Witzenberg Herald Vol.28 no.19 (Online Weergawe)

Page 1


EEN persoon is beseer nadat die bestuurder van dié Ford Bantam bakkie, beheer verloor en dit gerol het. Die ongeluk het Saterdag 17 Mei omstreeks 14:00 naby Artois, tussen Wolseley en Tulbagh, plaasgevind. EMS het die beseerde na Worcester vir behandeling geneem. Geen verdere inligting oor die ongeluk was teen druktyd beskikbaar nie.

Seun (17) in hof na moord

‘n MAN (40) wat die naweek in ‘n argument met ‘n jong seun betrokke was, het gesterf nadat hy met ‘n mes gesteek is. Die polisie het die week by navraag gesê dat die voorval Sondag 18 Mei omstreeks 02:40 plaasgevind het. Die 17-jarige verdagte het saam met ‘n paar vriende in Proteastraat by ‘n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier.

David Januarie het Sondagoggend binne die huis musiek gespeel wat die jongspan wat buite gekuier en dwelms gerook het, nie aangestaan het nie.

Daar was ‘n rusie tussen Januarie en die minderjarige verdagte toe Januarie hom blykbaar met ‘n besemstok geslaan het. Die verdagte het hom toe twee keer met ‘n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het. Die jongspan het oproerig geraak en die ruite stukkend gegooi.

Januarie is later in die huis dood en die verdagte is deur die Ceres polisie op die toneel gearresteer.

Hy het Dinsdag 20 Mei vlugtig in die hof verskyn waarna die saak na Woensdag 21 Mei uitgestel is vir ‘n borgaansoek.

Deurbraak in meisie

se verkragting

SPEURDERS verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het verlede Donderdag ‘n groot deurbraak gemaak en ‘n man en twee vroue vasgetrek vir die verkragting van ‘n 12-jarige meisie.

Die meisie van Nduli is in Maart vanjaar vir die tweede keer in twee jaar verkrag. Sy is na die voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans.

Polisie sluit drie toe

Hofverskyning ‘n 58-Jarige man van Nduli word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 44 jaar oud, word daarvan aangekla dat hulle die slagoffertjie verkoop het aan ander mans.

Die drie verdagtes is by hulle onderskeie wonings in Nduli gearresteer en het Maandag 19 Mei stil-stil in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na Maandag 26 Mei uitgestel vir borginligting.

Die drie bly in aanhouding.

2022 verkragtingsaak nog nie afgehandel nie

Dié meisie was in 2022 ook ‘n verkragtingslagoffer toe drie mans haar verkrag het.

Die drie mans, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.

Die drie mans is steeds in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortsloer. Die verkragting het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Die saak is tot 26 Mei uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn.

FOTO: Ter illustrasie

VRIENDE van die Museum het Saterdag 17 Mei Theronsbergpas besoek. Die besoek het deel gevorm van Internasionale Museumdag wat op 18 Mei gevier is. * Theronsbergpas is in 1848 gebou, saam of kort na Michellspas en Gydopas gebou is. Dié grondpad sou vir bietjie meer as 100 jaar gebruik word tot ongeveer 1953/4, toe die huidige teerpad gebou is. Erik Conradie het as gids opgetree en vergete staaltjies en geskiedenis met belangstellendes gedeel.

Celebrating International Museum Day

WESTERN Cape Minister of Cultural Affairs and Sport, Ricardo Mackenzie, joins the global community in celebrating International Museum Day.

This year’s theme, “The Future of Museums in Rapidly Changing Communities,” underscores the vital role museums play in fostering learning, cultural preservation and community engagement.

“Museums are not just repositories of artifacts - they are dynamic spaces that educate, inspire and connect us to our shared heritage,” said Minister Mackenzie. “In the Western Cape, we are proud of our diverse range of museums that reflect our rich cultural tapestry and history.”

Highlighting recent initiatives, Minister Mackenzie referenced the launch of South Africa’s first Television Museum in Cape Town, a collaborative effort with Hisense SA and the SA Sendinggestig Museum.

“This innovative space not only chronicles the evolution of television but also serves as an educational hub for technology and design,” he noted.

Further emphasising the province’s commitment to cultural preservation, Minister Mackenzie mentioned the recent recognition of the “Emergence of Modern Human Behaviour” site, which includes the Diepkloof Rock Shelter, as a UNESCO World Heritage Site.

“This acknowledgment reinforces our responsibility to protect and promote our unique heritage sites,” he stated.

The Minister also highlighted the ALMAL (Arts, Libraries, Museums, Archives, Languages) Book Club initiative, aimed at encouraging reading and cultural appreciation across communities. “As we commemorate International Museum Day, I encourage all residents and visitors to explore our museums, engage with our history, and participate in the educational opportunities they offer.”

Frupak is ‘n gelyke geleentheid onderneming, wat in Ceres geleë is. Die maatskappy verpak en bemark sagte- en steenvrugte van ‘n aantal produsente uit die Wes-Kaap.

BEMARKINGSBESTUURDER

Die Bemarkingsbestuurder sal direk aan die Besturende Direkteur rappor teer en verantwoordelik wees vir die volgende take in die maatskappy: · Alle markte, programme en vrugte handel dryf op uitvoere · Prysvasstelling · Pakprogramme · Logistiek · Hantering van eise · Debiteure invordering.

Vaardighede sluit in : · Goeie kennis van Excel · Goeie kennis van QX sal voordelig wees · Goeie menseverhoudinge · Sterk administratief · Bogemiddeld rekenaarvaardig · Selfgedrewe en gedissiplineerd.

Onder vinding: · Ten minste 4 jaar toepaslike werkservaring (verkieslik in die vrugtebedryf) · BComm graad of toepaslike kwalifikasie.

Frupak bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan, met verpligte deelname aan die maatskappy se mediese- en aftreefondse.

Stuur asseblief u skriftelike aansoek, tesame met ‘n volledige CV en ten minste 3 ver wysings, per e-pos aan: info@frupak.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Junie 2025

GEEN TELEFONIESE NAVRAE SAL HANTEER WORD NIE.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u nie binne vier weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Burgemeester open waterskeiding baken op Wolseley

DIE eerste Watershed-fees het die naweek op Wolseley plaasgevind. ‘n Nuwe baken is by die bekende waterskeiding op Wolseley gebou en onthul tydens die naweek se feesvieringe by die skool. Die burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het die amptelike opening saam met Gayle Daniels van Kaapse Wynland distriksmunisipailiteit waargeneem.

WITZENBERG Association for Persons with Disabilities (APD), ‘n organisasie wat persone met gestremdhede bemagtig, het saam met Perdekraal-Oos windplaas, ‘n inwoner se droom bewaarheid. Marchall Fredericks wou nog altyd verder gaan studeer maar weens omstandighede kon hy nie sy droom realiseer nie. Perdekraal-Oos windplaas het ‘n paar maande gelede ‘n versoek aan die gemeenskap gerig vir ‘n persoon met ‘n gestremdheid wat graag verder wil gaan studeer. Marchall is toe goedgekeur vir ‘n volle beurs - hy gaan eersdaags sy studies afskop in Information Technology by Boston kollege. * Witzenberg APD wil Perdekraal-Oos windplaas bedank vir die beurs. Hier is windplaas-personeel saam met Marchall afgeneem. VLNR: Kenan Mei, Lukho Mvumvu, Marchall Fredericks, Gerane Damon en Abraham Jooste (voorsitter van Witzenberg APD).

Frupak is ‘n gelyke geleentheid onderneming, wat in Ceres geleë is. Die maatskappy verpak en bemark sagte- en steenvrugte van ‘n aantal produsente uit die Wes-Kaap.

JUNIOR BEMARKER

Die Junior Bemarker sal direk aan die Besturende Direkteur rappor teer en verantwoordelik wees vir die volgende take in die maatskappy: · Alle markte, programme en vrugte handel dryf op uitvoere · Prysvasstelling · Pakprogramme · Logistiek · Hantering van eise · Debiteure invordering. Vaardighede sluit in: · Goeie kennis van Excel · Goeie kennis van QX sal voordelig wees · Goeie menseverhoudinge · Sterk administratief · Bogemiddeld rekenaarvaardig · Selfgedrewe en gedissiplineerd.

Onder vinding: · Ervaring sal in jou guns tel · BComm graad of toepaslike kwalifikasie.

Frupak bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan, met verpligte deelname aan die maatskappy se mediese- en aftreefondse.

Stuur asseblief u skriftelike aansoek, tesame met ‘n volledige CV en ten minste 3 ver wysings, per e-pos aan: info@frupak.co.za.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Junie 2025 GEEN TELEFONIESE NAVRAE SAL HANTEER WORD NIE. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u nie binne vier weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Jimeal F. (Carolus) Geldenhuys 1974/12/20 - 2023/05/21

Our dearest, beautiful and beloved heavenly angel Jimeal - Your love and light shine on forever in all of us. These words will always refrain and echo on in our minds and hearts.

As a family, we are reflecting back with deep sadness and pain in remembrance of the day you were taken from us. We are holding onto whatever it is that reminds us of what you meant to us. We’re even trying to do things to dull the pain of not having you in our lives. The empty void left behind is impossible to fill.

We can only take solace in the promise of one day being reunited in heaven with you and our other loved ones. We give our Heavenly Father all the praise and glory for the time with you, for memories we can reflect upon and treasure the gifts you left behind. You still remain a part in all of our lives in every way.

Dearest, beautiful, beloved Jimeal, that is why your love and light will continue to shine in all of us forevermore. From a family united in love forever.

Saak teen vyf mans uitgestel

DIE saak teen vyf verdagtes wat mootlik betrokke was by twee huisroof-voorvalle waartydens bejaarde Wolseley inwoners oorval en beroof is, is uitgestel vir verdere ondersoek.

Die Wes-Kaap georganiseerdemisdaad eenheid se ondersoek duur nog voort.

Vyf mans van Namibië en Malawië, Samuel Ndipululye (38), Petrus Nande (48), Titus Shalongo (36), Courage Makabeli (28) en Gabriel Abraham (43), is vier maande gelede op Saterdag 11 Januarie tussen Gouda en Tulbagh, gearresteer.

Die polisie het gesteelde juweliersware wat vermoedelik op 9 Desember gesteel is op ‘n plaas, in een van die mans se besit gekry.

Die mans moet weer op 26 Junie in die hof verskyn. Nande, Shalongo, Makabeli en Abraham is op 21 Januarie op borg van R1 000 elk vrygelaat. Ndipululye het sy borgaansoek laat vaar en bly in aanhouding.

Agtergrond Twee vroue van 77 en 81 jaar oud, is ongedeerd en nie beseer nie nadat 3-4 onbekende mans met klapmusse op, toegang tot die plaashuise gekry en ondermeer juwele, ‘n skootrekenaar en ‘n telefoon gesteel het.

Die eerste voorval het verlede jaar op 29 Oktober omstreeks 21:00 op ‘n plaas buite Wolseley plaasgevind en die tweede voorval op 9 Desember omstreeks 22:30.

Aanrandingsaak vir verhoor uitgestel

‘n MAN wat in Maart 2023 sy gewese meisie aangerand het, se saak is verlede week vir verhoor uitgestel.

Siposethu Xatoto (33) het Vrydag 16 Mei weer in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van aanranding om ernstig te beseer.

Die saak is tot 6 Augustus uitgestel vir verhoor.

Volgens Stacey Klazen, Xatoto se gewese meisie, het die voorval op 8 Februarie 2023 omstreeks 07:15 plaasgevind toe hy by haar woning opgedaag en haar aangerand het. Haar suster en ma het Xatoto uit die huis gestoot waarna hy in sy motor geklim en weggery het. Voor die voorval het hy haar na bewering, ook via teksboodskappe gedreig.

Klazen het na dié aanrandingsvoorval, die Ceres landdroshof genader vir ‘n beskermingsbevel. ‘n Beskermingsbevel is op 22 Mei 2023 deur die landdros toegestaan.

EEN van die twee onbekende persone wat voorverlede naweek op Ceres en naby Vredebes dood is nadat beide vermoedelik verkluim het, is geïdentifiseer. Op Maandag 12 Mei omstreeks 10:10 is die polisie in kennis gestel dat ‘n man onder ‘n kombers lê, minder as 150 meter van die Ceres hospitaal se ingang. Die gemeenskap se hulp is gevra om die man te identifiseer waarna familielede van hom op Ceres, gereageer het. ‘n Tatoeëermerk met die naam Nadia op een arm, het gehelp dat hy uitgeken kon word. Ricardo Musso (37) het die laaste paar maande langs die Dwarsrivier naby die hospitaal geslaap en daar was altyd een of twee honde saam met hom. Die tweede persoon, is steeds onbekend nadat ‘n inwoner die liggaam van ‘n man op 11 Mei omstreeks 05:20 naby Vredebes gekry het. Hy het langs die pad gelê. In beide gevalle het die polisie ‘n GDO geopen.

DIE Witzenberg munisipaliteit het op 6 Mei die Witzenberg Besigheidmentorskapsprogram geloods. Hierdie inisiatief is ‘n plaaslike ekonomiese ontwikkelingsprojek, wat poog om plaaslike entrepreneurs toe te rus met besigheidsvaardighede deur middel van mentorskap oor ‘n tydperk van ses maande. Die mentorskap word aangebied deur ‘n besigheidspesialis. Agt entrepreneurs van die Witzenbergstreek neem nou deel aan die program, wat befonds word deur die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Vir navrae oor die program of indien daar nog belangstelling is vir deelname aan ‘n toekomstige mentorskapsprogram, kan die Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling-eenheid (PEO) by (023) 316-1854 geskakel word of hulle kan ‘n e-pos stuur na rachel@witzenberg.gov.za of riaan@witzenberg.gov.za.

ELKE oggend en middag tydens skooltyd is die Van Riebeeckstraat-kruising met Voortrekkerstraat en die Krigestraat-kruising ‘n groot kopseer vir motoriste en ouers van Charlie Hofmeyr. Verkeer hoop op en kan nie die besige Voortrekkerstraat kruis om skoolkinders af te laai nie. Die afgelope week het die Witzenberg verkeersafdeling die twee kruisings beman en gehelp om skoolverkeer te reguleer. Motoriste is dankbaar vir die inisiatief. Volgens die munisipaliteit sal ‘n vierrigting verkeerslig meer as R1 miljoen kos om op te rig.

Wynland-ekspo einde Mei

DIE Winelands Autumn Expo keer op 30 en 31 Mei terug na die Hoërskool Montana.

Die sukses van die 2024-ekspo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het. Meer as 100 verskaffers het bekroonde wyne, spiritualieë, kulinêre lekkernye en kunswerke vir die 2 500+ besoekers aangebied.

Hope vermaak is opgedis met topmusikante soos Die Heuwels Fantasties en Jeod House. Besoekers aan die 2025-Winelands Autumn Expo kan uitsien na ‘n wyer

verskeidenheid aanbiedinge en kunstenaars soos Bok van Blerk, Early B en Kurt Darren sal die naweek optree. Die ekspo sal die beste plekke om te bly en te verken, venues om in te vier, avonture om te ervaar en produkte om te proe en te geniet, tentoonstel. Wonderlike pryse sal ook op die spel wees asook heelwat kindervermaak. Kaartjies beloop R100 per volwassene, R40 vir tieners en kinders onder 12 is gratis.

Veilige parkering is beskikbaar teen R10 per dag en naweek-kaartjies kos R160 by www.webtickets.co.za.

Die ekspo is kontantloos - onthou dus jou kaarte

TWEE leerders van Laerskool Koue Bokkeveld het die afgelope tyd presteer op die sportveld. Stephan du Toit (links) neem Saterdag 24 Mei deel aan die finale o/13 rugbyproewe en Junishia Muller (regs) neem aan die o/12 finale Wes-Kaap netbalproewe in Oudts-hoorn deel.

Exciting opportunity at Ceres Superspar - 6 MONTHS ONLY

SPAR MOBILE CHAMPION / SALES PERSON

The following requirements are needed:

•Mus be confident, honest and have LOTS OF ENERGY

•Must have people skills and be fully bilingual in Afrikaans and English

•Preferably reside in Ceres or Wolseley

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications: 26 May 2025

Availability: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 30 May 2025 please consider your application unsuccessful.

GOEDGEDINK Nasorg op Tandfontein het op 25 April aan die Aardedag Omgewingsprojek deelgeneem. Die Tandfontein jeug is die toekoms en wil graag ‘n blywende verskil maak. * Sarietta de Waal (Goedgedink bewaarskool en nasorg) saam met haar span wil elkeen bedank vir hul bereidwilligheid om te help. “ Dankie aan ons borge wat die leersame dag vir die plaaskinders moontlik gemaak het: Tandfontein groente-bestuur vir die vervoer van 45 nasorgkinders en ses opvoeders, Coca Cola, Raimondi’s, Belmont Spar, Witzenberg munisipaliteit, Sasko Worcester, Redira Clothing Worcester en Kaap Agri Op-die-Berg. Sonder julle hulp en ondersteuning sou ons nie aan so ‘n suksesvolle dag kon deelgeneem het nie”.

Wynland Netbal het verlede Dinsdag

FIXED-TERM OPPORTUNITIES AVAILABLE FOR THE 2025 / 2026 HARVEST SEASON

MINIMUM REQUIREMENTS FOR ALL AVAILABLE ROLES:

• Passed grade 12 • At least 5 years’ experience working on a deciduous fruit farm, with specific knowledge of Apple, Pear and Stone Fruit production • All qualifications must be obtained from an accredited training provider. • Please see list below for additional specific role requirements.

SPRAYPUMP OPERATOR: Responsible for accurate spraying of pesticides and other controlled substances on the orchards.

Reid & Verwey Agri Engineering in Ceres, currently has the following vacancies available : FITTER

& TURNER

R esponsibilities: • Fitting and turning of Red Ant stock parts and operate in-house plasma & bending machines.

Skills and experience required: • Technical background

Qualifications: • Minimum N4 Level certificate in related subjects • Valid driver’s license . ASSEMBLER

R esponsibilities: • Undertake the assembly and maintenance of agriculture equipment on site and away at customer sites.

Skills and experience required: • Practical mechanical experience with agriculture equipment • Experience working with hydraulics.

Qualifications: • Ability to read and write to high standard

• Valid driver’s license.

If you are interested in this role, send your CV with a cover letter of no longer than 5 pages to: manager@redantagri.co.za.

If you had no feedback within 5 working days from the closing date you can assume that your application was unfortunately not successful.

FRUIT PICKING FOREMEN: Responsible for a team of 10 pickers. This person is the main source of communication between managers and pickers.

FRUIT PACKING FOREMEN: Responsible for 20 packers in the Packhouse. This person is the main source of communication between line managers and packers.

SUPERVISOR: Work with a group of Foreman on production unit to ensure that consistent quality is achieved between teams. Will be responsible for maintaining social and environmental audit standards on the unit.

IRRIGATOR: Responsible for irrigation, soil monitoring and irrigation systems maintenance.

PESTICIDE HANDLER: Work with the spraypump operators to mix and prepare materials for spraying. Will be responsible for safekeeping and accurate documentation of hazardous materials. Will be responsible for accurate stock control and purchases and sprayed materials.

FORKLIFT OPERATOR: Responsible for the loading and offloading of fruit crates for transport and storage. Will also be responsible for stacking of fruit for storage in cooling rooms. Ensure that fruit is handled in such a manner that fruit is not damaged in any way, including bruising or too much time spent out of controlled temperature environments.

PACKHOUSE QUALITY CONTROLLER: Check the quality of units of fruit that is packed in the packhouse to ensure that accurate and top quality fruit enters the market.

EXPERIENCED DECIDUOUS PRUNER: Prune trees for optimal fruit production.

EXPERIENCED FRUIT PACKERS: Responsible for packing fruit in appropriate containers as the fruit comes of the packline machines.

Please submit a full CV with 2 references to: hr@howbill.co.za For further information about the available roles please contact our office at: (023) 009-0992

Closing date for applications: 29 May 2025

Successful applicants will be invited for an interview on the farm. If you do not hear from us within 7 days of the closing date, please assume your application was not successful.

ders wat

behaal het. Anni Jordaan is in die o/11 Wynland netbalspan opgeneem wat van 16 -19 Julie aan die Interdistrik netbaltoernooi op Riversdal gaan deelneem.

SHADE Naudé, ‘n netbalspeler van Laerskool Gericke, is gekies om van 23-24 Mei aan die finale o/13 Wes-Kaap netbalproewe op Oudtshoorn te gaan deelneem.
LAERSKOOL Gericke is trots op twee leer-
sportprestasies
KAAPSE
13 Mei die Witzenberg netbalkampioenskappe op Ceres sportgronde aangebied. Mooi Uitsig primer se o/13 netbalspan het ook aan die kampioenskappe deelgeneem.
KOUE BOKKEVELD

DIE tweede skoonmaakveldtog van die Witzenberg munisipaliteit, in samewerking met CBI, die Togryersmuseum, departement maatskaplike ontwikkeling en plaaslike toerismeburos, het Vrydag 16 Mei in Bella Vista plaasgevind. Die skoonmaakaksie vorm deel van ‘n groter Omgewingsprojek wat op 22 April op Ceres geloods is. Die organiseerders moedig die Witzenberg gemeenskap aan om die area voor jou huis, jou skool óf besigheid skoon te hou en só ‘n skoner omgewing te skep waarop elkeen van ons trots kan wees. * Al die skoonmakers het ook blou lintjies gedra as deel van Kinderbeskermingsmaand. Leerders van Bella Vista Hoërskool en belangstellendes en munisipale personeel wat gehelp het met die skoonmaakaksie, word bedank.

‘n PAAR Tulbagh inwoners met die hulp van Witzenberg wetstoepassers het ingespring en ‘n deel langs die spruit by Chris Hani woongebied by Tulbagh skoongemaak. Die skoonmaakaksie het saamgeval met Internasionale Museumdag wat die naweek gevier is. Buurtwaglede en die jeugambassadeur op Tulbagh, Dinene Coetzee, het gehelp met die skoonmaakaksie en 50 vullissakke opgetel wat deur die wetstoepassers weggery is.

HERSKEDULERING VAN GEWONE RAADSVERGADERING NA 30 MEI 2025

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Gewone Raadsvergadering van 28 Mei 2025 herskeduleer is na:

Vrydag, 30 Mei 2025 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

Verw/Ref.: 3/1/2/3

RESCHEDULING OF ORDINARY COUNCIL MEETING TO 30 MAY 2025

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Ordinary Council meeting of 28 May 2025 has been rescheduled to: Friday, 30 May 2025 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

Sangmiddag word aangebied deur sis Bettie ten bate van 2 susters in Matriek 2025

PUBLIC NOTICE - DRAFT BY-LAW INFORMAL TRADING

The Witzenberg Municipal Council is in the process of adopting a by-law regulating Informal trading within its area of jurisdiction. The draft by-law is available on the Municipality’s website www.witzenberg.gov.za . A copy of same can also be obtained from the Manager: Local Economic Development at the Municipal Offices, 50 Voortrekker Street, Ceres or by e-mail at admin@witzenberg.gov.za Any written submissions or suggestions on the by-law must be handed in at the Office of the Municipal Manager for attention Mr. Fick or e-mail it to admin@witzenberg.gov.za on or before 12 June 2025

PUBLIEKE KENNISGEWING - KONSEP VERORDENING INFORMELE HANDEL

Die Witzenberg Munisipale Raad is in proses om ‘n verordening te aanvaar vir die regulering van informele handel binne die Raad se jurisdiksie gebied. Die konsep verordening is beskikbaar op die Munisipale webtuiste www.witzenberg.gov.za

‘n Afskrif daarvan kan verkry word by die Bestuurder: Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, by die Munisipale Kantore, Voortrekkerstraat 50, Ceres of per e-pos by admin@witzenberg.gov.za

Enige geskrewe voorleggings of voorstelle oor die konsep verordening moet by die Munisipale Bestuurder se kantoor ingehandig word vir aandag mnr. Fick of per e-pos na admin@witzenberg.gov.za voor of op 12 Junie 2025

,CERES,CERES , CERES

Vir meer inligting skakel sis Bettie by 060-842-9122

Lekker verversings sal te koop wees

ISAZISO SIKAWONKE-WONKE - IDRAFT YOMTHETHO KA MASIPALA URHWEBO OLUNGEKHO SIKWENI Ibhunga likaMasipala waseWitzenberg likwi nkqubo yokwamkela umthetho ka Masipala wokurhweba ngokungekho sikweni kwindawo ephantsi kolawulo lwalo. Uyilo lomthetho ka Masipala luyafumaneka kwi webhusayithi kaMasipala ethi www.witzenberg.gov.za Ikopi efanayo inokufunyanwa kuMphathi woPhuhliso loQoqosho lwasekhaya kwiiofisi zikaMasipala, 50 Voorterkker Street, Ceres okanye nge imeyile admin@witzenberg.gov.za Nakuphi na ukungeniswa okubhaliweyo okanye iingcebiso kuMthetho kaMasipala kufuneka zingeniswe kwi -ofisi yoMphathi kaMasipala ukuze igxileku uMnumzana Fick okanye ithunyelwe nge-imeyile ku admin@witzenberg.go.za ngomhla okanye ngaphambi komhla we-12 Eyesilimela 2025

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Christna Nicholene Snyers

1977/12/25 - 2025/05/18

ROUDIENS: Do 22 Mei

Huis: 19:00 Goliathsingel 13, Ceres

VERASSING: Sat 24 Mei

Huis: 08:00 Goliathsingel 13, Ceres Kerk: 09:00 VGK Ceres PRIVAAT VERASSING 081-742-6706 n/u: 082-5753-181

John Fred Coaters

1962/04/26 - 2025/05/10

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 24 Mei 2025 Huis: 09:00 Stasieweg 39, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Katrina

1964/02/09 - 2025/05/18

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 24 Mei 2025 Huis: 12:30 Kosmosstr 13, Wolseley

Kerk: 13:30 Ou Apostoliese Kerk, Wolseley Graf: Wolseley



081-742-6706 n/u: 082-5753-181

of Adel-Marie Titus

1982/06/14 - 2025/05/13

TROOSDIENS:

Do. 22 Mei 2025

Huis: 09:00

Fabriekstr. 19, Ceres

BEGRAFNISDIENS: Sat. 24 Mei 2025

Huis: 09:00

Fabriekstr. 19, Ceres Kerk: 10:00 Berèa Christen Sentrum Graf: Bella Vista Celebrating

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

Nooi graag alle: opvoeders (huidige en afgetredenes), ouers, leerders, oud-leerders en die breë gemeenskap om saam te deel in ons:

Tulbagh VGK op 25 Mei 2025 om 09:30

PREDIKER:

Ds. M. James (oud leerder)

Kom ons eer ons reis met dankbaarheid en hoop vir die toekoms.

082-947-0734

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

LMO 504TETA

Operations

Safety Courses

•Construction / Machinery

Operations

•Landscaping / Grounds

Maintenance Call Pieter Strydom at 072-244 0956 pieter@ssstraining.co.za 8 Vrede Street, Wolseley www.ssstraining.co.za

Suspension

Brakes

and more André du PAndréP André du Preezreez reezreez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

PLANT AND AND PLANT AND AND TOOL HIRE

AND ART FRAMING

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490

☎☎ ☎ (023) 312-1414

083-227-6476

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

EEUFEES

PROGRAM 19 - 25 MEI

Maandag 19 Mei: Afskop van fees op nuwe sportveld, Color Run Dinsdag 20 Mei: Feeskoning en Feeskoningin Woensdag 21 Mei: Wynveiling

Donderdag 22 Mei: Centenary Night of Stars

Vrydag 23 Mei: “Back to School” dans

Saterdag 24 Mei: Sportdag en formele Gala-aand Sondag 25 Mei: Dankseggingsdiens

c/o Vos- & Faure Street 83

Ons benodig ‘n ADMIN / DRYWER vir ons Ceres-tak

•Tweetalig

•Rekenaarvaardig (Word, Excel, Office) •Kennis van Pastel sal tot jou voordeel strek

•Matrieksertifikaat

•Wiskundig geletterd

•Goeie kommunikasievaardighede

•Kliëntediens georiënteerd

•Moet in besit wees van ‘n geldige rybewys

•Bereid wees om bokse te verpak en te dra

•Ons benodig ‘n persoon met die vermoë om opgelei te word

•Geldige verwysings

•Indien daar tegniese ondervinding met Termiese drukkers is, sal dit in jou guns tel. Stuur CV na: mariette@ stickalabel.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Mei 2025

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Mansskoene

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068

louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00

Drop off your donations at Togryers museum June - July

Petronella Swartz

KALEN Lintnaar (o/10) en Ava Molosana (o/9), twee leerders van Mooi Uitsig primêr het op 10 Mei aan die Wynland Gimnastiek kompetisie in die Paarl deelgeneem. Kalen het ‘n silwer medalje en Ava het ‘n goue medalje verwerf. Beide het in Februarie vanjaar met gimnastiek begin by Ceres Gimnastiek.

nuusbrokkies

WITZENBERG APD het Saterdag 17 Mei hul eerste basaar aangebied. Ons wil graag die volgende donateurs bedankvirhulbydraes:SuperSparCeres,Karooslaghuis (P.A Hamlet), Dutoit Groente, Ceres Aartappels, Frank Lintnaar, Jonathan Matthys, Kempton Juries, Jonathan Alexander, Patrick de Wet en Daniël George.

DIE Togryers museum skop eersdaags af met hul jaarlikse Ubuntu Winterdrive-projek. Die gemeenskap word gevra om deel te neem aan die projek. Die organiseerders maak staat op skenkings van die gemeenskap om diegene by te staan in die wintermaande wat dikwels nie ‘n inkomste het nie. Enige produk of selfs ‘n finansiële bydrae, sal ‘n verskil maak. Vir meer besonderhede skakel die museum by (023) 312-2045

MATTHYS Heyns van Laerskool Gericke, het deurgedring na die finale rondte o/13 rugbyproewe wat van 23-24 Mei in Worcester plaasvind.

JORDAN-LEE Hanse, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr is ingesluit in die Boland o/ 13 groep van 60 spelers. Die finale Bolandproewe vind van 23 tot 24 Mei plaas by Worcester Gimnasium.

Almal geniet kaskenades

MOOI Uitsig ouers was Saterdag 17 Maart opgewonde langs die veld om hul kinders te ondersteun tydens die skool se jaarlikse kaskenade-speletjies.

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal.

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir enige verdere navrae, die volgende persone: Tina by 073-9507380, Yolanda by 073-919-3903 of Esmerelda by 071866-8842

DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae kan die volgende persone geskakel word: Arno Vergotine by 073-591-1427, Henrico Fransman by 060-626-7723, Melony Meyer by 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro by 083-387-2990.

Redenaars vaar goed

LAERSKOOL Koue Bokkeveld leerders het aan die Oppi Tong Af redenaarskompetisie deelgeneem en baie goed gevaar. AGTER: Anmari Steenkamp (85% A+), Gys du Toit (88% A+) en Zoey Carolus (84.5% A+). VOOR: Cassie du Toit (87% A+) en Aiden van Huffel (85% A+).

Werksgeleentheid by Verdun Estates Bordeaux

BOORD TOESIGHOUER / ORCHARD SUPERVISOR

VERANTWOORDELIKHEDE / RESPONSIBILITIES:

•Toesighouding oor span(ne) / Supervision over team(s)

•Handhawing van dissipline / Maintaining discipline

•Meting van produktiwiteit / Measurement of productivity

•Kwaliteit kontrole / Quality control

•Implementering van beleide / Implementation of policies

•Motivering van werkers / Motivation of workers

•Rapportering aan bestuur / Reporting to management

•Kontrole en beheer oor klokstelsel / Check and control clock system

•Ander ad-hoc take / Other ad-hoc tasks

VEREISTES / REQUIREMENTS:

•Woonagtig te P.A. Hamlet / Residing in P.A. Hamlet

•Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans / Engels en verkieslik Xhosa / Sotho / Good communication skills in Afrikaans / English and preferable Xhosa / Sotho

•Gr. 12

•Ten minste 5 jaar ondervinding in leierskap posisies / At least 5 years leadership experience

•Opleiding as Spanleier / Toesighouer sal in jou guns tel / Leadership training

•Moet dissipline kan handhaaf en na optimale produktiwiteit streef / must be able to handle discipline and strive towards optimum productivity

•Goeie organiserings-, beplanning- en konflikhanteringsvaardighede / Good organisational, planning and conflict management skills

•Ondervinding in Steenvrugte / Experience in Stone Fruit Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding. Geen behuising beskikbaar / The company offers a permanent position with market-related remuneration. No housing available

SLUITINGSDATUM / CLOSING DATE: 30/05/2025

Stuur verkorte CV met duidelike uiteensetting van vorige werksondervinding, opleiding en ten minste 3 kontakbare verwysings aan hr@verdun.co.za of handig u aansoek in by Verdun Kantoor, Van Riebeeck Straat 1, P.A. Hamlet.

Send a short CV with a clear outline of previous work experience, training and at least 3 contactable references to hr@verdun.co.za or hand in at Verdun Office, 1 Van Riebeeck Road, P.A. Hamlet.

NAVRAE / ENQUIRIES: (023) 313-3051

‘n Gesertifiseerde kopie van u RSA ID dokument moet aan u aansoek geheg word / A certified copy of your RSA ID Document must be attached to your application.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Ceres wen na rekordgetal geelkaarte

VIER van die vyf spanne in die Witsentraalliga, het die naweek goeie oorwinnings behaal.

Hamlet het ‘n reuse oorwinning van 85-7 oor Temperance behaal.

In ‘n wegwedstryd het Ceres vir Young Blues op Wellington met 48-43 geklop.

Ceres was rustyd gemaklik met 32-10 voor. Soos voorheen het Ceres in die tweede helfte konsentrasie verloor en baie punte afge-

Klub benodig borge

CERES netbalklub het Saterdag 17 Mei in ‘n ligawedstryd op Ceres sportgronde, met Delicious netbalklub afgereken. Ceres netbalklub het Delicious netbalklub met 31-18 geklop. Ceres netbalklub neem vanaf 25-26 Julie deel aan die Clanwilliam Superspar netbaltoernooi en vra die gemeenskap se hulp met borge en donasies. Vir navrae skakel Marilize by 073318-7638 of stuur ‘n e-pos na meredith. theron@gmail.com. * Ceres netbalklub bedank ook vir Touch of Grace vir die drukwerk van die T-hemde.

staan. In een stadium was die telling 43-43 met sowat ‘n minuut se speeltyd oor.

Die wedstryd is gekenmerk met ‘n rekordgetal kaarte waarvan Ceres 6 geelkaarte en Young Blues 5 geelkaarte ontvang het.

Ceres speel Saterdag 24 Mei weer op Wellington teen die nuweling in die liga, Villagers Newtons.

Ander uitslae

Bella Vista klop Newton met 32-24, Roses

klop Villagers Newtons met 47-8, Delicious klop Hillcrest 38-36 en Wolseley verloor 31-41 teen Evergreens. Daar was die naweek ook aksie in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie. Young Westlyans klop Môrester 52-17, Tulbagh klop Op-die-Berg met 58-28, Lovedale wen 26-15 teen Vastrap, Red Roses klop Paardekloof 37-34 en Lindeshof klop Howbill 31-20.

Cornell haal

weer PGA-span

DIE Suid-Afrikaanse PGA-span wat in Septembermaand aan die Vier Nasiebeker gholftoernooi gaan deelneem, is bekend gemaak. Cornel Muller van Ceres, is vir die tweede jaar in die span opgeneem. Die toernooi vind plaas by die Pulpit gholfklub in Ontario, Kanada en is ‘n spankompetisie tussen PGA spelers van Suid-Afrika teen Kanada, Australië en Nieu-Seeland. VLNR: Gavin Vorster, Ivano Ficalbi, Jannie Botha en Cornell Muller.

LINKS: Cornel Muller in aksie.

ERIC Kotzé (15), ‘n leerder van Paul Roos Gimnasium en kranige swemmer, het die afgelope swemseisoen weer internasionale hoogtes bereik. Hy was ook deel van die junior Suid-Afrikaanse swemspan wat einde Aprilmaand in Egipte deelgeneem het teen meer as 30 lande. Tydens dié byeenkoms het Eric ook ‘n nuwe Suid-Afikaanse ouderdomsgroep-rekord opgestel in die 50 meter vryslag.

Michael en Wynand wen gholfdag

DIE tweede been van die gewilde Standard Bank pare-kompetisie is Saterdag 17 Mei op Ceres gholfbaan aangebied.

Michael Bergman en Wynand Crous was die wenners met 47 punte. Wynand Claasen en Bennie van Rensburg was in die tweede plek met 46 punte. Rossouw van Zyl en Johan du Toit was derde met 45 punte gevolg deur Pieter du Toit en Christo Strydom met 41 punte en Cornel Muller en Nelis van Zyl (Bonnievale) met 40 punte.

Cornel het ook ‘n goeie telling van 66 houe gespeel.

Saterdag-kompetisies

Op 24 Mei word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied en op 31 Mei ‘n enkel stableford kompetisie.

Spelers moet ook kennis neem dat tot en met Septembermaand, geen Sundowerkompetisies aangebied sal word nie.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.