‘n SKOOLBUS van Noble’s het Vrydag 27 Junie omstreeks 13:00 in Gydopas omgeslaan. Die busbestuurder, Dawid Maritz, was alleen in die bus toe die bus se remme vermoedelik onklaar geraak het. Die bus het begin gly en toe omgeslaan. Nooddienstepersoneel, verkeersbeamptes en die polisie was gou op die toneel maar niemand is in die voorval beseer nie.
‘n ONWETTIGE immigrant wat die laaste tyd op Gouda gewoon het, word nou ook van moord op ‘n babameisie aangekla.
Die baba van 15 maande is op 17 Mei op Gouda dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van ‘n Malawiër, Paul Chembuye (41), gelaat is.
Die polisie het na die baba se dood ‘n geregtelike doodsondersoek geloods. Chembuye is op 11 Junie gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasie-oortredings. Hy het op Vrydag 13 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn waarna die saak na 8 Julie uitgestel is.
Ondersoek
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek die babameisie se dood.
DIE Saronsberg kompetisiewenner is einde Junie aangewys. Dean Swartz van Rooi van Ceres het die naweek tydens die Christmas in Winterfees op Tulbagh, sy lekker prys in ontvangs gaan neem by dié wynkelder. * Saronsberg Wynkelder het bevestig dat hulle weer later vanjaar dié kompetisie in samewerking met Witzenberg Herald gaan aanbied.
NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES
IN THE ESTATE OF:
Eric Peter David Wright
ID. NO.: 4004295118085
DATE OF BIRTH: 1940/04/29
DATE OF DEATH: 2021/12/10
ADDRESS: 17 Protea Street, Tulbagh
ESTATE NO.: 008172/2022
MASTERS OFFICE: Western Province
All persons having claims against the undermentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days of publication hereof.
THE TAX PRACTICE info@thetaxpractice.co.za Telephone: 071-677-0206
THE League of the Friends of the Blind, did an outreach on 19 June at Witzenberg APD to provide awareness, training to staff and support services to our blind and partially blind clients. They also distributed assistive devices. “We would like to thank LOFOB for this very interesting and insightful session.”
Twee broers van Ceres sterf dae uitmekaar
TWEE broers en inwoners van Ceres, Gavin van Rooyen (54) en Sammy Damon (59), het twee dae uitmekaar gesterf. Gavin was ‘n tyd lank siek met breinvliesontsteking en het Maandag 30 Junie by die werk inmekaar gesak. Sammy het sy kankerstryd verloor en is Saterdag 28 Junie oorlede. ‘n Troosdiens is Dinsdag 1 Julie vir hom gehou. Die begrafnis vind Sondag 6 Julie plaas.
PROCUREMENT OFFICER
Reid & Verwey is looking for the services of a Procurement Officer with an appetite for cost saving initiatives and a proven track record of building procurement structures. This position is based at our Ceres offices.
R esponsibilities: • Local and international procurement duties • Stock forecasting and lead time management
• Supplier relationship management • Supplier sourcing and price negotiation • Build and upkeep of procurement database • Assist with stocktake proceedings • Management support as required.
Skills and experience required: • Good Computer Literacy (MS Office, Pastel, Ritesoft) • Above average MS Excel Literacy • Minimum 5 year experience in similar role • Proven track record (examples) of cost saving initiatives.
Qualifications: • Relevant post school diploma/degree • Valid driver’s license • Reliable transport to and from work.
Closing date for applications: 20 July 2025
If you are interested in this role, please send your CV with a cover letter of no longer than 5 pages to: hr@redantagri.co.za
If you received no feedback within 5 working days from the closing date you can assume that your application was unfortunately not successful.
Kalos Farming het ‘n geleentheid vir ‘n Vrugte Produksiebestuurder in Riebeek-Kasteel. Dié persoon sal rapporteer aan die Produksiehoof: Vrugte.
VRUGTE PRODUKSIEBESTUURDER
Verantwoordelikhede:
•Alle produksie-aktiwiteite, insluitend aanplanting, besproeiing, kompos, gewasbeskerming en oes
•Bestuur van eenheidpersoneel
•Toepaslike administrasie
Vereistes:
•4 Jaar ervaring as produksie- of eenheidsbestuurder van vrugte
•Graad 12
•Tersiêre kwalifikasie in landbou sal voordelig wees
•Rekenaarvaardig
Eienskappe:
•Sterk bestuursvaardighede
•Selfgedrewe en proaktief
•Goeie kommunikasievaardighede en georganiseerd
•Moet goed in ‘n span kan saamwerk
Pakket en voordele sal met kandidate onderhandel word.
Belangstellendes kan hulle CV stuur vir oorweging aan: lindie@kalos.co.za
Meld asb. jou verwagte salaris in die aansoek.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 21 Julie 2025
Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
DIE Tulbagh Kersfees in Winterfees het die naweek van 27 - 29 Junie plaasgevind. Die fees was ‘n groot sukses. Besoekers is getrakteer met heerlike kos en lewendige musiekoptredes saam met die Radio Kalahari orkes terwyl kinders in ‘n Winter wonderland kon baljaar. Die hoogtepunt van die fees was Vrydagaand se trekker-parade. Trekkers was feestelik versier en het groot vermaak verskaf aan inwoners en besoekers. *Tulbagh Toerisme wil die Witzenberg munisipaliteit bedank vir al hul hulp en bystand met die feesreëlings asook die borge: Aquila Private Game Reserve, KLM Royal Dutch Airlines, Eerste Nasionale Bank, Thirsti, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en Wesgro. “Baie dankie aan al die uitstallers en besoekers wat die fees bygewoon het. Volgende jaar maak ons weer so wanneer ons die 25ste Kersfees in die Winter fees sal vier”.
: Berna Coetzee
Bejaarde se moordsaak uitgestel
‘n BEJAARDE vrou van Bella Vista wat verdink word van moord, se verhoor is na Novembermaand uitgestel.
Elizabeth Sagarias moet weer op 12 November in die Ceres streekhof verskyn weens die moord op Denrico Jensel (25) in 2023. Die saak is uitgestel vir verhoor. Agtergrond
Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 18 Maart 2023 in Vygiesingel plaasgevind. Die polisie het die liggaam van Jensel in die straat gevind met ‘n oop wond in sy bors. Hy is op die toneel dood verklaar. Sagarias is kort na die voorval gearresteer en later op R500 borg vrygelaat.
Brandstigter weer in hof
DIE vermeende Matroosberg-brandstigter se saak is weer uitgestel. Die keer na Augustusmaand wanneer dit in die Ceres streekhof moet begin - meer as twee jaar na die voorval.
Ashlin Brandon Paulse (26) staan tereg op klagtes wat verband hou met ‘n brand in Mei 2023 waarin die bekende Matroosberg skihut in puin gelê en drie voertuie vernietig is.
Die saak is na 18 Augustus uitgestel. Vasgetrek Paulse is op Maandag 3 Julie 2023, deur Wes-Kaap speurders gearresteer. Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26 - 28 Mei 2023 by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend gaan stap. Met hulle terugkeer omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.
Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.
LESERS is altyd welkom om hulle opinies en briewe in te stuur vir plasing. Klagtes oor munisipale dienslewering of probleme, moet eers met die Witzenberg munisipaliteit opgeneem word. Klaers ontvang ‘n verwysingsnommer of skrywe dat hul brief/klagte ontvang is. Indien daar nie op die skrywes/klagte gereageer word nie, kan inwoners dit daarna na die koerant stuur vir plasing of om op te volg. Die naam en besonderhede van die skrywer/klaer moet die brief vergesel - die munisipaliteit reageer nie op anonieme skrywes nie. Dit is nie die koerant se verantwoordelikheid of plig om inwoners se munisipale-probleme en klagtes, onder die munisipaliteit se aandag te bring nie.- RED
FOTOS
MEER as 80mm reën het tussen Woensdag 25 Junie en Sondag 29 Junie in die Witzenbergstreek geval. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar in die Warm Bokkeveld (Ceres) 86.8mm gemeet, by Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing is 34mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 48mm en by Bronaar 48.8mm gemeet. By Romansrivier is 56mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 73mm gemeet. *Die Ceres Koekedouwdam is 69% vol, Tulbagh dorpsdam is 91% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 58%. *Van 1 - 30 Junie is 162.2mm gemeet. In Junie 2024 het 147.1mm reën geval en in Junie 2023, ‘n rekord 430.8mm.
FOTO: Rezianne Bergman
Warmbokkeveld Korrektiewe dienste neem afskeid van staatmakers
DIE departement korrektiewe dienste en die Warmbokkeveld sentrum op Ceres, het verlede week afskeid geneem van twee staatmakers, mev. F. de Bruyn en Ems Snyman. “Baie dankie vir al die jare se diens en harde werk aan die gevangenis se area en die verskil wat julle in die gevangenes se lewens gemaak het. Ons wens julle alle voorspoed toe vir die toekoms en mag die Here julle seën met gesondheid en julle veilig hou en bewaar”. Mev. De Bruyn het 25 jaar diens en mev. Snyman het 20 jaar diens, gelewer deur verskillende rehabilitasie- en beradingsprogramme by die sentrum aan te bied. VLNR: Mnr. B. Williams (waarnemende hoof van Warmbokkeveld KD), mev. Ems Snyman (fasiliteerder en berader), mev. F. de Bruyn (fasiliteerder), kapelaan G. Fredericks (Breederivier KD-bestuursarea) en mnr. André Potgieter (SMDC).
TWEE rugbyspelers van Charlie Hofmeyr, Gerhard Goosen (onder) en Joshua Swarts, is opgeneem in die o/18-Cravenweekspan. Die toernooi vind van 7 - 12 Julie plaas in Middelburg, Mpumalanga. * Drie leerders van Charlie Hofmeyr, Randall Muller, Chriswill du Toit en Dewald Scholtz, neem die week deel aan die Boland o/16 Grant Khomoweek in Pretoria.
Polisie soek dié inbrekers
CERES polisie is steeds opsoek na inligting rakende vier of vyf verdagtes wat betrap is op CCTV waar hulle by ‘n woonhuis in Parkstraat, Ceres, ingebreek het. Die inbraak het tussen 7 en 17 Junie plaasgevind. Die diewe het onder andere juweliersware, horlosies, ‘n Samsung platskerm TV, ‘n Dell skootrekenaar en ‘n 9mm Astra pistool tydens die inbraak gesteel. * Indien iemand enige van die verdagtes herken, kan hulle anoniem die inligting stuur na 079-894-1255. Hulle kan ook die ondersoekbeampte, s/sers. John Baron, skakel by (023) 316-8500. Die plasing op die Witzenberg Herald se Facebook-blad is al deur meer as 34 000 mense besoek.
DIE Gouda Wind Energy Facility het verlede week donasies aan verskillende skole oorhandig en die tweede kwartaal op ‘n hoë noot afgesluit. Gouda Wind Energy Facility se skakelbeampte, Johannes Thomas, sê dit laat ‘n mens se hart swel van blydskap om iets terug te gee vir leerders en onderwysers. Skole wat skenkings ontvang het was Tulbagh Hoërskool en Lingomso primary asook Soetendal en Bergrivier primêr op Wellington en Rondeheuwel primêr op Hermon. * Vir meer inligting oor die projek en skenkings, kan skole en ECD sentrums vir Johannes Thomas skakel by 076-1401-756.
Ekonomie versterk met opleiding
PLAASLIKE entrepreneurs en KMMO’s in die Witzenberg munisipaliteit het onlangs baat gevind by opleiding wat daarop gemik was om mededingendheid en volhoubaarheid te bevorder. Hierdie belegging is ontwerp om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer, werksgeleenthede te skep en ‘n kultuur van entrepreneurskap in die omliggende gemeenskappe te koester. Die program, wat deur Perdekraal Oos windkragaanleg befonds is, is gestruktureer rondom twee sleutel fokusareas: verskafferontwikkeling en KMMO-ontwikkeling, beide gemik op die bou van plaaslike kapasiteit en die bevordering van ekonomiese groei.
Elf verskaffers het baat gevind by persoonlike verskafferontwikkelingsopleidingsessies wat daarop gemik was om voldoening en veiligheidsstandaarde te verbeter. Die opleiding het gefokus op onderwerpe soos die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA), die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (OHS) en die bestuur van gevaarlike chemikalieë in die werkplek, wat verskaffers bemagtig om aan bedryfstandaarde te voldoen, operasionele risiko’s te verminder en produkgehalte te verbeter.
Daarbenewens het ses klein besighede deelgeneem aan die KMMO-ontwikkelingsopleiding, wat noodsaaklike sakebeginsels aangespreek het, insluitend basiese boekhouding, finansiële bestuur en menslike hulpbronbeginsels.
Hierdie sessies het ten doel gehad om kritieke kennisgapings te sluit, plaaslike entrepreneurs te bemagtig om volhoubare besighede te bedryf en betekenisvol tot die plaaslike ekonomie by te dra.
PLAASLIKE entrepreneurs en KMMO’s in die Witzenberg munisipaliteit het onlangs baat gevind by opleiding wat daarop gemik was om mededingendheid en volhoubaarheid te bevorder.
Huis: 09:00 Bergstraat 709, Op-die-Berg Kerk: 10:00 Maranata for all Nations, Op-die-Berg Graf: Op-die-Berg
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie. Galásiërs 5:26 Ev. Jacobs
Koerant-bondels te koop @ R40 PER BONDEL
(023) 316-2021
Voortrekkerstraat 17D, Ceres
DIE Togryers museum vra die Witzenberg gemeenskap om te help met skenkings van bone, vleis ekstrakblokkies en soppoeier vir hul jaarlikse Winter-projek. Produkte kan afgegee word by die museum. Indien iemand kontant wil gee, kan dit by die Museum in Oranjestraat afgegee word, waarmee hulle die nodige produkte sal aankoop. Die museum het al 296 bottels (jars) versprei aan persone in nood.
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Warm jasse •Mansklere en -skoene
Suspension
Brakes and
André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
IS JY OP
SOEK NA: kantoorspasiekantoorspasie kantoorspasiekantoorspasie kantoorspasie winkelspasiewinkelspasie winkelspasie IN CERES
AANDAG: Oudleerders van Fred Gaum. Die dr. Wesley en Dulcie Baartzes Stigting nooi oudleerders van Fred Gaum uit na ‘n spesiale geleentheid op Saterdag 2 Augustus om 10:00. Tydens die gedenklesing sal ‘n elektroniese afskrif van dr. Baartzes se doktorale proefskrif aan die Ceres Togryers museum en die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh, oorhandig word. Die tema van dr. Baartzes se doktorale tesis: ’n Kritiese studie ten opsigte van die status van die plattelandse onderwyser in Ceres/Tulbagh omgewing. Bespreek by (023) 312-20245 om teleurstelling te voorkom. Plek is beperk.
MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie op 5 Julie by Harvest Bistro/Winterberg om 17:00. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel vir Tina by 073-950-7380 , Yolanda by 073-919-3903 of Esmerelda by 071-866-8842
DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae kan die volgende persone geskakel word: Arno Vergotine by 073-591-1427, Henrico Fransman by 060-626-7723, Melony Meyer by 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro by 083-387-2990.
INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 tot 16:00.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum @gmail.com
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)
Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00
Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
MEMBERS of the public are invited to nominate candidates who could serve on the governing bodies of affiliated museums for a three year term, 1 November 2025 to 31 October 2028, in terms of sections 3(1), 15(1) and 34 of the Western Cape Museums Ordinance Amendment Act 2 of 2021 (The Ordinance). Members of the public who wish to nominate suitable individuals to serve on the government body of the Togryers museum must complete the prescribed online nomination form. Closing date: 17 July. For more information contact museum manager at 076 6892 885.
•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300
Bella wen, Ceres verloor onverwags
BELLA Vista het die naweek hulle segetog voortgesit terwyl Ceres onverwags teen Wolseley verloor het.
Bella Vista is besig om hul beste vorm te herwin met ‘n 36-22 oorwinning oor Villagers Newton. Die rustydtelling was 24-7.
Bella Vista wat sonder ses gereelde spelers moes klaarkom, het by tye goeie spel gelewer.
Die verdediging agterlangs wek steeds kommer maar is iets wat vinnig reggestel kan word. Die nuwelinge in die span het hul goed van hul taak gekwyt en dit was verbasend om te sien dat Bella Vista voorspelers steeds goed vertoon.
Twee spelers, Johane Seroot (flank) en Corné du Plessis (heelagter) verdien vermelding met hul goeie spel en aanvoeling.
Vir Bella Vista het Corné du Plessis en Nathan-Otniël van Wyk elk twee drieë gedruk terwyl Shaan Langeveld en Francois Hofmeester elk ‘n keer agter die opponente se doellyn gaan kuier het. Corné du Plessis het drie doelskoppe oorgeskop.
Ander uitslae
Ceres het die naweek ‘n wisselvallige vertoning gelewer en onverwags teen Wolseley met 19-25 verloor, Delicious het ‘n pak slae gekry by Roses United en met 19-38 verloor.
Bella Vista beklee tans die tweede plek op die punteleer na Roses United terwyl Ceres afgeskuif het na die vierde plek. Naweek se wedstryde
Die naweek pak Ceres vir Delicious op Victoriapark in wat beloof ‘n opwindende derbystryd te wees.
Bella Vista speel tuis teen Young Blues, Wolseley speel teen Newtons, Roses United is gasheer vir Hamlet, Villagers Newton speel teen Hillcrest en Evergreens Paarl pak Temperance.
ARRANGEMENTS are underway for Mandela Day celebrations. A 6.7km Fun Walk will take place on Friday 18 July from 09:00 to 13:00 at the Bella Vista sportgrounds. This year the event aims to raise awareness of TB and Child Wellness and our goal is to collect 670 blankets. This will be distributed to the pediatric ward in Brewelskloof hospital, known to treat TB patients, Ceres hospital and Steinthal Youth and Care Centre. The Togryers museum, Omgeewinkel and Ceres Tourism Bureau are the three drop-off points where the community can donate their fleece blankets or bring it to the starting point. For the link to the entry form go to the Facebook of the Togryers museum or contact Neal Stacey at 071-5136-708. Entry is free. The Witzenberg Municipality is supporting the day and mayor Trevor Abrahams, will be part of the 6.7km walk. *Seen here are mayor Trevor Abrahams and Neal Stacey from 2feet4TB.
BELLA Vista primêr is trots op hul o/12 netbalspan wat gekwalifiseer het om aan die SASN skole netbaltoernooi deel te neem. Die span sal Wes-Kaap verteenwoordig. Die netbaltoernooi vind vanaf 26 -27 Julie in Polokwane plaas.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
Wedvlugseisoen goed op dreef
WEDVLUGDUIWE is Sondag 29 Junie op Victoria Wes gelos in die eerste gesamentlike loslating saam met die Federated Board duiwe-organisasie. Nagenoeg 8000 duiwe is losgelaat.
Stevan Williams wen die WRPU asook die Ceresvallei Federasie wedvlug. Victoria Wes CHPS
1. Team Koopman ARL -1322.504 mpm
2. Cyril en Ann Davids - 1220.692 mpm
3. Cyril en Ann Davids - 1316.461 mpm
4. Team Koopman ARL -1316.029 mpm
5. Team Koopman ARL -1202.996 mpm
Ceres Federasie
1. Stevan Williams -1426.846 mpm
2. JRK lofts - 1405.145 mpm
3. Cameron Mars -1364.834 mpm
Volgende naweek vlieg die duiwe weer vanaf Leeu Gamka as die weer dit toelaat. BHPS
Jaaroud
1. Emile Arries - 1281.550 mpm
2. ODE Lofts - 1161.908 mpm
3. Emile Arries - 1132.491 mpm
4. Emile Arries - 1123.877 mpm
5. Marquine Pieterse -975.697 mpm
BHPS
Ope
1. Roberto van Wyk -1291.399 mpm
2. Roberto van Wyk -1266.118 mpm
3. ODE Lofts - 1265.801 mpm
4. Emile Arries - 1264.434 mpm
5. C. Vergotine - 1261.227 mpm
Hamlet duiweklub
Ope
Kitshoff hokke - 1332.064 mpm
NJ Kitshoff jr. - 1261.846 mpm
Jurie Ruiters - 1255.160 mpm
Kitshoff hokke - 1252.798 mpm
NJ Kitshoff jr. - 1250.041 mpm
Wedvlugduiwe is Saterdag 21 Junie op Beaufort-Wes gelos en het hul hokke vinnig bereik.
Pat Prins van Wolseley het die Ceres Federasie wedvlug gewen. CHPS
Leeu Gamka Ope 1
1. Team Koopman ARL -1372.599 mpm
2. Cyril en Ann Davids - 1368.655 mpm
3. Van Rooy lofts -1363.219 mpm
4. Van Rooy lofts -1363.219 mpm
5. Team Koopman ARL -1339.077 mpm
Ceres Federasie wedvlug
1. Pat Prins - 1379.058 mpm
2. E Lofts - 1377.378 mpm
3. E Lofts - 1377.068 mpm
4. Pat Prins - 1376.011 mpm
5. Cameron Mars -1374.269 mpm
BHPS
Leeu Gamka Ope 1
1. Nicky Smith - 1308.987 mpm
2. Emile Arries - 1292.558 mpm
3. Emile Arries - 1272.056 mpm
4. Roberto van Wyk -1263.967 mpm
5. Emile Arries - 1248.339 mpm
BHPS
Leeu Gamka Ope 1
1. Marquine Pieterse -1301.183 mpm
2. Roberto van Wyk -1219.221 mpm
3. Marquine Pieterse -1217.289 mpm
4. C. Vergotine - 1203.884 mpm
5. Nicky Smith - 1125.475 mpm
Tulbagh duiweklub
Leeu Gamka Ope 1
1. Always rising 2 -1260.21 mpm
2. Bertie Rabie - 1185.01mpm
3. Always rising loft -1125.96 mpm
4. Rodrick Albertus -1098.09 mpm
5. Always rising 2 -1159.77 mpm
Jaaroud
Leeu Gamka Ope 1
1. Always rising loft -1095.70 mpm
2. Always rising 2 -955.58 mpm
3. Always rising loft -916.48 mpm
4. Always rising loft -903.62 mpm
5. Always rising loft -868.99 mpm
Hamlet duiweklub
Leeu Gamka Ope 1
Vliegnaweek 'n groot sukses
CERES Model Aircraft Club (CMAC) het die naweek van 12 - 15 Junie hul jaarlikse vlieg-naweek buite Ceres aangebied.
Meer as 40 vlieëniers van die Wes- en Suid-Kaap het deelgeneem. Sommige van sover as Mosselbaai, Napier, Hermanus en Citrusdal het met hul helikopters en vliegtuie kom spog.
Die vliegnaweek is ‘n ope byeenkoms en geregistreerde model vlieëniers kom neem deel wys hulle vaardighede.
Die negejarige Marcel Visser van Citrusdal vliegklub, wat onlangs sy solo gradering ontvang het, het gewys dat modelvlieg geen ouderdomsbeperking het nie solank jy net die veiligheid, vaardigheid en vliegdissipline van ‘n ware vlieënier kan bemeester.
Die vliegnaweek word jaarliks in samewerking met Ceres Toerisme aangebied. Plaaslike besighede het weer pryse geborg en die kompetisie het gesorg vir heelwat opwinding soos die vlieëniers meeding vir die
groot pryse. Nabygeleë plase het ook wegbreek-naweke, met kothuisverblyf vir twee persone, geborg. Ceres Model Aircraft Club (CMAC) is by Ceres vliegveld geleë.
Belangstellendes
Belangstellendes in die sport is welkom om Peter Brewis te skakel by 083-3629156
1. NJ Kitshoff jr. -1310.245 mpm
2. NJ Kitshoff jr. -1259.202 mpm
3. Jurie Ruiters - 1237.094 mpm
4. De Jager Broers -1217.206 mpm
5. Kitshoff hokke -1216.151 mpm
Hamlet duiweklub vlieg vanjaar net in die Ope-afdeling.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder se kantoor ingehandig word, vir aandag Ryan van der Merwe, Voortrekkerstraat 53, Ceres, 6835 of gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be handed in at the office of the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe, 53 Voortrekker Street, Ceres, 6835, or e-mail it to ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Portion 2 of Farm No. 331, Portion 1 of Farm No. 327, Remainder of Farm 327 & Remainder of the Farm No. 458, Ceres Ligging / Location 12km North east of Prince Alfred Hamlet
Aansoeker / Applicant
TPM Stadsbeplanners (021) 9751300
Aard / Nature
PROPOSED CONSENT USE TO ALLOW A PV SOLAR PLANT FACILITY
VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OM ‘N SONKRAGFASILITEIT TOE TE LAAT
Verwysing / Reference
15/4/2/360
Sluitingsdatum / Closure date
30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant
30 Days from date of publication in newspaper
KARATEKAS van Senshi Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het tydens die Kaapstad alle style uitnodigings kampioenskappe op 28 Junie goed presteer. Tien studente het 21 medaljes verower waarvan 8 goud was, 5 silwer en 8 brons. Senshi Dojo is tans in die vierde plek algeheel onder die top 10 klubs. * ’n Spesiale woord van dank en voorspoed aan gaste van Goju Kai, Alison Downie en Luke Strydom, wat binnekort na Japan vertrek vir die Wêreldspele en geluk aan Le Roux Hough van Senshi Dojo met sy silwer en brons medaljes in sy heel eerste karate-kompetisie. AGTER: Sensei Wayne, Alison Downie, Luke Strydom, Ruan du Preez,
Lukas Krige en Tylor Engelbrecht. VOOR: Mia Laubscher, Le Roux Hough, Bellanè Vermeulen, Izak Krige en Adriel Ndlovu.