Witzenberg Herald Vol.28 no.20 (Online Weergawe)

Page 1


Polisielid in hof na hy onwettig jag

‘n POLISIESERSANT van Kleinvlei en Phillipi-Oos is einde April gearresteer nadat hy onwettig twee duikers in die Droeëhoek-omgewing gejag het.

Die voorval het op 20 April omstreeks 00:40 plaasgevind.

‘n Polisielid, sers. Aron Bani (42), is betrap nadat hy na bewering ‘n duiker geskiet en ‘n tweede duiker met ‘n mes doodgesteek het. Toe die P.A. Hamlet polisie hom voorkeer, is die twee duikers toegedraai in plastiek, in sy motor gevind. Daar is ook op ‘n jaggeweer beslag gelê.

Bani het op Woensdag 7 Mei in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak tot 20 Junie uitgestel is.

Die saak word deur die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester ondersoek.

Baba van 15 maande oud, sterf op Gouda

CERES speurders ondersoek ‘n

voorval waarin ‘n baba van 15 maande op Gouda dood is.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek ‘n babameisie se dood op 17 Mei

Die voorval het twee weke gelede op Gouda plaasgevind toe die baba dood is terwyl sy in die sorg van haar pa gelaat was.

‘n Nadoodse ondersoek moet gedoen word om die oorsaak van die baba se dood te bepaal. ‘n Malawiër (43) van Gouda is later weens immigrasie-oortredings gearresteer en het op 27 Mei in die Ceres landdroshof verskyn.

Messteek voorval

In ‘n ander voorval is ‘n man van

Nduli dood na ‘n meningsverskil oor R25 vir ‘n bier.

Die voorval het Saterdag 24 Mei omstreeks 08:55 plaasgevind.

Die oorledene, Teboho Maboe (36), het Saterdagoggend in die straat gestap toe die verdagte, Sipho Letule (38), van voor aangestap gekom en hom vir R25 vir ‘n bier gevra het.

Maboe het blykbaar gesê hy het nie geld nie waarna Letule ‘n mes uitgepluk en Maboe daarmee gesteek het.

Letule het toe van die toneel gevlug maar is op 26 Mei deur speurders op Malmesbury vasgetrek.

Letule het Woensdag 28 Mei vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord.

Bronaar vier 60ste bestaansjaar Bronaar vier 60ste bestaansjaar

NEGE onwettige immigrante is Vrydag 23 Mei op Ceres gearresteer.

Nege onwettige immigrante word op Ceres gearresteer

NEGE onwettige immigrante is Vrydag 23 Mei op Ceres gearresteer.

Die blitsoptrede is omstreeks 13:40 in samewerking met die Ceres polisie, Witzenberg wetstoepassers, gesondheidsbeamptes, immigrasiebeamptes, die departement van werkskepping en arbeid en personeel van binnelandse sake, van stapel gestuur.

Die optrede het saamgeval met ‘n besoek van die nasionale minister van werkskepping en arbeid, Nomakhosazana Meth, aan Ceres.

Vier mans van Malawië, een Nepalees, twee Ethiopiërs en een persoon van Lesotho is by JP Potatoes gearres-

teer terwyl een Ethiopiër by Bismillah, oorkant Morrisdale primêr, gearresteer is.

Die ondersoek duur voort en die departement sal moontlik boetes aan die twee sakeondernemings uitreik.

Hofverskyning

Die nege mans, Yunusy Maya (29), Kapil Tamang (25), Ashuda James (27), Salenu Zewude (25), Awol Abe (21), Yusuph Kassim (26), Senate Nkobolane (37), Adam Ismael (34) en Patrick Cassiema (25) moet weer op 30 Mei en 2 Junie in die Ceres landdroshof verkyn.

Twee bejaardes vier besonderse mylpaal

TWEE inwoners van Huis Pieter Strauss het onlangs besonderse mylpale bereik. Tannie Sofeha van Huffel (links) het Sondag 18 Mei haar 90ste verjaarsdag gevier en tannie Janetta Simonse (regs) het op Vrydag 16 Mei haar 90ste verjaarsdag gevier. * Tannie Sofeha se familie het vir die inwoners van Huis Pieter Strauss ‘n heerlike Sondagete voorgesit!

32 DEGREES SOUTH FRUIT (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ ☎ (023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

PAKLYNSTELSEL OPERATEUR

32 Degrees South Fruit (Edms) Bpk is ‘n vrugte pakstoor in die Koue Bokkeveld

Ons benodig tans die dienste van ‘n noukeurige en gefokusde individu om ons gradering- en verpakkingslyn doeltreffend te bedryf en te verseker dat produkte optimaal verpak word.

