Witzenberg Herald Vol.26 no.41 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 41

R 8.50

Friday, 20 Oktober 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Nuwe koalisie neem beheer van raad

Donderdag 19 Oktober

Vrydag 20 Oktober

Saterdag 21 Oktober

Sondag 22 Oktober

14° 35°

14° 30°

11° 21°

10° 27°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

60,5%

Lesings geneem: 2023/10/18

DIE koalisievennote van die ANC, WA, GOOD, PA, EFF en Icosa het Dinsdag daarin geslaag om die DA en hul koalisie bondgenote uit die kussings te lig. ‘n Mosie van wantroue is Dinsdag 17 Oktober deur die onderburgemeester, Gert Laban en die leier van Witzenberg Aksie saam met die ANC, ingedien teen raadslede Hennie Smit en Elizabeth Sidego van die

DA. Die mosie is met ‘n meerderheid stem aanvaar tydens ‘n spesiale raadsvergadering waar alles sonder enige voorvalle binne die munisipale regulasies plaasgevind het. Rdl. Katriena Robyn van GOOD is die nuwe burgemeester in die plek van Smit . Die ANC sal later hul twee burgemeesterskomiteelede aanwys. Lees berig op bladsy 3.

CERES (023) 312-2144

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Kluisenaar vermoor

Damwal 25 jaar gelede voltooi BOUWERK aan die nuwe Ceres Koekedouw-damwal is 25 jaar gelede voltooi. Ceres Koekedouw bestuurskomitee stel Donderdag 19 Oktober hul nuwe webtuiste www.koekedouwdam. co.za oor die Koekedouwdam bekend om saam te val met die 25 jaar vieringe. Op Vrydag 20 Oktober vanaf 09:00 tot 12:00 kan belangstellendes ‘n besigtigingstoer na die damwal onderneem. Lees die promosie artikel op bladsy 7.

‘n BEJAARDE kluisenaar van Ceres is vroeër die maand vermoor. Ceres speurders het die week bevestig dat die 81-jarige Petrus Malan Cillie, wat in Tweedelaan gewoon het, vermoor is. Onbekende persone het vermoedelik ingebreek waarna die inbreker/s, Cillie in die sitkamer oorval en verwurg het. Die vermoede bestaan dat mnr. Cillie, wat al dekades alleen in die huis ‘n kluisenaarsbestaan voer, reeds vroeg in Oktober vermoor is. ‘n Buurman het op Vrydag 6 Oktober gaan uitvind hoe dit met die oom gaan. Hy het deur die venster geloer en die oom op die grond sien lê. Die SAPD is omstreeks 20:30 ontbied waar hulle die ontbinde liggaam in die sitkamer aangetref het. ‘n Nadoodse ondersoek is gedoen en toon dat Cillie verwurg is. Sy klere is ook na die polisie se forensiese-afdeling gestuur vir DNS-toetse. Die polisie kan nie vasstel of enigiets uit die huis gesteel is nie aangesien die oorledene ‘n opgaarder was. Hy was nooit getroud nie en het ook geen kinders gehad nie. Die polisie vra inwoners wat in die woonbuurt woon (naby die Lions kleuterskool) en wat die afgelope tyd moontlik iets verdag opgemerk het of iemand verdag daar naby gesien het, om hulle te skakel. Indien daar CCTV materiaal is, kan dit ook aan polisie oorhandig word in ‘n poging om dié moord op te los. ‘n Moontlikheid wat ondersoek word, is dat die moord naby die SASSA uitbetalingstyd (23 Oktober) gepleeg is. Nog ‘n vae leidraad wat opgeduik het is dat ‘n jong persoon wat op straat woon, moontlik die oom gehelp het. Indien iemand dalk ‘n trollie by die huis opgemerk het en ‘n datum en tyd het, kan hulle dit ook deurgee vir die polisie. Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Swanson by Ceres speurders skakel by (023) 316-8500.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.