Witzenberg Herald Vol.27 no.8 (Online Weergawe)

Page 1

Vanaf Donderdag 22 Februarie is die

te koop by Village Bakkery

LEERDERS van Charlie Hofmeyr hoërskool en personeel is verlede Vrydag verras met ‘n besoek van die DHL Stormers. Die Stormers het gaan gesig wys tydens die saalbyeenkoms en is deur skreeuende leerders verwelkom. Later is hulle na twee gimnasiums op die dorp om te gaan oefen voordat hulle vir meer as twee ure op Charlies se rugbyveld geoefen het onder die wakende oog van John Dobson. VLNR: Manie Libbok, rdl. Trevor Abrahams (burgemeester), Evan Roos, JJ Kotzé, Neethling Fouché en Attie Heyns.

Verkragtingsaak na streekhof oorgeplaas

DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose man is die afgelope week na die streekhof oorgeplaas.

Die 40-jarige Wolseley inwoner word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 op die dorp plaasgevind.

Die man is gearresteer en aangehou voordat borgtog

van R2000 op 13 November 2023 met streng voorwaardes, aan hom toegestaan is.

Uitstel

Die saak is na 3 April uitgestel. *Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.

Twee mans wat vrou beroof vra borg

TWEE mans wat ‘n werknemer van Pep van duisende rande beroof het, het in die Ceres landdroshof aansoek gedoen vir borgtog.

Ibrahim Dwaba (19) en Kamva Gqalaqha (23), se saak is na 7 Maart uitgestel wanneer die aansoek aangehoor sal word. Hulle bly in aanhouding.

Goeie speurwerk

Goeie speurwerk het gehelp dat Ceres speurders die verdagtes vasgetrek het. ‘n Vrou was op 20 November 2023 op pad om die geld by Standard Bank Ceres te gaan bank toe deur die verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is.

Sy is deur ‘n gewapende man wat later as Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, voorgekeer en beroof. Na dié roof het twee mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het hulle teen ‘n Toyota bakkie gebots.

Na die ongeluk het Gqalaqha uitgespring en weggehardloop.

Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugte smous in Munnikstraat, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Gqalaqha is ‘n paar dae later deur speurders gearresteer. Van die gesteelde geld is by hom teruggevind.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d Witzenberg Volume 27 no. 8 R 10 Friday, 1 March 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 74,6% TULBAGH DAM 53% WAVERENSKROON TULBAGH 55% Lesings geneem: 2024/02/28 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 29 Februarie 18° 36° Vrydag 1 Maart Saterdag 2 Maart Sondag 3 Maart 15° 33° 15° 33° 15° 31° The trusted name in commercial and residential Waterproofing. 087 094 8092 087 094 087 094 8092 087 094 www.rubberroofs.co.za Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com • Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

DIE afgelope week het daar ‘n paar briewe in die Burger verskyn rakende die Fortuner-mammies en Fortuner-pappies se bestuursvermoë.

Die briewe handel oor hulle slegte padmaniere en disrespek teenoor ander padgebruikers. Hulle ry soos hulle wil en kan voor enigiemand indruk. Veral as hul bloedjies laat is vir skool.

Ek glo elke dorp het sulke bestuurders. Ook hier op Ceres.

Na drie jaar se gesukkel het Vierdelaan nou ‘n spoedwal om die jaagduiwelsindiéstraatsovertekryomstadigertery-virstappers, drawwers en skoolkinders se onthalwe.

Die meeste bestuurders ry nou heelwat stadiger in die straat behalwe vir een of twee Ceres-mammies wat steeds nie spoed verminder nie, al is die spoedwal daar. Niemand is bo die wet verhewe nie - ‘n groot bakkie of SUV of ‘n spesiale nommerplaat gee niemand die reg om disrespekvol teenoor ander inwoners of padgebruikers te wees nie.

Hierdie is ‘n eenvoudige boodskap. Ry stadiger of dra die gevolge. Die bloedjie sal ‘n paar sekondes later by die skool uitkom of julle moet vroeër opstaan en normaal ry.

Klipgooier buite

Hofpersoneel, landroste en aanklaers wat nie omgee wat hulle doen nie en nie die gemeenskap wil of kan beskerm nie, moet dalk oortreders net vrylaat indien dié by hulle kan tuisgaan. Miskien sal julle twee keer dink voordat julle oortreders vrylaat. Een so geval was die klipgooier met ‘n elle lange lys oortredings wat weer buite rondloopdesondanksdieskadeaaneiendomwathyaangerighet. Dit is blykbaar nie genoegsame rede vir hofpersoneel om dié reeksoortreder agter tralies te hou nie.

DIE Vergeet My Nietjies op Ceres se jaar het op Donderdag 15 Februarie afgeskop met ‘n baie geslaagde vrugtefees. Die vrugtefees met die tema: ‘n Oulap se rooi maak mooi, het goed aangesluit by Valentynsdag. Die lede is bederf met vars vrugteslaai en elke lid het ook ‘n vrugtepakkie ontvang om saam te neem huistoe. * Die bestuur van die Vergeet My Nietjies bedank hul borge. Sonder julle kan so ‘n dag nie plaasvind nie.

VRYWILLIGERS en personeel van Huis Mostertshoek op Wolseley het verlede week ‘n paar inwoners uitgeneem op ‘n uitstappie deur die dorp se strate. Almal wat gehelp het om die inwoners veilig te hou en saam met hulle te stap, word bedank.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Erf 43, Prince Alfred Hamlet

Ligging / Location

29 Bree Street

Aansoeker / Applicant Niel Neethling (067-3338039)

Aard / Nature Rezoning from single residential zone l to general residential zone lll to allow two cottages Aansoek om hersonering vanaf enkelsone l na algemene woonsone lll om twee gastekamers toe te laat

Verwysing / Reference

15/4/1/4/58

Sluitingsdatum / Closure date

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant

30 Days from date of publication in newspaper

ASSISTENT ELEKTRISIËN

THE Witzenberg region in December 2023, enjoyed its annual two-day market, attracting both residents and visitors. This event provided a space for small businesses and entrepreneurs to present their products and services, encouraging community spirit within Ceres, Bella Vista, Nduli, P.A. Hamlet, Wolseley and Tulbagh and helping to boost local tourism. Featuring a diverse range of goods, including new, recycled, handcrafted, and pre-owned items, this event provided attendees with a unique shopping experience. During the event, attendees were treated to performances by local artists and groups such as RJ & LK, Vuvu Khumalo, and the well-known local band, The Majestic Sounds. * Perdekraal East Wind Farm funded this event in collaboration with the Witzenberg Municipality.

Ons kliënt, BELLA FRUTTA PACKHOUSE (net buite Ceres), het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n ervare Assistent Elektrisiën. Hierdie posisie rapporteer direk aan die Paklyntegnikus en Ingenieursbestuurder. Hierdie is ‘n twee-weekliks besoldigde posisie.

SLEUTEL PRESTASIE AREAS :

•Algemene elektriese werk (bv. ligte en kragproppe koppel)

•Elektriese fout opsporing binne die fasiliteit

•Bedrading van elektriese panele (bv. ekstra “breaker” installeer)

•Stroom diagramme lees en teken, asook veranderinge aandui

•Kabels trek en roetes beplan

•Installering van “trunking” en orden van kabels.

VEREISTES:

•Ervaring in ‘n Pakhuis of relevante industrie, sal in kandidate se guns tel

•Uitstekende tegniese en meganiese vaardigheide

•Moet akkuraat werk en goed onder druk funksioneer

•Moet goed in ‘n span funksioneer

•Moet gemotiveerd en netjies wees

•Moet bereid wees om op ongereelde tye oortyd te werk

•Moet basiese ondervinding in sweiswerk hê

•Moet tegniese instruksies verstaan en kan uitvoer

•‘n Kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel

•Moet tegniese instruksies kan verstaan en uitvoer.

SLEGS

Aansoeke (insluitende salarisverwagtings) kan gestuur word na: info@thehrdepartment.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Maart 2024

Werwingsprosedures voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013

LOXTONIA Cider gaan drie plaaslike fietryers help om geld in te samel vir Anton Franken, ‘n gestremde oudsoldaat van Bredasdorp. Franken het beide sy bene tydens sy dienspligjare in die weermag verloor. Drie fietsryers van Ceres, Pierre de Jager (links), Jakes Jacobs (regs) en Aubrey November (afwesig op foto), gaan hom in ‘n waentjie sleep oor die volle 109km van die Cape Town Cycle Tour wat Sondag 10 Maart plaasvind. Dié fietswedren is die grootste in die wêreld en lok jaarliks duisende fietsryers van verskillende lande. * Die insamelingspoging om Anton te help word moontlik gemaak deur Loxtonia Cider. Die Witzenberg gemeenskap, besighede en maatskappye wat bydraes wil maak, sal verwelkom word. Anton se mediese en daaglikse onkostes het die afgelope paar jaar die hoogte ingeskiet en die groep fietsryerswilgraag‘nbydraeleweromsylewensstandaardteverbeter. InbetalingskangedoenwordindieTrustrekeningvanP.J.Barnard Attorneys, FNB trust-rekeningnommer: 62370331903, takkode 250655 met verwysing ANTON.

2 l WITZENBERG HERALD l 1 MARCH 2024
KORTLYS KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

Die verdagtes

KLOKSGEWYS: Freddy Lottering (36), Maurice Arries (45), Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (23).

Moordsaak uitgestel

DIE vier moordbeskuldiges in die opspraakwekkende Reneé Jain-moordsaak, het verlede Woensdag 21 Februarie weer in die Wolseley streekhof verskyn.

Frederick (Freddy) Lottering (36), wat voorheen aan moord skuldig bevind is en tans gevangenisstraf daarvoor uitdien, het saam met ‘n gewese polisieman van Piketberg, Maurice Arries (45) en twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (23), in die streekhof verskyn.

Die vier mans staan tereg op aanklagte wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad.

Hulle moet weer op 10 April verskyn nadat Lottering vir regshulpverteenwoordiging by Judicare aansoek gedoen het.

Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Reneé Jain (51) van Kaapstad, ingebreek en haar vermoor.

Dié inbrekers was deel van ‘n groep mans wat by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof ingebreek het.

Jain was die betrokke aand alleen by die huis. Sy is dood nadat sy in die huis oorval, gewurg en vermoor is.

Arrestasies

Visagie en Schippers is meer as ‘n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede.

Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte bygevoeg.

Die staat voer ook aan dat Lottering, Visagie en Schippers lede is van die Junior Cisko Yakkies (JCY’s) bende. Arries het die bende gehelp om as ‘n groep dié misdrywe te pleeg.

Talle vrae nog onbeantwoord

BYNA twee weke na ‘n gru-ongeluk die lewe van ‘n jong Ceres inwoner geëis het, is daar talle onbeantwoorde vrae.

Die Wolseley polisie ondersoek die ongeluk waarin Lindzay Petersen (23) van Bella Vista gesterf en Arushaan Seroot (25) van Bella Vista ernstig beseer is.

Twee motors, ‘n donkergroen VW Golf en ‘n wit Ford ST met ‘n CFA registrasienommer, was Sondag 18 Februarie omstreeks 01:40 in ‘n noodlottige botsing betrokke naby die lekkergoedfabriek tussen Montana se ingang en die treinspoor. Volgens die polisie se oorspronklike botsingsverslag, was Petersen, aan wie die VW TenaCiti Golf behoort, een van drie passasiers in die VW Golf. Volgens die inskrywing in die botsingsverslag het Arushaan Seroot (25), die motor bestuur en het hy ernstige beserings opgedoen. Hy was die week nog in die intensiewesorg-eenheid van die Tygerberg hospitaal.

Die polisie is tans besig om alle beskikbare CCTV beeldmateriaal bymekaar te maak om meer lig op die ongeluk te werp. Een van die vrae wat beantwoord moet

word is wie die voertuig bestuur het nadat mense later beweer het dat die oorledene dit bestuur het.

Daar word verder beweer dat Hilton Gaba nie ‘n passasier in die Golf was nie maar ‘n ooggetuie in ‘n ander motor.

McNeil Adams, nog ‘n insittende van die Golf, het ‘n kop- en rugbesering opgedoen en is einde verlede week uit die hospitaal ontslaan.

Die bestuurder van die Ford ST, Cameron Julies (31) en drie insittendes, Tyrone Martinus, Clint Jacobs en Avril Green, almal van Wolseley, het ligte beserings opgedoen.

Die Wolseley polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag asook die oorsaak van die ongeluk. Gerugte het ook kort na die ongeluk die rondte gedoen dat die voertuie dalk deel was van ‘n straatresies.

Indien daar nog oogegetuies is, kan hulle die ondersoekbeampte s/sers. Hendricks skakel by (023) 231-8000.

Begrafnisdiens

Petersen se begrafnisdiens is Saterdag 24 Februarie in Bella Vista gehou.

PALS met with Minister Didiza

ON Tuesday, 6 February the PALS delegation attended a meeting with Minister Thoko Didiza, Moloiwa Phosa (Chief of Staff) and Sifiso Ntombela (Special Advisor to the Minister) at Parliament. The engagement detailed discussions relating to national policies to promote inclusive agricultural development. Minister Thoko Didiza expressed her gratitude for the work that PALS continues to do despite the challenges the initiative faces when in the pursuit of fostering a more inclusive agricultural sector.

1 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 3
THE PALS delegation of Pieter du Toit, Lennox Plaatjies, Caitlyn Abdoll, Kagisho Molatedi and Gerrit van Vuuren attended a meeting on 6 February with Minister Thoko Didiza at Parliament.

CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226

Opwindende loopbaangeleentheid te Ceres Superspar

FRONT END BESTUURDER

Vereistes: • Moet onder druk kan funksioneer • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Ondervinding en kennis van verkooppunt stelsels sal in u guns tel • Matriek is ‘n vereiste • Moet energiek en stiptelik wees en akkuraat kan werk • Moet goeie menseverhoudings hê en goed met personeel en kliënte kan werk • Moet individueel sowel as in groepverband kan funksioneer • Moet oor goeie bestuursvaardighede beskik. Salaris onderhandelbaar

Indien u aan die vereistes voldoen, stuur asb. u CV (ID ingesluit) vir aandag aan Die Personeelbestuurder : ceres3@retail.spar.co.za of ceres.superspar2@gmail.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Maart 2024

Diensaanvaardings: Spoedig moontlik

Indien u teen Woensdag 20 Maart 2024 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was. E-pos u CV en moet asb. nie deur E-pos u CV en moet FF FF F acebook aansoek doen nie. acebook aansoek doen nie.

LAERSKOOL F.D. Conradie spog met twee Boland atlete! Layla du Plessis en Daniël van Deventer (regs), is opgeneem in die Boland atletiekspan. Daniël het ‘n eerste plek in die seuns o/13 gewigstoot behaal en Layla het ‘n vierde plek vir meisies o/11 hoogspring behaal. Beide gaan van 8-9 Maart die Boland atletiekspan verteenwoordig by die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in die Paarl.

14 March 2024

MORRISDALE primêr het die naweek twee atlete opgelewer wat Boland gaan teenwoordig op Saterdag 9 Maart. Die atlete gaan aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem. VLNR: Gareth Jabani (links) het ‘n tweede plek behaal in die 800 meter wedloop en ‘n derde plek in die 1500 meter wedloop en Frenceline van Wyk het ‘n vierde plek behaal in haar 1500 meter wedloop.

Twee kry borg in wapensaak

VIER mans wat ses weke gelede tydens ‘n roetine padblokkade op Ceres gearresteer is vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen, se saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Venue: Ceres Town Hall Voortrekker Street, Ceres

09:00 - 15:00

Bring all business documentation & ID copy

Contact Rachel Sauls at rachel@witzenberg.gov.za or Riaan Fick at riaan@witzenberg.gov.za for any queries

Services on the day:

✓ Registration as accredited homebuilder (NHBRC)

✓ Registration on the CIDB (Construction Industry Development Board)

✓ Registration on Central Suppliers database (CSD) & Evidence Bank

✓ COIDA labour registration

✓ Registration/ update info on Witzenberg Supply chain database

✓ Application for food certificates

✓ BEE affidavits

✓ Agriculture support programmes

DOCUMENTS

Enquiries: Riaan Fick: riaan@witzenberg.gov.za l Rachel Sauls: rachel@witzenberg.gov.za

Twee van die verdagtes, Zukisa Cetywayo (27), die bestuurder en eienaar van die BMW, en Wesley Adams (26), het geen vorige misdaadveroordelings nie en is op borg van R500 elk vrygelaat terwyl die ander twee verdagtes met vorige misdaadveroordelings, William James (41) en Richmont Abrahams (28), in aanhouding bly.

Padblokkade

Ceres SAPD het op 13 Januarie ‘n roetine padblokkade in Vosstraat opgerig.

Omstreeks 00:45 is ‘n swart 7-reeks BMW met vier insittendes voorgekeer en deursoek. Tydens die deursoeking is ‘n 9mm Heckler en Koch-pistool met 13 patrone in ‘n rugsak in die motor gekry. Met nadere ondersoek is gevind dat die wapen nêrens in Suid-Afrika geregistreer is nie wat die vermoede laat ontstaan het dat die wapen moontlik oor landsgrense gesmokkel is.

Die vier insittendes van Blackheath naby Kaapstad, is op die toneel in hegtenis geneem.

Hofverskyning

Die mans moet weer op 6 Mei in die Ceres landdroshof verskyn.

Cetywayo en Adams moet aan streng borgvoorwaardes voldoen en moet Maandag tot Vrydag by die Mfuleni SAPD aanmeld en mag nie hul omgewing verlaat nie.

Louw gaan in streekhof verhoor word

‘n MAN wat onlangs vasgetrek is nadat hy ‘n bejaarde vrou op P.A. Hamlet aangeval het, se saak is na die streekhof oorgeplaas. Niklaas (Mantoy) Louw (35), wat skaars drie maande voor die aanrandingsvoorval en huisbraakklag, uit die gevangenis vrygelaat is, is vinnig deur speurders gearresteer.

Louw het Sondag 29 Oktober 2023 omstreeks 14:10, ‘n 70-jarige vrou op P.A. Hamlet aangeval en beroof. Hy het ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining gegrawe en by die agterdeur probeer inkom.

Die tannie was besig om tee te maak toe sy ‘n geraas by die agterdeur hoor en gaan ondersoek instel het. Louw het haar oorval voordat hy in die gestoeiery haar gewurg en met ‘n mes in die hand gesteek het. Een van die tannie se vier honde het ook meswonde opgedoen en moes 11 steke kry.

Louw het later met slegs R50 en twee selfone gevlug.

Louw se saak is na 22 April uitgestel vir ‘n streekhofdatum.

Hy verskyn op aanklagte wat wissel van huisroof, poging tot huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging (die aanval op die honde). Louw bly in aanhouding.

4 l WITZENBERG HERALD l 1 MARCH 2024
REQUIRED
AT THE EVENT:
WITZENBERGWITZENBERG WITZENBERG SUPPLIERSUPPLIER SUPPLIERSUPPLIER REGISTRATIONREGISTRATION REGISTRATIONREGISTRATION REGISTRATION DAYDAY DAYDAY DAY 14 March 2024 Ceres Town Hall 09:00 - 15:00 DEPARTMENT DOCUMENTS NEEDED DEPARTMENT DOCUMENTS NEEDED PROVINCIAL TREASURYCENTRAL SUPPLIER DATABASE •Valid cellphone to receive a One Time Pin (OTP); •A valid email account; •Copy of ID document •Business registration documents •Proof of address •Tax clearance •Bank statement •Name and ID number of directors •Association to any other branches or consortium •Commodities (type of service or product) •BEE certificate NHBRC (NATIONAL HOME BUILDERS REGISTRATION COUNCIL) •Original copy of valid tax clearance from SARS •Identity document •Notice of Incorporation (Co 14.1). (PTY ONLY). Certified copy of shareholding certificate (PTY ONLY) •Trust Resolution / Deed of Trust (TRUST ONLY). •Certified copy of Partnership agreement letter. (PARTNERSHIP ONLY). DEPARTMENT LABOUR •CIPC documents/ Business Registration docs •ID Copy of the director •Tax certificate CIDB (CONSTRUCTION INDUSTRY DEVELOPMENT BOARD) •Pty Company Registration with the CIPC. •Valid Tax Clearance from SARS. •Business Bank account documents •Share Certificates (if applicable) •CSD Registration with the SA Government. PROVINCIAL TREASURY WC SUPPLIER EVIDENCE BANK •Certified copies of director(s) •Identity document; •BBEE certificate/affidavit (for preference points); •Certified copy of Security Officer’s Board certificate (security services only); •Certified copy of Construction Industry Development Board •certificate (CIBD) or iTender website printout (building and construction services only); and or •Any sector specific documentation as may be defined CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY •Certified copy of ID document •Copy of proof of address WITZENBERG SUPPLY CHAIN MANAGEMENT •Tax clearance •ID document of director •CIPC documents
Visit this event, if you:
Want to become a potential supplier for government
Are in need to obtain compliancy documentation for your business
Want to update your business details
Want to follow-up on existing compliancy documentation NOTE THAT SOME OF THE REQUIRED DOCUMENTS BELOW CAN BE OBTAINED BY THE DEPARTMENT'S PRESENT AT THE EVENT. YOU CAN STILL ATTEND IF YOU DO NOT HAVE ALL REQUIRED DOCUMENTS, IN ORDER TO START WITH REGISTRATION PROCESS & FOR CONSULTATION

NA byna drie jaar se wag is ‘n spoedwal Maandag 26 Februarie in Vierdelaan op Ceres opgerig. Die doel van die spoedwal is om motoriste wat so jaag se spoed te breek. Die spoedwal is opgerig deur die Witzenberg munisipaliteit om inwoners, kinders en stappers se veiligheid te verbeter wat gereeld langs die Dwarsrivier stap. Waarskuwingsborde is ‘n paar weke gelede opgerig en die munisipaliteit moet nog net die strepe op die spoedwal kom verf.

KENNISGEWING

2023/2024 AANSUIWERINGSBEGROTING

Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 23 Februarie 2024 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2023/2024 aan die Raad voorgelê en goedgekeur.

Die Aansuiweringsbegroting is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: MUNISIPALE BESTUURDER

Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835

NOTICE

2023/2024 ADJUSTMENT BUDGET

During a council meeting held on 23 February 2024 an Adjustment Budget for 2023/2024 was tabled and approved by Council.

The Adjustment Budget can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER

Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

ISAZISO

UHLAHLOLWABIWOMALI

OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2023/2024

Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla wama 23 kweyoMdumba 2024. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga, ukuhlomla kuhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakumanthazwe kaMasipala: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: UMLAWULI-MASIPALA

uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres,6836

LEERDERS van Charlie Hofmeyr hoërskool en personeel is verlede Vrydag verras met ‘n besoek van die DHL Stormers. Na afloop van die oefening het Salmaan Moerat namens die DHL Stormers ‘n getekende rugbytrui aan die skoolhoof, Danie le Roux, oorhandig.

WITZENBERG MUNISIPALITEIT DIENSLEWERING IMBIZO HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?

Deernis Registrasie op werklose databasis

Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede

Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.

Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan

Geriewe (sale, sportgronde), Verkeer en Wetstoepassing parke en bome

WAAR WORD DIT GEHOU?

DAG EN DATUMTYDDORPWYKEPLEK

Dinsdag 5 Maart09:00 - 12:00Tulbagh7&11Witzenville Gemeenskapsaal

Woensdag 6 Maart09:00 - 12:00Wolseley2&7Pine Valley Gemeenskapsaal

Donderdag 7 Maart09:00 - 12:00P.A. Hamlet4&10Kliprug Gemeenskapsaal

Maandag 11 Maart09:00 - 12:00Bella Vista4&6Bella Vista Gemeenskapsaal

Dinsdag 12 Maart09:00 - 12:00Ceres3&5Ceres Town Stadsaal

Woensdag 13 Maart09:00 - 12:00Nduli1&12Nduli Gemeenskapsaal

Donderdag 14 Maart09:00 - 12:00Op-die-Berg8&9Nuykintaba Gemeenskapsaal

‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep

MUNICIPAL SERVICE DELIVERY IMBIZO

DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?

Indigent Registration on Municipal Unemployed Database Credit Control (accounts) Small Businesses Support Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees

WHERE WILL IT BE HELD? DAY AND DATETIMETOWNWARDSVENUE

Tuesday 5 March09:00 - 12:00Tulbagh7&11Witzenville Community Hall

Wednesday 6 March09:00 - 12:00Wolseley2&7Pine Valley Community Hall

Thursday 7 March09:00 - 12:00P.A. Hamlet4&10Kliprug Community Hall

Monday 11 March09:00 - 12:00Bella Vista4&6Bella Vista Community Hall

Tuesday 12 March09:00 - 12:00Ceres3&5Ceres Town Hall

Wed. 13 March09:00 - 12:00Nduli1&12Nduli Community Hall

Thursday 14 March09:00 - 12:00Op-die-Berg8&9Nuykintaba Community Hall

A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities

DAVID NASSON

MUNICIPAL MANAGER

MUNISIPALE BESTUURDER

1 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Jakobus Mankopan

1942/05/05 - 2024/02/22

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Gert Jors

1959/12/22 - 2024/02/26 R oudiens : Do. 29/02/2024, 19:00, De Hoop Plaas, WBV Begrafnisdiens: So. 3 Maart. 2024

Huis: 10:00, De Hoop Plaas, Warm Bokkeveld Saal 12:00, Jakarandastraat, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706

n/u: 082-5753-181

Cupido (Boeta)

Isaacs

1959/02/26 - 2022/12/05

Dit is jou 2de verjaarsdag weg en ons eer die dag met die wete van hoe spesiaal jy vir ons was. Ons mis jou stem en liefdevolle geaardheid. “Ons verloor nooit die wat ons lief het, want die liefde leef voort. Die tyd wat ons saam gedeel het, sal altyd aan ons behoort.” Rus sag by Jesus. Van Lorraine, jou ‘Motjie/ Motbeen’ en almal wat lief was vir jou.

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

•Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Dienste : -Blokkasies en lekke -Geiser installasies -Rioolstelsels -Gebarste pype -Alle loodgieter herstelwerk Skakel Richard ‘Stormy’ Langeveldt 079-814-0627

NB Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

DRINGEND OP SOEK NA

2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop.

SkakelKobusSkakelKobus SkakelKobusSkakelKobus Skakel Kobus 083-659-1735083-659-1735 083-659-1735083-659-1735

JH VISSER TRANSPORT

Drywer

•Slegs Mercedes Benz, MAN 16spoed handrat kan bestuur en nie outomaties nie (Geen outomatiese aansoeke sal aanvaar word nie) • Kode 14 met PDP • ±5 jaar ondervinding. Moet sober gewoontes hê en netjies wees. Skakel: Jeanne Visser 084-585-2068

TWEE leerders van Laerskool Gericke is opgeneem in die Boland tweekampspan. Ankia Slabbert en Irma-Ann Orffer het die naweek hul Boland kleure ontvang. IrmaAnn het ‘n derde plek behaal. Beide sal Boland by die S.A. kampioenskappe verteenwoordig.

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44

nuusbrokkies

Bella Vista Crusaders kersfeeskoor bied ‘n worsrolletjie verkoping aan op Saterdag 2 Maart by Buitenstraat 32 (huis van Capp). Die worsrolletjies is beskikbaar teen R25 elk en kan vanaf 13:00 afgehaal word. Vir verdere inligting kan die voorsitter Julius by 083-7265866 geskakel word.

DIE Oesfees op die Solms-Delta wynlandgoed is weer terug op die kalender. Die Oesfees word op 6 April aangebied in Franchhoek. Kunstenaars soos Loukmaan Adams, Anton Goosen en Agri Got Talent wenners sal optree. Kaartjies kos R200 en hekke open om 10:00. Kaartjies is by Plankton.mobi beskikbaar.

WITZENBERG Cansa Relay vind plaas van 2-3 Maart.

INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaar-

100ste Parkrun

SATERDAG 24 Februarie is die 197ste Parkrun op Ceres aangebied. Byna 100 stappers en drawwers het deelgeneem. Bertus en Leaza van Wyk het tydens die geleentheid hul 100ste Parkrun voltooi. Hulle help ook met die organisering en aanbied van die gewilde byeenkoms.

skap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.

BELLA Vista en Ceres rugbyklub se eerste Witsentraal wedstryd vind op Saterdag 2 Maart wanneer die twee spanne kragte meet.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com

PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae.

VRYDAG 23 Februarie is die uiters gewilde Lions fondsinsamelingsgholfdag op Ceres gholfbaanaangebied.Daarhet25spannegespeel.AltusJoubertenSaxtusvanRensburg was die wenners met 46 punte. * Name van borge en meer fotos sal volgende week in ‘n volblad advertensie verskyn.

6 l WITZENBERG HERALD l 1 MARCH 2024
Roudiens
Do.
Bella Vista Begrafnisdiens
Sat. 2 Maart 2024 Huis: 09:00, Buitenstr.12., BV Kerk: 10:00, St. Matthews, Bella Vista Graf Bella Vista
:
29/02/2024, 19:00, Buitenstraat 12,
:
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE CMT LOOKING FOR SEAMSTRESSES We are a small CMT based in P.A. Hamlet and have the following vacancies available: EXPERIENCED SEAMSTRESS •Experience as a Seamstress (min. 2 years) • Good garment construction knowledge • Impeccable quality of work • Deliver on deadlines in a fast-paced environment. SEAMSTRESS/ CUTTER/QUALITY CHECKER •Basic sewing skills • Work extremely neat & professional • Have a keen eye for detail. Possible candidates must be honest and reliable. Only apply if you are a SA Citizen and have good contactable references. Send CV by 14 March 2024 to: hello@lamourclothing.co.za ●●●● ●●●● ●●

VIER leerders van Laerskool Gericke is in die Boland atletiekspan opgeneem. VLNR: Wilhelm Visser (derde in die 70 meter hekkies vir seuns o/10), Ruben Giliomee (derde in die 80 meter hekkies vir seuns o/13), Dirk Louw (derde in spiesgooi seuns o/12) en Adriaan Walters (vierde in die 70 meter hekkies vir seuns o/10). Die atlete sal Boland op Saterdag 9 Maart by die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe in die Paarl verteenwoordig.

DIE groep tennispelers van Laerskool Koue Bokkeveld het ‘n toer na Robertson onderneem waar hulle twee dae tennis gespeel het. Hulle het oorgeslaap by die Wederom gasteplaas, ontbyt geëet by The Red Chair Bistro en Birds Paradise besoek. Dit was ‘n heerlike ervaring en uitstappie vir al die spelers.

LAERSKOOL F.D. Conradie het 21 atlete wat opgeneem was in die Witzenberg atletiekspan. AGTER: Stiaan Mouton, Joshua van der Merwe, Heinz Rautenbach, Daniël van Deventer, Sophia van Deventer, Kirsten Goosen, Ferran Snyders en Heidi Britton. MIDDEL: Jaun-Lee van Rooy, Edrich Dafel, Zoe Titus, Franco Boer, Layla du Plessis, Arrie van Rooyen, Adrian Mars en Edinn Pretorius. VOOR: Adver van der Ross, Jaydee Kruger, Kezzley Botes en Diné Dafel. AFWESIG: Daniël Wolfaardt.

MONTROUGE VGK primêr buite Tulbagh, is trots op twee van die skool se atlete wat op 24 Februarie aan die Boland atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Anderson Signing het twee goue medaljes verwerf in die 60 en 80 meter vir o/8 seuns terwyl Estene Adams aan die 1500m deelgeneem het. Hier is die twee atlete saam met me. Enza en me. Mars afgeneem.

How to help

Donate

Chain Boland FNB Acc. no: 62735793194

Branch: 250655

Volunteer info@chainboland.co.za

Shop

Find pet and vintage goods at Chain on Main, 38 Van der Stel Street, Tulbagh Tel: 064 655 4724

Adopt

Support CHAIN

Dog Shelter: Hazel 072 609 1165

Cattery:Elise 081 849 2811

Looking back on CHAIN in 2023

As CHAIN looks forward, it’s also good to look back on the achievements and challenges of 2023. And who better to do this than Elise van Holten, our immediate-past chairperson, who stepped down from leadership last year?

What were the highlights of 2023?

Elise: We should celebrate the fact that CHAIN took into care 183 new animals in need, and managed to rehome 109 of them. We also arran-

Elise van Holten, immediate-past chair of CHAIN

ged the spaying of 294 animals and had 420 vaccinated against disease. A big achievement was to secure our own building on Van der Stel Street in Tulbagh, which we hope will secure the organisation’s future. The CHAIN Shop is housed in this building, and the space we don’t use is leased out for rental income.

What were the pressing challenges of 2023?

Elise: As ever, financial constraints limit the number of unwanted and sick animals we can help in Witzenbergand there are many! To do its work, CHAIN relies on kind donations from the public. We are also always short of volunteers - help is gladly received, whether you want to walk our shelter dogs or help in our fundraising campaigns. There is also the urgent need for better municipal by-laws and regulations to protect the welfare of animals.

Who came through for CHAIN last year?

Elise: I would like to thank the community, vets, and municipality for their ongoing support - not forgetting the volunteers for their tireless dedication. After 7 years of daily involvement in CHAIN, it’s time for me to let go. I wish the new committee and volunteers lots of success in the coming years - may you grow from strength to strength! The new CHAIN committee salutes Elise and her outgoing 2023 team (Lawrie, Alison and Nelia) for steadfastly protecting the welfare of animals in Witzenberg. The work never ends - it’s easily overlooked in a community where so many humans are also in need, but it’s still vital. As Mahatma Ghandi famously said, “The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.”

CHAIN Shop bargains

This highly collectable art deco Villeroy & Boch coffee set is on sale now. Visit our shop in Tulbagh to find your bargain! We sell a range of vintage and secondhand goods, all kindly donated by the public, and all proceeds go to support CHAIN’s animal welfare work in Witzenberg.

CHAIN Shop

38 Van der Stel Street, Tulbagh 064-655-4724 (WhatsApp messages preferred)

Open :Monday - Friday: 09:00 - 16:00

Saturday: 09:00 - 14:00

072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only)

e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za

Follow us on Instagram Like us on Facebook @ChainBoland

https://www.chainboland.co.za

Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh CHAIN Newsletter publication: kevin@mettamedia.co.za

1 MARCH 2024 l WITZENBERG HERALD l 7

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Ondersteuners sien uit na naweek se derbystryd

DIE nuwe rugbyseisoen beloof om weer op-windende rugby op te lewer met die Boland ligawedstryde wat die naweek afskop. Bella Vista, huidige Witsentraal kampioen, begin sy 2024-aanslag teen Ceres rugbyklub, wie na ‘n jaar se afwesigheid, weer terug is en ‘n punt wil bewys. Hulle het verlede jaar in die streekuitdaagreeks gespeel.

Bella Vista sal wil wys hoekom hy vir twee jaar agtereenvolgens die kampioen was. Die span behou hul kern spelers van die vorige seisoen met ‘n paar versterkings voor- en agterlangs wat hulle bygekry het.

Ceres RVK het heelwat aanwinste bygekry sal oudergewoonte baie mededingend wees. Die wedstryd beloof om die wedstryd van die naweek te wees.

Wolseley reis na Hamlet om hul beker aspirasies ‘n hupstoot te gee. Net tyd sal leer of die tuisspan dit gaan toelaat. Delicious ontvang besoek van Hillcrest United en sal vroeg in die 2024-seisoen hul stempel wil afdruk om te vergoed vir die vorige wisselvallige seisoene. Delicious is hoopvol dat hul nuwe afrigters en nuwe aanwinste, die seisoen vrugte sal afwerp.

WOLSELEY krieketklub het Saterdag vir Porterville in die finaal van die Kaapse Wynlande Wes T20-reeks met 23 lopies geklop. Met die puik vertoning het die span die kroon gespan op ‘n uiters suksesvolle krieketseisoen nadat die span ook vroeër die 50 boulbeurt-kompetisie gewen het. * Wolseley het eerste gekolf en ‘n beskeie 125/3 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Adiam Abrahams met 55* het die beste gekolf. Porterville wat ‘n maklike teiken gestel is, het gesukkel en is met goeie boulwerk beperk tot 102/ 8 in hul toegelate 20 boulbeurte. Shaheen Pietersen het uitgeblink met die bal en 4/23 geneem. Leolan Davids met 2/24 en Ravel Prins met 2/11 het ook goed geboul.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende nor male kantoor ure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Restant

Gedeelte 21 van die plaas

Duivels Berg Nr.268 /

Remainder

Portion 21 of the farm

Duivels Berg No.268, Tulbagh

Ligging / Location Sorgvlei, Wolseley

Aansoeker / Applicant JH Visser (083-572-6836)

Aard / Nature

Afwykingsaansoek vir die stoor van vrugteverpakkingkratte op die eiendom /

Departure application for the storage of fruit packing crates on the property

Sluitingsdatum / Closure date 02/04/2024

DHL Stormers kom oefen op Ceres

DIE DHL Stormers het verlede Vrydag meer as twee ure op Charlie Hofmeyr se rugbyveld geoefen onder die wakende oog van hul afrigter, John Dobson. Hier hardloop Sazi Sandi (stut) met die bal met Ben Loader (vleuel) agter hom. Herschel Jantjies probeer Sandi keer. FOTO REGS: Brock Harris tel vir Ruben van Heerden op in die lynstaan met Deon Fourie en Salmaan Moerat wat toekyk.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende nor male kantoor ure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Erf 7

Tulbaghweg

Ligging / Location

Tulbaghweg

Aansoeker / Applicant

HJH Investments (Pty) Ltd Hennie Visser (083-572-6836)

Aard / Nature

Afwykingsaansoek vir die stoor van vrugteverpakkingkratte op die eiendom / Departure application for the storage of fruit packing crates on the property

Sluitingsdatum / Closure date

02/04/2024

8 l WITZENBERG HERALD l 1 MARCH 2024
KENNISGEWINGS l NOTICES KENNISGEWINGS l NOTICES KENNISGEWINGS l NOTICES KENNISGEWINGS l NOTICES

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.