






Ceres Remhoogte Boerdery 130ste bestaansjaar
Sien spesiale bylae op bl. 5 - 8

Sien spesiale bylae op bl. 5 - 8
‘n MAN (49) wat Donderdag by die Ceres landdroshof vrygelaat is nadat die P.A. Hamlet-moordsaak teen hom tydelik teruggetrek is, het omstreeks 11:20 by die Tulbagh minibus taxi staanplek in Munnikstraat, inmekaar gesak en gesterf. Die polisie en EMS was vinnig op die toneel maar kon niks vir die man, wat later as Albert Monkeanae van Bokveldskloof in die Koue Bokkeveld geïdentifiseer is, doen nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek (GDO) is later gedoen wat bepaal het dat Monkeanae aan natuurlike oorsake dood is.Van sy medisyne en pille is by hom gekry.
VIER of vyf verdagtes is op CCTV betrap waar hulle by ‘n woonhuis in Parkstraat, Ceres, ingebreek het. Die inbraak het tussen 7 en 17 Junie plaasgevind. Die diewe het onder anderejuweliersware,horlosies,‘nSamsungplatskermTV,‘nDellskootrekenaaren‘n9mm Astra pistool tydens die inbraak gesteel. * Indien iemand enige van die verdagtes herken, kan hulle anoniem die inligting stuur na 079-894-1255. Hulle kan ook die ondersoekbeampte, s/sers. John Baron, skakel by (023) 316-8500. * Groter fotos sal ook op die Witzenberg Herald se Facebook-blad geplaas word.
DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar kêrel met ‘n kombuismes doodgesteek het, se saak is verlede week in die Ceres landdroshof uitgestel.
Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en ‘n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, het begin Maart 2025 aan steekwonde aan sy regter bo-been en linker bors, gesterf. Die polisie is later na ‘n woning in die Vredebes ontwikkeling waar hulle die 31-jarige Samanthea Baadjies gearresteer het.
Hofverskyning Baadjies, ‘n werknemer by 'n wegneemeteonderneming op Ceres, het Donderdag 19 Junie weer in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van moord.
Beweringe dat die paartjie baklei het, maak deel uit van die polisie se ondersoek en hofsaak. Verdere klagtes kan later bygevoeg word sodra die polisie se moordondersoek afgehandel is.
Die saak is na 19 September vir verdere ondersoek uitgestel. Baadjies se borg van R2 000 is verleng.
WITZENBERG APD wil hulle opregte dank uitspreek teenoor AVBOB wat op 12 Junie hul sentrum besoek het. AVBOB het tydens die geleentheid ‘n skenking van lekker warm komberse aan APD-kliënte gemaak.
ON 18 June, the Cape Winelands District Municipality (CWDM) concluded its Dignity Programme in the Witzenberg municipal area on a high note when identified organisations received their adult diapers. The programme forms part of CWDM’s ongoing mission to support vulnerable communities with dignity, care, and compassion. FLTR: Nicolette Snyders Carolus (EHP), Vuyani Jantjies (DSD), Andeline Coetzee (Vrolike Vinkies), Wouda Hanekom (DSD), Executive Deputy Mayor Ald. Margie Sampson (CWDM), representative from the Percy Bilton Service Centre, Ald. Dirk Swart(CWDM), and Myrtle Benjamin(CWDM).
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Certificate of Consolidation Title No. T66217/ 1992
Registered in favour of:
WITZENBERG MUNICIPALITY (previously REGIONAL SERVICES COUNCIL BREEDE RIVER)
in respect of certain: Erf 211, Die Dorp Op-die-Berg, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Province of the Western Cape which consist of inter alia Erf 218, Die Dorp Op-die-Berg, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Cape Town, Floor 4, Information Desk, 2 Riebeeck Street, Foreshore, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.
DATED at TULBAGH on 2 JUNE 2025
APPLICANT: WITZENBERG MUNICIPALITY
c/o Bezuidenhout Incorporated
45 Church Street, Tulbagh, 6820
E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 022-0001
DIE Wes-Kaap parlement se openbare opvoeding en uitreikingsafdeling en departement van kultuursake en sport, het ‘n Readers are Leaders inisiatief op 23 Junie in die Ceres stadsaal aangebied. Die sessie is bygewoon deur Ceres primêr en W.F.Loots primêr op Wolseley. Die doel van die projek is om ‘n liefde vir leesvaardighede te kweek en om kinders aan te spoor deur vir hulle te sê dat goeie leesvaardighede baie deure oopmaak. Die geleentheid is deur die burgemeester Trevor Abrahams geopen. Bhuki, die gelukbringer van die Wes-Kaapse biblioteke, het ook die geleentheid bygewoon.
CITIZEN Leader Lab has launched the 15th cohort of its Leaders for Education programme, welcoming principals from schools in Tulbagh, Paarl, Klapmuts, Kylemore, Kayamandi and Jamestown into its nationally recognised leadership development programme. The programme, which brings together the education and business sectors, continues to equip school leaders with the skills and support needed to create change in their schools and communities. This launch also coincides with a special milestone: 15 years of Citizen Leader Lab’s commitment to strengthening school leadership across South Africa. Since being introduced in the Winelands in 2012, the Leaders for Education programme has evolved into a robust network of over 120 school principals and 120 business leaders in the region. The programme runs over the course of a year and connects public school principals with experienced business leaders. * The rollout of the programme in the region has been made possible through the support of sponsors including Mediclinic, Remgro, Cape Wine Auction Trust, Perdekraal East Wind Farm and the FEM Education Foundation.
