Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.27 (Online Weergawe)

Page 1


4-Da4-Da

(023)

TUSSEN 1-16 Julie vanjaar het daar heelwat minder reën geval as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die Witzenbergstreek is daar in die Warm Bokkeveld (Ceres) 113.8mm reën gemeet, by Bo-Swaarmoed en in die Lakenvlei omgewing is 72mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 68.9mm en by Bronaar 11.8mm gemeet. By Romansrivier is 75.8mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 100.8mm gemeet. Van 1-16 Julie 2024 is 350.6 in die Warm Bokkeveld gemeet en by Lakenvlei meer as 237mm. Juniemaand is meer reën gemeet as in die oorstemmende tyd verlede jaar. * Die Ceres Koekedouwdam is nou 87% vol, Tulbagh dorpsdam is 100% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 52%.

Martin Behm

082-734-4549

martin.behm@sfpwealth.co.za

Motorongeluk in 2024

Aanklaer moet besluit oor vervolging

WEKE na ‘n gru-ongeluk die lewe van ‘n jong Ceres inwoner in Februarie 2024 geëis het, was daar talle onbeantwoorde vrae. Nou 17 maande na die noodlottige ongeluk, is die polisiedossier na die staatsaanklaer gestuur vir ‘n beslissing in die ongeluk waarin Lindzay Petersen (23) van Bella Vista gesterf en Arushaan Seroot (27) van Bella Vista ernstig beseer is.

Agtergrond Twee motors, ‘n donkergroen VW Golf en ‘n wit Ford ST met ‘n CFA registrasienommer, was Sondag 18 Februarie 2024 omstreeks 01:40 in ‘n noodlottige botsing betrokke naby die lekkergoedfabriek tussen Montana se ingang en die treinspoor.

In die polisie se oorspronklike botsingsverslag, was Petersen, aan wie die VW TenaCiti Golf behoort het, een van drie pas-

sasiers in die VW Golf. Volgens die inskrywing in die botsingsverslag het Seroot, die motor bestuur en het hy ernstig beserings opgedoen. Hy was in die wrak vasgekeer en na die ongeluk is hy in die intensiewesorgeenheid van die Tygerberg hospitaal behandel. Beskikbare CCTV beeldmateriaal is ondermeer bymekaar gemaak om meer lig op die ongeluk te werp. Van die vrae wat beantwoord moes word is wie die voertuig bestuur het nadat mense na die ongeluk beweer het dat die oorledene die motor bestuur het.

Die bestuurder van die Ford ST, Cameron Julies (31) en drie insittendes, Tyrone Martinus, Clint Jacobs en Avril Green, almal van Wolseley, het ligte beserings opgedoen.

Saak na streekhof oorgeplaas

TWEE mans wat agt maande gelede petrol oor ‘n 17-jarige kind van Kweperfonteinplaas uitgegooi het, se saak is na die Ceres streekhof oorgeplaas.

Die kind het einde verlede jaar brandwonde opgedoen nadat twee mans, Chriszain Malan

Volwaardige makelaarshuis met al jou finansiële produkte onder een dak

•Beleggings

•Lewensversekering en byvoordele

•Korttermynversekering

•Mediese fondse

•Gap cover

•Testamente

•Boedelbeplanning

•Onafhanklike advies

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons bly daartoe verbind om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Indien u enige navrae het, skakel ons gerus - ons help graag.

(22) en Jedi Sias (21), petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het. Die gruvoorval het Sondagaand 24 November 2024 omstreeks 21:00 op die plaas Eselfontein plaasgevind. Malan en Sias bly in aanhouding. Die saak is na 16 Oktober uitgestel.

Daniel Behm

082-364-3317

daniel.behm@sfpwealth.co.za

‘n SPESIALE boomplantdag is Donderdag 10 Julie op Ceres gehou ter nagedagtenis van Deon Adams, oorlede stigter van Witzenberg APD. Die inisiatief is moontlik gemaak deur die Khoi San E Stigting (KSEF) wat boompies geskenk het om Adams se nalatenskap te eer. Verskeie lede van die gemeenskap, kliënte, personeel en vrywilligers, het die geleentheid bygewoon. “Deon Adams het ‘n onuitwisbare indruk op ons gemeenskap gemaak en ons is dankbaar dat ons hom op hierdie wyse kan onthou,” het die voorsitter van Witzenberg APD gesê. * Die Amandel- en Pekanneutbome, met die ondersteuning van Habitat Mature Trees Nursery, is gekies om by die streek se klimaat aan te pas.

Kalos Farming het ‘n geleentheid vir ‘n Vrugte Produksiebestuurder in Riebeek-Kasteel. Dié persoon sal rapporteer aan die Produksiehoof: Vrugte.

VRUGTE PRODUKSIEBESTUURDER

Verantwoordelikhede:

•Alle produksie-aktiwiteite, insluitend aanplanting, besproeiing, kompos, gewasbeskerming en oes

•Bestuur van eenheidpersoneel

•Toepaslike administrasie

Vereistes:

•4 Jaar ervaring as produksie- of eenheidsbestuurder van vrugte

•Graad 12

•Tersiêre kwalifikasie in landbou sal voordelig wees

•Rekenaarvaardig

Eienskappe:

•Sterk bestuursvaardighede

•Selfgedrewe en proaktief

•Goeie kommunikasievaardighede en georganiseerd

•Moet goed in ‘n span kan saamwerk

Pakket en voordele sal met kandidate onderhandel word.

Belangstellendes kan hulle CV stuur vir oorweging aan: lindie@kalos.co.za

Meld asb. jou verwagte salaris in die aansoek.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 21 Julie 2025

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Accessing your local clinic safely during winter

AS temperatures drop, the Western Cape Department of Health and Wellness urges residents to prioritise their health and safety during the colder months. The Department has implemented several measures across its healthcare facilities to ensure continued access to quality care while minimising risks associated with cold weather.

Appointment systems to reduce waiting time and exposure

To promote efficiency and reduce exposure to cold, wet weather, clinics across the province continue to use appointment systems throughout the year. These systems allow patients to arrive only 30 minutes to one hour before their scheduled time, significantly cutting down on waiting times and crowding. To improve your patient experience, we urge our community members to make use of the appointment booking system to reduce delays and streamline their visits. If you are unable to attend, contact your clinic to reschedule your appointment.

Prioritising Vulnerable Groups

The Department remains committed to caring for vulnerable groups, including the elderly and young children. These patients are prioritised to protect them from the harsher effects of cold weather, and the public’s patience and cooperation in this regard is appreciated.

Promoting

Safety at Clinics

For security and visibility reasons, you are advised to visit your clinic during daylight hours and to arrive no more than an hour before your scheduled appointment. This precaution helps avoid safety risks associated with dark or early morning queues while waiting for the clinic to open. Being aware of the opening hours of the clinic will help in ensuring that you are safe and avoid queuing early hours in the morning and jeopardising your safety.

Accessing Emergency Care

Emergency care remains available at all local clinics for minor ailments. A triage system ensures patients are assessed based on urgency, ranging from red (most urgent and life-threatening) to green (less urgent and stable), so that those in critical need receive immediate care and can be transferred to the next level of care if needed based on the healthcare professional’s assessment.

Remember that our emergency service centres located in our district, regional and 24-hour primary health care centres operate in accordance with the South African triage system. Under this system, individuals categorised as red, with life-threatening illnesses or injuries, receive treatment first, before those classified as green and stable. If you have minor ailments, please consider accessing services at your day clinic.

Winter Wellness Tips

To stay healthy this winter, the Department offers the following advice:

• Get vaccinated: Flu vaccinations are available at your local clinic. We encourage you to get your flu jab, especially if you have chronic illnesses or any other underlying illnesses that could affect your health.

• Maintain good hygiene: Wash hands regularly and keep surfaces clean.

• Stay active: Engage in regular physical activity, even indoors. Join a wellness group if possible.

• Eat well and stay hydrated: Consume a balanced, nutrient-rich diet and drink at least eight glasses of water daily.

DIE Witzenberg munisipaliteit in samewerking met die burgemeesterskantoor, het onlangs hul eerste oorhandigingsfunksie aangebied waartydens nie-bederfbare sopkombuis-produkte aan liefdadigheids organisasies en nie-winsgewende organisasies oorhandig. Die program se doel is om sopkombuise in die streek te ondersteun.

• Get enough rest: Aim for eight hours of quality sleep per night and manage stress by speaking to a loved one or health professional.

Take prescribed medication: Continue taking your medication as directed and consult your healthcare provider if you have any questions.

Patients are encouraged to share their healthcare experiences, good or bad. Feedback can be submitted through our official complaints system using our suggestion boxes at facilities, by speaking directly with facility managers for immediate feedback.

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Certificate of Registered Title No. T80691/ 1994

Registered in favour of:

PRINCE ALFRED’S HAMLET MUNICIPALITY (now WITZENBERG MUNICIPALITY) in respect of certain: Erf 769, (portion of Erf 1) Prince Alfred’s Hamlet, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Province of the Western Cape which consist of inter alia of Erf 870, Prince Alfred’s Hamlet, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Cape Town, Floor 4, Information Desk, 2 Riebeeck Street, Foreshore, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.

