‘n BAKKIEBESTUURDER wat vermoedelik dronk was en ‘n vrou langs die pad raakgery het, se saak is uitgestel.
Thandekile Jimi het weer op Donderdag 17 Julie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van dronkbestuur en bestuur sonder ‘n lisensie. ‘n Vrou is Saterdag 14 Junie omstreeks
18:15 naby Fase 5, buite P.A. Hamlet getref. Volgens ‘n voorlopige polisieverslag het die vrou en ‘n man in Waboomlaan gestap toe Jimi met ‘n Toyota Hilux bakkie haar van agter getref het waar sy langs die pad gestap het. Die beseerde vrou is na Ceres hospitaal geneem waarna sy later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is.
Twee vroue sterf na motor boom en paal tref
TWEE vroue is dood en die bestuurder ernstig beseer nadat die Nissan Tida waarmee hulle gery het, teen ‘n boom gebots het. Die ongeluk het Sondag 20 Julie omstreeks 01:15 in Eeufeesstraat, Wolseley plaasgevind. Die vroue, Liezel Jantjies (46) en Wilhelmina Maria Lewis (61), is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder, Ashwill David Jantjies (51) van Wolseley, is in ‘n ernstige beseerde toestand na Ceres hospitaal geneem vir behandeling voordat hy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is waar hy die week geopereer is. Hy het bors-, rug- en kopbeserings opgedoen.
Haar heup en arm is beseer. Sy is tydelik van ‘n rolstoel afhanklik nadat sy onlangs uit die hospitaal ontslaan is. Jimi is op die toneel gearresteer en aangekla van die bestuur onder die invloed van alkohol en bestuur sonder ‘n geldige bestuurderslisensie. Die saak is tot 30 Oktober uitgestel.
Moord in Nduli
Kêrel dood na stryery met sy meisie
‘n WOORDEWISSELING het die naweek tot die dood van ‘n Nduli-inwoner gelei.
Volgens die Ceres polisie is Sinethemda Mbira (31) dood nadat sy meisie hom na bewering met ‘n mes in die bors gesteek het. Die voorval het Sondag 20 Julie in Chris Hanistraat plaasgevind nadat Mbira en sy meisie, Ongeswa Ligunya (26), in ‘n woordewisseling betrokke was.
Hy het vroeër die dag saam met vriende gaan drink en met sy terugkeer by die huis, het hulle in ‘n argument betrokke geraak. Ongeswa Ligunya het blykbaar ‘n mes gegryp en hom in die bors gesteek. Mbira het daarna uit die informele huis gestrompel en buite inmekaar gesak. Ligunya het toe iemand met privaat vervoer gevra om hulle hospitaal toe te neem. Mbira het kort na 16:00 in die hospitaal gesterf.
Hofverskyning
Ligunya het Maandag vlugtig in die Ceres landdroshof weens die moord verskyn. Sy is op borg van R1500 vrygelaat. Die saak is na 4 September uitgestel.
“DIT is met groot opgewondenheid dat Charlie Hofmeyr vir Jan van der Merwe, as hul nuwe skoolhoof verwelkom. Ons glo dat jou leierskap, toewyding en passie vir onderwys, ’n groot verskil gaan maak in die ontwikkeling van die skool en die leerlinge”. Jan het Dinsdag 22 Julie die leisels by die skool oorgeneem. Hier is hy saam met sy vrou, Petro, afgeneem. Jan was voorheen by die Landbouskool Marlow werksaam.
Oude Kerk Volksmuseum in Tulbagh vier 100ste bestaansjaar
DIE 100ste bestaansjaar van die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh word vanaf 1-3 Augustus gevier.
Die feesnaweek skop Vrydagaand 1 Augustus af met ‘n klassieke konsert in die Oude Kerk. Mezzo sopraan Thandiswa Mpongwana en bas Reuben Mbonambi word vergesel deur die tenoor, Nick van Huyssteen. Hulle word begelei deur Juan Burgers.
Toegang is gratis maar mense moet die museum skakel om ‘n sitplek te bespreek by (023) 230-0148
Die konsert begin om 18:00 vir 18:30.
Saterdag 2 Augustus open die kunsuitstalling getiteld, In die begin, om 11:00 in die Rynse Sendingkerk in Van der Stelstraat.
Die kurator is Theo Kleynhans. Slegs plaaslike kunstenaars is genader om nuwe werk te skep vir hierdie uitstalling. Kom kyk gerus hoe verskillend hierdie kunstenaars die tema interpreteer. Daar is ook ‘n reeks werke van 40x40cm waar elke kunstenaar ‘n fragment van die Oude Kerk aanbied. Hierdie werk sal in ‘n mosaiek hang en teen ‘n goeie prys aangebied word. Die opbrengs van hierdie uitstalling word geskenk aan die museum.
Kom drink ‘n glasie sjerrie en stap saam terwyl Theo Kleynhans, ‘n begeleide toer aanbied van die hele uitstalling.
Verder word daar ook ‘n 12x1.5 meter lange tekening aangebied van Afrika diere, wat deur leerders van die plaaslike Steinthal Kinderhuis gemaak is. Buite op die grasperk rondom die Rynse Sendingkerk word ‘n vlooimark aangebied met eet en bederf, feestelike musiek en kindervermaak.
Om 17:00 vir 17:30 word belangstellendes bederf met ‘n sprokies winteraand langtafel-ete voor die Oude Kerk. Dit sluit in ‘n vyfgang ete, vermaak, geskenkpak en komplimentere wyn in.
Kaartjieprys is R1500 per paar wat bespreek moet word by die museum by (023) 230-0148
Kaartjies verkoop vinnig so spring vinnig om teleurstelling te voorkom. Die spyskaart is ontwerp deur Pieter Malan van Kokkedoor-faam en eienaar van die Chef&Co
restaurant op Tulbagh wat tans die nommer een plek beklee op Trip-advisor. Kom smul aan geregte soos broodtakke met kaiings en spekboom konfyt, waterblommetjies en samp risotto, lam tamatiekos met tamatie espuma, tamatie krummel en tamatie kraal om maar ‘n paar te noem!
Die ete word afgesluit met stowe appelpoeding en hanepoot brittle
Sondag 3 Augustus om 10:00 lei die bekende dr. André Bartlett die kerkdiens in die Oude Kerk in Kerkstraat. Tee en verversings word aangebied in die Rynse Sendingkerk in Van der Stelstraat na afloop van die erediens.
Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh word vanaf 1-3 Augustus gevier.
Start
well, live well
BE selfish. Put yourself first.
That is the message from the Western Cape Department of Health and Wellness to every young person. This is one thing you are allowed to be selfish about: your health.
Putting #UFirst by choosing good food, daily movement, trusted advice, fresh air and practical help gives you the best chance to grow into a strong and confident adult. Each decision you make today shapes the body and mind you will rely on tomorrow.
Exam season can feel like a heavy weight. Revision timetables, late nights and the pres-
sure to succeed can raise stress levels and leave little room for healthy choices. Your wellbeing is the fuel that keeps you alert and calm. A balanced plate steadies your energy. A quick walk, stretch or dance break releases tension and clears the mind. When worry builds, remember that help is close.
Youth Zones are available across the province. These welcoming centres are designed around the needs of young people. Friendly teams listen without judgement and offer nutrition guidance, routine health checks, mental wellness support and sexual and reproductive care. If exams are causing anxiety, a quiet conversation at a Youth Zone can provide coping tools, study balance tips and referrals when more help is needed.
Reliable information matters
Social media often promotes quick fixes. Some trends are harmless fun, but others can put your health at risk. Vaping may look modern, yet many products carry high doses of nicotine and chemicals that injure growing lungs. If you already vape and want to stop, Youth Zone staff can guide you step by step. Choosing fresh air over vapour is a powerful gift to your future self.
Small daily actions add up. A nourishing lunch fuels clearer thinking for the next test. Ten minutes of movement after school strengthens your heart for the long term. A visit to a Youth Zone gives you the facts you need to make confident choices. Start well to live well. Make your move and put #UFirst today.
For more information about Youth Zones and other youth health services, visit your nearest clinic or follow the Western Cape Department of Health and Wellness on social media (Facebook, Instagram, and Tiktok).
DIE 100ste bestaansjaar van die
Jain-moordverhoor uitgestel oor getuie nie regsverteenwoordiging het nie
DIE opspraakwekkende Jain-moordverhoor op Wolseley is Woensdag weer uitgestel oor een van die getuies nog nie ‘n regsverteenwoordiger aangestel het nie.
Die verhoor is reeds vantevore uitgestel weens talle vertragings. Die verhoor moet sal nou op 6 Augustus in die Wolseley streekhof begin - meer as vier jaar nadat Reneé Jain (51) van Kaapstad op 26 Maart 2021 buite Wolseley vermoor is.
Hofverskyning
Die oudpolisieman Maurice Arries (46), het nie Woensdag regsverteenwoordiging gehad nie en wil hy nou aansoek doen om regshulp.
Hy verskyn saam met Freddy Lottering (38), Nolan Visagie (26) en Anthony Schippers (24). Die vier mans staan tereg op aanklagtes wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord,
aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad.
Vroeër is berig dat inbrekers op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Jain ingebreek het.
Sy was die betrokke aand alleen by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is dood nadat sy deur dié verdagtes in die huis oorval, gewurg en vermoor is.
Visagie en Schippers is meer as ‘n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede.
Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte bygevoeg. Lottering dien tans tronkstraf uit in ‘n ander saak.
Arries is uit op borgtog van R10 000 terwyl die ander drie mans in aanhouding bly.
Verdagte (19) in moordsaak wil pleitooreenkoms aangaan
DIE 19-jarige verdagte wat ‘n man van Ou Stasie einde verlede jaar met ‘n mes doodgesteek het, se saak is weer uitgestel.
Die keer om ‘n pleitooreenkoms te finaliseer.
Kirsten Minnaar het vroeër die maand in die Wolseley streekhof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is uitgestel na 6 Augustus.
Agtergrond
Volgens inligting is Marlin Fortuin (33) van die plaas Ou
Stasie op Maandag 18 November in die gesig gesteek, teen sy kop asook twee keer in sy bolyf. Die voorval het omstreeks 14:15 plaasgevind nadat Fortuin en Minnaar in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Dit is nie duidelik wat tot die konfrontasie gelei het nie.
Minnaar is later deur die polisie gearresteer nadat hy van die toneel in Piet Retiefstraat naby die Wolseley stasie, weggehardloop het. Hy het ook ‘n meswond aan sy linkerarm opgedoen.
VAN 1 tot 22 Julie het meer as 120 mm reën op Ceres geval. *By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar in die Warm Bokkeveld (Ceres) 132mm gemeet, by Bo-Swaarmoed en in die Lakenvlei omgewing is 82.3mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 74.9mm en by Bronaar 11.8mm gemeet. By Romansrivier is 86.9mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 108mm gemeet. * Die Ceres Koekedouwdam is nou 91% vol, Tulbagh dorpsdam is 100% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 49%.
FOTO: GYDOPAS - Rezianne Bergman
Vrou van Gouda nog vermis
TULBAGH SAPD vra die gemeenskap se hulp om Katriena Smit (67) te help opspoor. Katriena van Mountainviewsingel op Gouda word sedert Donderdag 17 Julie vermis. Sy was op pad na haar dogter maar het nooit daar aangekom nie. Sy is laas gesien naby die Waterblommetjiedam.Sy was geklee in ‘n blou broek met ‘n pers bloes en het ‘n blou baadjie aangehad. Sy het ook ‘n wit en geel kopdoek opgehad. Indien iemand oor enige inligting beskik kan hulle s/sers. Angelo Jacobs skakel by (023) 2308100.
DIE bestuurder van die minibus taxi het Maandagoggend 21 Julie beheer verloor. Die taxi het tussen die Pine Valley woonbuurt en die treinspoorbrug op sy dak te lande gekom. Die bestuurder was blykbaar alleen in die taxi. Navraag oor die ongeluk is aan Wolseley SAPD gerig maar teen druktyd het hulle nog nie enige inligting aangestuur nie.
DIE bestuurder van dié Nissan bakkie is lig beseer nadat sy Sondag beheer verloor en van die pad gery het. Die ongeluk het omstreeks 16:30 buite Tulbagh plaasgevind.
