WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 9
Witzenberg Herald
R8
Friday, March 11, 2022
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 10 Maart
Vrydag 11 Maart
13° 35°
17° 38°
Saterdag 12 Maart
Sondag 13 Maart
14° 35°
7° 21°
Ceres Koekedouw dam
OPEN DURING
77,5%
(023) 312-1916 CERES
1997 - 2022 Telephone: (023) 316-2021
For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Lesing: 2022/03/09
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Dennebosoord
Vyf vuurwapens gesteel VYF vuurwapens waaronder drie haelgewere van ‘n sekuriteitsmaatskappy is einde Februarie vermoedelik gesteel. Die voorval is op 26 Februarie deur ‘n toesighouer van Mafoko, ‘n Johannesburgse sekuriteitsmaatskappy wat dienste aan die Witzenberg munisipaliteit en Dennebos vakansieoord lewer, aangemeld. Die polisie ondersoek dié voorval nadat drie haelgewere en twee R4 aanvalsgewere tussen 18:45 en 19:15 weggeraak het waar die toesighouer in ‘n huisie in Dennebos woon. Daar is geen kluis vir die wapens en rekords van die uitboek van die wapens is skynbaar ook lanklaas bygehou. Niemand is nog aangekla nie en die Valke en misdaadintelligensie was ook hier op die dorp om te besluit of hulle die ondersoek gaan oorneem. Ceres SAPD ondersoek ‘n klag van nalatige verlies van vuurwapens. Moontlike arrestasies is nie uitgesluit nie. Totalsports roof Nog geen verdagtes wat verlede Maandag betrokke was by die Totalsports rooftog op Ceres, is al vasgetrek nie. Dit was die derde gewapende roof die afgelope vier maande op Ceres. Ses verdagtes met maskers op, het die sportwinkel in die De Keur winkelsentrum net na 11:30 binnegestap en die winkel en personeel van 54 nuwe selfone en klere beroof. Die verdagtes het hierna in twee voertuie van die toneel gevlug. ‘n Man en vrou, wat nie deel was van Maandag se rooftog, is na die roof inhegtenis geneem vir die besit van ondermeer gesteelde selfone en klere van Totalsports. Beide is ondervra waarna die polisie eers die man vryge-
Corolla Cross 1.8 XI CVT .................... from R4 899 Corolla Cross 1.8 XS CVT ............. from R5 499 Corolla Cross 1.8 XR CVT ............. from R5 899 Urban Cruiser 1.5 XI .................... from R3 699 Urban Cruiser 1.5 XS .................... from R3 999 Urban Cruiser 1.5 XR ...... .................... from R4 299 Urban Cruiser 1.5 XR AT .................... from R4 599 Starlet 1.4 XS AT .................... from R3 399 Starlet 1.4 XR .................... from R3 599 Installments are per month. *T’s & C’s apply.
laat het. Die vrou is ook later vrygelaat nadat ‘n aanklaer gesê het daar is nie genoegsame getuienis om haar nou aan te kla nie. Voetganger dood Die Ceres polisie volg tans leidrade op nadat ‘n onbekende vrou op 28 Februarie naby Daytona dood is nadat sy deur ‘n voertuig getref is. Die voertuig het omstreeks 02:10 haar getref en toe weggejaag van toneel. ‘n Stuk van ‘n nommerplaat is op die toneel opgetel. Indien daar iemand is wat weet wie die slagoffer is, kan hulle s/a.o. Mostert skakel by (023) 316-8500. Brand by woonstel Drie kinders is verlede Vrydag omstreeks 20:30 beseer nadat ‘n brand in ‘n woonstel ontstaan het terwyl hulle alleen in die woonstel agter Fiesta drankwinkel gebly het. ‘n Somaliese kind van 18 maande is ernstig beseer en met 45% tweede en derde graadse brandwonde in die Rooi Kruis hospitaal in Kaapstad opgeneem. ‘n Man het die geskreeu gehoor en die deur oopgebreek en die kinders gered. Slegs die voorste vertrek het gebrand maar die oorsprong van die brand is nog onbekend. Die voorval is nie by die polisie aangemeld nie. Moord help oplos Die Ceres polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n ou moordsaak te help oplos. Inga Methusi van Swartbooistraat, Nduli, is op 9 September 2020 dood nadat hy deur ‘n onbekende aanvaller met ‘n mes gesteek is. Hy is die betrokke dag na die Ceres provinsiale hospitaal geneem waar hy gesterf het. Indien daar iemand is wat oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Hamilton skakel by (023) 316-8500.
Freedom guaranteed with Future Drive
you can drive a new car every 3 or 4 years
Voortrekkerstraat 112, CERES Skakel (023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre
TWEE Honda Fit taxis van Ceres het Saterdag 5 Maart net na 12:00 op die grondpad verby Nduli, op hul dakke beland en gerol. Die twee motors met Lesotho registrasienommers het blykbaar op die pad gejaag om passasiers te gaan oplaai op plase daar naby. Beide bestuurders het bors- en skouerbeserings opgedoen en een passasier is lig beseer.