Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.24 no.44 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Friday, November 12, 2021

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 11 November

Vrydag 12 November

10° 29°

11° 29°

Saterdag 13 November

Please

Sondag 15 November

9° 31°

use only

14° 32°

Ceres Koekedouw dam

what you need

100%

Since 1997

Turn off the lights when you leave a room.

For T&C’s visit www.steers.co.za

R7.50

(023) 316-2463

Volume 24 no. 44

Lesing: 2021/11/10

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Man (45) dood na bakleiery ‘n MAN van Ceres is dood nadat daar ‘n bakleiery by ‘n partytjie uitgebreek het. Volgens die polisie is Aubrey Fortuin (45) dood nadat hy met ‘n mes in sy sy gesteek is. Die voorval het Saterdag 6 November omstreeks 22:40 by ‘n huispartytjie op die dorp plaasgevind nadat daar vroeër vermoedelik ‘n stryery en bakleiery uitgebreek het. Die huiseienaar het later met die beseerde Fortuin na Ceres provinsiale hospitaal gejaag waar hy later gesterf het. Die polisie ondersoek die moord en verklarings is reeds van getuies afgeneem. Hof ‘n 24-Jarige verdagte het Woensdag in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord.

Slang-man beboet ‘n MAN wat meer as 18 maande gelede in die Ceres Karoo met 26 skaars slange betrap is, is verlede week op Ceres gevonnis. Hendrik Rudolph van Eeden (51) is op 12 Maart 2020 met 23 Bali luislange gevang. Hy het die slange sonder toestemming of ‘n wettige permit van die Noord-Kaap na die Wes-Kaap gebring. Daar was ook ‘n Colombiaanse Boa, ‘n bruin huisslang en ‘n Olyf-slang in sy besit gekry. Van Eeden woon tans in die Graaff-Reinet-omgewing en was ten tye van die oortreding woonagtig op die plaas Avontuur in die Ceres Karoo. Vonnis Hy is verlede Woensdag 3 November skuldig bevind aan die onwettige besit van beskermde wilde diere sonder dat hy ‘n wettige permit of toestemming gehad het. Hy is ook skuldig bevind op ‘n klag dat hy beskermde wilde diere aangehou het sonder ‘n permit. Landdros Mabuya het Vrydag 5 November beide klagtes saamgevoeg vir vonnisdoeleindes. Van Eeden is met R8000 beboet of 8 maande gevangenisstraf. R5000 of 6 maande van die vonnis is vir 5 jaar opgeskort. Die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester het die saak ondersoek.

Twee hoërskole smelt saam in 2022 DIE eerste gesamentlike Color Run byeenkoms tussen Hoërskool Waveren en Tulbagh Hoërskool is Woensdagmiddag 3 November op Disapark aangebied. Die byeenkoms was ‘n reuse sukses met die kenmerkende borrelende gees van leerders en opvoeders van beide skole. Hier is Nadia Haywood saam met leerders met eenwording-plakkate afgeneem.

ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS

URGENT RECALL CAMPAIGN

ALL RECALL REPAIRS WILL BE PERFORMED FREE OF CHARGE

2007 - 2009 Corolla en RunX (lugsakke en vensterskakelaar)

Yaris Sedan en Yaris Hatchback (lugsakke en vensterskakelaar)

2007 - 2016 Hilux en Fortuner (lugsakke en spiral cable)

Indien u een van die bogenoemde voertuie het, skakel asb. ons diensafdeling om te hoor of u voertuig moet inkom om ‘n recall te doen

Ceres Toyota

Voortrekkerstr 112, CERES  (023) 312-1057

FOTO: Peter Luitjies


2

WITZENBERG HERALD

nuusbrokkies MOOI Uitsig primêr hou hul tweede atletiekbyeenkoms op Saterdag 13 November 2021. Op Saterdag 13 November sal die baanitems op die Bella Vista sportveld plaasvind. Volgens ‘n aankondiging van die nasionale minister van sport kan 2 000 toeskouers toegelaat word. Kom ondersteun die skool met aankope - dit is die eerste byeenkoms in byna 2 jaar waar toeskouers toegelaat word. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het ver-

Friday, November 12, 2021

ander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. CERES Rugbyklub begin met oefeninge vanaf 16 tot 18 November en 23 tot 25 November. Op Vrydag 26 November bied die klub ‘n geselige braai aan vir Ceres rugbyklub se spelers. Vir enige navrae skakel Brendon Jones by 082749-6099 of Wylie Seroot by 076-994-1280. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

Mannedag-funksie SONDAG 31 Oktober het die Crispy Farming Coshla gemeenskap, ‘n suksesvolle Mannedag-funksie aangebied. Hulle het ook ‘n gesamentlike groentetuin bekendgestel waar hulle baie groentesoorte aangeplant het. Crispy Farming word bedank vir die skenk van sade.

Hierdie pos het ontstaan by De Hoopen Rocklands werkswinkel, te De Hoop, Wolseley

GEKWALIFISEERDE DIESELWERKTUIGKUNDIGE Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle voltooiing van ‘n proeftydperk. Doel van pos: Verantwoordelik vir die onderhoud, insluitend die diens en herstel van alle meganiese toerusting. Moet stelsels implementeer en bestuur en administratiewe vaardighede toepas. Verantwoordelikhede: • Voltooiing van herstelwerk voor of op ooreengekome datum • Geen herwerk op implemente • Bestuur van onderdele • Koördineer vervoer van implimente • Voorkomende instandhouding. Vaardighede: • Goeie kommunikasievaardighede • Geldige bestuurderslisensie • Sweisvaardighede • Implementeer en ontwikkel effektiewe administratiewe en voorraadbeheerstelsels soos benodig. Ondervinding: • Die ideale kandidaat sal ‘n praktiese persoon met uitgebreide tegniese en tegnologiese kennis en ervaring (5 jaar+) wees en oor ‘n breë ervaringsbasis beskik • Landbou-ondervinding voordelig. Opleiding: • Graad 12 • Gekwalifiseerde werktuigkundige. Algemeen: ‘n Hardwerkende, eerlike persoon met sober gewoontes en wie bereid is om ekstra ure te werk, indien nodig, sal geskik wees vir hierdie aanstelling. Vergoeding: Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word, sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling. Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 November 2021 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en ten minste 3 verwysings aan: Johan du Plessis by e-pos hr@dekeur.co.za De Keur Landgoed is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

CERES Fruit Growers Ingenieurs afdeling het onlangs hul jaarafsluiting by die Ceres rolbalklub aangebied.

NUWE TELEFOON NOMMER SEASONAL & CONTRACT (FARM) WORKERS Required by Laastedrif Agri (Pty) Ltd, a high profiled precision farming and related value adding agricultural business operation in the Ceres, Touw’s River & Eland’s Bay Areas. Minimum requirements: • Demonstrated skills and minimum 5 years of experience in the planting, topping and packaging of onions, carrots, beetroot, spinach and butternut vegetables. • Proven knowledge of apple, peach, apricot and pear farming (production, maintenance, picking and packaging) will be a strong recommendation. • Valid South African identity or status documentation a key requirement. Duties and responsibilities: • To perform a range of specialised and precision vegetable and fruit planting, maintenance, produce, picking and packaging (and related administrative control) farm work activities. • Required to reside on the farms and be able to move/ rotate as determined by season to season throughout the year on short notice. Closing date: 19 November 2021 To enquire per telephone or to arrange for interview please contact Hester Reinecke during office hours (023) 3162366 or to send CV’s via e-mail to hrm@cillie.co.za

021 0233018 St. Mark’s Primêr Prince Alfred’s Hamlet

St. Mark’s Primêr is op soek na ‘n

EENHEIDSKLAS ASSISTENT

(Kontrak: 1 jaar) Minimum vereistes: • Matriek / post-matriek kwalifikasie • Moet rekenaargeletterd wees • Met kinders wat leerstoornisse het kan werk • Moet oor goeie organisatoriese vaardighede beskik • Werksure: 07:30 - 14:30 daagliks Salaris soos bepaal deur WKOD Stuur asb. u CV na: stmarks.prim@wcgschools.gov.za of admin@stmarks.co.za Voor of op: Vrydag 19 November 2021


WITZENBERG HERALD

3

Friday, November 12, 2021

Munisipaliteit gaan sukkel om koalisie te vorm MEER as ‘n week na die 2021 munisipale verkiesing, is gesprekke oor moontlike koalisies volstoom aan die gang. Geen politiekeparty het op 1 November die Witzenberg munisipaliteit met ‘n volslae meerderheid gewen nie. Soos die afgelope 15 jaar die geval was (vier verkiesings sedert 2006), sal die DA of die ANC nou koalisies met kleiner partye moet aangaan om die Witzenberg munisipaliteit te beheer. ‘n Ander opsie is dat die DA en ANC wat meer as 72% van die Witzenbergstreek se stemme gekry het, vir stabiliteit moet saamwerk. As niemand tot ‘n ooreenkoms kan kom nie, bestaan daar ‘n moontlikheid dat die uitslag van die verkiesing ter syde gestel word en dat ‘n nuwe verkiesing in die munisipalegebied uitgeroep kan word. Dit het in 2016 in die klein Nquthu munisipaliteit in KZN gebeur. Daar is 66 munisipaliteite in die land waar koalisies gevorm moet word. In 2016 is 17 uit 24 munisipaliteite in die Wes-Kaap deur die DA beheer. In 2021 is daar slegs 8 uit 24. Drie munisipaliteite (Witzenberg, Matzikama en Beaufort-Wes) kan moontlik sukkel om koalisies te vorm. Kragtens wet moet munisipaliteite binne 14 dae nadat die uitslae bekend gemaak en die name van die kandidate in die Staatskoerant gepubliseer is, hul rade saamstel. As hulle nie daarin kan slaag om ooreenkomste te bereik oor wie die munisipaliteit moet lei nie, moet daar binne 90 dae ‘n herverkiesing plaasvind. Partye het tot Maandag 15 November die geleentheid om hul koalisies te finaliseer. ‘n Raadsvergadering word op 16 Novem-

ber op Ceres gehou om nuutverkose raadslede amptelik te verwelkom. Amptelike uitslae Die DA het 8 van die 12 wyke gewen (14 650 stemme - 36.64%) en die ANC het 4 wyke gewen en 3 PR-setels verower (12 181 stemme - 30.46%). Die DA het geen setel op PR-lys gekry wat beteken dat hulle twee top kandidate op die PR-lys, Barnito Klaasen en Trevor Abrahams, nie weer raadslede gaan wees nie. In 5 van die wyke was die wen-verskil onder 150 stemme. In wyk 10 het Sophia de Bruin die wyk met ‘n verskil van 8 stemme gewen. In die Witzenberg munisipalegebied was 47 098 inwoners vir die 2021 verkiesing geregistreer waarvan 37 085 gaan stem het. Die twee grootste partye (ANC en die DA) het 26 831 van die stemme gekry of 72.35%. Good het goed vertoon en 2 setels (2506 stemme - 6.25%) verower. Ses partye het elkeen 1 setel proporsioneel verwerf. Die ses partye is: Patriotic Alliance (PA) met 2174 stemme, Witzenberg Aksie met 1495 stemme, Icosa met 1180 stemme, EFF met 1156 stemme, VF Plus met 972 stemme en die Witzenberg Party met 777 stemme.

Wyke: Die DA het 8 wyke verower en die ANC 4 Wyk Area

Party

Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk Wyk

ANC DA DA DA DA DA ANC DA ANC DA DA ANC

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

Nduli Wolseley/Breërivier Ceres dorp Hamlet/Bella Vista Ceres/WBV Bella Vista Wolseley en Tulbagh Op-die-Berg Op-die-Berg landelik Agter-Witzenberg en P.A. Hamlet Tulbagh Ceres Karoo en Bo-Swaarmoed

MET ses perde voor ‘n vierwielperdewa, het die viermanskap van Piet Coetzer, Shattie van Huyssteen, Klasie Lombard en Gerhard Bosch en twee helpers, Small en Kantoor, die tog van 703km oor 25 dae aangepak. Hulle het die grootste deel van die Gibson-broers se perdekoetsroete tydens die diamantstormloop, gevolg. Op Donderdag 4 November het die epiese tog by Karoopoort geëindig. Die Togryers museum saam met Ceres toerismeburo en belangstellendes uit die gemeenskap, het Piet Coetzer en sy span by Karoopoort gaan verwelkom. Die museum het aan die groep ‘n swingel oorhandig met ‘n spesiale plaatjie daarop en die toerismekantoor het geskenkpakkies oorhandig. In ruil het die museum ‘n perdeskoen ontvang wat op die tog vervang is. Na die formaliteite afgehandel is, is daar snoek en patat voorgesit deur die Vlaamperde Vereniging. * Interessante feite van die tog: Daar is 28 keer ingespan, 653 hoefspykers is gebruik, 27 perdehoefysters is vervang en die perde het 10-15 liter water per perd - elke 10 km gedrink. AGTER: Raymond Gibson saam met Klasie Lombard, Shattie van Huyssteen, Gerhard Bosch en Piet Coetzer. VOOR: Small en Kantoor.

Wen-verskil stemme 1 101 203 844 424 1 032 193 76 41 283 8 38 147

OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘n VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 16 NOVEMBER 2021 Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum

Tyd

Plek

Besonderhede

Dinsdag, 16 Nov. 2021

10:00

Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

Spesiale Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF A MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 16 NOVEMBER 2021

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date

Time

Venue

Particulars

Tuesday, 16 Nov. 2021

10:00

Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

Special Council meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property

Ligging / Location

Remainder Voor trekker erf 622, Street, Wolseley Wolseley

Aansoeker / Applicant I.C@Plan (082-9787151)

Aard / Nature

Verwysing / Sluitingsdatum Reference / Closure date

Closure of a portion of public 15/4/1/3/56 road, subdivision, consolidation, rezoning from undetermined zone to industrial zone II and site development plan Gedeeltelike sluiting van publieke pad, onderverdeling, konsolidasie, hersonering vanaf onbepaalde sone na industriële sone II en terreinontwikkelingsplan

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant 30 Days from date of publication in newspaper


4

WITZENBERG HERALD

Friday, November 12, 2021

DIE eerste gesamentlike Color Run byeenkoms tussen Hoërskool Waveren en Tulbagh Hoërskool is Woensdagmiddag 3 November op Disapark aangebied. Die byeenkoms was ‘n reuse sukses met die kenmerkende borrelende gees van leerders en opvoeders van beide skole. Die Color Run is deur die skole se hoofde, Faezel Karriem en Andelene Michaels, saam met personeellede aangepak. Hoërskool Waveren se leerders skuif vanaf Januarie 2022 na die nuwe opgegradeerde Tulbagh Hoërskool. Hoërskool Waveren sal vanaf Januarie 2022 slegs leerders akkommodeer vanaf graad R tot graad 7 en Tulbagh Hoërskool leerders van graad 8 tot 12. FOTO: Peter Luitjies

SUSTAINABLE water supply efforts in the Witzenberg region were given a boost last week Friday when the National Department of Water and Sanitation (DWS) and Witzenberg Local Municipality turned the sod on the R48 million Tulbagh Bulk Water Supply Project.

JNR PRODUKSIEBESTUURDER: DROOGBAAN

Koelfontein Landgoed is op soek na ’n dinamiese en sterk leier om deel te raak van die bestuurspan. Hierdie werksgeleentheid kan tydelik (Desember 2021 - Mei 2022) of permanent van aard wees, afhangende van die aansoeker. Vereistes: • Sterk leierseienskappe • 3 jaar ondervinding in ‘n leierskap posisie in die landboubedryf of ‘n landboukwalifikasie • rekenaarvaardigheid • sober gewoontes • hardwerkend • goeie kommunikasievaardighede • moet goed in ’n span kan werk • Kode EB bestuurderslisensie • Afrikaans sprekend • Xhosa taalvaardigheid sal in jou guns tel • beskikbaar om lang ure te werk wat ook naweek verpligtinge insluit • tenminste 3 kontakbare verwysings wat die vereistes kan staaf. Verantwoordelikhede: • Bestuur en toesighouding oor arbeidsintensiewe droogaktiwiteite • werwing, keuring, aanstelling, oriëntering, motivering, meting en hantering van dissipline van werkerskorps • vrugte ontvangs, verkoeling, verwerking, kwaliteitbeheer en versending. ________________________________________________________________________________________ Mareé Lambrechts ontvang alle aansoeke vertroulik per e-pos by: maree@koelfontein.co.za Vir meer inligting, skakel: (023) 313-3304 Sluitingsdatum vir voltooide aansoekvorms: voor of op 15 November 2021 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Sod turning of multimillion Rand Tulbagh mega water project marks the beginning of the construction phase SUSTAINABLE water supply efforts in the Witzenberg region were given a boost on Friday when the National Department of Water and Sanitation (DWS) and Witzenberg Local Municipality turned the sod on the R48 million Tulbagh Bulk Water Supply Project. DWS co-funded R 43 Million with Witzenberg Local Municipality co-funded R 5 Million. The Witzenberg Local Municipality experienced serious water problems during the 2004/ 5 drought period, specifically in the town of Tulbagh. An investigation was conducted in 2008 which quantified all available water resources (surface and ground water). The investigation found that there were major inadequacies around the available water resources in Tulbagh, Wolseley and Prince Alfred Hamlet (PAH). To augment water supply, the Department of Water and Sanitation (DWS) has co-funded the construction of the Tulbagh Bulk Water

Supply Project through the Regional Bulk Infrastructure Grant (RBIG) to the tune of R43 Million, with the Witzenberg LM pitching in with R5 Million. Ms Boniswa Hene, the DWS Western Cape Acting Provincial Head, says the DWS is pleased that this project will bring significant socio-economic benefits, including much needed job opportunities during construction, and will unlock low-cost housing development upon completion. The project will further improve water security in this region as it will bring additional 450 Million cubic litres. Additionally, Hene states that the National Government reaffirms its commitment to support deserving and vulnerable local authorities with funds to build or refurbish water and sanitation infrastructure. “We wish the team guiding this project all the best and hope it is completed on time, on budget and according to specifications”, Hene concludes. Water is Life, Sanitation is Dignity

OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID

EXCITING CAREER OPPORTUNITY

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd., one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires an energetic and professional person for the following position at its Ceres plant:

VERKOELINGSTEGNIKUS - ELEKTRISIËN

COMPUTER TECHNICIAN

Die koelopberging van vrugte vorm ‘n belangrike deel van ons werksaamhede en ons beskik oor uitgebreide verkoelingsgeriewe wat gewone sowel as beheerde atmosfeer koelopberging insluit. Ons verlang die dienste van ‘n toepaslike gekwalifiseerde Elektriese Ambagsman wat in besit is van ten minste ‘n N3 gelykwaardige kwalifikasie, asook ‘n suksesvolle voltooide vaktoets. Ondervinding van ammoniak-verkoelingsinstallasies sal u aansoek versterk. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid aanvaar vir: • Foutopsporing en instandhouding van elektriese beheertoerusting, wisselstroomaandrywings en ander industriële elektronika, Ad hoc, elektriese installasies in verkoelingsomgewing, herstelwerk, foutopsporing op alle ammoniak verkoelingstoerusting (Elektries) • Deurlopende inspeksies en rekordhouding van instandhouding- en veiligheidstelsels • Afwisselende bystandfunksie (na-ure en naweke). Ons bied ’n markverwante, prestasiegedrewe vergoedingspakket, aangevul deur die voordele en aangename werksomstandighede wat met ‘n vooruitstrewende maatskappy vereenselwig word. Die vergoedingspakket is onderhandelbaar ten einde die regte kandidaat te werf. Stuur asb u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en drie kontakbare verwysings, aan Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne, Ceres Fruit Growers (Edms.) Beperk, Privaatsak X67, Ceres 6835 of e-pos: hr@cfg.co.za Sluitingsdatum: Vrydag 26 November 2021 Indien u nie binne drie weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

The incumbent reports to the IT Manager and will accept the following responsibilities and tasks (key performance areas), inter alia: • Computer hardware and software installation and maintenance including mobile devices • Network installation and maintenance • Clock system maintenance (Biometric) • Camera system maintenance • Purchasing of computer equipment and accessories • User support • Setup and maintenance of the carton marking system (MS SQL Installation) • After hours support for IT related equipment • Updating and maintenance of the computer information system (RIS) and budget spending • Telephone system support. Suitably qualified candidates should meet the following requirements: • Grade 12 • A+, N+, MCSE and MS SQL Certification • 2 years appropriate experience in the above mentioned KPA’s • Must be able to work under pressure • Maintain good human relations • Have good negotiation skills • Prepared to undergo a practical test. A negotiable remuneration package including the normal fringe benefits associated with a progressive organisation is offered. Please send your application, accompanied by your current remuneration package and three contactable references to: The Manager: Human Resources, Ceres Fruit Growers (Pty) Limited, Private Bag X67, Ceres 6835 or by e-mail: hr@cfg.co.za Closing date: Tuesday 30 November 2021 If you have not been contacted within three weeks of the closing date, please accept that your application was unsuccessful.

In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

CERES, WES-KAAP

CERES, WESTERN CAPE


WITZENBERG HERALD

5

Friday, November 12, 2021

40 JAAR DIENS TOEKENNINGS

30 JAAR DIENS TOEKENNINGS Catherine Jacobs, Melanie Muller, Charmaine de Bruin, Francois Malan, Gladys Norman, Anna Damon en Siena Douries.

Francois Malan, Andrew Mabula, Rachel du Toit, Sara Krotz en Alvin Faroa.

30 JAAR DIENS TOEKENNINGS

UITSONDERLIKE WERKSPRESTASIE

Martha van Wyk, Leah Visagie, Johanna Muller, Francois Malan, Amandarie Coetzee, Estelle Felix en Marshall Gouws.

Francois Malan, Ellen Manuel, David van Huffel, Sophie Hendriks, Ardene Marsh, Mary Sauls, Frederick Manuel, Lesley Denation en Porchia Rhode.

30 JAAR DIENS TOEKENNINGS

PAKKERS VAN DIE JAAR

Hendriena Slinger, Francois Malan, Sophy Natal, Valentia Clark, Hazel Mancayi, Gertruida du Toit en Christel Frantz.

30 JAAR PERMANENTE DIENS TOEKENNINGS Charmaine Mostert, Marthinus de Villiers en Francois Malan.

Francois Malan, Cathleen Plaatjies, Kholeka Mbako en Nompikiso Nikani.

Ceres Fruit Growers Prestasiefunksie 2021 is aangebied op Donderdag 4 November 2021 by Waverley Hills Geluk aan al CFG se werknemers wat toekennings ontvang het!

AKADEMIESE PRESTASIES Francois Malan, Lucille Arends en Roché Pieterse.

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK Prestasiefunksie: 4 November 2021


6

WITZENBERG HERALD

Lodewyk Slinger

1961/12/06 - 2021/11/06

Roudiens: Don. 11/11/2021, om 19:00, Hoogstr. 334, BV Privaat begrafnis: Sat. 13 November 2021 Huis: 09:00, Hoogstr. 334, BV Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

073-304-3531

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Mama Jaliah

•Men problems •Lost lover •Money in account •Protection •Financial problems •Court cases

Whatsapp/Call

073-280-8373 Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker Street Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

• Was, droog en stryk teen billike pryse • Besighede is welkom vir kwotasies Ons voldoen aan u versoek

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

HEALER JULIUS • Money in account • Magic wallet/ring • Lucky oil • Clean home/

business

• Promotion at work • Relationship/

pregnancy

• Jealousy/

bad luck

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

PRIVAAT TUISVERSORGERS

Ek wil graag ‘n databasis opstel vir versorgers vir privaat werk. Moet Gr. 10 kwalifikasie met ‘n HBC sertifikaat hê.

Bring of stuur jou CV na Provinsiale Hospitaal admin ontvangs, duidelik gemerk vir aandag: Sr. H. Truter Ten minste 3 verwysings op CV wees. Moet bereid wees om opleiding te ontvang

Vir navrae skakel Sr. Truter na 16:00 by 072-265-3710

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Departement spit eerste sooi DIE Wes-Kaap departement van water en sanitasie tesame met die Witzenberg munisipaliteit en ‘n privaat ontwikkelaar, het Vrydag 5 November ‘n sooispit seremonie op Tulbagh gehou. Dit is die begin van ‘n multi-miljoenrand waterprojek vir Tulbagh (‘n rou-waterdam met pompstasie en stygleiding) om water aan die groter-Tulbagh gemeenskap te voorsien. Die projek word gedeeltelik deur die RBIG (regional bulk infrastructure grant) ten bedrae van meer as R43 miljoen gefinansier met die munisipaliteit wat die ander R5 miljoen bydra. Die projek het ten doel om die potensiaal vir lae koste behuising en werksgeleenthede in die streek, te ontsluit deurdat genoegsame rouwater beskikbaar sal wees. Hier is Ian Odendaal tydens die sooispit-seremonie saam met Boniswa Hene (waarnemende provinsiale hoof van Wes-Kaap se departement van water en sanitasie) en David Nasson (munisipale bestuurder).

TWEE krieketspelers van Charlie Hofmeyr hoërskool op Ceres, gaan Boland verteenwoordig. Aaron Swartz (links) is verkies vir die Boland Platteland o/17 krieketspan. Hulle gaan vanaf 13 - 17 Desember in Durban deelneem aan ‘n toernooi. Reagan Davids (regs) is gekies vir die Wes-Kaap o/15 krieketspan wat aan die S.A. Skole kampioenskappe gaan deelneem. Dié toernooi vind van 15 - 20 Desember in Gauteng plaas. * Ander uitslae: Charlie o/19 A klop Swellendam met 100 lopies. Charlies teken 198 aan met Aaron Swartz wat 62 lopies slaan. Swellendam word uitgeboul vir 98 lopies met Stefan Bakkes wat 5 paaltjies laat kantel vir 22 lopies. Charlies klop Porterville met 176 lopies nadat hulle 232/6 opstapel. Luan Gillomee slaan 60 lopies en Phillip du Plessis 48*. Porterville is almal uit vir 56 lopies met JP Palvie wat 4/9 neem. ** Die o/15 span klop Porterville met 38 lopies.

• Drug addiction • Claim pension/Uif

065-6311-997

Kom geniet die dag saam met ons. Bestellings kan vooraf by www.prentjieskerk.co.za geplaas word. Daar is ook kaartjies by die Kerkkantoor (023) 312-1602 beskikbaar.

Evangelis Jacobs

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

WARE VERHAAL

Jes. 40:29 “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.”

classifieds

Friday, November 12, 2021


WITZENBERG HERALD

7

Friday, November 12, 2021

Vinnige, maklike toegang tot inenting hierdie Vooma-naweek DIE somervakansie is om die draai en gesondheidswerkers gaan voort om elke geleentheid te gebruik om inwoners van die Witzenbergstreek beskerming teen COVID19 te gee. Die naweek is die tweede Vooma-naweek waartydens verskeie plekke inentings bied om dit so maklik en vinnig as moontlik vir jou te maak. Tydens die eerste Vooma-naweek aan die begin van Oktober is ‘n bykomende 1 600 mense ingeënt in die Kaapse Wynlandstreek. Spanne berei voor om so veel as moontlik mense in te ent hierdie naweek sodat die hoeveelheid mense wat deur COVID-19 geraak word, die erns van die siekte en sterftes so laag as moontlik gehou word. Mense in die ouderdomsgroep van 50 en ouer moenie uitstel om te gaan vir inenting nie. Data wys dat hulle ‘n verhoogde risiko vir ernstige siekte, hospitalisering en sterfte het weens die virus. Inentingspunte Persone wie 12 en ouer is, veral hulle wie ouer as 50 is, en mense sonder identiteitsdokumente wie nog nie ingeënt is nie, moet na een van hierdie fasiliteite gaan vir inentings tydes die Vooma-naweek: ■ Ceres provinsiale hospitaal - Vrydag 12 November van 08:00 - 14:00 ■ Wolseley kliniek - Vrydag 12 November van 08:00 - 14:00 ■ Witzenberg verkeersdienste op Ceres Saterdag 13 November van 08:00 - 13:00 Teen Dinsdag 9 November het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek steeds op 5 gevalle gestaan. Daar is 7882 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld en hiervan het 7526 herstel. Drie honderd een en vyftig (351) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover is 74 gevolg deur Wolseley met 56, Bella Vista met 52, Tulbagh met 44, P.A. Hamlet met 39 en Nduli met 30. Daar is twee persone die week aan CV-19 dood. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 20 157 (9 November).

Daar is al 523 226 positiewe gevalle aangemeld en 502 122 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2.818 miljoen mense al herstel. Ongelukkig het 89 352 mense weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96.4 %. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gedaal na 0.70% en Wes-Kaap spog steeds met die tweede meeste inentings in die land. Meer as 23.265 miljoen Suid-Afrikaners is al ingeënt. Inentings Terwyl die Desember somervakansie en meer geleenthede vir sosialisering nader kom, vra die gesondheids departement weer dat veral mense van 50 jaar en ouer so gou as moontlik gaan vir inenting. Mense in hierdie ouderdomsgroep het ‘n verhoogde risiko om ernstig siek te word van COVID-19. In die Wes-Kaap is daar reeds 3.792 miljoen mense teen die virus ingeënt. Ceres provinsiale hospitaal Gedurende die derde vlaag van die CV-19 pandemie moes die Wes-Kaap gesondheids departement noodgedwonge maatreëls aanpas om pasiënte en personeel veilig te hou en is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. In lyn met die nuwe aangepaste vlak 1 inperkings, is daar die afgelope week besluit om hospitaalbesoeke in die Wes-Kaap aan te pas onder streng veiligheidsmaatreëls. Hospitale moet steeds waak teen te veel mense en moet ten alle tye veiligheidsprotokolle handhaaf. Die veiligheid van pasiënte en personeel is baie belangrik. Hier is slegs ‘n paar van die nuwe aanpassings: ■ Buite pasiënte wat sukkel om oor die weg te kom, gestremd is of verswak is, kan deur iemand vergesel word. ■ Pasiënte in die hospitaal mag vir 30 minute besoek word. Elke afdeling het ‘n 60 minute tydgleuf. Skakel met die hospitaal wanneer dit besoektyd is. ■ Terminaalsiek pasiënte mag besoek word en een familielid kan een keer per dag vir 30 minute besoek aflê.

■ Ma’s kan by kinders bly of hulle gereeld

besoek ■ COVID-19 pasiënte mag steeds nie besoek word nie. Families sal op hoogte gehou word van pasiënte se vordering. Pasiënte wat aan lang-COVID ly, kan simptome tot ‘n jaar lank ervaar. Die mees algemene simptome wat pasiënte ervaar het, is moegheid (82%), geestelike uitputting (67%), hoofpyne (60%) en duiseligheid (54%). Pasiënte wat aan die studie deelgeneem het, was nog nie ingeënt nie en sê wat hul simptome vererger het, was fisieke uitputting (86%), spanning (69%) en ontwatering (49%). Kliniektye Ceres provinsiale hospitaal Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00

P.A. Hamlet kliniek Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek Vrydae van 09:00 tot 11:00 Nduli gemeenskapsaal Woensdae tussen 09:00 en 14:00. Inwoners kan steeds afsprake maak met suster Hester Truter by (023) 316-9600 indien hulle ‘n bedlêende familielid het wat ingeënt moet word.

De Straadt Boerdery (Edms) Bpk, geleë in die Koue Bokkeveld en konsentreer op die verbouing van vrugte. Die volgende geleentheid bestaan tans in die organisasie:

WERKSWINKEL ASSISTENT POSVEREISTES: 5 Jaar ondervinding in soortgelyke pos wat onder andere die volgende behels: • Eie admin en rekordhouding • Voorraad hantering • Diens en basiese herstelwerk van toerusting, implemente en voertuie • Installering en herstel van besproeiings infrastruktuur • Onderhoud op geboue • Betroubaar, met ‘n stabiele en sobere lewenswyse ONS BIED: Mededingende salaris wat sal afhang van ondervinding en vaardigheid, goeie werksomstandighede en behuising. Rig alle aansoeke en navrae aan Mareli du Toit by: mareli@destraadt.co.za of skakel (023) 317-9926. Verwysings (nie ouer as 1 jaar) en bewys van kwalifikasies verwerf en kursusse gedoen. Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 November 2021 Indienstreding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering na die sluitingsdatum ontvang nie moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, November 12, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

SATERDAG se vierbal alliansie kompetisie is deur die span van Villa Crop Protection (A) met 90 punte gewen. VLNR: Willie Swanepoel, Jacques Slabber, Johann van der Merwe, Christo Ritter en Casper de Bruin (klubkaptein).

VRYDAG se vierbal alliansie kompetisie is deur die span van MPact met 88 punte gewen. Hier is Jandri Ferreira, Johan Kotzé, Barry Liebenberg, Daniël Goosen afgeneem.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op die leerders wat die afgelope naweek vir die Boland Platteland tennisspan gespeel het teen Drakenstein, Wynland en Eden. Boland Platteland eindig in eerste plek! AGTER: Jomarié Kotzé, Zak Oosthuizen, Charl du Toit (gr.7), Charl du Toit (gr.6) en Karin Fabricius. VOOR: Roné Lourens, Anmari Steenkamp, Alize Fabricius, Johan du Toit en Chris-Marié Lourens.

Classic weer groot sukses DIE 2021 Ceres Classic het die afgelope naweek plaasgevind. Dit was die 40ste keer dat die gholftoernooi aangebied is. Vanjaar se toernooi het in koel weer plaasgevind en 144 spelers het aan beide dae deelgeneem. Uitslae Vrydag se vierbal alliansie kompetisie is deur die span van MPact met 88 punte gewen. Die B-span van Villa Crop Protection was in die tweede plek met 87 punte. Die span van Connie Malherbe en die John X Safari span was onderskeidelik derde en vierde met 83 punte. Saterdag se vierbal alliansie kompetisie is deur die span van Villa Crop Protection

(A) met 90 punte gewen. Die River Bioscience-span was in die tweede plek met ‘n telling van 87 punte. Die B-span van Villa Crop Protection was in die derde plek met 86 punte. Bedankings Die Ceres gholfklub bedank alle borge en spanne vir hul volgehoue ondersteuning van die klub, selfs ten spyte die pandemie van die afgelope twee jaar. ‘n Spesiale woord van dank en waardering aan die hoofborg van die Ceres Classic, Villa Crop Protection, en al die ander spanborge. Villa Crop Protection het besluit om hul borgskap voort te sit en die gewilde toernooi vir die volgende 5 jaar te borg.

DIE vroue spelers van Ceres rolbalklub het die naweek uitgeblink in die Wynland vrouepare kampioenskappe. VLNR: Margie Jardine en Engela Lambrechts was naaswenners en Marietjie van den Bergh en Charmaine Mostert, het as wenners deurgedring na die Boland-pare finaal.

VISVANG KOMPETISIE

27 November 2021

Daytona dam (Raymond Koopstad)

1ste PRYS R1 500 - Grootste vis

2de PRYS R1 000 - Swaarste sak

3de PRYS 2 BOTTELS WHISKEY - Geesvang Inskrywingsfooi: R150 per stok Spanne: R500 per span van 5 lede Inskrywing begin: 06:00 - 07:00 Visvangtyd: 07:30 - 18:00 DAAR SAL TOEBROODJIES, KOFFIE, WORSROLLETJIES EN KOELDRANK TE KOOP WEES

Vir kaartjies skakel Sheryl by ☎ (023) 312-3935 (k/u) admin@witzenbergapd.org.za

GET on your marks to kick-start summer in the Ceres Valley and join the Loxtonia Cherry Trail Run through scenic landscapes and apple orchards on Saturday, 27 November. The family friendly trail run over 5km or 10,7km starts and finishes on Loxtonia , the home of Loxtonia Apple Cider. Registration at the Loxtonia Cidery opens at 07:00 with the starting time of 07:30 for the 10,7km leg and 08:00 for 5km. To enter visit www. entryninja.com.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.24 no.44 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu