Witzenberg Herald Vol 23 no.15 (Online no.4)

Page 1

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

Volume 23 no. 15

Friday, April 24, 2020

ONLINE

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 23 April

13° 24°

Vrydag 24 April

12° 24°

Saterdag 25 April

14° 26°

Sondag 26

April 13° 26°

Ceres Koekedouw dam

52.2%

Lesing: 2020/04/22

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Telephone: (023) 316-2021

Fax: (023) 316-2023

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.com

Geen permit

Raadslid steur hom nie aan rampmaatreëls

‘n RAADSLID van die Witzenberg munisipaliteit wat agt seisoenwerkers na ‘n dorp in die Noord-Kaap vervoer het, is nou in erge moeilikheid nadat hy inperkerkingmaatreëls en rampbestuurwetgewing oortree het. Petrus Herandien, raadslid van Witzenberg en ‘n arbeidsmakelaar en pastoor van die streek, het sonder die nodige permitte probeer om dié werkers wat oorspronklik van Calvinia en Fraserburg se omgewing is, na Calvinia te neem. Hulle was sedert Januariemaand werksaam in die Witzenbergstreek. Herandien is eers deur Citrusdal polisie aangesê om terug te draai waarna die groep na Calvinia is. Die polisie het hulle ook op Calvinia voorgekeer en terug oor die WesKaap grens begelei. Herandien het egter ‘n

ent verder met die werkers omgedraai en na Vanrhynsdorp gery. Daar het hy die ses mans en twee vroue in die straat afgelaai en elkeen blykbaar net R100 gegee. Billy Claasen, direkteur van die Organisasie vir Landelike en Plaaswerker Ontwikkeling, se hulp is ontbied. Hy het met die hulp van die polisie en amptenare van die Matzikama munisipaliteit, die werkers na Vredendal geneem waar hulle vir die Covid-19 virus getoets is en na plek van veiligheid gebring is. Claasen het Woensdag 22 April op sy Facebook-blad bevestig dat die plaaslike owerhede van Noord-Kaap en Wes-Kaap goed saamgewerk het. Die agt mense is nou op Calvinia en Fraserburg by hul huise. Hulle is Dinsdagaand huistoe geneem.

Claasen het ook al die rolspelers bedank vir hul hulp. Polisie klagte en ondersoek Claasen het Maandag 20 April ‘n klag by die Vanrhynsdorp polisie ingedien ingevolge oortreding van die rampbestuurwet. Die Witzenberg munisipaliteit kan nog nie kommentaar oor die voorval lewer nie. Die speaker is opdrag gegee om verklarings te bekom waarna ‘n komitee van die munisipaliteit met ‘n ondersoek teen hom gaan begin. Die bevinding sal later aan die munisipale raad en aan die minister oorhandig word vir optrede. Icosa het gesê hulle gaan Herandien eers ‘n kans gee om sy kant te stel. Na gelang wat Herandien sê en wat die polisieondersoek en raadsondersoek bevind, sal hulle optree.

PETRUS Herandien, ICOSA raadslid van Witzenberg munisipaliteit.

Netcare Ceres tydelik gesluit na twee werkers positief toets NETCARE Ceres is Dinsdag tydelik gesluit nadat twee personeellede positief vir COVID-19 getoets het. Die hospitaal neem nou geen pasiënte in nie en die noodafdeling is as voorsorgmaatreël gesluit. Volgens Craig Murphy, streekdirekteur van Netcare hospitaalgroep, het ‘n personeellid wat verlede week aandskof gewerk het, die hospitaal in kennis gestel dat sy met iemand in aanraking was wat die virus onderlede het. Sy is in isolasie geplaas en vir die virus getoets. Verlede Vrydag is haar positiewe uitslag ontvang. Nog twee personeellede wat aandskof gewerk het, is as voorsorgmaatreël huistoe gestuur. Een personeellid se uitslag was positief. Later is nog drie personeellede huistoe gestuur wat verlede Donderdag dagskof gewerk het. Almal moet vir 14 dae in isolasie bly. Die hospitaal is intussen heeltemal ontsmet. Daar is tans geen pasiënt in Netcare Ceres en die noodafdeling sal so gou moontlik heropen.

PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG

087 095 361 7

info@jptek.co.za www.jptek.africa

‘n VRAGMOTOR wat vrugtemoes (pulp) vervoer, het verlede Vrydag na 16:00 in die treinspoordraai in Michellspas omgeslaan en sy vrag verloor. Die bestuurder is nie beseer nie. ‘n Deel van die bergpas was gesluit terwyl die vrugtemoes opgeruim en verwyder is. * Weens die nasionale inperking was dit die naweek baie stil op die plaaslike misdaadfront. Slegs sewe sake is op Ceres aangemeld. Van die sake wat ondersoek word sluit in ‘n dronkbestuursaak, aanrandings en bedrogsaak. FOTO: Keith Slamet

LOCKDOWN OPERATIONAL NOTICE We are a registered essential service and are still performing maintenance services. 087 095 361 7 info@jptek.co.za www.jptek.africa


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.