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Certificate of Consolidation Title No. T54606/ 1994
Registered in favour of: WITZENBERG MUNICIPALITY (previously WOLSELEY MUNICIPALITY) in respect of certain: Erf 1562, (a [portion of Erf 764) Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which incorporates inter alia Erf 919, Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Cape Town, Floor 4, Information Desk, 2 Riebeeck Street, Foreshore, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.
DATED at TULBAGH on 2 JUNE 2025
APPLICANT: WITZENBERG MUNICIPALITY
c/o Bezuidenhout Incorporated
45 Church Street, Tulbagh, 6820
E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 022-0001
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
In the commission for conciliation, mediation and arbitration held at Cape Town Case no.: WECT6874-20
In the matter between: ELIZABETH HANEKOM Execution Creditor and
LUCAS VAN TONDER T/A
MONTPELLIER WINES Execution Debtor
In pursuance of a settlement agreement that was entered into between Elizabeth Hanekom (Execution Creditor) and Lucas van Tonder t/a Montpellier Wines (Execution Debtor) on 5 October 2021 and a following Enforcement Award dated 20 December 2021 against moveable property issued thereafter the property listed hereunder will be sold in execution on 25 July 2025 at 12:00 by the Sheriff of Moorreesburg at Montpellier Wine Estate, Twee Jonge Gezellen Road, Tulbagh to the highest bidder.
INVENTORY:
1 x Chevrolet truck - Reg. no: CCM 1537
1 x Landrover, green - no Registration no. 1 x Ford Ranger c/d - Reg. no.: CCM 4429
1 x 4x4 Kabota tractor
EXECUTION CREDITOR
Elizabeth Hanekom 38 4thAvenue , Kleinmond
DIE Valke in die Noordwes provinsie en die SAPD handelsmisdaadeenheid ondersoek sedert 2019 oudwerknemers van Sitona Mining nadat dié personeellede oor ‘n lang tydperk meer as R10 miljoen by die myn gesteel het.
Een van die oudpersoneellede, wat aangekla word van diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (34), het na die voorval op Ceres kom woon en werk. Sy is tans werkloos en woonagtig in die De Doorns omgewing.
Uitstel
Cunningham het verlede Donderdag 19 Junie weer in die streekhof op Rustenburg verskyn. Die saak is vir verhoor na 12 en 13 November uitgestel. Sy is tans uit op R15 000 borg.
Bedrog
Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes (42) deur die Noordwes Valke en die SAPD se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen.
Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die vroue in die rekeninge-afdeling werksaam was.
Botes is in Februarie 2024 skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy het die geld in twee persoonlike rekeninge inbetaal. Sy is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike rekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paiawet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is.
‘n GEWESE werknemer van ‘n mynmaatskappy op Rustenburg en tans ‘n inwoner op Ceres en De Doorns, Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (34), het verlede week weer in die Rustenburg streekhof verskyn.
SAAM met die reënweer, is daar die afgelope week talle motorongelukke aangemeld. Insittendes het gelukkig net ligte en minder ernstige beserings opgedoen. Op Maandag 23 Junie het ‘n Toyoya Conquest (foto bo) in Theronsbergpas teen ‘n sleepwa van ‘n bakkie gebots. Een bestuurder het hoofbeserings opgedoen terwyl twee vroue en ‘n kind (4) beseer is. Maandagoggend omstreeks 09:00 het die bejaarde bestuurder van ‘n bakkie (foto links onder) naby Royal kafee buite P.A. Hamlet, teen ‘n stilstaande vragmotor se agterkant vasgery. Die vragmotor wou by die aartappelstoor indraai. Maandag omstreeks 14:00 het ‘n minibus taxi in die agterkant van ‘n sekuriteitsvoertuig (foto links bo) vasgery. Die motor het op die sypaadjie teenaan die koekwinkel in Voortrekkerstraat, tot stilstand gekom. * Op Wolseley het ‘n bejaarde bestuurder van ‘n dubbelkajuitbakkie Maandag 23 Junie omstreeks 22:00 deur ‘n huis se sementmuur gery. Niemand is beseer nie. Dinsdag 24 Junie omstreeks 20:00 het ‘n vroue bestuurder beheer oor haar Toyota Urban Cruiser verloor. Die ongeluk het by die Wolseley treinspoor in die rigting van Ceres plaasgevind. Die motor het op sy sy in ‘n sloot beland. Niemand is beseer nie.
DIE saak teen vyf vermeende renosterstropers sloer na byna vier jaar voort. Die laaste twee keer wat die saak uitgestel moes word, was omrede hoftolke gestaak het. Die stropers het in Desember 2021, vyf renosters op Inverdoorn doodgeskiet. Die hofsaak, ‘n eerste vir die Wes-Kaap, was Vrydag 20 Junie weer op hofrol. Die verhoor is uitgestel en sal op 22 en 23 September in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, begin. Vier in aanhouding Amade Filemone Chongo (50) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (59), Wishes Mugari (33), Justice Cossa (31) en Michael Mbaura (26) in die beskuldigbank.