CERESCERES CERESCERES CERES (023)316-2226
BESTUURDER: TOPS
Vereistes:
•Bestellings en voorraadbeheer
•Goeie kliënte- en kommunikasievaardighede
•Bestuursvaardighede
•Baie goed tweetalig wees
•Goeie entrepeneursvaardighede
•Hoë energievlakke
•Moet onder druk kan werk
•Oog vir “detail”
•Rekenaarvaardigheid met kennis van Sigma sal u aansoek versterk.
Salaris onderhandelbaar
Indien u aan al die bogenoemde vereistes voldoen, stuur asb. u volledige CV (ID ingesluit) per e-pos aan: ceres.superspar2@gmail.com of ceres3@retail.spar.co.za
Vir aandag: Personeelafdeling
Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 Augustus 2025 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u teen 8 Augustus 2025 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
BLOKMAN
Who will report directly to the Butchery manager
The following requirements are needed:
•Previous butchery experience will be advantageous, and especially working with Bandsaw
•Must have knowledge of hygiene and practise food safety regulations in the workplace
•Must be competent in handling orders and stock take
•Excellent people’s skills
•Must be able to handle and work under pressure
•Must be willing to work weekends and shifts
•Must be fully bilingual
•Preferably reside in Ceres/Wolseley
•Must have matric
Salary negotiable.
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres.superspar2@gmail.com
For attention: Human Resources
Closing date for applications: 1 August 2025
Availability: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 8 August 2025 please consider your application unsuccessful.
JANU Groenewald van Laerskool Gericke het tydens die 2024/2025 seisoen se afsluitingsprysuitdeling die volgende prestasies behaal: ‘n eerste plek CHD-klubkampioenskap en ‘n derde plek in die Womza kampioenskap. Hy het ook die trofee ontvang vir 100% deelname vir die seisoen.
GRILLER
Vereistes:
•Moet ‘n passie vir kosmaak hê
HAN-MARI van Eeden (middel) het op Saterdag 19 Julie aan ’n karatekompetisie in Wynberg deelgeneem. Sy het ’n silwer medalje in kumite en ‘n goue medalje in kata verwerf.
CERESCERES CERES (023)316-2226
•Higiëne in die werksplek is van uiterste belang
•Uitstekende werksetiek
•Moet onder druk kan funksioneer
•Goeie menseverhoudinge
•Moet bereid wees om naweke en skofte te werk
•Moet ten volle tweetalig wees
•Vorige ondervinding sal in guns tel
•Verkieslik woonagtig wees in Ceres of Wolseley
•Matriek is ‘n vereiste.
Salaris onderhandelbaar
Indien u aan al die bogenoemde vereistes voldoen, stuur asb. u volledige CV (ID ingesluit) per e-pos aan: ceres.superspar2@gmail.com
Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 Augustus 2025
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u teen 8 Augustus 2025 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
Opwindende loopbaangeleentheid by Ceres Superspar
Opwindende loopbaangeleentheid by Ceres Superspar
Exciting opportunity at Ceres Superspar
TWEE Charlie leerders, Reece Arendse en Jarren Morkel, was deel van die Boland o/ 16C-streekhokkiespan wat in Port Elizabeth aan ‘n toernooi deelgeneem het. Boland het die toernooi gewen.
DIE leerders van Laerskool Gericke het onlangs hul Unisa teorie-uitslae ontvang. Die vier het goed presteer: Claudia Jantjies (94% - graad 1), William Gibson (93% - graad 1), Gysbert du Toit (97% - graad 1) en Anmari du Plessis (93% - voorgraad 1).
DIE drie leerders van Laerskool Gericke het onlangs hul Unisa praktiese uitslae ontvang vir blokfluit en klavier: Anmari du Plessis (sopraanblokfluit graad 1 - 72% eervolle vermelding), Claudia Jantjies (blokfluit graad 1 - 80% onderskeiding) en Klara Zulch (klavier voorgraad 1 - 96%).
CERES het Vrydag 18 Julie Mandeladag met Gemeenskapsboomplanting gevier. Ter viering van Mandeladag het die Khoi San E Stigting (KSEF) hande gevat met plaaslike gemeenskappe in Ceres vir ’n spesiale neutboom-plantprojek by Bella Vista Hoërskool, Deon Adams bewaarskool en Witzenberg APD. Hoewel dit nog ’n klein en jong organisasie is, bou die KSEF stil-stil aan ’n betekenisvolle nalatenskap - gegrond op die tradisionele waardes van die Khoi- en San-volke - deur die bevordering van omgewingsbewustheid, praktiese opvoeding en die belangrikheid van ’n lewe in harmonie met die natuur. Die stigting is deur Erica Adams-Berger gestig, en fokus op plaaslike impak deur hande-vat projekte saam met skole, gemeenskapsorganisasies en ander plaaslike ondersteuners. * Op Ceres het meer as 140 leerders, opvoeders, maatskaplike werkers en gemeenskapslede deelgeneem aan die plant van amandel- en pekanneutbome. Die stigting bedank Habitat Mature Trees Nursery vir die ondersteuning van die projek met ‘n boomafslag op die bome asook aan almal wat aan die dag deelgeneem het.
THE 6.7Kms4Madiba which was initiated by 2feet4tb in collaboration with the local department of social development and various other role players in Ceres became a reality on Friday 18 July when over 200 members of the community gathered in Bella Vista, joined by mayor Trevor Abrahams and wife, Maggie, to participate in the 6.7km Mass walk, creating TB awareness, challenging themselves in honour of Madiba and also donating blankets. It was a meaningful morning, filled with heartfelt moments and shared joy. This iconic event offered more than just a walk - it was a celebration of community spirit. Following Madiba’s legacy of 67 years of fighting for equality, we reflect on Mandela Day. ’It’s in your hands to uplift your community and that you have the power to make a positive impact. We would like to extend our heartfelt thanks to the organisers, planners, volunteers, performers, speakers, support teams and every helping hand behind the scenes making this day a success”.
COMMUNITY PARTY
(W.C.P.) NUWE HOOP! NUWE STEM! WITZENBERG
Die WCP is hier!
Sluit aan by die: Witzenberg Community Party (W.C.P.)
‘n vars stem vir gemeenskapsontwikkeling, dienslewering en werklike verandering. Saam bou ons ën toekoms wat werk.
Skakel ons vandag nog en word deel van die beweging:
Richard Simpson...............................063-007-3325
AANDAG: Alle Oudleerders van Fred Gaum. Die dr. Wesley en Dulcie Baartzes Stigting nooi oudleerders van Fred Gaum uit na ‘n spesiale geleentheid op Saterdag 2 Augustus 2025 om 10:00. Tydens die gedenklesing sal ‘n elektroniese afskrif van dr. Baartzes se doktorale proefskrif aan die Ceres Togryers museum en die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh, oorhandig word. Die tema van dr. Baartzes se doktorale tesis: ’n Kritiese studie ten opsigte van die status van die plattelandse onderwyser in Ceres / Tulbagh omgewing. Bespreek vroegtydig by (023) 312-20245 om teleurstelling te voorkom. Plek is beperk.
Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww eraferaf af op op op op op spesialespesiale vv verer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld
Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in ROOI @ R190 of VOLKLEUR @ R230
SkakelErnest (023)316-1117
Elton John Plaatjies
1978/10/11 - 2025/07/18
ROUDIENS: Do. 24 Jul.
Saal 19:00 Gemeenskapsaal, P.A. Hamlet
BEGRAFNIS: So. 27 Jul.
Huis: 09:00 Mentoor Maart-
straat 9, P.A. Hamlet
Saal: 10:00 Plaas Lushof, P.A. Hamlet
Graf: P.A. Hamlet
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
1950/10/02 - 2025/07/15
ROUDIENS: Do. 24 Jul.
Kerk: 19:00 V.G.K, Bella Vista
BEGRAFNIS: Sat. 26 Jul. Huis : 09:00 Johannes du Plessis 6, Bella Vista Kerk: 10:00 V.G.K, Bella Vista Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
ontvangsarea, 3 x kantore, raadsaal en kopieërkamer)
Kom trek net in. Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
MEMBERS of the public are invited to nominate candidates who could serve on the governing bodies of affiliated museums for a 3-year term, 1 November 2025 to 31 October 2028, in terms of sections 3(1), 15(1) and 34 of the Western Cape Museums Ordinance Amendment Act 2 of 2021 (The Ordinance). Members of the public who wish to nominate suitable individuals to serve on the government body of the Togryers museum, must complete the prescribed online nomination form. Closing date for nominations: 17 July 2025. For more information contact the museum manager at 076689-2885.
CERES
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer
Skakel (023) 316-2021
060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@ gmail.com
DIE Togryers museum vra die gemeenskap om te help met skenkings van bone, vleis ekstrakblokkies en soppoeier vir hul jaarlikse Winter-projek. Produkte kan afgegee word by die museum. Indien jy kontant wil gee, kan dit by museum in Oranjestraat afgegee word waarmee hulle die nodige produkte sal aankoop.
CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-5228459 of André by 083-5484-851 vir meer inligting.
WTW
‘n ONDERWYSER en netbalskeidsregter van Laerskool Gericke, Maria-Lize Visser, het tydens die Junie skoolvakansie as skeidsregter by die Telkom nasionale kampioenskappe in Kaapstad opgetree. Sy het na afloop van dié toernooi haar NSA B-gradering verwerf. Maria-Lize het ook as skeidsregter by die Wes-Kaap interdistrikte netbaltoernooi op Riversdal opgetree waar sy opkomende skeidsregters gementor en gradeer het. Sy self het as skeidsregter in die o/17-finaal opgetree.
TWEE netbalspelers van Laerskool Gericke, Mienka du Toit (o/12) en Anni Jordaan (o/11), het aan die interdistrikte netbaltoernooi deelgeneem waar hulle spanne ‘n brons medalje verower het.
Bergman wen kompetisie op Ceres
MICHAEL Bergman
het Saterdag 19 Julie die individuele stableford kompetisie op Ceres gholfbaan gewen. Bergman het 40 punte aangeteken.
Carel Matthee was in die tweede plek met 38 punte gevolg deur Herman van der Walt met 37 punte. Mark Pnematicatos en Peter Versfeld was onderskeidelik vierde en vyfde, beide met 36 punte.
Saterdag-kompetisies
Op Saterdag 26
Julie word ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied.
Spelers moet ook kennis neem dat tot en met begin Septembermaand, daar geen Sundownerkompetisies aangebied sal word nie.
SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het onlangs uitgeblink by die Wynberg karatetoernooi. Retief Spence (links) het beïndruk met ‘n eerste plek in kumite, tweede plek in lang wapen en ‘n derde plek in die kort wapen kategorie. Hy was ook vyfde in kata wat hom ‘n algehele tweede onder die top 10 deelnemers besorg het. Roman Hough (regs) het ‘n vyfde plek in kumite en ‘n sesde plek in kata behaal.
Application for Environmental Authorization for the proposed Application for Environmental Authorization for the proposed removal of indigenous vegetation for 5 new fruit orchards on Portion 3 of Farm 357 (Ceres), Portion 1 & the Remainder of Uitkomst No. 343 (Ceres), plus the proposed construction of two small off-stream water storage dams on Laastedrift No. 345 (Ceres) and Portion 4 of Farm 357 (Ceres). DEA&DP reference number: 16/3/3/6/7/2/B5/2/1276/25
30 day Period of Public Participation: 28 July 2025 - 28 August 2025
Laastedrif Agri (Pty) Ltd, is proposing to expand the farming operations across adjacent properties located in the Bo-Swaarmoed area, within the rural Ceres region. The development includes the following components: fruit orchards, 2 small off-stream buffer dams, 2 main feed pipelines and one access road.
In terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act 107 of 1998) and the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 as amended, the following listed activities are being applied for: Activity 15 of Listing Notice 2 (Government Notice No. R. 325 of 07 April 2017) and Activity 12 of Listing Notice 3 (Government Notice No. R. 324 of 07 April 2017). As a result of the listed activities triggered, the proposed project is subject to an Environmental Impact Assessment Process for which Environmental Authorization is needed from the Department of Environmental Affairs & Development Planning before commencing with the project.
The Pre-Application Draft Scoping Report will be available for comment from 28 July 2025 to 28 August 2025
A copy of the report can be provided to you upon request. Should you wish to be registered as an Interested and Affected Party (I&AP), please contact the Environmental Assessment Practitioner (EAP) using the details below.
If you intend to raise any issues/concerns you are welcome to submit such comments / concerns to the EAP. All comments / concerns must reach the office of the EAP on or before 28 August 2025 at one of the following methods: P.O. Box 1593, Upington, 8800; Tel / WhatsApp: 082-679-6780; Fax: 0872-34-34-34 or e-mail: susandekock@oranjenet.net
Please note that HDL Consulting was appointed to administer the required Water Use Licence in terms of the National Water Act, 1998 (Act 36 of 1998).
NOTIFICATION OF AN ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS (DEA&DP Reference Number:16/3/3/6/7/1/B5/8/1175/25)
THE PROPOSED CONSTRUCTION OF A NEW BRIDGE AT 5.85KM AND THE UPGRADE/ REPAIR OF A RIVER CAUSEWAY AT 7.20KM, SITUATED ALONG OP8062, OP-DIE-BERG, CERES, WESTERN CAPE.
Project Description: Guillaume Nel Environmental Consultants (GNEC) has been appointed by the Western Cape Government: Department of Infrastructure to facilitate the Environmental Impact Assessment (EIA) process in terms of the National Environmental Management Act (NEMA), 1998 (Act No. 107 of 1998) EIA Regulations (2014, as amended) for the proposed construction of a new bridge structure situated at 5.85km and the upgrade/ repair of a river causeway structure situated at 7.20km, both structures are situated along “Ondergeskikte Pad” (OP) 8062. New wingwalls, gabion scour protection and erosion protection for the embankment slopes will be constructed as part of the proposed development at both structures. A Maintenance Management Plan (MMP) has also been compiled to allow the applicant to carry out maintenance activities during the operational phase.
A Basic Assessment application process will be followed with the following listed activities being triggered: Listing Notice 1 (GN No. R. 983, as amended) Activities 19 and 31; Listing Notice 3 (GN No. R. 985, as amended) Activities 12, 14 and 23. An application for a Water Use License in terms of Section 21 (c) and (i) of the National Water Act, 1998 (Act No. 36 of 1998) is also being applied for. It should be noted that a Heritage Impact Assessment has also been conducted and an application in terms of the National Heritage Resources Act (NHRA) (Act No. 25 of 1999) will be followed.
Locality: Structures are situated at 5.85km and 7.20km along OP8062, Op-Die-Berg, Ceres, Western Cape.
Invitation for Public Participation Registration and Comment (29th of July 2025 until the 2nd of September 2025). To register as an Interested and Affected Party and to be notified of any developments in the proposed application, please contact: Guillaume Nel Environmental Consultants, attention: Miss Hetlie Liebenberg, P.O. Box 2632, Paarl, 7620, Tel: (021) 870 1874, Fax: (021) 870 1873, e-mail: hl@gnec.co.za
Please make use of the GNEC Reference No. 21121 in all correspondence. A copy of the First Draft Basic Assessment Report will be available on GNEC’s website (www.gnec.co.za) from the 29th of July 2025.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Calvinia losgelaat. Steven Williams het weer ‘n uitstekende wedvlug beleef en kon sy duiwe die Unie sowel as die Federasie wedvlugte wen. Die naweek vlieg die duiwe vanaf Brandvlei.
Ceres Vallei Federasie
Wedvlug Calvinia
1. S.R. Williams -1285. 650 mpm
2. ODE lofts -1237.771 mpm
3. Cameron Lofts -1235.650 mpm
4. Cyril en Ann Davids -1227.038 mpm
5. Van Wyk en Meyer -1225.434 mpm CHPS
Wedvlug Calvinia
1. Cyril en Ann Davids -1227.038 mpm
2. Baron lofts -1198.820 mpm
3. Hendriks familie -1174.386 mpm
4. Hendriks familie -1128.808 mpm
5. Baron lofts -1120.730 mpm
BHPS
Jaaroud - Britstown
1. Emile Arries -1512.402 mpm
2. Emile Arries -1483.488 mpm
3. Emile Arries -1482.663 mpm
4. ODE Lofts -1412.101 mpm
5. ODE Lofts -1410.878 mpm
BHPS
Ope - Britstown
1. Marquine Pieterse -1553.267 mpm
2. Marquine Pieterse-1552.774 mpm
3. Marquine Pieterse-1551.052 mpm
4. ODE Lofts -1497.698 mpm
5. Roberto van Wyk -1444.404 mpm Hamlet duiweklub Britstown Ope
1. Jurie Ruiters -1525.418 mpm
2. Kitshoff hokke -1423.412 mpm
3. N.J. Kitshoff jr. -1386.491 mpm
4. Kitshoff hokke -1338.497 mpm
5. N.J. Kitshoff jr. -1268.438 mpm Hamlet duiweklub vlieg vanjaar net in die Ope-afdeling.
Sport Witzenberg Herald
Ceres wen rillerstryd teen Bella Vista
CERES het Saterdag hul Top 12 drome lewendig gehou met ‘n 30-27 sege oor Bella Vista.
Dit was ‘n riller derbystryd wat in die laaste minute beslis is. Albei spanne het in die eerste helfte punte aangeteken en ‘n paar belowende bewegings het aan albei kante skipbreuk gelei.
Ceres se verdediging verdien vermelding.
Bella Vista se agttal het in die eerste helfte die botoon gevoer en manne soos Lurencò Jumath, Robin Adams en Jemiehl Muller moet genoem word wat Ceres voorlangs aangevat het.
Bella Vista was rustyd 15-13 voor. Na rustyd word onverklaarbare verander-
CERES rugbyklub het Saterdag op hul tuisveld vir Bella Vista in ‘n harde wedstryd geklop. Ceres het met 30-27 gewen. Hier duik Enzio Lintnaar oor vir Ceres se wendrie.
FOTO: Trevor Felix
inge aan Bella Vista se agttal gemaak met ses voorspelers wat vervang word. Dit blaas nuwe vuur in ‘n begeesterde Ceres-span.
Ceres speel met meer ondernemingsgees en loods talle aanvalle. Alhoewel Bella Vista twee drieë druk, speel Ceres met groot geesdrif en beproef Bella Vista se verdediging tot die uiterste.
Puntemakers
Vir Bella Vista druk Therry Grootboom, Jemiehl Muller, Nash-winn Lintnaar en Patwin van der Merwe elkeen ‘n drie. Corne du Plessis verdoel twee drieë en teken ook ‘n strafdoel aan.
Vir Ceres het die jongeling Curnel Krotz gewys hy is reg vir groter dinge. Arno van Wyk, Enzio Lintnaar en Aldo Sauls gaan druk elkeen ‘n drie vir die tuisspan. Curnel Krotz slaag drie doelskoppe en een strafskop terwyl Werner Rhode en Curtley Krotz elkeen ‘n strafskop oorskop.
Ander uitslae
Delicious behaal ‘n goeie oorwinning oor Temparance en wen 36-13, Newtons klop Hamlet 39-23 en Wolseley verloor 20-52 teen Hillcrest. Roses United klop Young Blues maklik met 46-26 en Evergreens Paarl klop Villagers Newton met 31-29.
Daar was ook aksie in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie.
Howbill klop Morester 32-22, Lovedale klop Op-die-Berg 34-23, Lindeshof klop Vastrap 32-29, Young Westlyans is te sterk vir Red Roses en wen 35-20, Young Good Hopes klop Paardekloof 25-17 en Tulbagh mors met La Plaissant en wen 61-23.
Naweek se wedstryde
Die naweek pak Ceres vir Newtons van Wellington in ‘n wegwedstryd, Wolseley en Delicious spook sake uit, Villagers Newton en Young Blues speel teen mekaar en Hamlet speel tuis teen Evergreens Paarl. Roses United speel teen Temperance tewyl Bella Vista en Hillcrest loslooitjies het.
LEEHEIN van Huffel (18), dogter van Hans-Werner en Lynn van Huffel en oudinwoners van Ceres, is in die Springbok raakrugbyspan opgeneem wat later die maand na Ierland toer. Leehein is ook die kaptein van DF Malan se o/18 A meisiespan. Sy het twee jaar gelede begin rugby speel. Die pette-funksie vind Saterdag 26 Julie in Johannesburg plaas voor die span op 27 Julie na Ierland vertrek. * Die Van Huffel familie vra die gemeenskap se hulp om te help om die toerkoste van R62 500 te dek. Enige bydrae sal waardeer en verwelkom word. Bankbesonderhede: L. van Huffel, Capitec spaarrekening 286-4389-078.