Witzenberg Herald Vol.28 no.18 (Online Weergawe)

Page 1


Vrou (48) van Tulbagh se borgaansoek uitgestel

DIE borgaansoek van ‘n vrou wat van moord aangekla word, is vir ‘n tweede keer op Tulbagh uitgestel.

Letsoise Nphabiseng (41) van Tulbagh is dood nadat sy ‘n argument in Joostestraat probeer stopsit het. Sy is Saterdag 29 Maart dood nadat sy met ‘n mes gesteek is. Nphabiseng het na bewering probeer om ‘n argument tussen die verdagte, Nthomboxolo Soya (48), en dié se mansvriend stop te sit toe Soya haar met die mes gesteek het. Soya is daarna na die polisiestasie waar sy haar aan die polisie oorgegee het. Die saak teen Soya is in die Tulbagh landdroshof vir ‘n borgaansoek uitgestel na 15 Mei.

Koue eis 2 lewens Koue eis 2 lewens

TWEE persone is die naweek op Ceres en in Nduli dood nadat beide verkluim het. Maandag 12 Mei omstreeks 10:10 is die polisie in kennis gestel dat ‘n onbekende man onder ‘n kombers lê, minder as 150 meter van die Ceres hospitaal se ingang. Drie munisipale werkers het die man onder ‘n enkel kombers aangetref. Sy karige besittings is later in ‘n denneboom se stam daar naby gekry waar hy dit altyd weggesteek het. * Die ondersoekbeampte, s/sers. Niel Seroot, vra die gemeenskap se hulp om te help om die man te identifiseer en te help om sy naasbestaandes op te spoor. Hy het die laaste paar maande langs die Dwarsrivier naby die hospitaal geslaap (foto links bo) en daar was altyd een of twee honde saam met hom. Hy het ook ‘n tatoeëermerk (inlas) met die naam Nadia op sy een arm gehad. Indien iemand inligting het kan hulle (023) 316-8500 skakel.

Martin Behm

082-734-4549

martin.behm@sfpwealth.co.za

Daniël Behm 082-364-3317

daniel.behm@sfpwealth.co.za

Volwaardige makelaarshuis met al jou finansiële produkte onder een dak:

•Beleggings

•Lewensversekering en byvoordele

• Korttermynversekering

•Mediese fondse

•Gap cover

•Testamente

•Boedelbeplanning

•Onafhanklike advies

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons bly daartoe verbind om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Indien u enige navrae het, skakel ons gerus - ons help graag.

TUSSEN 4-6 gewapende mans het die Ceres poskantoor in Owenstraat in Maart 2022 binnegestap terwyl daar personeellede en twee kliënte binne die tak was. Meer as R90 000 is gebuit.

Tweede rower na

3 jaar vasgetrek

‘n ROWER wat moontlik verbind word met die 2022 gewapende roof by Ceres poskantoor, is sowat twee weke gelede vasgetrek.

Nuwe inligting

Nuwe inligting en ou CCTV materiaal is bestudeer waarna ‘n Toyota Yaris met twee mans naby die poskantoor opgemerk is. Die voertuiginligting is op die polisie se stelsels gesirkuleer. Die voertuig is vroeër vanjaar opgespoor.

Die arrestasie van ‘n 34-jarige man kom nadat een van die voertuie wat in die roof gebruik is, deur die polisie gekonfiskeer is. Toe hy die Toyota Yaris wil op eis, is hy gearresteer.

Agtergrond

Tussen 4 en 6 gewapende mans het op 17 Maart 2022 die Ceres poskantoor van meer as R90 000 beroof. Dit was die agtste poskantoor in die Wes-Kaap wat in 2022 beroof is.

Die roof het net na 10:30 plaasgevind toe die mans die poskantoor in Owenstraat binnegestap het terwyl daar personeellede en twee kliënte binne die tak was.

Twee rowers het by die buitedeur bly staan om mense te keer om in of uit te gaan terwyl die ander rowers die personeel en kliënte met vuurwapens gedreig het. Twee van die rowers het oor die toonbank gespring en die geld geëis.

Meer as R90 000 is gesteel voordat die rowers op die vlug geslaan het in ‘n wit Mercedes Benz motor. Die motor is later in Tableview opgemerk waarna ‘n 52-jarige verdagte gearresteer is. Hy is egter later vrygelaat sodat ander inligting geverifieer kon word.

Geen skote is deur die verdagtes afgevuur nie en geen personeellid of kliënt is tydens die roof beseer nie.

Dit was die vierde gewapende roof in vier maande op Ceres en Wolseley nadat Totalsports en Foschini op Ceres en International Superette op Wolseley ook in 2022 beroof is.

Vragmotorbestuurder se saak weer uitgestel

DIE vragmotorbestuurder van Tulbagh wat aangekla word van die dood van vier mense, se saak is tot Juniemaand uitgestel.

Vier familielede wat langs die Winterhoekpad buite Tulbagh gestap het, is Maandag 13 Januarie dood toe plukkratte met vrugte in, van ‘n vragmotor afgeval het. ‘n Platbak vragmotor van die plaas Vrolikheid was omstreeks 10:00 met 20 plukkratte met pruime onderweg na ‘n nabygeleë pakhuis toe die kratte in ‘n draai naby die Drostdy kelder afgeval en die Marthinus-gesin langs die pad getref het.

Elsabé Marthinus (58) en haar dogter, Ingrid Marthinus (25), het op die toneel gesterf nadat die kratte op hulle ge-

val en tot in ‘n sloot saamgesleep het. Die twee kleinkinders, Jesniece Marthinus (8) en haar boetie, Justin LeeJohn Marthinus (9 maande), is onderskeidelik in die Ceres hospitaal en Tygerberg hospitaal, oorlede.

Hofsaak

Die vragmotorbestuurder, Philippus Hauptfleisch (31), is op die toneel gearresteer en in die Tulbagh polisieselle aangehou totdat hy op Dinsdag 14 Januarie in die Wolseley landdroshof verskyn het op vier klagtes van strafbare manslag.

Hy is op borg van R5 000 vrygelaat.

Die saak is vir verdere ondersoek asook verslae, fotos en ooggetuie-verklarings uitgestel tot 12 Junie

DIE bestuurder van ‘n Nissan Juke, Mwnonzane Maxhwane (39), het Sondag 11 Mei omstreeks 17:50 beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n sperreling in Gydopas gebots. Maxhwane, ‘n korrektiewe dienste amptenaar van Zwelethemba buite Worcester, is later op die toneel weens dronkbestuur in hegtenis geneem en na die polisiestasie op P.A. Hamlet geneem en aangekla. Sy is daarna na Ceres hospitaal geneem. Daar is ook vasgestel dat sy al meer as ‘n jaar met ‘n leerlinglisensie bestuur.

Twee verdagtes moet weer op 22 Mei verskyn

TWEE mans wat vasgetrek is vir die moord van ‘n 62jarige man, moet weer op 22 Mei in die Ceres landdroshof verskyn. Die oorledene, Sakiysi Nyathi het vir Oslo Fruiters op Ceres gewerk het, en is op 21 Maart met ‘n mes in die nek gesteek. Die moord het omstreeks 16:40 in Retiefstraat naby Kaap Agri, plaasgevind. Nyathi het blykbaar van die werk gestap toe hy deur dié twee mans gekonfronteer en beroof is van sy selfoon. Nkokheli Tyokolo (31), ‘n bergslaper, is kort na die moord op Dinsdag 25 Maart by sy blyplek in die berg vasgetrek.‘n Tweede verdagte, Romeo Constance (42), is ‘n week later op Donderdag 3 April vasgetrek. Die saak teen beide mans is na 22 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding. Roof en diefstal Constance verskyn ook in Ceres landdroshof op ‘n onverwante klag van roof en diefstal.

Hy het na bewering ‘n persoon in November 2024 in Lyellstraat gedreig met ‘n mes en van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Die saak is na 22 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Verdagtes bly in aanhouding,

vuurwapensaak weer uitgestel

DRIE mans wat in Maartmaand by Ceres Caltex gearresteer is met ‘n onwettige vuurwapen, se saak is uitgestel vir ‘n borgaansoek.

Die mans was Sondag 23 Maart omstreeks 00:24 besig om brandstof in te gooi, toe die polisie hulle genader het. Een van die mans het uit die VW Citi Golf gespring en probeer weghardloop terwyl die polisielede, wat toevallig by die vulstasie was, besig was om met die bestuurder

TWEE netbalspelers van Laerskool Gericke, Mienka du Toit (o/12) en Shadé Naude (o/13), het deurgedring na die Wes-Kaap sone 1 netbalproewe.

DIE wrak van ‘n Fiat Uno wat meer as ses weke by ‘n uitkykpunt in Michellspas gestaan het, is verwyder. Die motor het naby die treinspoor gaan staan waarna dit afgestoot is na die uitkykpunt onder die Tolhuis. Die enjin, bande, sitplekke, buffers en waardevolle onderdele is gestroop en die wrak is vermoedelik deur die Worcester-eienaar net daar gelos. Die afgelope paar weke het talle inwoners gekla dat die wrak die pas ontsier. Dit is daarna by die polisie sowel as die Witzenberg munisipaliteit aangemeld. Die afgelope week het werkers van die distrikspadingenieur se Paarl kantoor in Paarl saam met die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, die oogseer verwyder.

te praat.

Die polisielede het Zigwebule Sifile (27) van Gouda, agterna gesit en naby Charlie Hofmyer vasgetrek met ‘n onwettige 9mm vuurwapen in sy besit. Die ander twee mans, Nkosikhona Busman (35) en Thabiso Qwane (23), is ook gearresteer.

Uitstel

Die saak is na 2 Junie uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

Bedrogsaak sloer voort

DIE bedrogsaak teen ‘n voormalige Witzenberg burgemeester wat al vier keer uitgestel om ‘n prokureur aan te stel, is verlede week weer uitgestel - die keer vir konsultasie met dié prokureur.

Barnito Klaasen (49) het op 7 Mei in die Malmesbury landdroshof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn. Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het.

Klaasen is op 4 Julie 2024 deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer nadat die saak reeds in Maart 2022 by Riebeek-Wes polisie aangemeld is.

Die saak is na 31 Julie uitgestel. Klaasen se borgtog van R10 000 is verleng.

Bedrogklagte

Klaasen het in 2024 op ‘n ander bedrogklag in die Tulbagh landdroshof verskyn.

Die saak is die betrokke dag tydelik van die hofrol verwyder sodat Tulbagh SAPD eers hul bedrogondersoek kan voltooi.

Die saak is sedertdien nog nie weer op die hofrol teruggeplaas nie. Dié bedrogklag is in Maart 2023 by die Tulbagh polisie aangemeld.

BYNA 45mm reën het die naweek van 10-11 Mei op Ceres geval. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar in die BoSwaarmoed en Lakenvlei omgewing 19.6 mm gemeet en in die Koue Bokkeveld (Sterkwater) 13.6mm en by Romansrivier is 15.4 mm gemeet. Naby Bronaar is 26mm en in Winterhoek (Tulbagh) is 19mm gemeet. * Die Ceres Koekedouwdam is 56.2% vol, Tulbagh dorpsdam is 37% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 77%.

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Mansskoene

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068

louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Pieter Daniël Delis

1956/04/08 - 2025/05/10

BEGRAFNIS: Saterdag 17 Mei 2025 Huis: 09:00, Dwarsstraat 15, Wolseley Kerk: 10:00, Ou Apostel Kerk, Wolseley Graf: Wolseley

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer (023) 316-1814

Hendrik Klaase

1979/09/26 - 2025/05/10

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 17 Mei 2025

Saal:11:00 Donkerbos, Koue Bokkeveld

Graf: Donkerbos, Koue Bokkeveld

081-742-6706

n/u: 082-5753-181

David May (SUPER DAVE)

Begrafnis: Saterdag 17 Mei 2025 Huis: 10:00

Davidastraat, Wolseley Saal: 11:00 Wolseley Primêr Ons liefdevolle Hemelse Vader het uit ons midde geneem, ons beminde David May. Soos goue koringare op die oesland het ons Hemelse Vader hom kom haal as rype oes vir Sy Vaderhuis. Dankie Heer vir al die jare deur U aan ons toegesê. Van kinders, kleinkinders, familie en vriende

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

Tulbagh VGK op 25 Mei 2025 om 09:30

PREDIKER:

Ds. M. James (oud leerder)

Kom ons eer ons reis met dankbaarheid en hoop vir die toekoms.

Vervoerdiens wat insluit: Lughawe vervoer (na en vanaf), skool- en koshuiskinders, pakkies optel en aflewer, neem voertuie vir dienste, inkopies, ens. Beskik oor Kode 14 met PDP. Skakel Nico Deetlefs by 082851-4957. 16/05

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Emergency numbers

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Putjiespel kampioene

DIE 2025 pare putjiespelkompetisie is afgehandel. Charl du Plessis (links) en JC van der Merwe het Glennie Nasson en Wincen Abrahams in die finaal met 2 en 1 geklop.

Witzenberg Herald

Sport

Laerskole se onder 13 rugbyproewe het van 9-10 Mei

Bokkeveld plaasgevind. Hier is die spelers, afrigters, skeidsregters en bestuur van Witzenberg Laerskole Rugby afgeneem.

Spanne sukkel in nat toestande

DIE naweek het plaaslike rugbyspanne naelskraapse oorwinnings behaal in die Witsentraal kompetisie.

Ceres het op hul tuisveld met 28-31 vasgeval teen Roses United van Wellington. Dit was ‘n harde wedstryd wat in ‘n modderbad plaasgevind het nadat meer as 40mm reën uitgesak het. Ceres kan net hulself blameer vir dié verloor nadat hulle in een stadium met 21-5 voor was.

Roses het gewys hoekom hulle na nege wedstryde steeds onoorwonne is en tot op

die laaste minuut gespeel.

Vir Ceres het Arno van Wyk, Dewalt Dekker en Jan-Ras van der Linde goeie spel opgedis. Agterlangs het dit gesukkel en dinge kon nie regtig aan die gang kom nie. Verkeerde besluite op kritieke oomblikke het Ceres duur te staan gekom.

Ander uitslae Bella Vista klop Evergreens Paarl 29-8, Hamlet verloor 24-26 teen Hillcrest, Delicious klop Villagers Newton met 23-22 en Wolseley klop Temperance 7-5.

WILCO Louw (foto) en Cameron Hanekom, voorheen van Wolseley en Ceres, het Saterdag vir die Blou Bulle in ‘n VRK wedstryd teen Scarlets uitgeblink. Beide het drieë gedruk in die 45-21 oorwinning.

LAERSKOOL WAVEREN BIED AAN:

TWEE vriendinne, Sarah-Jane du Plessis van Ceres en Isel-Marie van der Westhuizen van George, het op 9 en 10 Mei aan die 2025 Member Guest @ Fancourt gholfdag vir vroue deelgeneem en gewen. Die beterbal kompetisie het Vrydag op die Outeniquabaan en Saterdag op die Montagu-baan plaasgevind.

DIE krieket-tweeling van Wolseley, Henry en Johny Prins, het onlangs hul 70ste verjaarsdag gevier tydens ‘n geleentheid waar James Fortuin, hoof uitvoerende beampte van

Boland Krieket, ook teenwoordig was.
BOLAND
by Laerskool Koue

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.