Witzenberg













‘n MOTORFIETSRYER wat saam met haar man deur die Tankwa Karoo gery het, is verlede Woensdag deur AMS noodhelikopter se personeel gered nadat sy geval het. Nicky Heyburgh was saam met Neil Dallas aan die begin van ‘n 30 dae toer deur die Karoo en Oos-Kaap toe sy omstreeks 12:00 op die R355 grondpad naby Da Doer padstal geval het. Sy het haar arm gebreek. Die noodhelikopter is met hul satellietfoon ontbied aangesien daar geen selfoonopvangs is nie. Na twee ure het die helikopter geland, haar gestabiliseer en na die Vincent Palloti hospitaal vervoer. Die egpaar beplan om in April 2025 weer die toer aan te pak.
FOTO: Facebook/Netwerk24
DRIE verdagtes is deur speurders vasgetrek, skaars ‘n week nadat hulle ‘n Troxler-masjien van R250 000 op Erfenisdag uit een van Roadmac se voertuie gesteel het.
Die masjien word gebruik om teerdigtheid te meet en bevat radioaktiewe materiaal. Nadat die drie verdagtes dit opgekap het, is ‘n klein stukkie daarvan vir R64 aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar verkoop.
Twee verdagtes, Llwellyn Nel (33), ook bekend as Tubby en Justin Charles (33), ook bekend as Jussie Ai, is die naweek van 28-29 September in Fase 6 buite P.A. Hamlet gearresteer. Die polisie het later ‘n derde verdagte, Renaldo van Neel (31), gearresteer nadat hy vroeër weggehardloop het. Nel en Charles het reeds in die Ceres landdroshof verskyn.
Op Maandag 7 Oktober is die saak na 28 November uitgestel nadat beide mans aangedui het dat hulle wil aansoek doen om borgtog. Die Troxler, ‘n masjien wat teerdigtheid meet en radio-aktiewe materiaal bevat, is uit een van Roadmac se voertuie gesteel. Roadmac is die kontrakteur wat die P.A. Hamlet/Op-die-Bergpad herseël en teer. Nadat dit aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar op P.A. Hamlet verkoop is, is die skrootmetaal na ‘n geregistreerde handelaar op Paarl voordat dit by ‘n handelaar in Epping beland het waar die polisie dit Maandag 30 September gekry het. Die vraghouer waarin die radio-aktiewe metaal was, moes later gesluit en verseël word.
DRIE verdagtes is deur speurders vasgetrek nadat hulle ‘n Troxlermasjien van R250 000 op Erfenisdag uit een van Roadmac se voertuie gesteel het. VLNR: Llwellyn Nel, Justin Charles en Re-
EEN van die huurmoordenaars wat gevangenisstraf vir die moord op Taliep Petersen uitgedien het, is op parool vrygelaat.
Waheed Hassen wat in 2006 tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis is en sy vonnis by die Warm Bokkeveld korrektiewe dienste buite Ceres uitgedien het, is nou na 18 jaar op parool vrygelaat.
Die ander huurmoordenaar, Abdoer Emjedi, is reeds in 2020 vrygelaat nadat hy 11 jaar uitgedien het vir moord en roof. Najwa Petersen (63) dien steeds haar 28 jaar gevangenisstraf uit nadat haar parool onlangs teruggetrek is nadat familielede nie in die saak geken is nie.
DIE Pragtig in Pienk geleentheid is verlede week by Huis Weich op Wolseley gehou. Dit was ‘n bewusmakingsdag van borskanker, kanker en geslagsgebaseerde geweld. Die geld wat met die projek ingesamel word sal gebruik word om sop en broodjies by klinieke op Tulbagh en Wolseley uit te deel.
☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ 35 CERES 6835
KOELKAMER MONITERING
/ VERKOELINGS ASSISTENT
Ons benodig die dienste van ‘n energieke dinamiese assistent.
HOOFFUNKSIES :
•Monitering, rekordhouding en foutrapportering van temperature, gaslesings en verkoelingstoerusting
•Algemene take binne amoniak verkoelings diensspan
•Krat getal kontroles, seël van BA kamers en vrugmonsters
•Herstelwerk en instandhoudingsroetine, jaarlikse instandhouding, brekasies en kamer digtheid
•Enige billike ad hoc taak deur bestuur opgelê.
DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:
•Hoë verantwoordelikheidsin en sober gewoontes
•Moet oor leierseienskappe beskik
•Bereidswilligheid om na-ure en naweke te werk
•Tegniese belangstelling en agtergrond
•Rekenaarvaardig
•Geen vrese vir hoogtes, nou plekkies
•Goeie spanwerk
•Geldige rybewys en eie vervoer
•Verwysings van vorige werke ‘n vereiste
•Basiese elektriese agtergrond sal in u guns tel
ONS BIED DIE SUKSESVOLLE
KANDIDA AT:
•Markverwante loon
•Gunstige werksomstandighede
SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 14 Oktober 2024
A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD
A AN: elana@cereskoelkamers.co.za
VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Adele Prins by (023) 315-5003
OUDLEERDERS van Fred Gaum het tydens die naweek se 50-jaar reünie, die Koekedouwdam besoek.
Mensehandelaars gebruik algemene situasies om hul planne suksesvol uit te voer. Individue wat bereid is om onbekende persone of maatskappye in hul vertroue te neem en die risiko te loop om dalk gelukkig te wees met beter werksomstandighede en inkomstes. Mensehandelaars is ervare in die veld en ken die regte strategie en sosiale tegnieke om mense te oortuig om hul vertroue te wen. Hul ware oogmerk is nooit opsigtelik nie en hulle is bereid om geduldig tyd te neem om die regte persone in te trek in hul netwerk. Love Justice International (LJI) het in 2003 ontstaan en het tot op hede meer as 60 000 mense gered uit die netwerk van mensehandel. Hier volg enkele voorbeelde van die aard van hul werk.
MALAWI
LJI het twee tienerdogters onderskep in Blantyre wat op reis was vanaf hul tuisdorp in Phalombe distrik, na agterdogtige werksaanbiedinge in Mosambiek. Cecilia (17) en Elizna (18) is genader deur ‘n sakevrou wat hul goeie werk aangebied het. Hulle moes self na Villa Trading Centre in Mosambiek gaan en haar dan telefonies inlig by hul aankoms. Op hul versoek sou sy hulle dan in kontak bring met ‘n sakevennoot wat hul sou vergesel na die finale werksplek.
Aangesien LJI personeel die onsekerheid en blindelingse vertroue van Elizna en Cecilia gemerk het, het hul tussenbeide getree en self die sakevrou probeer kontak om haar betroubaarheid te bevestig. Hul pogings om self met die sakevrou te gesels was nie moontlik nie, aangesien sy geweier het om die oproep te beantwoord. Dus was dit onmoontlik om die werksaanbiedinge as wettig te verifieer. Gegewe dat hierdie jong volwassenes na ‘n area op reis was wat bekend is vir mensehandel (human trafficking) en hul gewerf is deur iemand wat onbekend is om ook te werk vir ‘n onbekende werkgewer, het die LJI monitors tussen beide getree. Nadat die tienerdogters ingelig is oor die aard en gevare van mensehandel was hul oortuig om die moontlike gevaarlike situasie te vermy en het hul teruggekeer na hul tuisdorp.
NAMIBIË
‘n Jong seun van 17 jaar oud is onderskep terwyl hy deeltydse werk gesoek het by die hawe. Hy het aan LJI personeel verduidelik dat hy steeds skool gaan, maar deeltydse werk soek. Die LJI personeel het hom ingelig oor die gevare van mensehandel en minderjarige werksaanbiedinge. Hulle het aan hom verduidelik dat hy nog te jonk is om wettig in die hawe te werk en dat hy maklik uitgebuit kan word as gevolg van sy jong ouderdom en weerloosheid. Gedurende die berading is hy ingelig oor die vele risikos by so ‘n werksituasie, aangesien hy ook naby internasionale waters sou werk. Sulke omstandighede maak hom ‘n maklike prooi vir goedkoop arbeid of ontvoering aangesien hy onbekend was met die omgewing en aard van die werk. LJI het die evangelie met hom gedeel en aan hom verduidelik dat dit veel beter sou wees om op sy studies te fokus.
ETHIOPIË
17 Dogters is onderskep deur Love Justice International en die hoof handelaar van jongmense is gearresteer. Twee dogters, 17 en 19 jaar oud, is mislei deur vals beloftes van werk in Saudi Arabië. Die agent het hul vervoer vanaf hul dorp na Addis Ababa sonder hul familie se medewete of toestemming. In Addis Ababa het die agent hul oorhandig aan die hoof handelaar wat hul huisvesting gegee het saam met ander slagoffers. Hier het hul gebly vir ‘n aantal weke terwyl hul paspoorte en visas gereel is.
LJI personeel het die twee dogters ontmoet by ‘n bushalte nadat hul in die geheim die huisvesting verlaat het om kos en ander nodige items te soek. Die monitor was baie besorg nadat hy hul storie gehoor het. Hulle was bereid om aan hom die blyplek uit te wys en sodoende kon hy op ‘n afstand die mensehandelaar se basis besigtig. Hierna het hy die twee dogters terug vergesel na die bushalte en kon hy hul voorsien van veilige verblyf en die nodige middele om terug te keer na hul tuisdorp.
Op ‘n latere stadium kon hy en ander LJI personeel met die hulp van veiligheidspersoneel terugkeer na die handelaar se basis. Die veiligheidspersoneel kon bevestig dat hul al voorheen ingelig was rakende hierdie verblyf van weerlose dogters. Op dieselfde dag kon hul paraat terugkeer en sodoende die personeel arresteer en die orige 15 dogters neem na ‘n tuiste waar hul versorging om te herstel ontvang het. ‘n Paar dae later is die hoof handelaar gearresteer. Hierdie persoon het sterk konneksies gehad met vooruitstrewende besigheidsmanne en hoë rang regeringsbeamptes.
Deur
Jacob Rooi
“FANTASTIES. Magies. ‘n Onvergeetlike naweek waarin kosbare herinneringe vir ewig vasgelê is.
Só het oudleerlinge en onderwysers van die destydse Hoërskool Fred Gaum van wie sommige baie kilometers afgelê het, verlede naweek se reünie van 120 oudleerlinge en oudleerkragte opgesom.
Vrydagaand tot vroeg Saterdagoggend is by die ou skoolgebou oorkant Huis Pieter Strauss gekuier, Saterdag is almal berg op na die Koekedouwdam, die Togryers museum is besoek en Saterdagaand was die groot galageleentheid waar die verhaal van die eerste hoërskool vir bruin Ceres-kinders vertel is. Daar is ook lekker geëet, baie gelag en gedans.
Sondag 6 Oktober tydens ‘n kerkdiens, is hulde gebring en kerse aangesteek vir die sowat 140 destydse leerlinge wat intussen gesterf het.
“Wat ‘n onvergeetlike naweek. Die diens van Sondag sal my altyd bybly. My trane het geloop,” het oudleerling, Ivan Krotz gesê. Magdalene Groenewald, eerste hoofmeisie, het in haar toespraak by die galageleentheid vertel van die swaarkry-dae, maar omgeedae waarin onderwysers moeite gedoen het om te verseker hul leerlinge studeer so ver as moontlik.
“Ek sou na st. 8 die skool verlaat, omdat ons soos baie ander finansieël swaar getrek het. Mnre. Piet Minnaar en Steven Pekeur het my ouers kom oorreed om matriek te voltooi. My ouers het ingestem en sodoende kon ek my skoolloopbaan plaaslik voltooi! Ek is ons Hemelse Vader innig dankbaar vir die ‘engele’ en vele andere wat Hy op my skoolloopbaan-pad geplaas het.”
Mnr. Joey Stynder, waarnemende hoof in 1977 voordat dr. Wesley Baartzes in 1978 oorgeneem het, het gesê dit was fantasties om weer daardie bekende gesiggies na 50 jaar te sien! Ai, maar die tyd het net so vinnig verby gesnel!
Mnr. Alec Volkwyn, eerste skoolhoof, het in sy toespraak vertel van die eerste worsteljare vanaf 1972 toe daar eers met ‘n middelbare skool by Morrisdale begin is en die latere onderhandelinge met die destydse direkteur van onderwys, dr. Fred Gaum waarby dr. H.M. Beets, destydse NG Sendingkerkleraar ook betrokke was.
Volkwyn het afgetrede oudleerlinge geloof dat baie van hulle nog in hul gemeenskappe betrokke is.
“Julle leef die skool se motto van “Semper Paratus” (Altyd Gereed) uit. Julle pak uitdagings onverskrokke aan. Dit is toewyding sonder om aan julself te dink. Ek bemoedig julle almal om daarmee voort te gaan.”
John Schuurman, lid van die reëlingskomitee, het gesê die logistieke nagmerrie om bo-op die damwal te kom, was ‘n uitdaging wat die Fred Gaumers met vlieënde vaandels geslaag het. “Daar was net nie sprake van opgee nie en die opgewonde gesigte nadat die stappery bemeester is en vasgevang in kiekies wat vir jare hierna nog in gesprekke herhaal sal word.”
Hy het aan Joey Stynder gesê: “Nou verstaan ons ten volle die stryd en opofferinge van die pioniers soos wyle dr. Beets, Fred Gaum, die kerkraad, uself, mnr. Volkwyn en die personeel om in ‘n toestand van niks ,’n leerfasiliteit te ontwikkel wat uiteindelik gekulmineer het in die huidige geboue van Ceres Sekondêr! Ons loof julle vir ‘n taak welgedaan.”
DIE man wat ‘n P.A. Hamlet inwoner sonder rede met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek het, se saak is weer in die streekhof uitgestel. Die keer vir ‘n voorverhoor.
Nkosana Dyasopu (32), ook bekend as Lucky, het op 3 Oktober in die Ceres streekhof verskyn op ‘n klag van poging tot moord nadat hy op 31 Januarie vanjaar vir Juan Hanekom met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek het.
Die saak is na 28 November uitgestel. Dyasopu bly in aanhouding.
Optrede red lewe
Die optrede van sers. Nico Brand, ‘n afdiens-polisielid van P.A. Hamlet, het waarskynlik sy vriend se lewe op Woensdag 31 Januarie gered.
Omstreeks 18:00 was Dyasopu besig om gesteelde kragkabels se plastiek af te brand toe hy deur Hanekom gekonfronteer is oor
die rook wat by sy werkswinkel intrek. Dyasopu het ‘n dubbellem skaapskêr, wat hy gebruik om die plastiek rondom die kragkabels los te sny, gegryp en Hanekom in die bors gesteek. Brand wat ook op die perseel was, het besef dit is ‘n noodgeval, Hanekom in passasierskant van ‘n Pajero ingedruk en teen hoë spoed met hom na Ceres hospitaal gejaag.
Met hul aankoms by die hospitaal is noodbehandeling toegepas nadat Hanekom byna leeg gebloei en in hipovolumiese skok gegaan het. Na die noodbehandeling moes daar eers vir ‘n ambulans gewag word voordat hy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas kon word.
Die doel van ‘n voorverhoor is om onder meer pleit- en vonnisooreenkomste vas te stel asook om te bepaal of die partye gereed is om met die verhoor voort te gaan en om ‘n verhoordatum te bepaal.
DIE vermeende Matroosberg-brandstigter sal in 2025 in die Ceres streekhof verhoor word.
Ashlin Brandon Paulse (25) staan tereg op klagtes wat verband hou met ‘n brand meer as 17 maande gelede waarin die bekende Matroosberg skihut in puin gelê en drie voertuie vernietig is.
Die saak is na 4 Februarie uitgestel.
Vasgetrek Paulse is op Maandag 3 Julie 2023, deur Wes-Kaap speurders gearresteer.
Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei 2023 by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend gaan stap. Met hulle terugkeer omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.
EMS reddingspanne het verlede Donderdag een van hul reddingsdissiplines geoefen langs die Dwarsrivier. ‘n Driepoot is gebruik om lede in ‘n pyp te laat afsak om ‘n vasgekeerde pasiënt uit te haal wat mediese behandeling benodig. Voor lede afsak in die stormwaterpyp, het hulle met ‘n toestel getoets of daar enige gevaarlike gasse binne die pyp is voordat hulle met spesiale asemhalingstoestelle laat sak is.
NEW Africa Developments, die ontwikkelaar van die beoogde Ceres Mall, wil eers alle onderhandelings, vereistes en gesprekke met rolspelers, die plaaslike munisipale owerheid en moontlike huurders afhandel en finaliseer voordat daar begin 2025 meer inligting oor die beplande projek aan die gemeenskap verskaf sal word. Die beoogde winkelsentrum met nagenoeg 60 winkels, kom op die stuk grond waar jy afdraai na Eselfontein. * Die ander kleiner ontwikkeling (foto onder) op die jukskeigrond agter die Ceres rolbalklub - nagenoeg 13 winkels - se hersoneringsaansoek moet nog voor ‘n munisipale komitee dien en goedgekeur word. Die sperdatum vir besware is Vrydag 11 Oktober.
‘n BEJAARDE vrou wat verdink word van moord, se verhoor begin Novembermaand.
Elizabeth Sagarias (63) van Bella Vista moet weer op 21 November in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord op Denrico Jensel (25) in 2023.
Haar verskyning spruit uit ‘n voorval op Saterdag 18 Maart in Vygiesingel nadat die polisie die liggaam van Jensel (foto regs) in die straat gevind het. Hy het ‘n oop wond in sy bors gehad en is op die toneel dood verklaar. Sagarias is op R500 borg vrygelaat.
Francois Snyman
OM met staatsinstellings te kommunikeer is oor die algemeen ‘n saak van genade en baie geduld. Departemente soos Korrektiewe dienste antwoord glad nie enige navrae nie met die departement van Justisie kort op hul hakke.
Landdroskantore in die Wes-Kaap is al ‘n geruime tyd onbereikbaar of moeilik bereikbaar op landlyne. Stuur jy e-posse bly dit onbeantwoord.
Ek moes die afgelope tyd met howe in George, op Malmesbury en op Worcester skakel. Geen sukses. Jy word net gehelp indien jy iemand se selfoonnommer het.
Van hul amptenare se e-pos werk al vir maande nie. Daar is ook ‘n probleem met die diensverskaffer wat howe se telefoonstelsels bestuur.
Dit is al op provinsiale en nasionale vlak aangemeld. Dit word net nie reggestel nie. Behalwe dat dit frustrerend is vir inwoners is dit ook ‘n groot probleem vir hofpersoneel.
Verder word die gesloer met hofsake se afhandeling ook ‘n groot dilemma. Op Ceres is daar twee moordsake wat reeds van 2018 sloer met geen vooruitsig dat dit gou afgehandel sal word nie. Sake word net uitgestel.
Gauteng se hofsake word nou al tot 2029 uitgestel oor hofrolle wat te vol is of daar nie genoeg landroste en aanklaers is wat die sake vinniger kan afhandel nie.
Miskien kan die onderskeie ministers ‘n slag hierna kyk en ingryp om die probleme aan te spreek.
ERIN Nel van Laerskool Waveren het tydens die onlangse Tulbagh Landbouskou, ‘n derde plek in ‘n kunskompetisie behaal. Die tema van die kunskompetisie was: ‘n Dag op die plaas. Hier is Erin saam met Heleen Maass (onderwyser) afgeneem. Foto: Peter Luitjies
DIE jaarlikse interskolestryd tussen Bella Vista Hoërskool en Ceres Sekondêr het verlede naweek plaasgevind. Die dag was ‘n groot sukses en sport en sportmangees het gewen. Die skole bedank al hul borge, toeskouers en personeel wat die dag ondersteun het en moontlik gemaak het. Bella Vista het die skaak gewen asook die o/19 netbal (23-12). Ceres Sekondêr het die o/ 19 rugby met 20-10 gewen.
Bid reference: 08/2/22/24
Bid description: SALE OF ERF 3280 TULBAGH FOR PURPOSE OF A PLACE OF WORSHIP
Closing date: 14 November 2024 at 10:00
Bids will be evaluated according to the 80/20 preference point system as per Disposal or Leasing of State Assets and Income-Generating Procurement. This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2022 that was promulgated by the Minister of Finance on 4 November 2022 in Government Gazette No. 47452. No bids will be considered from persons in the service of the state. Tenders satisfying the qualifying criteria will be evaluated in terms of price and preference.
Bid documents can be obtained at a cost of R250 per set. Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the municipality. A valid B-BBEE status level verification certificate must be submitted in order to claim preference points for B-BBEE. Points will be awarded to tenderers for their B-BBEE status and locality.
Bid Documents can be obtained during office hours from Mondays to Fridays from Witzenberg Municipality. The amount is payable at the Municipal Head Office, 50 Voortrekker Street, Ceres or via EFT. Please contact the Supply Chain Management Unit on (023) 312-1761/5 if you prefer to pay via EFT. Proof of payment must be submitted to the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres before the bid document will be released.
BANKING DETAILS ARE AS FOLLOW:
Bank First National Bank
Name Witzenberg Municipality
Branch Code 200107
Account Number627 482 159 79
Reference NumberBid Number
Note: Originally completed bid documents must be submitted in the bid box, Witzenberg Municipality, 50 Voortrekker Street, Ceres. No electronic bid submissions will be accepted.
Enquiries: Ms. Meagan Lukas, Financial Directorate, Supply Chain Unit
Tel: (023) 312-1761/5 or at e-mail: supplychain@witzenberg.gov.za
D. NASSON
MUNICIPAL MANAGER
MAUDIEMark is al 9 jaar in bedryf. MaudieMark, ‘n fondsinsamelingsprojek van Huis Maudie Kriel, het oor die jare gegroei. Tans word MaudieMark uit ‘n ou woonhuis aan die oorkant van HMK bedryf en help ‘n groep vrywilligers daagliks in die winkel. Alle fondse van MaudieMark word aan die tehuis oorbetaal om te help met die bestuur van die aftreeoord. Inwoners word gevra om enigiets wat hulle nie meer gebruik nie, maar ook nog in bruikbare toestand is, aan MaudieMark te skenk om te verkoop. Van koppies tot borde en bekers, boeke, glase en linne en wol. Enigiets! Daar is ook ‘n groot verskeidenheid wol en boeke besikbaar by MaudieMark. Kom maak ‘n draai en drink ‘n koppie tee of koffie in MaudieMark se nuwe koffiekamer.
Lindeshof Koue Bokkeveld
Die dienste van ‘n bekwame persoon word benodig as Sweiser en Werktuigkundige Assistent in ons werkswinkel by Lindeshof, een van Dutoit Agri se landgoedere, geleë in die Koue Bokkeveld. Die posbekleër sal aan die Instandhouding Bestuurder rapporteer en onder andere verantwoordelik wees vir:
•Alle toepaslike staal- en sweiswerk asook instandhouding;
•Toepaslike werktuigkundige take.
Die ideale kandidaat is ‘n gedissiplineerde, energieke persoon wat in span-verband kan werk.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:
•Goeie kennis en ondervinding van sweis- en verwante staalwerk;
•In staat wees om onder druk te funksioneer en in staat wees om produktiewe tydsbestuur toe te pas.
•Goeie toepaslike ondervinding van trekkers en plaasimplimente sal die aansoek versterk.
‘n Markverwante salaris wat gratis behuising insluit sal deel vorm van die totale vergoedingspakket.
Stuur ‘n volledige CV teen nie later as 30 Oktober 2024 na marinush@dutoit.com of handig in by Lindeshof Kantoor. Diensaanvaarding is ideaalgesproke nie later as 1 Desember 2024 of so gou doenlik.
DIE man (42) wat vier jaar gelede ‘n Bella Vista inwoner in sy bakkie doodgeskiet het, se verhoor gaan Novembermaand in die Worcester streekhof voortgesit word.
Justin Mullins van Ceres, wat tereg staan in die Worcester streekhof op aanklagte van moord (2020), poging tot moord (2019) en die oortreding van ‘n beskermingsbevel, se verhoor sal op 6 November voortgesit word. Mullins bly in aanhouding.
Hofsaak
Mullins word van die moord op Manschoer Constance (34) van Bella Vista aangekla. Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg gebeur.
Mullins het later gevlug en na meer as ‘n week op die vlug, het hy homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee.
Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het.
Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het beslag gelê op die moordwapen.
‘n VROU en haar kind (12) het Maandag in die vroeë oggendure ‘n noue ontkoming beleef toe sy beheer oor haar Hyundai i35 verloor, ‘n grondwal getref en gerol het. Die ongeluk het omstreeks 04:00 tussen Wolseley en Tulbagh plaasgevind. Beide is na die Paarl Mediclinic geneem vir behandeling. Hulle was onderweg van Nduli na Kaapstad.
DIE polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geloods nadat die liggaam van ‘n pasgebore baba buite Ceres gevind is. Die polisie is Maandag 30 September omstreeks 17:45 ontbied nadat ‘n man wat blikkies optel, op die liggaam van ‘n meisie afgekom het waar dit in ‘n watersloot langs die voetpaadjie by Crispy Coolers na Vredebes, gelê het. Die baba is vermoedelik doodgebore. Die gemeenskap word gevra om te help met inligting. Hulle kan s/ sers. Hamman skakel by (023) 316-8500 of 072-5822-809
MIRACLE het Saterdag 5 Oktober, vrouwees saam met 150 vroue op Tulbagh gevier. Die vroue het bymekaar gekom, hulself geniet en hul stories gedeel. Vroue se welstand en bemagtiging is ‘n prioriteit vir Miracle Products. Die dag was nog meer spesiaal met die bekende akteur, Dann-Jacques Mouton van reekse soos Skollie, Binnelanders en Skemergrond wat saam sy vrou, Tamsin, hul stories met die vroue kom deel het. Suzanne Booysen (gasvrou) en Elizna Mouton (Miracle Products) was ook deel van die byeenkoms.
bied aan
Word bedien met heerlike varsgebakte brood!
7 November 2024
Tyd: 18:30 @ R200 per persoon
Kaartjies beskikbaar by Huis Maudie Kriel kantoor. Vir bestellings skakel ons by (023) 312-1950.
“NA deeglike navorsing in die Witzenberg gemeenskap, het ek gesien dat baie van ons kleuters tussen twee en vyf jaar nie ‘n kleuterskool bywoon nie. Die grootste rede hiervoor is dat baie ouers nie die skoolgeld kan betaal nie. Ek beplan ‘n gemeenskap ECD-sentrum vir kinders wat nie kleuterskole kan bywoon nie”. Ouers wat belangstel kan vir Isak Hendriks (mentor@Home Learning YearBeyond) skakel 0790817-053
BADISA Koue Bokkeveld is dringend opsoek na Mathanzima Magadla van Nduli. Dit is in verband met die versorging van sy kinders wat in die Koue Bokkeveld woonagtig is. Indien iemand meer inligting het of weet waar mnr. Magadla hom bevind, kan hulle die maatskaplike werker, Caroline Seconds, skakel by (023) 317-0427
CERES gholfklub se algemene jaarvergadering vind op Woensdag 23 Oktober om 19:00 plaas in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.
WAT kan jy met jou oortollige goedere maak? Bring al jou opgaargoed na die ACVV (Phillipstraat, Ceres) se Wit Olifant uitstalling. Dit moet net vir iemand anders van nut kan wees. Skakel die ACVV by (023) 3161505
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n epos na togryersmuseum@gmail.com
DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappy-kompetisie oor 10 km. Navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 078-8825-299
CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober. Stuur ‘n e-pos na danell @dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek.
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Mans leerstewels
Grootte: UK 10-11
R750.00 Skakel 082-468-2649
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
(023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
R10 af op die prys van elke item in die winkel
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Whatsapp of skakel
082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
Die groepfoto is geneem by Kaleo Gasteplaas. Daar is heerlik verder gekuier en gesmul aan ‘n feesmaal voorgesit deur Theron en Aletta Hanekom van Oppi Berg Spyseniers. Voor: Diniza (Myburgh) de Waal; Madelaine (Herbst) Davidowitz; Christa (Freysen) v. Schalkwyk; Neil Loftus; Hugo Redelinghuys; Herman van der Westhuizen; Louise (Conradie) Mouton; Rosalind (Gibson) Odendaal; Elsa (Leeuwner) Coetzee; Liezel (van der Merwe) du Toit Middel: Estelle (Sieberhagen) Groenewald; Helena du Plessis; Carol (Vermaak) Beckett; Emsie (Smith) Dunn; Anneline (Giuliano) Floyd; Elsona (Wilson) Roux; Cornelie (Schoeman) Prins; Mariëtte (du Plessis) du Toit; Günther le Roux
Agter: Fanus Brink; Pieter Zulch; Herman Swart; Nollie Lambrechts; Bernhardt du Toit; Michelle (Koch) Visser; Frans Immelman; Riaan Malherbe; Erick Louw
Links: Erick Louw by ‘n foto van sy pa, Mnr. A.H.P. Louw (“Hamerkop”). Mnr Louw (sr) het die skoollied vir Laerskool Gericke geskryf.
Onder: Riaan (Poon) Malherbe by sy kleindogter, Ilene Malherbe. Ilene is een van die prefekte by Laerskool Gericke.
VAN Namibië, Gauteng, KZN en oraloor het hulle gekom na Kaleo gasteplaas om reünie te hou - 50 jaar nadat hulle saam in matriek was.
Hoërskool Charlie Hofmeyr, Laerskool Gericke en Laerskool F.D. Conradie is besoek. Dit was ‘n positiewe ervaring om te sien dat dit goed gaan met dié skole. Hartlike dank aan almal wat betrokke is by die skole en ook aan Ceres en Hamlet gemeenskap wat die skole ondersteun. Tydens die reünie is daar met liefde gedink aan tien klasmaats wat reeds oorlede is. Na die samesyn is almal terug huis toe met dankbare harte.
Terugvoering
•SIELSKOS!
•Definitief ‘n hoogtepunt in my lewe wat ek nooit ooit sal vergeet nie.
•Hierdie groep is soos ‘n hekelkombers. Ons is blokkie vir blokkie aanmekaar geweef.
Ek herkou vandag soos ‘n bees aan die naweek.
Die naweek was ‘n helse sukses.
Baie dankie.
•Ek wil ons gades high 5 wat net ingeskakel het en soms ons opgewondenheid moes verdra al het hulle nie altyd geweet waarvan ons praat nie.
Dit was ‘n goeie terugkyk! Daar was terapie te vind in die samesyn, om aan te hou loop om ons legacy te vervul terwyl ons in die Ewigheid in kyk. So: The Lord bless you and keep you, the Lord make His face to shine upon you and be gracious to you, the Lord lift up his countenance upon you and give you peace.
Elsona (Wilson) Roux, Neil Loftus, Hugo Redelinghuys, Herman van der Westhuizen en Fanus Brink geniet dit om weer in Charlies se skoolbanke te sit.
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
DIE wedvlug vanaf Britstown moes die naweek van 28-29 September, verkort word weens slegte weer. Wedvlugduiwe is op Victoria-Wes gelos. Duiwe het ‘n moeilike vlug ervaar en slegs enkele duiwe kon teen die aand, hul hokke bereik. CT Nige van CPS duiweklub het die Ceresvallei Federasie jaaroud wedvlug gewen terwyl Cyril en Ann Davids van CHPS duiweklub, het die ope wedvlug gewen het.
CHPS
Jaaroud - Victoria-Wes
1. Mauritius Lofts -850.291mpm
2. Bryan Isaacs - 816.299mpm
3. Hendriks familie - 786.309mpm
4. Bryan Isaacs - 742.329mpm
Ope
1. Cyril en Ann Davids - 1057.520mpm
2. Team Koopman ARL - 1025.725mpm
3. Cyril en Ann Davids - 978.792mpm
4. Mauritius Lofts -909.175mpm
5. Cyril en Ann Davids - 859.535mpm
Ceres Pigeon Society (CPS)
Jaaroud
1. CT Nige - 1041.567mpm
2. Camerin Mars - 850.668mpm
3. Meyer en Van Wyk - 760.963mpm
4. Meyer en Van Wyk - 760.781mpm
5. Le Bretton Lofts - 758.487mpm
Ope
1. Le Bretton Lofts - 988.882mpm
2. Van Rooy Loft - 927.588mpm
3. Le Bretton Lofts - 830.183mpm
4. S.R. Williams - 825.064mpm
5. JRK Lofts - 823.672mpm
BHPS
Jaaroud
1. Emile Arries - 942.994mpm
2. Emile Arries - 805.875mpm
Die laaste langpad wedvlug vanaf Bloemfontein moes die naweek van 5 en 6 Oktober weens erge hitte na Strydenburg verskuif word. Die duiwe het swaar gekry in warm weerstoestande. Die Ceres Federasie ope wedvlug is gewen deur JRK Lofts van CPS duiweklub en NJ Kitshoff junior van Hamlet duiweklub het die ope 2 wedvlug gewen. Saterdag 12 Oktober word die laaste middagpad wedvlug vanaf Britstown gevlieg.
Na die wedvlug sal duiweklubs se algehele kampioen in die verskillende afstande asook die drie beste posisies vir die jaar aangewys word.
CHPS
Strydenburg ope 1
1. David Baron - 1246.547mpm
2. Cyril en Ann Davids - 1231.071mpm
3. Mauritius Lofts -996.681mpm
4. Hendriks familie - 991.367mpm
5. Hendriks familie - 989.796mpm
Strydenburg ope 2
1. Cyril en Ann Davids - 1121.226mpm
2. Cyril en Ann Davids - 976.217mpm
3. Team Koopman ARL - 966.896mpm
4. Team Koopman ARL - 938.688mpm
5. Cyril en Ann Davids - 895.902mpm
Ceres Pigeon Society (CPS)
Strydenburg ope 1
1. JRK Lofts - 1338.933mpm
2. Meyer en Van Wyk - 1293.856mpm
3. Camerin Mars - 1214.708mpm
4. Marius Koopman - 1077.875mpm
5. Meyer en Van Wyk - 1043.943mpm
Strydenburg ope 2
1. CT Nige - 1290.602mpm
2. JRK Lofts - 1245.604 m pm
3. Marquis Koopman - 1231.926mpm
4. Johannes Erasmus - 1193.397mpm
5. Meyer en Van Wyk - 1048.732mpm
BHPS
Strydenburg ope 1
1. Roberto van Wyk - 1305.171mpm
2. Nicky Smith - 1195.242mpm
3. Emile Arries - 1069.744mpm
4. Emile Arries - 999.005mpm
5. Emile Arries - 984.633mpm Strydenburg ope 2
1. Roberto van Wyk - 1216.344mpm
2. Nicky Smith - 1173.648mpm
3. Emile Arries - 1169.422mpm
4. Emile Arries - 1142.434mpm
OCTOBER marks Plasma Awareness Month celebrating the crucial role plasma plays in providing life-saving transfusions for patients in need. For many patients, plasma is a lifeline - essential for survival.
Plasma donations are often necessary for people with chronic conditions requiring regular transfusions which include, trauma, bone marrow failure, cardiac surgery, sickle cell disease and many more. Without these donations, their chances of survival are slim.
The Western Cape Blood Service (WCBS) highlights the importance of blood or plasma donations with their Give someone a lifeline, campaign where a single act of donation can make a difference. About the Donation Process
Donors begin with a confidential questionnaire and verify their details.
A finger prick test checks their haemoglobin levels, ensuring they meet the required 12.5 g/dl for women and 13.5 g/dl for men for whole blood (plasma donation requires a haemoglobin level of between 12 g/dl and 16 g/ dl). A professional nurse conducts a medical screening, checking blood pressure and pulse. Donors then proceed to donate a unit of life-saving blood, followed by delicious juice and biscuits to replenish lost fluids.
Where can you donate plasma?
Plasma donation is available on appointment at the following fixed donation centre from 09:00 - 17:00 during the week at Blue Route Mall, Kenilworth Shopping Centre, N1 City Shopping Centre and Cape Gate Shopping Centre.
For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060-549-7244
CERES speurders vra dat die eienaar van dié sweismasjien om met hulle inverbinding te tree. Die sweismasjien is vermoedelik gesteel. Vir navrae skakel s/a.o Vian van Wyk by (023) 316-8500.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
THERE is a new kid on the block! Die eerste Padel-houe is op Dinsdag 1 Oktober by die nuwe Padel-bane op Ceres geslaan. Padel is tans die vinnigste groeiende sport in die wêreld en enigeen kan daaraan deelneem. Gereelde spesiale aanbiedinge sal van tyd tot tyd aan belangstellendes deurgegee word. Pryse wissel van R250-R400 per uur per baan wat deur 2-4 spelers gebruik word. Jy laai net die app af of registreer op Playtomic webtuiste en bespreek. As jy nie ‘n raket of balle het nie, kan jy dit by Ceres Padel huur. Ceres Padel is Maandag tot Saterdag oop vanaf 06:00 - 21:00 en Sondag van 07:00 - 20:00. Hier is die eienaars van Ceres Padel, Victor Hendikz (links) saam met Johan Roux, afgeneem.
NA ‘n ernstige kniebesering haar trailrunning op ys geplaas het, het Chloë Bishop, ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr, ‘n nuwe sport gevindfietsry. Meer as 6 maande na haar knie-operasies het Chloë die naweek van 4-6 Oktober aan die Ceder245 gravel (gruis) byeenkoms deelgeneem. Dit was Chloë se tweede fietsry byeenkoms waaraan sy deelneem sedert haar besering. Sy het die naweek die 245 km wedren in 10 uur en 04 minute gewen en die ou rekord met 28 minute verbeter. Sy was ook 14de algeheel oor die eindstreep. Dit was die naweek meer as 40 grade in Citrusdal en deelnemers wat binne die afsnytyd verby die halfpad merk was, kon voortgaan met die wedren. Die ander deelnemers moes weens die erge hitte stop. Dit was die vierde jaar wat dié byeenkoms, fietsry en trailrunning, aangebied word.
CERES gholfklub het Saterdag ‘n beterbal houespel kompetisie aangebied.
Charles Basson en Hendry Titus was die wenners met 62 houe. Arno du Plessis en Daniël Goosen was in die tweede plek en Saxtus Janse van Rensburg en Heinrich Tipps was in die derde plek, beide spanne met 62 houe.
Sosiale gholf
Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies.
Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
Oktobermaand se klubkompetisies: Op 12 Oktober word ‘n beterbal stableford kompetisie, op 19 Oktober borg Dutoit Groep hul jaarlikse gholfdag (individuele stableford) en op 26 Oktober bied die klub ‘n enkel syfer plus kompetisie aan.
Jaarvergadering
Gholflede word herinner dat Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering op Woensdag 23 Oktober om 19:00 plaasvind in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede kan op WA laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.
DIE tiende Munga bergfietsren oor meer as 1130 kilometer vanaf Bloemfontein tot op Wellington, vind vanjaar van 27 November tot 2 Desember plaas. In hierdie moordende uithouwedren het fietsryers 120 uur om die afstand te voltooi. Pierre de Jager, wat in 2020 aan sy laaste individuele wedren deelgeneem en dit in ‘n skitterende 15de plek in 79:07:00 voltooi het, gaan vanjaar weer die volle wedren ry. Hy wil geld insamel vir oudsoldate van 61 Meg wat finansieël swaarkry. Dit is ook ‘n bewusmakings-rit vir PTSD (post traumatic stress disorder). * Donasies kan aan 61 Mech Veterans Association gerig word, Standard Bank rekening 00-329-3661, verwysing: Munga/Pierre/jou naam.