Witzenberg Herald Vol.24 no. 8 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 8

R7.50

Friday, March 5, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Maart

Vrydag 5 Maart

14° 26°

14° 30°

Saterdag 6 Maart

Sondag 7 Maart

15° 27°

13° 25°

Ceres Koekedouw dam

79%

Lesing: 2021/03/03

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Twee sterf

TWEE insittendes van ‘n Audi A4 is Sondag dood in ‘n kop-aan-kop botsing buite Wolseley. Volgens die polisie het die ongeluk Sondag 28 Februarie omstreeks 10:35 plaasgevind toe ‘n silwerkleurige Audi A4 met drie passasiers naby Rora-plaas teen ‘n Ford Ranger bakkie gebots het. Lees meer oor die ongeluk op bladsy 3.

SAPD en verkeer skut 32 taxis en 17 voertuie DIE grootste optrede teen onwettige taxis en Avanza taxis van Lesotho wat nie oor die regte permitte beskik nie, is die naweek van 26-28 Februarie in die Witzenberg munisipalegebied uitgevoer. Dit is die eerste keer dat provinsiale verkeersdienste die gesamentlike optrede saam met Witzenberg munisipale verkeersdienste, Mafoko sekuriteit sowel as Ceres en P.A. Hamlet SAPD en SAPD POP Paarl uitvoer. Daar is op onwettige taxis sowel as permitte en voorwaardes gefokus. Die eerste optrede het Vrydagaand begin en Saterdagoggend en Sondag van 08:00 tot 15:00 voortgeduur. Padblokkades is buite Michellspas, Nduli en op pad na P.A. Hamlet gehou. Daar is beslag gelê op 32 taxis wat in die Paarl geskut word asook 17 onpadwaardige voertuie. Boetes vir verkeersoortredings asook ‘n CV-19 boete is uitgereik. Meer as 60 personeel het aan die optrede deelgeneem en 196 voertuie is deursoek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.