Witzenberg Herald Vol.28 no.23 (Online Weergawe)

Page 1


Voetganger ernstig beseer na dronkryer haar tref

‘n VOETGANGER is in ‘n kritieke toestand nadat sy die naweek raakgery is. ‘n Dronkbestuurder het Saterdag omstreeks 18:15 ‘n vrou naby Fase 5, buite P.A. Hamlet getref.

Volgens ‘n voorlopige polisieverslag het ‘n vrou en ‘n man in Waboomlaan gestap toe die bestuurder van ‘n Toyota Hilux bakkie, hulle langs die pad getref het.

Die erg beseerde vrou is na Ceres hospitaal geneem waarna sy later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is.

Die bestuurder wat woonagtig is in Nduli, is op die toneel gearresteer en aangekla van die bestuur onder die invloed van alkohol en bestuur sonder ‘n geldige bestuurderslisensie.

Drie aangekla van verkragting en seksuele uitbuiting

DRIE verdagtes wat in hegtenis geneem is weens die verkragting van ‘n 12-jarige meisie en haar seksuele uitbuiting, het verlede week vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.

Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het Meimaand ‘n groot deurbraak gemaak en dié drie verdagtes, ‘n man en twee vroue, vasgetrek vir die verkragting van die meisie.

Die meisie van Nduli is in Maart vanjaar vir die tweede keer in minder as drie jaar verkrag. Sy is na dié voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans.

Saak uitgestel

‘n 58-Jarige man van Nduli word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 44 jaar oud, staan tereg op klagtes van seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie verkoop het aan ander mans.

Die saak is na Woensdag 9 Julie uitgestel.

Meisie se eerste verkragtingsaak nog nie afgehandel nie

Dié meisie was in 2022 ook ‘n verkragtingslagoffer toe drie mans haar verkrag het.

Die drie mans, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.

Die drie mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortduur.

Die 2022-verkragting het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind.

Die saak is tot 3 Julie uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn.

DNS monsters geneem om te help om ma op te spoor

CERES speurders volg nog leidrade op nadat die liggaam van ‘n pasgebore baba begin Mei naby Loversbridge gevind is. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen nadat die liggaam van ‘n pasgebore baba op Saterdag 3 Mei in ‘n rugsak gevind is. DNS van twee vroue is reeds geneem maar dit kan maande duur voor die uitslag bekend gemaak word.

Drie hawelose mense wat in Michellspas in die berg en onder die brug woon, het net na middernag oor Loversbridge in die rigting van die Akkerbos gestap toe hulle ‘n pienk rugsak langs ‘n bankie opmerk. Hulle het besluit om die rugsakkie te vat en daarmee berg toe te stap.

Naby die krieketveld by Victoriapark het hulle die laaste lig gebruik om te kyk wat in die sak is. Dit is toe dat hulle die dooie baba meisie in die sak sien. Die haweloses het ‘n veiligheidswag voorgekeer voordat die polisie omstreeks 01:15 na die toneel ontbied is.

Inligting

Die polisie volg leidrade op om die ma en/ of naasbestaandes op te spoor. Die pienk rugsak waarin die meisie se liggaam versteek was, asook ‘n hangertjie, is as bewysstukke ingedien.

Indien inwoners oor enige inligting rakende die ma beskik of weet wie se hangertjie en pienk rugsak dit is, kan hulle vir s/ kst. Baartman of s/a.o Van Wyk skakel by (023) 316-8500

* Die Witzenberg Herald se digitale voorblad van 9 Mei, is al meer as 160 000 keer na gekyk.

DIT is nie aldag dat Huis Pieter Strauss met ‘n bruilof kan spog nie! Dit was verlede week wel die geval toe die trouklokke vir Isak Molosana (72) en Anna Muller (74) gelui het. “Die gemeenskap wens die paartjie alle voorspoed, liefde en vreugde toe met hul huwelikspad vorentoe”. Tannie Anna is vanaf November 2023 en oom Isak vanaf Augustus 2023, inwoners in die tehuis. By die paartjie staan Caren Andrew (strooimeisie) en Marvin Isaacs (strooijonker).

PUBLIC NOTICE: INTENT TO LEASE A PORTION OF ERF 1326, TULBAGH

The Witzenberg Municipal Council has the intention to lease a portion of erf 1326, Tulbagh and a part of the side flank of the Witzenville Community Hall to Pantry Partners (NPO) for purposes of a feeding scheme and a community garden. If there is any objection or inputs to the proposed lease, such objection/inputs should be forwarded to the office of the Municipal Manager for attention Riaan Fick at 50 Voortrekker Street, Ceres or admin@witzenberg.gov.za on or before 4 July 2025

PUBLIEKE KENNISGEWING: VOORNEME OM ‘N

GEDEELTE VAN ERF 1326, TULBAGH TE VERHUUR

Die Witzenberg Munisipale Raad is van voorneme om ‘n gedeelte van erf 1326, Tulbagh en ‘n gedeelte van die syflank van die Witzenville Gemeenskapsaal te verhuur aan Pantry Partners (NPO) vir die doel van ‘n sopkombuis en ‘n gemeenskapstuin. Indien daar enige besware/insette teen sodanige verhuring is, moet u skriftelike besware voor of op 4 Julie 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Riaan Fick, Voortrekkerstraat 50, Ceres of per epos na admin@witzenberg.gov.za

CERES Togryers is baie opgewonde oor die gasspreker vir die museum se AJV wat op 24 Junie plaasvind. John Parkington is ’n Emeritus-professor en senior navorsingsgenoot in die departement Argeologie aan die Universiteit van Kaapstad (UK). Hy het beide sy voorgraadse en nagraadse studies in Paleolitiese Argeologie aan die Universiteit van Cambridge in Engeland voltooi. Parkington se navorsing fokus daarop om langtermyn jagter-versamelaar-vestiging in die Fynbosbioom van die WesKaap te verstaan. Dit behels die kartering, dokumentering, monsterneming en soms opgrawing van terreine oor die landskap heen, asook die analise van verskillende soorte materiaal wat gevind word. Prof Parkington gaan gesels oor die rotskuns wat in die Witzenbergstreek voorkom. Bespreek jou plek by (023) 312-2045.

Badisa Wolseley is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland].

ADMINISTRATIEWE

BEAMPTE

Badisa Wolseley beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n Administratiewe beampte. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone wat Badisa se waardes onderskryf (www.badisa.org.za) word ingewag. Verantwoordelikhede sluit in: • Finansiële administrasie en skakeling met rekeningkundige beampte • Algemene administrasie • Batebestuur • Skakeling met personeel, Beheerraadslede, diensverskaffers, donateurs en vrywilligers • Ondersteun met fondswerwing, bemarking en sosiale media.

Posvereistes: • Graad 12 (kwalifikasie in administrasie of kantoorbestuur sal tot u voordeel strek) • Ten minste 2 jaar kantoorbestuur en administratiewe ervaring • Rekenaarvaardighede: MS Office (Word, Exell, Outlook, Access en PowerPoint) • Tydsbestuur en probleemoplossingsvaardighede • Professionele, hulpvaardige en vriendelike houding • Geldige bestuurderslisensie • Taal: Afrikaans en Engels.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2025 of so spoedig moontlik.

Stuur volledige CV en bewyse van bestuurslisensie teen 25 Junie 2025 aan: badisawolssaw1@gmail.com

Aansoeke wat nie aan die posvereistes voldoen sal, nie oorweeg word nie. Indien u nie binne twee (2) weke na u aansoek voltooi is terugvoering ontvang het, beskou dan die aansoek as onsuksesvol.

Egpaar bereik besondere mylpaal

KOOS en Ruth Hendriks van Wolseley het ‘n besondere mylpaal bereik. Die egpaar het verlede Vrydag 13 Junie, hul 55ste huweliksherdenking gevier. “Baie geluk met die herdenking. Onthou wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie”.

MOTORVOERTUIG BESTUURDER

Koelfontein Landgoed, ‘n gevestigde landbou-onderneming in Prince Alfred’s Hamlet, is op soek na ‘n motorvoertuig bestuurder om te help met die vervoer van goedere, vrugte, kinders en personeel.

Minimum vereistes:

• Sober gewoontes, netheid, betroubaar en stiptelik

• Kan onafhanklik funksioneer en bereid om oortyd te werk

• Beskik oor bestuurslisensie en PDP

• Polisieklaring sal vereis word

• Minimum van 3 jaar ervaring

• Matriek (NQF 4) sal voordelig wees

Kern verantwoordelikhede:

• Aflewering/laai van goedere, personeel en kinders

• Hantering van versendings

• Inhandiging van aflewering dokumentasie (rekordhouding)

• Kommunikasie met bestuur

Aansoeke kan per e-pos gestuur word aan : cezanne@koelfontein.co.za

Of kom haal aansoekvorms by Koelfontein Landgoed kantoor

Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Junie 2025

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Nog drie verdagtes vasgetrek

SPEURDERS op Tulbagh het die week nog ‘n deurbraak gemaak in die Lauks-moord en drie verdagtes gearresteer.

Drie mans van 19 jaar, 24 jaar en 29 jaar oud, is Dinsdag 17 Junie vasgetrek. Hulle verskyn Donderdag 19 Junie in die hof.

Die 29-jarige Steven Witbooi verskyn reeds weens dié moord.

Die saak teen hom is Dinsdag uitgestel na 23 Junie vir ‘n borgaansoek.

Agtergrond

‘n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie dood in sy motor gevind.

Lauks (foto regs) wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy die Sondagaand van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek deur ‘n inwoner. Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smartmotor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor. Die polisie het na die moord vingerafdrukke op die toneel geneem en op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is.

Betroubaar word verneem dat Witbooi al talle kere met die gereg gebots het. In 2018 is tronkstraf van 2 jaar en 3 jaar aan hom opgelê vir twee huisbraak en diefstalsake by mnr. Lauks se woning. Witbooi moet ook op 29 Oktober in die Tulbagh streekhof verskyn weens ‘n huisbraak en diefstalsaak by Lauks se huis.

Dief gevang

‘n INBREKER is vroeër die maand vinnig vasgetrek kort nadat hy by ‘n huis op Ceres ingebreek het.

Die Ceres polisie en Ceres Alarms het Maandag 9 Junie omstreeks 23:40, twee verdagtes wat met ‘n TV en huisgoedere in Vierdelaan gestap het, voorgekeer toe beide die gesteelde goed neergooi en weggehardloop het. Een verdagte is later gevang nadat hy by ‘n erf in Vierdelaan ingehardloop en oor ‘n hek gespring het.

Hy is kort hierna vasgetrek en gearresteer. ‘n Samsung TV en klanksisteem is teruggevind. Dit is kort voor die arrestasie by ‘n huis in Umzumaailaan gesteel terwyl die huiseienaar by familie in ‘n ander dorp gekuier het.

In hof

Die verdagte, Abraham Wildshutte (52), moet weer op 4 Augustus in die landdroshof verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Klagtes van huisbraak en diefstal sal later bygevoeg word. Die tweede verdagte wat ‘n donker kleurige baadjie aangehad en het weggehardloop, word nog gesoek. Indien iemand meer inligting het, kan hulle die ondersoekbeampte, s/ sers. Hamman, skakel by (023) 316-8500.

‘n INBREKER is Maandag 9 Junie vinnig vasgetrek nadat hy en ‘n medepligtige, kort vantevore by ‘n huis in Umzumaai ingebreek het. Hier is CCTV materiaal waar hulle met ‘n TV in die straat afstap.

Twee mans moet einde

Julie weer in hof verskyn

TWEE mans wat verdink word van die moord op ‘n 62-jarige man, moet weer einde Julie in die Ceres landdroshof verskyn.

Die oorledene, Sakiysi (Kaizer) Nyathi wat vir Oslo Fruiters op Ceres gewerk het, is op 21 Maart met ‘n mes in die nek gesteek. Die moord het omstreeks 16:40 in Retiefstraat naby Kaap Agri, plaasgevind.

Nyathi het blykbaar van die werk gestap toe hy deur dié twee verdagtes gekonfronteer en beroof is van sy selfoon en beursie met kontant in.

Nkokheli Tyokolo (31), ‘n bergslaper, is kort na die moord op Dinsdag 25 Maart by sy blyplek naby Ceres natuurtuin vasgetrek. ‘n Tweede verdagte, Romeo Constance

(42), is ‘n week later op Donderdag 3 April vasgetrek.

Die saak teen beide mans is uitgestel na 31 Julie vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Roof en diefstal

Constance verskyn ook in Ceres landdroshof op ‘n onverwante klag van roof en diefstal. Hy het na bewering ‘n persoon in November 2024 in Lyellstraat gedreig met ‘n mes en hom gesteek en van R1000 beroof. ‘n Tweede persoon, Yolanda Andrews (34), word saam met hom aangekla van roof en diefstal.

Die saak is na 20 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Wynlanders benoem nóú jul

vroue van formaat

DIE Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en Historium Trust is verheug om die vierde Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig.

Hierdie toonaangewende jaarlikse geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in die streek vier. Die versoek om nominasies is nou oop en die publiek word gevra om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland gemeenskappe gemaak het, te nomineer. Inskrywings sluit Woensdag 9 Julie om 16:00.

Die beoordeling sal in Julie deur ’n paneel vooraanstaande vroue behartig word waarna die toekenningseremonie op Woensdag 13 Augustus 2025, beloof om ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees.

By die glansgeleentheid sal die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe geïnspireer en ander gemotiveer het om na uitnemendheid te streef, erken en gevier word.

Die Fenomenale Vroue-toekennings se doel is om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te vervul en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie. Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die erkenning van hierdie uitsonderlike vroue en hul besondere reise.

Nominasievorms kan op die KWDMwebtuiste by capewinelands.gov.za afgelaai word of by enige KWDM-kantoor of die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word. Jy kan ook die vorm ontvang deur ’n WhatsApp-boodskap met die teks ‘Fenomenale Vroue’ na 076 017 6026 te stuur. Voltooide vorms kan per e-pos na info@ historium.co.za of per WhatsApp na 076 017 6026 gestuur word, of fisiek by die Historium Trust of enige KWDM-kantoor ingehandig word.

Die 10 kategorieë is: Landbou, vroeëkinderontwikkeling, basiese onderwys, NRO-/GOW-sektor, entrepreneur, ondersteuning, bestuur, passie, bevordering van Afrikaans en gestremdhede.

JEUGDAG is Maandag 16 Junie in die Nduli gemeenskapsaal gevier. Die organiseerders van Nduli Got Talent, bedank die jong kunstenaars wat hul vaardighede in dans, poësie en musiek met belangstellendes gedeel het, die verskeidenheid staatsdepartemente, binnelandse sake asook die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit vir hul betrokkenheid by die geleentheid.

Youth Day - Creating Opportunities for Young People to Thrive in Healthcare

AS South Africa celebrates Youth Day, we honour the courage and energy of our young people.

“In the Western Cape, we recognise that government should create an environment where young people can access opportunities, thrive and live lives that they value.

One of the most powerful ways this can be achieved is through educational institutions like the Western Cape Government College of Emergency Care (WCG CEC)”.

“Emergency medicine is one area where young people are finding meaning and purpose. As one of the Western Cape Government’s outcome areas, we are working towards youth that are resilient, actively engaged in civic activities, and meaningfully participate in their learning, training opportunities and the economy”.

Since its launch in 2010, the Western Cape’s Emergency First Aid Responder (EFAR) Programme has trained over 19,000 volunteers - many of them young people in basic emergency care. This two-day certified course equips community members with lifesaving skills: performing CPR, stabilising patients, and managing bleeding often before Emergency Medical Services (EMS) can arrive.

Conducted at more than 150 sites across the Western Cape, this programme empowers communities and has sparked a passion for healthcare in hundreds of young people, some of whom have gone on to pursue formal qualifications and careers in emergency medicine.

Many are supported by bursaries from the provincial Department of Health and Wellness.

In 2023, 35 bursaries were awarded, in 2024, this increased to 40 bursaries. This year, 76 students have received bursary support. The bursary programme includes studying towards Higher Certificates and Diplomas in Emergency Medical Care and others even pursuing Bachelor’s Degrees in Emergency Care. At least 32 former EFARs are now part of the provincial EMS workforce or completing internships, serving in the very communities where their journey began.

Beyond the classroom, students are immersed in realworld emergency care through Work Integrated Learning (WIL) - including hospital rotations, trauma response, and rescue operations using tools like the Jaws of Life.

It’s more than just training - it’s the start of a purposedriven career. No economy can thrive without healthy people. Quality healthcare underpins our government’s commitment to growth, jobs and dignity for every resident.

From the first responder on the ground to the fully qualified emergency care professional, the Western Cape Government is building a path for young people to follow their passion, develop their skills, and serve their communities. Western Cape Minister of Health and Wellness, Mireille Wenger, said, “I am inspired by the commitment, talent and determination of our youth. I am proud of the health professionals, trainers, and community partners who help light the way. Most of all, I am reminded that when we invest in opportunity especially for our young people we are investing in a healthier, stronger, and more hopeful South Africa with a thriving economy.

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK.

OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg: INGENIEURSKLERK

Kandidate wat voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die pos

Kwalifikasies: • Graad 12 • MS Office (Word, Excel, PowerPoint, Outlook, Internet)

Vaardighede: • 2 - 3 Jaar ondervinding in ‘n voedsel hantering omgewing • 2 - 3 Jaar ondervinding in administratiewe werk met spesifieke verwysing na administrasie wat verband hou met voedselveiligheidsbestuur en beroepsgesondheid en veiligheid.

Verantwoordelikhede: • Sterk administratiewe vaardighede • Oor goeie kommunikasievaardighede beskik • Goeie kennis van voedselveiligheid en beroepsgesondheid- en veiligheidspraktyke hê • Vermoë om onder druk te kan funksioneer • Selfdissipline en onafhanklik kan funksioneer • Akkuraatheid t.o.v datavaslegging.

Ander vereistes: • Absolute betroubaarheid en lojaliteit • Selfgedissiplineerd wees • Oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik • Professionele voorkoms en goeie mensevaardighede.

Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op 27 Junie 2025

INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

Mullins-verhoor sloer nou al byna 5 jaar

DIE man wat byna 5 jaar gelede ‘n Bella Vista inwoner koelbloedig in sy bakkie doodgeskiet het, se verhoor is vroeër die maand in die Worcester streekhof voortgesit.

Byna vyf jaar na die moord op Manschoer Constance van Bella Vista, het die tweede getuie in die saak verlede week klaar getuig. Meer as 12 getuies is gedagvaar om in dié saak te getuig.

Verhoor uitgestel

Justin Mullins (42) van Ceres, staan in die Worcester streekhof tereg op aanklagte van moord (2021), poging tot moord (2019) en die oortreding van ‘n beskermingsbevel.

Die verhoor sal weer op 1 Julie op Worcester voortgesit word.

Agtergrond

Mullins word van die moord op Manschoer Constance aangekla.Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg, Bella Vista plaasgevind.

Mullins het na die skietvoorval gevlug en ‘n week later homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee.

Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se gewese vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het.

Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het later beslag gelê op die moordwapen.

Broers van Bella Vista wil 'n borgaansoek bring

DRIE broers van Bella Vista wat sedert Maartmaand in aanhouding is, wil om borg aansoek doen.

Die broers word aangekla van die aanranding en moord van Morné van Rooyen (31) van Bella Vista. Van Rooyen is dood nadat hy weens kopbeserings en ‘n meswond gesterf het.

Volgens die polisie was daar op Saterdag 8 Maart omstreeks 22:00 blykbaar ‘n bakleiery in Astersingel. Die polisie is na die toneel ontbied waarna drie broers, Andrew Stoffels (30), Justin Stoffels (33) en Ruben Stoffels (22), gearresteer is.

‘n Erg beseerde Van Rooyen is na die aanranding na Ceres hospitaal geneem waar hy ‘n paar dae later op 10 Maart aan sy beserings beswyk het.

Die hofsaak is tot 20 Junie uitgestel vir die borgaansoek.

BETREKKINGS l VACANCIES

CERES FRUIT GROWERS

(EDMS) BPK. OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

TOEGANGSBEHEER / SKAKELBEAMPTE

Kandidate wat voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die pos Kwalifikasies: • Minimum Graad 12

Vaardighede: • Doeltreffende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels

• Akkuraatheid / “Attention to detail” • Goeie mensevaardighede • Goeie organiseringsvermoë • Self-gedissiplineerd • Professionele voorkoms.

Verantwoordelikhede: • Profesionele ontvangs van besoekers by die Hoofhek

• Monitor toegangsbeer tot die perseel en handhaaf sekuriteitsbewustheid

• Koördinering van sekuriteitsbeamptes by verskeie toegangs hekke • Akkurate liassering en verslaggewing • Assisteer met die toets van alarms.

Ander vereistes: • Absolute betroubaarheid en lojaliteit • Bogemiddelde interpersoonlike vaardighede • Oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik. Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op 27 Junie 2025

INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.

In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

WITZENBERG munisipaliteit het Maandag 16 Junie befondsing ontvang om sportgeriewe in die streek uit te brei en te verbeter. Die tjek is namens die departement van kultuur en sport deur die Wes-Kaap minister Ricardo Mackenzie, aan die Witzenberg munisipaliteit oorhandig. VLNR: Rdl. Karriem Adams, rdl. Ronald Visagie, burgemeester Trevor Abrahams, minister Mackenzie, rdl. Johnathan Nel, rdl. Patric Daniëls en rdl. Jakob Rooi.

Vyf se verhoor uitgestel

DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, is in die Bellville handelsmisdaadhof na Augustusmaand uitgestel.

Die vyf het weer op 20 Mei op klagtes van korrupsie en regsverydeling verskyn. Die verhoor teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (46), kst. Johannes Fransman (43) en kst.(v) Melzandré Pieters (36), en oudpolisieman Daniël Davids (46) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (44), is na 20 Augustus uitgestel wanneer die verhoor sal voortgaan.

Agtergrond

Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n lang ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as 4 jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.

Die drie polisielede is later op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.

Ondersoek

Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.

Borg

Die vyf is steeds uit op borgtog van R2 000 elk.

JEUGDAG is Maandag 16 Junie in die Nduli gemeenskapsaal gevier. Die organiseerders van Nduli Got Talent, bedank die jong kunstenaars wat hul vaardighede in dans, poësie en musiek met belangstellendes gedeel het, die verskeidenheid staatsdepartemente, binnelandse sake asook die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit vir hul betrokkenheid by die geleentheid.

Saak teen broers en hul vriend, na Novembermaand uitgestel

DIE saak teen ‘n gewese sewesrugbyspeler, sy broer en hul vriend is verlede week in die Ceres landdroshof met vyf maande uitgestel.

Die saak hou verband met ‘n bakleiery en ‘n messteek-voorval op 7-8 Desember 2024. Die eerste voorval het blykbaar in ‘n straat naby ‘n nagklub plaasgevind en die ander een by ‘n privaat woning in Ceres se middedorp.

Jaiden Baron (27) Jo-Neil Baron (23) van P.A. Hamlet en Burton Zimri (22) van Ceres, het op 4 Junie in die Ceres landdroshof verskyn weens die aanval op Ryan Hendricks.

Die saak is tot 10 November uitgestel. Hul borgtog van R2 000 elk, is verleng. Dit is nie bekend waarom die saak vir solank uitgestel is nie.

Voorval

Die polisie het voorheen gesê die voorvalle het tussen 7-8 Desember 2024 plaasgevind.

‘n Groep vriende het blykbaar vroeër die aand saam in ‘n nagklub gekuier. Hendricks en Jaiden Baron was nadat hulle weg is by die nagklub, in ‘n argument betrokke wat later in die straat op ‘n bakleiery uitgeloop het. Volgens die klagstaat het Jaiden Baron vir Hendricks met ‘n sleutel in die gesig gesteek.

Hendriks is na die voorval na ‘n vriend se woning in die middedorp. Jaiden het na bewering sy broer, Jo-Neil, en vriende in Rooikamp gaan haal en na Hendricks begin soek. Hulle is na ‘n woning in Fabriekstraat waar hulle Hendricks na bewering aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek het. Hendricks is later na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling.

VAN bo na onder:

Daniël Davids (45), sers. Mxolisi Sigila (45), kst. Johannes Fransman (42), Anita Fransman (42) en kst. Melzandré Pieters (35).

Die polisie het Burton Zimri en Jo-Neil Baron op 8 Desember in hegtenis geneem. Jaiden Baron is vroeg op 9 Desember gearresteer nadat hy na bewering by iemand se woning weggekruip het. Hy het later die dag saam met sy broer en Zimri in die landdroshof verskyn. Jaiden Baron word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord. Burton Zimri, ‘n kontrakwerker by ‘n plaaslike padkontrakteur en Jo-Neil Baron wat by ‘n groot landbou-onderneming werk, word aangekla weens poging tot moord.

PUBLIC NOTICE: DRAFT - AMENDED HOUSE SHOP BY-LAW

The Witzenberg Municipal Council is in the process of adopting an amended ByLaw regulating House Shops within its area of jurisdiction. The draft By-Law is available on the Municipality’s website www.witzenberg.gov.za A copy of same can also be obtained from the Senior Town Planner, Ryan van der Merwe at the Municipal Offices, 53 Voortrekker Street, Ceres or at r yan@witzenberg.gov.za

Any written submissions or suggestions on the By-Law must be handed in at the Office of the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe or e-mail it to r yan@witzenberg.gov.za on or before 10 July 2025

PUBLIEKE KENNISGEWING: GEWYSIGDE KONSEP VERORDENING HUISWINKELS

Die Witzenberg Munisipale Raad is in proses om ‘n Verordening te aanvaar vir die regulering van Huiswinkels binne die Raad se jurisdiksie gebied. Die konsep Verordening is beskikbaar op die Munisipale webtuiste www.witzenberg.gov.za

‘n Afskrif daarvan kan verkry word by die Senior Stadsbeplanner, Ryan van der Merwe by die Munisipale Kantore, Voortrekkerstraat 53, Ceres of per e-pos by r yan@witzenberg.gov.za

Enige geskrewe voorleggings of voorstelle oor die gewysigde konsep Verordening moet by die Munisipale Bestuurder se kantoor ingehandig word vir aandag Ryan van der Merwe of gestuur word na r yan@witzenberg.gov.za voor of op die 10de Julie 2025

D. NASSON

MUNICIPAL MANAGER

JAIDEN Baron (27) en sy broer, Jo-Neil Baron (23).
Drie polisielede en twee inwoners aangekla

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Lizette Sampson

1982/02/08 - 2025/06/11

ROUDIENS:

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

: 10:00 Christian Mission, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Johannes Jacobus Klazen

1948/02/04 - 2025/06/15

ROUDIENS: Donderdag 19 Junie

Kerk: 19:00 VGK Lyellstraat Ceres VERASSINGSDIENS: Saterdag 21 Junie

Huis 10:00 Zulchstr. 7, Ceres

Kerk: 11:00 VGK Lyellstraat Ceres PRIVAAT VERASSING

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

SUPPLY

SPECIALISES IN

AND

Suspension • Brakes • and more

André du PAndréP André Preezreez reezreez 082-639-2800 (023) 313-4422

crazypistonsct@gmail.com

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel 060-619-2758 of 082-704-3276.

Koerant-bondels te koop @ R40 PER BONDEL

(023) 316-2021 Voortrekkerstraat 17D, Ceres

NUUSBROKKIES

PROF. John Parkington is die gasspreker by die Vriende van die Museum se AJV op 24 Junie om 11:00 by die Togryers museum. Hy praat spesifiek oor die rotskuns van die Witzenbergarea. Bespreek jou plek by 076-6892-885.

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal.

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie op 5 Julie by Harvest Bistro om 17:00. Skakel gerus vir Tina by 073-9507380, Yolanda by 073-919-3903 of Esmerelda by 071866-8842.

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing

•Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae skakel Arno Vergotine by 073591-1427, Henrico Fransman by 060626-7723, Melony Meyer by 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro by 083-3872990.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel (023) 3122045 of stuur ‘n epos na togryersmu seum@gmail.com

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Skoolklere • Handdoeke •Breekgoed •Mansskoene

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy: Police Flying Squad: 10111

• Ambulance Services: 10177

• Cell Phone Emergency: 112

• Disaster Risk Management Centre: 080-911-4357 (HELP) Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777

• Childline: 116

• Lifeline: (021) 461 1113

• Wilderness Search & Rescue: (021) 937-0300

Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:00

Step up to be a Hero - Donate Blood

WINTER presents unique challenges for blood collection: seasonal illnesses such as colds and flu, fewer donation clinics due to school holidays, and fewer people venturing out in the colder weather.

These factors often lead to low blood stock levels, when the need is just as critical. In light of this, the Western Cape Blood Service (WC BS) proudly launches its annual winter campaign under the inspiring theme: Heroes

As the cold weather sets in and the school holidays approach, we call on the public to rise to the occasion and be heroes by donating blood, because heroes don’t all wear capes, some simply roll up their sleeves.

This year’s winter campaign kicks off with the message - Step Up to Be a Hero.

“WCBS hope to ignite a sense of community and compassion by encouraging indi-

viduals to step forward and help meet the ongoing demand for blood, especially during the challenging winter months”, says Marike Carlie, Public Relations Manager at WCBS.

To thank our dedicated donors, we’ll be giving away a limited-edition pair of “hero socks” each month from May to August; a warm token of appreciation for keeping others warm and alive with each life-saving donation.

If you’re between 16 and 75 years old, weigh 50kg or more and are in good general health with a safe sexual lifestyle, you can be a hero and donate blood. The process is safe, takes only 30 minutes, and the body replenishes the 475 ml of donated blood within 24 hours. Donors are encouraged to eat a good meal 3-4 hours before donating and stay well hydrated before and after the donation.

What to Expect at the 2025 Christmas in Winter

THE festival kicks off on Friday, June 27th, with the spectacular Farmers Electric Light Parade at 19:00, and the excitement continues through to Sunday, June 29th.

FESTIVAL HIGHLIGHTS:

Farmers Electric Light Parade - A dazzling display to kickstart the festivities.

Christmas Festival Market - Explore artisanal stalls featuring locally made products, deli treats, and handcrafted gifts.

Festival Bars - Enjoy craft beers, fine wines, and the festival’s signature Glühwein Shacks

Live Music & Entertainment - Featuring talented local artists, street entertainers, and carol singing along Church Street.

Traditional Festival Meals - Experience the best of local cuisine at Tulbagh’s renowned restaurants.

Kids’ Winter Wonderland & Enchanted Forest - Fun activities designed especially for the little ones.

EXCITING COMPETITIONS:

Stand a chance to win:

Two tickets to any destination in Europecourtesy of KLM.

A weekend getaway at the luxurious Aquila Private Game Reserve.

Wine Farm Experiences - Indulge in tastings and entertainment at Tulbagh’s world-class wineries.

FESTIVAL SCHEDULE:

Friday, June 27th

(18:00 - 22:00)

Farmers Electric Light Parade

Christmas Market under festive lights

Delicious food vendors & festival bars

Live music & entertainment

Saturday, June 28th

(10:00 - 22:00)

Full-day Christmas atmosphere with artisanal markets

Kids’ Winter Wonderland & Enchanted Forest

Street entertainment & live performances

Wine farm tastings with shuttle services

Exciting competitions & prize giveaways

Sunday, June 29th

(10:00 - 15:00)

“Defrost Day” with Lamb on a Spit and specialty drinks

Relaxed live music & street performances

Kids’ Christmas-themed activities

Artisanal markets & food vendors

TICKETS ARE AVAILABLE AT: TIXSA online https://bit.ly/40GXR0s

FOR MORE INFORMATION: Ticket details, and accommodation options, visit the Tulbagh Tourism website at www.tulbaghtourisim.co.za or follow us on social media @christmasinwinter

MEDIA CONTACT: Gavin Meiring 082-559-4955 gavinmayring@gmail.com

TULBAGH TOURISM BUREAU: (023) 230-1375

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

TWEE wedvlugte het die afgelope langnaweek plaasgevind.

Die tweede wedvlug van die seisoen vanaf Laingsburg is Saterdag 14 Junie gevlieg terwyl die tweede wedvlug op nasionale jeugdag plaasgevind het vanaf Leeu Gamka.

Die Laingsburg wedvlug was baie vinnig terwyl die Leeu Gamka wedvlug, ietwat moeiliker was. Die Laingsburg Federasie-wedvlug is deur E. Lofts met ‘n spoed van 1422.303 mpm gewen.

Die Leeu Gamka vlug is gewen deur JRK lofts met ‘n spoed van 1284.950 mpm.

CHPS

Laingsburg 2

1. Cyril en Ann Davids - 1404.233 mpm

2. Cyril en Ann Davids - 1402.250 mpm

3. Cyril en Ann Davids - 1385.937 mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1381.010 mpm

5. Team Koopman ARL -1362.128 mpm

klop Delicious

DIE derbystryd tussen Bella Vista en Delicious was die naweek die hoofdis op klubrugby-spyskaart.

Bella Vista rugbyklub het die naweek weer die spel opgedis waarvoor hulle bekend is en hul bure Delicious, oortuigend met 3610 geklop.

Dit was vroeg reeds duidelik dat die besoekers swaar gaan leef op Bella Vista se tuisveld. Bella Vista het beheer in die vaste fasette geneem en gou die botoon gevoer. Net desperate verdediging het verhoed dat Bella Vista nie meer punte aangeteken het nie. Rustyd het die spanne gaan water drink met die telling 10-0.

Jared Manus, wie besig is om sy goeie vorm te herwin, teken die enigste drie in die eerste helfte aan.

Na rustyd draai die tuisspan die krane behoorlik oop en teken vier verdere drieë aan met Jathan- Lee Martin, Cameron Davids, Nashwinn Lintnaar en Lorenzo Boer wat agter die besoekers se doellyn gaan kuier. Patwin van der Merwe teken die res van die punte met sy skopvoet aan.

Die derbywedstryd het op ‘n lae noot geëindig toe een van Delicious se spelers, sy been in die laaste beweging van die wedstryd, breek.

Volgende wedstryde

Bella Vista reis die naweek na Hamlet om hul tweede plek op die punteleer te verdedig. Ceres speel tuis teen Evergreens, Wolseley speel teen Roses en Delicious is gasheer vir Young Blues.

Ander uitslae

Ceres het die naweek vir Hillcrest United op Victoriapark met 3225 geklop, Wolseley het die knie teen Young Blues gebuig en met 27-33 verloor terwyl Hamlet hopeloos te sterk was vir Villagers Newton en met 76-32 gewen het.

Op Saterdag 7 Junie het Delicious vir Hamlet met 21-17 geklop, Bella Vista het Wolseley met 22-12 geklop en Villagers Newton en Newton het met 29 elk gelykop gespeel.

Ceres Federasie-wedvlug

Laingsburg 2

1. E Lofts - 1422.303 mpm

2. Van Wyk en Meyer -1412.595 mpm

3. JRK lofts - 1405.870 mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1404.233 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1402.250 mpm

CHPS

Leeu Gamka 1

1. Team Koopman ARL -1281.898 mpm

2. Team Koopman ARL -1265.087 mpm

3. Team Koopman ARL -1262.692 mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1247.750 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1246.741 mpm

Ceres Federasie-wedvlug

Leeu Gamka 1

1. JRK lofts - 1284.950 mpm

2. Team Koopman ARL -1281.898 mpm

3. Le Bretton lofts -1272.917 mpm

4. Team Koopman ARL -1265.087 mpm

5. Team Koopman ARL -1262.692 mpm

Twee plaaslike klubs, CHPS en CPS, vorm nou deel van die Winelands Racing Pigeon Union (WRPU). Duiweklubs van Worcester, Ceres asook Tulbagh vorm deel van die unie. Plaaslike klubs BHPS en Hamlet duiweklub, vlieg op hul eie.

BHPS

14 Junie

Laingsburg Jaaroud 1

1. C. Vergotine - 1294.459 mpm

2. C. Vergotine - 1291.805 mpm

3. Roberto van Wyk -1253.411 mpm

4. ODE Lofts - 1082.131 mpm

5. ODE Lofts - 987.619 mpm

BHPS

Laingsburg Ope 1

1. Marquine Pieterse -1362.336 mpm

2. Roberto van Wyk -1345.900 mpm

3. Marquine Pieterse -1321.751 mpm

4. Roberto van Wyk -1303.033 mpm

5. Roberto van Wyk -1260.993 mpm

BHPS

16 Junie

Laingsburg Jaaroud 2

1. Roberto van Wyk -941.204 mpm

2. ODE Lofts - 940.413 mpm

3. Emile Arries - 939.085 mpm

4. Emile Arries - 807.865 mpm

5. Marquine Pieterse -690.382 mpm

BHPS

Laingsburg Ope 2

1. C. Vergotine - 1167.978 mpm

2. C. Vergotine - 1166.279 mpm

3. Roberto van Wyk - 1125.910 mpm

4. Marquine Pieterse - 1105.874 mpm

5. Emile Arries -1085.201 mpm

Duiwe vlieg die naweek vanaf Beaufort Wes.

DIE derbystryd tussen Bella Vista en Delicious was die naweek die hoofdis op klubrugby-spyskaart. Hier storm Robin Adams (stut) met die bal terwyl Elcado Baadjies en John-Lee Skippers hom ondersteun.
FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.