Witzenberg Herald Vol.23 no. 39 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 39

R7.00

Friday, October 9, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 Oktober

Vrydag 9 Oktober

Saterdag 10 Oktober

Sondag 11 Oktober

11° 16°

11° 18°

10° 21°

13° 19° Ceres Koekedouw dam

100%

☎ (023) 316-2463 Lesing: 2020/10/07

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

Skieter gee homself oor aan polisie DIE man wat op Erfenisdag na bewering ‘n Bella Vista inwoner doodgeskiet het, het homself verlede Vrydag aan die polisie oorgegee. Sedert die moord op Donderdag 24 September, was Ceres polisielede warm op die spoor van Justin Mullins (38). Na hy meer as ‘n week op die vlug was, het hy homself Vrydag 2 Oktober in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee. Hy was die naweek in aanhouding en het Maandag 5 Oktober vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel na 25 November vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding. Moord Manschoer Constance (34) is die betrokke Donderdagaand omstreeks 21:50, meer as twee keer raak geskiet in sy Toyota enkelkajuit bakkie. Die voorval het in Impalaweg gebeur. Justin Mullins is na die skietery deur die polisie en ooggetuies geidentifiseer. Hy het kort na die skietery op die vlug geslaan het. Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer, Manschoer Constance, gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het later die moordwapen gevind. Ander saak Die polisie se ondersoek na ‘n poging tot moordsaak teen Mullins is afgehandel. Die saak word tans in die Ceres streekhof aangehoor. Mullins was voor die Constancemoord uit op R3 000 borgtog en moet weer op 16 Oktober in die hof verskyn.

For T&C’s visit www.steers.co.za

www.witzenbergherald.co.za

Drie gered na hul voertuig by krans afrol

‘n AMS-helikopter is Saterdag omstreeks 16:20 na die toneel in Bainskloof ontbied om die noodpersoneel na die wrak te laat afsak en die beseerde bestuurder na Tygeberg hospitaal te neem. Die wrak van die VW Polo (foto links). FOTOS: AMS/Kevin Tromp/Facebook en Drakenstein Farm Watch/Facebook

DRIE Wolseley inwoners is lig beseer nadat hulle die naweek in Bainskloof teen ‘n krans afgestort het. Die ongeluk het Saterdag 4 Oktober omstreeks 14:15 naby die Preekstoel plaasgevind toe die bestuurder van ‘n wit VW Polo, Antonio Letlabika (21), beheer oor die voertuig verloor en dit deur die klip kantversperrings langs die pad gebars het. Die voertuig het ‘n paar keer teen ‘n krans afgerol voordat dit nagenoeg 60-80 meter verder op sy wiele op rotse in ‘n rivierbedding tot stilstand gekom het. Twee insittendes, Bayron Sigila en Tashwill Munnik, het uitgeval voordat die Polo tot stilstand gekom het. Hulle het later teen die krans opgeklim om hulp te ontbied. Die Wes-Kaap nooddienste, provinsiale verkeersdienste, die Wellington en Worcester SAPD asook Wildernis-soek-en-redding en die Drakenstein Farm Watch was op die toneel. Lede van die publiek het ook gehelp om die verkeer te beheer voordat die verkeersdienste op die toneel gekom het. Sigila en Munnik is later deur nooddienste op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal in die Paarl geneem is. Letlabika was nog in die motor vasgekeer. Digte plantegroei het nooddienstepersoneel se toegang tot die beseerde Letlabika bemoeilik. ‘n AMS-helikopter is omstreeks 16:20 na die toneel ontbied om die noodpersoneel na die wrak te laat afsak. Die bestuurder is uit die wrak gehaal en gestabiliseer voordat hy kort na 17:00 tot bo by die pad gebring is. Die helikopter het daarna die noodpersoneel gaan haal voordat hulle kort voor 18:00 met die beseerde opgestyg en na die Tygerberg hospitaal gevlieg het. Die bestuurder is ernstig beseer en het ondermeer sy kakebeen gebreek. Die drie insittendes was onderweg na Kaapstad. Ander ongeluk Twee inwoners van Ceres is twee weke gelede buite Worcester dood nadat hul motor ‘n paar keer gerol het. Francois Gerber (34) en sy ma, Lynette Swart (56) is Donderdag 24 September omstreeks 21:30 dood nadat hulle Mercedes die pad naby Rainbow Farms verlaat en gerol het. Gerber het vurkhysers op Ceres herstel en mev. Swart het die afgelope jaar by Vilko Ceres gewerk. Sy was voorheen werksaam by Hygrotech Saad op Ceres.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

OPEN GATE VIA MISSED CALL

from

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience

R2 999 p/m* * T’s & C’s apply

CERES TOYOTA Voortrekkerstr. 112, CERES

Skakel Steyn, Arno, Giepie of Andre ☎ (023) 312-1057

SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.