
1 minute read
Ma van 3 met piksteel doodgeslaan
DRIE kinders onder die ouderdom van 6 jaar is wees gelaat nadat hulle ma in een van die grusaamste voorvalle in die Witzenbergstreek, vermoor is.
Die moord het Vrydagoggend omstreeks 08:50 op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Plaaslike speurders en lede van GKS is na die moordtoneel ontbied nadat die verdagte aan die plaasbestuurder genoem het dat hy sy saambly vrou vermoor het deur haar met ‘n piksteel dood te slaan.
Advertisement
Die 32-jarige slagoffer se kinders was nog in die plaaswerkershuis toe die polisie op die toneel kom. Hulle is tans in die sorg van familielede geplaas en kry berading.


Arresteer

Die polisie het die verdagte, Lehlohonolo Joseph Mokhoabane (43) gearresteer weens die moord.

Hy het Maandag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn voordat die saak na 27 Februarie uitgestel is. Volgens die polisie word Mokhoabane Donderdag 23 Februarie vir ‘n ondersoek en waarneming na Kaapstad geneem voor sy volgende hofverskyning.
Ander saak
Mokhoabane is einde April 2022 gearresteer toe die Valke op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing toegeslaan en hom gearresteer het vir die onwettige kweek en handel in dagga. Die arrestasie volg nadat inligting opgevolg is en ander dagga-klopjagte in die Boland uitgevoer is.










Daar is toe op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.



Die daggasaak was laas op 6 Oktober 2022 op die hofrol voordat dit verwyder is.


Hy was uit op R3 000 borgtog ten tye van dié naweek se moord.
MAANDAG 13 Februarie omstreeks 14:20 het lede van Tulbagh SAPD inligting ontvang van ‘n verdagte voertuig wat op die R46 pad in Tulbagh se rigting beweeg. Lede van misdaadvoorkoming het die voertuig gou opgespoor en afgetrek vir deursoeking.
