Witzenberg Herald Vol.28 no.21 (Online Weergawe)

Page 1


4-Da4-Da

Alleenloper in sy motor vermoor

‘n BEJAARDE inwoner van Tulbagh is Maandag dood in sy motor gevind. Volgens die Tulbagh polisie is Karl Lauks (73), wat alleen gewoon het, moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy Sondagaand laat van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek deur ‘n inwoner wat gedink het Lauks is net dronk.

Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat deur iemand in sy mond gedruk is.

Vinnige arrestasie

Vingerafdrukke is op die toneel geneem. Die polisie het ook op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. Inligting is opgevolg waarna Tulbagh speurders ‘n deurbraak gemaak en ‘n 29-jarige verdagte vasgetrek het.

Steven Witbooi (29) van Tulbagh het 4 Junie vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn.

VERMOOR: Karl Lauks (73) van Tulbagh.

Inwoners omgekrapbrand buitebande

‘n GROEP van nagenoeg 100-150 omgekrapte inwoners van Pine Valley buite Wolseley, het Maandag 2 Junie reg in eie hande geneem en die treinspoorbrug tussen dié woonbuurt en die dorp versper en motorbande gebrand. Die inwoners is kwaad oor die talle voorvalle van afpersing by spazawinkels, onwettige minibus taxis en die groot getal onwettige immigrante op die dorp.* Die vorige naweek is die soveelste spazawinkel-eienaar of -werker doodgeskiet. Lees berig elders op die bladsy.

GOOGLE MAPS

DIT is met dankbaarheid dat Old Mutual 180 jaar van finansiele advies aan Suid-Afrikaners vier. Old Mutual Ceres het die vreugde met plaaslike bejaardes gedeel tydens besoeke aan Hamlet Selfsorg (foto), Ceres Tuiste, Huis Pieter Strauss en Maudie Kriel. Koek is tydens die besoek aan inwoners uitgedeel.

KOMPETISIE

Wen 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz ter waarde van R750.

SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se Saronsberg Shiraz 2022 is aangewys as die Wyn van die Jaar in die Shiraz-afdeling tydens die onlangse 2025 Platter’s by Diners Club wyngids toekennings. Een gelukkige leser kan 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz wen ter waarde van R750 deur die onderstaande vraag te beantwoord:

Buite watter historiese dorp is die kelder Saronsberg?

Whatsapp jou naam en antwoord na 066-316-3003 voor of op Maandag 23 Junie 2025

Young Blues rugbyklub bedank borg

NICO Williams van Wolseley skryf:

DIE bestuur, lede en ondersteuners van die Young Blues rugbyklub op Wolseley wil graag vir die Nel’s van Wolseley Paneelkloppers bedank vir hul volgehoue ondersteuning van ons klub en veral die bydraes ten opsigte van ons oefenkamp wat die afgelope naweek plaasgevind het. Ons waardeer julle hulp en bydraes opreg en glo dat jul onderneming ‘n groot impak maak om maatskaplike samehorigheid in ons gemeenskap te bevorder. Die Witzenberg gemeenskap word weer gevra om plaaslike besighede te ondersteun.

Wandisa is URGENTLY seeking anyone with information as to the whereabouts of the following:

The biological father and/or any relatives of a male child, “Leekyla ‘Kyle’ Willemse” born on 31 October 2015, and/or “Karel Gaika” last seen in the Koue Bokkeveld area.

To contact Renate from Wandisa on 079-063-4144 URGENTLY.

Should no response to this notice be forthcoming, these children may be adopted through Court.

EXCITING CAREER OPPORTUNITIES CERES, WESTERN CAPE

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires energetic and professional people for the following position at its Ceres plant:

DIESEL MECHANIC

The maintenance and repair of Forklifts, Tractors, Vehicles, Generators and other diesel operating equipment forms an integral part in our operations to ensure operational continuity on our Premises.

QUALIFICATIONS:

• Qualified Diesel Mechanic (Trade Tested - Red Seal preferred).

EXPERIENCE: • 5 - 8 Years proven experience of working on diesel engines

• 1 - 2 Years experience in managing a team (advantageous).

SKILLS: • Strong technical fault-finding, diagnostic and repair capabilities

• Computer literate (MS Excel, MS Word, MS Powerpoint) • Good communication skills in both English and Afrikaans, with the ability to communicate effectively and professionally at all levels • Must be able to function well under pressure.

RESPONSIBILITIES: • Maintenance, repair and fault-finding on all diesel engines which includes but is not limited to forklifts, tractors, vehicles and generators

• Maintain accurate service and repair records

• Perform scheduled maintenance and emergency repairs

• The successful candidate will also be expected to perform standby duties.

HUMAN RESOURCES MANAGER: hr@cfg.co.za

CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 27 June 2025

IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL.

In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

COBIE Coetzee bedank die Witzenberg munisipaliteit en die elektriese-afdeling vir die vervanging van die straatligte op Ceres.

CERES Togryers is baie opgewonde oor die gasspreker vir die museum se AJV wat op 24 Junie plaasvind. John Parkington (foto) is ’n Emeritus-professor en senior navorsingsgenoot in die departement Argeologie aan die Universiteit van Kaapstad (UK). Hy het beide sy voorgraadse en nagraadse studies in Paleolitiese Argeologie aan die Universiteit van Cambridge in Engeland voltooi. Parkington se navorsing fokus daarop om langtermyn jagterversamelaar-vestiging in die Fynbosbioom van die Wes-Kaap te verstaan. Dit behels die kartering, dokumentering, monsterneming en soms opgrawing van terreine oor die landskap heen, asook die analise van verskillende soorte materiaal wat gevind word. In 2002 het Parkington die Clanwilliam Living Landscape Project begin, ’n volhoubare werkskeppingsinisiatief waarin plaaslike inwoners van die area opgelei is om rotskunste te interpreteer en as toeristegidse op te tree. Prof Parkington gaan meer gesels oor die rotskuns wat in die Witzenbergstreek voorkom. Bespreek jou plek by (023) 312-2045.

VERPLEEGKUNDIGE (Koue Bokkeveld)

Ons benodig die dienste van ‘n Geregistreerde Verpleegkundige met ‘n passie vir die welstand van mense om verpleegkundige dienste by van ons landgoedere in die Koue Bokkeveld, te bied.

Die suksesvolle kandidaat beskik oor:

•Ondervinding en kwalifikasie in primêre gesondheidsorg

•’n Medisyne dispenseringslisensie

•Kennis van die klinieksisteem in Suid-Afrika

•Kennis van wetlike bepalings met betrekking tot beroepsbeserings en -siektes en veiligheid in die werkplek

•Kennis van die area se gesondheidsprobleme

•Goeie interpersoonlike vaardighede

•Rekenaarvaardigheid

•Geldige bestuurslisensie

Die ideale kandidaat beskik verder oor die vermoë om op eie inisiatief en onafhanklik te funksioneer.

Benewens aangename werkomstandighede bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket wat ‘n maatskappy motor insluit vir werksdoeleindes.

Stuur asseblief ‘n volledige CV met bewyse van kwalifikasies asook registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging na recruitment@dutoit.com

Sluitingsdatum van aansoeke: 20 Junie 2025

CERES Vryburgers het met die toekenning: Beste deelname aan ‘n nasionale projek, weggestap. Hier oorhandig Jacob Rheeder die trofee aan Cordré Smith.

Ceres stap weg met toekenning

VRYBURGER Omgeemense se Burgerraad (nasionale jaarvergadering), het van 23-25 Mei by Goudini Spa plaasgevind.

Tans is daar 20 korpse landswyd wat daarna streef om die plaaslike gemeenskap te dien, altyd die Bybel as grondslag te gebruik, samewerking in die gemeenskap te bevorder en om Afrikaans as voertaal te gebruik. Die doelwitte word bereik deur Broodnood, Woordnood en Sielsnood te verlig. Sielsnood word deur die Vryburger Tamaaibraai aangespreek. Daar is vanjaar by 53 verskillende instansies vir meer as 4250 bejaardes gebraai - ‘n projek wat weer ’n groot sukses was. Ook nie-lede het help braai. Bietjie gesels en ‘n lekker braaivleis maak ’n groot verskil aan ’n bejaarde se siel. Broodnood word verlig met Kos vir Kinders projekte - duisende skoolkinders is gehelp want op leë magies kan niemand konsentreer nie. Daar is ook projekte wat groente en ander hulp aan tehuise vir bejaardes verskaf. Vir Woordnood word Bybels, Audiobybels, Bybelboekies en Living Balls uitgedeel. Die afgelope jaar het Vryburger Omgeemense landswyd ‘n bedrag van R2.7miljoen uitgedeel. Dit werk uit op R14 500 per lid. Al die geld is eers ingesamel voordat dit uitgedeel kon word.

Daar was ook baie diensprojekte wat nie in geldwaarde gemeet kon word nie.

Toekennings

Tydens die geleentheid by Goudini Spa het Ceres Vryburgers met die toekenning: Beste deelname aan ‘n nasionale projek, weggestap.

Trofeë is ook toegeken aan George-tak (Basuin van die jaar die vroue trofee), Robertson het die trofee vir verdienstelikheid verower, die Geestrofee (Worcester-tak se vroue) en Aktiefste korps (Worcester). Die nasionale bestuur vir 2025/26 is ook verkies. Marius Venter van George (president), Rossi Rossouw van Rustenburg (adjunkpresident), Cobus Stemmet van Paarl (rentmeester), Tian Bester van Wolseley (vaandrig) en Cordré Smith van Ceres (basuin).

DIE blitsoptrede van 23 Mei by twee Ceres ondernemings, is in samewerking met die Ceres polisie, Witzenberg wetstoepassers, gesondheidsbeamptes, immigrasiebeamptes, die departement van werkskepping en arbeid en personeel van binnelandse sake, geloods.

Agt onwettige immigrante betaal elk R3 000 boete

AGT onwettige immigrante wat twee weke gelede op Ceres gearresteer, is gevonnis.

Die mans, Yunusy Maya (29), Kapil Tamang (25), Ashuda James (27), Salenu Zewude (25), Awol Abe (21), Yusuph Kassim (26), Adam Ismael (34) en Patrick Cassiema (25) het Vrydag 30 Mei en Maandag 2 Junie in die Ceres landdroshof verskyn.

Die agt is skuldig bevind dat hulle onwettig in die land was en nie oor die nodige permitte beskik het nie.

Die agt is elkeen 3 maande gevangenisstraf opgelê of ‘n boete van R3 000. Die mans het die boetes betaal.

Hulle moes daarna in aanhouding bly totdat hulle gedeporteer kon word. Die polisie en die hofpersoneel kon Woensdag nie bevestig of dit wel gedoen is nie.

Die negende persoon, Senate Nkobolane (37), het Woensdag 4 Junie in die hof verskyn. Teen druktyd was die uitslag van sy saak nog nie bekend nie.

Blitsoptrede

Die blitsoptrede van 23 Mei is in samewerking met die Ceres polisie, Witzenberg wetstoepassers, gesondheidsbeamptes, immigrasiebeamptes, die departement van werkskepping en arbeid en personeel van

binnelandse sake, geloods.

Die optrede het saamgeval met ‘n besoek van die nasionale minister van werkskepping en arbeid, me. Nomakhosazana Meth, aan Ceres.

Vier mans van Malawië, een Nepalees, twee Ethiopiërs en een persoon van Lesotho is by JP Potatoes gearresteer terwyl een Ethiopiër by Bismillah, oorkant Morrisdale primêr, gearresteer is.

Boetes

Boetes is ook aan die twee sakeondernemings uitgereik.

Kaapse polisielid vasgetrek na hy grys duiker buite Ceres skiet

‘n POLISIESERSANT van Kleinvlei en Phillipi-Oos is einde April gearresteer nadat hy onwettig twee grys duikers in die Droëhoek-omgewing gejag het.

Die voorval het op 20 April omstreeks 00:40 plaasgevind. ‘n Polisielid, sers. Aron Bani (42), is met nog ‘n persoon betrap nadat hulle na bewering ‘n grys duiker geskiet en ‘n tweede duiker met ‘n mes doodgesteek het. Toe die P.A. Hamlet se polisie hom voorkeer, is die twee duikers (sylvicapra grimmia) toegedraai in plastiek, in sy motor gevind. Daar is ook op ‘n jagggeweer beslag gelê.

Bani het op Woensdag 7 Mei vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak tot 20 Junie uitgestel is.

NOTICE OF INTENT TO COMPILE THE WITZENBERG MUNICIPAL SPATIAL DEVELOPMENT FRAMEWORK (MSDF)

Notice is hereby given that Witzenberg Municipality intends to compile its Municipal Spatial Development Framework (MSDF). A MSDF is a long-term forward planning document which spatially indicates the long-term growth and development path of a municipality. It co-ordinates the spatial implications of all strategic sector plans (engineering, transport, economic, housing, community services etc.) of a municipality. A MSDF is also one of the core components of a municipal IDP and gives physical effect to the vision, goals and objectives of the municipal IDP. Once completed, the MSDF will be approved in terms of the Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) and will serve as a guide to decision making in development and land use planning. A Project Committee will be established, and, during the compilation of the MSDF, must adhere to the procedural requirements outlined in section 13 of LUPA and section 4 of the Land Use Planning By-Law. The final draft MSDF will be advertised for public comment when available. Should you have any additional questions regarding the process or want to register as a relevant stakeholder/interested party on the Witzenberg MSDF, please do not hesitate to contact mr. H Taljaard at Witzenberg Municipality on htaljaard@witzenberg.gov.za or (023) 316-8554.

D. NASSON

MUNICIPAL MANAGER

Ref. 15/4/P

Klagtes

Die mans staan tereg om vier klagtes van die besit van beskermde dierkarkasse sonder enige skriftelike dokumentasie en die jag van beskermde wild sonder ‘n permit. Die saak word deur die veediefstal- en be-dreigde

spesie-eenheid in Worcester onder-soek. Die beraamde waarde van die duikers beloop nagenoeg R7 400.

Boete

Die mans kan ‘n boete van R80 000 of gevangenisstraf van twee jaar opgelê word.

CERES Dienssentrum het op 22 Mei aan die Golden Games spele deelgeneem. Die spele is deur die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit op die Dal Josafat stadion aangebied. VOOR: Maria Carelse, Johanna Willemse en John Geduld. AGTER: Rdl. Ronald Visagie.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ ☎ (023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

PRODUKSIEBESTUURDER: GROENTE

Langrivier Boerdery (Edms) Bpk is ‘n goed gevestigde vrugteen groente boerdery in die Koue Bokkeveld en beskik huidig oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n bedrewe groente Produksiebestuurder.

Hoof verantwoordelikhede sluit in:

•Kontrole, beplanning en toesig oor alle produksie aktiwiteite wat insluit, onder andere, plant, besproeiing, bemesting, oesbeskerming ens.

•Bestuur en beplanning om produktiwiteit te optimaliseer

•Verwante administrasie en begroting

•GlobalGap

Ideale kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:

•Toepaslike ervaring van minstens 3 - 5 jaar in die verbouiing van aartappels en uie

•Rekenaarvaardig

•Bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede

•Vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer.

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan per e-pos gestuur word na: admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK

Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836

(023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

DIESELWERKTUIGKUNDIGE

Langrivier Boerdery (Edms) Bpk is ‘n goed gevestigde vrugteen groente boerdery in die Koue Bokkeveld en beskik huidig oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n dinamiese Dieselwerktuigkundige.

Hoof verantwoordelikhede sluit in:

•Onderhoud en diens van vloot, bestaande uit ligte- en swaarvoertuie, trekkers en ander plaas implemente en toerusting

•Oorhoofs oor werkswinkel personeel, bestellings en voorraad, asook begroting.

Ideale kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen :

•Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige

•Toepaslike ervaring van ten minste 5 jaar

•Rekenaarvaardig

•Vaardighede op gebied van pakstoor toerusting, outo-elektriese werk en herbou van enjins sal die aansoek versterk.

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan per e-pos gestuur word na: admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke : 17 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

‘n NUWE vaardigheidsklas vir die Witzenberg- en Koue Bokkeveldstreek vier hul eerste verjaarsdag. In 2024 het die WKOD, ‘n vaardigheidsklas bygekry. Die amptelike klasopening het op 14 Mei saamgeval met die eerste verjaardagvieringe van die klas. Leerders word bemagtig met sagte vaardighede soos tuinbou, instandhouding, skoonmaak, handwerk, kookkuns en entrepreneurskap. Die klas het tans agt leerders. AGTER: Ivan Fredericks (adjunkhoof) en Ilse Steenkamp (klasopvoeder). VOOR: Oxford Jack (skoolhoof), Mariaan Reitz-Fortune, Wilfred Engelbrecht, Anthea Jack en Adriaan Rhoode.

DIE ACVV op Ceres het op 22 Mei ‘n baie geslaagde rolbal-pretdag by Ceres rolbalklub gehou. Al die fondse wat met die pretdag ingesamel was ten bate van die tak se werksaamhede op Ceres en in die omgewing. Die ACVV werk hard om kinders te beskerm asook jeug-ontwikkeling en leierskap in die streek te bevorder. Ouer mense en mense met spesiale behoeftes word ook ondersteun. Ervare spanne het teen mekaar meegeding en nuwelinge het teen mekaar gespeel. * Dankie aan al die spelers en braaiers en werkers - julle het van ons fondsinsameling, ‘n groot sukses gemaak.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd , South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

LEADER MECHANICAL TECHNICIAN: ENGINEERING SERVICES

The successful candidate will report directly to the Manager: Engineering Services and the responsibilities of the position include the following key performance areas: • Manage boiler maintenance • Manage CIP and equipment • Manage and oversee effectiveness of condensate tank • Manage and maintain all infrastructure (inside and outside) buildings, doors, roofs, windows, lights • Manage and maintain all forklifts and vehicles • Manage and ensure the supply of diesel • Ensure that the Department is neat and safe • Ensure that job cards are completed • Ensure that all equipment, parts, tools that are purchased are signed off and approved • Conduct planning in accordance with the Departmental Budget • Manage the individual performance of all team members.

The ideal candidate should have the following attributes / skills / qualifications: • A relevant tertiary qualification (N4N6, Artisan) • At least 5 years of experience in Engineering services • Excellent communication and problem-solving skills • Computer literacy.

Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility. In return the Company offers a market related compensation package.

Please send your CV to:

The Manager: People and Performance Systems

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

E-mail: dlintnaar@cfp.co.za

Closing date for applications: 18 June 2025

‘n NETBALSPELER en leerder van Charlie Hofmeyr, Elizabeth Goosen, het na afloop van die finale Wes-Kaap proewe, die WesKaap o/16 Willows-netbalspan gehaal. Die span neem vanaf 29 Junie - 2 Julie aan die nasionale alle ouderdomme netbaltoernooi in Boksburg deel.

EEN van Charlie Hofmeyr se oudleerders, Reinhardt Behm, is Woensdag 21 Mei aan natuurlike oorsake oorlede. Reinhardt het in 2023 aan Charlie Hofmeyr gematrikuleer. Die skool het hul innige meegevoel en opregte simpatie oorgedra aan sy ouers, familie en vriende. Die roudiens het verlede Vrydag 30 Mei vanuit die Ceresvallei NG gemeente plaasgevind.

Bekende geliefde van Wolseley sterf

Op Donderdag 29 Mei 2025 is nog ‘n geliefde boorling van Wolseley, Gideon Goosen (84), oorlede.

Buitelander word in winkel in die kop geskiet

‘n BUITELANDSE spazawinkel-werker is verlede Dinsdag op Wolseley doodgeskiet. Ahad Tahir (23), ‘n landsburger van Bangladesh van die Al-Baraka spaza winkel in Matroosstraat, Pine Valley, is Dinsdagaand 27 Mei omstreeks 22:05 deur ‘n onbekende aanvaller in die kop en lyf geskiet. Wolseley polisie ondersoek die moord en dat dit moontlik verband hou met besighede wat afgepers word vir beskermingsgeld. Tahir was besig om rakke in die winkel te pak toe ‘n

Gideon Goosen

06/12/1941 - 29/05/2025

Gideon is 6 Desember 1941 op Wolseley gebore, het daar skoolgegaan en was die alleen eienaar van Noord Boland Elektriese Kontrakteurs vanaf 1970 tot 2013. Dit het hom die persoon gemaak wat die langste sy eie besigheid in die dorp gehad het. Na sy aftrede as elektrisiën het hy hom besig gehou met sy groot stokperdjie, houtwerk en tuinmaak.

Op Facebook kom daar van oral huldeblyke en mense onthou hom as die man wat altyd tyd gehad het vir sy medemens, ongeag jou kleur. Die plaaslike ouetehuis, Huis Mostertshoek onthou hom as “committed”. Hy het altyd tyd gemaak om te help. Of hy nou net ‘n stoel reggemaak het, of hul hout muurhorlosie gemaak het, hy was die “go-to” persoon. Hy word oorleef deur sy vrou, Betsie, sy 2 dogters Martha en Rina, kleindogters Maryna, Karien, haar man Johann en kleinseun Thys.

Roudiens vind plaas Saterdag 14 Junie 2025 om 11:00 vanuit die NG Kerk, Wolseley.

KENNISGEWING

AANVAARDING:

2025/2026 BEGROTING EN GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) & SDBIP

Kennis geskied hiermee ingevolge, onderskeidelik, artikel 18 van die Munisipale Begrotings en rapporterings regulasies, 2009 A artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 30 Mei 2025 goedgekeur is.

•Begroting en Begrotings beleide 2025/2026 (en aanduidende syfers vir 2026/2027 en 2027/2028)

•Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2025/2026 en -SDBIP

Die 2025/2026 begroting, gelde, kostes en tariewe sal vanaf 1 Julie 2025 geïmplementeer word. Die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke van die Witzenberg Munisipaliteit gedurende normale kantoorure, en is ook beskikbaar op die Witzenberg Munisipaliteit se webwerf by: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

Man in hof vir tweede moord

‘n MAN (36) van Nduli is voorverlede week dood na ‘n meningsverskil oor R25 vir ‘n bier. Die voorval het Saterdag 24 Mei omstreeks 08:55 plaasgevind. Die oorledene, Teboho Maboe (36), het die oggend in die straat gestap toe die verdagte, Sipho Letile (38), van voor aangestap gekom en hom vir R25 vir ‘n bier gevra het. Maboe het blykbaar gesê hy het nie geld nie waarna Letile ‘n mes uitgepluk en Maboe daarmee gesteek het.

Letile het toe van die toneel gevlug maar is op Maandag 26 Mei deur speurders op Malmesbury vasgetrek.

Hofverskyning Letile het Woensdag 4 Junie weer in die Ceres landdroshof verskyn weens dié moord. Die departement van justisie sal antwoorde moet verskaf waarom Letile - wat saam met sy broer aangekla is van ‘n moord in Maart 2018 - vrylik buite rondloop.

Letile moet weer op 3 Julie in die Ceres streekhof vir die verhoor verskyn.

NOTICE

ADOPTED: 2025/2026 BUDGET AND INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) & SDBIP

Notice is hereby given in terms of Section 18 of the Municipal Budget and reporting regulations, 2009, and Section 75(A) (3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr 32 of 2000) respectively, that the following documents were approved at the Council meeting held on 30 May 2025.

•Budget and Budget Policies 2025/2026 (and indicative figures for 2026/2027 and 2027/2028)

•Amended Integrated Development Plan (IDP) 2025/2026 and -SDBIP

The 2025/2026 budget, fees, costs and tariffs shall be implemented with effect from 1 July 2025. The said Council Resolution and all other relevant documents may be inspected at the Municipal Offices and Public Libraries of Witzenberg Municipality during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipality’s website at: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON MUNICIPAL MANAGER

ISAZISO

OLUVUNYIWEYO: UHLAHLO LWABIWO

MALI LUKA 2025/2026

NE NKQUBO YEZICWANGCISO ZOPHUHLISO YEMINYAKA

EMIHLANU & SDBIP

Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 18 likaRhulumente wengingqi wezohlahlolwabiwo mali kunye nomthetho wokunika ingxelo, ka 2009, necandelo 75(A) (3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32) ubhentsisa mhlophe ukuba ezizinto zilandelayo ziye zavunywa kwintlanganiso yeBhunga eyayibanjwe ngomhla wama 30 kuCanzibe 2025

•Uhlahlo lwabiwomali luka 2025/2026 (Namanani abonisayo ka2026/2027 no 2027/2028)

•Inkqubo yeZicwangciso zoPhuhliso Yeminyaka emihlanu (IDP) 2025/2026 & -SDBIP

Uhlahlolwabiwo mali luka 2025/ 2026 neendleko kunye namaxabiso aqingqiweyo ziyakuzalisekiswa ukusuka ngomhla wo 1 KweyeKhala 2025.

Ezizigqibo zeBhunga kunye namanye amaxwebhu akumila kunje ayakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumathala eencwadi kaMasipala wase Witzenberg ngamaxesha empangelo, kwaye ayafumaneka nakwi website ethi: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON

UMPHATHI-MASIPALA

onbekende man instap en sonder om enigiets te sê, op hom losbrand. Die verdagte het daarna te voet gevlug. Omstanders het Tahir in ‘n privaat voertuig gelaai en na Ceres hospitaal gejaag.

Dood op pad hospitaal toe Tahir het aan sy skietwonde beswyk terwyl hul op pad was na die hospitaal. Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle vir s/sers. Pieters skakel by (023) 2318000

32 DEGREES SOUTH FRUIT (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za

PAKLYNSTELSEL OPERATEUR

32 Degrees South Fruit (Edms) Bpk is ‘n vrugte pakstoor in die Koue Bokkeveld

Ons benodig tans die dienste van ‘n noukeurige en gefokusde individu om ons gradering- en verpakkingslyn doeltreffend te bedryf en te verseker dat produkte optimaal verpak word.

Verantwoordelikhede:

·Bedryf gerekenariseerde verpakkingslyn met gevorderde kamerategnologie

·Invoer van kultivar/vrugtelling/grootte/gehalteklasse en opstelling van sagteware

·Deurlopende monitering en verstellings

·Analiseer uitpak statistieke

·Verseker optimale uitpakke

Vereistes:

·Uitstekende rekenaarvaardighede met vorige ondervinding in vrugteverpakking sagteware (veral “machine learning”)

·Kennis van vruggehalte en standaarde

· Sterk analitiese vermoëns en probleemoplossingvaardighede

·Moet onder druk kan werk

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan gestuur word aan: Die Bestuurder by admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

FINANSIËLE REKENMEESTER

Doornkraal Agri (Pty) Ltd is ‘n boerdery geleë in die Witzenberg Vallei, (35km vanaf Ceres). ‘n Vakature het ontstaan vir bogenoemde betrekking waar die persoon sal deel vorm van die finansiële en administratiewe span. Die posbekleër sal aan die Finansiële Bestuurder rapporteer.

Pligte:

•Volledige Rekenkundige funksie tot op proefbalans vlak

•Voorraadtellings

•Versekering

•Bate opnames

•Statutêre Vereistes (SARS)

•Begrotingsprosesse

•Bystand van dag-tot-dag administratiewe take

Vereistes:

•Relevante Tersiêre Opleiding - SAIPA/CIMA

•2 - 5 Jaar ervaring

•Voltooide klerkskap

•Rekenaargeletterdheid (Pastel, MS Office, VIP, ERP-stelsel ervaring sal tot voordeel wees)

•Eie vervoer en bestuurslisensie

•Ondervinding in die vrugtebedryf sal tot voordeel wees

•Stiptelikheid, netheid en self-gemotiveerd

•Afsonderlik en as span te kan saam werk

•Gretigheid om te leer

Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CV kan gerig word aan: finance@dkagri.co.za

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

1982/08/30 - 2025/05/26

BEGRAFNISDIENS: Sondag 8 Junie

Saal: 09:00 Northridge, Skaaprivier Graf: Bella Vista 081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Susanna Krotz

1970/09/21 - 2025/05/25

ROUDIENS: Do. 5 Junie

Saal 19:00 Peres Saal, BV BEGRAFNIS: So. 8 Junie

Huis: 09:00 Deltastr. 707, BV Kerk 10:00 Peres Saal, BV

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE

skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎

(023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Verlaat my nie, o Here! My God, wees nie ver van my af nie! Ps. 38:22

(023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Ev. Jacobs

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Koerant-bondels te koop @ R40 PER BONDEL  (023) 316-2021

Voortrekkerstraat 17D, Ceres

IS DRINGEND OP SOEK NA:

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles) Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:00

Skoonveld programme restores ecosystem

IN response to the growing threat posed by invasive alien vegetation in the Ceres Mountain Fynbos Nature Reserve, the Skoonveld programme has recently been launched to protect and restore the health of the natural veld, vital for preserving biodiversity, safeguarding water resources, and supporting local farming communities. Funded by Perdekraal East Wind Farm, the aim of this project is to restore and maintain natural ecosystems, while upskilling and creating employment for the local youth. Established in 2016 by the Ceres Business Initiative (CBI), the programme plays a crucial role in managing invasive alien plant infestations. These plants typically consume more water than indigenous species, and their removal helps to conserve water, which is a critical resource for the apple farmers in the area. Through the wind farm’s funding, essential resources have been provided for training, personal protective equipment (PPE), and field tools like chainsaws, loppers, and herbicide applicators. This support has enabled local contractors to hire youth from local communities, helping the project not only restore ecosystems but also generate jobs and skill-building opportunities. The training included chainsaw handling, first aid, herbicide application, and other fieldwork essentials, equipping local youth with both practical knowledge and work experience. Looking ahead, the long-term vision of the Skoonveld programme, is to bring all 7000 hectares of the Ceres Mountain Fynbos Nature Reserve under its control.

Tweede rondte begin

VIER plaaslike spanne in die Witsentraalliga, skop die naweek hul tweede rondte wedstryde af.

Ceres is een van die spanne met ‘n los lootjie. Die derbystryd tussen Delicious en Hamlet is die hoofdis op die naweek se spyskaart. In ander wedstryde speel Wolseley tuis teen Bella Vista, Evergreens Paarl speel teen Young Blues en Villagers Newton speel teen Newtons.

LEERLING BESPROEIINGSTEGNIKUS / OPMETER

Vereistes : •Graad 12; •Geldige bestuurslisensie; •Moet Afrikaans en Engels gemaklik praat, lees en skryf; •Moet beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede; •Opdragte en take moet noukeurig uitgevoer kan word; •Geskikte persoon moet goed onder druk kan werk en bereid wees om lang ure te werk.

Sluitingsdatum: 30/06/2025

Lewer of stuur CV’s aan: helene@spilhausceres.co.za

Voortrekkerstraat 150, Ceres

Indien geen terugvoering binne 14 dae na sluitingsdatum, was die aansoek onsuksesvol

AGRIMARK Ceres en Liquormark se Super Vrydag promosie is Vrydag 30 Mei weer aangebied. Die dag was ‘n groot sukses en talle verskaffers het deelgeneem aan Super Vrydag. Daar is ook wors gebraai en aan besoekers gegee.

Kompetisie op Fairfield 'n groot sukses

DIE wenners van die jaarlikse mnr. en mej. Fairfield primêr kompetisie (junior en senior), is onlangs bekend gemaak. *Die skool bedank die volgende borge: Finbond, Rocky River Spur, Wimpy en DVH Solutions. Dankie ook aan die fotograaf vir die fotos en Fairfield plaas vir die vervoer van ouers. Die geleentheid was ‘n groot sukses.

Kalos Farming, ‘n boerderyonderneming, het ‘n geleentheid vir ‘n Graan Produksiebestuurder in Ceres. Dié persoon sal rapporteer aan die Hoofbestuurder.

GRAAN PRODUKSIEBESTUURDER

Verantwoordelikhede:

•Alle verwante bestuursaspekte van graanverbouing en beeste praktyke

•“Grid sampling” en presisie kaarte

•Grond regstellings

•Plant- en verwante aksies

•Bemesting, onkruidbeheer en gewasbeskerming

•Bestuur van oesproses

•Administratiewe verantwoordelikede van afdeling: oBegrotingsbestuur

oPlaas van bestellings

oRekordhouding

Vereistes:

•1 jaar ervaring as produksie- of eenheidsbestuurder met graangewasse

•Graad 12

•Tersiêre kwalifikasie in landbou sal voordelig wees

•Rekenaarvaardig

•Operateurs-ervaring van graan toerusting

Eienskappe:

•Sterk bestuursvaardighede

•Selfgedrewe en proaktief

•Goeie kommunikasievaardighede en georganiseerd

Pakket en voordele sal met kandidate onderhandel word. Belangstellendes kan hulle CV stuur vir oorweging

aan: lindie@kalos.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Junie 2025

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Koopman-duiwe begin goed

DIE 2025 wedvlugduiwe seisoen het Saterdag in die Witzenbergstreek afgeskop.

Na vele beplannings asook beraadslaging kon die nuwe duiwe unie, Winelands Racing Pigeon Union (WRPU) met groot sukses afskop met die eerste wedvlug vanaf Laingsburg. Die unie bestaan uit duiweklubs van Worcester, Ceres asook Tulbagh. Die duiwe word ook nou op die Federated Board se vragmotor losgelaat. Duiwe word tans afsonderlik gelos op die vragmotor maar oor drie weke sal duiwe as een groot loslating gelos word waar meer as 10 000 duiwe dan elke naweek sal meeding teen mekaar.

Team Koopman ARL het ‘n baie goeie afskop beleef en kon die eerste klub asook federasie wedvlug wen.

Saterdag 7 Junie vlieg duiwe weer vanaf Laingsburg. Laingsburg 1 CHPS

1. Team Koopman ARL -1273.787 mpm

2. Team Koopman ARL -1262.531 mpm

3. Team Koopman ARL -1254.840 mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1251.770 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1239.958 mpm Ceresvallei Federasie wedvlug

1. Team Koopman ARL -1273.787 mpm

2. JRK Lofts - 1270.161 mpm

3. Team Koopman ARL -1262.531 mpm

4. Team Koopman ARL -1254.840 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1251.770 mpm

Rossouw wen kompetisie

ROSSOUW van Zyl het Saterdag 31 Mei die enkel stableford kompetisie met 42 punte gewen.

Johan Smit was tweede met 37 punte met Henry Brown in die derde plek met 35 punte. Willie van Heerden was vierde met 34 punte.

Saterdag-kompetisies

Op 7 Junie word ‘n enkel houespel kompetisie aangebied, op 14 Junie ‘n beterbal stableford kompetisie, op 21 Junie ‘n enkel stableford kompetisie en op 28 Junie ‘n enkel syfer plus kompetisie.

Spelers moet ook kennis neem dat tot en met Septembermaand, daar geen Sundowner-kompetisies aangebied sal word nie.

LAERSKOOL Gericke se o/12 A het Saterdag 31 Mei aan die Wynland Laerskole netbalkampioenskappe op Stellenbosch deelgeneem. Die o/12’s wen 3 uit 4 groepwedstryde en dring deur na die semi-finaal. Die uitslae is as volg: Laerskool Gericke verloor teen Paarl Gim 4-19, klop Pieter Langeveldt 13-7, klop Hillcrest 13-4 en klop Hugo Rust 12-7. In die semi-finaal verloor Gericke teen Stellenbosch 8-20. FOTO ONDER: Laerskool Gericke se o/13 A span het Saterdag 31 Mei ook aan die Wynland Laerskole netbalkampioenskappe op Stellenbosch deelgeneem. Die o/13’s het twee wedstryde verloor en twee wedstryde gewen. Gericke klop Pieter Langeveldt 16-4, klop Hillcrest 22-2, verloor teen Paarl Gim 5- 16 en verloor naelskraap teen Hugo Rust 8-11.

15

THE Western Cape Provincial African Schools Football Championship for under-15’s were hosted at the Lavender Hill shared sport facility in Cape Town. Lingomso Primary from Tulbagh, competed against schools coming from the Cape Town, Central Karoo, Eden, Overberg and West Coast regions.The girls u/15 team for Cape Winelands was represented by De Doorns Primary. Lingomso Primary’s boys, who only managed to get to the group stages, represented the Cape Winelands region at this competition. The national championship will take place from 11-
July in Durban. * Seen here are the Lingomso Primary u/15 boys team together with Andile Cata (team manager).

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.