Witzenberg Herald Vol.23 no. 45 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 45

R7.00

Friday, November 20, 2020

CERES ☎ (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 19 November

Vrydag 20 November

12° 24°

11° 29°

Saterdag 21 November

Sondag 22 November

16° 28°

15° 23°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

100%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner)

Lesing: 2020/11/18

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

☎ (023) 004-1338 or Cell: 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za www.witzenbergherald.co.za

Dwelmsaak

Verdagte (25) vra borg Lamppaal ruk enjin en ratkas uit voertuig DIE swart VW Polo Vivo het Sondag 15 November teen hoë spoed teen ‘n lamppaal in Voortrekkerstraat op Wolseley vasgejaag. Die ongeluk het omstreeks 14:00 plaasgevind, reg langs die NG Kerk. Die slag was so erg dat die hele enjin saam met die stuurarms wat aan die wiele vas was en die ratkas, uit die bakwerk geruk is. Dit het in ‘n leiwatersloot langs die straat te lande gekom. Die bestuurder is lig beseer en op die toneel in die ambulans behandel. Hy was vermoedelik van Tulbagh na Wolseley onderweg waarna hy beheer verloor en teen die lamppaal gebots het. Teen Woensdag was die botsing nog nie by die polisie aangemeld nie en dit is onduidelik of die bestuurder se bloed na die ongeluk getrek is. (Die nooddienstepersoneel op die toneel, die twee buurtwaglede asook omstanders word gevra om dringend verklarings by kapt. Farao by Wolseley SAPD te gaan aflê sodat daar vasgestel kan word waarom polisielede nie op toneel gebly het nie.) * ‘n Voetganger is Vrydagaand naby Brenn-O-Kem dood nadat hy deur ‘n voertuig getref is. Die man was vermoedelik onder die invloed van drank en het saam met sy vriend langs die pad gestap. ** Die afgelope week is daar 25 mense in die provinsie dood op die paaie. Dit sluit 4 motorbestuurders, een motorfietsryer, drie passasiers, 13 voetgangers en vier fietsryers in.

DIE Wolseley landdroshof het verlede week die borgtogaansoek van ‘n Nigeriese vrou wat met ‘n groot hoeveelheid dwelms betrap is, uitgestel. Swaider Falatsa (25) het op 9 November in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms. Die borgaansoek is Vrydag 13 November gedeeltelik aangehoor waarna dit tot 24 November uitgestel is. Dit is nie bekend waar die Nigeriese huishuurder hom nou bevind nie. Agtergrond Lede van die Wes-Kaap polisie misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November met die nodige lasbriewe by dié huis in Whitestraat opgedaag. Die Nigeriese huishuurder was nie tuis nie en het die polisie ontglip. ‘n Vrou, vermoedelik sy meisie, Swaider Falatsa (25), was tuis en het die polisie in die huis toegelaat. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelê op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms was versteek in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê.

FOTOS: Phillip de Lange

WE OFFER OFFER: · Consulting Services · Maintenance · Access Control Remotely access your CCTV system and view live images · Audio and Visual on your mobile, tablet and computer. · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing · Integrated Security Systems subject to internet. Product images may vary.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS

SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

Vosstraat 44, CERES 083-461-0928

1L Brandstof = 15c Cash back op jou “Count on” kaart


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.