Witzenberg Herald Vol.24 no.44 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Friday, November 12, 2021

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 11 November

Vrydag 12 November

10° 29°

11° 29°

Saterdag 13 November

Please

Sondag 15 November

9° 31°

use only

14° 32°

Ceres Koekedouw dam

what you need

100%

Since 1997

Turn off the lights when you leave a room.

For T&C’s visit www.steers.co.za

R7.50

(023) 316-2463

Volume 24 no. 44

Lesing: 2021/11/10

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Man (45) dood na bakleiery ‘n MAN van Ceres is dood nadat daar ‘n bakleiery by ‘n partytjie uitgebreek het. Volgens die polisie is Aubrey Fortuin (45) dood nadat hy met ‘n mes in sy sy gesteek is. Die voorval het Saterdag 6 November omstreeks 22:40 by ‘n huispartytjie op die dorp plaasgevind nadat daar vroeër vermoedelik ‘n stryery en bakleiery uitgebreek het. Die huiseienaar het later met die beseerde Fortuin na Ceres provinsiale hospitaal gejaag waar hy later gesterf het. Die polisie ondersoek die moord en verklarings is reeds van getuies afgeneem. Hof ‘n 24-Jarige verdagte het Woensdag in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord.

Slang-man beboet ‘n MAN wat meer as 18 maande gelede in die Ceres Karoo met 26 skaars slange betrap is, is verlede week op Ceres gevonnis. Hendrik Rudolph van Eeden (51) is op 12 Maart 2020 met 23 Bali luislange gevang. Hy het die slange sonder toestemming of ‘n wettige permit van die Noord-Kaap na die Wes-Kaap gebring. Daar was ook ‘n Colombiaanse Boa, ‘n bruin huisslang en ‘n Olyf-slang in sy besit gekry. Van Eeden woon tans in die Graaff-Reinet-omgewing en was ten tye van die oortreding woonagtig op die plaas Avontuur in die Ceres Karoo. Vonnis Hy is verlede Woensdag 3 November skuldig bevind aan die onwettige besit van beskermde wilde diere sonder dat hy ‘n wettige permit of toestemming gehad het. Hy is ook skuldig bevind op ‘n klag dat hy beskermde wilde diere aangehou het sonder ‘n permit. Landdros Mabuya het Vrydag 5 November beide klagtes saamgevoeg vir vonnisdoeleindes. Van Eeden is met R8000 beboet of 8 maande gevangenisstraf. R5000 of 6 maande van die vonnis is vir 5 jaar opgeskort. Die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester het die saak ondersoek.

Twee hoërskole smelt saam in 2022 DIE eerste gesamentlike Color Run byeenkoms tussen Hoërskool Waveren en Tulbagh Hoërskool is Woensdagmiddag 3 November op Disapark aangebied. Die byeenkoms was ‘n reuse sukses met die kenmerkende borrelende gees van leerders en opvoeders van beide skole. Hier is Nadia Haywood saam met leerders met eenwording-plakkate afgeneem.

ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS

URGENT RECALL CAMPAIGN

ALL RECALL REPAIRS WILL BE PERFORMED FREE OF CHARGE

2007 - 2009 Corolla en RunX (lugsakke en vensterskakelaar)

Yaris Sedan en Yaris Hatchback (lugsakke en vensterskakelaar)

2007 - 2016 Hilux en Fortuner (lugsakke en spiral cable)

Indien u een van die bogenoemde voertuie het, skakel asb. ons diensafdeling om te hoor of u voertuig moet inkom om ‘n recall te doen

Ceres Toyota

Voortrekkerstr 112, CERES  (023) 312-1057

FOTO: Peter Luitjies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.24 no.44 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu