Mans wat met onwettige vuurwapen betrap is, bly agter tralies
DRIE mans wat ‘n maand gelede by Ceres Caltex gearresteer is met ‘n onwettige vuurwapen, se saak is weer uitgestel vir ‘n borgaansoek.
Die mans was Sondag 23 Maart omstreeks 00:24 besig om brandstof in te gooi, toe die polisie hulle genader het. Een van die mans het uit die VW Citi Golf gespring en probeer weghardloop terwyl die polisielede, wat toevallig by die vulstasie was, besig was om met die bestuurder te praat.
Die polisielede het Zigwebule Sifile (27) van Gouda, agterna gesit en naby Charlie Hofmyer vasgetrek met ‘n onwettige 9mm vuurwapen in sy besit. Die ander twee mans, Nkosikhona Busman (34) en Thabiso Qwane (23), is ook gearresteer.
Die saak is na 6 Mei uitgestel. Hulle bly in aanhouding.
LMO 504 TETA 13-338
WE SPECIALISE IN TRAINING STUDENTS HOW TO USE CONSTRUCTION EQUIPMENT SAFELY AND RESPONSIBLY:
DIE Tulbagh vragmotor is Vrydag 25 April beskadig nadat ‘n vraghouer agterop, aan ‘n boomtak vasgehaak het. Die voorval het omstreeks 15:20 op Ceres in Lyellstraat naby die Huppel en Knibbel kleuterskool, plaasgevind. Niemand is beseer nie.
Man wat rugbyspeler klap se saak na streekhof oorgeplaas
DIE man wat ‘n rugbyspeler van Paardekloof geklap en wat later aan sy beserings gesterf het, se saak is na die streekhof oorgeplaas.
Lee-Ray Paulse (25) van Paardekloof is op 9 April 2024 in die Tygerberg hospitaal dood nadat hy die vorige dag deur Shaun
Paulsen (25) van die Koue Bokkeveld geklap is. Presies wat die betrokke aand se gebeure voorafgegaan het, sal eers duidelik word sodra die verhoor begin. Die voorval het omstreeks 18:00 plaasgevind.
Paulse is na die voorval na die Ceres hospitaal geneem en na Tygerberg hospitaal
oorgeplaas waar hy later weens bloeding op die brein gesterf het.
Uitstel
Paulsen het op 1 April verskyn in die Ceres streekhof op ‘n klag van moord. Sy borg van R1000 is verleng.
Die saak is na 5 Mei uitgestel.
A planning meeting for the upcoming 67 minute Mandela Day in the Witzenberg region was held last week Thursday. This event aims to raise awareness of TB and child wellness, distribution of blankets, share resources and collaborate with local organizations, non-profits, and key stakeholders to ensure the success of the day. The purpose of the meeting was to discuss the specific event’s objectives and strategize on how we can work together to make it a success. “We give thanks to Yasmine Koopman who has offered her time and expertise, Haven Ceres (marshals), Ziane Rabe (paramedic team), Shaun Phillips (Old Mutual for sponsorship) and Omgeewinkel and Togryers museum for blanket drop-off points. FLTR: Paul Maarman (social crime prevention at department of social development), Niel Stacey (2feet4tb) and Shaun Phillips (Old Mutual).
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
IN THE MAGISTRATES COURT FOR THE DISTRICT OF GOODWOOD HELD AT GOODWOOD Case No: 1429/22
In the matter between: LIBERTY GRANDE BODY CORPORATE Plaintiff and REUBEN LUNGA ZWIDE First Defendant NOLUGISA ZWIDE Second Defendant
BE PLEASED TO TAKE NOTICE that in pursuance of a judgment granted by the above Honourable Court on the 29 September 2022, the undermentioned goods will be sold by the Sheriff for the Magistrates Court, Moorreesburg at 4 Meul Street, Moorreesburg on the 22nd day of May 2025 at 10:00:
1 x Grey Ford Focus with Reg Number: CFM87527 Strictly cash and voetstoots.
Take further notice that:
1.This sale is a sale in Execution pursuant to a judgment obtained in the above Honorable Court.
2.The rules of this auction are available 24 hours prior to the auction at the office of the Sheriff Mooreesburg.
3.Registration as a buyer is a pre-requisite subject to a specific conditions inter alia.
4.Directive of the Consumer Protection Act 68 of 2008; (url http://www.info.gov.za/view/downloadfileaction?id99961).
5.Fica - Legislation i.r.o proof of identity and address particulars, payment of registration deposit of R2 000 in cash.
6.This sale will be conducted by the auctioneer, Mr. B.J. Geldenhuys.
7.Goods will be sold for cash only to the highest bidder or sold subject to confirmation as per the Consumer Protection Act on instruction from the Execution Creditors/Attorneys.
DATED AT CAPE TOWN ON 31 MARCH 2025.
STBB l SMITH TABATA BUCHANAN BOYES
Per: A. Adonis
Applicant’s Attorneys
8th Floor, 5 St. Georges Mall, Cape Town
Tel: (021) 406-9100
E-mail: ashleya@stbb.co.za (Ref: WA196630/AA/AE)
Anglikaanse gemeente vier
ST. Mark Anglikaanse kerk op P.A. Hamlet, het die afgelope naweek hul 160ste bestaansjaar gedenk. Op Sondag 27 April het die Kapel kerk, St. Mark hul 160ste bestaansjaar met ‘n gewyde diens op P.A. Hamlet gevier. Nagenoeg 350 mense het die diens en feesvierringe bygewoon.
Die feesdiens is deur die Biskop van Valsbaai, eerwaarde Stafford Moses, gelei. In sy boodskap het hy die gemeente gelukgewens en seëninge uitgespreek op die besonderse mylpaal wat bereik is. Moses het kerkgangers aangemoedig om as nuwe mense in Christus die verskil in hul gemeenskappe te wees. Die Witzenberg burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het ook ‘n kort boodskap aan die gemeente gelewer en hul aangemoedig om die kerk se betrokkenheid in die gemeenskap verder uit te brei.
Geskiedenis
Die Anglikaanse Kerk op P.A. Hamlet is in 1865 deur eerwaarde Jeffery gestig.
In dieselfde jaar het die kerk ook ‘n skool begin wat vandag as St. Mark primêr, bekendstaan. Tydens die diens het die gemeente van Paardekloof, ‘n nuwe naam
van die Biskop ontvang. Hul eredienste sal voortaan onder die naam van St. Luke gehou word.
Die feesdiens is voorafgegaan met ‘n optog vanaf waar die eerste St. Mark kerk destyds opgerig was - op die hoek van Kerk- en Goosenstraat. Ongelukkig moes die gemeente die gebied destyds weens die groepsgebiedewet verlaat.
Tydens die diens het die rektor, eerwaarde Anthony Koopman, die gemeente ingelig oor die ontstaan van St Mark as kerk. Hy beoog om teen die einde van September die volle geskiedenis van die kerk in ‘n boek saam te vat.
Na die feesdiens het Biskop Moses ‘n boomplant geleentheid gelei.
Die gemeente van St. Mark is baie trots dat hulle hierdie besonderse mylpaal kon vier. Nog aktiwiteite word vir die res van die jaar beplan.
Na hierdie baie geseënde en suksesvolle kerkdiens beoog die gemeente ‘n basaar op Vrydag 30 Mei, ‘n Koorfees op 29 Junie, ‘n Feesdans in Oktober en ‘n naweekuitstappie na die Weskus. Vir meer inligting hieroor, kan die kerkkantoor geskakel word by 067-7588-027
KENNISGEWING: CERES GEAFFEKTEERDE INWONERS
Ceres Fruit Processors (CFP) is bewus van klagtes oor reuke afkomstig vanaf die maatskappy se afloop waterstelsel in sekere areas van Ceres.
Sovêr die maatskappy bewus is, hou hierdie geen gesondheids gevaar in nie. Met die hoog-seisoen wat verby is, verwag CFP dat reuke spoedig sal taan. Intussen bou die maatskappy die kapasiteit van die afloop waterstelsel verder uit, om risiko in die toekoms te verlaag. ‘n Aantal projekte in hierdie verband is reeds afgehandel, terwyl ander in proses is en nog projekte gaan volg.
Die maatskappy verbind homself daartoe om oor tyd, die ongewenste reuke in hoog-seisoen af te werk. CFP maak verskoning vir enige ongerief ervaar.
Nog geen taal of tyding na Sonti verdwyn
SIVIWE Sonti (26) van Nduli word vermis. Indien die gemeenskap meer inligting het oor Sonti, kan hulle vir sers. Zimri skakel by (023) 316-8500.
ST. Mark Anglikaanse kerk op P.A. Hamlet, het die afgelope naweek hul 160ste bestaansjaar gevier en na die feesdiens, ook ‘n boomplant geleentheid aangebied. VLNR: Rdl. Ronald Visagie, Maggie Abrahams, rdl. Trevor Abrahams, Biskop Stafford Moses, priesters Heinrich Jantjies, Anthony Koopman en Wilfred Maritz van die St. Andrew gemeente op Ceres.
ST. Mark Anglikaanse kerk op P.A. Hamlet, het die afgelope naweek hul 160ste bestaansjaar gedenk. VLNR: Eerwaarde Heinrich Jantjies, Anthony Koopman en Biskop Stafford Moses (hoof van die Anglikaanse kerk in die Valsbaai).
Polisielede en inwoners verskyn weer in hof
DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, is verlede Vrydag in die Bellville handelsmisdaadhof voortgesit.
Die vyf het op 25 April op klagtes van korrupsie en regsverydeling verskyn. Die saak teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (46 ), kst. Johannes Fransman (43) en kst.(v) Melzandré Pieters (36), en oudpolisieman Daniël Davids (46) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (44), is na 20 Mei uitgestel wanneer die verhoor in die Bellville streekhof sal voortgaan.
Agtergrond
Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n lang ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid na ‘n voorval byna vier jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.
Die drie polisielede is later op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.
Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.
Die vyf is steeds uit op borgtog van R2 000 elk.
DIE bestuurder van ‘n wit Opel het Sondag 27 April omstreeks 17:50 beheer oor die motor verloor en van die pad gery. Die ongeluk het naby die treinbrug in Nuwekloofpas buite Tulbagh plaasgevind. Die bestuurder is lig beseer.
DIE Africaburn vind vanjaar van 28 April tot 4 Mei op die plaas Quaggafontein in die Tankwa Karoo plaas. Daar het vanjaar talle feesgangers deur Ceres gery of via N1 vanaf Worcester. Die byeenkoms is soortgelyk aan die bekende Amerikaanse Burning Man. Afrikaburn is ‘n gemeenskap wat saamtrek om o.a. kuns te skep, aan die einde van die naweek strukture te brand, kostuums aan te trek en na musiek te luister. Daar is vanjaar meer as 13 000 by die fees waarvan meer as 85% Suid-Afrikaners is.
FOTO: Facebook - Africaburn
Substasie word weer beveilig
RAADSLID Jacob Rooi en die Witzenberg Party spreek hul dank uit teenoor David Nasson (Witzenberg munisipale bestuurder) en die administrasie vir die oprigting van ‘n nuwe veiligheidstruktuur om Bella Vista kinders teen beserings te beskerm. Die gemeenskap word gevra om nie die heinings te verwyder nie. Die substasie was voorheen omhein.
DIE polisie op P.A. Hamlet vra die gemeenskap se hulp in die opsporing van dié persoon. Phumzile Zodaka word deur die SAPD gesoek ivm ‘n aanranding om ernstig te beseer klag wat op 21 April op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld plaasgevind het. Hy het voorheen buite Malmesbury gewerk. Indien iemand oor inligting beskik, kan hulle a/o Brian Uys skakel by (023) 3133133.
Department of Water and Sanitation equips process controllers with skills to boost water and wastewater quality
THE Department of Water and Sanitation (DWS) in the Western Cape has collaborated with the Energy and Water Sector Education and Training Authority (EWSETA) and the Council for Scientific and Industrial Research (CSIR), to pilot a training programme that will address a skills gap for Process Controllers operating the Water Treatment Works (WTW) or Waste Water Treatment Works (WWTW) at 21 municipalities within the province.
In the previous Green Drop 2022 Report and the Blue Drop 2023, the Department has identified that poor performance and supervision of WTWs and WWTWs is attributed to staff shortfall and lack of technical skills.
To mitigate the challenge, DWS then submitted funding for training of Process Controllers to EWSETA.
The Water and Wastewater Treatment Works learnership will be implemented by the CSIR and 183 Process Controllers will be trained. The duration of training is one year, and a qualification will be obtained at NQF 3 and 4 levels.
The learnership will assist the process controllers to be able to meet regulatory requirements for operational compliance and will also create an enabling environment for skills development for water and wastewater treatment works.
This training initiative will further ensure that the municipalities will comply with DWS Regulation 3630, which requires that the operations at all Wastewater Treatment Works in the country must be overseen by someone
who has the relevant qualifications and experience to ensure compliance with best-practice principles.
DWS Western Cape Provincial Head, Ntombizanele Bila-Mupariwa, said the learnership programme will empower the process controllers at different municipalities to efficiently manage water and wastewater treatment plants.
“The qualification equips learners with the fundamental knowledge and practical skills needed to operate and control processes in water and wastewater treatment works. The learners will therefore be able to operate and control specific processes at a water or wastewater treatment works and make decisions related to chemical dosing, water volumes and pumping at the plant.
“As the country is facing challenges regarding pollution of water courses by municipalities’ malfunctioning wastewater treatment systems, the learnership programme will capacitate the plants with skilled personnel who will properly manage them. This will in turn reduce pollution levels of the water courses, improve water quality and eventually highest quality of our water”, said Bila-Mupariwa EWSETA Chief Executive Officer, Mpho Mookapele, said the process controllers are often unsung heroes working behind the scenes and the training will equip them with the skills to properly manage the plants.
The pre-assessment of the process controllers was completed on 20 March 2025 and their registration with EWSETA is currently underway.
Nuwe hoofleiers gekies
Nina du Toit (hoofmeisie), Johan
Eduard Joubert (onderhoofseun).
- VAKANTE POSKWALITEIT- EN STELSELSKOÖRDINEERDER
De Keur Verpakking, ‘n gevestigde vrugte verpakkingsmaatskappy, geleë in Ceres, is opsoek na ‘n energieke en dinamiese kwaliteit- en stelselskoördineerder om permanent by hul span aan te sluit.
VERANTWOORDELIKHEDE:
•Optimale sortering van verskillende grade van vrugte;
•Kennis en bestuur van vrugkwaliteit op pakmasjien sagteware;
•Skakel tussen bemarkingsmaatskappye en pakhuis rakende pakstandaarde;
•Optimale produksie;
•Handhawing van daaglikse doelwitte;
•Handhawing van veiligheidstandaarde;
•Monitering van rekenaar toestelle en produkte;
•Enige verwante take soos ooreengekom van tyd tot tyd.
VEREISTES:
• Rekenaarvaardig • Goeie kommunikasievaardighede • Kennis van vrugkwaliteit • Kennis van uitvoerstandaarde • Kreatiwiteit en die neem van eie inisiatief is belangrik.
OPLEIDING EN ONDERVINDING:
•3 - 5 Jaar ondervinding in soortgelyke posisie sal voordelig wees;
•Ervaring in kwaliteit en produksie van vrugte asook Vitrax ondervinding kan voordelig wees;
•Maf Roda en Packman ondervinding sal voordelig wees;
•Kennis van label printers en rekenaar fout opsporing sal in die geskikte kandidaat se guns tel.
Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema en Discovery mediese fonds is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.
SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 15 Mei 2025
Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: recruitment@dekeur.co.za - Johan du Plessis
DAVE May van Wolseley het Woensdag 30 April, twee bejaardes van Wolseley uitgeneem vir ‘n verjaarsdag-ete in die Wimpy op Ceres. Oom Charles Andrews (89) het Dinsdag 29 April verjaar. Hier is hy afgeneem saam sy boesemvriend Henry Dawson (79) en Dave May.
LAERSKOOL Gericke se hokkiefees het vanaf 25 tot 28 April op Charlie Hofmeyr se bane plaasgevind. Dit was ’n suksesvolle hokkietoernooi.
LAERSKOOL Gericke het onlangs hul hoofleiers vir 2025 aangewys. VLNR: Nicola Mostert (onderhoofmeisie),
Morkel (hoofseun) en
Dissiplinêre
stappe
teen Tiwana nog nie afgehandel nie
DISSIPLINêRE stappe teen ‘n lid van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres, is na vyf maande nog nie afgehandel nie.
Konstabel Vuyo Tiwana (34) is einde verlede jaar toegesluit omdat hy ‘n vriendin aangerand het.
VUYO Tiwana (34).
Hy is intussen tydelik verplaas na Ceres polisiestasie maar het nog nooit daar aangemeld nie aangesien hy met siekverlof is. Volgens inligting sal hy daar werksaam wees todat die dissiplinêre saak teen hom afgehandel is. Hy kan dan of permanent verplaas word of ontslaan word uit die polisie.
Voorval
Die aanrandingsvoorval het Saterdag 30 November 2024 plaasgevind. Tiwana het na bewering sy vriendin geslaan en geskop. Hy is op Sondag 1 Desember in Nduli gearresteer voordat hy op 17 Desember op R2 500 borg vrygelaat is.
Hy het Donderdag 24 April weer in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van ernstige aanranding, diefstal van eiendom ter waarde van R7 000 en beskadiging van eiendom (foon stukkend gegooi). Die saak is na 23 Mei uitgestel.
Sake terugtrek
Daar is voorheen betroubaar verneem dat dit nie die eerste keer is dat hy ‘n vrou aanrand nie. Tiwana het blykbaar in Oktober 2023 ook sy vrou op Wolseley aangerand. Die saak is na Paarl landdroshof vir ‘n beslissing verwys. Geen beslissing is al hieroor gemaak nie. Beide die klaers wil die sake teen hom terugtrek.
met hul gunsteling rugbyspan se klere, skool toe kon kom.
Polisieman se saak word weer uitgestel
‘n POLISIEMAN van Tulbagh wat byna ‘n jaar gelede ‘n man op Gouda doodgeskiet het, se saak is weer in die Tulbagh landdroshof uitgestel. Sers. Jonathan Waterboer (47) van die Tulbagh misdaadvoorkomingseenheid, het Dinsdag 29 April weer in die Tulbagh landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 10 Junie uitgestel. Sy borg van R1 000 is verleng.
Voorval ‘n 40-Jarige man van Gouda is Donderdag 23 Mei omstreeks 10:30 dood kort nadat inwoners en die polisie in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Dit is nie bekend wat het tot dié konfrontasie tussen die twee groepe gelei nie.
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) ondersoek steeds die voorval. Die afgelope jaar is talle versoeke om kommentaar en terugvoering oor die vordering van die saak, aan mediawoordvoerders gerig sonder enige sukses.
INWONERS en skoliere het op 22 April deelgeneem aan Aardedag (Earthday) om ‘n skoner Ceres te vestig. Die Ceres omgewingsprojek is geloods insamewerking met die Witzenberg munisipaliteit, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, CBI, Togryers museum en vriende, die toerismeburo en raadslede. Die Dwarsrivier aan weerskante van Van Bredabrug is skoongemaak. Daar is ook ‘n bewusmakingsaksie in die sakekern geloods waar pamflette uitgedeel is.
Borgaansoek word op 5 Mei aangehoor
DIE borgaansoek van ‘n vrou wat van moord aangekla word, is weer op Tulbagh uitgestel. Letsoise Nphabiseng (41) van Tulbagh is dood nadat sy ‘n argument in Joostestraat probeer stopsit het. Sy is Saterdag 29 Maart dood nadat sy met ‘n mes gesteek is.
Nphabiseng het na bewering probeer om ‘n argument tussen die verdagte, Nthomboxolo Soya (48), en dié se mansvriend stop te sit toe Soya haar met die mes gesteek het. Soya is daarna na die polisiestasie waar sy haar aan die polisie oorgegee het.
Die saak teen Soya is in die Tulbagh landdroshof vir ‘n borgaansoek uitgestel na Maandag 5 Mei
ONDERSTEUNING AAN SOPKOMBUISE
Bestaande sopkombuise kan aansoek doen vir ‘n donasie in die vorm van niebederfbare produkte by Witzenberg Munisipaliteit. Bestaande sopkombuise, wat ten minste 6 maande operasioneel is en ook geregistreer is as ‘n NPO/NGO/NPC word aangemoedig om aansoek te doen met die volgende inligting:
•Opsomming van die sopkombuis se bestuur (adres van aansoeker, wie dit bestuur/ implementeer, kontakpersoon, kontaknommer en e-pos adres)
•Hoe lank die sopkombuis in bedryf is
•Aantal dae wat sop bedien word per week/per maand
•Dorp en areas waar sop bedien word met die bedieningspunte
•Hoeveelheid persone wat met die sopkombuis per maand bereik word
•‘n Ondersteunende brief van die wyksraadslid wat bekend is met die sopkombuis
•Verskaffing van NPO/NGO/NPC registrasie nommer en registrasie sertifikaat, wat verpligtend is vir die aansoek. Geen aansoeke word oorweeg indien bogenoemde vereistes nie voorsien word nie.
Entiteite wat namens operasionele sopkombuise aansoek doen, moet NPO registrasie dokumente en lidmaatskap bevestiging van hul lede saam met die aansoek indien. Suksesvolle sopkombuise sal self verantwoordelik wees vir optel van die produkte in Ceres.
Aansoeke kan per e-pos aan Letha Wessels by lwessels@witzenberg.gov.za gestuur word of per hand by sekuriteit by die Munisipale hoofkantoor in Ceres in ‘n duidelik gemerkte koevert: “Sopkombuis ondersteuning aansoek” ingedien word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2025
MUNICIPAL
SUPPORT TO SOUP KITCHENS
Current functioning soup kitchens can apply for a donation of non-perishable products at Witzenberg Municipality. Soup kitchens functioning for at least 6 months and who are registered as an NPO/NGO/NPC, are encouraged to apply with the following information.
•Summary of soup kitchen management (name and address of applicant, contact person managing the soup kitchen’s detail i.e. cell number and e-mail address)
•Period that soup kitchen is in operation
•Amount of days soup is distributed, weekly or monthly
•Town and areas where soup is distributed
•Amount of people benefitting from the soup kitchen per month
•A letter of good standing from the ward councillor
•Provision of NPO/NGO/NPC registration number and registration certificate, which is compulsory for the application. No application will be considered where the above-mentioned requirements are not provided.
Entities applying on behalf of operational soup kitchens, must provide NPO registration documents and membership confirmation of the soup kitchen.
Successful applicants will be responsible for transport to pick up the donation in Ceres.
Applications can be sent by e-mail to Letha Wessels at lwessels@witzenberg.gov.za or can be handed in at security at the Municipal main building in Ceres in an envelope marked as “Soup kitchen application”
Closing date for applications: 31 May 2025
MOOI Uitsig primêr het Vrydag 25 April ‘n lekker rugbydag aangebied waartydens onderwysers en leerders
Huis: 09:00 Keurboomstr. 113, Bella Vista Kerk: 10:00 Peres saal, B.V. Graf: Bella Vista 081-742-6706 n/u: 082-5753-181
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Tulbagh VGK op 25 Mei 2025 om 09:30
PREDIKER:
Ds. M. James (oud leerder)
Kom ons eer ons reis met dankbaarheid en hoop vir die toekoms.
CENTRAL CERES
MOTORS
Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE TOOL HIRE HIRE TOOL
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
AND ART FRAMING 083-227-6476
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490
(023) 312-1414 c/o Vos- & Faure St. 83, Ceres
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Mansskoene
INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te neem sonder om enige boete te betaal. Vanaf 21 Maart tot 21 Mei sal geen boetes op laat boeke gehef word nie.
CERES krisante skou vind Saterdag 10 Mei plaas in Ceres stadsaal. Die skou open om 11:00. Verversings en blomme sal te koop aangebied word. Vir navrae skakel André Pedro by 083-5484-851.
MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir Tina 073-9507380, Yolanda 073-919-3903 of Esmerelda 071-866-8842
DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae kan die volgende persone geskakel word: Arno Vergotine by 073-591-1427, Henrico Fransman by 060-626-7723, Melony Meyer by 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro by 083-387-2990.
DIE Robertson Geskiedenis Gilde nooi belangstellendes uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 15 Mei om 18:00 vir 18:30 stiptelik by die NG Kerk Sy Saal. Adv. Jan C. Heunis SC (seun van oud minister Chris Heunis) is die gasspreker. Sy praatjie sal handel oor: Binnekring - Skerm stories - FW, Cyril, ens. Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is teen R50 p.p. beskikbaar. Kaartjies kan by die Robertson museum tussen 9:30 en 13:00 gekoop word. Vir navrae en kaartjies skakel Wyona Ramsauer by 082-740-7532
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
•Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777
•Childline: 116
•Lifeline: 021 461 1113
•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n epos na togryersmuseum@ gmail.com
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)
Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erf 5775, Nduli
Ligging / Location
25 Eluxolweni Street
Aansoeker / Applicant
Fundile Joyi (078-229 -2807)
Aard / Nature
APPLICATION FOR DEPARTURE TO ALLOW AN OFF-SALES LIQUOR STORE
AANSOEK OM AFWYKING OM ‘N BUITEVERBRUIK DRANKWINKEL TOE TE LAAT
Verwysing / Reference
15/4/1/1/ 233
Sluitingsdatum / Closure date
30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant
30 Days from date of publication in newspaper
Nooi graag alle: opvoeders (huidige en afgetredenes), ouers, leerders, oud-leerders en die breë gemeenskap om saam te deel in ons:
rolbalklub het ook hul klubkampioenskappe vir beginners afgehandel. Lance de Waal (foto bo - regs) is die beginners kampioen vir 2025. Hier ontvang hy die wisseltrofee van Stoffel Lambrechts (president van Ceres rolbalklub).
Kampioene aangewys
CERES rolbalklub het die afgelope tyd hulle jaarlikse enkelspan kampioenskappe afgehandel. Charmaine Mostert is die 2025 vroue enkelspelkampioen vir 2025. Hier ontvang sy haar trofee van Stoffel Lambrechts (president van Ceres rolbalklub).
EEUFEES
PROGRAM 19 - 25 MEI
Maandag 19 Mei: Afskop van fees op nuwe sportveld, Color Run Dinsdag 20 Mei: Feeskoning en Feeskoningin
Woensdag 21 Mei: Wynveiling
Donderdag 22 Mei:
Centenary Night of Stars
Vrydag 23 Mei: “Back to School” dans Saterdag 24 Mei: Sportdag en formele Gala-aand Sondag 25 Mei: Dankseggingsdiens
TWEE o/13 rugbyspelers van Mooi Uitsig primêr, Jordan-Lee Hanse en Navito April, is ingesluit in die Witzenberg o/13 rugbyspan. Hier is die spelers saam met hul afrigter, Garfield Overmeyer.
CHARLIES het verlede naweek teen Hopefield deelgeneem. Die o/16A rugbyspan het met 24-18 gewen. * Die eerstespan het met 17-14 gewen.
CERES
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7)Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
Bella Vista klop Ceres Bella Vista klop Ceres
BELLA Vista rugbyklub het die naweek vir ‘n groot opskudding gesorg en met goeie rugby vir Ceres met 39-29 geklop. Die rustydtelling was 13-10.
Die telling vlei die besoekers wat nie heeltemal op al hul silinders geloop het nie terwyl ‘n begeesterde Bella Vista vanaf die afskop gewys het hul pak voorspelers word hoog aangeskryf en Ceres moes behoorlik bontstaan om talle dryfmaal bewegings te stop.
Die agttal met debutant Robin Adams aan die voorpunt, het met oormaat balbesit baljaar. In die middelveld het Marvin Fredericks, Cameron Davids en Nathan-Otniël van Wyk dodelik vertoon en Ceres se verdedigers moes bontstaan om te keer.
Die Bella Vista flank, Therry Grootboom, lyk weer soos die speler van twee seisoene gelede. Hiervan getuig sy twee drieë teen die kantlyn af. Jongeling Nash-winn Lintnaar was nie ver agter hom met sy twee drieë na goeie breekslae.
Puntemakers
Vir Bella Vista het Grootboom en Lintnaar twee drieë gedruk en Cameron Davids een. Marvin Fredericks het een doelskop asook ‘n skepskop en strafdoel oorgeskop. Nathan-Otniël van Wyk was in die kol met drie doelskoppe.
Vir Ceres het William van Wyk en Jowayne Zimri uitgeblink.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erf 518, Tulbagh
Ligging / Location
Dutch Reformed Church, Van der Stel Street
Aansoeker / Applicant
Paul Meyer 082-7841387
Arno van Wyk, Aldo Sauls, William van Wyk en Thinus Saayman het drieë gedruk. William van Wyk het die res van die punte met sy skopvoet aangeteken.
Ceres sal die week op die oefenveld baie hard moet werk aan hul verdediging nadat talle blapse op drieë vir Bella Vista uitgeloop het.
Wedstrydbepalings
Die naweek reis Bella Vista na Wellington om Hillcrest United te pak terwyl Ceres besoek ontvang van die huidige voorloper in die kompetisie, Roses United.
Ander uitslae
Delicious wen 55-40 teen Temperance, Wolseley wen naelskraap met 19-18 teen Hillcrest, Hamlet wen 41-30 teen Newtons, Roses United klop Young Blues met 69-15 en Villagers Newton klop Evergreens met 32-22.
Daar was ook volop aksie in die Witzenberg streekuitdaagkompetisie.
Môrester klop Howbill 35-26, Paardekloof wen 17-12 teen Young Good Hopes, Lindeshof is te sterk vir Vastrap en wen 5535, Lovedale klop Op-die-Berg 28-23 en Young Westlyans klop Red Roses 40-27.
Aard / Nature
APPLICATION FOR DEPARTURE TO UTILIZE THE PARSONAGE FOR OFFICES.
AANSOEK OM AFWYKING OM DIE PASTORIE AS KANTORE AAN TE WEND. Verwysing / Reference
Sluitingsdatum / Closure date
30 Dae vanaf
15/4/1/2/ 107
dag van plasing in die koerant
30 Days from date of publication in newspaper
CAMERONDavidsduikhieroorvirsydriena 'nfop aangee van Jemiehl Muller.