WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 10
Witzenberg Herald
R8
Friday, March 18, 2022
Since 1997
CERES (023) 312-2144
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Maart
Vrydag 18 Maart
12° 33°
16° 36°
Saterdag 19 Maart
16° 34°
Sondag 20 Maart
16° 34°
Ceres Koekedouw dam
75,5% 1997 - 2022 Telephone: (023) 316-2021
Lesing: 2022/03/16
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Prokureur geskors ‘n PROKUREUR van Ceres kan nie verder praktiseer nie nadat hy verlede Vrydag deur die Kaapstad hooggeregshof verbied is om verder sy onderneming se trustrekening te gebruik. Die stap kom nadat die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad (SARPR) ‘n klagte op 25 Januarie ontvang het om die prokureur en politikus van Ceres, Barnito Klaasen (46), se trustrekening te vries. Klaasen het hierna ‘n grasietydperk gekry om te reageer op die klagte teen hom by die SARPR. Hy het egter nagelaat om dit te doen, dit nadat daarna nog ander pogings was om met hom te kommunikeer. Die ondersoek-komitee het op Donderdag 17 Februarie aanbeveel dat die dissiplinêre-komitee die aangeleentheid verder moet ondersoek. Die SARPR het ‘n dringende aansoek op 1 Maart by
BARNITO Klaasen (46).
die hooggeregshof ingedien om mnr. Klaasen in terme van die Wet op Regspraktyke te verhoed om verder as prokureur te mag praktiseer, sy trustrekening te gebruik en dat hy geskors word hangende die ondersoek deur ‘n dissiplinêre-komitee om die omvang van die beweerde wanbesteding, vas te stel. Die aangeleentheid is Vrydag 4 Maart in die Kaapstad hooggeregshof voor regter Mantame aangehoor. Die hof het ook ‘n kurator aangestel om die trustrekening te administreer totdat die dissiplinêre verhoor afgehandel is. Die dissiplinêre-komitee vergader later in Maartmaand. Mnr. Klaasen word verder beveel om die kuratorsfooie en uitgawes te betaal teen ‘n fooi van R1200 per uur, om die fooie en uitgawes te betaal van persone wat deur die kurator gekonsulteer word asook die koste van dié hooggeregshofaansoek op ‘n skaal van prokureur en kliënt. Agtergrond Klaasen, tans ‘n proporsionele raadslid en oudburgemeester van die dorp, word daarvan verdink dat hy wederegtelik meer as R6 miljoen uit sy trustrekening geneem het. Die geld was die koopsom van ‘n plaas, Druk my Niet Studs. Die plaas van nagenoeg 250 hektaar is op die Waterval-grondpad buite Tulbagh geleë. In November 2021 het die koper en verkoper die koop gekanselleer omdat die staat te lank geneem het om die plaas te onderverdeel en die oordrag nie kon plaasvind nie. Pogings deur die koper om die geld terug te kry was tot begin Februarie vanjaar nog onsuksesvol. Verdere optredes en reaksie Die aangeleentheid is Maandag 14 Maart deur die provinsiale uitvoerende komitee van die Wes-Kaap DA bespreek waarna dit vir ‘n beslissing en optrede na die federale voorsitter, Helen Zille, verwys is. Geen verdere terugvoering is sedertdien hieroor ontvang nie. Die Witzenberg munisipaliteit kan nie op navrae reageer wat betrekking het op raadslede/politici nie. Die voorsitter van Ceres Besigheidsinisiatief voel hulle kan nie saamwerk met raadslede wat betrokke is by beweerde of verdagte transaksies en versoek al die betrokke rolspelers om die aangeleentheid so gou as moontlik op te los.
Polisielede kry gesteelde skootrekenaar en musiekstel vinnig terug TWEE Ceres polisielede, sers. Shaun Hofmeester (links) en kst. Lollie Boer, het Maandag 14 Maart ‘n diefstalklag bygewoon waartydens ‘n Lenovo skootrekenaar en ‘n Harman/Kardom musiekstel ter waarde van nagenoeg R15 000 gesteel is. Goeie samewerking van gemeenskap het hulle na die gesteelde items gelei. Die polisielede word geloof vir hul vinnige en deeglike werk om die gesteelde items terug te kry.
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91
Stokvis (heel of fillet)
KOOP JOU VIS VIR PAASFEES VROEGTYDIG! Pickle spice
Snoek (heel of stukkies) Stokvis 5kg bokse
Geelstert
Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.