Twee van die mans is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië.
Dié renosterstropers is op 10
Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesieeenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek.
Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.
Waarde
Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings.
SPEURDERS op Tulbagh het verlede week nog ‘n deurbraak gemaak in die Lauks-moord en drie verdagtes gearresteer.
Drie verdagtes van Tulbagh, Ricardo Witness (28), Junaid Samso (24) en Abriano Morris (19), is verlede Dinsdag 17 Junie vasgetrek. Hulle het Donderdag 19 Junie vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn voordat die saak na Maandag 23 Junie uitgestel is sodat die vier beskuldigdes saam tereg kan staan. Steven Witbooi (29), wat ‘n paar weke gelede vasgetrek is en reeds weens dié moord in die hof verskyn het, het Maandag saam met Witness, Samso en Morris in die hof verskyn. Die saak is na 14 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Al vier verdagtes het aangedui dat hulle nie om borg gaan aansoek doen nie. Agtergrond ‘n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie dood in sy motor gevind. Lauks wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy die Sondagaand van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek deur ‘n inwoner. Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor. Die polisie het na die moord vingerafdrukke op die toneel geneem en op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. Betroubaar word verneem dat Witbooi al talle kere met die gereg gebots het. In 2018 is tronkstraf van 2 jaar en 3 jaar aan hom opgelê vir twee huisbraak en diefstalsake by mnr. Lauks se woning. Witbooi moet ook op 29 Oktober in die Tulbagh streekhof verskyn weens ‘n huisbraak en diefstalsaak by Lauks se huis. Vriende van mnr. Lauks het Sondag 22 Junie ‘n gedenkdiens vir hom op Tulbagh gehou.
JOHN Parkington, emeritus professor aan die Universiteit van Kaapstad, het Dinsdag 24 Junie die Vriende van die Museum se algemene jaarvergadering toegespreek. Die tema van die oggendpraatjie was: Entangled lives, connected memories, elephants and elephanthropes in the rock art of the Agter Pakhuis archives. VLNR: Maddy Ross, Archie van Biljon, prof. Parkington, Nicolene Vermeulen, Marthinus de Villiers en Bertdene Laubscher (museumbestuurder).
COME experience the Magic of Tulbagh’s Christmas in Winter Festival 2025. Tulbagh transforms into a festive wonderland for its annual Christmas in Winter Festival, happening June 27-29.
Kicking off with a dazzling light switch-on and Electric Light Parade, Church Street becomes a Christmas lover’s dream. Enjoy artisanal markets, delicious food, Glühwein shacks, live music performances headlined by Radio Kalahari Orkes on Saturday night.
Kids will love the Winter Wonderland with snow machines, white jumping castles, an enchanted forest and more. Big prizes include KLM tickets to Europe and a luxury weekend at Aquila. Celebrate the Winter season with wine tastings at their fabulous farms and feasting in restaurants across Tulbagh.
Tickets
Book your tickets now at tixsa.co.za. All Weekend Pass: OnlineR250, Friday R200, Saturday and Sunday: R150, Wine Tasting ticket: R100, kids 8 - 15: 25% discount and kids under 8: free.
‘n POLISIESERSANT wat ‘n duiker sonder ‘n permit geskiet het, se saak is weer op Ceres uitgestel. Sers. Aron Bani (42), wat by die Kaapstad Intenasionale lughawe gestasioneer is, is einde April gearresteer nadat hy onwettig twee grys duikers in die Droëhoek-omgewing gejag het. Die voorval het op 20 April omstreeks 00:40 plaasgevind. ‘n Tweede duiker is met ‘n mes doodgesteek. Toe die polisie hom voorkeer, is die twee duikers (sylvicapra grimmia) toegedraai in plastiek, in sy motor gevind. Daar is ook op ‘n jaggeweer beslag gelê. Bani moet weer 28 Julie in die hof verskyn.
Klagtes
Hy staan tans alleen tereg op klagtes van die besit van beskermde dierkarkasse sonder enige skriftelike dokumentasie en die jag van beskermde wild sonder ‘n permit. Die saak word deur die veediefstalen bedreigde spesie-eenheid in Worcester ondersoek. Die beraamde waarde van die duikers beloop nagenoeg R7 400. Hy kan ‘n boete van R80 000 of gevangenisstraf van twee jaar opgelê word.
‘n OUD Ceres-inwoner wat die afgelope paar jaar gereeld met die gereg gebots het, se verhoor gaan nou eers in Novembermaand in die George streekhof begin. Riaan Barnard (44) verskyn in die George streekhof op ‘n klag van aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (81). Die voorval het tussen 4 en 5 Maart 2024 plaasgevind tydens ‘n onderonsie.
Barnard het na bewering ‘n stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Hy is kort daarna in hegtenis geneem en later in Mei 2024 op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Die saak is na 14 November uitgestel. Die polisie ondersoek nog ‘n voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het. Dié klagte is by die aanrandingsklag gevoeg.
Agtergrond
In Maart 2023 is Barnard op Ceres, ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele opgelê.
Aansoeke word ingewag vir die pos as kassier by die VGK Ceres. Die aanstelling is onderhewig aan ‘n proeftydperk. Vereistes: • Gr. 12 • Rekenaarvaardig (Word; Excel; Access; Powerpoint; Publisher) • Ondervinding ten opsigte van die bestuur en boekstawing van finansies (kassier) sal in u guns tel • Kennis en ondervinding van Pastel rekenaarprogram sal ‘n aanwins vir die kerk wees.
Stuur ‘n volledige CV (werksgeskiedenis en verwysings ingesluit) met u aansoekbrief na 1 van die volgende: •VGK Ceres, Posbus 200, Ceres 6835 •Handig in by die Kerkkantoor, by die huidige kassier •E-pos: vgkcereskas@telkomsa.net
Aansoeke sluit: 4 Julie 2025 om 16:00
GEEN LAAT AANSOEKE SAL OORWEEG WORD NIE. Aansoekers moet bereid wees om ‘n onderhoud op eie koste by te woon. Indien u geen terugvoering ontvang na 31 Julie 2025 nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol.
DIE KERKRAAD BEHOU DIE REG VOOR OM
GEEN AANSTELLING TE MAAK VANUIT DIE
AANSOEKE WAT ONTVANG IS NIE.
CERES Remhoogte Boerdery vier vanjaar hul 130ste bestaansjaar.
Die familieonderneming is in die Koue Bokkeveld geleë waar vyf geslagte van die Du Toit familie boer. Nuwe hoofstuk
Hoewel die Du Toits al 130 jaar lank hier boer, het Remhoogte in 2016 met ‘n nuwe hoofstuk begin.
Heinie du Toit (vyfde geslag) boer tans op Remhoogte saam met sy suster Nonna en haar man, Stokkies Hanekom. Op Remhoogte word daar met appels, pere en uie geboer.
Die laaste agt jaar het die boerderyonderneming gegroei in die unieke Koue Bokkeveld-klimaat. Grondtoestande maak dit uiters geskik vir appels, pere en uie wat op Remhoogte verbou word.
Heinie is verantwoordelik vir produksie, Nonna vir die tegniese aspekte en Stokkies behartig die administrasie, finansies en personeel. Almal op die plaas werk as ‘n span saam - persoonlikhede is nie belangrik nie. Alles gaan oor Ceres Remhoogte Boerdery.
Pa, Jan en ma, Frieda woon nog op die plaas. Hulle is ‘n groot ondersteuningsbasis en hul kennis en ondervinding beteken baie vir die huidige eienaars.
Die boerderyonderneming is geseënd met hulpbronne van genoeg water, goeie grond en ‘n uitstekende werkersmag.
Baie uitdagings in landbou
Daar is ook baie uitdagings in die landboubedryf. “Ons boer nie onder ‘n dak nie, sê Heinie du Toit. Ceres Remhoogte Boerdery se boustene is hul Christelike waardes. Goeie verhoudings is van kardinale belang, bestuur en werkers moet mekaar vertrou. Daar word hard gewerk op die plaas met baie respek vir mekaar.
Heinie is tans visie-president van Agri Wes-Kaap. Sy siening van leierskap is om te dien en om mede-boere te help. Volgens hom moet die landboubedryf uit een mond praat en produsente moet saamstaan.
Van Remhoogte se grond is onderverdeel en vorm dit deel van Ceres Tierberg boerdery. Daar is vier aandeelhouers wat uit die werkersmag bemagtig is. Daar is boorde gevestig, uielande en lusernlande aangeplant asook ‘n kwekery vir vrugtebome is gevestig. Hierdie projek is tot voordeel van mense wat geslagte saam op die plaas werksaam is. Dit bied hulle die geleentheid om grond en eiendom te besit.
Toekoms
Ceres Remhoogte Boerdery wil graag bly groei en gehalte produke aan die wêreld lewer. Ceres Remhoogte Boerdery is daar om ‘n demonstrasie van God se Koninkryk in die landbou te wees.
”Dankie ook aan elkeen wat ons oor die jare ondersteun het en wat op die plaas gewerk het.”
DIE unieke Koue Bokkeveld-klimaat en grondtoestande maak dit uiters geskik vir appels, pere en uie wat op Remhoogte verbou word.
Hartlik geluk Ceres Remhoogte Boerdery met jul 130ste bestaansjaar. Baie dankie vir jul getroue ondersteuning deur die jare.
Fabricius Meganiese
Dienste bied ook die volgende dienste aan:
• Koop en verkoop van landboutoerusting
• Verhuring van trekkers
• Diens en herstel van landboutoerusting en implemente
Skakel gerus vir enige kwotasies en navrae: Philip 082-784-6599
Protealaan 28, Op-die-Berg fabricius@fabricius.co.za
CERES Remhoogte Boerdery se boustene is hul Christelike waardes. Die boerderyonderneming is geseënd met hulpbronne van genoeg water, goeie grond en ‘n uitstekende werkersmag.
independent and impartial agricultural consulting services
Ons is trots op ons verbintenis met Ceres Remhoogte Boerdery!
VAN Remhoogte se grond is onderverdeel en vorm dit deel van Ceres Tierberg Boerdery. Daar is vier aandeelhouers wat uit die werkersmag bemagtig is. Daar is boorde gevestig, uielande en lusernlande aangeplant asook ‘n kwekery vir vrugtebome is gevestig. Hierdie projek is tot voordeel van mense wat geslagte saam op die plaas werksaam is. Dit bied hulle die geleentheid om nou grond en eiendom te besit. VLNR: Hannes Kamfer, Shirley Engelbrecht, Bernard Engelbrecht en Dawid Steenkamp.
Hartlik geluk met 130 suksesvolle jare! ☎ ☎ ☎
Trotse verskaffers van gewas-oplossings aan CERES REMHOOGTE BOERDERY
Hartlik geluk met jul 130ste bestaansjaar. info@inteligro.co.za
(021) 848-9434 l www.ecosoil.co.za
Ons is trots op ons verbintenis met CERES REMHOOGTE BOERDERY. Baie geluk met jul 130ste bestaansjaar.
CERES REMHOOGTE BOERDERY Geluk met jul 130ste bestaansjaar en baie sterkte vir die toekoms.
Arie082-495-9959Carel082-823-6707 (023)312-1707arie@cvc-ceres.co.za
Ons is trots op ons verbintenis met CERES REMHOOGTE BOERDERY! Baie geluk met jul 130ste bestaansjaar.
CERES Remhoogte Boerdery vier vanjaar hul 130ste bestaansjaar. Die familieonderneming is in die Koue Bokkeveld geleë waar vyf geslagte van die Du Toit familie boer.Heinie du Toit (vyfde geslag) boer tans op Remhoogte saam met sy suster Nonna en haar man, Stokkies Hanekom. Op Remhoogte word daar met appels, pere en uie geboer. FOTO BO: Heinie en sy pa, Jan-Pagel. FOTO REGS: Stokkies en Nonna Hanekom.
Baie geluk Ceres Remhoogte Boerdery met hierdie besondere prestasie. Julle is voorwaar ‘n aanwins vir die Witzenberg-omgewing en is ons trots om hierdie mylpaal saam met julle te vier.
Baie geluk met jul 130ste bestaansjaar.
Julle is vir ons ‘n voorbeeld!
Baie geluk aan CERES REMHOOGTE BOERDERY met jul 130ste bestaansjaar.
Baie dankie vir julle lojale ondersteuning en wees verseker van ons volgehoue goeie diens! Dit is vir ons ‘n voorreg om reeds vir 25 jaar met julle geassosiëer te wees.
DU PLESSIS AUTO t/a
Baie geluk met jul Baie geluk met jul Baie geluk met jul Baie geluk met jul Baie geluk met jul 130ste bestaansjaar!!! 130ste bestaansjaar!!! 130ste bestaansjaar!!! 130ste bestaansjaar!!! 130ste
Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning.
AUTO-ELECTRICAL&AIR-CONSPECIALISTS
Arionstraat, Ceres
☎ (023) 312-3450/1
NA-URE: 083-5561-867
Ons is trots op ons verbintenis met CERES REMHOOGTE BOERDERY.
Baie geluk met die herdenking van jul 130ste bestaansjaar.
(023) 312-1057
Baie geluk met die viering van jul 130ste bestaansjaar
Baie geluk CERES REMHOOGTE BOERDERY met jul 130ste bestaansjaar. Alle voorspoed word julle toegewens vir die toekoms.
MOOI Uitsig primêr se twee netbalbane is uiteindelik voltooi. Die inwyding van die netbalbane het Donderdag 19 Junie plaasgevind. Onder die genooide gaste was Shannon Lombard en Gerane Damon van Perdekraal-Oos windplaas en Marius Petersen van CFP, die skool se beheerliggaamlede Leandra Afrika en Marius Petersen. Hier is die groep afgeneem saam onderwysers en personeel van Mooi Uitsig.
AJANDA Nel van Laastedrif primêr, is opgeneem in die o/13 Boland Cravenweek rugbyspan wat 29 Junie - 4 Julie aan die Cravenweek in Oos-London gaan deelneem. Die skool en ouers bedank almal wat bydraes gemaak het.
SES karatekas van Senshi Dojo, het onlangs aan die Helderbergliga deelgeneem. Die karatekas het 15 medaljes verwerf waarvan ses medaljes goud was, drie silwer en ses brons. * Dankie vir elke karateka se harde werk en dissipline.
DEVIDENE Marsh, een van Young Good Hopes se vroue rugbyspelers, is in die Boland o/18 span ingesluit vir ‘n toernooi wat van 30 Junie tot 4 Julie in Gauteng plaasvind. Sy is ook die onderkaptein en speel senter.
(30 DAYS REGISTRATION PERIOD EXCLUDING PUBLIC HOLIDAYS FROM 27 JUNE TO 28 JULY 2025) APPLICATION IN TERMS OF THE NEMA EIA REGULATIONS, 2014 (AS AMENDED) VEGETATION CLEARING OF APPROXIMATELY 93HA (CONSISTING OF THREE AREAS OF 5HA, 51HA AND 37HA) HISTORICALLY PLOUGHED LAND WHERE THE TOPSOIL WAS NOT LEGALLY DISTURBED THE LAST 10 YEARS ON REMAINDER OF FARM SCHALKENBOSCH 229, TULBAGHDEA&DP REF. NO.: NONE PRE-APPLICATION
Notice of a Public Participation Process (PPP) is hereby given in terms the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations (2014, as amended) made under Section 24 (5) and 44 of the National Environmental Management Act (NEMA), Act No. 107 of 1998 (as amended). This notice also serves to Inform the public that a Scoping and Environmental Impact Assessment process will be followed and that the draft reports and its Appendixes for the Application will be available for public comment on our website: https://enviro-eap.co.za/publicparticipation/. When landing on the Public Participation Page on the website please scroll down until you locate the project title as indicated above (valid for full duration of 30 day commenting period). TAKE NOTE THIS WILL ONLY BE AVAILABLE ON THE WEBSITE WHEN YOU AS A REGISTERED INTERESTED AND AFFECTED PARTY GET NOTIFICATION FROM ENVIRO-EAP THAT IT IS AVAILABLE. Notice is given of the public participation process commenced by Die Karla en Anke Trust for vegetation clearing of approximately 93ha (consisting of three areas of 5ha, 51ha and 37ha) historically ploughed land where the topsoil was not legally disturbed the last 10 years on remainder of farm Schalkenbosch 229, Tulbagh.
Location: Situated South of Tulbagh. The property will be access via access farm gravel roads of Van Der Stel Street.
Listed Activities: The application process for Environmental Authorization will follow a Scoping Environmental Impact Assessment process. The proposed development constitutes Listed Activities 15 of Listing Notice 2 of the EIA Regulations, 2014 (as amended).
Exemption: No application for any exemption is sought.
Opportunity to participate: Interested and Affected Parties are invited to register interest for the respective application within the process, or provide written comments to Enviro-EAP within 30 days of this notice (excluding public holidays). The project title, your full name, contact details, plus indication of any direct business, financial, personal or other interest you may have in this application must please be provided and fully described. Sections 11 and 18 of POPI Act, 2013 (Act No.14 of 2013): The personal information and comments provided will be included in reports to be submitted to the Competent Authority to enable informed decision-making. Also, if you choose to register as an I&AP your personal information will be made available to an appellant in the case of an appeal, and an applicant/EAP/independent person for purposes of being informed and given access to an audit report. This information may be made available in terms of section 11(1)(c) and 11(1)(d) of the POPIA, without requiring consent.
Contact: Nicolaas Hanekom Enviro-EAP, P.O. Box 205, Agulhas 7287
Tel/Cell: 076-963-6450
E-mail: admin@enviro-eap.co.za
NOODNOOD NOODNOOD NOOD
(023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997
of skakel 10111
Oogkundige
Kontaklenspraktisyn
Contact Lens
Practitioner
Optometrist
(023) 312-3060
SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835
Voortrekkerstraat 37
467, Ceres 6835
(023) 004-0595
Faks: 086-407-6707
no: 2014/097150/07
no: 4140265846
DETAILS : Conrad Jurg (TECHNICIAN) 082-341-1240 info@bdktech.co.za
Maryna de Villiers (SALES)
(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274
Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Morné Oddes Mouton
BABA CARRIER 1 x Soft Beginnings R350 082-468-2649
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” 082-859-2300
MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie op 5 Julie by Harvest Bistro om 17:00. Skakel Tina by 073-950-7380 , Yolanda by 073-9193903 of Esmerelda by 071-866-8842
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
SkakelErnest (023)316-1117
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 0231000515 0231000515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za
Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr.
vv verer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld AND ART FRAMING 083-227-6476 STEFAN STEYN
Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in ROOI @
Skakel (023) 316-2021
1976/01/14 - 2025/06/20
ROUDIENS: Donderdag 26 Junie
Huis: 19:00 Elsertastr 6, Ceres BEGRAFNISDIENS: Saterdag 28 Junie
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Teason Peter Jaco Maurice
1997/07/05 - 2025/06/15 Begrafnisdiens: Saterdag 28 Junie 2025 HuisHuis HuisHuis Huis:09:00,Polygallastr.28, Vredebes KerkKerk Kerk:10:00,ChristianMission, BellaVista GrafGraf Graf:BellaVista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
1930/03/01 - 2025/06/15
ROUDIENS: Do. 26 Jun
Huis: 19:00 Plaas Koelfontein/ Veelgewaagd BEGRAFNIS: Sat. 28 Jun Huis: 09:00 Plaas Koelfontein/ Veelgewaagd Kerk: 10:00 V.G.K Kerksaal, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Susanna Fransine Jakobs 9 x Hunter pop-ups R720 082-468-2649
GROOMING MOBILE BUSINESS
Manfrotto 679B monopod R650 (of maak ‘n aanbod) 082-468-2649
CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie by 086-1115193 vir navrae. rek C27 m.t.o.
IS JY OP SOEK NA: kantoorspasiekantoorspasie kantoorspasiekantoorspasie kantoorspasie winkelspasiewinkelspasie winkelspasiewinkelspasie winkelspasie IN CERES Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
MEMBERS of the public are invited to nominate candidates who could serve on the governing bodies of affiliated museums for a 3 year term, 1 Nov. 2025 - 31 Oct. 2028, in terms of sections 3(1), 15(1) and 34 of the Western Cape Museums Ordinance Amendment Act 2 of 2021 (The Ordinance). Members of the public who wish to nominate suitable individuals to serve on the government body of the Togryers museum must complete the prescribed online nomination form. Closing date: 17 July. For more information contact the museum manager at 076-6892-885.
DIE nuwe termyn van diens vir die beheerliggame van geaffilieerde museums begin op 1 Nov. 2025 - 31 Okt. 2028. Die departement van kultuursake en sport nooi belangstellende individue uit wat graag op die beheerliggame van die Togryers museum en die Oudekerk Volksmuseum wil dien, uit om die museumdiens se inligtingsessie vir beheerliggame by te woon. Tydens die sessie sal die rolle en verantwoordelikhede van ‘n beheerliggaam en sy lede uiteengesit word en daar sal ook tyd wees vir vrae en antwoorde. Die sessie sal plaasvind op Maandag 30 Junie van 15:00 tot 16:30 by die Togryers museum.
DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Skakel Arno Vergotine by 073591-1427, Henrico Fransman by 060626-7723, Melony Meyer by 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro by 083-3872990 vir enige navrae
INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 tot 16:00.
EMERGENCY NUMBERS:
•Police Flying Squad 1011110111
•Ambulance Services 10177
•Cell Phone Emergency 112
•Disaster Risk Management Centre (HELP) 080-911-4357
•Poisons Information Helpline of the Western Cape 0861-555-777
•Childline 116
•Lifeline (021) 461-1113
•Wilderness Search & Rescue (021) 937-0300
DIE Munisipale Gesondheidsdienste (MGD) van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) het onlangs op Wêreldomgewingsdag (5 Junie) saamgewerk aan ’n bewusmakingsveldtog oor die omgewing. As deel van KWDM se volgehoue verbintenis tot die beskerming van openbare en omgewingsgesondheid, het die MGD deelgeneem aan ’n poging om omgewingsverantwoordelikheid in die Witzenbergstreek te bevorder. Omgewingsgesondheid praktisyns (OGP’s) op Ceres het aangesluit by ’n plaaslike vennootskapsinisiatief wat daarop gemik is om omgewingsuitdagings aan te pak, veral die impak van onwettige storting in en om die dorp. Onwettige storting is meer as ’n doring in die vlees - dit dra ook by tot die verspreiding van siektes, skep teelplekke vir peste en parasiete en plaas ’n aansienlike finansiële en operasionele las op munisipale hulpbronne.
DRIE rugbyspelers van Charlie Hofmeyr, Randall Muller, Chriswill du Toit en Dewald Scholtz, is opgeneem in die Boland o/16 Grant Khomoweek. Die toernooi vind van 29 Junie tot 4 Julie plaas in Pretoria. * Twee leerders van Charlie Hofmeyr, Gerhard Goosen en Joshua Swarts, is opgeneem in die o/18-Cravenweekspan. Hulle fotos sal volgende week verskyn.
NAVORSINGSMATERIAAL tot die skool se beskikking dui daarop dat formele onderwys in 1830 op Tulbagh begin het met die diensaanvaarding van GA Zahn.
Volgens die Ryn Sendinggenootskapverslae het Zahn in 1834 drie skole in stand gehou - ’n Aandskool vir volwassenes, ‘n Sondagskool vir volwassenes wat nie gedurende die week die skool in die aand kon bywoon nie en die Kinderskool vir kinders wat te klein was om saam met die volwassenes die aandskool by te woon. Die kinderskool kan beskou word as die voorloper van Waveren Sekondêre Skool.
Die klaskamer was waarskynlik die oefeninghuis op die perseel van die Mathilda Smith-woning in Kerkstraat (Huis 26).
Danksy Jacob de Bruin wat in 1796 ‘n erf in Kerkstraat van die Kerk aangekoop het, het dit daartoe gelei dat die eerste skool wat vandag bekend staan as Laerskool Waveren op daardie perseel gebou was. ‘n T-vormige pastorie is op die erf opgerig asook ‘n Lvormige skooltjie.
in die Veertigerjare, is nog twee klaskamers aangebou. Die konsistorie in Van der Stelstraat is gebruik om die standerd 6 klas te akkommodeer.
Mnre.Crotz, Joorst, Fransman en Rasmus was die eerste vier skoolhoofde wat verbonde was aan die skool.Mnr. Abrahams was skoolhoof tot en met 1938. Mnr. Sambaba het hom as skoolhoof in 1939 opgevolg tot 1971. Te klein geraak Met verloop van tyd het die skool in Loopstraat in Helpmekaar heeltemal te klein geword en die N.G. Sendingkerk was genoodsaak met ds. Venter as leraar, om vier klaskamers op die perseel van Waveren op te rig.
Op 29 September 1969 word Tulbagh deur ‘n kragtige aardbewing getref en die skoolgebou in Helpmekaar moes onmiddellik ontruim word omdat dit onveilig was. Verdere onderrigklasse was aangebied in tente op die nuwe skoolterrein. Die skool is intussen herdoop tot Waveren nadat die departement van onderwys en kultuur dit oorgeneem het.
Vandag is die gebou nog in Van der Stelstraat tussen Boland Bank en Kole en Deeg en word dit bewaar as nasionale gedenkwaardigheid.
In 1844 was daar 43 leerders ingeskryf by die skooltjie en teen 1855 was daar 103 leerders. Die twee opvoeders wat die leerders onderrig het was me.L.Keet en me. Christina Valentyn.
Aangesien die leerders se getalle teen 1926 toegeneem het in Van der Stelstraat, is ‘n groter skool opgerig wat toe bekend gestaan het as Tulbagh NGK in Helpmekaar.
Eers is vier klaskamers aangebou en later
Leerders wat hul laerskoolopleiding voltooi het, moes hul hoërskoolopleiding op Genadedal en Ceres voltooi of na hoërskole in Kaapstad, Worcester, Wellington of Paarl gaan.
‘n Nuwe skool is later onder leiding van mnr. Abraham Sambaba in 1971 ingewy. Na 32 jaar in die onderwys het mnr. Sambaba afgetree. Mnr. G. Benjamin is daarna as skoolhoof aangestel en die skool se leergang is uitgebrei tot standerd 7.
In 1982 word mnr. Benjamin as skoolhoof in Mitchells Plain aangestel waarna mnre. C.J. Cordom en Reid daarna tot einde 1986 as hoof waarneem.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
DIE derbystryd tussen Bella Vista en Hamlet het die naweek vir opwindende klubrugby gesorg.
Bella Vista wat besig is om hul beste vorm te herwin, het Hamlet met 38-35 geklop. Die rustydtelling was 21-17 in Hamlet se guns.
Bella Vista het weer die vaste fasette oorheers en die platvorm gebruik om hulle aanvalle te loods. Net desperate verdediging van Hamlet het verhoed dat die besoekers meer punte in die eerste helfte kon aanteken.
Bella Vista se verdediging het agterlangs veel te wense oorgelaat en sal gou moet verbeter. Elke keer as Bella Vista balle veldaf geskop het, is dit nooit opgevolg nie wat die deur oopgelaat het dat Hamlet meters vêr veld kon wen met teenaanvalle.
Marlon Baron (Hamlet) het ‘n af-dag beleef en kon nooit sy snellers met vetroue wegstuur nie. Bella Vista rugbyklub kan tevrede voel met die vertoning.
Vir Bella Vista het Jared Manus, Jayten-Lee Martin, Nash-winn Lintnaar, Johane Seroot en Kenan Wessels, elkeen ‘n drie gedruk. Marvin Fredericks het die res van die punte met sy skopvoet aangeteken. Hy was in die kol met een strafdoel en vyf doelskoppe. Hamlet se puntemakers is nie deur die klub gestuur nie.
Ander uitslae
Ceres het die naweek vir Evergreens Paarl met 48-17 afgestof, Delicious het vir Young Blues met 17-16 geklop terwyl Wolseley naelskraap met 36-38 verloor het teen Roses United. Villagers Newton klop Temperance 52-19 en Hillcrest klop Newtons met 48-35. Daar was die naweek ook aksie in die Witzenberg streekuitdaagkompetisie. Môrester klop Lovedale naelskraap met 33-32, Howbill klop Young Good Hopes met 29-24, Young Westlyans klop Lindeshof 24-18, Paardekloof verloor op hul tuisveld met 21-27 teen Vastrap, Opdie-Berg klop La Plaisant net-net met 25-23 en Tulbagh is te sterk vir Red Roses en wen 48-8.
Naweek wedstryde
Bella Vista speel Saterdag 28 Junie tuis teen Villagers Newtown, Delicious is gasheer vir Roses United, Hamlet reis na Young Blues, Ceres en Wolseley meet kragte, Newtons speel teen Evergreens Paarl en Temperance speel teen Hillcrest.
SEWE dapper Witzenberg atlete, waarvan ses lede van die Ceres atletiekklub is, het op Sondag 8 Junie die uitdagende 98ste weergawe van die Comrades ultra marathon suksesvol aangepak én voltooi.
Dié ikoniese wedloop, wat vanjaar van Pietermaritzburg na Durban oor ’n afstand van 89,89 km gestrek het, het meer as 22 000 deelnemers van regoor die wêreld gelok.
Die streek is verteenwoordig deur Tania Visagie (vierde Comrades), Marina Potgieter (agtste Comrades), Ilse Hugo (negende Comrades), Louis du Toit (eerste Comrades), Attie Heyns (13de Comrades), Bram Heyns (eerste Comrades) en Rodedick Morrison (agtste Comrades).
Die twee nuwelinge, Louis du Toit en Bram Heyns, het hul eerste Comrades-medaljes op indrukwekkende wyse voltooi. ‘n Blink toekoms lê vir hulle beide voor in ultra wedlope.
Bram het boonop ten bate van ’n goeie saak gehardloop - hy het fondse ingesamel vir Love Your Nuts, ’n liefdadig-
heidsorganisasie wat bewusmaking oor testikulêre kanker bevorder.
’n Anonieme bewonderaar het die groep se prestasie só opgesom: “Hulle is ware ambassadeurs vir die Witzenbergstreek. Om die Comrades aan te pak, verg moed - om dit te voltooi, toon karakter.”
Dié sewe atlete se deelname behoort te dien as ’n inspirasie vir oud en jonk en daar is alle rede om te glo dat nóg name uit ons streek volgende jaar die Comrades-wedloop sal aandurf - en oorwin.
FOTO REGS: Tania Visagie op pad om haar vierde Comrades te voltooi.
FOTO LINKS: Die twee nuwelinge, Louis du Toit (links) en Bram Heyns (regs), het hul eerste Comrades-medaljes op indrukwekkende wyse voltooi. Hier is hulle saam met Attie Heyns (13de wedloop) by die eindpunt.