Verantwoordelikhede:

·Bedryf gerekenariseerde verpakkingslyn met gevorderde kamerategnologie

·Invoer van kultivar/vrugtelling/grootte/gehalteklasse en opstelling van sagteware

·Deurlopende monitering en verstellings

·Analiseer uitpak statistieke

·Verseker optimale uitpakke

Vereistes:

·Uitstekende rekenaarvaardighede met vorige ondervinding in vrugteverpakking sagteware (veral “machine learning”)

·Kennis van vruggehalte en standaarde

· Sterk analitiese vermoëns en probleemoplossingvaardighede

·Moet onder druk kan werk

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan gestuur word aan: Die Bestuurder by admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Junie 2025

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

KENNISGEWING: CERES GEAFFEKTEERDE INWONERS

Soos voorheen in hierdie publikasie gerapporteer, is Ceres Fruit Processors (CFP) besig met projekte om die kwessie van reuke te doen met die maatskappy se afloop water stelsel aan te spreek.

Daar is onlangs drie projekte in hierdie verband intern goedgekeur, maar munisipale goedkeuring moet nog verkry word. Die projekte is wesenlik van aard en sal ongeveer 18 maande neem om tot realiteit te bring. Daar is dus risiko van reuke vir die 2026 seisoen. CFP maak verskoning vir enige ongerief ervaar.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

MANAGER: ENGINEERING SERVICES

The successful candidate will report directly to the Managing Director and the responsibilities of the position include the following key performance areas : • Ensure that CFP has effective & efficient maintenance practices in place • Craft & implement a preventative management plan • Design and present layout plans with regards to infrastructure • Management of Capital Projects • Process control • Safety management • Managing a vehicle workshop • Provide technical support of highest standard to production especially in terms of proactive service and maintenance of equipment and machines • Manage all contractors and ensure work of high standard is delivered on time • Identify problems in terms of systems and equipment proactively and provide solutions and implement action plans to remedy • Research and stay informed of newest and latest technology related to CFP equipment and operations • Conduct planning in accordance with the Departmental Budget • Manage the individual performance of all team members.

The ideal candidate should have the following attributes/ skills/ qualifications : • A relevant tertiary qualification (Engineering Degree) • A Government Certificate of Competence (GCC) • At least 5 - 8 years of relevant experience in the Manufacturing Industry • Knowledge of process control and PLC’s • A proven track record of success in a management capacity • Excellent communication and problemsolving skills • Superior Computer literacy.

Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility. In return the Company offers a market related compensation package.

Please send your CV to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd E-mail: dlintnaar@cfp.co.za

Closing date for applications: 10 June 2025

RoesBlaarKombers

CERES Herfs is so bekend vir sy roesbruin blare... wat wens om langer .. aan te bly.. stywer houvas gaan nie baat val’ moet die groen op die beurt wat kom bloos in die laaste roesbruin glorie Is van korteduur want die kaal koue winter verkleur vinnig nader.. gee my nog tyd nog ‘n bietjie roesbruin spog slaap dan liewer ..onder die bruinblaar kombers

Gedig ingestuur deur Errol

nuusbrokkies

WITZENBERG APD het Saterdag 17 Mei hul eerste basaar aangebied. Ons wil graag die volgende donateurs bedank vir hul bydraes: SuperSpar Ceres, Karoo slaghuis (P.A Hamlet), Dutoit Groente, Ceres Aartappels, Frank Lintnaar, Jonathan Matthys, Kempton Juries, Jonathan Alexander, Patrick de Wet en Daniël George.

DIE Togryers museum skop eersdaags af met hul jaarlikse Ubuntu Winterdrive-projek. Die gemeenskap word gevra om deel te neem aan die projek. Die organiseerders maak staat op skenkings van die gemeenskap om diegene by te staan in die wintermaande wat dikwels nie ‘n inkomste het nie. Enige produk of selfs ‘n finansiële bydrae, sal ‘n verskil maak. Vir meer besonderhede skakel die museum by (023) 312-2045

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal.

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir Tina 073-950-7380, Yolanda 073919-3903 of Esmerelda by 071-866-8842

DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae kan die volgende persone geskakel word: Arno Vergotine - 073-591-1427, Henrico Fransman - 060-626-7723, Melony Meyer - 078759-7206 of Jo-Wayne Pedro - 083-387-2990

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad:..................... 10111

•Ambulance Services:.................... 10177

•Cell Phone Emergency:....................112

•Disaster Risk Management Centre: 0809114357

•Poisons Information Helpline of the Western Cape:................. 0861-555-777

•Childline: ...........................................116

•Lifeline:...........................(021) 461-1113

•Wilderness Search and Rescue: ........................................(021) 937-0300

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

TWEE netbalspelers van Laerskool Gericke het goed presteer op die netbalbaan. Mienka du Toit (links) is in die Kaapse Wynlandspan opgeneem en Shadé Naudé (regs), is in die o/13 Wes-Kaap Cedarsspan opgeneem.

Verkragter kry 25 jaar

vonnis

‘n VEROORDEELDE verkragter is die week in die Worcester streekhof tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.

‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Eric Ntabazalila, het gesê Aphiwe Mpambani (24), sal 25 jaar uitdien nadat hy ‘n 12-jarige meisie op 22 November 2019 in die straat gegryp en haar omstreeks 20:00 na sy plakkershut gesleep het waar hy haar verkrag en gedreig het om haar dood te maak as sy iemand sou vertel.

“Die suksesvolle vervolging en vonnis volg op die staat se suksesvolle weerlegging van Mpambani se bewerings dat hy en die minderjarige slagoffer, ’n romantiese verhouding gehad het,” sê Ntabazalila.

Die Wes-Kaap direkteur van openbare vervolging, advokaat Nicolette Bell, het haar daartoe verbind dat die NVG sal voortgaan met hul stryd om seksuele geweld swaar te straf en om geregtigheid en afsluiting vir slagoffers en hul gesinne te verseker en om gewelddadige misdadigers uit die gemeenskap te verwyder.

Wynland-ekspo die naweek

DIE Winelands Autumn Expo keer op 30 en 31 Mei terug na die Hoërskool Montana.

Die sukses van die 2024-ekspo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het. Besoekers aan die 2025-Winelands Autumn Expo kan uitsien na ‘n wyer verskeidenheid aanbiedinge en kunstenaars soos Bok van Blerk, Early B en Kurt Darren sal die naweek optree. Kaartjies beloop R100 per volwassene, R40 vir tieners en kinders onder 12 is gratis.

nasionale minister van werkskepping en arbeid, Nomakhosazana Meth, het Vrydag 23 Mei op kort kennisgewing, ‘n blitsbesoek aan Ceres gebring waar sy rolspelers in landbou en gemeenskapsleiers in die Ceres stadsaal toegespreek het. Deelnemers kon ook hulle menings oor landboukwessies en probleme lug.

TWEE voertuie was Dinsdag 27 Mei in ‘n botsing betrokke by die berugte Tulbaghwegkruising. ‘n Toyota bakkie en Toyota Avanza het teen mekaar gebots nadat een van die voertuie omstreeks 15:00 oor die kruising gery en teen die ander voertuig vasgery het. Volgens inligting is die bestuurder van die Avanaza, wat in Gouda se rigting onderweg was, lig beseer.

Ceres nie meer deel van misdaad se top 30

DIE misdaadsyfers vir 1 Januarie tot 31

Maart is verlede week in Kaapstad vrygestel. Goeie nuus vir Ceres en ander dorpe in die Witzenbergstreek is dat geen een van dié streek se dorpe deel is van die top 30 dorpe of stede op die land se misdaadlys.

In die vorige kwartaal onder die afdeling: bestuur onder die invloed van drank of dwelms, het Ceres die vierde meeste gevalle in die Wes-Kaap aangeteken.

Ceres was ook in die vorige kwartaal in die top 30 vir seksuele aanrandings en poging tot moord.

Die statistieke is deur die polisiebestuur in Kaapstad bekendgemaak.

Die dokument van meer as 160 bladsye skets soos altyd, ‘n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika. Misdaad bly steeds ‘n groot bron van kommer vir landsburgers.

Ander statistieke

In die dokument is daar weer ‘n top 30 saamgestel vir elke misdryfkategorie in Suid-

Afrika en die Wes-Kaap provinsie.

Daar is die afgelope kwartaal 5727 moorde gepleeg in die land. Dit is 809 minder as in die vorige kwartaal. Voorvalle van seksuele oortredings is desondanks streng wetgewing, steeds baie hoog. Daar is 13452 voorvalle in Suid-Afrika aangemeld. Meer as 6720 gevalle van brandstigting of beskadiging van eiendom is ook aangemeld.

Vir die Wes-Kaap met sy 7.5 miljoen inwoners, lyk die prentjie nie veel beter nie.

Daar was 1068 moorde. In 590 gevalle is vuurwapens gebruik en 196 gevalle messe.

Daar was 1189 verkragtings waarvan 622 gevalle by slagoffer se huis of familielede se woning plaasgevind het. Daar was ook 411 gevalle van seksuele aanranding.

Die verval in ons samelewing kan verder gesien word in misdrywe wat by kerke en skole plaasvind. Die afgelope kwartaal is daar by 211 skole, 65 kerke en 28 drankwinkels ingebreek.

Daar was 909 gevalle van die onwettige besit van vuurwapens en 2384 gevalle van die bestuur onder die invloed van drank of dwelms aangemeld. Daar was ook 23 880 dwelmverwante misdrywe in die provinsie gepleeg.

Vol hofrolle

‘n Groot bekommernis wat nie deel vorm van dié kwartaalikse misdaadstatistieke, is die oorvol hofrolle.

