Witzenberg Herald Vol.27 no.9 (Online Weergawe)

Page 1

● Eskom doen

Sakeman met ‘n hamer aangeval

‘n SAKEMAN van P.A. Hamlet, is Maandagmiddag by sy werksplek langs Fase 4 woonbuurt, deur ‘n onbekende man aangeval.

Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar, was omstreeks 17:28 besig om sy perseel te sluit toe hy deur die man aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Die man, wat op die stoep gesit het, het sy selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.

Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof. Buurtwaglede asook die polisie soek tans na die verdagte en volg leidrade op.

Indien die gemeenskap iets meer weet oor die aanval, kan hulle kapt. Ballack skakel by (023) 313-3133.

Ander voorval

Dié Kleynhans-aanval volg kort op die hakke van ‘n voorval waar ‘n huurder op dieselfde perseel met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek is.

Juan Hanekom (43) is op 31 Januarie met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek. Nkosana Dyasopu (31) ook bekend as Lucky, is gearresteer en het in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die saak is vir verdere ondersoek na 3 April uitgestel. Dyoshu bly in aanhouding.

Moord

‘n Man (36) is die naweek tydens beurtkrag vermoor.

Die voorval het Sondagaand 3 Maart omstreeks 00:20 in Pinevalley buite Wolseley plaasgevind.

Volgens die polisie is Sizwe Lelani dood in die plakkerskamp nadat hy deur ‘n onbekende persoon met ‘n mes in die bors gesteek is.

Met die polisie se aankoms op die toneel was Lelani reeds dood.

Indien daar iemand is wat iets gesien het of weet wie die aanvaller is, kan hulle die polisiestasie skakel by (023) 231-8014.

TWEE ongelukke het die naweek op Tulbagh plaasgevind. In die eerste ongeluk (foto regs) is drie mense beseer en vir behandeling na Ceres hospitaal geneem nadat ‘n silwerkleurige Hyundai i10 die pad verlaat en gerol het. Die ongeluk het Saterdag 2 Maart omstreeks 16:45 plaasgevind. Die insittendes was van Bloubank se kant na Tulbagh onderweg toe die bestuurder in ‘n skerp draai na Vrolikheid, beheer oor die motor verloor het. Op Sondag 3 Maart omstreeks 20:15 het die bestuurder van ‘n VW beheer verloor by die Stasieweg-kruising. Die vier insittendes van Ceres was van Tulbagh in die rigting van Waterval onderweg toe ‘n band van die voertuig na bewering gebars en dit in die bosse op sy dak te lande gekom het. Twee insittendes is na die hospitaal geneem vir behandeling.

2021

2023

2016

Party vervang raadslid

JOT Nel van ICOSA (links) is vanaf Desembermaand die nuwe proporsionele raadslid in die plek van Petrus Herandien (regs). ICOSA het einde verlede jaar besluit om Nel in die plek van Herandien te plaas in die Witzenberg munisipale raad. Herandien het hom in Januariemaand na die Hooggeregshof gewend vir ‘n dringende interdik teen dié besluit van ICOSA om hom te vervang en sy partylidmaatskap te beëindig. Herandien het ook ICOSA-leiers, die OVK, die Witzenberg munisipaliteit en die munsipale bestuurder as respondente by die aansoek gevoeg. Die uitspraak is op 12 Februarie deur waarnemende regter Adhikari gelewer waarin hy die dringende interdik aansoek van Herandien van die hand wys.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d Witzenberg Volume 27 no. 9 R 10 Friday, 8 March 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 73% TULBAGH DAM 54% WAVERENSKROON TULBAGH 55% Lesings geneem: 2024/03/06 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer vv vooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 7 Maart 13° 26° Vrydag 8 Maart Saterdag 9 Maart Sondag 10 Maart 14° 27° 15° 33° 17° 35° (023) 312-1916 CERES WE NOW DO BELLA VIST WE DO BELLA VISTA DELIVERIES A DELIVERIES A MEAL IT! Add a 1.5L drink R20780
Vyf beseer in ongelukke Voortrekkerstraat 112, CERES  (023) 312-1057 From R3 500
Toyota Agya
Toyota Hilux 2.8 Raider DC 4x4 AT From R10 599
Toyota Corolla 1.4D Presitge From R4 300 TERMS AND CONDITIONS APPLY. BALLOON PAYMENT APPLIES TO CERTAIN MODELS. LINKED RATE. In die week se uitgawe:
Leerders
presteer
herstelwerk
In die week se uitgawe:
Rugbyseisoen skop af

DIE Tulbagh Lionsklub het Saterdag 2 Maart ‘n liefdadigheidsinisiatief geloods deur medeLionsklubs en ander besoekers, o.a. die Heartwarming Helpers en motorfietsryers van die Crusaders motorfietsklub Suid-Afrika, na Steinthal Vaardigheidskool te nooi. Die doel van die besoek was om bewusmaking te skep rondom die kritieke behoeftes van die Vaardigheidskool se koshuise en koshuiskinders. Die Vaardigheidskool, wat in geheel onafhanklik is van die Steinthal Kinderhuis, ervaar ‘n ernstige finansiële tekort as gevolg van ‘n gebrek aan staatsondersteuning. Hierdie tekort benadeel veral die koshuise en koshuiskinders en die Tulbagh Lionsklub poog om met dié inisiatief ‘n gesamentlike liefdadigheidsprojek onder mede-Lionsklubs te maak. * Vir meer inligting stuur ‘n epos na Tulbagh Lionsklub se president, Ria Cronjé, by secretary@tulbaghlionsclub.co.za

CERES FRUIT GROWERS (PTY) LTD. EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN CAPE

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd., one of the leading fruit packing and storage companies in SA, requires an energetic and professional person for the following position at its Ceres plant:

MECHANICAL & ELECTRICAL MANAGER

Ceres Fruit Growers ( Pty ) Ltd, one of the leading fruit packaging and marketing companies in SA, has the above position available for an energetic and professional individual to join their team based at their premises in Ceres (Western Cape). The incumbent will report directly to the Manager: Engineering Services and be responsible for the maintenance of mechanical and electrical equipment and control systems.

The successful candidate will be responsible for : • Asset management (maintenance plans, capacity analysis, scheduling, etc.) and ensuring high availability of packhouse equipment and vehicle fleet • Active participation and management of capital projects • Providing support to the millwrights / mechanical / electrical staff through guidance and provision of training / experience • Drafting and controlling packhouse maintenance (mechanical & electrical) budgets • Inventory management • Liaison with internal & external clients and contractors

• General maintenance on premises • Implementation of continous improvement initiatives • Safety programme management (SHE).

Essential qualifications, skills and experience : • Relevant Engineering

Qualification (Minimum N6) with completed trade test • 8-10 years’ applicable experience in maintenance / engineering in a packhouse / production work environment • Excellent interpersonal skills (Afrikaans and English) • Teamplayer

• Provide assistance and guidance to team after normal working hours • Valid driver’s license and reliable own transport • Good computer skills and PLC knowledge.

Please apply online at www.m3online.co.za before 09:00 on 2 April 2024. For general enquiries, contact our team at M3 Human Capital Management on 021 863 1444.

PLEASE NOTE THAT ONLY SHORTLISTED CANDIDATES ARE CONTACTED. IF YOU DON’T HEAR FROM US WITHIN TWO WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ASSUME THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL.

In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

WITZENBERG sosiale krieketklub Stouteboudjies, bedank Elton en Claudia Cyster van Rec Refrigeration & Electric asook Damian Abrahams en John van Niekerk vir die kriekethandskoene en waterbottels wat hulle aan die klub geskenk het. * Hier ontvang Hendrico Bartman (middel) die skenking van Elton en Claudia.

Eskom doen noodherstelwerk

DIE Witzenbergstreek was die afgelope twee weke gelukkig met geen beurtkrag wat toegepas is nie.

Die rede hiervoor was ‘n gaslek by die Romansrivier substasie wat nie onmiddellik herstel kon word nie.

Eskom kon eers Dinsdagaand 5 Maart die nodige herstelwerk uitvoer. Al die dorpe in die streek, van Tulbagh tot by Op-die-Berg was tussen 23:00 en 04:00 sonder krag sodat Eskom die noodherstelwerk kon doen.

Ander probleme

Eskom ly elke dag miljoene rande skade weens vandalisme en diefstal. Hierdie skade word grotendeels tydens beurtkragepisodes aangerig.

Die afgelope week is olie by een van die elektriese transformators gesteel wat veroorsaak het dat die Bon Chretien substasie uitgeskop het.

Op 2 Februarie het Eskom herstelwerk gedoen by ‘n transformator wat deur vandale beskadig is.

Die Ceres hospitaal se kragopwekker was ook onlangs vir ‘n dag buite werking waarna die munisipaliteit Eskom vir beurtkrag kwytskelding gevra het. Die kragopwekker is die volgende dag herstel.

2 l WITZENBERG HERALD l 8 MARCH 2024
FOR THE LOVE OF TREES! 079 033 6754 www.treemonkeys.co.za

Werk met Vuur bestry 38 brande in een maand

WERK met Vuur het 38 bergbrande in Februariemaand bestry wat meer as 14 000 hektaar se fynbos en plantasies vernietig het. Meer as 2000 sakke met water is deur die helikopters op vlamme gestort. Die afgelope naweek is meer as 300 brandbestryders ontplooi na 23 veldbrande in Kaapstad. Weskus, Overberg, die Tuinroete asook in die Kaapse wynland distriksmunisipaliteit. Hier is die Tulbagh brandspan besig om in die Winterhoek vlamme te blus.

Instelling word oor die vingers getik

‘n OPLEIDINGSINSTELLING wat iemand met e-posse gebombardeer het, is onlangs op die vingers getik oor oortredings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia).

Die inligtingsreguleerder van Suid-Afrika het sy eerste afdwingingsbevel ingevolge Popia uitgereik sedert die owerheid in 2016 tot staan gekom het om Popia en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) af te dwing.

Iemand het by die reguleerder oor FR Ram Consulting gekla, ‘n opleidingsentrum wat sy kursusse per e-pos adverteer, oor bemarking waartoe die betrokke persoon nie ingestem het nie.

“Ongeag veelvuldige pogings om nie meer boodskappe te ontvang nie en versoeke om van die maatskappy se e-poslys verwyder te word, het FR Ram Consulting die pleidooie van die persoon blatant geïgnoreer en voortgegaan om bemarkingsbriewe te stuur,” sê adv. Pansy Tlakula, voorsitter van die reguleerder.

In ‘n verklaring sê sy die reguleerder se “toegeeflikheid” oor ongevraagde elektroniese kommunikasie” gaan iets van die verlede word, want verantwoordelike partye, wat openbare sowel as private instellings insluit, ignoreer die wet en maak inbreuk op die regte van mense.

Riglyne oor die moets en moenies van die verwerking van persoonlike inligting vir regstreekse bemarking gaan ook weer uitgereik word.

Popia bepaal ‘n firma mag mense wat nie voorheen geweier het om bemarkingsinligting te ontvang nie, net een keer nader om toestemming te kry vir bemarking. Toestemming moet ook op ‘n voorgeskrewe vorm van die reguleerder gekry word.

Dit beteken die eerste boodskap wat FR Ram Consulting moes uitstuur, die moes wees waarin hy toestemming vra.

Popia definieer toestemming as vrywillige, spesifieke en ingeligte uitdrukking van gewilligheid, waarin toestemming gegee word vir die verwerking van persoonlike inligting.

FR Ram Consulting moet nou onderneem om dinge reg te doen en moet ook ‘n databasis bywerk van almal wat voorheen toestemming om bemarkingsmateriaal te ontvang geweier het. As die maatskappy nie binne 90 dae aan die instruksies voldoen nie, kan hy beboet word.

Oortredings van Popia kan met R10 miljoen of tot 10 jaar tronkstraf gestraf word.

Foonoproep ook elektroniese kommunikasie

Intussen het die reguleerder dit ook makliker gemaak om te kla omdat foonoproepe ook nou tot elektroniese kommunikasie ver-

klaar is. Adv. Collen Weapond, lid van die reguleerder, sê die getal klagtes wat oor elektroniese bemarking ingedien word, vermeerder jaarliks. Die klagte het veral te doen met tele-bemarkingsoproepe.

Weapond sê verskeie aspekte is oorweeg voordat beslis is dat telefoonoproepe ook as elektroniese kommunikasie geld.

Daar is onder meer gekyk na hoe internasionale reguleerders, soos in Brittanje, soortgelyke sake hanteer. Die reguleerder het ook gekyk na die huidige ontwikkeling van tegnologie.

“Sodra die inligting geberg kan word en ook weer herstel kan word, byvoorbeeld deur die stem-oor-die-internet-protokol (VolP), dan praat ons van ‘n telefoon wat aan die vereiste van elektronies kommunikasie doen.”

Ken jou regte

Daar is ‘n paar reëls wat telebemarkers in gedagte moet hou voordat hulle iemand skakel sê Weapond.

Hulle is veronderstel om eers toestemming te verkry om jou te bel op die geskrewe vorm wat die reguleerder voorskryf. Dit is belangrik dat die bemarker die toestemming direk kry van die persoon wat hulle wil skakel en nie deur ‘n derde party nie.

Verder word enige persoonlike inligting vir spesifieke doeleindes verwerk, onder meer om ‘n spesifieke produk te bemark.

Byvoorbeeld, as jy na ‘n bank toe gaan en jy doen aansoek vir ‘n kredietkaart en die bank verwerk jou inligting vir die doeleindes, het die bank nie toestemming om daardie persoonlike inligting verder aan te stuur nie, verduidelik Weapond. As die bank daardie inligting sonder jou toestemming aan ‘n derde party gee, oortree hy die wet.

Weapond sê die reguleerder trap nie versigtig as groot maatskappye se oortredings ter sprake is nie. Dit is net die kapasiteit van klagtes wat ontvang word wat die uitdaging is, nie die grootte van die maatskappy nie.

“Ons het nie genoeg kapasiteit om al die klagtes te hanteer nie, maar wat ons doen, is om soveel as moontlik van die kapasiteit wat ons het op verskillende soorte sake te gebruik, sê hy.

“Ons moet sorg dat ons ewe veel aandag en gewig aan alle konstitusionele regte gee.” Wanneer mense deur telebemarkers gebel word, moet mense dit duidelik stel dat hulle nie weer geskakel moet word nie. Indien oproepe van dieselfde firma voortduur, kan ‘n klag by die Inligtingsreguleerder ingedien word.

Die verbruikersartikel het op Netwerk24 verskyn op 28 Februarie.

8 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 3
SONDAG 25 Februarie het ‘n groep inwoners van Hamlet deelgeneem aan die Hamlet Forum se skoonmaakprojek. Die inwoners het gehelp om papiere en vullis op te tel. THE Togryers Museum and Friends of the Museum hosted an event on 29 February where Tahirih Matthee presented a fascinating talk on the initiatives and programs of the Cape Town Interfaith Initiative (CTII) and the role it plays in peace building and building a compassionate city. Tahirih serves as the liaison officer of the Bahá’i Office of Public Affairs in South Africa. FLTR: Marinda Mankopan, Tahirih Matthee and Wendy Brink.
21 Van Riebeeck Street, Ceres Whatsapp or Whatsapp Call 0233121080 or alternative 0747485715
May the Almighty bestow his blessings and mercy upon you during this holy month of Ramadan. Eid Mubarak!
Trevor Abrahams Executive Mayor
2024 Ramadan

PUBLIC NOTICE

INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD 2022/SV1

Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no. 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2022/SV1 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 15 March 2024 to 30 April 2024. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from undermentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed to Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835.

PUBLIEKE KENNISGEWING

INSPEKSIE VAN AANVULLENDE WAARDASIEROL

VIR DIE PERIODE 2022/SV1

Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2022/SV1 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 15 Maart 2024 tot 30 April 2024. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderstaande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nokutula Mtalo by (023) 3161854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.

ISAZISO

SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA

KOXABANGELO LWAMAXABISO LUKA 2022/SV1 Esisaziso sikhutshwe ngokweCandelo 49(1) a (i) ngokuphathelene neCandelo 78(2) looRhulumente bezeKhaya kumthetho ka-2004 unombolo 6 oyi (Local Government Municipal Property Rates) obizwa ngokuba nguMthetho wohlolo lukawonkewonke loxabangelo lwamaxabiso. Ithuba lokufaka iziphakamiso 2022/SV1 livuliwe kwii-Ofisi zikaMasipala ukusukela ngomhla we-15 kweyoKwindla 2024 ukuya kumhla wama 30 kwekaTshazimpuzi.2024. Naku mnathazwe www.witzenberg.gov.za Esisimemo sikhutshwe ngokubhekiselele kwiCandelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse neCandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongumnini-mhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala koluxabangelo lwamaxabiso lukhankanywe ngentla kwaye siqaphele nexesha elingunqamlajuqu. NgokweCandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso/isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu/ indawo yomntu lowo kodwa singabingaphesheya kwalomthetho woxabangelo lwamaxabiso. Iifomu zeziphikiso/iziphakamiso ziyafumaneka kwii-Ofisi zikaMasipala. Koko iifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zifakwe kwii-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, eCeres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. M Poole or Ms. Nokutula Mtalo (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi. D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / UMLAWULI-MASIPALA

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het Saterdag 24 Februarie aan die Boland Dragons Liga 1 deelgeneem wat deur Boland Dragons aangebied is. Senshi Dojo het ‘n algehele vyfde plek behaal uit 14 Dojo’s wat deelgeneem het. Ceres karatekas spog met vier goue, tien silwer en vyf brons medaljes. *Mia Laubscher het eerste geëindig van die 170 studente wat ingeskryf het.

DIE krieketspelers van Laerskool Gericke is onlangs in die Witzenberg o/13 krieketspan opgeneem. AGTER: Andrew Geldenhuys, Lian Visser, Zachary Watt, Ruben Giliomee, Gerrit Herholdt en Hugo Wium. VOOR: Nicholas Hand, Eben de Jager, Louw Marais en Kobus Prins. * Pieter Basson en Theo Ferreira is as afrigters van dié span aangewys.

Werksgeleentheid te Loxtonia Pakstoor

PAKMATERIAAL VOORRAADKLERK

Hierdie is ‘n permanente aanstelling en sal aan die Pakstoor Bestuurder raporteer.

Minimum kwalifiserende vereistes:

•Graad 12

•5 jaarwerkservaring in soortgelyke posisie

•Sober gewoontes

•Moet goeie menseverhoudings kan handhaaf

•Goeie kommunikasievaardighede

•Moet goed onder druk kan werk en goeie tydsbestuur kan toepas

•Bereid wees om oortyd en naweke te werk

CV’s tesame met ‘n dekbrief as motivering waarom jy jouself sien as die geskikte kandidaat vir die pos, kan gestuur word aan: koch@oastfarm.co.za

Kandidate met vorige ondervinding sal voorkeur geniet. Aansoeke sluit: 22 Maart 2024

Indien jy nie enige terugvoering tydens die eerste 3 weke kry nie, aanvaar jou aansoek as onsuksesvol.

JACOBUS Botha, ‘n leerder van Laerskool F.D. Conradie, het goed gevaar by die Laerskool Gericke Uitnodigings swemgala in Dennebos. Hy het twee goue medaljes verower in 50 meter rugslag en 50 meter borsslag, asook ‘n brons in die vryslag.

AJANDA Nel, ‘n leerder van Laastedrif NGK primêr, het die eerste leerder in die geskiedenis van dié skool se bestaan geword wat die Boland atletiekspan gehaal het. Hy gaan die naweek van 9 Maart aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms deelneem in verspring. * Die skool bedank vir Peres en Williams vervoerdienste, Ceres Fruit Growers en Raymond Koopstad vir hul donasie en borgskap.

4 l WITZENBERG HERALD l 8 MARCH 2024
Skool lewer hul eerste Boland atleet

THIS March, the Western Cape Blood Service (WCBS) urges the public to make a life-saving difference by donating blood. With a focus on raising awareness and educating the community about the critical need for new blood donors, especially among the youth, WCBS is launching a series of blood grouping and donor registration exhibitions across various venues. The public, everyone 16 years and older, will be able to test their blood group, by means of a quick fingerpick test, and register as a new blood donor.

Marike Carli, Public Relations Manager at the Western Cape Blood Service, emphasises, “Our goal is to increase the active blood donor base in the Western Cape to reflect 1-2% of the population. Currently, we only have 0.95% active donors, posing a challenge to meet the ongoing demand.”

Did you know? One in every three individuals is either an O-positive or an A-positive blood type, making these the most common blood types. However, all eight blood groups are crucial for meeting daily patient needs. The emphasis on O-blood groups is due to their universal donor status, with O-positive being transfusable to all patients with a positive blood type, and O-negative being compatible with everyone.

If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. Donating blood is safe and painless, with only 475ml drawn and replaced within 24 hours. Donors are advised to eat a substantial meal within three to four hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time, and you can donate blood every 56 days.

For more information send a WhatsApp to 060-549-7244

Hofsaak sloer na twee jaar voort

DIE 21-jarige Zimbabwiese burger wat in 2022 ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek en kort daarna gevlug het, se hofsaak is weer in die Paarl streekhof uitgestel. Geen redes is verskaf vir die soveelste uitstel van dié saak.

Lovemore Doriyo, ‘n onwettige immigrant, word aangekla van poging tot moord op Wolseley asook poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie van Malmesbury en haar verkragting en ontvoering. Die voorvalle het op 11 April en 10 Mei 2022 plaasgevind.

Doriyo moet weer op 2 April in die Paarl streekhof verskyn. Hy bly in aanhouding.

Agtergrond

Die Wolseley polisie het na die April-voorval by Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro, vir meer as ‘n maand na Doriyo gesoek voordat hulle hom middel Mei 2022 in ‘n ernstige beseerde toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor het.

Doriyo is op 10 Mei 2022 deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan. Dit was blykbaar ‘n vergeldingsaanval nadat Doriyo na bewering ‘n 8-jarige meisie verkrag, probeer verwurg het en haar as gyselaar in ‘n hut aangehou het.

Hy is later in die hospitaal gearresteer.

Reint Grobler (51), mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is op 11 April 2022 by dié onderneming met ‘n mes aangeval.

Hy is meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek.

SPITBURGERS, BOEREWORSROLLE EN HOENDERVLERKIES TE KOOP. KOS KAN VANAF 11:30 AFGEHAAL WORD.

9 MAART 2024

06:00 - 18:00 BY GERICKE SPORTVELD

KINDERVERMAAK VAN 10:00 - 13:00 SLUIT IN: GESIGVERF, WATERGLYBAAN EN SPRINGKASTEEL

Moordsaak uitgestel sodat verdagtes regshulp kan kry

DIE saak teen drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo is verlede week uitgestel sodat die verdagtes aansoek kan doen vir regshulp.

Willem Olivier het saam met Kelvin Vlok (22) en Curswin Jiemies (18) in die Ceres landdroshof verskyn.

Die saak is tot 20 Maart uitgestel.

Ondersoek duur voort

Die drie mans, een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is verlede jaar na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).

Die moord is meer as ‘n jaar gelede, op Vrydag 3 Maart tussen 18:00 en 24:00, gepleeg.

Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref.

Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry.

‘n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê.

‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie verdagtes vroeër op die plaas aankom. Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip. ‘n Ruk later het hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20 kilometer daarvandaan, geloop en omstreeks 24:00 hulp ontbied.

Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer.

Twee familielede, Vlok en Jiemies, wat by Olivier op die plaas gekuier het ten tye van die moord, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.

Vuurwapens gesteel

Die mans het na die moord met onder andere ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer gevlug asook kruideniersware en drank gesteel.

Die wapens is later op twee plekke in die Karoo gevind.

WITZENBERG MUNISIPALITEIT DIENSLEWERING IMBIZO HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?

Deernis Registrasie op werklose databasis

Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede

Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.

Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan

Geriewe (sale, sportgronde), Verkeer en Wetstoepassing parke en bome

WAAR WORD DIT GEHOU?

DAG EN DATUMTYDDORPWYKEPLEK

Dinsdag 5 Maart09:00 - 12:00Tulbagh7&11Witzenville Gemeenskapsaal

Woensdag 6 Maart09:00 - 12:00Wolseley2&7Pine Valley Gemeenskapsaal

Donderdag 7 Maart09:00 - 12:00P.A. Hamlet4&10Kliprug Gemeenskapsaal

Maandag 11 Maart09:00 - 12:00Bella Vista4&6Bella Vista Gemeenskapsaal

Dinsdag 12 Maart09:00 - 12:00Ceres3&5Ceres Town Stadsaal

Woensdag 13 Maart09:00 - 12:00Nduli1&12Nduli Gemeenskapsaal

Donderdag 14 Maart09:00 - 12:00Op-die-Berg8&9Nuykintaba Gemeenskapsaal

‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep

MUNICIPAL SERVICE DELIVERY IMBIZO

DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?

Indigent Registration on Municipal Unemployed Database Credit Control (accounts) Small Businesses Support Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees

WHERE WILL IT BE HELD?

DAY AND DATETIMETOWNWARDSVENUE

Tuesday 5 March09:00 - 12:00Tulbagh7&11Witzenville Community Hall

Wednesday 6 March09:00 - 12:00Wolseley2&7Pine Valley Community Hall

Thursday 7 March09:00 - 12:00P.A. Hamlet4&10Kliprug Community Hall

Monday 11 March09:00 - 12:00Bella Vista4&6Bella Vista Community Hall

Tuesday 12 March09:00 - 12:00Ceres3&5Ceres Town Hall

Wed. 13 March09:00 - 12:00Nduli1&12Nduli Community Hall

Thursday 14 March09:00 - 12:00Op-die-Berg8&9Nuykintaba Community Hall

A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities

DAVID NASSON

MUNICIPAL MANAGER

MUNISIPALE BESTUURDER

8 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Abraham (Stevie) Booysen

1936/01/24 - 2024/03/03 Roudiens: Do.07/03/2024 om 19:00, VGK Ceres

Begrafnisdiens : Sat. 9 Maart 2024 Huis: 09:00, Le Rouxstr. 2, Ceres Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Owenstraat, Ceres

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800

(023) 313-4422

nuusbrokkies

081-742-6706

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

crazypistonsct@gmail.com

Dienste : - Blokkasies en lekke

- Geiser installasies - Rioolstelsels - Gebarste pype - Alle loodgieter herstelwerk

Skakel

Richard ‘Stormy’ Langeveldt 079-814-0627

NB: Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Hebr. 3:13 “ Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word

GRATIS

Whatsapp die woord HERALD

gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items van onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

DRINGEND OP SOEK NA

2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop.

SkakelKobusSkakelKobus Skakel Kobus 083-659-1735083-659-1735

• PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL TOOL HIRE TOOL

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. T: (023) 347-4092 F: (023) 342-8629 www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

BELLA Vista Crusaders kersfeeskoor bied ‘n Burger en skyfies verkoping aan op Vrydag 8 Maart by Skotlandstraat 586, Bella Vista. Dit is beskikbaar teen R40 elk en kan vanaf 18:00 afgehaal word. Vir verder inligting kan die voorsitter Julius by 083-726-5866 geskakel word.

CERES gholfklub het Saterdag ‘n houespel kompetisie aangebied. Die dag is deur Vincent Abrahams met 67 houe gewen. Glenny Nasson was tweede gevolg deur Connie Malherbe, G. Greffrath en BJ Claasen, almal met tellings van 70 houe. Cornel Muller het ‘n skitterende 66 gespeel. Daar het 55 spelers aan die kompetisie deelgeneem. Maart-kompetisies: Op 9 Maart vind ‘n enkel syfer (bogey) plus kompetisie plaas, 16 Maart - 4BBB stableford (Standard Bank pare), 23 Maart - klubkampioenskappe en 30 Maart - enkel proggresiewe stableford.

COUNCIL for Enterprise Development and Economic Reform (CEDER) bied ‘n inkleurkompetisie aan vir alle kinders tussen die ouderdom 7-12 jaar. Die kompetisie vind plaas op Donderdag 21 Maart (Menseregtedag), by die Rietvallei biblioteeksaal. Die verrigtinge begin vanaf 10:30 tot 14:00 en inskrywings beloop R10 per kind. Daar is verskillende pryse op die spel en nog ander pret om na uit te sien. Vir verdere navrae kan Christophe Seroot by 071-278-0544 geskakel word.

Hokkiespelers haal proewe

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat

LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op ses o/13 hokkiespelers wat deurgedring het na die volgende rondte van die Boland hokkieproewe. Die skool wens hulle alle sterkte toe met die volgende rondte wat Sondag plaasvind. VLNR: Ben-Herman du Toit, Adriaan Wolfaardt, Herchell Shiba, Kirsten Goosen, Ferran Snyders en Savannah Hendrikse.

6 l WITZENBERG HERALD l 8 MARCH 2024
classifieds
Evangelis Jacobs
Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop
nie.”
Skoonvlei
Engine overhaul
General Services
Suspension
Brakes
more
and
- 2024/03/03 Roudiens: Do. 07/03/2024 om 19:00, Disa Laan 18, PAH Begrafnisdiens: Sat. 9 Maart 2024 Huis: 09:00, Disa Laan 18, PA Hamlet Kerk: 10:00, VGK, PA Hamlet Graf: Bella Vista
1963/08/27
n/u:
082-5753-181
Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 Select LAUNDRY Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker Street, Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 CMT LOOKING FOR SEAMSTRESSES We are a small CMT based in P.A. Hamlet and have the following vacancies available: EXPERIENCED SEAMSTRESS • Experience as a Seam-stress (min. 2 years) • Good garment construction know-ledge • Impeccable quality of work • Deliver on deadlines in a fastpaced environment. SEAMSTRESS/ CUTTER/QUALITY CHECKER • Basic sewing skills • Work extremely neat & professional • Have a keen eye for detail. Possible candidates must be honest and reliable. Only apply if you are a SA Citizen and have good contactable references. Send CV by 14 March 2024 to: hello@lamourclothing.co.za Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER VEREISTES: • Lisensie Kode 14
Maria Elea van Rooi 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517
4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas.

FRESH X

Wholesome

BEARING

HENRY BROWN

Gear Corporation 500cc (023) 312-1717

Arie 082-495-9959

Carel 082-823-6707

J.S. LE ROUX (DEWALD)

R. Malherbe l Pennetron l Matroda l Pestana Potatoes l Worcester Minerals l CCS Laubscher l Prime Cleaning VELDSKOEN

Die Lions se braaispan tydens die gewilde Lions fondsinsamelings gholfdag.

8 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 7 Baie dankie aan al ons borge en ondersteuners! CERES LIONS GHOLFDAG 23 Februarie 2024 ☎ ☎ (023) 312-3618 BOKKEVELD GAS Johann Alberts 082-324-2060 Petrus en Dirk BRANDTBRANDT BRANDTBRANDT BRANDT CERES (023) 312-1057 TELEVIDEOTELEVIDEO TELEVIDEOTELEVIDEO TELEVIDEO VRYDAG 23 Februarie is die uiters gewilde Lions fondsinsamelings gholfdag op Ceres gholfbaan aangebied. Daar het 25 spanne in die dag gespeel. TYRE CHOICE CORNEL MULLER ☎ (023) 312-3152 DB Slootgrawerdiens BK Ceres Alarms and Guarding  (023) 316-1117 CerCer CerCer Ceres es es es ☎ ☎ ☎ (023) 316-2226 (023) Franco Jordaan 084-581-3253 Ceres Elektries & Verkoeling BK    (023) 312-2805 DW: 082-898-1443 Ilze: 082-895-6890 Saxtes van Janse R Saxtes van Janse R Rensburgensburg ensburgensburg ensburg
19, P. A. HAMLET 6840   / Faks: (023) 313-3800
Dr's Steyn
Wholesome Wholesome Wholesome Wholesome Bakery Voortrekkerstr
FRANCOIS CILLIERS
Isipane
JOHNNY SLABBERT
MAN (Ceres) EFIN
Altus Joubert en Saxtus van Rensburg was die wenners met 46 punte. Die span van Jacques Fourie en Johan du Toit was in die 3de plek met 44 punte.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7)Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

LOXTONIA Cider gaan drie plaaslike fietryers help om geld in te samel vir Anton Franken, ‘n gestremde oudsoldaat van Bredasdorp. Franken het beide sy bene tydens sy dienspligjare in die weermag verloor. Drie fietsryers van Ceres, Pierre de Jager, Jakes Jacobs en Aubrey November, gaan hom in ‘n waentjie sleep oor die volle 109km van die Cape Town Cycle Tour wat Sondag 10 Maart plaasvind. Dié fietswedren is die grootste in die wêreld en lok jaarliks duisende fietsryers van verskillende lande. * Die insamelingspoging om Anton te help word moontlik gemaak deur Loxtonia Cider. Die Witzenberg gemeenskap, besighede en maatskappye wat bydraes wil maak, sal verwelkom word. Anton se mediese en daaglikse onkostes het die afgelope paar jaar die hoogte ingeskiet en die groep fietsryers wil graag ‘n bydrae lewer om sy lewensstandaard te verbeter. Inbetalings kan gedoen word in die Trustrekening van P.J. Barnard Attorneys, FNB trustrekeningnommer: 62370331903, takkode 250655 met verwysing ANTON.

SATERDAG 24 Februarie is die 197ste Parkrun op Ceres aangebied. * Ceres Parkrun het op 14 April 2018 hul eerste byeenkoms aangebied.Belangstellendes word uitgenooi om te kom deelneem.

DELICIOUShetSaterdaghuleerste wedstryd teen Hillcrest United gespeel en naelskraap met 32-36 verloor.

FOTO: Duke van Schalkwyk

DIE naweek het die 2024 rugbyseisoen afgeskop met talle wedstryde wat in die Witzenbergstreek gespeel is. In die eerste derbystryd het Bella Vista en Ceres vir die eerste keer in twee seisoene weer kragte gemeet. Bella Vista het met 38-28 gewen.

FOTO: Trevor Felix

Rugbyseisoen skop af

DIE naweek het die 2024 rugbyseisoen afgeskop met talle wedstryde wat in die Witzenbergstreek gespeel is. In die eerste derbystryd het Bella Vista en Ceres vir die eerste keer in twee seisoene weer kragte gemeet. Ceres, wat verlede jaar in die Witzenberg Streek uitdaagkompetisie gespeel het, se terugkeer na die Groot uitdaagkompetisie, het op ‘n laagtepunt begin toe hulle met 2838 verloor het. Die rustydtelling was 20-14 in Bella Vista se guns.

Voorlangs het Ceres hul man gestaan en met bal in hand moes Chesvill Muller se Bella Vista troepe bontstaan. In die tweede helfte kon mens sien dat Ceres se fiksheid teen hul begin tel en kon Bella Vista die een aanval na die ander loods.

Vir Bella Vista het John-Lee Skippers twee keer agter Ceres se doellyn gaan kuier. Jemiehl en Chesvill Muller het ook elkeen, ‘n drie gaan druk. Scott-Leigh Fredericks het met drie doelskoppe en vier strafdoele geslaag. Vir Ceres het Enzio Lintnaar twee drieë gedruk en Derrick Fredericks een drie. Corné du Plessis het met drie strafdoele en een doelskop geslaag. William van Wyk was suksesvol met een doelskop.

Begin van seisoen

Dit is maar net die begin van die seisoen en die rugby sal net beter word. Spanne sal net minder met die skeidsregter moet praat en meer fokus op die spel.

Toeskouers is daar vir wedstryde wat vloei en nie vir

wedstryde wat heeltyd gestop moet word om beslissings te bevraagteken nie. Die naweek reis Bella Vista na Gouda vir hul wedstryd teen Temperance terwyl Ceres op hul tuisveld vir Delicious pak.

Delicious Delicious het Saterdag hul eerste wedstryd teen Hillcrest United gespeel en naelskraap met met 32-36 verloor. Delicious was halftyd met 29-12 voor maar Hillcrest United het in die tweede helfte teruggeveg om die wedstryd te wen.

Uitslae in die Groot uitdaagkompetisie: Hamlet klop Wolseley met 21-12, Newtons klop Wellington met 54-7 en Roses United is te sterk vir Temperance en wen met 66-10.

La Plaisante La Plaisante United het vanjaar se seisoen op ‘n hoë noot begin.

Die span van Wolseley het teen Red Roses De Eike gespeel en met 35-12 gewen.

Vir La Plaisante United het Lionel Martiens, Jerome Janse, Ryan Afrika en Caydo George drieë gedruk.

Uitslae in die streek uitdaagkompetisie: Tulbagh klop Môrester met 57-24, Op-die-Berg klop Young Westlyans met 25-18, Paardekloof klop Young Good Hopes met 41-12 en Lindeshof wen 30-27 teen Vastrap.

8 l WITZENBERG HERALD l 8 MARCH 2024

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.