DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was verlede naweek twee keer op Ceres. Die helikopter het Saterdagoggend en Sondagmiddag by Ceres provinsiale hospitaal geland om twee pasiënte vir gespesialiseerde dienste na Tygerberg hospitaal oor te plaas.
Daar is nou 284 huiswinkels in die Witzenbergstreek
DIE Witzenberg munisipaliteit moet nog ‘n hoop huiswinkel-aansoeke verwerk. Alle spaza-winkels of huiswinkels binne munisipale grense, moes voor einde Februarie hul winkels geregistreer het. Spaza-winkels en geriewe waar voedsel hanteer word, is einde verlede jaar drie maande kans gegee om by hul plaaslike munisipaliteit te registreer. Die ongewone stap kom nadat die regering 'n diepe bekommernis en hartseer uitgespreek het oor voorvalle van besmette voedsel, verwante siektes en sterftes nadat kinders dit by dié winkels gekoop het.
Die Witzenberg munisipaliteit het vanaf November 2024 ‘n totaal van 178 nuwe aansoeke ontvang waarvan 36 goedgekeur is. Daar is 284 huiswinkels in die munisipale-gebied. Hiervan is 59 beveel om te sluit en 181 moet nog goedgekeur word. Die munisipaliteit het begin optree teen onwettige huiswinkels en dringende hofaansoeke teen eienaars en okkupeerders van sulke onwettige winkels het al begin.
Wetstoepassers monitor die situasie asook gevalle waar buitelanders, wat die winkels onwettig oopmaak of oorkoop, die huiseienaars forseer om namens hulle vir permitte by die munisipaliteit aansoek te doen.
Twee mans sterf
TWEE jong mans van die omgewing het verlede week in twee afsonderlike gevalle gesterf.
In die eerste voorval is Morné van Rooyen (31) van Bella Vista dood nadat hy weens kopbeserings en ‘n meswond gesterf het.
Saterdag 8 Maart omstreeks 22:00 was daar blykbaar ‘n bakleiery in Astersingel, Bella Vista. Die polisie is na die toneel ontbied waarna drie broers, Andrew Stoffels (30), Justin Stoffels (33) en Ruben Stoffels (22), gearresteer is.
‘n Erg beseerde Van Rooyen is na na die aanranding na Ceres hospitaal geneem waar hy op 10 Maart aan sy beserings beswyk het. Die saak is tot 8 April uitgestel.
Roudiens
‘n Roudiens word op 20 Maart gehou en die
begrafnis vind plaas op 22 Maart vanuit Bella Vista gemeenskapsaal. Jongman sterf
In ‘n tweede voorval is Gerrit Mars (24) dood aan kopbeserings na ‘n aanrandingsvoorval op die plaas Bergvliet buite Ceres.
Die voorval het Saterdag 15 Maart omstreeks 05:10 na ‘n stryery plaasgevind.
Mars is na bewering met ‘n klip teen die kop gegooi. Cheslin Slingers (20) is beseer en na behandeling uit Ceres hospitaal ontslaan.
Stiaan Lietjies (22) van Klein Pruise is gearresteer en het Maandag 17 Maart vlugtig in Ceres landdroshof verskyn.
Die saak is na 28 Mei uitgestel. Lietjies bly in aanhouding.
‘n Roudiens is Woensdag 19 Maart op die plaas Ideaal gehou.
MORNÉ van Rooyen (31)
GERRIT Mars (24).
Kleuterskool dankbaar vir ondersteuning
LIGSTRAALTJIES bedank graag hul fantastiese borge, spelers en ondersteuners wat Saterdag die jaarlikse ses-aan-’n-kant krieket- en familiedag moontlik gemaak het. Dankie aan: ADAMA, AECI, Arnold en Tania Engels, BASF, Basson Sport, Bayer, Boplaas, Branddoorns, Breede Meat Co., Cecilia’s Farm, Ceres Alarms, Ceres Apteek, Ceres Fruit Growers, Ceres Fruit Juices, Ceres Superspar, Ceres Toyota, Core, Corteva, De Keur, De Rust, Ceres Agri, De Bruin Slootgrawersdienste, dr. Suné Steyn, Dutoit Agri, Emma Jacobs, Ernst Gouws, Eselfontein, Francois van Dyk, Glenelly, Goedverwacht Estate, Goosen boerdery, Jannie en Liske van der Merwe, Johan en Lenchen Visser, Journey’s End, Judith Atelier, Jumping Jacks, Kaap Agri, Katerien van der Merwe, Krone, Laastedrif, Lindie Rademeyer biokinetics, Mama Rosa bakkery, Megan en Carl Stassen, MPACT, NJ Geldenhuys vervoer, Ockert en San-Mari Viljoen, On the Dot, Philagro, PicknPay Ceres, Playball Ceres, Procrop, Puma Garage Ceres, Rhodes Food Group, Rugga Roots Rugby, SCB, Seeff Boland, Shell Ceres, Shift Netbal, Stonewall Wines, Sugarbird creative design, Syngenta, Tulbagh Garage, Vrolikheid Landgoed, Wicket Cricket, Wimpy Ceres, Witzen Apteek, Witzenberg Herald en Zach van der Merwe.
HERSKEDULERING VAN GEWONE RAADSVERGADERING
NA 31 MAART 2025
Kennis word hiermee gegee ingevolge
Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Gewone Raadsvergadering van 26 Maart 2025 herskeduleer is na Maandag, 31 Maart 2025 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Die rede hiervoor is dat die nodige begrotingsinligting vanaf Provinsiale Tesourie laat ontvang is as gevolg van die laat indiening van die Nasionale Begroting.
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres
50 Voortrekker Street, Ceres
Verw/Ref.: 3/1/2/3
CERES krisante skou vind Saterdag 10 Mei plaas in Ceres stadsaal. Die skou open om 11:00. Verversings en blomme sal te koop aangebied word. Vir navrae skakel André Pedro by 0835484-851.
DIE Togryers museum op Ceres het vanaf 1 April, drie EPWP posisies beskikbaar. Die volgende poste word tans geadverteer: audit- en digitaliseringspos, instandhoudingspos en erfenis- en toerismepos. Meer inligting oor elke pos asook sluitingsdatum kan verkry word op die Togryers museum se Facebook-blad.
WIE kan nou die ou watertand gunsteling Pannekoek, weerstaan? Die Togryers museum bied ‘n fondsinsameling aan op 28 Maart en verkoop lekker pannekoek. Bestellings kan nou reeds geplaas word by 076-6892-885
SKRYF nou in vir Tulbagh Lions se gholfdag op Vrydag 4 April. Skakel Ceres gholfklub by (023) 312-3068. Inskrywings sluit 21 Maart
MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir Tina 073-950-7380, Yolanda 073-919-3903 of Esmerelda by 071-866-8842
DIE Robertson Geskiedenis Gilde nooi belangstellendes uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 10 April om 18:00 vir 18:30 by die NG Kerk Sy Saal. Dr. Diane Ferrus is die gasspreker en haar praatjie sal handel oor: My reis met Sarah Baartman. Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is teen R50 p.p. beskikbaar. Kaartjies kan by die Robertson museum tussen 09:30 en 13:00 gekoop word. Vir navrae en kaartjies skakel Wyona Ramsauer by 082-740-7532
DIE Robertson Geskiedenis Gilde nooi belangstellendes uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 15 Mei om 18:00 vir 18:30 stiptelik by die NG Kerk Sy Saal. Adv. Jan C. Heunis SC (seun van oud minister Chris Heunis) is die gasspreker.
Arnoldus en Garfield Overmeyer, afgeneem. Die span word vergesel deur Martin Absalom (waarnemende skoolhoof).
RESCHEDULING OF ORDINARY COUNCIL MEETING TO 31 MARCH 2025
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Ordinary Council meeting of 26 March 2025 has been rescheduled to Monday, 31 March 2025 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
The reason for this is that the necessary budget information was received late from Provincial Treasury due to the late submission of the National Budget.
HAMLET Selfsorg het Rache en Micha Nicholls bedank vir die bederfpakkies en vrugte wat onlangs aan hulle oorhandig is.
MOOI Uitsig primêr het Saterdag 15 Maart aan die Hoërskool Goudini sportdag deelgeneem. Hier is die o/11 netbalspan met hul afrigters, Lucille Hufke en Jomaine Hall, afgeneem.
MOOI Uitsig primêr het Saterdag 15 Maart aan die Hoërskool Goudini sportdag deelgeneem. Hier is die o/13 rugbyspan saam met hul afrigters, Jayden
CERES Besigheidsinisiatief (CBI) het Dinsdag 18 Maart hul algemene jaarvergadering in Ceresvallei kerksaal aangebied. Meer as 75 sakelui het die vergadering bygewoon. VLNR: Pieter du Toit (voorsitter), David Nasson (munisipale bestuurder), Bertdene Laubscher (Togryers museum - spreker), Gys du Toit (spreker) en ds. Jandré Viljoen. CBI hou hul
Verdagtes later in hof
VYF verdagtes wat moontlik betrokke was by huisroof-voorvalle waartydens bejaarde Wolseley inwoners oorval en beroof is, se saak is weer uitgestel.
Die Wes-Kaap georganiseerde misdaad-eenheid se ondersoek duur voort. Vyf mans van Namibië en Malawië, Samuel Ndipululye (37), Petrus Nande (48), Titus Shalongo (35), Courage Makabeli (28) en Gabriel Abraham (43), is Saterdag 11 Januarie tussen Gouda en Tulbagh gearresteer.
Die polisie het gesteelde juweliersware wat vermoedelik 9 Desember gesteel is op ‘n plaas, in een van die mans se besit gekry.
Die mans moet weer op 25 Maart in die hof verskyn. Nande, Shalongo, Makabeli en Abraham is op 21 Januarie op borg van R1 000 elk vrygelaat. Ndipululye het sy borgaansoek laat vaar en bly in aanhouding.
Agtergrond
CERES Besigheidsinisiatief (CBI) het Dinsdag na 13 jaar, afskeid geneem van twee komiteelede, Hannes van Schalkwyk (links) en Herman Fourie (regs). Pieter du Toit het ‘n klein geskenk aan beide oorhandig en hul bedank vir hul werk.
DIE Cape Classic 1000, ‘n motorwedren wat beperk is tot 65 klassieke en moderne supermotors, het Maandag 17 Maart begin en eindig 21 Maart. Die motors, wat ondermeer bestaan uit Porche, Ferrari, MG, Truimph, Bentley en Aston Martin, het Dinsdag uit Hermanus vertrek en namiddag deur Ceres gery. Die wedren word bemark ter viering van motorelegansie en ingenieursuitnemendheid. Die motors neem deel in klassieke-klas (voor 1977), moderne klassieke-klas (1977 - 1996), sportmotor-klas (1997 - 2024) en spesiale klas. Die naam van die wedren is ‘n verwysing na die 1000 myl wat die motors oor vier dae in die Wes-Kaap sal aflê.
Twee vroue van 77 en 81 jaar oud, is ongedeerd en nie beseer nadat 3 - 4 onbekende mans met klapmusse op, toegang tot die plaashuise gekry en ondermeer juwele, ‘n skootrekenaar en ‘n telefoon gesteel het.
Die eerste voorval het verlede jaar op 29 Oktober omstreeks 21:00 op ‘n plaas buite Wolseley plaasgevind en die tweede voorval op 9 Desember omstreeks 22:30.
TWEE voertuie het Sondag 16 Maart voor USave op P.A. Hamlet gebots. Die bestuurder van ‘n Lesotho Honda Jazz taxi, het omstreeks 13:30 teen ‘n stilstaande Nissan bakkie met kerkgangers gebots. Talle persone is beseer. Die voorval is net in die botsingsverslag gemeld.
Protect your daughter’s future - The HPV vaccine saves lives
FOR more than a decade, parents across the Western Cape have trusted our dedicated healthcare workers to protect their daughters against human papillomavirus (HPV) - a leading cause of cervical cancer.
Thanks to this commitment, thousands of young girls receive the HPV vaccine every year, securing their health and safeguarding their futures. Once again, the department are calling on parents and caregivers to take this important step.
From 3 February to 31 March 2025, school health teams from the Western Cape Department of Health and Wellness will be visiting public- and special schools to administer the single-dose HPV vaccine to eligible girls aged nine and older. This vaccine is safe, free, and highly effective - a simple step that can make a lifetime of difference.
“Since the introduction of the school-based HPV vaccination programme in 2014, we have successfully administered over 350,000 vaccines, reaching nearly 1 200 schools annually in the Western Cape. This reflects the strong support from parents and communities who recognise the life-saving impact of vaccinations”.
“By now, parents and caregivers should have received consent forms and information from schools about the HPV vaccine’s benefits. If you haven’t signed the form yet, we urge you to do so - your decision today could help protect your daughter and a young girl in your care for decades to come”.
Western Cape Minister of Health and Wellness, Mireille Wenger, encourages all parents and caregivers to take advantage of this opportunity.
BAKERY ASSISTANT
The following requirements are needed:
•Must be able to handle and work under pressure
•Excellent people’s skills
•Must be willing to work weekends and shifts
•Must be fully bilingual
•Preferably reside in Ceres/Wolseley
•Previous experience will be advantageous
•Must have matric
•Must have knowledge of hygiene in the workplace.
Responsible for, but not limited to:
•Baking of products
•Produce high quality and delicious confections that meet the expectations and preferences of customers
•This also involves following recipe as per production sheet, measuring ingredients, mixing, baking, molding, shaping, cleaning, stock rotation, waste control, assisting with stock take.
Salary negotiable.
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com
For attention: Human Resources
Closing date for applications: 28 March 2025
Availability: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 4 April 2025 please consider your application unsuccessful.
She says, “The HPV vaccine protects girls by ensuring they remain safe from cervical cancer later in life. Cervical cancer is the second most common cancer among South African women and heartbreakingly, the one that claims the most lives”.
“By vaccinating our young girls today, we are taking a powerful step towards a future where cervical cancer is one less thing for our women to worry about. Please sign the consent form and help protect your child.”
For those who may have missed previous vaccination opportunities, catch-up doses will be available later in the year for girls in private and independent schools, as well as those who were not vaccinated in previous campaigns. Sonia Botha, Western Cape coordinator of the Expanded Programme on Immunisation, highlights the programme’s success.
“The HPV vaccination programme achieves over 80% coverage annually, demonstrating high acceptance in communities and benefitting more girls for decades to come.
This vaccine provides a unique opportunity for us to join hands with communities and invest in the health of women and the future of girls in the Western Cape. My granddaughter has had the same HPV vaccine to protect her against cervical cancer. I would like to implore fellow parents and caregivers of eligible girls to choose to vaccinate against HPV this year.”
This programme is part of a global initiative led by the World Health Organization (WHO) to eliminate cervical cancer as a public health threat by 2030.
The first step towards this goal is ensuring that 90% of girls are fully vaccinated against HPV by the age of 15. With widespread vaccination, we can eliminate HPV in the near future and protect generations to come.
Let’s stand together for the health and wellbeing of our young girls. Sign the consent form today and help build a healthier future for all.
CASHIERS (FULL TIME)
The following requirements are needed:
•Confident and honest
•Ability to remain calm under pressure
•A sense of responsibility
•Be able to work under pressure
•Must have people skills (must have previously worked with clients and must understand customer service)
•Willing to work shifts and weekends
•Fully bilingual (English & Afrikaans)
•Must have matric with exceptional high marks in maths and both Afrikaans and English to apply
•Willing to join as soon as possible.
•Preferably reside in Ceres/Wolseley Salary negotiable.
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres2@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com
For attention: Human Resources
Closing date for applications: 28 March 2025
Availability: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 4 April 2025 please consider your application unsuccessful.
1 MEI 2025 - 31 AUGUSTUS 2025
Vereistes:
•Matriek + Graad R kwalifikasieNQF LEVEL 5
•KABV (CAPS) opleiding
•Rekenaarvaardig
•Goeie menseverhoudinge
•Moet beskik oor baie goeie spanwerk
•Administratiewe vaardighede
•Meld sport- + kultuur betrokkenheid
Volledige aansoek moet die volgende ondersteunende dokumente insluit:
•‘n Kort aansoekbrief
•‘n Volledige CV
•Gesertifiseerde afskrifte van ID en relevante kwalifikasies
•Gesertifiseerde afskrif van SACE sertifikaat of bewys van registrasie
•Ten minste 2 referente
•Administratiewe vaardighede
Rig aansoeke per e-pos aan of handig in by die skool: Bella Vista Primêr
Die Skoolhoof: Mnr. W. Gouws
SBL Voorsitter: Mnr. C. Jansen
admin@bellavistaprimer.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 April 2025
INDIEN
Exciting opportunity at Ceres Superspar
Exciting opportunity at Ceres Superspar
OP Saterdag 15 Maart het Tulbagh Lionsklub weer hul jaarlikse Blinde navigator-tydren aangebied - ‘n unieke gemeenskapsgeleentheid waar siggestremde navigeerders en hul bestuurders saamgewerk het in ‘n uitdagende en opwindende rit deur Tulbagh en omliggende areas. Leon van Schoor en Hein Joubert (foto links) was in die eerste plek, Flippie Hauptfleisch en Marius Coetzee (tweede) en David Morrison en Johan Botha (derde). * Die geleentheid is moontlik gemaak deur hoofborge Pioneer Drukkers en Motorsport SA. Tulbagh Lionsklub bedank al die organiseerders, beamptes, deelnemers en vrywilligers wat bygedra het tot die dag se sukses. FOTO REGS: Hier is die reëlingskomitee afgeneem. VLNR: Derick Vorster (Tulbagh Lions), Ria Cronjé (Tulbagh Lions) en David Jacobs (Durbanville Lions).
“OOH, kan nie wag vir die Expo nie, het so lekker gekuier by die laaste een!” het een van ons Facebook-volgers gesê. En wat is daar nie om van te hou nie? Die Winelands Autumn Expo op 30 en 31 Mei 2025, terug by die pragtige Montana hoërskool sportgronde in Worcester. Uitstallers en verskaffers wat hul produkte wil verkoop of uitstal, het tot 31 Maart 2025 tyd om hul aansoeke in te dien. Om aansoek te doen, besoek www.autumnexpo.co.za en klik op die Vendors/Exhibitors-oortjie. Onthou om die bepalings en voorwaardes (terms and conditions) te aanvaar vir jou aansoek om suksesvol ingedien te word.
Dutoit Vrugte, die vrugteverpakkingsaanleg van Dutoit Agri, benodig die dienste van ‘n prestasiegedrewe persoon vir die posisie van:
VERKOELINGSTEGNIKUS
Ceres
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Verkoelingsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir • instandhouding (meganies en elektries) van verkoelingstoerusting, in lyn met protokolle en wetlike vereistes • daaglikse monitering van temperature en gas regimes op gewone-, DCA en beheerdeatmosfeer koelkamers • deurlopende inspeksies (foutopsporing) en instandhouding van veiligheidstelsels • volledige diensrekordhouding op alle verkoelingstoerusting en • opstel en bestuur van verkoelingsbegroting. Die ideale kandidaat beskik oor • minstens 5 jaar ondervinding as Verkoelingstegnikus, wat ervaring in ammoniak insluit • bogemiddelde kommunikasie- en organiseringsvaardighede en • die vermoë om op eie inisiatief te funk-sioneer. Hierbenewens sal ‘n kwalifikasie en/of goeie ervaring in elektrisiteit en kennis van die vrugtebedryf die aansoek versterk.
Benewens aangename werkomstandighede, bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV so gou doenlik aan: lemarel@dutoit.com
Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar verkieslik nie later as 1 Junie 2025 wees nie.
Dudumayo daag by hof op
DIE vermeende moordenaar Mihle Dudumayo (28) het twee weke gelede by die Ceres streekhof opgedaag kort nadat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is.
Dudumayo het nie sy vorige hofdatum nagekom nie waarna die lasbrief uitgereik is. Dudumayo staan tereg weens die moord op Piet Boer (63) van P.A. Hamlet. Sy borg van R2 000 is verleng en hy moet weer op 6 Mei in die Ceres streekhof verskyn.
Stryery lei tot moord
Volgens die polisie het die voorval meer as ‘n jaar gelede op Sondag 14 Januarie 2024 omstreeks 07:45 plaasgevind toe Piet Boer vir Dudumayo gekonfronteer het oor hy teen sy woning se heining urineer.
Dudumayo het saam met vriende op die sypaadjie gesit en drink. Nadat hy aangespreek is het daar ‘n stryery ontstaan. Dudumayo het ‘n Okapi mes uitgepluk en Boer verskeie kere met die mes gesteek. Hy het ook Boer se twee honde met die mes gesteek. Boer is op die toneel dood waarna die polisie ontbied is.
EXCITING CAREER OPPORTUNITIES CERES, WESTERN CAPE
Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires energetic and professional people for the following positions at its Ceres plant:
REFRIGERATION TECHNICIAN
The cold storage of fruit forms an important part of our operations and we have extensive cooling facilities that include normal as well as controlled atmosphere cold storage.
QUALIFICATIONS: • Suitably qualified Artisan • Minimum of N3 or equivalent qualification • Successful completion of trade test • CAT B - Safe handling of Ammonia.
EXPERIENCE: • Experience of ammonia cooling installations is a requirement • Controlled Atmosphere (CA) experience with strict adherence to fruit protocols • DCA experience • Practical operation of a SCADA system - specifically developed for a cooling plant.
SKILLS : • Computer literate (MS Excel, MS Word, MS Powerpoint) • Good communication skills in both English and Afrikaans, with the ability to communicate effectively and professionally at all levels • Must be able to function well under pressure • Attentive with good problem solving skills.
RESPONSIBILITIES: • Maintenance, repair and fault finding on all ammonia refrigeration equipment (mechanical and electrical) • Inspections and record keeping of maintenance and safety systems • Knowledge of fruit industry will strengthen application • The successful candidate will also be expected to provide standby during after hours.
FITTER AND TURNER
RESPONSIBILITIES: • Maintenance of carton erecting machinery • Assisting production department with setup of carton erecting machinery • General maintenance / modification of pack house machinery, including conveyors, hydraulic machines, pumps, graders and general mechanical items • Welding and sheet metalwork • Fitting and turning • Supervision of apprentices and general workers • Willingness to perform after-hour standby duties and night shift on a rotational basis during the peak season.
QUALIFICATIONS: • Completed apprenticeship with appropriate N3 qualification
• Appropriate experience in a fruit packing plant and carton erecting machinery will be advantageous.
PLEASE SEND YOUR APPLICATION, STATING YOUR CURRENT REMUNERATION PACKAGE, WHICH OF THE TWO POSISIONS YOU ARE APPLYING FOR AND THREE CONTACTABLE REFERENCES TO:
The Human Resources Manager at hr@cfg.co.za
CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 2 JUNE 2025
IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL.
In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
ROUDIENS: Do. 20 Mrt. Huis: 19:00 Jasmynstr. 94, Bella Vista
BEGRAFNIS: Sat. 22 Mrt. Huis: 09:00 Jasmynstr. 94, Bella Vista Saal: 10:00 Bella Vista Gemeenskapsaal,
1953/08/10 - 2025/03/12
BEGRAFNIS: Son. 23 Mrt. Huis
aflewering
DIANA & KIM
is there to help with:
•Financial assistance
•Bring back lost lovers
•Court and divorce cases
Bondels koerante @ R40 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
aanraak, raak sý oogappel aan.Sag. 2:8
Koerant-bondels te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier, trek, vensters was of jou babahondjies
R40 PER BONDEL
(023) 316-2021
Voortrekkerstraat 17D, Ceres
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SPECIALISES IN FRAMING
CERTIFICATES AND MIRRORS
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
VryMa - Vry
VryMa - Vry -
09:00 - 16:00
•Pay after job is done •Delayed pension 078-283-7310 TE HUUR 2 x Ruim kantoorspasies te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres Onmiddellik beskikbaar Skakel Johanni by 082-738-5671
GROOT SPASIE MET BAIE PARKERING TE HUUR VIR KAFEE, KLEIN KRUIDENIERSWINKEL, KANTOOR, OF RESTAURANT
Voortrekkerstraat, Ceres (langs Ceres Brouery, oorkant De Jagers) Skakel Johanni by 082-738-5671
09:00 - 12:30 Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Hangers • Mansskoene • Mansklere • Skoolklere en skoolskoene
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
LIGSTRAALTJIES het Saterdag 15 Maart hul 6de ses-aan-’n-kant kriekettoernooi en familiedag aangebied. Trojans was die wenners en het Cherry Time Taai Toffies in die finaal geklop.
Heavy Rollers is aangewys as die bes geklede span. * Ball of Duty het die prys vir die beste gees ontvang.
Twee atlete blink uit in hindernisse
TWEE atlete van Wolseley Sekondêr het goed gevaar tydens die onlangse Boland atletiekkampioenskappe wat in die Paarl plaasgevind het. Jade-Lee de Wee (links) het ‘n brons medalje verower in die seuns o/19 3 000 meter hindernis en Grandall Fredericks het ‘n silwer medalje verower in die seuns o/17 2 000 meter hindernis wedloop.
TWEE Ceresiete neem vanaf Sondag 16 Maart tot Sondag 23 Maart deel aan die Absa Cape Epic. Meer as 1480 fietsryers neem aan die wedren deel. Hannes Hanekom (regs) en Jandri Ferreira neem as Witzenbergvallei deel in die meesters afdeling. Hulle het Sondag se proloog oor 26km in 1:21:11 klaargemaak. Maandag se skof van 92km rondom Meerendal het hulle in 5:10:02 voltooi en was 17de en in die algehele 125ste plek. Dinsdag 18 Maart se vinnige skof oor 66km na Fairview het hulle in 2:55:18 voltooi vir ‘n 22ste plek en 135ste algeheel.
CERES Sekondêr is trots op Lorenzo Vergotine wat onlangs ‘n goue medalje verower en die WP rekord in die 1 500 meter vir seuns o/15 verbeter het. Lorenzo gaan van 2 - 5 April aan die S.A. atletiekkampioenskappe in Bloemfontein deelneem.
DRIE Ceresiete neem vanaf Sondag 16 Maart tot Sondag 23 Maart deel aan die Absa Cape Epic. Chloë Bishop (regs) en Carina Mohr van Duitsland is deel van die Versus Scott vrouespan wat deelneem in die vroue ope-afdeling. Hulle het Sondag se proloog oor 26km in die vyfde plek klaargemaak. Maandag se skof van 92km rondom Meerendal het hulle in 6:14:13 voltooi en was weer vyfde en in die algehele 335ste plek. Dinsdag 18 Maart se skof het hulle bietjie teruggesak en die vinnige skof oor 66km na Fairview in 3:43:53 voltooi vir ‘n agtste plek en 479ste algeheel.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Restant Ged. 5 van die plaas Boontjes Rivier Nr. 262
Remainder
Ptn. 5 of the farm Boontjes Rivier No. 262, Tulbagh
Ligging / Location Boontjiesrivier, Wolseley
Aansoeker / Applicant
Eugene Charles Speirs (023) 004-0150
Aard / Nature
Konsolidasie, Onderverdelings en hersonering
Consolidation, Subdivisions and rezoning
Sluitingsdatum / Closure date 22/04/2025
STEPHAN Niemann is aangewys as die beste kolwer en JD Alberts is aangewys as die beste bouler.
DIE
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
ADRIAAN Wildschutt (26) gaan Sondag 13 April aan die Gqeberha ABSA Run your City-reeks deelneem. Adriaan gaan poog om die wedlooprekord van Precious Mashele (27:35) te verbeter. As een van die wêreld se top-atlete is Adriaan se deelname ‘n groot hupstoot vir Suid-Afrikaanse sport en padwedlope.
NADEEL Wildschutt, gaan Sondag 13 April ook aan die Gqeberha ABSA Run your City-reeks deelneem. Nadeel, die SA 10 000 meter kampioen, spog met ‘n beste tyd van 28:07 wat hy tydens die Durban ABSA Run your City opgestel het. Beide Nadeel en sy broer, Adriaan, gaan probeer om die roete-rekord te verbeter.
Sport Witzenberg Herald
Delicious sorg vir opskudding
PLAASLIKE spanne het die naweek gemengde welslae behaal met slegs Delicious en Wolseley wat hul tweede rondte wedstryde gewen het.
Delicious het die naweek die grootste opskudding veroorsaak met hul oorwinning van 34 - 25 teenoor Bella Vista. Bella Vista het die eerste helfte oorheers en vinnig drie drieë gedruk om met 17 - 3 voor te loop. Delicious se agttal het swaar geleef en is ‘n paar keer ver terug gestoot. Elcado Baadjies (slot van Bella Vista) het ‘n paar goeie lynstaan balle gewen.
Delicious het egter teruggeveg om die eerste helfte met 20 - 20 af te sluit.
Na rustyd het Delicious begin domineer en Bella Vista se verdediging moes bontstaan. Delicious sit hul terugveg-poging voort en druk nog twee drieë om met 34 - 20 voor te loop. Bella Vista druk ‘n troosdrie laat in die tweede helfte om die eindtelling 34 - 25 te maak.
Puntemakers
Vir Delicious het Roland Snyders, Denzil Vergotine, Peter Sauls en Bongani Dick elkeen ‘n drie gedruk. Austin Hendricks het 14 punte met sy skopvoet aangeteken.
Vir Bella Vista het Lorenzo Boer, Chesvill Muller, Leagan Lintnaar en Shaan Langeveld elkeen ‘n drie gedruk. Corné du Plessis voeg 5 punte by met sy skopvoet.
Delicious kan na dié goeie oorwinning net verbeter, terwyl harde werk vir Bella Vista voorlê.
Uitslae
Wolseley was die ander Witzenbergspan wat ‘n oorwinning behaal het. Wolseley het Young Blues met 29 - 16 geklop. Hillcrest het op sy tuisveld vir Ceres met 20 - 15 geklop en Villagers Newton het Hamlet met 33 - 30 geklop.
Naweek wedstryde
Saterdag 22 Maart speel Bella Vista gasheer vir Hamlet en Ceres ontvang besoek van Evergreens. Delicious speel weg teen Young Blues en Wolseley reis na Roses United.
‘n Paar spanne is ook in aksie die naweek in die streekuitdaagkompetisie. Tulbagh speel teen Red Roses, Lovedale en Môrester meet kragte, Lindeshof pak Young Westlyans, Vastrap speel teen Paardekloof, Op-die-Berg speel teen La Plaisante en Howbill speel teen Young Good Hopes.
DELICIOUS het die naweek ‘n groot opskudding veroorsaak met hul oorwinning van 34 - 25 teenoor Bella Vista. Hier duik Denzil Vergotine oor vir een van sy span se drieë. FOTO: Trevor Felix
CERES gholfklub het Saterdag 8 Maart hul jaarlikse klubkampioenskappe aangebied.
VLNR: Deon Rossouw (C-afdeling beste netto-telling met 144 houe), Henri Ferreira (Dafdeling wenner met 36 punte), Bennie van Rensburg (B-afdeling wenner van die beste netto-telling met 141 houe), Vincent Hewitt (klubkampioen en A-afdeling wenner met 142 houe), Luan du Plessis (B-afdeling wenner met 165 houe), Wynand Crous (C-afdeling wenner met 182 houe), Michiel Herholdt (A-afdeling beste netto-telling met 139 houe) en Esman Boer (tweede plek in C-afdeling met 184 houe).
Vincent Hewitt nuwe klubkampioen
CERES gholfklub het Saterdag 8 Maart hul jaarlikse klubkampioenskappe aangebied.
Daar is in vier afdelings meegeding. Die A tot C afdelings (houespel) is oor 36 putjies beslis en die D-afdeling (stableford kompetisie) oor 18 putjies.
Die 2025 klubkampioen is Vincent Hewitt. Hy het 142 houe oor 36 putjies aangeteken. Leroux Ferreira, verdedigende kampioen, was in die tweede plek met 144 houe. Michiel Heroldt was die wenner van die beste nettotelling met 139 houe.
Luan du Plessis was die wenner van die Bafdeling met 165 houe. Jo-Dean Kayer was in die tweede plek met 168 houe. Bennie van Rensburg was die wenner van die beste netto-telling met 141 houe. Wynand Crous met 182 houe was die wenner van die C-afdeling. Esman Boer was in die tweede plek met 184 houe. Deon Rossouw was die wenner van die beste nettotelling met 144 houe.
Henri Ferreira het die D-afdeling met 36 punte gewen. Herman van der Walt was in die tweede plek met 34 punte.
Luan du Plessis was die naaste aan die pen op no 5/14 en op no. 16 terwyl Laurie Prins naaste aan die vlaggie was op no. 3.
Saterdag-kompetisies
Op Saterdag 22 Maart word ‘n beterbal stableford aangebied en op 29 Maart, ‘n enkel syfer plus.
Sosiale gholf Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan ‘n Sundowner kompetisie teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies.
Simon Molaza van Wolseley het Vrydag 7 Maart die Sundowner kompetisie met 20 punte gewen. Hendrik Skein van Tulbagh was in die tweede plek met 19 punte. Spelers moet die klub skakel by (023) 3123068 vir besprekings.