Witzenberg Herald Vol.24 no.40 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 40

R7.50

Friday, October 15, 2021

Since 1997

CERES (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 14 Oktober

Vrydag 15 Oktober

Saterdag 16 Oktober

Sondag 17 Oktober

1° 18°

0° 14°

-3° 20°

3° 20°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

99,4%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) ☎ (023) 004-1338 or 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za

Lesing: 2021/10/13

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

Epic op Ceres

DIE ABSA Cape Epic gaan in 2021 (17-24 Oktober), na ‘n afwesigheid van ‘n paar jaar en Maart 2020 se kansellasie weens COVID-19 vlak 5 inperkings, weer op Ceres aangebied word. Die Witzenbergstreek sal drie skofte aanbied. Skof 1 vind op 18 Oktober rondom Ceres plaas en skof 2 vertrek op 19 Oktober van Ceres na Saronsberg. Skof 3 vind op Woensdag 20 Oktober rondom Tulbagh plaas voordat bergfietsryers Donderdag na Slanghoek ry. Die 8-dag wedren loop na 619 km op Sondag 24 Oktober by Val de Vie ten einde. * Die baie gewilde byeenkoms vind gewoonlik in Maart plaas. Met die vlak 1 regulasies in plek kan daar ‘n beperkte aantal toeskouers op die roetes wees.

Broers pak hul 10de Epic saam aan DIE Hanekom-broers van Ceres, Hannes (45) en Sakkie (42), pak vanjaar hul tiende ABSA Cape Epic saam aan in die 17 jaar wat die byeenkoms aangebied word. Hannes gaan vir sy 12 titel en Sakkie vir sy tiende. Hulle beste Epic was in 2013 toe hulle algeheel 17de klaargemaak het - ‘n besonderse prestasie teen professionele spanne.

www.witzenbergherald.co.za

Brink-moord

Polisie arresteer verdagte CERES speurders het verlede week ‘n verdagte gearresteer vir die moord van ‘n man wat aan die brand gesteek en later in die hospitaal gesterf het. Die polisie het Daniël van der Merwe (51), ‘n gholfbaljoggie en tuinier op die dorp, verlede Donderdag 30 September inhegtenis geneem vir die grumoord op die 53-jarige James Brink. Van der Merwe het Maandag 4 Oktober vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na Maandag 11 Oktober uitgestel. Van der Merwe is vrygelaat op R2000 borg en moet weer op 3 Desember in die Ceres landdroshof verskyn. Hy moet ook twee keer per week by die polisie aanmeld.

Agtergrond Aanvaller/s het James Brink tussen 8 en 9 September oorval en aan die brand gesteek en vir dood agtergelaat. Die voorval het naby Vierdestraat in die Vredebes behuisingskompleks oorkant Nduli plaasgevind. Die polisie en nooddienste is 9 September omstreeks 06:50 na die toneel. EMS het Brink, ‘n vriend van Van der Merwe, na die hospitaal geneem waar hy later op Saterdag 11 September aan erge brandwonde beswyk het. Dié moord en die latere arrestasie van Daniël van der Merwe, het skokgolwe deur die ge-meenskap gestuur. Indien daar nuwe inligting is kan dit by (023) 316-8500 deurgegee word.

Verkragtingsaak uitgestel vir pleit ‘n WITZENBERG inwoner het verlede week weer in die streekhof verskyn weens verkragting. Die 63-jarige man het verlede Woensdag vir die tweede keer in die Wolseley streekhof verskyn. Die verkragting-voorvalle het jare gelede plaasgevind en na bewering, oor ‘n lang tyd aangehou. Die klaer het as kind in vrees geleef en oor die jare berading ontvang. Sy het besluit om klagtes te lê waarna die saak in September 2020 by die SAPD se GKS eenheid aangemeld is. GKS ondersoek nou die klagtes. Die saak is na 1 Desember uitgestel vir pleit. *Die strafproseswet verhoed media en ander bronne om seksuele oortreders en ontvoerders se name te noem alvorens hulle gepleit het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.