Die Ceres landdroshof hanteer meer as 700 sake. Daar was teen einde April ver meer as 300 sake op die streekhofrol. Verkeersoortredings

Die top 10-verkeersoortredings in SuidAfrika is ook verlede week bekendgemaak. Spoedoortredings is steeds in die eerste plek gevolg deur om stoptekens en verkeersligte te ignoreer, die gebruik van selfone terwyl jy bestuur en om nie veiligheidsgordels te dra nie.

Bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, is vyfde op die lys.

Saak uitgestel vir borgaansoek

SPEURDERS verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het twee weke gelede ‘n groot deurbraak gemaak en drie verdagtes, ‘n man en twee vroue, vasgetrek vir die verkragting van ‘n 12-jarige meisie.

Die meisie van Nduli is in Maart vanjaar vir die tweede keer in minder as drie jaar verkrag. Sy is na dié voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die WesKaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans.

Hofverskyning ‘n 58-Jarige man van Nduli word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 44 jaar oud, word daarvan aangekla dat hulle die slagoffertjie verkoop het aan ander mans.

Die drie verdagtes is by hulle onderskeie wonings in Nduli gearresteer.

Hulle het Maandag 26 Mei vir borginligting en adresbevestiging verskyn om later vir borg aansoek te doen. Die drie bly in aanhouding.

Die saak is na 12 Junie uitgestel.

Eerste saak nog nie afgehandel nie

Dié meisie was in 2022 ook ‘n verkragtingslagoffer toe drie mans haar verkrag het.

Die drie mans, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.

Die drie mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar en 'n half jaar voortduur.

Die verkragting het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind.

Die saak is tot 3 Julie uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn.

DIE

Twee verdagtes weer einde Julie in die hof

TWEE mans wat verdink word van die moord op ‘n 62jarige man, moet weer op 30 Julie in die Ceres landdroshof verskyn. Die oorledene, Sakiysi Nyathi wat vir Oslo Fruiters op Ceres gewerk het, is op 21 Maart met ‘n mes in die nek gesteek. Die moord het omstreeks 16:40 in Retiefstraat naby Kaap Agri, plaasgevind. Nyathi het blykbaar van die werk gestap toe hy deur dié twee verdagtes gekonfronteer en beroof is van sy selfoon. Nkokheli Tyokolo (31), ‘n bergslaper, is kort na die moord op Dinsdag 25 Maart by sy blyplek naby Ceres natuurtuin vasgetrek.

Vredebes

‘n Tweede verdagte, Romeo Constance (42), is ‘n week later op Donderdag 3 April vasgetrek.

Die saak teen beide mans is uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Roof en diefstal

Constance verskyn ook in Ceres landdroshof op ‘n onverwante klag van roof en diefstal.

Hy het na bewering ‘n persoon in November 2024 in Lyellstraat gedreig met ‘n mes en van ‘n onbekende bedrag geld beroof. ‘n Tweede persoon wie se naam bevestig moet word, word saam met hom aangekla.

Die saak is na 20 Augustus uitgestel.

Moordsaak teen seun (17) tot Augustus uitgestel

‘n MINDERJARIGE seun (17) het verlede week op ‘n klag van moord in die Ceres landdroshof verskyn nadat hy ‘n man met ‘n mes gesteek het.

Die voorval het Sondag 18 Mei omstreeks 02:40 plaasgevind. Die 17-jarige verdagte het saam met ‘n paar vriende in Proteastraat by ‘n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier.

Die oorledene, David Januarie (40), het die betrokke Sondagoggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook

- VAKANTE BETREKKINGJUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER - GROENTE

De Keur Landgoed, ‘n gevestigde vrugte- en groente verbouiingsmaatskappy, geleë in die Koue Bokkeveld en Wolseley omgewing, is opsoek na ‘n energieke en dinamiese persoon om aan te sluit by Leeuwrivier groente, te Leeuwrivier, Koue Bokkeveld en sal verantwoordelik wees vir die oorhoofse kontrolering, kwaliteit en produktiwiteit van die groente en tef produksie. Hierdie is ‘n permanente pos, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk.

VERANTWOORDELIKHEDE:

• Bestuur van besproeiingstoerusting • Uitvoer en oorsig van besproeiing skedulering • Monitering van grond vog tydens produksietydperk • Bestuur van plant, optrek en oes prosesse • Organisering van hulpbronne en toerusting tydens produksie prosesse • Noue samewerking met die Produksiebestuurder ten opsigte van onkruid- en plaagbeheer • Weeklikse monitering van die uie • Assisteer die Produksiebestuurder met die evaluering en bestuur van doelwitte en praktyke om volhoubaarheid en produktiwiteit te bevorder • Bestuur van lone om binne begroting te bly • Bestuur die begroting wat deur die Produksiebestuurder deurgegee word • Verseker korrektheid tov TMS: akkuraatheid en daaglikse allokasies • Daaglikse evaluering van produktiwiteit van werknemers tov kontrolering van doelwitte • Noukeurige voorraadhouding.

VA ARDIGHEDE:

• Moet sonder toesig op ’n rekenaar kan werk, wat Microsoft programme insluit • Goeie kommunikasievaardighede (geskrewe en gesproke) • Goeie menseverhoudinge • Akkuraatheid • Georganiseerd wees • Probleemoplossing • Vermoë om op meer as een taak gelyk te kan fokus • Goed onder druk kan werk • Aanpasbaar • Innoverend.

ONDERVINDING EN OPLEIDING:

• Ten minste 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos • Geldige bestuurderslisensie • Basiese bestuursbeginsel kursus / Sertifikaat in Landbou (NQF 4) • Graad 12.

ALGEMEEN:

Die werknemer moet bereid wees om ekstra ure te werk, soos versoek. Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 12 Junie 2025

AANSTELLINGSDATUM: 1 Augustus 2025

Stuur asb u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za

het, nie aangestaan het nie. Daar het ‘n rusie tussen Januarie en die verdagte ontstaan toe Januarie hom blykbaar met ‘n besemstok wou slaan. Die verdagte het Januarie toe twee keer met ‘n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het. Die jongmense het oproerig geraak en die ruite stukkend gegooi. Januarie is later in die huis dood en die verdagte is deur die Ceres polisie op die toneel gearresteer.

Die saak is verlede Dinsdag 20 Mei uitgestel na 5 Augustus. Hy bly in aanhouding.

is.

Google Maps.

MIN inligting was teen Woensdag beskikbaar nadat ‘n buitelandse winkeleienaar van AlBaraka in Pinevalley, Dinsdagaand 27 Mei deur onbekende aanvallers doodgeskiet
FOTO:

1965 - 2025

Bronaar al meer as 50 jaar

‘n landbouleier

IN 1965 het Hauptfleisch van der Merwe op Bronaar begin boer met ‘n paar hektaar vrugte, aartappels, vee en sewe werknemers.

Vandag, 60 jaar later, is Bronaar Plase (Edms) Bpk ‘n gevestigde besigheid in die Koue Bokkeveld met vyf aangrensende plase, 250 permanente personeel, vrugte en groente asook vee, met ‘n groot belang in sekondêre landbou nl. Bamco Koelkamers en Verpakking.

Die boerderyonderneming het ook gediversifiseer in eko-toerisme met die vestiging van Ribbokskloof Escape, gaste akkommodasie en ‘n private kampplek.

Met visie en harde werk het Hauptfleisch die besigheid gevorm en laat groei met ‘n groot klem op mens-ontwikkeling. Hauptfleisch se seun, Fanie en dogter, Hendrien, het deel van die besigheid geword en hierdie kultuur voortgesit.

Hauptfleisch is in Desember 2024 op 80 jarige ouderdom oorlede. Hy laat ‘n groot leemte, maar ook ‘n pad waarop voortgebou kan word in dankbaarheid.

Bronaar plaas groot klem op deursigtigheid en deelnemende bestuur asook goeie korporatiewe bestuur en het reeds vir die afgelope 20 jaar onafhanklike direkteure op die direksie wat help met strategiese besluitneming.

Fokus op die mens

Themba Trust, ‘n werknemerstrust en aandeelhouer van Bronaar, is reeds 18 jaar oud en vorm ‘n integrale deel van Bronaar.

Jaffie Galant, as voorsitter van Themba Trust, dien steeds op die direksie.

Themba Trust het ongeveer 40 begunstigdes en gee ook geleentheid vir nuwe begunstigdes indien daar begunstigdes sou aftree of die diens van Bronaar verlaat.

CONRADIE VERVOER

Die trust deel jaarliks in dividende en daar was slegs een jaar wat begunstigdes nie ‘n uitkering ontvang het nie.

Die Bronaar Stigting het einde 2023 ‘n reünie gehou saam met 23 studente wat reeds befonds is sedert 2007.

Die Bronaar Stigting het reeds 51 studente gehelp om sekondêre en tersiêre opleiding te ontvang. ‘n Totale bedrag van R3.4 miljoen is alreeds spandeer vir hierdie doel.

Die personeel van Bronaar, is veral trots op hul prestasies by die Prestige Plaaswerker van die Jaar kompetisies wat jaarliks aangebied word. Oor die jare behaal 25 werkers eerste plekke, 11 persone behaal tweede plekke en 6 persone behaal derde plekke. Bronaar verower ook drie keer die toekenning vir beste presterende plaas.

Belê in toekoms

Bronaar glo daarin om in hul personeel te belê en in samewerking met die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum word jaarliks opleiding aan tegniese vaardighede, maar ook persoonlike ontwikkeling gegee.

“Ons glo ook daarin om aan jong studente ‘n geleentheid te gee om praktiese ondervinding op te doen en ondersteun jaarliks tussen een of twee internskappe in die besigheid. Erkenning word maandeliks gegee aan ‘n span of persoon wat die ekstra myl op die plaas loop en gekies word as persoon of span van die maand”.

Bronaar bied aan sy personeel ‘n bewaarskool waar opgeleide personeel verseker dat hul kinders veilig en versorg is en gestimuleer word vir skoolgereedheid. Die nasorgsentrum het ‘n rekenaarlokaal en die kinders ontvang na skool etes en kry hulp met huiswerk en skoolaangeleenthede.

Die kinders het ook die geleentheid om aan karateklasse deel te neem.

‘n Kliniek met ‘n gekwalifiseerde suster bedien Bronaar-personeel drie keer per week. “Bronaar glo dat sy personeel gebalanseerd moet wees en bied baie sportmoontlikhede aan. Daar is drie sokkerspanne en ‘n netbalspan op die plase. Atlete neem jaarliks deel aan die Michellspas 10 km wedloop”. Fokus op tegnologie en grond-gesondheid “Bronaar is sterk gefokus op nuwe tegnologie en grond-gesondheid om sodoende ons hulpbronne op die beste manier te ontwikkel en te beskerm. Ons streef na volhoubare goeie produksie van kwaliteit appels, pere, aartappels en uie”. In beide produksietakke - vrugte en groente - word daar geïnvesteer in die beste tegnologie ten opsigte van verpakking, produksie en bemarking. Die groentepakstoor op die plaas en die vrugtekoelkamer en vrugtepakstoor is ten volle toegerus met die nuutste tegnologie om die produkte teen die beste kwaliteit in die mark te kry.

Bronaar het die afgelope paar jaar hul besigheidsmodel gediversifiseer om toerisme in te sluit. Toerisme is ‘n groeiende bedryf in die Koue Bokkeveld en daar is ‘n groot behoefte onder toeriste wat die rustigheid van die plaas wil beleef, maar ook vir verskaffers en diensleweraars wat verblyf benodig. Ribbokskloof Escape bied aan almal ‘n wegkomkans. Daar is drie selfsorg eenhede en ‘n private kampplek. Bronaar het die geleentheid benut om ou onbenutte geboue te omskep in gasteeenhede tot voordeel van die besigheid, belanghebbers en aandeelhouers.

Dankbaar

Bronaar, direksie en personeel, is baie dankbaar vir die geleenthede wat aan hul gegee word om betrokke te kan wees in die landbou en hul passie te kan uitleef op ‘n mooi plek in die Koue Bokkeveld.

Deon Conradie

☎ ☎ ☎ ☎ (023) 313-3705 082-658-5429 deonconradie57@gmail.com

Hartlik geluk Bronaar met jul 60ste bestaansjaar. Ons wens julle alle voorspoed vir die toekoms!

Baie geluk aan Bronaar Plase met jul 60ste bestaansjaar Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.

Mnr. Willem Visser 082-253-7024

☎ ☎ ☎ (023) 316-1131 willem@shelantiagri.co.za

Trotse verskaffers van gewas-oplossings aan BRONAAR PLASE

Hartlik geluk met jul 60ste bestaansjaar.

KUNDIGHEID l BESLUITNEMING RESULTATE

info@inteligro.co.za www.inteligro.co.za

Baie geluk BRONAAR met jul 60ste bestaansjaar.

Julle belegging in mense is tops! belegging in mense tops!

Julle belegging in mense is tops! belegging in mense tops!

Julle belegging in mense is tops! (023) 317-0983 www.kbos.co.za

Hartlik geluk BRONAAR met jul 60ste bestaansjaar. Baie dankie vir jul getroue ondersteuning deur die jare.

Fabricius Meganiese Dienste bied ook die volgende dienste aan:

• Koop en verkoop van landboutoerusting

• Verhuring van trekkers

• Diens en herstel van landboutoerusting en implemente

Skakel gerus vir enige kwotasies en navrae: Philip 082-784-6599

Protealaan 28, Op-die-Berg fabricius@fabricius.co.za

1965 - 2025

BRONAAR bestuur: VOOR: Madelein Gagiano, Fanie van der Merwe, Hendrien van der Merwe en Steyn Marais. AGTER: Lawrence Jantjies, Christo Gagiano, Claud West, Andro du Preez, Aubrey November en Marius Botes.

Bronaar is sterk gefokus op nuwe tegnologie en grond-gesondheid om sodoende hul hulpbronne op die beste manier te ontwikkel en te beskerm.

Bronaar streef na volhoubare goeie produksie van kwaliteit appels, pere, aartappels en uie.

Besoek gerus die webtuistes by www.bronaar.co.za en www.ribbokskloofescape.co.za

Gelukwensing Gelukwensing Gelukwensing Gelukwensing metjulmetjul metjulmetjul met jul

6060 6060 60ste ste ste Bestaansjaar Bestaansjaar

Namens ons hele span wil ons julle van harte gelukwens met hierdie uitsonderlike mylpaal60 jaar van toewyding, groei en integriteit.

Dit is duidelik dat julle besigheid op sterk waardes en beginsels gebou is en dit weerspieël in elke aspek van julle dienslewering.

Julle volhoubare sukses is ’n inspirasie en dit is ’n voorreg om met ’n waardegedrewe onderneming soos julle saam te werk. Mag die pad vorentoe net voorspoed, samewerking en seën inhou. Baie geluk!

FSP 7088

Adderleystraat 36, Worcester (023) 347-1442 stofbergmkl.co.za

jul60ste!!!jul60ste!!! jul60ste!!!jul60ste!!! jul 60ste!!!

Dit is vir Viking ‘n groot voorreg om met ‘n besonderse besigheid met soveel integriteit, menswees en passie geassosieer te wees.

Bou voort op oom Hauptfleisch se visie.

www.corefruit.com

BRONAAR glo dat sy personeel gebalanseerd moet wees en bied baie sportmoontlikhede aan. Daar is tans drie sokkerspanne en ‘n netbalspan op die plaas. Atlete neem jaarliks deel aan die Michellspas 10km wedloop.

word maandeliks gegee aan

span

werkerskomitee.

DIE Themba Trustees. VOOR: Mpho Makhathane, Barend Joseph, Jaffie Galant en Sanna Afrikaner. AGTER: Pieter Snyders, Jakob van Wyk en Isak Kotzé.
BRONAAR
ERKENNING
‘n
of persoon wat die ekstra myl op die plaas loop en gekies word as persoon of span van die maand.

1965 - 2025

ERKENNING word maandeliks gegee aan ‘n span of persoon wat die ekstra myl op die plaas loop en gekies word as persoon of span van die maand. FOTO LINKS: Aubrey November en Monica Betana. FOTO REGS: Hermanus Willemse en Steyn Marais met hul sertifikate.

Baie geluk BRONAAR met jul 60ste bestaansjaar. Alle voorspoed word julle toegewens vir die toekoms.

RIBBOKSKLOOF Escape bied aan almal ‘n wegkomkans. Daar is drie selfsorg eenhede en ‘n private kampplek. Bronaar het die geleentheid benut om ou onbenutte geboue te omskep in gaste eenhede tot voordeel van die besigheid en aandeelhouers.

ELEKTRIESE WERKE

BRONAAR BOERDERY

Baie geluk met jul 60ste bestaansjaar.

Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen en sien uit na jarelange verbintenis met julle.

BRONAAR, direksie en personeel, is baie dankbaar vir die geleenthede wat aan hul gegee word om betrokke te kan wees in die landbou en hul passie te kan uitleef op ‘n mooi plek in die Koue Bokkeveld. “Ons word geseën deur ons Hemelse Vader en moet ook daarom tot seën wees vir ander. Ons gee graag terug aan ons gemeenskap deur jaarliks 0.5% van ons omset te skenk aan verdienstelike persone of instansies. Bronaar bedank almal wat saam met ons deel vorm van die totale waardeketting”.

Fields ahead in crop care services, agrochemicals and support

Ons is trots op ons verbintenis met BRONAAR BOERDERY

Baie geluk met jul 60ste bestaansjaar en mag daar nog vele suksesvolle seisoene voorlê!

Dit is vir ons ‘n besondere voorreg om ‘n volhoubare en suksesvolle pad saam met julle te kan stap.

(023) 316-2170 l www.nexusag.net Saxtus en Neill Janse van Rensburg

h/v Rietief- & Cilliersstraat 35, Ceres

Baie geluk aan Bronaar met julle 60ste bestaansjaar, en dankie vir julle volgehoue ondersteuning.

Wees verseker van ons beste diens te alle tye.

NOODNOOD NOODNOOD NOOD

of skakel 10111 (023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997

Oogkundige Kontaklenspraktisyn

Contact Lens

Practitioner

Optometrist  (023) 312-3060

SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835

Voortrekkerstraat 37

467, Ceres 6835

(023) 004-0595

Faks: 086-407-6707

Reg no: 2014/097150/07

BTW no: 4140265846

CONTACT DETAILS : Cornell Pieterse (TECHNICIAN) 060-560-1150 info@bdktech.co.za

Maryna de Villiers (SALES)

(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres

☎ (023) 312-1254

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Ashleen Archné Frederiks

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

DOG GROOMING MOBILE BUSINESS

MaVryMaVry - Vry:09:00 - 16:00 SatSat SatSat Sat:09:00 - 12:00

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! DRINGEND OP SOEK NA: • Skoolklere • Handdoeke • Breekgoed • Mansskoene Louw-Marie 083-634-8068

louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

AND ART FRAMING

1998/05/09 - 2025/05/21

ROUDIENS: Do 29 Mei

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

Saal: 19:00 Peres Saal, Bella Vista

BEGRAFNIS: Sat 31 Mei Huis: 10:00 Waboomstr. 507, Bella Vista Kerk: 11:00 Peres Saal, BV Graf: Bella Vista

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-1115193 rek C27 m.t.o.

083-227-6476

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS

www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 023 1000 515 023 1000 023 1000 515 023 1000 023 1000 515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald, Harmoniegebou, Voortrekkerstr. 17D, Ceres. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

• Silent inverter generator • Gas geyser • 160L water tanks • 2 x Dryers All equipment included. In very good condition R120 000 o.n.c.o. Whatsapp 082-947-0734 for more information

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. CHRISTIAAN 079-177-2490 ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

DISTRIBUTION CONTROLLER: STORES

Whatsapp of skakel 082-821-3610

☎ (023) 312-1274 Select LAUNDRY

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww ww weraferaf eraferaf er af op op op op spesialespesiale vv verer erer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld

Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in ROOI @

Skakel Ernest (023) 316-1117

Skakel (023) 316-2021

The successful candidate will report directly to the Distribution Manager and the responsibilities of the position include the following key performance areas: • Planning of storage in line with storage capacity and layout • Supply reworked product to the relevant production line for processing • Ensures and audit all system transactional actions related to receiving, moving and provisioning to drum shipment • Stockkeeping of internal and external warehouses. The candidate will be responsible for all stock on hand (reconciliations) • Stock will be checked weekly and all variances will be investigated • Responsible for housekeeping of warehouses and completing monthly internal and external warehouse inspections • Ensure that GMP standard is maintained • Managing forklift inspections and availability • Manage staff time and attendance

The ideal candidate should have the following attributes / skills / qualifications: • Grade 12 • Minimum 2 years’ experience in a dispatch environment • Minimum code B drivers license • Strong leadership abilities • High level of integrity • Excellent communication skills • Computer literate. Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility. A high premium will be placed on the independent and self-functioning of the incumbent.

Please send your CV to:

The Manager: People and Performance Systems

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

E-mail: dlintnaar@cfp.co.za

Closing date for applications : 12 June 2025

Twee gimnaste deur na WesKaap kampioenskappe

AVA Molosane en Kaylen Lintnaar, twee leerders van Mooi Uitsig primêr, het Saterdag 24 Mei deelgeneem aan die Kaapse Wynland distrik gimnastiek kampioenskappe. Beide van hulle het deurgedring na die Wes Kaapse kampioenskappe wat vanaf 27-29 Junie op Saldanhabaai sal plaasvind.

DIE Ceres polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste persoon te help opspoor. Makhwenkwe Lethunya word sedert 25 Februarie vermis. Indien iemand oor inligting beskik, kan hulle s/sers. Hamman skakel by (023) 316-8500.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

TWEE Blou Bulle en ‘n Stormer spook dit vanjaar uit om as Suid-Afrika se Speler van die Seisoen in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) aangewys te word. Die Bulle-duo Cameron Hanekom (middel) en Wilco Louw (regs) is saam met Sacha Feinberg-Mngomezulu in die wedloop om die gesogte prys. Hanekom en Louw, is oudinwoners van die Witzenbergstreek en het hier grootgeword. Wilco het van sy teenstanders swaar laat leef in die skrums en talle strafskoppe vir die Bulle verseker en Hanekom het op die verdediging uitgeblink en baie balbesit vir sy span verseker. Beide staan ‘n goeie kans om later in die Springbokspan opgeneem te word vir die toetse teen Italië en Georgia.

36One

Chloë besig om naam te maak in fietsry

CHLOË Bishop, ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr, tel die afgelope maande onder die top vroue fietsryers in die land. Sy het vroeër vanjaar die vroue-afdeling van die Cape Town Cycle Tour gewen. Die afgelope naweek het sy op Oudtshoorn aan die gewilde 36One bergfietsuitdaging oor 361 km deelgeneem en ‘n tweede plek behaal. Sy was ook 13de algeheel in ‘n tyd van 16 uur 23 minute en 41 sekondes. Yolande de Villiers het die vroue-afdeling in 15:00:22 gewen. Saam met Chloë by die eindpunt is haar vriend, Dean Hopf, wat algeheel 14de was uit 176 deelnemers in ‘n tyd van 16:23:42.

Juan presteer in Amerika

JUAN Marais, ‘n student by die Rice Universiteit in Texas het vir die NCAA Wes-Amerika prelim gekwalifiseer. Juan, oudleerder van Charlie Hofmeyr, het die prestasie behaal as eerstejaarstudent en volgens sy afrigter, is dit ‘n merkwaardige prestasie. Juan behaal ook ‘n tweede plek in die diskus-afdeling by die American Conference Championships (ACC) wat in Noord Carolina plaasgevind het.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.28 no.20 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu