Witzenberg Herald Vol.27 no.10 (Online Weergawe)

Page 1

Die hoop is uitgespreek dat dié roekelose optrede deur ver-

en die SAPD aangespreek sal word. * ‘n Video is ook op www.witzenberg of Witzenberg Herald se Facebook opgelaai.

Waar is wetstoepassers

wat taxis moet vasvat?

MINIBUS taxis wat nie by die stop-en-ry punte buite Ceres wil wag nie en dan sommer op die voetpaadjie tussen P.A. Hamlet en Ceres ry, is tans ‘n groot kopseer vir motoriste.

Verlede week was daar vergaderings tussen die padkontrakteurs, die munisipaliteit, verkeer en die landbouvereniging om ondermeer dié probleme met die taxis en die lang tye wat die pad gesluit word, te bespreek.

Verlede Donderdagoggend het ‘n taxi wat skoolkinders van P.A. Hamlet na Fairfield pri-

mêr vervoer, blykbaar nie die wagtende ry motors gesien nie en moes hy by JRT vervoer se perseel uitswaai. Hy het met die kinders oor ‘n watersloot gery en teen ‘n boom tot stilstand gekom. Die kinders het na die ongeluk, die paar honderd meter na die skool gestap. Hulle is later deur mediese personeel besoek en vir skok behandel.

Die botsing is by P.A. Hamlet polisie aangemeld maar dit lyk in die stadium nie of daar enige ondersoek of aanklag teen die minibusbestuurder gaan wees nie.

Na die voorval is daar ondermeer besluit dat verkeersbeamptes meer sigbaar moet wees by dié padwerke se stoppunte.

Minder as ‘n week na die taxi van die pad gery het, doen daar nou weer ‘n video die rondte wat wys hoe ‘n minubus op Dinsdag 12 Maart ongehinderd op die voetpaadjie by Bella Vista ry. Die video is na die verkeersdepartement aangestuur om teen die skuldiges op te tree. Die hoop is deur bekommerde motoriste uitgespreek dat die roekelose optredes gou aangespreek word deur wetstoepassers.

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za

Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Verdagte (34) wat sakeman aanval, vinnig vasgetrek

DIE polisie het ‘n verdagte vasgetrek, drie dae nadat hy ‘n sakeman by sy werksplek aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan het.

Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar, was Maandag 4 Maart omstreeks 17:15 besig om sy perseel te sluit toe hy deur Elrico Engelbrecht (34) aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Engelbrecht, wat op die stoep gesit het, het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.

Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof.

Engelbrecht is op 7 Maart in Fase 3 buite P.A. Hamlet gearresteer nadat die polisie onverpoos leidrade opgevolg het. Hy het Maandag 11 Maart vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek na 18 Maart uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Ander voorval

Dié Kleynhans-aanval volg kort op die hakke van ‘n voorval waar ‘n huurder op dieselfde perseel met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek is.

Juan Hanekom (43) is op 31 Januarie met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek. Nkosana Dyasopu (31) ook bekend as Lucky, is gearresteer en het in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord.

Die saak is vir verdere ondersoek na 3 April uitgestel. Dyoshu bly in aanhouding.

VOTE FOR YOUR FAVOURITE WITZENBERG TOWN CERES TULBAGHWOLSELEY VOTE [NAME OF YOUR TOWN] TO 33157 Voting closes: 15 March at 12:00 SMS COST R1.50 Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d Witzenberg Volume 27 no. 10 R 10 Friday, 15 March 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 70,5% TULBAGH DAM 54% WAVERENSKROON TULBAGH 55% Lesings geneem: 2024/03/13 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 14 Maart 9° 30° Vrydag 15 Maart Saterdag 16 Maart Sondag 17 Maart 11° 32° 10° 29° 10° 31° CERES (023) 312-2144 A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za
VERLEDE Donderdagoggend het ‘n taxi wat skoolkinders van P.A. Hamlet na Fairfield primêr vervoer, blykbaar nie die wagtende ry motors gesien nie en moes hy by JRT vervoer se perseel vinnig uitswaai. keer

CERES speurders vra die gemeenskap se hulp om te help om Bokang Mpobole (36) op te spoor. Mpobole was voorheen woonagtig in Nduli en op Tulbagh maar het intussen verdwyn sonder om by die hof op te daag. Hy moet teregstaan op ‘n dronkbestuurklag. Die voorval het op 24 Februarie 2020 plaasgevind.

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za

FOR

HUIS MAUDIE KRIEL

ACVV Tehuis vir bejaardes NPO 003-083

Benodig die dienste van ‘n STAFVERPLEEGSTER

Vereistes:

•Registrasiefooi aan SA verplegingsraad moet op datum wees

•Handhaaf sober gewoontes

•Moet saam in ‘n span kan werk

•Inisiatief openbaar en leiding en bevel kan neem

•Ondervinding in die behoeftes en hantering van ouer persone sal in u guns tel

Diensaanvaarding:

So spoedig moontlik

Sluitingsdatum vir aansoeke : 28 Maart 2024

Rig aansoek aan:

Die Bestuurder: Huis Maudie Kriel

Posbus 847, Ceres, 6835

Navrae:Suster J. le Roux

Tel:(023) 312-1950

Devon May haal

Bolandspan

LAERSKOOL Waveren en die Tulbagh skoolgemeenskap is trots op die 11-jarige Devon May vir sy insluiting in die Boland atletiekspan. Hy het op 9 Maart in hoogspring deelgeneem. *Die skool bedank die Witzenberg munisipaliteit vir sy klere borgskap en donasie van R1500 en die bydrae van Waveren personeel. VLNR: Jaime-Lee Lakey, (sportafrigter), sy ouers, Reginald Forbes, Devon May, Ivona Forbes en die skoolhoof, Neville Jones

FOTO: Peter Luitjies

Spoedwal help dat inwoners stadiger ry

NA byna drie jaar se wag is ‘n spoedwal Maandag 26 Februarie in Vierdelaan op Ceres opgerig. Die doel van die spoedwal is om motoriste wat jaag en die Faurestraat stopstraat ignoreer, se spoed te breek. Die spoedwal is opgerig deur die Witzenberg munisipaliteit om inwoners, kinders en stappers se veiligheid te verbeter wat gereeld langs die Dwarsrivier stap. Die spoedwal se strepe is einde verlede week geverf nadat die teer genoegsaam uitgedroog het.

MET meer helpers in die water, kan die NSRI meer kinders in die Witzenberg gemeenskap waterveilig maak. Adjudant offisier Allister Boer van die Boland Water Polisiëring en Duikdienste help hier vir Eoudia Erasmus met kinders se waterveiligheidsopleiding.

Waterveiligheid

Wat ouers moet weet

EOUDIA Erasmus van NSRI deel graag ‘n paar waterveiligheidswenke met ouers. Kinders hou van water, dit trek hulle aan en dit is hoekom basiese waterveiligheid so belangrik is. Kinders verskil ook wanneer dit kom by selfreddingslesse - sommige kinders is rustig en ander meer gespanne, maar dit is ‘n tegniek wat deur elke persoon aangeleer kan word.

Kinders moet van jongs af geleer word om NOOIT sonder ouertoesig naby water te gaan nie. Hulle moet nooit na iemand gryp in die water nie en nooit iemand se kop onder die water druk of rowwe speletjies speel nie. Dit is ook belangrik dat hulle moet leer hoe om veilig in en uit ‘n swembad te klim.

Volgens Eoudia gebeur ‘n ongeluk in ‘n oogwink!

Verdrinking kan stil wees, iemand skeeu nie noodwendig om hulp nie en daarom moet ouers ALTYD toesig hou wanneer hul kinders swem, al is kinders waterveilig.

Memoriseer ‘n noodnommer en leer om KPR te doen. Onthou, enige poging is beter as geen poging.

Indien lesers betrokke wil raak as vrywilliger by die NSRI se Survival Swimming-projek, kan hulle Eoudia Erasmus skakel by 074-3215322 vir meer inligting.

“Met meer helpers in die water, kan ons meer kinders in die Witzenberg gemeenskap waterveilig maak”.

CERESCERES CERESCERES CERES

(023) 316-2226

Opwindende loopbaangeleentheid te Ceres Superspar

BAKKER

Vereistes :

•Moet onder druk kan funksioneer

•Goeie menseverhoudinge

•Moet bereid wees om naweke en skofte te werk

•Moet ten volle tweetalig wees

•Vorige ondervinding sal in guns tel

•Matriek is ‘n vereiste.

Salaris onderhandelbaar

Indien u aan die vereistes voldoen, stuur asb. u CV (ID ingesluit) na: ceres3@retail.spar.co.za

Vir aandag: Bakkery bestuurder

Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 Maart 2024

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u teen Vrydag 5 April 2024 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

E-pos u CV en moet asb. nie deur Facebook aansoek doen nie. E-pos u asb. nie Facebook aansoek doen nie. E-pos u CV en moet asb. nie deur Facebook aansoek doen nie. E-pos u asb. nie Facebook aansoek doen nie. asb. Facebook nie.

2 l WITZENBERG HERALD l 15 MARCH 2024 Notice is hereby given of a joint stakeholder engagement process in terms of the National Environmental Management Act 107 of 1998, the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014, the National Water Act 36 of 1998 and the National Heritage Resources Act 25 of 1998: Project description: Eskom Holdings SOC Limited, Western Cape Operating Unit: Distribution Division propose to construct a new 132 kV powerline between the Ceres and Witzenberg Substations as well as a short tie-in to a proposed new substation at Prince Alfred Hamlet, in the Witzenberg Municipality, Western Cape (the project). SRK Consulting (South Africa) (Pty) Ltd (SRK) released the Basic Assessment Report (BAR) for public review and comment in August 2021. However, the BA process was not completed and the Environmental Authorisation application lapsed. SRK was re-appointed in August 2022 to re-submit this application, and has updated the BAR, which is now being released for public review and comment. The project description has not changed. Location: The proposed powerline will extend between the Ceres to Witzenberg Substations, with a tie in and connection to the new Prince Alfred Hamlet Substation. The proposed powerline will cross numerous farms and other properties. Application for Environmental Authorisation to undertake the following listed activities: •Listing Notice 1: Listed Activities (11), (12), and (27); and •Listing Notice 3: Listed Activities (12) and (14). Application for Water Use Authorisation for the following water uses: •Section 21: (c) and (i). Application for Heritage Approval in terms of NHRA Activities: •Section 38: (1)(a) and (1)(c)(ii). Opportunity to Participate: The BAR is available from 18 March 2024 for public review and comment at the Prince Alfred Hamlet and John Steyn (Ceres) Public Libraries, and on SRK’s website, www.srk.co.za (via the ‘Knowledge Centre’ and ‘Public Documents’ link). To submit comments and / or register as a stakeholder please complete the following online form: https://forms.office.com/r/18QbPyyBBs, by 19 April 2024 Only registered stakeholders will be kept informed of the process and notified of any future opportunities to participate. By registering as an Interested and Affected Party, you consent to your personal data (including contact details) being processed and selectively disclosed (e.g. in the event on an appeal), in fulfilment of the requirements of the EIA Regulations, 2014 and the National Appeal Regulations, 2014. SRK undertakes to process data in accordance with our Protection of Personal Information Policy. Note that, in the event of an appeal, SRK may be required to provide stakeholder contact details to the appellant. To submit comments, register, or request information, please contact: Asheerah Meyer of SRK Consulting at ctpp@srk.co.za, Postnet Suite #206, Private Bag X18, Rondebosch, 7701; Fax: 086 530 7003; Tel: 021 659 3060. STAKEHOLDER ENGAGEMENT PROCESS Basic Assessment for the Ceres - Witzenberg 132kV Powerline and Short Tie-In to the Proposed Prince Alfred Hamlet Substation SRK Project No: 532062
Epos: bestuurder.maudie@lando.co.za THE LOVE OF TREES!

OP Woensdag 13 Maart omstreeks 09:00 was daar ‘n ongeluk

tussen een van die padkontrakteurs se vragmotors en ‘n Toyota

Auris motor by een van die kontrakteurs se stop-en-ry punte in Theronsbergpas.

Ongeluk in Theronbergpas

WOENSDAG 13 Maart omstreeks 09:00 was daar ‘n ongeluk

tussen een van die padkontrakteurs se vragmotors en ‘n Toyota

Auris motor by een van die kontrakteurs se stop-en-ry punte in Therons-bergpas.

Die vragmotorbestuurder is beseer en het blykbaar sy been gebreek. Sover vasgestel kan word is die Auris toegelaat om te ry terwyl die verkeerskontrole-vragmotor en verkeer aankom.

‘n WOLSELEY inwoner het Woensdagoggend by die Ceres poskantoor inmekaar gesak en aan natuurlike oorsake gesterf. Sover as wat vasgestel kan word was die man ‘n pasiënt by Ceres hospitaal en het hy kort voor sy dood van die hospitaal na die dorp gestap, vermoedelik om ‘n saamrygeleentheid terug na sy woning te kry. ‘n Paar uur later was die liggaam steeds bedek by die poskantoor terwyl die polisie gesukkel het om sy naasbestaandes op te spoor. * Die polisie se forensiese afdeling mag nie die liggaam verwyder nie aangesien die man dood is aan natuurlike oorsake en daar vir die familie en begrafnisondernemer gewag moes word.

VOTE FOR YOUR FAVOURITE WITZENBERG TOWN

CERES TULBAGH WOLSELEY

VOTE [NAME OF YOUR TOWN]

TO 33157

Voting closes: 15 March at 12:00 SMS COST R1.50

Kind (12) met verfbalgeweer geskiet, saak na streekhof

‘n WYNMAKER en sy seun het verlede Donderdag weer in die Tulbagh landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding.

Die klagtes teen Andries Jordaan (56) van Theuniskraal boerdery en sy seun, Ernst (25), hou verband met ‘n voorval op 18 Januarie waar hulle na bewering ‘n verfbalgeweer gevat en op kort afstand ‘n kind daarmee geskiet het.

Die voorval het omstreeks 19:00 plaasgevind waar ‘n groep plaaskinders na bewering besig was om druiwe op die plaas te steel. ‘n 12-Jarige seun is twee keer getref. Jordaan en sy seun is op 30 Januarie gearresteer maar eers op waarskuwing vrygelaat

tot met hul eerste verskyning op Dinsdag 13 Februarie in die Tulbagh landdroshof. Sake van aanranding om ernstig te beseer word teen Jordaan en sy seun ondersoek en ‘n klag van aanranding gewoon teen Jordaan sr.Die saak is na 28 Mei uitgestel vir ‘n streekhofdatum.

Belangrike inligting: Andries Jordaan is Theuniskraal boerdery se wynmaker. Op Theuniskraal Landgoed wat langsaan geleë is, is Wagner Jordaan (neef) die wynmaker. Die familie deel net 50/50 in die Theuniskraal wynetiket.

21 Van Riebeeck Street, Ceres

Whatsapp or Whatsapp Call 0233121080

LAST weekend Ceres tourism was part of the Witzenberg stand at the Kyknet Buite Expo 2024 at Môreson outside Malmesbury. The KykNET Buite Expo is a lively outdoor expo aimed at the outdoor market with everything from Camping Equipment, 4 x 4 Vehicles, Motorcycles, Canoes, Boats, Hunting Equipment, Fishing Equipment, Destinations, 4 x 4 Accessories, Sports Stores, Outdoor Publications and many more. * Here is the team from Witzenberg Tourism participating in the excitement.

15 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

Goosen Produce

Ons wens al ons verskaffers in die Witzenbergvallei ‘n baie voorspoedige 2024 toe.
Ons opregte dank vir die R971 miljoen se besigheid in 2023

Plaaslike atlete gaan aan S.A. byeenkoms deelneem

GERATH Jabani (13), belowende atleet van Morrisdale primêr, is opgeneem in die WesKaap atletiekspan wat van 24-26 Maart aan die S.A. baan- en veldkampioenskappe gaan deelneem. Die byeenkoms word vanjaar in Limpopo aangebied.

AYLIF Krotz, ‘n leerder van Driefontein primêr, het Saterdag die Boland verteenwoordig by die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe in die Paarl . Hy het ‘n derde plek behaal in die verspring vir seuns o/11. Hy gaan van 24-26 Maart die Wes-Kaap span by die S.A. atletiekbyeenkoms in Limpopo verteenwoordig. * Dankie aan die Koue Bokkeveld Sportsone en die Witzenberg munisipaliteit vir hul bydraes dat Aylif aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe kon deelneem.

SENIOR VERKOELINGSTEGNIKUS

BAMCO VERPAKKING, ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma met ontstaan in 2009 as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbouondernemings, Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoedelkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres.

Die gepaste kandidaat sal aansluit by ‘n wêreldklas maatskappy met van die nuutste tegnologie. ‘n Droom geleentheid vir enige passievolle kandidaat. Die pos sal leiding neem van die Verkoelingsafdeling en baie nou saamwerk met instandhoudingspan. Die kandidaat moet met oorgawe en passie sy werk verrig en goeie verkoelings dissiplines volg. Eienskappe: •Stiptelik, betroubaar asook ‘n oog vir detail

•Bereid wees om oortyd en naweke te werk, indien nodig

•Moet onafhanklik en onder druk kan werk

•Gedissiplineerd - werk binne veiligheidsreëls soos voorgeskryf

•Moet oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik

•Verblyf in Ceres omgewing of in Koue Bokkeveld

•Moet oor kode 8 lisensie beskik

Essensiële kwalifikasies, vaardighede en ervaring:

•Relevante tegniese/trade kwalifikasie (Millwright / Elektriese / Meganiese)

•Elektriese- & Verkoelingsvaardighede / ervaring is kardinaal

•Meganiese kennis sal tot voordeel wees

•±3 Jaar ondervinding in BA verkoeling

•Vertroud met wetlike aspekte van Gesondheid- en Veiligheidsmaatreëls en toepassing daarvan

•Rekenaarvaardig (MS Office)

•Bestuur van ‘n klein afdeling juniors

•Daagliks monitering

•Verkoelingsbestuur wat met foutopsporing gepaard gaan.

•Toesig oor daaglikse inspeksie prosesse

•Behou die leefwyse van skoonhou en instandhouding

•Skakeling met diensverskaffers en verseker alle instandhouding op toerusting word gedoen

•Bekend met BA + DCA toerusting

•Beheer van nuwe projekte

•Finansiële beplanning vir begroting en instandhoudings doeleindes

‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring en kwalifikasie. Die pos rapporteer aan die hoofbestuurder Stuur asb. CV met werksverwysings en salarisverwagting na: mannekrag@bamco.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 Maart 2024 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Bamco volg ’n beleid van Gelyke geleenthede.

4 l WITZENBERG HERALD l 15 MARCH 2024

Bakkiebestuurder moet in streekhof verskyn na vyf kinders in ongeluk sterf

DIE bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie wat 10 insittendes vervoer het, moet later die jaar in die Bluedowns streekhof verskyn op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur.

Vyf kinders is dood toe die 40-jarige bestuurder, Adriaan (Rian) Hanse, Sondag 9 Julie 2023 omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling op die R300 getref het. Die bakkie het langs die snelweg tot stilstand gekom.

Die bestuurder, sy vrou Nolisa, en haar twee susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het die betrokke naweek

saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier.

Al die kinders was saam met die twee susters agterop die bakkie en almal is met die slag van die voertuig afgegooi.

Drie insittendes is met ernstige beserings na die Tygerberg hospitaal geneem vir behandeling.

Hofverskyning

Vyf klagtes van stafbare manslag is by die Brackenfell SAPD geregistreer. Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder se borgtog van R5 000 is verleng.

Mullins-

Laerskool

Gericke doen dit weer.

PUBLIC NOTICE

INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD

2022/SV1

Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no. 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2022/SV1 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 15 March 2024 to 30 April 2024. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from undermentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed to Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835.

PUBLIEKE KENNISGEWING

INSPEKSIE VAN AANVULLENDE WAARDASIEROL

VIR DIE PERIODE 2022/SV1

verhoor uitgestel oor hy siek

Na die sukses van verlede jaar se Foods of the World, word dit vanjaar op 15 Maart 2024 aangebied. Besoekers kan ‘n fees van disse en musiek te wagte wees. Met geure en smake uit agt verskillende lande, soos Mexico, Griekeland, Suid-Afrika en nog meer, sal jou mond water vir nog. Kinders sal vanaf vroegmiddag in die waterspeelpark kan baljaar. Die heerlikste disse sal vanaf 18:00 vir elke fynproewer gereed wees. Geniet die heerlike disse terwyl jy ook vermaak word met musiek uit die boonste rakke. Die Gericke-ouers is reeds besig met haarfyn beplande voorbereidings om met hierdie fees alle vorige feeste te oortref.

Kaartjies is nou by Laerskool Gericke te koop.

Vir meer inligting, skakel die skool by (023) 312-1110.

voel

DIE man wat op Erfenisdag 2020 ‘n Bella Vista inwoner in sy bakkie doodgeskiet het, se sake in die Worcester streekhof is Maandag weer uitgestel.

Die keer omdat hy siek voel. Die landdros het ook opdrag gegee dat Justin Mullins (41) van Ceres, wat tereg staan in die Worcester streekhof op aanklagte van moord (2020), poging tot moord (2019) en die oortreding van ‘n beskermingsbevel, ‘n doktersbrief moet inhandig met sy volgende verskyning.

Mullins bly in aanhouding en moet weer op 26 en 27 Junie in die streekhof verskyn.

Hofsaak

Mullins word van die moord op Manschoer Constance (34) van Bella Vista aangekla.

Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg gebeur.

Mullins het gevlug en na meer as ‘n week op die vlug, het hy homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee.

Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het.

Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het beslag gelê op die moordwapen.

Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2022/SV1 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 15 Maart 2024 tot 30 April 2024. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onder-staande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nokutula Mtalo by (023) 316-1854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.

ISAZISO

SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA

KOXABANGELO LWAMAXABISO LUKA 2022/SV1 Esisaziso sikhutshwe ngokweCandelo 49(1) a (i) ngokuphathelene neCandelo 78(2) looRhulumente bezeKhaya kumthetho ka-2004 unombolo 6 oyi (Local Government Municipal Property Rates) obizwa ngokuba nguMthetho wohlolo lukawonkewonke loxabangelo lwamaxabiso. Ithuba lokufaka iziphakamiso 2022/SV1 livuliwe kwii-Ofisi zikaMasipala ukusukela ngomhla we-15 kweyoKwindla 2024 ukuya kumhla wama 30 kwekaTshazimpuzi.2024. Naku mnathazwe www.witzenberg.gov.za Esisimemo sikhutshwe ngokubhekiselele kwiCandelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse neCandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongu-mninimhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala koluxabangelo lwamaxabiso lukhankanywe ngentla kwaye siqaphele nexesha elingunqamlajuqu. NgokweCandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso/isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu/ indawo yomntu lowo kodwa singabingaphesheya kwalomthetho woxabangelo lwamaxabiso. Iifomu zeziphikiso/iziphakamiso ziyafumaneka kwii-Ofisi zikaMasipala. Koko iifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zifakwe kwii-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, eCeres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. M Poole or Ms. Nokutula Mtalo (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi. D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / UMLAWULI-MASIPALA

15 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Dienste : - Blokkasies en lekke - Geiser installasies - Rioolstelsels - Gebarste pype - Alle loodgieter herstelwerk

Skakel Richard ‘Stormy’ Langeveldt 079-814-0627

DRINGEND OP SOEK NA

2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop.

SkakelKobusSkakelKobus SkakelKobusSkakelKobus Skakel Kobus 083-659-1735083-659-1735 083-659-1735083-659-1735

PLANT AND TOOL HIRE HIRE

Mini

and general waste.

Christiaan 079-177-2490

☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

NB: Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

Die

Cornie Farmer

2024/03/11

1952/01/19

R oudiens : Do. 14/03/2024

om 19:00, St Matthews kerk, Bella Vista

Begrafnisdiens: Sat. 16 Maart 2024

Huis: 09:00, Eerstelaan 3, Ceres

Kerk: 10:00, St Matthews, Bella Vista Graf Ceres

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking, verfwerk of vir jou babahondjies. (023) 316-2021 w.t.o.

• Panelbeating •Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker Street, Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd

EC BUSDRYWER

VEREISTES:

• Lisensie Kode 14

• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer

Skakel: 072-469-7517

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

1 Tim. 3:5

“Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem?”

Evangelis Jacobs

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

R30 per bondel

 (023) 316-2021

GRATIS

Whatsapp die woord HERALD

gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items van onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

nuusbrokkies

VRIENDE van die Togryers museum op Ceres, bied hul eerste uitstappie van 2024 aan op Sondag 17 Maart. Leer meer oor die historiese Westekant van Voortrekkerstraat insluitend die ou markplein, Grand hotel, Luyt & Kie en meer. Beginpunt is 15:00 voor John Steyn biblioteek. Koste vir nie-lede is R30 p.p. Bespreek jou plek by (023)312-2045.

BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor nooi alle ondersteuners na ‘n groot A Board kompetisie wat plaasvind op Sondag 17 Maart op die Rosina Paarwater stadium in Bellville. Die reisgelde beloop R130 vir busvervoer en R30 vir hekgelde. Die optelpunte in Bella Vista is die Rooi winkel en Skotlandstraat 586. Die bus vertrek om 06:30. Vir verder inligting kan die voorsitter Julius by 083-726-5866 geskakel word.

PPK Ceres gaan vanaf 29-31 Maart na die Paaskonferensie in Jeffreysbaai. Belangstellendes wat wil saamgaan kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673

COUNCIL for Enterprise Development and Economic Reform (CEDER) bied ‘n inkleurkompetisie aan vir alle kinders tussen die ouderdom 7-12 jaar. Die kompetisie vind plaas op Donderdag 21 Maart (Menseregtedag), by die Rietvallei biblioteeksaal. Die verrigtinge begin vanaf 10:30 tot 14:00 en inskrywings beloop R10 per kind. Daar is verskillende pryse op die spel en nog ander pret om na uit te sien. Vir verdere navrae kan Christophe Seroot by 071-278-0544 geskakel word.

DIE Oesfees op die geskiedkundige Solms-Delta wynlandgoed is weer terug op die kalender. Die Oesfees word op 6 April aangebied in Franchhoek. Kunstenaars soos Loukmaan Adams, Anton Goosen en Agri Got Talent wenners sal optree. Kaartjies kos R200 en hekke open om 10:00. Kaartjies is by Plankton.mobi beskikbaar.

You’re Someone’s Type - Donate Blood

THIS March, the Western Cape Blood Service (WCBS) urges the public to make a life-saving difference by donating blood.

With a focus on raising awareness and educating the community about the critical need for new blood donors, especially among the youth, WCBS is launching a series of blood grouping and donor registration exhibitions across various venues. The public, everyone 16 years and older, will be able to test their blood group, by means of a quick fingerpick test, and register as a new blood donor.

Marike Carli, Public Relations Manager at the Western Cape Blood Service, emphasises, “Our goal is to increase the active blood donor base in the Western Cape to reflect 1-2% of the population. Currently, we only have 0.95% active donors, posing a challenge to meet the ongoing demand.”

Did you know? One in every three individuals is either an O-positive or an A-positive blood type, making these the most common blood types. However, all eight blood groups are crucial for meeting daily patient needs. The emphasis on O-blood groups is due to their universal donor status, with O-positive being transfusable to all patients with a positive blood type, and O-negative being compatible with everyone.

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. Donating blood is safe and painless, with only 475ml drawn and replaced within 24 hours. Donors are advised to eat a substantial meal within three to four hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time, and you can donate blood every 56 days. For more information send a WhatsApp to 060-549-7244

6 l WITZENBERG HERALD l 15 MARCH 2024
1955/11/12 - 2024/03/10 Roudiens Do. 14/03/2024 om 19:00, VGK Ceres Begrafnisdiens: Sat. 16 Maart 2024 Huis: 09:30, St Johnstr. 14, Ceres Kerk: 10:30, VGK Ceres Graf Ceres 081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Mary Francoline Mouton 1951/02/03 - 2024/3/06 R oudiens: Do. 14/03/2024 om 19:00, Sederweg 479, Bella Vista Begrafnisdiens: Sat. 16 Maart 2024 Huis: 09:00, Sederweg 479, Bella Vista Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista
Kannemeyer ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814
John
beste diens, altyd.
Cedras
Jakob
-
skip rentals
removal
2m² Waste bin for the
of all building, garden
PLANT AND

Gholfspelers het nog ‘n week om in te skryf vir klubkampioenskappe

CERES gholfklub het Saterdag ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied.

Die dag is deur Gustav Greffath gewen met ‘n telling van +9.

Nico Hanekom was tweede met Etienne Notley in die derde plek en Neels Smit in die vierde plek, almal met tellings van +6.

FK van Schalkwyk was vyfde met +3.

Nog min inskrywings ontvang

Die Ceres klubkampioenskappe se datum is onlangs bekend gemaak.

Die klubkampioenskappe vind plaas op Saterdag 23 Maart en word vanjaar deur Proverte geborg.

Die klub het in 2022 en 2023 ‘n ander formaat op die proef gestel waar die A-afdeling oor 36 putjies op die Saterdag speel en 18 putjies op die Sondag terwyl die ander afdelings net 18 putjies oor twee dae speel.

Vanjaar keer die klubkampioenskappe terug na die ou formaat van 36 putjies op een dag.

Spelers in al drie afdelings sal in houespel formaat meeding in die A-afdeling (voorgee 0-9), B-afdeling (voorgee 10-18) en C-afdeling (voorgee 19-36).

Enige speler wat nie aan die klubkampioen-

skappe (houespel) wil deelneem nie, kan in die D-afdeling aan ‘n enkel stableford kompetisie oor 36 putjies deelneem. Daar sal vleispryse op die spel wees in die D-afdeling.

Spelers ouer as 50, kan karretjies bespreek. Die koste beloop R450 per speler en sluit ‘n hamburger en skyfies in na 18 putjies.

Die veld is beperk tot 52 spelers om voorsiening te maak vir ‘n moontlike uitspeelstryd.

Loting

Die loting sal oor ‘n week op Woensdag 20 Maart plaasvind. Sluitingsdatum vir inskrywings is 19 Maart. Daar is nog plekke oop en inskrywings kan nog by die kroeg gedoen word of via 084-5876-332

‘n Prysuitdelingsfunksie sal na afloop van die dag se spel gehou word.

Maart-kompetisies

Op 16 Maart (4BBB stableford) vind die eerste Standard Bank pare kompetisie plaas.

Op 23 Maart die Proverte klubkampioenskappe en op 30 Maart - enkel proggresiewe stableford.

Besprekings

Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068 vir volgende naweek se spel.

Dutoit Agri verbou, verpak en bemark sagtevrugte en groente in die Wes- en Oos-Kaap.

BEMARKING ASSISTENT: GROENTE

Prince Alfred’s Hamlet

Die posbekleër sal aan die Bemarkingsbestuurder verantwoordelik wees vir die administrasie van uitvoer- en lokale bestellings, sekere logistieke funksies en organisering van sy lessenaar.

Die ideale kandidaat is ‘n gedissiplineerde, energieke persoon wat oor goeie groente kennis beskik en die bemarking omgewing asook gepaardgaande logistieke funksie verstaan.

•‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie

•goeie toepaslike ondervinding

•die vermoë om goeie menseverhoudings te handhaaf

•bogemiddelde kommunikasievaardighede (veral in Engels) en •goeie rekenaarvaardighede in veral MS Office (Excel, Word, Outlook en PowerPoint)

Ons bied ‘n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.

Stuur ‘n volledige CV so gou doenlik na: recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar ideaalgesproke nie later as 1 Mei 2024 wees nie.

STEINTHAL Vaardigheidskool het uitsonderlike prestasies behaal by die streeksbyeenkoms wat op Donderdag 22 Februarie in die Paarl gehou is. Steinthal atlete het veertig medaljes verower wat insluit 11 goue, 14 silwer en 15 brons medaljes. Dié atlete sal saam met die res van die Wes-Kaap LSEN skole meeding vir ‘n plek in die Wes-Kaap span. Vier en twintig van die 50 atlete wat deelgeneem het, het Boland-kleure verwerf. * Groot dank aan die afrigter, Matthew Nortjé. Hier is die Boland atlete saam met die skoolbestuurder, Wilmar Saville (middel voor), afgeneem.

CERES (023) 316-2226

Exciting new opportunities at Ceres Superspar

CASHIERS (FULL TIME)

The following requirements are needed:

•Confident and honest•A sense of responsibility

•Ability to remain calm under pressure•Be able to work under pressure

•Willing to work shifts and weekends•Fully bilingual (English & Afrikaans)

•Must have matric•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Must have people’s skills (must have previously worked with clients and must understand customer service)

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID and matric certificate included) to: ceres2@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com

For attention : Human Resources

Closing date for applications: Thursday 28 March 2024

Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by Friday 5 April 2024, please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

Die Dutoit Agri se Menslike Hulpbronne-departement verskaf ’n omvattende personeeldiens aan al die afdelings van Dutoit Agri in die Wes- en Oos-Kaap, sowel as aan filiale van Dutoit Groep. Hierdie nuwe vakature bestaan by die hoofkantoor op Ceres.

VERGOEDINGSKLERK (Ceres)

Die posbekleër sal binne die Menslike Hulpbronne afdeling rapporteer en die verantwoordelikhede behels hoofsaaklik • Die verwerking van lone van ongeveer 250 loonwerkers tydens seisoentyd op Sage 300 People (betaalrolsagteware) • Alle verwante administratiewe take • Gedeeltelike administrasie van Groepsvoordele, wat die begrafnis- en voorsorgfonds insluit.

Die ideale kandidaat beskik oor • goeie interpersoonlike vaardighede • ’n goeie syfer- en administratiewe ingesteldheid en • die vermoë om onafhanklik te funksioneer.

Toepaslike ondervinding, wat bogemiddelde rekenaarvaardighede (Microsoft Office) insluit is ‘n vereiste terwyl kennis van die Sage300 People stelsel die aansoek sal versterk.

Benewens aangename werkomstandighede, bied ons ’n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ’n aftreefonds insluit.

Stuur ’n volledige CV so gou doenlik aan: recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding sal ideaalgesproke nie later as 1 Mei 2024 wees nie.

15 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 7

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Ceres klop Delicious

DIE naweek het die tweede rondte wedstryde plaasgevind. Ceres het hulle seisoen terug op die wenpad gekry met ‘n goeie oorwinning van 24-15 oor hul bure, Delicious.

Vir Ceres het Arno van Wyk, wat weer begin rugby speel het na 'n lang afwesigheid, en Aldo Sauls, elkeen ‘n drie gedruk. Corné du Plessis het met vier strafskoppe en een doelskop geslaag.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:

Bella Vista klop Temperance 29-9, Roses United wen 24-16 teen Young Blues, Evergreens Paarl klop Wellington 43-13, Newtons klop Wolseley naelskraap 25-23 en Hillcrest United klop Hamlet 3125.

Uitslae in die streek uitdaagkompetisie:

Tulbagh klop Red Roses 24-12, Lovedale klop Vastrap 47-19, Paardekloof wen Lindeshof naelskraap met 17-16, Op-die-Berg klop Young Good Hopes 38-9 en La Plaisante en Young Westlyans speel gelykop met 21-21.

Uitslae van die gemeenskapskild kompetisie:

Young Black Arrows klop Langrivier 41-14, Donkerbos klop Young Blues 21-17, Kromfontein wen Miracles 20-17, Howbill klop Nooitgedacht 12-7, Pumas is te sterk vir Young eagles en wen die wedstryd 41-6 en Tandfontein mors met Esperanto en wen 57-6.

*Daar is nou 226 rugbyklubs in die Boland geregistreer.

Witzenberg Herald

LOXTONIA Cider het die naweek drie plaaslike fietryers gehelp om geld in te samel vir Anton Franken, ‘n gestremde oudsoldaat van Bredasdorp. Franken het beide sy bene tydens sy dienspligjare in die weermag verloor. Drie fietsryers van Ceres, Pierre de Jager, Jakes Jacobs en Aubrey November hier afgeneem saam met Anton Franken (links). Die drie fietsryers het hom in ‘n waentjie gesleep oor die volle 109km van die Cape Town Cycle Tour wat Sondag 10 Maart plaasgevind het. Hulle het die wedren klaargemaak twee ure voor die afsnytyd. * Die Witzenberg gemeenskap, besighede en maatskappye wat nog bydraes wil maak, is steeds welkom. Anton se mediese en daaglikse onkostes het die afgelope paar jaar die hoogte ingeskiet. Inbetalings kan gedoen word in die Trustrekening van P.J. Barnard Attorneys, FNB trustrekeningnommer: 62370331903, takkode 250655 met verwysing ANTON.

AJANDA Nel, ‘n leerder van Laastedrif NGK primêr, het die eerste leerder in die geskiedenis van dié skool se bestaan geword wat die Boland atletiekspan gehaal het. Hy het die naweek van 9 Maart aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms deelgeneem in verspring en ‘n silwer medalje verower. Hier is hy gekies vir die Wes-Kaap atletiekspan wat op 30 Maart aan die S.A. atletiekkampioenskappe in Limpopo gaan deelneem.

LIGSTRAALTJIES het die naweek hul ses-aan-’n-kant kriekettoernooi en familiedag vir die vyfde jaar op Laerskool Gericke se krieketveld aangebied. Die Ball of Duty-span (bo) was die wenners van die toernooi met die Great Balls of Fire-span (onder) in die tweede plek. * Daar is ook pryse uitgedeel aan Cherry Time Taai Toffies (beste pakkies), Kaap Agri (beste gees), Charl (Tippie) du Toit (beste bouler) en Gordon Johnston (beste kolwer). * Die organiseerders bedank al hul borge en ondersteuners wat gehelp het om van die dag ‘n groot sukses te maak.

Kom besoek ons nuwe kantore by die Harmoniegebou, Voortrekkerstraat

Charlie Hofmeyr se A-hokkieveld)

8 l WITZENBERG HERALD l 15 MARCH 2024
Sport
FIRE DETECTION | INVERTERS & SONPANELE | CCTV INSTALLASIES | ALARMS | TOEGANGSBEHEER (FINGER PRINT/FACIAL READERS, HEK MOTORS, STRIKER LOCKS)
17D, Ceres (oorkant
023 1000 515 info@jptek.co.za www.jptek.africa
ALDO Sauls, flank van Ceres, was die naweek een van sy span se uitblinkers. Hy het ook ‘n drie gedruk. FOTO:
Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.