Witzenberg Herald Vol.28 no.22 (Online Weergawe)

Page 1


TWEE susters van die Slanghoek-omgewing het Saterdag 8 Junie die laagwaterbruggie op pad na Slanghoek, probeer kruis. Beide het in die rivier geval. Een kon egter na veiligehid swem terwyl die ander een deur die vloedwater meegesleur is. Reddingspogings is kort na die voorval van stapel gestuur maar pogings om die vrou te vind was onsuksesvol. Die liggaam van die vrou is Maandagmiddag omstreeks 16:15 ongeveer 2 kilometer stroomaf, deur reddingwerkers gevind.

Agt beseer in ongeluk by

Romansrivier

AGT mense is Maandag 9 Junie omstreeks 07:10 ernstig beseer toe ‘n Toyota Fortuner van agter in ‘n Ford Bantam bakkie vasgery het. Volgens inligting wou die bakkie met 8 werkers agterop, by die plaas Romansrivier indraai toe ‘n Fortuner met ‘n CT-registrasie wat in Worcester se rigting onderweg was, die bakkie van agter getref het. Met die slag is die werkers wat agterop die bakkie gesit het, afgeslinger. Hulle is later na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Sover vasgestel kan word is niemand in die Fortuner beseer nie. Die Wolseley polisie ondersoek tans ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.

Vriende van vermoorde man (73) by hof

‘n GROEPIE vriende van ‘n moordslagoffer het Maandag 9 Junie vreedsaam met plakkate voor die Tulbagh landdroshof gestaan waar die enigste verdagte in die Lauksmoordsaak vir die tweede keer verskyn het. Op die plakkate eis die groepie vriende geregtigheid vir Karl Lauks. ‘n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie dood in sy motor gevind. Lauks wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy die Sondagaand van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek deur ‘n inwoner. Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor. Die polisie het vingerafdrukke op die toneel geneem en

op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. Inligting vanuit die gemeenskap is opgevolg waarna Tulbagh speurders ‘n deurbraak gemaak en die 29-jarige Steven Witbooi vasgetrek het. Witbooi, die enigste verdagte wat in verband met die moord gearresteer is, het op 4 en 9 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is na 17 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Betroubaar word verneem dat Witbooi al talle kere met die gereg gebots het. In 2018 is tronkstraf van 2 jaar en 3 jaar aan hom opgelê vir twee huisbraak en diefstalsake by mnr. Lauks se woning. Witbooi moet ook op 29 Oktober in die Tulbagh streekhof verskyn weens ‘n huisbraak en diefstalsaak by Lauks se huis.

VERMOOR: Karl

FOTO: FB - BFW
Lauks (73) van Tulbagh
LAUKS is in die oprit van sy huis in Retiefstraat, Tulbagh vermoor.
(023) 312-1916 CERES

Heuningkwas

EK bly al te lank stil oor flou en afgewaterde dreigemente as iets in die koerant geplaas word waaroor ‘n handjievol inwoners van tyd tot tyd ontevrede is.

Wel, alles wat weekliks in die koerant gepubliseer word is die waarheid - daar rus ‘n groot verpligting op gedrukte media om 100% seker te maak van inligting, veel meer as op die paar ontevredenes met enkelgetal volgelinge op Facebook en ander sosiale mediaplatvorms.

My boodskap. Indien jy ontevrede is oor jou familielede wat aangekla word van ernstige misdrywe, kan jy nie net my probeer dreig nie. Jy moet terselfdertyd ook die landdros, die aanklaer, die ondersoekbeampte, die polisielede wat hulle gearresteer en die een wat hulle aangekla het, dreig en whatsapp boodskappies aanstuur.

Los almal uit om hul werk te doen en dink eerder aan die slagoffers wie se lewens julle verwoes deur die optrede van jou familielid.

As jy aan ‘n agtervolgingswaansin ly, kry dringend hulp. As jy lus voel om lukraak tekens te wys terwyl jy draf, kyk eers in spieël. Dit is die persoon vir wie jy moet kwaad wees.

Soos die spreekwoord lui: As jy ‘n perd wil opsaal moet jy seker wees jy weet hoe om hom te ry.

Nuwe misdaadgier

Ceres het onlangs ‘n paar afleweraars van Shoprite Sixty60 verwelkom. Die afleweringsdiens wat stadig maar seker hul voete in ons munsipalegebied vind, se een afleweraar het die naweek deel van die misdaadstatistieke geword toe plaaslike skelms hom probeer beroof het terwyl hy op pad was na Rooikamp. Inwoners moet op die uitkyk wees vir die opportunistiese diewe en help om die skelmstreek vinnig in die kiem te smoor. As dit aanhou kan dié woonbuurt dalk uitgesluit word van toekomstige aflewerings.

Ek het ook al talle kere geskryf oor inwoners wat honde en ander diere aanhou om mede-inwoners te terroriseer en te irriteer. Kan wetstoepassers nie begin en die honde-eienaars beboet nie?

Besigheidsperseel (Ceres) te huur vanaf Augustus 2025

Skakel Naas 083-228-8585 of Anke 082-797-4636

• Parkering

• 110m²

(Onderverdeling beskikbaar)

• Sonkrag

• Gratis dienste

Ceres

BAKKER & CONFECTIONER

Vereistes:

•Vorige bakkery- en soetgoed ondervinding sal in guns tel

•Uitstekende persoonlike vaardighede en die vermoë om personeel en kliënte te bestuur, navrae en klagtes kalm onder druk te kan hanteer

•Moet bereid wees om naweke en skofte te werk

•Moet ten volle tweetalig wees

•Matriek is ‘n vereiste.

•Moet energiek, selfversekerd, stiptelik en akkuraat kan werk

•Sal verantwoordelik wees vir die bestelling van voorraad vir die departement

•Moet die eienskappe van ‘n bestuurder hê, dus sal vorige bestuurservaring voordelig wees

•Voorspelling van toekomstige verkope en verkoopsteikens

Salaris onderhandelbaar

Indien u aan die vereistes voldoen, stuur asb. u CV (ID ingesluit) na: rudi@pnpceres.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u teen Maandag 23 Junie 2025 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Wynlanders benoem nóú jul vroue van formaat

DIE Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en Historium Trust is verheug om die vierde Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig. Hierdie toonaangewende jaarlikse geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in die streek vier.

Die versoek om nominasies is nou oop en die publiek word gevra om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland gemeenskappe gemaak het, te nomineer. Inskrywings sluit Woensdag 9 Julie om 16:00.

Die beoordeling sal in Julie deur ’n paneel vooraanstaande vroue behartig word waarna die toekenningseremonie op Woensdag 13 Augustus 2025, beloof om ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees. By die glansgeleentheid sal die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe geïnspireer en ander gemotiveer het om na uitnemendheid te streef, erken en gevier word.

Die Fenomenale Vroue-toekennings se doel is om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te vervul en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie. Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die erkenning van hierdie uitsonderlike vroue en hul besonderse reise.

Nominasievorms kan op die KWDM-webtuiste by cape winelands.gov.za afgelaai word of by enige KWDM-kantoor of die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word. Jy kan ook die vorm ontvang deur ’n WhatsAppboodskap met die teks ‘Fenomenale Vroue’ na 076 017 6026 te stuur. Voltooide vorms kan per e-pos na info@ historium.co.za of per WhatsApp na 076 017 6026 gestuur word, of fisiek by die Historium Trust of enige KWDMkantoor ingehandig word.

Vanjaar se 10 kategorieë is: Landbou, vroeëkinderontwikkeling, basiese onderwys, NRO-/GOW-sektor, entrepreneur, ondersteuning, bestuur, passie, bevordering van Afrikaans en gestremdhede.

KOMPETISIE

Wen 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz ter waarde van R750.

SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se Saronsberg Shiraz 2022 is aangewys as die Wyn van die Jaar in die Shiraz-afdeling tydens die onlangse 2025 Platter’s by Diners Club wyngids toekennings. Een gelukkige leser kan 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz wen ter waarde van R750 deur die onderstaande vraag te beantwoord:

Buite watter historiese dorp is die kelder Saronsberg?

Whatsapp jou naam en antwoord na 066-316-3003 voor of op Maandag 23 Junie 2025

Kom luister gerus na praatjie van Parkington

CERES Togryers is baie opgewonde oor die gasspreker vir die museum se AJV wat op 24 Junie plaasvind. John Parkington (foto) is ’n Emeritus-professor en senior navorsingsgenoot in die departement Argeologie aan die Universiteit van Kaapstad (UK). Hy het beide sy voorgraadse en nagraadse studies in Paleolitiese Argeologie aan die Universiteit van Cambridge in Engeland voltooi. Parkington se navorsing fokus daarop om langtermyn jagter-versamelaarvestiging in die Fynbosbioom van die WesKaap te verstaan. Dit behels die kartering, dokumentering, monsterneming en soms opgrawing van terreine oor die landskap heen, asook die analise van verskillende soorte materiaal wat gevind word. In 2002 het Parkington die Clanwilliam Living Landscape Project begin, ’n volhoubare werkskeppingsinisiatief waarin plaaslike inwoners van die area opgelei is om rotskunste te interpreteer en as toeristegidse op te tree. Prof Parkington gaan meer gesels oor die rotskuns wat in die Witzenbergstreek voorkom. Bespreek jou plek by (023) 312-2045.

nuusbrokkies

DIE Togryers museum se jaarlikse Ubuntu Winterdrive-projek het afgeskop. Die gemeenskap word gevra om deel te neem aan die projek. Die organiseerders maak staat op skenkings van die gemeenskap om diegene by te staan in die wintermaande wat dikwels nie ‘n inkomste het nie. Enige produk of selfs ‘n finansiële bydrae, sal ‘n verskil maak. Vir meer besonderhede skakel die museum by (023) 312-2045

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal.

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie op 5 Julie by Harvest Bistro/Winterberg om 17:00. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir Tina 073-950-7380, Yolanda 073-919-3903 of Esmerelda by 071-8668842

DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae kan die volgende persone geskakel word: Arno Vergotine - 073-591-1427, Henrico Fransman - 060-626-7723, Melony Meyer - 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro - 083-387-2990.

‘n GROEPIE vriende het Maandag 9 Junie vreedsaam met plakkate voor die Tulbagh landdroshof gestaan waar die verdagte in die Lauks-moordsaak vir die tweede keer verskyn het. * Berig op bladsy 1.

FOTO: Netwerk24/Die Burger

Majodina oorhandig watervoorsieningsprojek aan munisipaliteit

DIE nasionale minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, het verlede Vrydag 6 Junie, die Tulbagh grootmaat watervoorsieningsprojek ter waarde van ongeveer R120 miljoen, amptelik aan die Witzenberg munisipaliteit oorhandig. Die projek bestaande uit 12 fases, is deur die departement van water en sanitasie befonds deur middel van RBIG fondse ter waarde van ongeveer R113 miljoen, terwyl die munisipaliteit ‘n verdere R7 miljoen bygedra het. Voltooide werk bestaan uit ‘n nuwe dam (Waverenskroondam), ‘n pompstasie met gepaardgaande infrastruktuur. Noudat die projek voltooi is, sal duisende op Tulbagh en omliggende gebiede, voordeel uit die projek trek. Die projek sal nou ook ekonomiese geleenthede en behuisingsontwikkeling ontsluit. * Hier is minister Pemmy Majodina saam met Witzenberg burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, afgeneem tydens haar besoek.

Dief loop sy rieme styf

‘n INBREKER is Maandag vinnig vasgetrek kort nadat hy by ‘n huis op Ceres ingebreek het.

Die Ceres polisie en Ceres Alarms het omstreeks 23:40 twee verdagtes wat met ‘n TV en huisgoedere in Vierdelaan gestap het, voorgekeer toe beide die gesteelde goed neergooi en weggehardloop het.

Een verdagte wat later gevang is, het by ‘n erf ingehardloop en oor ‘n hek gespring. Hy is kort hierna vasgetrek en gearresteer. ‘n Samsung TV en klanksisteem is teruggevind. Dit is kort voor die arrestasie by ‘n huis in Umzumaailaan gesteel terwyl die huiseienaar by familie in ‘n ander dorp gekuier het.

In hof Die verdagte, Abraham Wildshutte (52), het Woensdag vlugtig in die hof verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Klagtes van huisbraak en diefstal sal moontlik later bygevoeg word. Die tweede verdagte het ‘n groen baadjie aangehad en het weggehardloop. Indien iemand meer inligting het, kan hulle die ondersoekbeampte, s/sers. Hamman, skakel by (023) 316-8500.

‘n INBREKER is Maandag vinnig vasgetrek nadat hy en ‘n medepligtige, kort vantevore by ‘n huis in Umzumaai ingebreek het. Hier is CCTV materiaal waar hulle met ‘n TV in die straat afstap.

Laaste onwettige immigrant gevonnis en beboet

DIE laaste een van die nege onwettige immigrante wat drie weke gelede op Ceres gearresteer, is gevonnis.

Die negende persoon, Senate Nkobolane (37) van Lesotho, is op 4 Junie in die Ceres landdroshof gevonnis. Hy is ook 3 maande gevangenisstraf opgelê of ‘n R3 000 boete.

Al nege verdagtes is veronderstel om nog in aanhouding te wees voordat hulle deur Binnelandse Sake in die Paarl gedeporteer moet word. Boetes is ook aan die twee sakeondernemings uitgereik maar daar kon na drie weke nog nie vasgestel word wat die boetes was nie. Agt mans, Yunusy Maya (29), Kapil Tamang (25), Ashuda James (27), Salenu Zewude (25), Awol Abe (21), Yusuph Kassim (26), Adam Ismael (34) en Patrick Cassiema (25) is Vrydag 30 Mei en Maandag 2 Junie in die Ceres landdroshof skuldig bevind en beboet.

Die agt is daaraan skuldig bevind dat hulle onwettig in die land was en nie oor die nodige permitte beskik het nie. Vier van die mans is van Malawië. Daar was ook een Nepalees, twee Ethiopiërs en een persoon van Lesotho wat by JP Potatoes gearresteer is terwyl een Ethiopiër by Bismillah, oorkant Morrisdale primêr, gearresteer is. Blitsoptrede

Die blitsoptrede van 23 Mei is in samewerking met die Ceres polisie, Witzenberg wetstoepassers, gesondheidsbeamptes, immigrasiebeamptes, die departement van werkskepping en arbeid en personeel van binnelandse sake, geloods. Dié optrede het saamgeval met ‘n besoek van die nasionale minister van werkskepping en arbeid, Nomakhosazana Meth.

Die winter is hier

MEER as 50 mm reën het tussen Vrydag 6 Junie en Maandag 9 Junie in die Witzenbergstreek geval. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing 32.3mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 27.8mm en by Bronaar 42.8mm gemeet. By Romansrivier is 46.5mm en op Ceres is 54.2mm gemeet. * Die Ceres Koekedouwdam is 59.6% vol, Tulbagh dorpsdam is 49% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 74%. ** Van Januarie tot Mei 2024 is 62mm gemeet en in die ooreenstemmende maande in 2025 is 191mm gemeet.

HR & ADMIN OFFICER

Doornkraal Agri, based in the Witzenberg Valley in Ceres, is a leading and well-established producer of apples, pears, nectarines and cherries. The company has an exciting opportunity available for an energetic and dedicated HR & Admin Officer to join their team. The successful incumbent will report to the Financial Manager.

R esponsibilities:

•Process wages deductions and reconciliations

•Coordination and recordkeeping of recruitment and selection processes

•Coordination and recordkeeping of training and development

•Ensure compliance to HR systems, policies & procedures

•Conduct induction of new employees

•Setup and recordkeeping of employment and housing contracts

•Coordination and recordkeeping of disciplinary actions (warnings, hearings, CCMA cases etc.)

•Coordination and recordkeeping of performance management process

•Coordinate the reporting and administration of occupational injuries (IODs)

•Plan and order PPE (personal protective equipment)

•Arrange Doornkraal Agri staff functions and team building sessions

•Provide personal assistance to the CEO

•Office administration

R equirements:

•Matric

•Relevant tertiary qualification in HR would be advantageous

•2 - 5 Years’ experience in the processing of wages

•2 - 5 Years’ experience in the coordination and administration of HR matters

•Exceptional verbal and written communication skills (English & Afrikaans)

•High level of emotional intelligence and interpersonal skills

•Excellent organisational skills

•Results-orientated and goal-driven

•Energetic and ability to work under pressure

•Driver’s licence and own transport

To apply, kindly visit www.jouber tassociates.co.za , click on the vacancies tab, select the position you want to apply for and then click on the “apply now” button.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

LEADER MECHANICAL TECHNICIAN: WATER MANAGEMENT

The successful candidate will report directly to the Manager: Engineering Services and the responsibilities of the position include the following key performance areas:

• Manage municipal water • Oversee and maintain the filtration system • Manage all effluent and affluent water • Manage and maintain dams and pumps to Water Treatment Plant

• Manage the drains • Manage and maintain the Bellmer Turbo Screens • Ensure that parts and equipment are available and ordered • COD, PH and Ripley testing • Daily inspections as per CFP standards • General repairs on plant where required • Craft and implement a preventative maintenance plan for water management • Do fault finding on systems & processes

• Ensure that all equipment needed for the treatment of water are available and/or pro-actively procured • Manage all aspects related to the Water Plant according to company standards • Ensure that job cards are completed • Ensure that all equipment, parts, tools that are purchased are signed off and approved • Report all problems and observations with regards to water management to the Manager: Engineering • Conduct planning in accordance with the Departmental Budget. The ideal candidate should have the following attributes / skills / qualifications: • A relevant tertiary qualification (N4N6, Artisan) • At least 5 years of experience in Engineering Services • Excellent communication and problem-solving skills • Superior Computer literacy.

Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility. In return the Company offers a market related compensation package.

Please send your CV to:

The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

E-mail: dlintnaar@cfp.co.za

Closing date for applications: 23 June 2025

Saak teen twee broers en hul vriend, na November uitgestel

DIE saak teen ‘n gewese sewesrugbyspeler, sy broer en hul vriend is verlede week in die Ceres landdroshof met vyf maande uitgestel.

Die saak hou verband met ‘n bakleiery en ‘n messteek-voorval op 7-8 Desember 2024. Die eerste voorval het blykbaar in ‘n straat naby ‘n nagklub plaasgevind en die ander een by ‘n privaat woning in Ceres se middedorp.

Jaiden Baron (27) Jo-Neil Baron (23) van P.A. Hamlet en Burton Zimri (22) van Ceres, het op 4 Junie in die Ceres landdroshof verskyn weens die aanval op Ryan Hendricks. Die saak is tot 10 November uitgestel. Hul borgtog van R2 000 elk, is verleng. Dit is nie bekend waarom die saak vir so 'n lang tydperk uitgestel is nie.

Voorval

Die polisie het voorheen gesê die voorvalle het tussen 7-8 Desember 2024 plaasgevind. ‘n Groep vriende het blykbaar vroeër die aand saam in ‘n nagklub gekuier. Hendricks en Jaiden Baron was nadat hulle weg is by die nagklub, in ‘n argument betrokke wat later in die straat op ‘n bakleiery uitgeloop het. Volgens die klagstaat het Jaiden Baron vir Hendricks met ‘n sleutel in die gesig gesteek. Hendriks is na die voorval na ‘n vriend se woning in die middedorp. Jaiden het na bewering sy broer, Jo-Neil, en vriende in Rooikamp gaan haal en na Hendricks begin soek. Hulle is na ‘n woning in Fabriekstraat waar hulle Hendricks na bewering aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek het. Hendricks is later na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie het Burton Zimri en Jo-Neil Baron op 8 Desember in hegtenis geneem. Jaiden Baron is vroeg op 9 Desember gearresteer nadat hy na bewering by iemand se woning weggekruip het. Hy het later die dag saam met sy broer en Zimri in die landdroshof verskyn.

Jaiden Baron word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord. Burton Zimri, ‘n kontrakwerker by ‘n plaaslike padkontrakteur en JoNeil Baron wat by ‘n groot landbou-onderneming werk, word aangekla weens poging tot moord.

CERES Besigheidsinisiatief (CBI) het onlangs saam met die Witzenberg munisipaliteit die area rondom die Ceres poskantoorgebou, skoongemaak, gras gesny en lae struike en takke verwyder.

DIE Munisipale Gesondheidsdienste (MGD) van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) het verlede week op Wêreldomgewingsdag (5 Junie) saamgewerk aan ’n bewusmakingsveldtog oor die omgewing.

Ceres inwoners word toegerus

vir Wêreldomgewingsdag

DIE Munisipale Gesondheidsdienste (MGD) van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) het verlede week op Wêreldomgewingsdag (5 Junie) saamgewerk aan ’n bewusmakingsveldtog oor die omgewing.

As deel van KWDM se volgehoue verbintenis tot die beskerming van openbare en omgewingsgesondheid, het die MGD verlede week deelgeneem aan ’n poging om omgewingsverantwoordelikheid in die Witzenbergstreek te bevorder.

Omgewingsgesondheid praktisyns (OGP’s) op Ceres het aangesluit by ’n plaaslike vennootskapsinisiatief wat daarop gemik is om omgewingsuitdagings aan te pak, veral die impak van onwettige storting in en om die dorp. Onwettige storting is meer as ’n doring in die vlees - dit dra ook by tot die verspreiding van siektes, skep teelplekke vir peste en parasiete en plaas ’n aansienlike finansiële en operasionele las op munisipale hulpbronne.

Die Ceres’ly Clean, Ceres’ly Green-inisiatief is in reaksie hierop bekendgestel.

Dit is ’n gemeenskapsgedrewe omgewingsprojek met die fokus op bewusmaking oor die versorging van die omgewing en die bevordering van skoon en gesonde lewenstoestande.

Die inisiatief het in April hul eerste gemeenskapsuitreikaksie - ’n skoonmaakveldtog langs die Dwarsrivierbekend gestel. Die veldtog is op 5 Junie versterk toe OGP’s en vennote Wêreldomgewingsdag onder die globale tema Recycling gevier het. ’n Opedag is vir die gemeenskap gereël en ongeveer 80 inwoners van regoor die Witzenbergstreek het die Witzenberg munisipaliteit se fasiliteit vir materiaalherwinning besoek.

Dié opvoedkundige terreinbesoek het gehelp om groter bewustheid te skep oor volhoubare afvalpraktyke. Die sukses van die gebeurtenis is te danke aan samewerking tussen belanghebbendes wat die Witzenberg munisipaliteit, Vriende van die museum, Ceres Toerisme en Ceres Besigheidsinisiatief (CBI), insluit. Munisipale gesondheidsdienste speel ’n kritieke rol in die bestuur van omgewingsrisikos deur die fisiese, chemiese en biologiese faktore wat die welstand van die gemeenskap raak, te evalueer en te behandel. KWDM het op dié Wêreldomgewingsdag weereens hul verbintenis tot ’n skoner, gesonder omgewing vir almal bevestig.

BETREKKINGS l VACANCIES

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK. OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

AMBAGSASSISTENT:

ELEKTRIES

Kandidate wat voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die bogenoemde vakature: Kwalifikasies: • Minimum Graad 12 • Naskoolse Ingenieurs kwalifikasie sal voordelig wees.

Vaardighede: • Oor algemene elektriese insig en aanleg beskik • Handvaardig wees • Eie inisiatief aan die dag kan lê • Werksgeoriënteerd wees • Oor goeie kommunikasie vaardighede beskik • Onafhanklik kan funksioneer.

Verantwoordelikhede: • Elektriese instandhouding • Voorkomende instandhouding • Handhawing van goeie huishouding • Kennis dra van veilige werkspraktyke

Ander vereistes: • Bereidwilligheid om ‘n vaardigheidstoets af te lê • Absolute betroubaarheid, verantwoordelikheid en lojaliteit • Oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik.

Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op 27 Junie 2025

INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

Koopman-saak word uitgestel tot

Julie

‘n GEWESE werknemer van ‘n nagklub op Ceres het verlede week weer in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n diefstalklag. Conley Koopman (38) het Dinsdag 3 Junie in die Ceres landdroshof op die diefstalklag verskyn. Koopman was werksaam by die nagklub en het einde Augustus 2024 byna R20 000 van die onderneming gebruik om te dobbel. Hy het na bewering die geld aan ‘n vrou gegee wat namens hom dit gedobbel het. Al die geld is op een aand gespandeer. Die saak is uitgestel na 2 Julie.

Kalos Farming, ‘n boerderyonderneming, het ‘n geleentheid vir ‘n Graan Produksiebestuurder in Ceres. Dié persoon sal rapporteer aan die Hoofbestuurder.

GRAAN PRODUKSIEBESTUURDER

Verantwoordelikhede:

•Alle verwante bestuursaspekte van graanverbouing en beeste praktyke

•“Grid sampling” en presisie kaarte

•Grond regstellings

•Plant- en verwante aksies

•Bemesting, onkruidbeheer en gewasbeskerming

•Bestuur van oesproses

•Administratiewe verantwoordelikede van afdeling: oBegrotingsbestuur

oPlaas van bestellings

oRekordhouding

Vereistes:

•1 jaar ervaring as produksie- of eenheidsbestuurder met graangewasse

•Graad 12

•Tersiêre kwalifikasie in landbou sal voordelig wees

•Rekenaarvaardig

•Operateurs-ervaring van graan toerusting

Eienskappe:

•Sterk bestuursvaardighede

•Selfgedrewe en proaktief

•Goeie kommunikasievaardighede en georganiseerd

Pakket en voordele sal met kandidate onderhandel word. Belangstellendes kan hulle CV stuur vir oorweging aan: lindie@kalos.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Junie 2025

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Experienced seasonal farm worker positions 2025 / 2026 Season

ZZ2 - OUDRIF LANDGOED, Koue Bokkeveld farms, Western Cape

Various seasonal positions are available for experienced far m workers on our farms, 55km from Ceres, Western Cape

JOB TITLE

Onion Planters

Har vesters / Pickers

MINIMUM REQUIREMENTS

Grade 10, 5 years’ experience in onion planting processes

Grade 10, 5 years’ experience in (Onions/Apples/Pears) harvesting processes

Packers (Onions)

General Farm Workers

(Onions/Apples/Pears)

Pruners (Apples/Pears)

Further requirements:

Grade 10, 5 years’ experience

Grade 10, 5 years’ experience

Grade 10, proof of pruning training essential, 5 years’ experience

•Applicants must be 20 years or older and of sober habits.

•It is an operational requirement for all employees to live on the premises for the full term of the employment contract.

•All applicants to have a valid South African ID

•Must be able to communicate in Afrikaans or English

Closing date for applications : 15 June 2025

Please send cv’s with a certified copy of id, copy of training certificates and reliable, contactable references to: sharon.o@zz2.co.za

In accordance with the POPI act of South Africa, all personal information of job applicants and employees will be treated responsibly, confidentially, ensuring transparency, securely, and compliant with data privacy regulations.

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1948/04/24 - 2025/06/08

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 14 Junie

Huis: 08:00 Disalaan 3, P.A. Hamlet

Kerk: 09:00 Anglikaanse

Kerk, P.A. Hamlet

Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

1942/02/21 - 2025/06/04

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 14 Junie

Huis: 10:00 Davidastraat 34, Wolseley Graf: Wolseley

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

1 x Soft Beginnings baba carrier R350

082-468-2649 (slegs whatsapp)

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

1 x Swan Elektriese Braaipan R300

082-468-2649 (slegs whatsapp)

9 x Hunter pop-ups R720

082-468-2649 (slegs whatsapp) Manfrotto 679B monopod R650 (of maak ‘n aanbod)

082-468-2649 (slegs whatsapp)

DOG

MOBILE BUSINESS

Boland

Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” 082-859-2300

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering (SALGA) verwelkom die vrystelling van die OuditeurGeneraal se munisipale oudituitkomste vir 2023/2024 en prys die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (AGSA) vir sy volgehoue pogings om deursigtigheid, aanspreeklikheid en goeie bestuur binne plaaslike regerings te bevorder.

SALGA spreek sy waardering uit teenoor alle munisipaliteite wat hul jaarlikse finansiële state binne die wetlike tydsraamwerk ingedien het en neem kennis van die algehele stabiliteit wat in die oudituitkomste weerspieël word, met 140 munisipaliteite (55%) wat ongekwalifiseerde en skoon oudituitkomste behaal het.

SALGA doen ‘n beroep op beter aanspreeklikheid en bestuur speakers sonder vrees of begunstiging uitgevoer word. Vanaf 31 Desember 2024 word munisipaliteite meer as R405 miljard deur verbruikers geskuld. Hierdie onvolhoubare skuldlas ondermyn munisipaliteite se vermoë om hul finansiële verpligtinge na te kom, insluitend betalings aan diensverskaffers soos Eskom en waterrade. SALGA herbevestig sy oproep tot streng implementering van kredietbeheerbeleide en dring daarop aan dat inwoners en instellings hul munisipale rekeninge stiptelik betaal.

Hierdie munisipaliteite is verantwoordelik vir die bestuur van meer as R378 miljard, of 66% van die totale plaaslike regeringsbegroting van R575 miljard, ‘n aanduiding dat die meeste openbare fondse met ‘n mate van aanspreeklikheid bestuur word.

Die toename in skoon oudits van 34 in 2022/23 tot 41 in 2023/24, is prysenswaardig en weerspieël die toewyding van munisipale leierskap en amptenare om finansiële dissipline, interne beheermaatreëls en gevolgbestuur te handhaaf. Hierdie verbetering moet volgehou en afgeskaal word oor alle munisipaliteite.

In die poging om gesonde finansiële bestuur en beheer oor ‘n tydperk van 5 jaar te verbeter, is baie gedoen, hoewel baie munisipaliteite meer moeite moet doen en aangemoedig moet word om die algehele volhoubaarheid in plaaslike regering in die finansiële gesondheid en dienslewering aan sy gemeenskappe te verbeter.

Dringende oproep tot aksie - aanspreek van swak ouditprestasie

SALGA bly egter diep bekommerd dat 45% van munisipaliteite oudituitkomste ontvang het wat onder die standaard van ongekwalifiseerde oudits val.

Koerant-bondels te koop @ R40 PER BONDEL

 (023) 316-2021

Voortrekkerstr. 17D, Ceres

AND ART FRAMING

Hierdie voortdurende onderprestasie dui op die behoefte aan dringende hervorming, verbeterde verantwoordbaarheid en konsekwente gevolgbestuur. Die nie-indiening van finansiële state en die herhaling van vrugtelose en verkwistende uitgawes moet aangespreek word.

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel

082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-6192758 of 082-704-3276

SALGA herhaal sy oproep tot zero-toleransie teenoor die onopgevolgde finansiële wangedrag van vorige jare. Teen die einde van die 2023/24-boekjaar moet munisipaliteite daadwerklike stappe doen om fondse te verhaal en te verseker dat elke voorval van onreëlmatige, ongemagtigde, vrugtelose of verkwistende uitgawes, verhaal word. Viering van uitnemendheid: munisipaliteite met ‘n goeie rekord Munisipaliteite wat sedert 2016/17 konstant skoon oudits verwerf, dien as bakens van uitnemendheid en goeie praktyke. Midvaal, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, Overstrand, Witzenberg en Kaap Agulhas verdien vermelding vir hul goeie prestasies. Hierdie munisipaliteite moet deur ander munisipaliteite bestudeer en geëvalueer word. Sleuteldrywers van Positiewe Oudituitkomste SALGA ondersteun AGSA se waarneming dat leierskapstabiliteit, aanspreeklikheid en voldoende vermoë, veral in kritieke poste van munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte (HFB). Munisipale rade moet poste prioritiseer en met bekwame, etiese professionele persone vul en te verseker dat toesig deur burgemeesters en

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Mansskoene

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00

Johannes Fortuin
Kerlina Ncamile

Koue Bokkeveld het verlede Donderdag 5 Junie, die skool se 2025 manne-aand en veiling aangebied. Die aand was danksy puik ondersteuning van borge, gaste, spanlede en die gemeenskap, ‘n groot sukses. Meer as 200 gaste het die veiling bygewoon en die skool se insamelingsteiken, is ver oorskry. Die veiling is deur MC du Toit, uitvoerende hoof van BidX1 SA, met entoesiasme aangebied. DB slootgrawersdiens en CT Grondverskuiwing was die hoofborge van die aand. FOTO REGS: Pieter de Bruyn (skoolhoof van Laerskool Koue Bokkeveld), MC du Toit (BidX1 SA) en Gys du Toit jr. (voorsitter van die skool se SBL). FOTO LINKS: Meer as 200 gaste het die veiling bygewoon.

Loopbaandag bereik meer as 1700 leerders

MEER as 1700 leerders van vier hoërskole in die Witzenbergstreek, het die jaarlikse loopbaandag bygewoon - ‘n belangrike geleentheid op die skoolkalender. Hierdie geleentheid bied leiding, motivering en praktiese inligting oor loopbaan- en studiemoontlikhede aan leerders, terwyl hulle ook op hoogte gehou word van die beskikbare beursgeleenthede. Die loopbaandag is deur Perdekraal-Oos windkragaanleg in samewerking met die Kaapse Loopbaanuitstallingsvereniging aangebied. Bella Vista Hoërskool, Iingcinga Zethu SS, Skurweberg Sekondêre skool en Ceres Sekondêr se graad 9-, 11- en 12-leerders het die geleentheid bygewoon. Verteenwoordigers van talle tersiêre instellings het leiding gegee oor vakkeuses wat verband hou met spesifieke loopbane, terwyl hulle studente ingelig het oor beursopsies wat kan help om finansiële hindernisse te oorkom. Uitstallers by die geleentheid het instellings soos die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van die Wes-Kaap, Northlink Kollege, Eduvos, IMM Nagraadse Skool, STADIO Hoër Onderwys, Akademia, Cape Audio Kollege, UXI Sport, Potchefstroom Akademie, Open Window, Isa Carstens Akademie, België kampus ingesluit.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836

(023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

PRODUKSIEBESTUURDER: GROENTE

Langrivier Boerdery (Edms) Bpk is ‘n goed gevestigde vrugteen groente boerdery in die Koue Bokkeveld en beskik huidig oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n bedrewe groente Produksiebestuurder.

Hoof verantwoordelikhede sluit in:

•Kontrole, beplanning en toesig oor alle produksie aktiwiteite wat insluit, onder andere, plant, besproeiing, bemesting, oesbeskerming ens.

•Bestuur en beplanning om produktiwiteit te optimaliseer

•Verwante administrasie en begroting

•GlobalGap

Ideale kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen :

•Toepaslike ervaring van minstens 3 - 5 jaar in die verbouiing van aartappels en uie

•Rekenaarvaardig

•Bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede

•Vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan per e-pos gestuur word na: admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke : 17 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

DIESELWERKTUIGKUNDIGE

Langrivier Boerdery (Edms) Bpk is ‘n goed gevestigde vrugteen groente boerdery in die Koue Bokkeveld en beskik huidig oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n dinamiese Dieselwerktuigkundige.

Hoof verantwoordelikhede sluit in:

•Onderhoud en diens van vloot, bestaande uit ligte- en swaarvoertuie, trekkers en ander plaas implemente en toerusting

•Oorhoofs oor werkswinkel personeel, bestellings en voorraad, asook begroting.

Ideale kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:

•Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige

•Toepaslike ervaring van ten minste 5 jaar

•Rekenaarvaardig

•Vaardighede op gebied van pakstoor toerusting, outo-elektriese werk en herbou van enjins sal die aansoek versterk.

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan per e-pos gestuur word na: admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

LAERSKOOL

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

CERES Padel’s first mens corporate league was completed on Wednesday, June 4 with an epic final which was well supported by friends and family. Ten teams took part and all games were competitive but played in a fun and sporting atmosphere. Phillip Dicey and Jarryd Thomas (photo)came out tops beating Gerrie Snyman and Arno Du Plessis in three sets 6-7, 6-2 and 6-2. * Thank you to Isabel Carstens from Skatkis for sponsoring the trophy. Please join Playtomic and our Community Group to have fun and to take part in regular and upcoming tournaments.

Hofmeyr het verlede naweek teen Bredasdorp deelgeneem en gemengde welslae behaal. Die eerste meisies hokkiespan (foto bo) het 4-0 gewen terwyl die seuns met 2-3 verloor het. Die o/15 rugbyspan (foto onder) het 24-19 gewen terwyl die eerstespan met 14-22 verloor het.

Wedvlugte word die naweek hervat

DIE 2025 wedvlugduiwe seisoen het twee weke gelede afgeskop met een wedvlug. Daar het die afgelope naweek geen wedvlugte plaasgevind nie nadat eendeweer organiseerders genoop het om die naweek se wedvlugte te kanselleer.

Wedvlugte hervat die naweek met een wedvlug vanaf Laingsburg en een wedvlug op Maandag 16 Junie. Twee plaaslike klubs, CHPS en CPS, vorm nou deel van die Winelands Racing Pigeon Union (WRPU). Duiweklubs van Worcester, Ceres asook Tulbagh vorm deel van die unie. BHPS en Hamlet duiweklub vlieg op hul eie.

Potgieter, leerder van Paarl Gimnasium, en belowende agtsteman en onderkaptein van hul o/19A-span, is vanaf 2026 vir drie jaar deur die Stormers en WP gekontrakteer.

QUINTIN
CHARLIE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.28 no.22 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu