WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 23
R7.50
Friday, June 18, 2021
Since 1997
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Junie
Vrydag 18 Junie
Saterdag 19 Junie
Sondag 20 Junie
2° 21°
6° 25°
9° 27°
2° 17°
CERES (023) 312-2144
Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn
Ceres Koekedouw dam
56,8%
Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.
Lesing: 2021/06/16
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie
MOTIVERINGS
CJ: 082-837-4325 cjjboshoff@gmail.com
www.witzenbergherald.co.za
Taxibestuurder doodgeskiet, kind gewond PRESIES ‘n week nadat vyf taxibestuurders buite Ceres koelbloedig doodgeskiet is, is daar Dinsdag weer ‘n taxibestuurder doodgeskiet en ‘n jong kind gewond. Teen Woensdag was dit nie duidelik wat die toestand van die jong kind is wat raakgeskiet is nie. Die taxibestuurder is later dood. Die polisie was heeldag besig met hul ondersoek en kon geen verdere inligting bekend maak nie. Na Dinsdag se skietvoorval buite Ceres, is daar sedert die begin van 2021, reeds 45 mense vermoor en 19 beseer in taxigeweld in die Wes-Kaap. Sedert middel Julie 2020 is daar agt taxieienaars of taxibestuurders in die Witzen-
bergstreek doodgeskiet. Saam met dié week se aanvalle staan die totaal nou op 14 sterftes. Taxis geskut Dinsdagoggend omstreeks 07:45 het ‘n polisie en verkeers begeleide konvooi, geskutte taxis met loeiende sirenes uit die dorp vergesel. Einde Februarie en einde April is daar ook optredes teen onwettige taxis in die Witzenberg munisipalegebied uitgevoer. Provinsiale verkeersdienste het die gesamentlike optredes saam met Witzenberg munisipale verkeersdienste, Mafoko sekuriteit sowel as Ceres en P.A. Hamlet SAPD en SAPD POP Paarl uitgevoer. Tydens die optredes is daar op onwettige
taxis sowel as permitte en voorwaardes gefokus. In die eerste optrede is daar beslag gelê op 32 taxis wat in die Paarl geskut is asook 17 onpadwaardige voertuie. In die tweede optrede is 20 taxis geskut. Op Dinsdag 15 Junie is daar op nagenoeg 14 voertuie beslag gelê. Vyf doodgeskiet Vyf taxibestuurders is verlede Dinsdagoggend net na 07:00 by ‘n taxistaanplek by Vredebes doodgeskiet. Speurders van die Wes-Kaap taxi-taakspan het saam met plaaslike speurders die moordtoneel in die behuisingskompleks buite Ceres gefynkam vir leidrade en patroondoppies. Geen verdagtes is nog aangekeer nie.
Taxis wat nie oor die nodige en wettige permitte beskik nie en die gebrekkige optrede teen dié taxi-operateurs, kry die skuld vir die voortslepende geweld. Mense met inligting oor die skietery, kan die polisie se stop misdaad hulplyn skakel by 08600-10111. Nog ‘n voorval Die polisie het Sondag 13 Junie omstreeks 12:30 waarskuwingskote en ‘n skokgranaat afgevuur by die taxistaanplek agter Ceres Shoprite. Dit kom nadat hulle ‘n verdagte vir die rig van ‘n vuurwapen wou arresteer en omstanders moeilik begin raak het.
BLO maak verslag bekend DIE burgerlugvaartowerheid (BLO) se voorlopige ondersoek na ‘n gyrokopterongeluk buite Laingsburg, is afgehandel. Daniël Theron (inlas), ‘n boer van Tulbagh, is Maandag 3 Mei omstreeks 14:30 ernstig beseer en sy 12-jarige seun, Daniël jr., is dood toe die tweesitplek Magni gyrokopter waarmee hulle gevlieg het, op ‘n plaas 31.5 km wes van Laingsburg neergestort het. Dié gyrokopter met registrasie ZU-BDY het skielik geval, die grond getref en daarna in vlamme uitgebars. Theron sr. kon uit die gyrokopter kruip wat met die impak heeltemal verwoes is. * Lees meer op bladsy 3.
FOTO: SACAA verslag
2
WITZENBERG HERALD
Vryburgers skenk vrugte en groente CERES Vryburgers het onlangs pampoen, naartjies en uie aan inwoners van Huis Maudie Kriel, die Sisonke dienssentrum, Huis Pieter Strauss, Hamlet selfsorgoord en Getruida-kos vir kinders, uitgedeel.
TE KOOP OP TENDER EIENDOM MET ONTWIKKELINGSPOTENSIAAL JOUBERT VAN VUUREN INGELYF in opdrag van ANMERI FAMILIETRUST bied hiermee per tender te koop aan ERF 1560 PRINCE ALFRED HAMLET in die Witzenberg Munisipaliteit, Afdeling Ceres, Provinsie Wes-Kaap GROOT: 10 223m² GELEË TE: h/v Jakarandalaan en Malanstraat, Prince Alfred’s Hamlet. Die eiendom kan in ‘n moontlike 11 erwe onderverdeel word. Die tenderprosedure en tenderkontrak kan aangevra word van Joubert van Vuuren Ingelyf by wyse van epos: altus@jvanvuuren.co.za
Friday, June 18, 2021
Luya came second in IPYG essay competition LUYA Tabene from Nduli primary recently came second in the International Peace Youth Group (IPYG) essay competition (12-14 years and 300 words). The IPYG with WCED call upon young people to share their experiences during the pandemic and what they discovered to be the most valuable in education. Here is the essay: Covid-19 pandemic had a huge negative impact on us learners and it really affected our studies. In our school we normally have competitions about sport, where we compete against other schools. When the pandemic took place our president gave us hard lockdown restriction of which we were unable to do everything normally and there was no sport at all. Being prohibited from going to school affected us from meeting other learners to play together and meeting other schools for sports competitions. We ended being unfit, because we were locked at home, no exercise, no jogging we gained weight and we lose when we play against schools. We lost most of our lovely teachers during this pandemic. Our heroes are gone, we had a difficult time because school is not the same without other teachers. One of them was my class teacher, I was so broken inside when I heard that he was gone. We lost one of our best teachers now they are gone with a lot of information that we wanted to gain from them. One of our teachers used to take us in the lab during lunch and advise us about how important education is, she used to say: Education is the key that will open all our doors and no one can take that from us. We lost our beautiful souls. This Covid-19 pandemic affected our studies badly, we faced a difficult time and hard for us to cope. It is hard to study at home with a lot of people inside, some are making noise and others sending us here and there so it was difficult to focus. We were also afraid so catching this pandemic we lived in fear. We are afraid that we might fail at school and it’s difficult to study when you are under a lot of immense pressure and stress. Through this challenge we managed to pull over and we practise regulations of wearing mask, sanitising and social distancing and a lot of learners passed even though it was difficult.
Sluitingsdatum vir indiening van tender: Vrydag, 9 Julie 2021 om 16:00
TWEE tehuise vir bejaardes op Ceres, Huis Maudie Kriel en Ceres Tuiste se woonstelkompleks, is tydelik as CV-19 voorsorgmaatreël gesluit. ‘n Personeellid van HMK is verlede week positief getoets waarna die tehuis gesluit is vir besoekers. Die stap is geneem as DUTOIT AGRI benodig die dienste van ’n dinamiese persoon om die finansiële voorsorgmaatreël noudat die derde bestuurspan by sy vrugteverpakking-/bemarkingsafdeling op Ceres te versterk. vlaag van CV-19 in die Wes-Kaap begin het.
PRODUSENT-/ KOSTEREKENMEESTER (Ceres)
Die posbekleër sal aan die Finansiële Bestuurder rapporteer en onder meer verantwoordelik wees vir: • Voorbereiding/instandhouding van interne poele en verslagdoening aan interne produsente • Afrekening, uitbetalings en verslagdoening t.o.v. eksterne produsente • Meting van winsgewendheid van vasteprysprodukinkope • Instandhouding van standaardkoste in bemarkingstelsel • Verslagdoening oor interne verkope • Voorbereiding van statutêre en tantieme opgawes, en inligting vir bedryfsopnames • Gewigrekonsiliasie van depots • Bystand met kosteberekeninge. Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie en bewese finansiële en bestuurservaring, aangevul deur sterk analitiese, administratiewe en MS Excel-vaardighede. Goeie interpersoonlike vaardighede, eerlikheid, dryfkrag, streng dissipline en die vermoë om op eie inisiatief te funksioneer, voltooi die profiel. Ondervinding in ’n soortgelyke pos, veral in die landbousektor, sal die aansoek versterk. Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit. Stuur ’n volledige CV na recruitment@dutoit.com Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar verkieslik nie later as 1 Augustus 2021 wees nie.
MELINDA Christodoulides, ‘n kwaliteitskontroleerder by Ceres Fruit Growers, was skaars 10 dae besig met haar nuwe werk en saam met Adrian Theron besig met opleiding op die paklyn, toe sy die rare verskynsel opgemerk het - ‘n tak en blaar wat deur die natuur en sonlig op ‘n Pink Lady appel ge-ets is. Die appel is vroeër op Dennekruin gepluk.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, June 18, 2021
DINSDAGOGGEND omstreeks 07:45 het ‘n polisie en verkeers begeleide konvooi die geskutte taxis met loeiende sirenes uit Ceres vergesel. Provinsiale verkeersdienste het die gesamentlike optredes saam met Witzenberg verkeersdienste en die SAPD. Op Dinsdag 15 Junie is daar op nagenoeg 14 voertuie beslag gelê.
Gyrokopterongeluk
Ondersoek afgehandel DIE burgerlugvaartowerheid (BLO) se voorlopige ondersoek na ‘n gyrokopterongeluk buite Laingsburg, is afgehandel. Daniël Theron (50), ‘n boer van Tulbagh, is Maandag 3 Mei omstreeks 14:30 ernstig beseer en sy 12-jarige seun, Daniël jr., is dood toe die tweesitplek Magni gyrokopter waarmee hulle gevlieg het, op ‘n plaas buite Laingsburg neergestort het. Voorlopige ondersoek Die burgerlugvaartowerheid (BLO) verslag skets die agtergrond van die tragiese voorval. ‘n Groep van vyf gyrokopters, insluitend Daniël Theron in ‘n wit Magni M16 gyrokopter, het Donderdag 29 April van die Morning Star vliegveld by Kaapstad vertrek na die SAGPA North meets South byeenkoms by die Gariepdam. Hulle het ‘n paar keer geland om brandstof in te neem op pad na Gariepdam en die vlug het sonder enige voorval of probleme verloop. Op Sondag 2 Mei na die byeenkoms het die groep vertrek op hul terugtog na Kaapstad. Hulle het op Beaufort Wes geland, brandstof ingeneem en in die Lemoenkloof Country Lodge oorgebly. Op Maandag 3 Mei het die vyf gyrokopters weer opgestyg en teruggevlieg in die rigting van Kaapstad. Hulle het weer op Laingsburg, ‘n swak onderhoudende
DIE tweesitplek Magni M16 gyrokopter waarmee Daniël Theron en sy seun gevlieg het.
FOTO: SACAA verslag
vliegveld, geland om brandstof in te neem en te rus. Hier het Daniël Theron sy 12-jarige seun opgelaai wat vroeër deur sy broer daar afgelaai is. Vier gyrokopters wat Daniël Theron en sy seun ingesluit het, het opgestyg. Die vyfde gyrokoptervlieënier en ooggetuie, het bietjie later opgestyg en sou later by die ander vier aansluit. Na 10-15 minute se vlieg, het die vlieënier die Therons se gyrokopter met registrasie ZU-BDY, ongeveer 100 tot 200 meter voor hom opgemerk waar hulle baie stadig gevlieg het. Die tuig het skielik geval, die grond getref en daarna in vlamme uitgebars. Theron sr. kon uit die gyrokopter kruip wat heeltemal verwoes is. Die verslag meld dat die ooggetuie ‘n noodboodskap uitgestuur het en die ander drie gyrokopters het toe omgedraai. Daar was nie ‘n veilige landingsplek naby die ongelukstoneel nie en het hulle die nooddienste geskakel, die GPS koördinate van die plaas Baviaansweg gegee en toe teruggevlieg na Laingsburg. Theron is eers met ‘n AMS noodhelikopter na die Worcester Mediclinic gevlieg. Hy is ‘n paar dae later na die Melomed hospitaal se spesialiseenheid vir ernstige brandwonde in Bellville oorgeplaas waar hy tans nog behandel word. Die BLO-verslag meld verder dat die gyrokopter in 2008 in Italië gebou is en dat sy jaarlikse inspeksie op 15 Augustus 2020 gedoen is. Die gyrokopter het neergestort in ‘n oop stuk veld ongeveer 31.5 km wes van Laingsburg. Tydens die voorlopige ondersoek is gevind dat die skroeflemme nie gedraai het tydens die impak met die grond nie en dat weerstoestande geen rol in die ongeluk gespeel het nie. Die gyrokopter se enjin het in die lug gestop waarna Theron ‘n noodlanding probeer doen het nadat die tuig krag en hoogte verloor het. Mediese toestand Daniël Theron was na die ongeluk ‘n tyd lank aan ‘n ventilator gekoppel maar haal nou weer self asem. Volgens ‘n familiewoordvoerder is daar verskeie veloorplantings die afgelope tyd gedoen en die dokter is tevrede met sy vordering. Navrae oor sy toestand is die afgelope week aan die familiewoordvoerder gerig maar geen nuwe inligting is ontvang nie.
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
Twee sterf in gru-ongeluk DIE afgelope drie weke is drie personeellede van NJ Geldenhuys vervoer op Ceres, skielik oorlede. Twee mans, Andries de Klerk (57) en Leon Titus (23), het op 25 Mei in ‘n grusame ongeluk tussen Beaufort Wes en Leeu Gamka gesterf. ‘n Aankomende vragmotor van Swartland vervoer het net na 09:00 die NJG vragmotor getref waarna beide aan die brand geslaan het. Titus sou die volgende dag verjaar het. * Die twee werknemers se begrafnisse het Saterdag en Sondag plaasgevind en personeel het ‘n erewag gevorm met die onderneming se vragmotors. * De Klerk is Sondag op P.A. Hamlet begrawe en Titus is Saterdag op Op-die-Berg begrawe. KILIBONI Mona is na gesondheidsprobleme oorlede en het 13 jaar by NJ Geldenhuys vervoer gewerk. Hy is Saterdag in die Oos-Kaap begrawe.
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies
4
WITZENBERG HERALD
Friday, June 18, 2021
Vrou wen motor in kompetisie TULBAGH Spar het die Witzenbergstreek se tweede wenner in die nasionale Spar Wen ‘n motor kompetisie opgelewer. Klante van Spar kry die kans in ‘n ses weke kompetisie om een van 50 Hyundai Grand i10S motors te wen. Al wat hulle moet doen is om enige wen-’n-kar produk te koop en hulle Spar Rewards kaart in enige winkel te gebruik. Die kompe-tisie het op 6 Junie ten einde geloop. * Natacha Wadsworth was die gelukkige wenner. Hier ontvang sy haar motor van Wemar Raats (mede-eienaar van Tulbagh Spar). VLNR: Nicholas Shabangu (Spar Wes-Kaap), Natacha Wadsworth en Wemar Raats.
‘n INTERNASIONALE filmspan van UPL Productions het verlede week Donderdag tonele vir die fliek Lincoln, buite Wolseley en op die stasie langs Ceres gholfbaan verfilm. Na wat verneem word werk daar 120 mense op die filmstel. Geen verdere inligting is beskikbaar en niemand mag fotos van die verfilming neem nie.
Spectra Trust vier hul 15de bestaansjaar SPECTRA Trust Ceres, wat spesialiseer in die verskaffing van pakmateriaal, het die afgelope maand hul 15de verjaardag gevier. Spectra Trust het 30 jaar gelede sy ontstaan gehad in die Langkloof naamlik Louterwater. Die hoofkantoor is in die Paarl gesetel. Spectra Trust Louterwater het aanvanklik 70% van die Langkloof se produsente van pakmateriaal voorsien. Spectra Trust het ook takke in die Paarl, Grabouw, Hexrivier en agentskappe op Kakamas en Trawal. Spectra Trust Ceres verskaf alle pakmateriaal, asook uiesakke en uie-verpakking.
VEELS GELUK
The Mpact Versapak team congratulates Spectra Trust on their 15th birthday.
We are in proud partnership with the supply of a range of agricultural packaging items. www.mpactversapak.co.za
Spectra Trust se strewe is mededingende pryse, persoonlike diens en professionele advies aan produsente. Met verskeie voertuie tot hulle beskikking kan vinnige aflewering gratis gedoen word asook na-ure aflewering. Spectra Trust se toetrede tot die pakmateriaalbedryf in die Witzenbergstreek het nie net groot besparings vir kliënte teweeg gebring nie, maar a.g.v. agressiewe bemarking en uitmuntende dienslewering het markverwante pryse gestabiliseer. Vir meer inligting skakel Hans Botha by (023) 312-2623.
HANS Botha, Spectra se bestuurder op Ceres.
DIE personeel van Spectra Ceres. VLNR: Xavier Pieters, Beatrice Farmer en Persiville Booysen.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, June 18, 2021
Goeie vordering met inëntings teen COVID-19 DIE 15 000-kerf is verbygesteek!
Meer as 15 000 mense van 60 jaar en ouer in die Kaapse Wynland het teen die einde van Maandag 14 Junie hul eerste van twee inentings gekry om hulle van ernstige siekte te beskerm indien hulle koronavirus sou kry. “Provinsiaal is minder entstowwe ontvang as wat van nasionaal aangevra is en ons verwag dat die aflewerings wat ontvang word oor die volgende paar weke, laer is as waarop ons gereken het”. Dit het ‘n invloed op die hoeveelheid mense wat SMS’e vir ‘n afspraak ontvang, asook die aktivering van addisionele fasiliteite wat entings bied. Personeel help eerste mense wie na ‘n fasiliteit kom vir enting volgens hul afspraak. Indien daar genoeg entstowwe beskikbaar is, sal mense wie opdaag sonder ‘n afspraak, gehelp word. Dit is baie belangrik om te registreer vir inenting en dan eers na ‘n fasiliteit te gaan vir inenting volgens jou afspraak. “Indien jy in die laaste 90 dae voor jou afspraak COVID-19 gehad het en ’n tweede SMS ontvang het met jou afspraakbesonderhede vir die COVID-19-inenting, moet jy die kontaksentrum skakel by 0860-142-142 om jou afspraak te skuif. As jy die griepinspuiting gekry het, moet jy 14 dae wag voordat jy die COVID-19-inenting kan kry. As jy die COVID19-inenting gekry het, moet jy ook 14 dae wag voordat jy die griepinspuiting kan kry”. Volhard met maatreëls om jouself veilig te hou Gemeenskappe in die Kaapse Wynland, asook rolspelers soos plaaslike munisipaliteite word bedank vir hul inisiatiewe om COVID-19 te stuit. Wes-Kaap Gesondheid vra dat elkeen volhard daarin om mekaar te beskerm. “COVID-19 tref nie onderskeid tussen mense nie,” sê Surina Neethling, wie saam met gesondheidswerkers monitering doen van aktiewe gevalle van COVID-19. “Mense van alle ouderdomme moet versigtig bly. As jy in ‘n koshuis of ander groepopset woon, sê dit vir die gesondheidswerker wanneer jy vir COVID-19 getoets word. Dit help ons om vinnig te sorg dat almal wie geraak word, in afsondering is.” Jou risiko vir COVID-19 word beperk wanneer jy jou masker dra, vars lug het, ‘n veilige afstand van ander hou en so min as moontlik blootstelling aan groot groepe mense het. Maria Gouws (72) van Bella Vista het onlangs haar eerste van twee inenings teen COVID-19 gekry en sê sy gaan streng wees en net mense wie ook geënt is, by haar huis toelaat. Annalie Malherbe (72) was baie opgewonde toe dit haar beurt vir enting was. Sy skenk gereeld bloed, so sy was nie ontsenu deur die gedagte van die inenting nie. Kliniektye Ceres Hospitaal vanaf 31 Mei - Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 14:00 P.A. Hamlet kliniek vanaf 7 Junie - Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die- Berg kliniek van 7 Junie - Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek van 7 Junie - Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek van 7 Junie - Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek van 7 Junie - Vrydae van 09:00 tot 11:00
Styg met 300% Teen Dinsdag 15 Junie was daar 39 aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Van verlede Vrydag 11 Junie tot Maandag 14 Junie was daar ‘n 300% toename! Niemand in die streek het die week weens COVID-19 gesterf nie. Sedert die pandemie begin het is daar 5144 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4876 volkome herstel het. Statistieke wys Ceres het die meeste positiewe gevalle aangemeld nl: 1062 gevolg deur Bella Vista met 878, P.A. Hamlet met 712, Wolseley met 590, Tulbagh met 535, Nduli met 431 en Koue Bokkeveld plase met 414. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar die afgelope jaar 85 gevalle aangemeld. Twee honderd nege en twintig (229) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 35, Bella Vista met 34, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 24. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 961 (tot 14 Junie) met 302 232 positiewe gevalle en 282 234 wat al herstel het. Daar is al 274 537 gesondheidswerkers en bejaarde mense bo 60 wat al in die Wes-Kaap ingeënt is teen CV-19.
DIE Witzenberg munisipaliteit en wetstoepassers word bedank vir hul ondersteuning met aktiwiteite soos boodskappe oor megafone, sodat almal op hoogte bly van hoe hulle hulself teen COVID-19 kan beskerm.
DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter het Saterdag 12 Junie weer by Ceres provinsiale hospitaal kom land. Hulle het ‘n pasgebore baba kom oplaai en na ‘n hospitaal in Worcester vervoer.
Vier mans beroof gesin op Tulbagh VIER onbekende gemaskerde mans het ‘n week gelede ‘n gesin op hul plaas buite Tulbagh oorval en beroof. Die polisie het bevestig dat ‘n gesin op die plaas Duikersdrift op Maandag 7 Junie oorval is. Omstreeks 20:20 het die mans met messe en ‘n pistool by die plaaswoning ingebars en geld en vuurwapens geëis. Hulle het die man en ‘n restaurantbestuurder in een vertrek en sy vrou en twee kinders in ‘n ander vertrek toege-
sluit. Hulle het omstreeks 22:30 te voet met skootrekenaars, selfone, kontant en juweliersware gevlug. Twee mans is later vir ondervraging ingeneem maar kon na ondervraging nie met dié misdaad verbind word nie. Inligting Indien daar iemand is met meer inligting oor die verdagtes, kan hulle die ondersoekbeampte sers. Marlon Cupido skakel by (023) 230-8100 of 079-894-0192.