DATED at TULBAGH on 8 JULY 2025

APPLICANT: WITZENBERG MUNICIPALITY

c/o Bezuidenhout Incorporated

45 Church Street, Tulbagh, 6820

E-mail address: johan@johanb.co.za

Contact number: (023) 022-0001

2 x POSTE BESKIKBAAR WHEEL ALIGNMENT TEGNIKUS EN TYRE FITTER/STRIPPER CERES

•Kwalifikasie sal u aansoek versterk

•Moet goeie ondervinding hê

•Verwysings van vorige werkgewers

•Algemene meganiese kennis sal u aansoek versterk

•Sober gewoontes

•Kode 10 lisensie vereiste

Rig aansoeke met kontakbare ver wysings en vorige werksonder vinding aan: maritza@tyrecity.co.za of gee af by CT Tyre King, Ceres

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CT TYRE KING

Vosstraat 25, Ceres, ☎ ☎ ☎ (023) 316-1737

DRIE minder ernstige ongelukke het die naweek plaasgevind maar geen een van die ongelukke is by die polisie aangemeld nie. Een ongeluk het naby die Ceres polisiestasie plaasgevind en die ander een in Theronsberg. Vrydagaand het ‘n straatsmous na bewering oor 'n stopstraat gery en dié Mazda (foto bo) getref wat onderweg was na die Koue Bokkeveld. Die ongeluk het omstreeks 20:00 naby Fase 5 buite P.A. Hamlet plaasgevind. * Dit is kommerwekkend dat meer en meer ongelukke nie by die polisie aangemeld word nie. Van die redes hiervoor is: bestuurders bestuur onder die invloed van alkohol en het nie lisensies of versekering nie. Baie van die motors is ook onpadwaardig. Ceres het een van die hoogste bestuur onder die invloed van drank sake in die land.

Moordsaak word uitgestel

‘n JONGMAN wat in Maart vanjaar vermoor is, se vermeende moordenaar verskyn weer Septembermaand in die Ceres landdroshof.

Gerrit Mars (24) het op Saterdag 15 Maart aan kopbeserings gesterf na ‘n aanrandingsvoorval op die plaas Bergvliet buite Ceres. Die voorval het omstreeks 05:10 na ‘n stryery plaasgevind. Mars is na bewering met ‘n klip teen die kop gegooi. Cheslin Slingers (20) is beseer en na behandeling uit Ceres hospitaal ontslaan.

Hofverskyning

Stiaan Lietjies (22) van Klein Pruise is na die voorval gearresteer en het al ‘n paar keer in Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 3 September uitgestel.

Lietjies bly in aanhouding.

Broers bly in aanhouding

DRIE broers van Bella Vista wat in Maart op ‘n moordklag in hegtenis geneem is, bly in aanhouding.

Die broers word aangekla van die aanranding en moord van Morné van Rooyen (31) van Bella Vista. Van Rooyen is dood nadat hy weens kopbeserings en ‘n meswond gesterf het. Volgens die polisie was daar op Saterdag 8 Maart omstreeks 22:00 blykbaar ‘n bakleiery in Astersingel. Die polisie is na die toneel ontbied waarna drie broers, Andrew Stoffels (30), Justin Stoffels (33) en Ruben Stoffels (22), gearresteer is. ‘n Erg beseerde Van Rooyen is na die aanranding na Ceres hospitaal geneem waar hy ‘n paar dae later op 10 Maart aan sy beserings beswyk het.

Die saak is tot 7 Augustus uitgestel.

Ma wat kind met kookwater gooi, se saak voorlopig van hofrol gehaal

DIE ma wat aangekla word dat sy haar volwasse kind met kookwater gegooi het, se saak is verlede week van die hofrol gehaal.

Die rede vir die besluit is onleesbaar op die hofdokumente. Die tydelike verwydering van die hofrol hou moontlik verband met die vordering van die ondersoek teen haar. Vroeër is berig dat Ceres polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe

(GKS) se ondersoek na dié poging tot moord klag, al ‘n tyd gelede afgehandel is.

Die ondersoek het gevolg na ‘n argument tussen Sharon Matthysse (41) van die plaas Elrio en haar dogter, Amelia Matthysse (24).

Die voorval het Saterdag 4 Mei 2024 omstreeks 12:30 tydens ‘n argument plaasgevind.

Matthysse se borgtog van R500 is verleng.

Lionsklub het onlangs vir Sandri Prins as hul nuwe klubpresident gekies tydens ’n spesiale inhuldigingsdinee wat in Juniemaand plaasgevind het. VLNR: Sandri Prins, Hannes Viljoen, Ria Cronjé, Elzanne Botha, Cobus Botha, Hanneli van Eeden en Erasmus Fourie.

Tulbagh Lionsklub kies

nuwe president

TULBAGH Lionsklub het onlangs vir Sandri Prins as hul nuwe klubpresident gekies tydens ’n spesiale inhuldigingsdinee wat in Juniemaand plaasgevind het. Die inhuldigingsgeleentheid is gelei deur streeksvoorsitter Jacques Calitz en het plaasgevind in ’n gees van trots, waardering en hernude toewyding aan gemeenskapsdiens.

Sandri is bekend vir haar aktiewe betrokkenheid by projekte en haar steun aan strategiese bestuur.

Haar onbaatsugtige diens is met erkenning beloon toe sy tydens die geleentheid ook die gesogte Lion van die Jaar toekenning ontvang het. Die eerbewys is aan haar oorhandig deur haar voorganger, Ria Cronjé, wat vir 27 maande self ’n dinamiese rol vervul het as klubpresident en sonevoorsitter.

“Diens aan die gemeenskap is vir my nie net ’n plig nie, maar ’n roeping. Ek sien uit daarna om saam met my span sinvolle verandering te help bring,” het Prins tydens haar intreerede gesê.

Die nuwe bestuurslede wat saam met Sandri sal dien sluit in: Elzanne Botha (klubsekretaresse en bemarkingsvoorsitter), Hannes Viljoen (tesourier), Ria Cronjé (lidmaatskapvoorsitter), Cobus Botha (eerste vise-president en rampbestuurkoördineerder), Hanneli van Eeden (tweede vise-president) en Erasmus Fourie (derde vise-president).

Tydens die geleentheid is spesiale hulde gebring

aan Ria Cronjé vir haar uitsonderlike leierskap. Onder haar leiding het die klub nie net in ledetal gegroei nie maar ook in sigbaarheid en projekimpak. As erkenning vir haar uitstaande diens is sy bekroon met die Louis Volks Humanitêre Dienste-toekenning - een van Lions Suid-Afrika se hoogste eerbewyse.

Benewens die verkiesing van die nuwe bestuur is verskeie lede vereer met toekennings wat wissel van 100% bywoningswapens tot erkenning vir uitstaande bydraes aan klubaktiwiteite.

Die Tulbagh Lionsklub, wat deel vorm van Lions Distrik 410W, is aktief betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte wat fokus op Lions Internasionaal se agt wêreldwye dienspilare, naamlik hongerverligting, diabetesbewustheid, ondersteuning aan kinders met kanker, omgewingsbewaring, jeugontwikkeling, rampverligting, humanitêre ondersteuning, blindheid en visieverwante gesondheid.

Die klub is veral bekend vir projekte soos gratis diabetestoetse, samewerking met Badisa Tulbagh vir voedingsinisiatiewe, ondersteuning aan die koshuiskinders van Steinthal Vaardigheidskool, die jaarlikse Woefie Wandel vir diereredding, betrokkenheid by CHOC ten bate van kinderkankerlyers en verskeie plaaslike fondsinsamelingsgeleenthede ten bate van die gemeenskap. Die klub beoog om voort te bou op ’n ryk nalatenskap van diens en om ’n blywende impak in die Tulbagh-gemeenskap te maak - een daad van goedhartigheid op ’n slag.

TULBAGH

Charlies presteer

‘n GROOT aantal Charlie leerders het tydens die skoolvakansie streek- of provinsiale sportspanne verteenwoordig.

Twee rugbyspelers van Charlie Hofmeyr, Gerhard Goosen en Joshua Swarts, is opgeneem in die o/18-Cravenweekspan. Die toernooi het van 7-12 Julie plaasgevind in Middelburg, Mpumalanga.

Nog drie leerders van Charlie Hofmeyr, Randall Muller, Chriswill du Toit en Dewald Scholtz, het van 30 Junie tot 4 Julie aan die Boland o/16 Grant Khomoweek in Pretoria deelgeneem. Boland verloor teen die Blou Bulle 13-32 en teen die Lions 0-43. Boland klop Grens 36-12. Randall was ook die onderkaptein van die Bolandspan.

NETBAL: Elizabeth Goosen het van 28 Junie - 2 Julie aan die SASN (South African schools netball) alle ouderdomme netbaltoernooi in Boksburg (Gauteng) deelgeneem. Om die kroon te span op hierdie prestasie is sy aangewys as kaptein van die span.

Elizabeth se span het uitstekend gespeel en ’n tweede plek uit 23 spanne behaal. Hulle het teen drie spanne van Gauteng gespeel en Gamma in die kwarteindstryd geklop, Lamda in die semi-finaal geklop maar in die finaal vasgeval teen Delta.

HOKKIE: Kendall Bruintjies en Robechia Stoffels het van 2-5 Julie die o/ 14B-Boland hokkiespan in Paarl verteenwoordig, Savannah Hendrikse en Kylie Bruintjies, het van 37 Julie die o/14A IPT-Boland hokkiespan verteenwoordig in Johannesburg en Erin Botman en Josquin Dollie het van 27 Junie - 2 Julie die o/14C-Boland hokkiespan in Port Elizabeth (Gqeberha) verteenwoordig.

Die o/14 B span het al hul wedstryde gewen en geen doele afgestaan nie. Hulle het in die finaal teen die Boland o/14C span gewen en goue medaljes verower.

KARATE: Mia Laubscher het op 28 Junie aan die Cape Town All styles Invitational Championship in Bellville deelgeneem.

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK. OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

ASSISTENT VAKMAN:

VERKOELING

Kandidate wat voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die bogenoemde vakature

Kwalifikasies: • Minimum Graad 12

Vaardighede: • Werksgeoriënteerd wees • Handvaardig wees • Eie inisiatief aan die dag kan lê • Oor goeie kommunikasievaardighede beskik • Onafhanklik kan funksioneer.

Verantwoordelikhede: • Assistering aan ambagspersoneel • Skoonmaak van Ammoniak masjienkamers en -toerusting • Assiteer met aan en afskakel van BA en koelkamers • Handhawing van goeie huishouding • Kennis dra van veilige werkspraktyke.

Ander vereistes: • Absolute betroubaardheid, verantwoordelikheid en lojaliteit • Oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik.

Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op 25 Julie 2025

INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

WANGANELLA primêr het Dinsdag 24 Junie ‘n baie geslaagde pretloop fondsinsamelingsgeleentheid aangebied. Leerders kon lekker gaan stap het en die mooi natuurskoon waardeer terwyl daar ook terselfdertyd skoongemaak kon word. Die wenners asook al die naaswenners kon daarna hul pryse ontvang. Die wenners was: Jayvian Lee Fluks, Tiana Ockhuis en Ceejay Fortuin, Danicia Ockhuis en Tayo Fritz was tweede en Kearan Ockhuis was derde. Dankie ook aan al die ander leerders vir jul deelname. * Spesiale dank gaan aan ons borge: Wimpy, Mica, Kaap Agri, Blue Bottle, Amazing Pies, Reyneke Oogkundiges, dr. Nel (tandarts), Midas, Kruger busdiens, Baie Bargains, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, Raymond Koopstad, Blow & Glow, Skatkis, Mint Blossom, Build It en Ceres Zipslide.

ELIZABETH Goosen het van 28 Junie - 2 Julie aan die SASN (South African schools netball) alle ouderdomme netbaltoernooi in Boksburg (Gauteng) deelgeneem.
TWEE hokkiespelers van Charlie Hofmeyr, Savannah Hendrikse en Kylie Bruintjies, het van 3-7 Julie die o/14A IPT-Boland hokkiespan in Johannesburg verteenwoordig.
KENDALL Bruintjies en Robechia Stoffels het van 2-5 Julie die o/ 14B-Boland hokkiespan in Paarl verteenwoordig.

Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh word vanaf 1-3 Augustus gevier.

Oude Kerk Volksmuseum

in Tulbagh vier 100ste bestaansjaar

DIE 100ste bestaansjaar van die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh word vanaf 1-3 Augustus gevier.

Die feesnaweek skop Vrydagaand 1 Augustus af met ‘n klassieke konsert in die Oude Kerk. Mezzo sopraan Thandiswa Mpongwana en bas Reuben Mbonambi word vergesel deur die tenoor, Nick van Huyssteen. Hulle word begelei deur Juan Burgers.

Toegang is gratis maar mense moet die museum skakel om ‘n sitplek te bespreek by (023) 230-0148. Die konsert begin om 18:00 vir 18:30.

Saterdag 2 Augustus open die kunsuitstalling getiteld, In die begin, om 11:00 in die Rynse Sendingkerk in Van der Stelstraat.

Die kurator is Theo Kleynhans. Slegs plaaslike kunstenaars is genader om nuwe werk te skep vir hierdie uitstalling. Kom kyk gerus hoe verskillend hierdie kunstenaars die tema interpreteer. Daar is ook ‘n reeks werke van 40x40cm waar elke kunstenaar ‘n fragment van die Oude Kerk aanbied. Hierdie werk sal in ‘n mosaiek hang en teen ‘n goeie prys aangebied word. Die opbrengs van hierdie uitstalling word geskenk aan die museum. Kom drink ‘n glasie sjerrie en stap saam terwyl Theo Kleynhans, ‘n begeleide toer aanbied van die hele uitstalling.

DEVIDENE Marsh, een van Young Good Hopes se vroue rugbyspelers en leerder van Wolseley Sekondêr, het die Boland o/ 18 span van 30 Junie tot 4 Julie in Gauteng verteenwoordig. Sy is ook die onderkaptein en speel senter. Sy het tydens die toernooi vier drieë in drie wedstryde aangeteken. Sy word as een van die beste skolespelers beskou. Haar doelwit is om eendag in die no 13 Springbok-trui uit te draf.

Verder word daar ook ‘n 12x1.5 meter lange tekening aangebied van Afrika diere, wat deur leerders van die plaaslike Steinthal Kinderhuis gemaak is. Buite op die grasperk rondom die Rynse Sendingkerk word ‘n vlooimark aangebied met eet en bederf, feestelike musiek en kindervermaak.

Om 17:00 vir 17:30 word belangstellendes bederf met ‘n sprokies winteraand langtafel-ete voor die Oude Kerk. Dit sluit in ‘n vyfgang ete, vermaak, geskenkpak en komplimentere wyn in. Kaartjieprys is R1500 per paar wat bespreek moet word by die museum by (023) 230-0148

Kaartjies verkoop vinnig so spring vinnig om teleurstelling te voorkom. Die spyskaart is ontwerp deur Pieter Malan van Kokkedoor-faam en eienaar van die Chef&Co restaurant op Tulbagh wat tans die nommer een plek beklee op Tripadvisor. Kom smul aan geregte soos broodtakke met kaiings en spekboom konfyt, waterblommetjies en samp risotto, lam tamatiekos met tamatie espuma, tamatie krummel en tamatie kraal om maar ‘n paar te noem! Die ete word afgesluit met stowe appelpoeding en hanepoot brittle. Sondag 3 Augustus om 10:00 lei die bekende dr. André Bartlett die kerkdiens in die Oude Kerk in Kerkstraat. Tee en verversings word aangebied in die Rynse Sendingkerk in Van der Stelstraat na afloop van die erediens.

Start well, live well

BE selfish. Put yourself first.

That is the message from the Western Cape Department of Health and Wellness to every young person. This is one thing you are allowed to be selfish about: your health.

Putting #UFirst by choosing good food, daily movement, trusted advice, fresh air and practical help gives you the best chance to grow into a strong and confident adult. Each decision you make today shapes the body and mind you will rely on tomorrow.

Exam season can feel like a heavy weight. Revision timetables, late nights and the pressure to succeed can raise stress levels and leave little room for healthy choices. Your wellbeing is the fuel that keeps you alert and calm. A balanced plate steadies your energy. A quick walk, stretch or dance break releases tension and clears the mind. When worry builds, remember that help is close.

Youth Zones are available across the province. These welcoming centres are designed around the needs of young people.

Friendly teams listen without judgement and offer nutrition guidance, routine health checks, mental wellness support and sexual and reproductive care. If exams are causing anxiety, a quiet conversation at a Youth Zone can provide coping tools, study balance tips and referrals when more help is needed.

Reliable information matters

Social media often promotes quick fixes. Some trends are harmless fun, but others can put your health at risk. Vaping may look modern, yet many products carry high doses of nicotine and chemicals that injure growing lungs. If you already vape and want to stop, Youth Zone staff can guide you step by step. Choosing fresh air over vapour is a powerful gift to your future self.

Small daily actions add up. A nourishing lunch fuels clearer thinking for the next test. Ten minutes of movement after school strengthens your heart for the long term. A visit to a Youth Zone gives you the facts you need to make confident choices. Start well to live well. Make your move and put #UFirst today.

For more information about Youth Zones and other youth health services, visit your nearest clinic or follow the Western Cape Department of Health and Wellness on social media (Facebook, Instagram, and Tiktok).

EVENT COMPLETED EVENT COMPLETED

DIE 100ste bestaansjaar van die

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

• General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndré du P André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Boland

Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker Street

Ceres

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

CHIEF MPONDA HERBALIST

All problems solved:

•Love

•Financial

•Job

•Court cases

•Evil spirit and many more

Please call 067-891-4114

WhatsApp 073-144-1844

AANDAG: Alle Oudleerders van Fred Gaum. Die dr. Wesley en Dulcie Baartzes Stigting nooi oudleerders van Fred Gaum uit na ‘n spesiale geleentheid op Saterdag 2 Augustus 2025 om 10:00. Tydens die gedenklesing sal ‘n elektroniese afskrif van dr. Baartzes se doktorale proefskrif aan die Ceres Togryers museum en die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh, oorhandig word. Die tema van dr. Baartzes se doktorale tesis: ’n Kritiese studie ten opsigte van die status van die plattelandse onderwyser in Ceres / Tulbagh omgewing. Bespreek vroegtydig by (023) 312-20245 om teleurstelling te voorkom. Plek is beperk.

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad: 10111

•Ambulance Services: 10177

•Cell Phone Emergency: 112

•Disaster Risk Management Centre: 080-911-4357

(HELP)

•Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777

•Childline: 116

•Lifeline: (021) 461-1113

•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300

AND ART FRAMING

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Warm jasse •Mansklere en -skoene

WERKTUIGKUNDIGE

Ceres

Ons is op soek na ’n ervare, betroubare en hardwerkende persoon om by ons span aan te sluit.

VEREISTES :

•Ervaring in algemene werktuigkundige werk

•Eie vervoer ’n voordeel

•Bestuurderslisensie sal in jou guns tel. Kom doen aansoek!

STUUR JOU CV NA: crazypistonsct@gmail.com

OF KOM GEE AF BY: Edisionstraat 4, Skoonvlei, Ceres WatsApp: 071-216-3893

Vir navrae skakel : 082-639-2800

MEMBERS of the public are invited to nominate candidates who could serve on the governing bodies of affiliated museums for a 3-year term, 1 November 2025 to 31 October 2028, in terms of sections 3(1), 15(1) and 34 of the Western Cape Museums Ordinance Amendment Act 2 of 2021 (The Ordinance). Members of the public who wish to nominate suitable individuals to serve on the government body of the Togryers museum, must complete the prescribed online nomination form. Closing date for nominations: 17 July 2025. For more information contact the museum manager at 076689-2885.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n epos na togryersmuseum@ gmail.com

DIE Togryers museum vra die Witzenberg gemeenskap om te help met skenkings van bone, vleis ekstrakblokkies en soppoeier vir hul jaarlikse Winter-projek. Produkte kan afgegee word by die museum. Indien 'n inwoner kontant wil gee, kan dit by museum in Oranjestraat afgegee word waarmee hulle die nodige produkte sal aankoop.

BEGINDATUM: So gou as moontlik

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

TWEE Charlie leerders en Voortrekkers, Cara Erwee en Adriaan Nel, het van 2 - 6 Julie aan die Presidentsverkennerafrondingskamp wat by Wemmershoek plaasgevind het, deelgeneem. Dit is die tweede deel van die PV-toekenning wat Voortrekkers in hul matriekjaar kan behaal. Die eerste deel was ‘n teoretiese vraestel wat in Aprilmaand geskryf is. Die Presidentsverkennertoekenning is ‘n nasionale toekenning vir kultuur en leierskap. Dit is die hoogste prestasie wat Voortrekkers kan behaal.

WATER TREATMENT WORKS

Drie haal Bolandspan

DRIE leerders van Charlie Hofmeyr, Randall Muller, Chriswill du Toit en Dewald Scholtz, het van 30 Junie tot 4 Julie aan die Boland o/ 16 Grant Khomoweek in Pretoria deelgeneem. Boland verloor teen die Blou Bulle 1332 en teen die Lions 0-43. Boland klop Grens 36-12. Randall was ook die onderkaptein van die Bolandspan.

Plaaslike tydren geesdriftiges vaar goed

CERES spog met drie tydrenspanne wat op Saterdag 12 Julie aan die Teer Tydren op die Killarney Internasionale renbaan deelgeneem het. Die tydren-veteraan, Johann Zulch, het saam met Petra Zulch as navigator, ‘n twaalfde plek in die Ceres Toyota 439 WC4 Ford Escort Sport behaal. Hulle was ook algeheel tweede in hul WC4 klas. Die Du Plessis broers van Ceres wat ou bekendes is in die WBMK Gimkana kampioenskappe, het die naweek hul beste prestatsie in ‘n volwaardige tydren gelewer. Jacques du Plessis en Riaan van Zyl behaal ‘n puik sesde plek (algeheel) en ‘n eerste plek met hul Du Plessis Auto 453 WC4 Toyota Tazz 1800 16 klep in klas WC3 (foto bo). Ouboet Pierre du Plessis saam met sy seun, Wynand as navigator, vaar ook goed en eindig vierde algeheel in die Uitdaging-kategorie en eerste in Klas B met hul Du Plessis Auto 241 Toyota Tazz 2000 20klep.

DIE lang verwagte derbystryd tussen Lovedale en Op-die-Berg is jaarliks een van die hoogtepunte op die Witzenberg streekuitdaagkompetisie se kalender. Toeskouers word genooi om die wedstryd op 19 Julie by te woon.

REËLINGS vir die jaarlikse Mandeladagvieringe vorder goed. ‘n 6.7 Kilometer pretstap sal op Vrydag 18 Julie van 09:00 tot 13:00 by die Bella Vista sportgronde plaasvind. Vanjaar is die doel van die geleentheid om bewustheid van TB en kinderwelstand te verhoog en die doelwit is om 670 komberse in te samel. Dit sal versprei word aan die pediatriese saal in die Brewelskloof hospitaal, Ceres hospitaal en die Steinthal jeug- en sorgsentrum. Die Togryers-museum, Omgeewinkel en Ceres Toerismeburo is die drie aflaaipunte waar die gemeenskap hul komberse kan skenk of dit na die beginpunt kan bring. Vir meer navrae oor die projek, kan Neal Stacey by 071-5136-708 geskakel word. Toegang is gratis.

* Die eerste komberse is deur Leensie de Villiers van De Villiers Oogkundiges aan die organiseerder, Neal Stacey, oorhandig.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Ceres klop

Hamlet

CERES rugbyklub het Saterdag teen die verwagtinge vir Hamlet op hul tuisveld geklop. Ceres het met 27-21 gewen.

Hamlet, wat bekend is vir hul hardloop wedstrydplan, het hulle vasgeloop teen Ceres se rotsvaste verdediging. Marlon Baron, wat sover die meeste punte in Boland se Grootuitdaag kompetisie aangeteken het, kon nie daarin slaag om sy agterlyn aan die gang te kry nie. Ceres met sy pak beweeglike voorspelers het die bal lewendig gehou en gou Hamlet se energie getap. Vir Ceres het Curtley Cedras ‘n baie goeie taktiese wedstyd beleef met Thinus Saayman wat hom goed bygestaan het. Christiaan Potgieter was dodelik op verdediging saam met Aldo Sauls (kaptein). Curnel Krotz wat die naweek William van Wyk se skoene moes volstaan, het hom baie goed van sy taak gekwyt. Curtley Cedras het 7 punte bygedra tot sy span se telling terwyl Erasmus van der Linde en Thinus Saayman elkeen ‘n drie gedruk het. Curnel Krotz het geslaag met twee strafskoppe en twee doelskoppe.

Derbystryd

Saterdag 19 Julie is die derbystryd tussen Ceres en Bella Vista weer ‘n hoogtepunt. Ceres speel tuis teen Bella Vista.

Ander uitslae

Delicious behaal ‘n goeie oorwinning oor Newtons. Delicious wen 41-37, Hillcrest klop Evergreens Paarl met 41-12, Young Blues wen Temperance 20-12 en Wolseley verloor 17-29 teen Villagers Newtons. Daar was ook aksie in die Witzenberg streekuitdaagkompetisie. Vastrap klop Young Good Hopes 22-7, Howbill klop Young Westlyans met 38-33, Tulbagh is te sterk vir Paardekloof en wen 74-0, Morester klop Red Roses 26-16, Lovedale wen La Plaisant 17-6 en Op-die-Berg wen net-net 22-21 teen Lindeshof. Naweek se wedstryde

Die naweek pak Delicious vir Temperance in ‘n wegwedstryd, Roses United speel teen Young Blues, Newtons en Hamlet meet kragte, Evergreens Paarl speel teen Villagers Newtons en Hillcrest speel tuis teen Wolseley.

Herald

Sport Witzenberg

CERES rugbyklub het Saterdag teen die verwagtinge vir Hamlet op hul tuisveld geklop. Ceres het met 27-21 gewen.

Trevor Felix

Closing date for pre-entries: 11 October 2025

RACE

COLLECTION: Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45

YOU IN CERES!

Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com

WEDVLUGDUIWE is Saterdag 12 Julie op Britstown gelos in ‘n gesamentlike loslating van ongeveer 7500 duiwe.

‘n Sterk Noordooste wind het die duiwe vinnig na hul hokke aangehelp.

Elton Lintnaar se duif het die Ceres Federasie wedvlug gewen met ‘n spoed van 1591.019 mpm.

Die naweek vlieg Ceres duiwe vir die eerste keer vanaf Calvinia.

Ceres Vallei Federasie

HENRI Ferreira het Saterdag die enkel syfer plus kompetisie op Ceres gholfbaan met ‘n telling van +4 gewen. Johan Smit was tweede met +2 met Lloyd Vercueil in die derde plek met -1. Henk Rossouw en Henry Brown, ook met -1, was onderskeidelik in die vierde en vyfde plek. Saterdag-kompetisies

Op Saterdag 19 Julie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied en op 26 Julie ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie. Spelers moet ook kennis neem dat tot en met begin Septembermaand, daar geen Sundowner-kompetisies aangebied sal word nie.

FOTO:

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook