WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 41
R7.00
Friday, October 23, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 22 Oktober
Vrydag 23 Oktober
Saterdag 24 Oktober
Sondag 25 Oktober
17° 28°
14° 29°
17° 24°
12° 32°
COOL TECH COOLTECH Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING
VOERTUIG FINANSIERING
U BENODIG SLEGS: ID, Bewys van adres & inkomste, asook 3 maande bankstate 90 Minute vir goedkeuring! * Vinnig & Maklik * Geen Deposito * Geen Bestuurderslisensie * Keuse van 70 voertuie
Ceres Koekedouw dam
100%
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar
Lesing: 2020/10/21
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
Baba dood, pa gewond Volgens die Wolseley polisie het die skietvoorval net na 19:00 in Pine Valley gebeur. ‘n Baba van 8 maande oud, Anegugu Mini, het gesterf en haar pa, Silulami Kasmeni (32), wat haar vasgehou het, is in sy arm gewond. Wolseley polisielede was nog besig om ‘n besigheidsroofklagte op die hoek van Matroos- en Madibastraat by te woon, toe Kasmeni hulle nader en sê dat ‘n Sotho-man vroeër op hulle geskiet het. Voorlopige inligting dui daarop dat daar ‘n konfrontasie of bakleiery was tussen vier mans en Kasmeni oor iets wat die naweek sou gebeur het. Na die aanval het die ma met die kind na ‘n ander huis in die woonbuurt gehardloop waar die polisie en nooddienste haar met die baba aangetref het. ‘n Ooggetuie het later een van die mans as die skieter uitgewys waarna die polisie ‘n 34-jarige man gearresteer het. Die verdagte sal Vrydag 23 Oktober in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Besigheidsroof Die Wolseley SAPD ondersoek hul soveelste besigheidsroof by ‘n winkel in Pine Valley nadat rowers Dinsdagaand weer op ‘n winkel in dié woonbuurt toegeslaan het. Volgens die polisie het ‘n onbekende verdagte omstreeks 19:25 ‘n skoot in die Albaraka winkel afgevuur waarna die eienaar en ‘n werknemer op die grond neergeval het. Terwyl hulle op die grond gelê het, het iemand na die kasregister gehardloop en R2500 kontant gegryp. Daar is later vasgestel dat daar moontlik drie verdagtes betrokke was by die roof maar niemand is nog inhegtenis geneem nie. Inligting Indien inwoners oor inligting beskik rakende die vlaag besigheidsrooftogte, kan hulle die Wolseley speurders skakel by (023) 2318012 of 079-894-0195.
DIE Wes-Kaap matriekeksamen het Woensdag begin. Net meer as 9000 matriekleerlinge in die Wes-Kaap het hul eerste vraestel geskryf. Graad 12 leerders het hul praktiese eksamen vir rekenaar-toepassingstegnologie (RTT) afgelê. Meer as 850 sal Donderdag hul praktiese eksamen vir inligtingstegnologie aflê. Die WKOD het ‘n beroep op Eskom gedoen om noodmaatreëls in plek te stel om ‘n herhaling van die ontwrigting tydens 2019 se eksamens, te voorkom. WKOD het matrieks sterkte toegewens met vanjaar se eksamens.
JAN Justin du Toit (26).
CEMIELA Ross (31) van Tulbagh.
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91
8
99
3990
2450
BYNA 9 maande nadat ‘n 26jarige motorbestuurder ‘n vrou in Voortrekkerstraat op Ceres doodgery het, het hy nou vir die eerste keer in die landdroshof verskyn. Jan Justin du Toit (26) het op 15 Oktober vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn al het hy homself maande gelede aan die polisie oorgegee. Hy het dieselfde dag ook op ‘n aanklag van dronkbestuur verskyn. Die dronkbestuurklag hou verband met ‘n voorval op 8 Mei 2018. Die saak is na 16 November uitgestel vir ‘n streekhofdatum. Geen borg is vasgestel nie. Du Toit is tans uit op slegs ‘n waarskuwing. Agtergrond Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie vanjaar in die vroeë oggendure oorkant die Shell motorhawe in Voor-
trekkerstraat, Ceres doodgery. Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou by Engen op Ceres gestop het. Sy het oor Voortrekkerstraat na Shell gestap toe sy deur ‘n voertuig getref is. Die tref en trap het omstreeks 01:45 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag. Jan Justin du Toit (26) het homself later aan die polisie oorgegee. Du Toit het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Verdere klagtes soos die gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming en nie stop by ongelukstoneel om besering of skade vas te stel, kan nog bygevoeg word.
☎ (023) 312-2125 Voortrekkerstraat 91, CERES Protex soap assorted 150g
2L B-well cooking oil
13599
www.witzenbergherald.co.za
Saak na 9 maande op hofrol
Matriekeksamen begin
2.5kg Sasko Cake Flour
nuus@witzenbergherald.com
Du Toit (26) in hof
‘n BABA is Dinsdagaand dood nadat ‘n man op haar pa geskiet het.
8kg Bobtail hondekos
☎ (021) 872-4667 of 082-672-2906 of hoofstraatmotorspaarl@gmail.com www.hoofstraatmotorspaarl.co.za
Rainbow 2kg Mixed portions
61
99
Illovo 2kg white sugar
3299
Margerita ............................................... 5999 Hawaiian ................................................ 7999 Salami .................................................... 7999 Regina ................................................... 8999 Queen of Heaven / Regina Celi ........... 8999 Greek / Greca ....................................... 8999 Peppe’s Pizza ....................................... 9999 Four season / Quattro stagioni ........... 9999 Russian & Chips ................................... 9999 Hanisha’s Tuna ...................................... 9999 Three Meats ....................................... 11000 Three Meats & Jalapeno ................... 12000 Bacon, Mushroom, avo .................... 12000 Three cheese and fig ......................... 12000 Nutella Star Delux ................................. 8999
Slegs beskikbaar op Donderdae, Vrydae + Saterdae! Bestel en kom tel net op!
Pryse geldig 22 - 28 Oktober 2020 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.