Ceres Lions bied aan ten bate van
Kerrie Bredie & Rys @ R85 (wegneem) 30 Junie 2021
ANNALIE Malherbe (72) van Ceres was baie opgewonde toe dit haar beurt vir enting was.
Baba na Worcester gevlieg vir behandeling
Kan opgetel word by Oranjestraat, Togryers Museum, Ceres tussen 12:30 - 14:00
LOVE AND SOLES IN ACTION is die skoolskoene insamelingsveldtog van die Togryers museum vir Mandeladag. Die museum samel gebruike (en nuwe) skoolskoene in vir twee plaasskole in die Witzenbergomgewing. * Indien jy skoolskoene het wat in onbruik geraak het, kan jy dit by die Togryers museum kom afgee. Help ons om diegene te help wat die winter sonder skoolskoene moet klaarkom. Vir enige navrae skakel die museum by (023) 312-2045.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Boland Roll on Lawn Eddie Sampson 1956/08/24 - 2021/06/13
Roudiens: 17/06/2021 om 19:00, Dahliastr. 1094, BV
Privaat begrafnis Sat. 19 Junie 2021
• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Kerk: 09:00, Algemene Pinkster, Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Jacoba Sofia Zeeman 1952/12/13 - 2021/06/11 Privaat begrafnis: Son. 20 Junie 2021
Roudiens: 17/06/2021 om 19:00, Dahliastr. 1094, BV
Privaat begrafnis Sat. 19 Junie 2021
• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Hendrik Jan Jakobus Harris 1996/05/16 - 2021/06/11 Privaat begrafnis: Sat. 19 Junie 2021
• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 12:00, Geelhoutstr. 10, BV Kerk: 13:00, Peres Saal, BV Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Sophia Makloen 1971/09/24 - 2021/06/07 Roudiens: Don. 17/06/2021 om, 19:00, Grenstr. 211, BV Privaat begrafnis: Sat. 19 Junie. 2021 • Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk /drukkies • Was hande /gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 09:00,Grenstr. 211, BV Kerk: 10:00, Suiderlandse Christen Sending, BV Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
John Albert Peres (Oom Plom) 1953/06/21 - 2020/12/13
Pa, jy was ‘n ongelooflike mens met ‘n groot hart. Ons kan nie glo dat jy al ses maande gelede jou tydelike huis met die ewige verwissel het nie. Gaan jou staaltjies met jou eerste Vadersdag en verjaarsdag weg van ons, verskriklik baie mis. Geniet jou hierdie een saam met die Engele. Luv you Pa. Van jou vrou, al jou kinders en kleinkinders
Gerald Lee 1966/11/15 - 2020/09/16
Aan ‘n baie spesiale man, pa en oupa wat jy vir ons was. Ons 1ste Vadersdag sonder jou. Jy's vir altyd in ons harte en ons sal jou altyd liefhê Van jou vrou, kinders en kleinkinders
Johanna Mentoor
1957/06/20 - 2010/10/16
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 DIE WoelaStance-groep tesame met die CPT Bantamers, ‘n groep motor entoesiaste, het Saterdag 12 Junie bymekaar gekom en klere en kos aan twee families geskenk wat onlangs al hulle besit-tings verloor het toe hulle wonings afgebrand het. * As daar nog mense is wat dalk klere wil skenk, kan hulle Jowheell Goliath 071-4455-118, Anwar Boer 072-2031-642 of Nico Southey by 072-3397-822 skakel.
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476 Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuig-sitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Sara Saaimans 1956/02/25 - 2021/06/06 Privaat begrafnis: Sat. 19 Junie 2021
• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Saal: 09:00, Montana Gemeenskapsaal Graf: Wolseley
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
Huis: 12:00, Essenhoutsingel 1, Tulbagh Kerk: 13:00, AME, Tulbagh Graf: Wolseley
Kerk: 09:00, Algemene Pinkster, Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Skakel
082-859-2300
• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Jimmy Sampson 1959/02/04 - 2021/06/15
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Friday, June 18, 2021
1957/06/20 - 2010/10/16 Vandag is dit Mamma se 11de verjaarsdag in die Hemel. Die verlange en gemis voel nog soos gister maar ons gun Mamma die ewige rus. Mamma sal vir ewig in ons harte voortleef. Baie liefde van al Mamma se kinders
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
nuusbrokkies BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum het nou ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 312-2045. AS deel van die Togryers museum se fondsinsamelingsprojek het die Ceres Lionsklub hande gevat met die museum. Hulle bied die alombekende Kerriebredie en rys wegneemetes aan op 30 Junie. Kaartjies is te koop by die Togryers museum teen R85. Die porsies is lekker groot! Die wegneemetes is beskikbaar tussen 12:30 en 14:00 by die museum in Oranjéstraat. Bespreek vroegtydig by (023) 312-2045.
Andréa van Rooi
STIGTING van ‘n Konstruksie Vereniging vir die Witzenbergstreek. Alle persone betrokke by ambagte en bouwerk, word uitgenooi om aan te dui of hulle betrokke wil raak by dié vereniging. Plaaslike kontrakteurs word ook aangemoedig om Witzenberg werksgeleenthede te verbeter. Indien jy belangstel om lid te word, skakel Christophe Seroot by 071278-0544. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra.
Gelukwensing aan Andréa Van Rooi, dogter van mnr. en mev. Pieterse, met die verwerwing van jou BA graad by UWK. Mag die seën van die Here jou vergesel.
WITZENBERG HERALD
7
Friday, June 18, 2021
DIE Wes-Kaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer en die burgemeester van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, dr. Elna von Schlicht, het Maandagmiddag 14 Junie Ceres provinsiale hospitaal se COVID-19 inentingsfasiliteit besoek. Tydens die geleentheid is bejaarde plaaswerkers teen die virus ingeënt.
Skool bedank weldoeners BELLA Vista primêr wil hulle opregte dank en waardering uitspreek teenoor die barmhartige samaritane wie hulle oor hul leerders ontferm het. Verskeie leerders is met sokkies, skoene en sanitêre items geseën.
Swaar TYE. Warm HARTE
KLERE DONASIES
Ons is dringend op soek na klere en skoene vir dames en kinders DIE Wes-Kaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer en die burgemeester van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, dr. Elna von Schlicht, het Maandagmiddag 14 Junie Ceres provinsiale hospitaal se COVID-19 inentingsfasiliteit besoek. Tydens die geleentheid is bejaarde plaaswerkers teen die virus ingeënt. Dit is belangrik dat die plaaswerkers ingeënt word aangesien die streek ‘n belangrike rol in landbou en die streek se ekonomie speel. Hier is dr. Ivan Meyer en dr. Elna von Schlicht saam met dr. Elton Titus (bestuurder van Witzenberg Mediesedienste), afgeneem.
Kom skenk bloed DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) vier Nasionale Bloedskenkermaand gedurende Junie en Wêreldbloedskenkerdag op 14 Junie. Gedurende die maand strewe die WKB daarna om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid van veilige bloed en bloedprodukte sowel as die belangrikheid van bloedskenking. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se tema vir hierdie jaar se Wêreldbloedskenkerdag is: Gee bloed en hou die wêreld aan die klop. Hierdie tema beklemtoon die noodsaaklike bydrae wat bloedskenkers in die wêreld lewer deur lewens te red en ander se gesondheid te verbeter, met ‘n spesiale fokus om die jeug aan te moedig om bloed te skenk. “Tans bereik ons nie ons daaglikse teiken van 700 eenhede bloed nie. Die bloedverbruik in die provinsie het toegeneem en winter plaas altyd addisionele druk op bloedvlakke aangesien ons gereelde bloedskenkers aan verkoues en griep lei en dus nie kan bloed skenk nie”. Die WKB vra alle gesonde, bestaande en voornemende bloedskenkers wat aan die basiese skenkervereistes voldoen, om bloed te skenk en sodoende tot drie mense se lewens te red met een skenking. Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind laai gerus die app af op Android en iOS of stuur ‘n WhatsApp na 060 549 7244 of besoek www.wcbs.org vir meer inligting. Doen iets besonders, skenk bloed en hou die wêreld aan die klop.
STEGGIES VOORSKOOLSENTRUM bied aan
25 Junie 2021 THE HAMLET COUNTRY LODGE 12:00 - 17:00
STAP1: NEEM WAAR! Ken jy iemand wat altyd laat is, nooit die koffiepot volmaak nie, ‘n bietjie te hard neurie of altyd vuil skotteldgoed in die kombuis se wasbak agterlaat? Dit is dit nou die kans om ‘n lasbrief te laat uitreik en van hulle tronkvoëls te maak! STAP 2: MELD AAN! Stuur ‘n e-pos vir die lasbriefaansoekvorm na: steggiekleuters@gmail.com STAP 3: LAG BAIE! Volg die dag live op facebook en kyk hoe die tronkvoëls hulle borgtog bymekaar moet maak!
Vir enige navrae stuur ‘n epos na: steggiekleuters@gmail.com
Kom gee asb. af by die Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir enige navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)
Witzenberg Association for persons with disabilities
PLEASE DONATE NEW OR GENTLY USED BLANKETS AND HELP US SHARE THE WARMTH WITH OUR NEIGHBOURS THIS WINTER! DROP OFF LOCATION: Witzenberg APD 31 Lyell Street, Ceres ☎ (023) 312-3935 E-pos: hanoigoliathapd@gmail.com
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, June 18, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Nelson-liga finaal op Ceres WORCESTER (links) en Darling se ligaspanne kort voordat hulle afgeslaan het in die Nelson-liga finaal op Ceres. Worcester klop Darling 3.5 teen 0.5. Spanne van oor die streek het na Ceres gereis om die liga in perfekte weer te kom afsluit. Daar is na die tyd ook ‘n lekker braai vir spelers aangebied.
DIE Boland Kampioen van Kampioene finale het op Sondag s13 Junie in Worcester plaasgevind. Charmaine Mostert van Ceres rolbalklub, is die nuwe vroue kampioen gekroon. Sy het al haar wedstryde in gure weerstoestande gewen. Saam met haar op die foto verskyn Johan du Plessis van Robertson rolbalklub en voormalige Protea-speler, wat as die mans kampioen aangewys is.
Duiweseisoen begin in alle erns
DIE Nelson-liga finaal het Saterdag op Ceres plaasgevind. Worcester en Darling het sake in die finaal uitgespook. Hier is Porterville en Vredenburg se spanne op putjie no.4.
DIE 2021 duiweseisoen het Saterdag 12 Junie afgeskop met die eerste wedvlug vanaf Laingsburg. Saterdag 19 Junie vlieg die duiwe weer vanaf Laingsburg. Die bestuur van CHPS duiweklub wil alle Ceres duiweboere ‘n goeie wedvlugseisoen toewens en dat die sport in goeie sportmangees beoefen sal word. CHPS Jaaroud 1. Cyril & Ann Davids 1286.515 mpm
VIER BLOU WILDEBEESTE KAN IN HOPEFIELD GEJAG WORD TEEN R500 PER WILDEBEES
(Twee nagte se verblyf ingesluit by selfsorg Gastehuis) Jag moet plaasvind Augustus 2021
Skakel Ria Prins (Huis Maudie Kriel) per e-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za of whatsapp: 083-628-2785 of skakel (023) 312-1950 om ‘n nommer te bespreek, alvorens inbetaling gedoen word Allokasie van “nommer” vir trekking onderhewig aan bewys van betaling (EFT-aankope word aangemoedig)
(Trekking van gelukkige wenners word gedoen op 31 Julie 2021)
2. Trevors Team 3. Clarence van Wyk 4. Cyril & Ann Davids 5. Cyril & Ann Davids Ope 1. Team Koopman ARL 2. Team Koopman ARL 3. Cyril & Ann Davids 4. Cyril & Ann Davids 5. Cyril & Ann Davids CPS Jaaroud 1. E. Lofts 2. E. Lofts 3. Lankwag Hokke 4. JRK Lofts 5. Meyer en Van Wyk Ope1 1. Krotz Lofts 2. N. Jacobs 3. Krotz Lofts 4. JRK Lofts 5. Blue Mountain Loft BPHS Jaaroud 1. L. Koopman 2. R.A. Van Wyk 3. R.D. November 4. R.A. Van Wyk 5. R.A. Van Wyk Ope 1. L. Koopman 2. L. Koopman 3. R.A. Van Wyk 4. L. Koopman 5. L. Koopman Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Silvervaring 2. Litte Loft 3. Silvervaring 4. Litte Loft 5. Silvervaring Ope 1. Silvervaring 2. Silvervaring 3. Silvervaring 4. Silvervaring 5. Litte Loft -
1258.668 1255.634 1247.661 1247.661
mpm mpm mpm mpm
1368.927 1367.439 1357.289 1357.289 1354.598
mpm mpm mpm mpm mpm
1298.618 1286.488 1282.939 1282.558 1280.595
mpm mpm mpm mpm mpm
1365.727 1363.797 1362.965 1357.794 1357.141
mpm mpm mpm mpm mpm
1287.628 1286.620 1275.291 1256.140 1245.589
mpm mpm mpm mpm mpm
1364.042 1332.980 1280.781 1271.960 1271.960
mpm mpm mpm mpm mpm
1245.89 1244.26 1243.80 1217.50 1211.45
mpm mpm mpm mpm mpm
1338.67 1338.50 1226.91 1204.71 1188.27
mpm mpm mpm mpm mpm