/2025
Huis Maudie Kriel
Basaar 6 September ‘25 om 09:00
Kom kyk die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks by ons
Kerrie & Rys / Basaarpoeding Burger & Chips / Speelgoed & Lekkernye uit Ouma se kombuis Groente & Vrugte / Vleis Pannekoek / Teetuin Vars brood & beskuit Kaartfasiliteit beskikbaar
Moet dit nie misloop nie!
8 l WITZENBERG HERALD l 8 AUGUST 2025
Sport
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Bella Vista verloor net-net, Ceres kry pak
Mars se duif wen WEDVLUGDUIWE is Saterdag 2 Augustus op Strydenburg losgelaat. Camerin Mars van CPS duiweklub was weer kookwater met sy duif wat weer die Ceresvallei Federasie wedvlug wen. ‘n Sterk Noord-Ooste wind van agter, het gesorg dat die duiwe hoë snelhede behaal. Die naweek vlieg die duiwe vanaf Vosburg. Ceres Vallei Federasie Wedvlug Brandvlei 1. Camerin Mars 1772.294 mpm 2. Nathan Jacobs 1771.369 mpm 3. Steven Williams 1733.018 mpm 4. Pat Prins 1729.105 mpm 5. Nathan Jacobs 1702.156 mpm CHPS Wedvlug Brandvlei 1. Team Koopman ARL - 1661.870 mpm 2. Cyril en Ann Davids - 1657.737 mpm 3. Team Koopman ARL - 1580.077 mpm 4. Jason van Rooy 1529.553 mpm BHPS Hopetown Ope 1 1. Emile Arries 1734.928 mpm 2. Nicky Smith 1623.669 mpm 3. Roberto van Wyk 1593.018 mpm 4. ODE lofts 1571.205 mpm 5. C. Vergotine 1551.780 mpm BHPS Hopetown Ope 2 1. Emile Arries 1754.922 mpm 2. Emile Arries 1592.766 mpm 3. Marquine Pieterse 1502.414 mpm 4. Emile Arries 1496.450 mpm
EMMA Nepgen, ‘n graad 12 leerder en hokkiespeler van Charlie Hofmeyr, het Vrydag 1 Augustus ‘n besondere mylpaal bereik toe sy haar 100ste wedstryd as doelwagter gespeel het teen Hoërskool Hermanus. Emma doen van 2022-2025 diens as doelwagter.
Karatekas presteer SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, se karatekas spog hier met hul WP kleure - die studente dra nie net die klere nie, hulle dra ’n nalatenskap van trots en vasberadenheid. VLNR: Izak Krige, Retief Spence, Sensei Wayne Vermeulen, Mia Laubscher en Lukas Krige. * Laerskool F.D. Conradie is trots op die twee broers, Izak en Lukas, wat leerders is by die skool.
New venue: Lyell Street Sportgrounds, Ceres New start and finish point
BELLA Vista het Saterdag onverwags hul rieme styf geloop toe Evergreens hulle naelskraap met 27-26 geklop het. Die spelers het gaan water drink met die telling 19-10. Bella Vista se kans om vir die Top 12 te kwalifiseer is nou daarmee heen. Ruan Manuel en sy makkers het vir lang tye tent opgeslaan in Evergreens se kwartgebied maar kon geen punte aanteken nie en kon ook nie enige munt slaan uit Evergreens se foute nie. Geleenthede om na die pale te skop is verskeie kere nie geneem nie. Na rustyd toon Evergreens baie karakter en teken na die afskop ‘n verdoelde drie en ‘n strafdoel aan. Warren Seroot (plaasvervanger van Bella Vista) toon later sy waarde as veelsydige speler toe hy met ‘n solo-lopie agter die doellyn van Evergreens gaan kuier om die telling 27-26 te maak. Bella Vista loods talle aanvalle maar die verdediging van Evergreens bly rotsvas. ‘n Moontlike drie gaan verlore toe ‘n Bella Vista speler met ‘n oop doellyn wat wink, struikel. Puntemakers Nash-winn Lintnaar druk twee keer met Ruan Manuel en Warren Seroot wat elk een ook ‘n drie druk. Nathan-Otniël van Wyk is in die kol met drie doelskoppe. Ander uitslae Delicious het Villagers Newton met 46-29 geklop, Hillcrest was te sterk vir Hamlet en het met 40-30 gewen, Roses United het met Ceres gemors en met 60-12 gewen en Temperance was net-net baas teen Wolseley en het met 34-31 gewen. Daar was ook aksie in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie. Op-die-Berg klop Môrester 20-12, La Plaisant klop Red Roses 28-26, Tulbagh klop Vastrap met 31-17, Lovedale is net-net baas teen Lindeshof met ‘n 29-28 oorwinning, Paardekloof klop Howbill 33-26 en Young Good Hopes klop Young Westlyans met 21-12. Naweek se wedstryde Die naweek pak Ceres vir Young Blues, Hillcrest en Delicious gaan sake uitspook, Wolseley pak Evergreens Paarl, Hamlet reis na Temperance, Bella speel weg teen Newtons en Roses United pak Villagers.
Ceres Michell’s Pass Half Marathon SATURDAY 25 OCTOBER 2025 All registration............................................. 05:30 Half Marathon ............................................. 07:00 10km Road race ......................................... 07:15 5km Fun run ............................................... 07:20 Prize giving ................................................. 10:30 Enter online: https://www.entryninja.com Closing date for pre-entries: 11 October 2025
RACE NUMBER COLLECTION: Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45
FARM / COMPANY RACE CHALLENGE According to the rules of ASA and BA
Stalls and refreshments will be available at the venue.
SEE YOU IN CERES!
Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com
BELLA Vista het Saterdag onverwags hul rieme styf geloop toe Evergreens hulle naelskraap met 27-26 geklop het. Hier spring Elcado Baadjies (slot van Bella Vista) vir die bal in die lynstaan.