WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 45
R7.50
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 November
Vrydag 19 November
6° 24°
7° 26°
Saterdag 20 November
Sondag 21 November
7° 29°
10° 30°
Friday, November 19, 2021
Please
use only what you need
Ceres Koekedouw dam
100%
Stage 2 until Saturday
Since 1997
Turn off the lights when you leave a room.
Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn
Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.
Lesing: 2021/11/17
Telephone: (023) 316-2021
CERES (023) 312-2144
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie
MOTIVERINGS
Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325
www.witzenbergherald.co.za
Vergadering uitgestel
Gesprekke tussen partye duur voort
BABINO speelskool en die pre-graad R klas van Laerskool Koue Bokkeveld, het verlede Woensdag 10 November, hulle jaarlikse pretdag en Color run met ‘n hindernisbaan aangebied. Trappies, F.D. Conradie en Ligstraaltjies het ook die pretdag bygewoon. Hier is die pre-graad R klas saam met juffrou Hanle afgeneem.
Twee inwoners met Mandrax pille gevang DIE Wolseley SAPD het einde September twee mans vasgetrek weens die besit van dwelms. Volgens die polisie het die voorval op 23 September omstreeks 20:00 plaasgevind toe polisielede twee mans opmerk waar hulle ‘n bekende dwelmhuis besoek. Die twee mans, onderskeidelik 37 en 41 jaar oud, het in ‘n silwerkleurige Toyota geklim en weggery.
Hulle is ‘n rukkie later afgetrek waarna die voertuig in Madanistraat in Pinevalley, deursoek is. Die polisie het beslag gelê op 15 halwe mandrax pille en een mandrax pil. Beide mans is gearresteer en is skriftelike deur SAPD gewaarsku. Die dwelms is gekonfiskeer en na die forensiese-afdeling gestuur vir toetse. Sodra die uitslag bevestig is, sal die mans in die Wolseley landdroshof moet verskyn.
MEER as twee weke na die 2021 munisipale verkiesing en met slegs paar dae oor tot die Dinsdag 23 November-sperdatum, is gesprekke oor moontlike koalisies nog aan die gang. Dinsdag 16 November se spesiale raadsvergadering op Ceres waar raadslede ingehuldig moes word, is na ‘n meerderheidsbesluit uitgestel tot Maandag 22 November. Die uitstel gee politieke partye in die Witzenbergstreek nog ‘n paar dae kans om werkbare samewerkingsooreenkomste te sluit met die oog op beleidskwessies wat belangriker is as poste. Agtergrond Geen politieke party het op 1 November die Witzenberg munisipaliteit met ‘n volslae meerderheid gewen nie. Soos die afgelope 15 jaar die geval was (vier verkiesings sedert 2006), sal die DA of die ANC nou koalisies met kleiner partye moet aangaan om die Witzenberg munisipaliteit te beheer. As niemand tot ‘n ooreenkoms kan kom nie, bestaan daar ‘n moontlikheid dat die uitslag van die verkiesing ter syde gestel word en dat ‘n nuwe verkiesing in die munisipalegebied uitgeroep kan word. Daar is 66 munisipaliteite in die land waar koalisies gevorm moet word. Wetgewing Kragtens wet moet munisipaliteite binne 14 dae nadat die verkiesingsuitslae bekend gemaak en die name van die kandidate in die Staatskoerant gepubliseer is, hul rade saamstel. Die sperdatum is nou Dinsdag 23 Novem-
ber nadat die OVK sy lys van verkose raadslede op 9 November in die Staatskoerant gepubliseer het. Amptelike uitslae Die DA het 8 van die 12 wyke gewen (14 650 stemme - 36.64%) en die ANC het 4 wyke gewen en 3 PR-setels verower (12 181 stemme - 30.46%). In die Witzenberg munisipalegebied was 47 098 inwoners vir die 2021 verkiesing geregistreer waarvan 37 085 gaan stem het. Die twee grootste partye (ANC en die DA) het 26 831 van die stemme gekry of 72.35%. Good het goed vertoon en 2 setels (2506 stemme - 6.25%) verower. Ses partye het elkeen 1 setel proporsioneel verwerf. Die ses partye is: Patriotic Alliance (PA) met 2174 stemme, Witzenberg Aksie met 1495 stemme, Icosa met 1180 stemme, EFF met 1156 stemme, VF Plus met 972 stemme en die Witzenberg Party met 777 stemme.
Reaksie Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging (SALGA) het Dinsdag gesê dit is hoog tyd dat koalisieregerings in Suid-Afrika behoorlik gereguleer moet word. Veral nou terwyl politieke partye skarrel om koalisies in 66 munisipaliteite te vorm. SALGA is van mening dat koalisieregerings gereguleer moet word - of dit nou die vorming of volhoubaarheid daarvan is.