CERES VGK in Lyellstraat se toring is ‘n tyd gelede deur 'n stormwind beskadig. Van die dakplate is losgeruk. Om dit te herstel en om die omvang van skade aan die toring vas te stel, is dié stellasies rondom die kerktoring opgerig. Dit blyk nou dat die kerktoring heeltemal oorgedoen sal moet word.
TWEE van die drie mans wat in die Ceres streekhof tereg staan op klagtes van verkragting van ‘n jong meisie, wil ‘n pleitooreenkoms aangaan.
Dié meisie, wat 9 jaar oud was, is in Desember 2022 omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing na bewering deur drie mans verkrag.
Drie verdagtes, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.
Die drie mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortduur. Hulle borgaansoek is tussen Februarie 2023 en Oktober 2023 aangehoor maar was onsuksesvol.
Die saak is verlede Donderdag tot 30 Julie uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn.
Betroubaar word verneem dat twee van die verdagtes tans besig is om ‘n pleitooreenkoms aan te gaan.
‘n JONG vrou wat aangekla word van moord op haar vriend, se saak is tot Augustusmaand uitgestel.
Ashleigh Fortuin (25) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), ‘n jaar gelede op Ceres vermoor het.
Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in
Twee verdagtes wil pleitooreenkoms aangaan
Drie mense, waaronder twee vroue, is in Meimaand in hegtenis geneem weens die verkragting van ‘n 12jarige meisie en haar seksuele uitbuiting.
Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het ‘n groot deurbraak gemaak en drie persone vasgetrek vir die verkragting van dié meisie.
‘n 58-Jarige man van Nduli word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 44 jaar oud, staan tereg op klagtes van seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie na bewering aan ander mans verkoop het. Hulle het Woensdag 9 Julie weer in die hof verskyn.
Dit is die tweede keer dat die meisie van Nduli in minder as drie jaar die slagoffer is van verkragting of seksuele geweld. Sy is na dié voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans. Die saak is na 12 Augustus uitgestel.
Jong vrou van Ceres se moordsaak uitgestel
die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Fortuin.
Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Fortuin moet weer op 20 Augustus in die hof verskyn.
Boomplantdag by skole ter viering van Mandeladag
TER viering van Internasionale Nelson Mandeladag op Vrydag 18 Julie, is die Khoi San E Stigting (KSEF) trots om hul betrokkenheid by drie boomplant geleenthede by skole in die Ceres-omgewing aan te kondig.
Op Donderdag 10 Julie sal drie organisasies op Ceres, Bella Vista Hoërskool, Deon Adams Vroeë Kinderontwikkelingsentrum en APD Witzenberg elk pragtige neutebome ontvang en plant as deel van KSEF se poging om omgewingsbewustheid en groener gemeenskappe te bevorder.
Die Amandel- en Pekanneutbome, met die ondersteuning van Habitat Mature Trees Nursery, is gekies om by die streek se klimaat aan te pas.
“Hierdie projek gaan oor meer as net bome plant - dit gaan oor die kweek van ’n liefde en verantwoordelikheid vir ons natuurlike wêreld. Klein dade kan groot verandering bring,” sê Erica Adams-Berger, stigter van KSEF.
Boomplant-tye is:
10:00 Bella Vista Hoërskool
11:00 Deon Adams VKO Sentrum 12:00 APD Witzenberg
Almal is welkom om saam ‘n boom te kom plant en hoop te saai vir ’n groener toekoms.
Familie groet Lyn Hough
LYN Hough (73), bekende Tulbagh inwoner wat vir meer as 46 jaar op die dorp gewoon het, is Dinsdag 1 Julie oorlede. Sy het die afgelope 10 maande in Huis Maudie Kriel op Ceres gewoon. Lyn was vir baie jare betrokke by die Tulbagh Lionsklub en sal altyd onthou word vir haar betrokkenheid en heerlike kosse wat sy kon maak. Haar familie wil ‘n spesiale woord van dank aan die Tulbagh tuisversorgers en helpers, asook die werkers van Hough Elektries betoon vir al hulle harde werk en liefde oor die jare. Ons waardering gaan ook aan al die personeel van Huis Maudie Kriel vir julle omgee en deernis en Avbob vir julle passievolle diens. ‘n Spesiale woord van dank aan ons getroue Mary-Lean wat alyd daar was vir haar met baie grappies en liefde. Lyn word oorleef deur haar drie kinders en vyf kleinkinders. ‘n Gedenkdiens word Dinsdag 15 Julie om 14:00 in die Ceresvallei kerk gehou.
Opinies is belangrik
LESERS is altyd welkom om hulle opinies en briewe in te stuur vir plasing. Klagtes oor munisipale dienslewering of probleme, moet eers met die Witzenberg munisipaliteit opgeneem word. Klaers ontvang ‘n verwysingsnommer of skrywe dat hul brief/klagte ontvang is. Indien daar nie op die skrywes/klagtes gereageer word nie, kan inwoners dit daarna na die koerant stuur vir plasing of om op te volg. Die naam en besonderhede van die skrywer/klaer moet die brief vergesel - die munisipaliteit reageer nie op anonieme skrywes nie. Dit is nie die koerant se verantwoordelikheid of plig om inwoners se munisipale probleme of klagtes, onder die munispaliteit se aandag te bring nie.
Kalos Farming het ‘n geleentheid vir ‘n Vrugte Produksiebestuurder in Riebeek-Kasteel. Dié persoon sal rapporteer aan die Produksiehoof: Vrugte.
VRUGTE PRODUKSIEBESTUURDER
Verantwoordelikhede:
•Alle produksie-aktiwiteite, insluitend aanplanting, besproeiing, kompos, gewasbeskerming en oes
•Bestuur van eenheidpersoneel
•Toepaslike administrasie
Vereistes:
•4 Jaar ervaring as produksie- of eenheidsbestuurder van vrugte
•Graad 12
•Tersiêre kwalifikasie in landbou sal voordelig wees
•Rekenaarvaardig
Eienskappe:
•Sterk bestuursvaardighede
•Selfgedrewe en proaktief
•Goeie kommunikasievaardighede en georganiseerd
•Moet goed in ‘n span kan saamwerk
Pakket en voordele sal met kandidate onderhandel word.
Belangstellendes kan hulle CV stuur vir oorweging aan: lindie@kalos.co.za
Meld asb. jou verwagte salaris in die aansoek.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 21 Julie 2025
Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
HELENA Ockhuis, ‘n inwoner van Ceres, het Woensdag 9 Julie 2025 haar 95ste verjaarsdag gevier. Haar 10 kinders, 30 kleinkinders, 36 agterkleinkinders en 2 agteragter kleinkinders wil haar gelukwens met die mylpaal en baie dankie sê vir al haar liefde en omgee.
KD neem afskeid van twee staatmakers
DIE departement korrektiewe dienste en die Warmbokkeveld sentrum op Ceres, het onlangs afskeid geneem van twee staatmakers, mev. F.de Bruyn en Ems Snyman. AGTER: Mnr. André Potgieter (SMDC), mev. Witbooi (senior berader), pastoor Shobeka (fasiliteerder), mev. Naudé (fasiliteerder), mev. E. Sinandile (fasiliteerder), mnr. H. Albertyn (fasiliteerder) en mnr. B. Williams (waarnemende hoof van Warmbokkeveld KD). VOOR: Kapelaan G. Fredericks (Breederivier KD-bestuursarea), mev. Ems Snyman (fasiliteerder en berader), mev. F. de Bruyn (fasiliteerder) en me. L. Ntongana (afgetrede fasiliteerder).
NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATE
In the Estate of: CHRISTIAAN WOUTER BESTER
Id. no. 630218 5010 083
Date of death: 2024/09/21
Address: 12 Waveren Street, Tulbagh, Western Cape Estate no: 025504/2024
Creditors and Debtors in the above Estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from FRIDAY 11 JULY 2025
H. PRETORIUS ATTORNEYS
H. PRETORIUS 20 Church Street, Tulbagh 6820
E-mail: hpretprok@gmail.com Phone: 071-347-8321
Onwettige immigrant
weer in die hof vir moord
‘n ONWETTIGE immigrant wat die laaste tyd op Gouda gewoon het, het weer in die hof verskyn weens die dood van ‘n babameisie.
Die baba van 15 maande is op 17 Mei op Gouda dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van ‘n Malawiër, Paul Chembuye (41), gelaat is.
Na die baba se dood is ‘n geregtelike doodsondersoek geloods waarna die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) besluit het om hom van moord aan te kla.
Chembuye is op 11 Junie gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasie-oortredings. Hy het op Dinsdag 8 Julie in die Tulbagh landdroshof verskyn waarna die saak na 24 Julie uitgestel is.
Motoris in hof weens dronkbestuur
‘n BAKKIEBESTUURDER wat vermoedelik dronk was en ‘n vrou raakgery het, se saak is uitgestel.
Thandekile Jimi het op 24 Junie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van dronkbestuur en bestuur sonder ‘n lisensie.
‘n Vrou is Saterdag 14 Junie omstreeks 18:15 naby Fase 5, buite P.A. Hamlet getref. Volgens ‘n voorlopige polisieverslag het die vrou en ‘n man in Waboomlaan gestap toe Jimi met ‘n Toyota Hilux bakkie haar van agter getref het waar sy langs die pad gestap het.
Die erg beseerde vrou is na Ceres hospitaal geneem waarna sy later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is.
Jimi is op die toneel gearresteer en aangekla van die bestuur onder die invloed van alkohol en die bestuur sonder ‘n geldige bestuurderslisensie.
Die saak is tot 17 Julie uitgestel
Minderjarige van Vredebes bly in aanhouding weens moord
‘n MINDERJARIGE seun (17) moet Augustusmaand op ‘n klag van moord in die Ceres landdroshof verskyn.
Die 17-jarige verdagte het op Sondag 18 Mei omstreeks 02:40 saam met ‘n paar vriende in Proteastraat by ‘n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier.
Die oorledene, David Januarie (40), het die betrokke Sondagoggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook het, nie aangestaan het nie.
Daar het na bewering ‘n rusie tussen Januarie en die verdagte ontstaan toe Januarie hom blykbaar met ‘n besemstok wou slaan.
Die verdagte het Januarie toe twee keer met ‘n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het.
Die jongmense het oproerig geraak en die ruite stukkend gegooi.
Januarie is later in die huis dood en die verdagte is deur die Ceres polisie op die toneel gearresteer.
Die saak is uitgestel na 5 Augustus Hy bly in aanhouding.
Ceres polisie soek dié inbrekers
CERES polisie is steeds opsoek na inligting insake vier verdagtes wat onlangs betrap is op CCTV waar hulle by ‘n woonhuis in Parkstraat, Ceres, ingebreek het. Die inbraak het tussen 7 en 17 Junie plaasgevind. Die diewe het onder andere juweliersware, horlosies, ‘n Samsung platskerm TV, ‘n Dell skootrekenaar en ‘n 9mm Astra pistool tydens die inbraak gesteel. * Daar is ‘n moontlikheid dat die diewe op Ceres of in die Witzenberg omgewing bly. Indien iemand enige van die verdagtes herken, kan hulle die inligting stuur na 079-8941255. Hulle kan ook die ondersoekbeampte, s/sers. John Baron, skakel by (023) 316-8500. Die plasing op die Witzenberg Herald se Facebook-blad is al die afgelope twee weke deur meer as 36 000 mense gelees.
TUSSEN 3 en 6 Julie het meer as 80mm reën op Ceres geval. Sondag 6 Julie het dit ook op hoogliggende berge rondom Ceres gesneeu wat tot Maandag en Dinsdag se koue oggende bygedra het. Die sneeu op Matroosberg kon met ‘n staptog van 2 ure, bereik word. *By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar in die Warm Bokkeveld (Ceres) 84.2mm gemeet, by Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing is 56.1mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 55.8mm en by Bronaar 11.8mm gemeet. By Romansrivier is 62mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 74.7mm gemeet. ** Die Ceres Koekedouwdam het die week met 11% gestyg en is nou 80% vol, Tulbagh dorpsdam is 100% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 55%.
REËLINGS vir die jaarlikse Mandeladagvieringe vorder goed. ‘n 6.7km pretstap sal op Vrydag 18 Julie van 09:00 tot 13:00 by die Bella Vista sportgronde plaasvind. Vanjaar is die doel van die geleentheid om bewustheid van TB en kinderwelstand te verhoog en die doelwit is om 670 komberse in te samel. Dit sal versprei word in die pediatriese saal van die Brewelskloof hospitaal, Ceres hospitaal en die Steinthal jeug- en sorgsentrum. Die Togryers museum, Omgeewinkel en Ceres Toerismeburo is die drie aflaaipunte waar die gemeenskap hul komberse kan skenk of dit na die beginpunt kan bring. Vir meer navrae oor die projek, kan Neal Stacey by 071-5136-708 geskakel word. Toegang is gratis. *Simonsvlei het die week 250 bottels water aan die organiseerder, Neal Stacey van 2feet4TB geskenk. Hier ontvang hy die water van Simonsvlei se verteenwoordiger op Ceres, Marinda Mileham.
Make Your Blood Donation Count Twice: The Extra Drop That Changes Lives
The Western Cape Blood Service (WCBS) is proud to spotlight the remarkable generosity of blood donors through the Extra Drop initiative - growing movement that demonstrates how saving lives can go hand in hand with uplifting communities.
July is a time to celebrate blood donors under the theme ‘Not All Heroes Wear Capes.’
Through this theme, WCBS is drawing attention to a meaningful way in which ordinary individuals make an extraordinary difference - not only by donating blood, but also by extending their impact through an additional act of kindness.
Launched in March, the Extra Drop initiative enables blood donors to make a deeper impact on the communities they support. Instead of receiving a small token of appreciation after donating blood, donors can choose to forgo the token and request that WCBS donate R15 on their behalf to a charitable organisation. This simple yet significant gesture high-lights the quiet heroism that defines so many blood donors.
To date, the initiative has supported The League of Friends of the Blind and Hannah’s Place of Safety - two organisations doing important work within the Western Cape. The next recipient of this donor-driven generosity will be the Lucky Lucy Foundation, a proquality of life organisation established in 2010 to relieve the suffering of severely neglected and abused domestic animals.
By opting into the Extra Drop, blood donors continue to serve as unsung heroeseveryday individuals quietly performing acts of compassion that carry lasting impact.
HOW IT WORKS
•Donate Blood: Visit any WCBS blood donation clinic to donate blood.
•Choose Your Gift: Before donating, select whether to keep the token of appreciation or have WCBS donate a monetary value on your behalf.
•Make a Difference: If the donor chooses to forgo the token, WCBS contributes R15 to the featured charity.
•Charity Focus: A new charity is selected every two months by the WCBS committee. Heroism requires no cape. One donation can save up to three lives - and, with the Extra Drop, extend help even further into the community. For more information or to locate the nearest blood donation clinic, visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060-549-7244
DO SOMETHING REMARKABLE: DONATE BLOOD.
Distributed by the Western Cape Blood Service Public Relations Manager: Marike Carli 071-856-3625 | marike@wcbs.org.za
ABOUT THE WESTERN CAPE BLOOD SERVICE (WCBS)
WCBS is a non-profit regional health organisation, dedicated to collecting blood from voluntary blood donors, and providing the safest blood products and efficient service to the community, while operating at the highest professional and ethical standards and remaining a viable organisation.
WCBS work without prejudice to supply safe blood and blood products to all communities in the region, from Cape Town all the way up to George. It’s our goal to deliver a worldclass blood service in the Western Cape.
Diefstalsaak teen drie diewe tot Februarie 2026 uitgestel
DIE saak teen drie mans wat in September 2024 ‘n Troxlermasjien van R250 000 uit een van Roadmac se voertuie gesteel het, is in die Ceres landdroshof met meer as 6 maande uitgestel.
Die mans moet weer op 4 Februarie 2026 in die hof verskyn.
Duur masjien
Die Troxler-masjien word deur padingenieurs gebruik om teerdigtheid te meet en bevat radio-aktiewe materiaal.
Die drie verdagtes het nadat hulle die masjien gesteel het, dit opgekap en later vir ‘n skamele R64 aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar verkoop.
Nadat dit aan die ongeregistreerde skroothandelaar op P.A. Hamlet verkoop is, is die skrootmetaal na ‘n geregistreerde handelaar op Paarl voordat dit by ‘n handelaar in Epping beland het waar die polisie dit opgespoor het.
Arresteer
Twee verdagtes, Llwellyn Nel (34), ook bekend as Tubby en Justin Charles (34), ook bekend as Jussie Ai, is in Fase 6 buite P.A. Hamlet gearresteer.
Die polisie het ‘n paar dae later ‘n derde verdagte, Raynaldo van Neel (31), gearresteer nadat hy vroeër weggehardloop het.
Boost to Emergency Medical Services in Witzenberg
THE Western Cape Government is pleased to confirm a significant private sector development currently underway to strengthen emergency medical services in the Witzenberg area. The provincial department has recently licensed two private ambulance services for the area and indications are that preparations are well underway for these private ambulances to be on the road by the end of the year. These companies have expressed an interest in serving the Witzenberg community - evidence of growing investment in the region’s health response capacity. Through the Western Cape Ambulance Services Act, the Western Cape Government is tasked with regulating all ambulance services operating in the province and providing for the accreditation, registration and licensing of these services. Importantly, the provincial department inspects private ambulances to ensure they meet quality and safety standards. Emergency Medical Services (EMS) remain under pressure across the province due to national austerity measures and resource constraints. The allocation of ambulance services in the different districts is a careful balancing act between need and available budget.
CERES speurders vra die gemeenskap se hulp om ‘n onbekende man te identifiseer en sy familie op te spoor. Die polisie het Saterdag 5 Julie om 09:40 dié onbekende man se liggaam langs die R46 naby Nduli gevind. Indien daar inwoners is wat kan help, kan hulle s/kst. Bartman skakel by (023) 316-8500.
Vier dood
Hofsaak
teen man uitgestel tot begin Augustus
‘n INWONER van Tulbagh wat verantwoordelik gehou word vir vier mense se dood, se saak is tot Augustusmaand uitgestel.
Vier familielede wat langs die Winterhoekpad buite Tulbagh gestap het, is Maandag 13 Januarie dood toe plukkratte met vrugte in, van ‘n vragmotor afgeval het.
‘n Platbak vragmotor van die plaas Vrolikheid was omstreeks 10:00 met 20 plukkratte met pruime onderweg na ‘n nabygeleë pakhuis toe die kratte in ‘n draai naby die Drostdy kelder afgeval en die Marthinus-gesin langs die pad getref het.
Elsabé Marthinus (58) en haar dogter, Ingrid Marthinus (25), het op die toneel gesterf nadat die kratte op hulle geval en tot in ‘n sloot saamgesleep het.
Die twee kleinkinders, Jesniece Marthinus (8) en haar boetie, Justin Lee-John Marthinus (9 maande), is onderskeidelik in die Ceres hospitaal en Tygerberg hospitaal, oorlede. Uitgestel
Die vragmotorbestuurder, Philippus Hauptfleisch (32), is op die toneel gearresteer en in die Tulbagh polisieselle aangehou totdat hy op Dinsdag 14 Januarie in die Wolseley landdroshof verskyn het op vier klagtes van strafbare manslag.
Hy is op borg van R5 000 vrygelaat.
Die saak is tot 5 Augustus uitgestel sodat verslae, fotos en ooggetuie-verklarings bekom kan word en vir konsultasie met regslui.
Oorsaak van ongeluk onduidelik
DIE vragmotor het Saterdag 28 Junie omstreeks 15:00 by die Wolseley-kruising naaste aan Tulbagh, op die R46 omgeslaan. Die polisie kon teen druktyd nie enige besonderhede verskaf nie en ook nie bevestig het of iemand seergekry het nie.
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
CHIEF MPONDA HERBALIST All problems solved: •Love •Financial •Job •Court cases •Evil spirit and many more Please call 067-891-4114 WhatsApp 073-144-1844
IS JY OP SOEK NA: kantoorspasiekantoorspasie kantoorspasiekantoorspasie winkelspasiewinkelspasie winkelspasiewinkelspasie winkelspasie IN CERES
Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
PLANT AND PLANT AND PLANT
(023) 312-1254
(023) 312-1274
DAAR het verlede naweek geen duiwe wedvlugte plaasgevind as gevolg van die gure weersomstandighede nie. Dit word dié naweek hervat met ‘n wedvlug vanaf Britstown.
DIE Togryers museum vra die Witzenberg gemeenskap om te help met skenkings van bone, vleis ekstrakblokkies en soppoeier vir hul jaarlikse Winter-projek. Produkte kan afgegee word by die museum. Indien inwoner kontant wil gee, kan dit by museum in Oranjestraat afgegee word waarmee hulle die nodige produkte sal aankoop.
AANDAG: Oudleerders van Fred Gaum. Die dr. Wesley en Dulcie Baartzes-stigting nooi oudleerders van Fred Gaum uit na ‘n spesiale geleentheid op Saterdag 2 Augustus om 10:00. Tydens die gedenklesing sal ‘n elektroniese afskrif van dr. Baartzes se doktorale proefskrif aan die Ceres Togryers museum en die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh, oorhandig word. Die tema van dr. Baartzes se doktorale tesis: ’n Kritiese studie ten opsigte van die status van die plattelandse onderwyser in Ceres/Tulbagh omgewing. Bespreek by (023) 312-20245 om teleurstelling te voorkom. Plek is beperk.
MEMBERS of the public are invited to nominate candidates who could serve on the governing bodies of affiliated museums for a 3 year term, 1 November 2025 to 31 October 2028, in terms of sections 3(1), 15(1) and 34 of the Western Cape Museums Ordinance Amendment Act 2 of 2021 (The Ordinance). Members of the public who wish to nominate suitable individuals to serve on the government body of the Togryers museum must complete the prescribed online nomination form. Closing date: 17 July. For more information contact the museum manager at 076-689-2885.
INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 tot 16:00.
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
•Poisons Information Helpline of the WC: 0861-555-777
•Childline: 116
•Lifeline: 021 461 1113
•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Warm jasse •Mansklere en -skoene
Koelkamers se personeel het Dinsdag 24 Junie ‘n heerlike spanbou geleentheid by Ceres rolbalklub aangebied.
VIER swemmers van Charlie Hofmeyr en lede van die Brave swemklub, Marius Burmeister, Wilan van der Berg, Zak Burmeister en Eben de Jager, het onlangs aan die eerste klubgala van 2025 deelgeneem. Die Whale Coast Winter Warmer gala het by Curro Hermanus plaasgevind. Die vier swemmers het 2 eerste plekke
Karateka op pad na Japan
‘n LEERDER van Laerskool Gericke, Daniël Nieuwoudt, is opgeneem in die Suid-Afrikaanse karatespan wat aan die Global Goju Kai kampioenskappe gaan deelneem. Die kampioenskappe vind vanaf 7-11 Augustus plaas in Chiba, Japan.
BOLAND Laerskole Rugby se pettefunksie het Donderdag 26 Junie by Hoërskool Goudini plaasgevind. Witzenberg Laerskole se spelers in die Boland Cravenweek- en Akademie-span is: Geo-Wayne Ambraal (F.D. Conradie), Matthys Heyns (Laerskool Gericke), CurlLyell Crotz (Bella Vista primêr), Ajanda Nel (Laastedrif primêr), Stephanus du Toit (Laerskool Koue Bokkeveld) en Herman Speirs (Laerskool Breërivier). VOOR: Tom Persens en Martin Absalom.
OP 24 Junie, ter herdenking van Jeugmaand, het die Openbare Opvoeding en Uitreikingsafdeling van die WesKaapse provinsiale parlement, ‘n Jeugberaad in die streek aangebied. Die Jeugberaad is in die Bella Vista gemeenskapsaal gehou en skole van Op-die-Berg en Ceres het dit bygewoon. Die LPP Wendy Kaizer-Philander, het die jeug geïnspireer om hulle drome en doelwitte te volg, hulle aangemoedig om altyd nuuskierig te wees oor kwessies wat in hul gemeenskappe ontvou en om veranderinge in hul gemeenskappe aan te bring, asook ‘n positiewe impak te maak in andere se lewens.
WP mors met Boland op Cravenweek
QUINTIN Potgieter, leerder van Paarl Gimnasium en belowende agtsteman van die WP Cravenweekspan, het Dinsdag in die wedstryd teen Boland uitgeblink en twee drieë gedruk. WP het die wedstryd met 80-18 gewen nadat die rustydtelling 40-6 was. Die toernooi vind in Middelburg, Mpumalanga plaas.
Want to join a frontrunner in renewable energy that is actively seeking early entry into new markets globally?
We are looking for Electrical Assistants to be based in Ceres, Western Cape who will form part of our Artisan Recognition of Prior Learning Program (ARPL). This position is within the Operations and Maintenance function, reporting directly to the Solar Technician. You will assist the Solar Technician with repairs, preventative and corrective maintenance of all PV Plant equipment to exceed Plant Production KPIs.
If you are available immediately and have any of the below qualifications and work experience, we would like to hear from you:
•N2 Certificate including the relevant trade theory subjects and a minimum of 3 years relevant work experience; or
•Technical trade theory programs quality assured by a SETA deemed to be at NQF level 3 and a minimum of 3 years relevant work experience; or
•Relevant Engineering NCV at NQF level 3 and a minimum of 3 years relevant work experience; or
•Technical Grade 12 with Maths, Science and related trade theory subject and a minimum of 3 years relevant work experience; or
•Relevant (directly related to the trade theory subjects) N6 certificate or National Technical Diploma (T,S or N stream.) with 18 months relevant work experience.
Code 08 drivers licence required
Please apply via our career page or e-mail to: recruitment@scatec.com
Closing date: 31 July 2025
CERES
behaal asook 5 tweede plekke, ‘n derde en 4 vierde plekke.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
INSKRYWINGS is oop vir die jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon wat op Saterdag 25 Oktober plaasvind. Dié halfmarathon is een van die mooiste wedlope in die provinsie en begin en eindig vir die eerste keer by die Lyellstraat sportgronde.
FREE ENTRY ENTER NOW! NOW! ENTER NOW! NOW! #2feet4TB
Celebrate the spirit of Mandela Day & the spirit Mandela & Celebrate the spirit of Mandela Day & the spirit Mandela & donate a fleece blanket to share the warmth! donate a blanket to warmth! donate GOAL: 670 BLANKETS GOAL: 670
For more information contact Neal Stacey 071-513-6708
ENTRIES CLOSE: 17 July 2025
Kick-off @ Bella Vista Sports Grounds, Buiten Street REGISTER ONLINE : bit.ly/44qzRle
Modderbad
CERES het Saterdag die modderstryd teen Delicious gewen. Twee ander wedstryde in die Witsentraal liga is uitgestel nadat meer as 80mm reën geval het. Ceres rugbyklub het in baie nat en modderige toestande met hul buurman, Delicious, afgereken en met 16-7 geseëvier.
Ceres het vroeg beheer van die wedstryd geneem toe hulle pak voorspelers vir Delicious swaar laat leef en by tye meters ver teruggedruk het. Agterlangs het agterspelers gesukkel om hanteerfoute te beperk.
Puntemakers
Vir Ceres het Thinus Saayman uitstekend gespeel en is hy met ‘n drie beloon. Die ander punte deur William van Wyk met sy skopvoet aangeteken.
Ander uitslae Wolseley verloor 7-21 teen Newtons, Hillcrest klop
Villagers Newton met 24-12 en Evergreens Paarl klop Temperance met 28-10. Wedstryde tussen Roses United en Hamlet en Bella Vista en Young Blues is uit-gestel. Daar was die naweek ook aksie in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie.
Paardekloof verloor op hul tuisveld met 24-34 teen Lovedale, La Plaisant klop Lindeshof met 22-15, Tulbagh is te sterk vir Young Westlyans en wen 58-7, Howbill klop De Eike met 35-10 en Op-die-Berg klop Vastrap met 23-17.
Naweek se wedstryde
Die naweek pak Ceres vir Hamlet in ‘n wegwedstryd, Delicious speel tuis teen Newtons, Temperance meet kragte met Young Blues, Hillcrest speel teen Evergreens Paarl en Villagers Newtons speel teen Wolseley. Roses Unite en Bella Vista het loslootjies.
CERES het Saterdag die modderstryd teen Delicious met 16-7 gewen. Hier is twee fotos van die eerste- en tweedespan (onder) se wedstryde.