WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 9
R7.50
Friday, March 12, 2021
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 11 Maart
Vrydag 12 Maart
16° 24°
15° 28°
Saterdag 13 Maart
Sondag 14 Maart
14° 26°
14° 22°
(023) 312-1916 CERES
Ceres Koekedouw dam
77,5%
For orders of R50 + more, within a 5km radius from Ceres
Lesing: 2021/03/10
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Gewapende mans beroof RFG-fabriek op Tulbagh DRIE gewapende mans het duisende rande by die Rhodes Food Group (RFG) se inmaakfabriek op Tulbagh gesteel. Die Tulbagh polisie het die week meer inligting oor die roof bekend gemaak wat op Donderdag 25 Februarie omstreeks 13:00 plaasgevind het. Drie gewapende mans het vermoedelik tussen die hoofhek en ‘n tweede ingang oor die heining geklim. Veiligheidspersoneel kon hulle blykbaar nie sien vanweë palette wat teen die heining staan nie.
Die mans is daarna na die administrasiegebou naby die hoofhek waar hulle ‘n bestuurder en ‘n vrou in ‘n kantoor oorval en vasgebind het. Die mans is daarna na ‘n ander kantoor met ‘n kluis waar hulle die finansiëlebestuurder oorval en geld geëis het. Die gewapende mans het drie vroue en vier mans in ‘n kantoor vasgebind en die deur gesluit en die sleutel in slot afgebreek voordat hulle met nagenoeg R80 000 gevlug het. Die sewe personeellede het ‘n tyd gewag dat verdagtes vlug voordat hulle iemand in ‘n ander gebou gebel het.
Die het weer op hul beurt die SAPD ontbied. Intussen kon van die personeel hulle loswikkel en ander losmaak voordat hulle deur ‘n valdeur in die plafon ontsnap het. Ondersoek Die roof word deur speurders van Tulbagh ondersoek. Indien enigiemand meer oor die voorval weet, kan hulle s/sers. Jacobs skakel by (023) 230-8100 of 074-7655-898. Voetganger beseer ‘n Voetganger is Sondag 7 Maart omstreeks 17:30 ernstig beseer in Michellspas toe ‘n voertuig hom naby Witels getref het.
Hospitaal opneem Die 30-jarige man het vermoedelik beide arms gebreek en hoofbeserings opgedoen. ‘n Ambulans het hom na die hospitaal geneem voordat polisielede op die toneel opgedaag het. Die onbekende man is later in ‘n ernstige toestand na die Tygerberg hospitaal oorgeplaas. Die voertuig het van die toneel weggejaag. Indien daar ooggetuies is van die voorval, kan hulle Ceres SAPD skakel by (023) 3168600.
Saak tydelik van hofrol gehaal DIE diefstalsaak teen ‘n raadslid van die Witzenberg munisipaliteit, is Maandag tydelik van die hofrol gehaal. Petrus Heradien (53) het Maandag 8 Maart in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die diefstal van staatseiendom. Die saak is deur landdros Pieter Klazen tydelik van die hofrol gehaal omrede die hoofgetuie nie by die hof teenwoordig kon wees nie weens ander verpligtinge. Die saak sal hopelik weer in Aprilmaand op die hofrol geplaas word. Diefstalklag Die diefstalklag teen rdl. Heradien spruit uit ‘n ondersoek wat ‘n verteenwoordiger van die departement van publieke werke verlede jaar geloods het nadat hulle ‘n klagte ontvang het in Oktobermaand waartydens plavleistene ter waarde van nagenoeg R2000 op die middelmannetjie by die Tulbaghweg-kruising op die R46 gesteel is. ‘n Diefstalsaak is daarna by die Tulbagh polisie geregistreer op 21 Oktober waarna rdl. Heradien aangekla is.
Begin Saterdag 13 Maart 2021 vanaf 07:00 - 11:00 met LIVE radiostasie
Vosstraat 44, CERES 083-461-0928
SPESIALE DIESEL AANBOD: Addisionele 20c p/liter afslag SATERDAG VANAF 06:00 - 24:00
1L Brandstof = 15c CASH BACK OP JOU “COUNT ON” KAART
“Count on Card” in die winkel beskikbaar
12
99
SIMBA CHIPS ASS.
25 00 18
99
00
2 X LANG CREAM DOUGHNUTS
99
LYNCA PORK BELLY RIB 1KG
SPARLETTA 2L
ENIGE 2 GEURE
15 99 99 27 8
Besoek ons vir nog vele meer spesiale aanbiedinge
99
JUNIOR BURGER
OK YS
CLOVER 2L VARS MELK
PROMOSIE GELDIG VANAF 10 - 14 MAART 2021
OK MINIMARK CERES, 44 VOS STREET (023) 316-1571 Monday - Sunday 07:00 - 20:00