Witzenberg Herald Vol.27 no.6 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 6

R 10

CERES (023) 312-2144

Friday, 16 February 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 Februarie

Vrydag 16 Februarie

9° 17°

9° 22°

Saterdag 17 Februarie

10° 27°

Sondag 18 Februarie

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za

13° 32°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

CERES KOEKEDOUW DAM

78,2%

MASTHEAD Financial Planning

TULBAGH DAM

Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

60%

WAVERENSKROON TULBAGH

55%

Lesings geneem: 2024/02/14

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Drie mans van Tulbagh kry swaar strawwe SKULDIG aan moord: Aiden Abels en Andrew Gouws.

Polisie ondersoek voorval na man deur heining jaag ‘n BESOPE rugbyondersteuner (61) van Grabouw het die naweek op die Lyellstraat sportgronde amok gemaak met sy VW Jetta en na bewering twee of drie persone raakgery. ‘n Kind van Grabouw was blykbaar een van die toeskouers wat deur die motor getref is toe die voertuig deur ‘n heining by die sportveld gery het. Die inwoner van Grabouw is Sondag 11 Februarie op waarskuwing vrygelaat in afwagting van bloed/alkoholuitslae. Hy is gewaarsku om Januarie 2025 in die Ceres landdroshof te wees. Hy kan dalk later van nog misdrywe soos saakbeskadiging en roekelose en/of nalatige bestuur aangekla word. Berig op bladsy 3

DRIE mans van Tulbagh wat van die moord op ‘n plaaslike dokter aangekla was, is die week in die Kaapstad Hooggeregshof gevonnis. Regter Nathan Erasmus het Aiden Abels (30) en Andrew Gouws (34) skuldig bevind op al vier aanklagte teen hulle. Beide is 25 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord op dr. Roelof Botha (59). Die derde beskuldigde, Justin Adonis (34), is skuldig bevind aan diefstal. Hy is tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. Berig op bladsy 3

SKULDIG aan diefstal: Justin Adonis.


2 l WITZENBERG HERALD l 16 FEBRUARY 2024

Wenke

Wat ouers moet weet oor waterveiligheid EOUDIA Erasmus van NSRI deel graag ‘n paar waterveiligheidswenke met ouers. Kinders hou van water, dit trek hulle aan en dit is hoekom basiese waterveiligheid so belangrik is. Kinders verskil ook wanneer dit kom by selfreddingslesse - sommige kinders is rustig en ander meer gespanne, maar dit is ‘n tegniek wat deur elke persoon aangeleer kan word. Kinders moet van jongs af geleer word om NOOIT sonder ouertoesig naby water te gaan nie. Hulle moet nooit na iemand gryp in die water nie en nooit iemand se kop onder die water druk of rowwe speletjies speel nie. Dit is ook belangrik dat hulle moet leer hoe om veilig in en uit ‘n swembad te klim. Volgens Eoudia gebeur ‘n ongeluk in ‘n oogwink! Verdrinking kan stil wees, iemand skeeu nie noodwendig om hulp nie en daarom moet ouers ALTYD toesig hou wanneer hul kinders swem, al is kinders waterveilig. Memoriseer ‘n noodnommer en leer om KPR te doen. Onthou, enige poging is beter as geen poging. Indien lesers betrokke wil raak as vrywilliger by die NSRI se Survival Swimming-projek, kan hulle Eoudia Erasmus skakel by 074-3215322 vir meer inligting. “Met meer helpers in die water, kan ons meer kinders in die Witzenberg gemeenskap waterveilig maak”.

MET meer helpers in die water, kan die NSRI meer kinders in die Witzenberg gemeenskap waterveilig maak. Adjudant offisier Allister Boer van die Boland Water Polisiëring en Duikdienste help hier vir Eoudia Erasmus met kinders se waterveiligheidsopleiding.

OP Saterdag 10 Februarie het die ATKV-span wat betrokke is by die Suidoosterfees, ‘n koor werkswinkel vir kore in die Witzenberg-vallei aangebied. Die kore het ongelooflik baie by die werkswinkel geleer en die ATKV-span word bedank vir die aanbieding.

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za

FOR THE LOVE OF TREES!

TOGRYERS museum is excited to have Tahirih Matthee as guest speaker at the museum on Thursday 29 February at 18:00. Tahirih serves as the Interfaith Liaison Officer for the Bahá’í Office of Public Affairs (BOPA) in South Africa. In this capacity she serves on interfaith structures provincially and nationally. From 2009 until 2016 she served as the chairperson of the Southern African Faith Communities Environmental Institute (SAFCEI) and is still a member of the organization. In all these forums she keenly raises issues pertaining to environmental concerns. Book your seat before 27 February and be part of her fascinating talk.

Thusong reik uit na gemeenskap THUSONG het Dinsdag 13 Februarie ‘n suksesvolle uitreikingsprojek in die Nduli gemeenskapsaal aangebied. Alle regeringsdienste was vir inwoners onder een dak beskikbaar. Inwoners kon die organisasies tot 15:00 besoek het.

BETREKKINGS WERKSWINKEL & HERSTELWERK

CERES GHOLFKLUB

☎ (023) 315-5443 Boerneefstraat, Ceres ✉ 340, Ceres, 6835

is opsoek na ‘n entoesiastiese persoon om by hul span aan te sluit

yolanda@tsvragmotors.co.za

TS Vragmotors is ‘n vragmotor werkswinkel wat al 26 jaar hoë gehalte diens en herstelwerk lewer. Ons beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n:

DIESELWERKTUIGKUNDIGE Sleuteltake : Diens en herstelwerk aan vragmotors en sleepwaens Vereistes: • 5 Jaar ervaring en toepaslike tersiêre kwalifikasies sal in u guns tel • Moet onafhanklik kan werk • Goeie menseverhoudinge, betroubaar, ervare en hardwerkend• Moet bereid wees om oortyd te werk. ‘n Mededingde vergoedingspaket word aangebied. CV‘s (insluitend salarisverwagtings) kan gestuur word na: yolanda@tsvragmotors.co.za

KROEGMAN/-VROU Daar sal van die persoon verwag word om naweke en oortyd te werk. Salaris onderhandelbaar. EIE VERVOER EN BEHUISING CV en salarisverwagting kan gestuur word na: admin@ceresgolfclub.com Vir navrae skakel Johann of Caren by: (023) 312-3068 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 23 Februarie 2024 Indien u twee weke na u aansoek geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.


16 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

Besope rugbyondersteuner jaag op veld ‘n BESOPE rugbyondersteuner (61) van Grabouw het die naweek op die Lyellstraat sportgronde amok gemaak met sy VW Jetta motor en na bewering twee of drie persone raakgery. ‘n Kind van Grabouw was blykbaar een van die toeskouers wat deur die motor getref is toe die voertuig deur ‘n heining by die sportveld gery het. Hy het teen die heining uitgeklim om uit die voertuig se pad te kom voordat hy op die enjinkap geval het. Die voorval het Saterdag omstreeks 18:10 tydens die eerstespanne se wedstryd plaasgevind. Delicious het ‘n vriendskaplike wedstryd teen Safcol van Grabouw gespeel. Die wedstryd is afgestel na die voorval.

Die vinnige optrede van ‘n Delicious ondersteuner het gekeer dat die besope bestuurder (61) verder kon ry toe hy na voertuig gehardloop, die voertuig afgesluit en die sleutel uitgepluk het. Woedende inwoners het die man uit sy motor gepluk en aangerand maar ander inwoners het tussenbeide getree en die man vir sy eie veiligheid na ‘n kleedkamer geneem totdat die polisie opgedaag het. Die Ceres polisie is ontbied waarna hulle die man gearresteer en in die Ceres polisieselle aangehou het. Die inwoner van Grabouw is Sondag 11 Februarie op waarskuwing vrygelaat in afwagting van bloed/alkoholuitslae.

Hy is gewaarsku om Januarie 2025 in die Ceres landdroshof te wees. Hy kan dalk later van nog misdrywe soos saakbeskadiging en roekelose en/of nalatige bestuur aangekla word. Witzenberg Sportraad reaksie Dié naweek se voorval was die soveelste ongelukkige voorval oor die afgelope dekade by ‘n Ceres sportbyeenkoms. Alhoewel niemand ernstig beseer of dood is tydens die nuutste voorval nie en almal dankbaar is daarvoor, kon die besope man se optrede onskuldige lewens geëis of ernstige beserings veroorsaak het. Die Witzenberg Sportraad se voorsitter, Martin van Wyk, was die week dankbaar dat

‘n BESOPE rugbyondersteuner (61) van Grabouw het die naweek op die Lyellstraat sportgronde amok gemaak met sy VW Jetta motor en na bewering twee of drie persone raakgery.

niemand ernstig beseer of dood is tydens die naweek se sinelose voorval nie. Hy was wel baie uitgesproke en kwaad dat die voorval plaasgevind het. Hy voel dat sport in die Witzenbergstreek, se naam deur die modder gesleep is met die voorval. “Die sekuriteit by sportbyeenkomste in die streek sal baie moet verbeter. Die naweek se sekuriteit was swak en drankmisbruik het weer ‘n rol gespeel. Boland Rugby unie sal moet help om beter kontrole by klubsport toe te pas en te reguleer terwyl die munisipaliteit die veiligheid by sportvelde moet verbeter”. Die Witzenberg Sportraad praat geensins die geweld goed nie en wil niemand blameer nie maar soek eerder na daadwerklike en langdurige oplossings ter wille van sport en die algemene veiligheid van toeskouers. Safcol/Grabouw reaksie Safcol/Grabouw se bestuur het die naweek in ‘n Facebook-plasing gesê hulle wil hul opregte dank uitspreek teenoor die klubbesture asook toeskouers vir die manier hoe dié insident hanteer is asook die positiewe gees waarop almal die veld verlaat het ten spyte van ‘n traumatiese ervaring vir almal. “In besonder wil ons dankie sê aan Delicious se bestuur wie onmiddellik hulle gebeurlikheidsplan in werking gestel en die situasie saam met hulle sekuriteitspersoneel bestuur het”. “Op hierdie stadium weet ons nie wat aanleiding vir die bestuurder van die motor wie tussen die toeskouers deurgery het, gegee het nie. Ons weet ook nie of die persoon moedswillig was of soos hy nou beweer, ‘n epileptiese aanval gehad het nie. Die klub glo dat die polisie die saak met die nodige sensitiwiteit sal ondersoek. Safcol bestuur wil ook net op rekord plaas dat alhoewel die voertuig ‘n CEO-nommerplaat opgehad het, die bestuurder nie aan ons bekend is nie.”

Twee moordenaars kry 25 jaar DRIE mans van Tulbagh wat van die moord op ‘n plaaslike dokter aangekla was, is in die Kaapstad Hooggeregshof gevonnis. Na talle oponthoude en meer as 3 jaar se gesloer is die moordsaak Dinsdag 13 Februarie afgehandel met die vonnisoplegging van die drie mans. Die mans het tereg gestaan op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Regter Nathan Erasmus het Aiden Abels (30) en Andrew Gouws (34) skuldig bevind op al vier aanklagte teen hulle. Beide is 25 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord op dr. Roelof Botha (59). Hulle is ook 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede asook 8 jaar gevangenisstraf vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse moet samelopend uitgedien word. Beide sal 25 jaar agter tralies bly. Die derde beskuldigde, Justin Adonis

(34), is skuldig bevind aan diefstal. Hy is tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. ‘n Vierde verdagte wat na die moord gearresteer was en vir ‘n tyd lank saam met die mans in die beskuldigbank gestaan het, Desiree Goeieman (21), is verlede jaar vrygelaat nadat die staat alle klagtes teen haar terug-

getrek het. Agtergrond Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser en meer as agt keer met ‘n mes gesteek.

Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ondermeer dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer was naby die moordtoneel in bosse versteek. Adv. Megan Blows was die aanklaer.

Kom besoek ons nuwe kantore by die Harmoniegebou, Voortrekkerstraat 17D, Ceres (oorkant Charlie Hofmeyr se A-hokkieveld)

FIRE DETECTION | INVERTERS & SONPANELE | CCTV INSTALLASIES | ALARMS | TOEGANGSBEHEER (FINGER PRINT/FACIAL READERS, HEK MOTORS, STRIKER LOCKS) 023 1000 515

info@jptek.co.za

www.jptek.africa


4 l WITZENBERG HERALD l 16 FEBRUARY 2024

LAERSKOOL F.D. Conradie atlete is opgeneem in die Ceres Sone atletiekspan. Die atlete gaan die naweek aan die Witzenberg atletiekbyeenkoms deelneem.

JANU Groenewald, ‘n leerder van Laerskool Gericke, het op 20 Januarie aan die CHD Sergio Abrahams Memorial Race op Killarney renbaan deelgeneem. Hy het eerste geëindig en het ook die toekenning vir beste junior wedrenjaer van die dag ontvang.

Ouers moet hul stemme laat hoor RIETFONTEIN primêr spreek hul opregte dank uit teenoor Ncwana Foundation vir die skenking van skoolskoene aan Rietfontein leerders.

RIETFONTEIN primêr het onlangs ‘n suksesvolle kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Die skool wil hul opregte dank uitspreek teenoor almal wat ‘n positiewe bydrae gelewer het. Dankie aan Innis en Joost van Donkerbos landgoed, oom Gert op Helpmekaar, Amazing Pies, Karoopoort slaghuis en Gan’s busdienste.

PAKHUISBESTUURDER Howbill Farming is ‘n Boerdery in die Ceres distrik wat ook ‘n pakhuis op die plaas bedryf vir die verpakking van Appels en Pere. ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n toegewyde persoon om dienste te lewer as ‘n Pakhuisbestuurder. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die uitvoering van alle operasionele funksies en prosesse in die bestuur van die pakhuis Verantwoordelikhede: • Algemene bestuur en beheer van alle verpakkingsfunksies • Die opstel en instandhouding van korrekte sorteer- en verpakkingsteikens en -standaarde om produksie te maksimeer • Implementeer verpakkingsprogramme volgens vereistes • Optimale benutting van alle hulpbronne om kapasiteit te optimialiseer • Bestuur begrotings en kostedrywers (bv. arbeid, verpakkingsmateriaal, chemikalieë, oortyd, instandhouding, ens). Vereistes: • Nasionale Diploma of relevante kwalifikasie • Ondervinding in ‘n pakstoorbestuursrol of soortgelyk binne die sagtevrugte verpakkingsbedryf • Werkende kennis van Pakstoortoerusting en kennis van onderhoudsvereistes sal ‘n aanbeveling wees • Kennis van BRC-, HACCP- en Global Gapakkreditasie • Produksiebestuurservaring is noodsaaklik. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om op die plaas te bly en Howbill bied aan die suksesvolle kandidaat ‘n markverwante salaris met byvoordele. Stuur asseblief u CV per e-pos aan: Die Menslike Hulpbronne Bestuurder Howbill Farming (Pty) Ltd. E-pos: hr@howbill.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 Maart 2024 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Vir enige navrae skakel: (023) 009-0992 Indien u geen terugvoer binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk., Suid Afrika se voorkeur prosesseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres, in die Wes Kaap.

STOORKLERK (INGENIEURSAFDELING) Verantwoordelikhede sluit die volgende sleutelprestasieareas in: • Aankope beplanning met betrekking tot die Ingenieursafdeling en Steenkool • Voorraadhouding, -beheer en verslagdoening daaroor • Ontvangs van aangekoopte voorraad vanaf verskaffers • Voldoen aan stelsel vereistes m.b.t. die bestel, ontvangs, aankoop en uitreik van voorrade • Skakeling met voorsieners Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik: • Toepaslike ervaring in ‘n vervaardigings/tegniese omgewing • Bogemiddelde kommunikasievaardighede op alle vlakke • Goeie kennis van aankope beplanning • Onderhandelings- en administratiewe vaardighede • Rekenaarvaardigheid Rig asb. u aansoek aan: Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd Posbus 366, Ceres, 6835 E-pos: dlintnaar@cfp.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 Februarie 2024

DIE omstrede wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette of Bela-wetgewing, soos dit ook bekend staan, moet nog goedgekeur word. Die wetgewing hang egter soos ‘n swaard oor die koppe van 23 000 skole. Twee hoërskole, Hoërskool Charlie Hofmeyr en Ceres Sekondêr, en twee laerskole, Laerskool Gericke en Bella Vista primêr, is vir ‘n opinie hieroor genader. Net Charlie Hofmeyr het geantwoord. Die vraag is hoe gaan skole die verkiesing van nuwe ‘n beheerraad tussen 1-31 Maart hanteer? Skole kan self besluit watter opsie hulle verkies: a. Hou van vergadering om kandidate te benoem en waar gestem word of b. ‘n dag lange verkiesing met ouers wat enige tyd by die skool kan gaan stem of c. ‘n aanlyn verkiesing? Die huidige termyn van drie jaar van skoolbeheerliggame, verstryk volgens die Skolewet in April. ‘n Beroep word op alle ouers gedoen om betrokke te raak by dié verkiesings. Die beheerliggaam speel ‘n belangrike rol in die bestuur van skole se geldsake, aanstellings en die formulering van beleid. Gaan stem en raak betrokke “Gaan stem of stel jouself verkiesbaar. Ongeag jou besluit, jou bydrae is beduidend sê FEDSAS, die federasie van beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole. “Ouers is lief om te kla oor skoolkwessies waaroor skoolbeheerliggame moet besluit. Die verkiesings is ‘n gulde geleentheid om ‘n verskil te maak en betrokke te wees. ‘n Sterk mandaat sal ‘n teenvoeter wees vir die Bela-wetgewing. In die verlede was die opkoms van ouers by die verkiesings, baie swak. Opinie Danie le Roux, skoolhoof van Charlie Hofmeyr, het geantwoord en gesê hulle is saam met ander onderwyskundiges bekommerd oor die moontlike effek wat die Bela-wetgewing op skoolbeheer kan hê. “Ons is veral bekommerd oor die moontlike effek van die wysiging aan artikel 5 en 6 van die SA skolewet. Hier speel toelatingsbeleid en taalbeleid - soos huidiglik bepaal deur beheerliggame van skole - ‘n groot rol. Die tyd sal egter leer wat die praktiese implikasie hiervan op skole en veral skoolbeheerliggame, gaan wees. Sover ons weet is daar klaar beheerliggame wat die grondwetlikheid van dié wysigings aan die SA skolewet, in die Konstitusionele Hof gaan toets”. Hoërskool Charlie Hofmeyr gaan die opsie dat ‘n vergadering om kandidate te benoem belê word en waar daar gestem word, uitoefen.


16 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

Polisie soek na dié man wat nie by die hof opdaag nie

Aanvaller (31) se saak uitgestel na Aprilmaand DIE verdagte wat ‘n man sonder rede met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek het, se saak is verlede week op Ceres uitgestel. Nkosana Dyasopu (31) ook bekend as Lucky het na die aanval vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord nadat hy op 31 Januarie vir Juan Hanekom (43) met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek het. Die saak is vir verdere ondersoek na 3 April uitgestel. Dyoshu bly in aanhouding. Agtergrond Dit was net die vinnige optrede van sers. Nico Brand, ‘n afdienspolisielid, wat sy vriend se lewe gered het. Die voorval het Woensdag 31 Januarie omstreeks 18:00 plaasgevind. Nkosana Dyasopu was besig om gesteelde kragkabels se plastiek af te brand toe hy deur Hanekom gekonfronteer is oor die rook wat by sy werkswinkel intrek. Dyoshu het ‘n dubbellem skaapskêr, wat hy gebruik om die plastiek rondom die kragkabels los te sny, gegryp en Hanekom in die bors gesteek. Brand het besef dit is noodgeval, Hanekom in passasierskant van ‘n Pajero ingedruk en teen hoë spoed met Hanekom na Ceres hospitaal gejaag. Met hul aankoms by die hospitaal is noodbehandeling toegepas en het hy byna leeg gebloei en in hipovolumiese skok gegaan. Na die noodbehandeling moes Juan vir ‘n ambulans wag voordat hy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is.

CERES speurders vra die gemeenskap se hulp om te help om Bokang Mpobole (36) op te spoor. Mpobole was voorheen woonagtig in Nduli en op Tulbagh maar het intussen verdwyn sonder om by die hof op te daag. Hy moet teregstaan op ‘n dronkbestuurklag. Die voorval het op 24 Februarie 2020 plaasgevind.

Wynmaker skiet seun op kort afstand met 'n verfbalgeweer ‘n WYNMAKER van Tulbagh en sy seun het die week in die landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding. Die klagtes teen Andries Jordaan (56) van Theuniskraal landgoed en sy seun, Ernst (25), hou verband met ‘n voorval op 18 Januarie waar hulle na bewering ‘n verfbalgeweer gevat en op kort afstand ‘n kind daarmee geskiet het. Die voorval het omstreeks 19:00 plaasgevind waar ‘n groep plaaskinders na bewering besig was om druiwe op die plaas te steel.

‘n 12-Jarige seun is twee keer getref. Jordaan en sy seun is op 30 Januarie gearresteer maar eers op waarskuwing vrygelaat tot met hul eerste verskyning op Dinsdag 13 Februarie in die Tulbagh landdroshof. Sake van aanranding om ernstig te beseer word teen Jordaan en sy seun ondersoek en ‘n klag van aanranding gewoon teen Jordaan sr. Die saak is na 7 Maart uitgestel vir nadere besonderhede.

Felicity Klazen weer in die hof weens aanranding van haar vervreemde man DIE Theronsbergpad na Touwsrivier dra veral ‘n groot hoeveelheid swaarvoertuig-verkeer. Werk aan die pad behels die herstel van padoppervlakte, skouers en die verseling van krake asook bykomende werk wat insluit die aanbring van padmerke, die installering van padtekens, veiligheidsrelings en heinings.

Inwoners moet kennis neem van belangrike padwerke AL drie in- en uitgange van Ceres sal vir die volgende jaar deel wees van uitgebreide padwerke in die streek. Periodieke instandhoudingswerk het reeds einde verlede jaar van Touwsrivier in die rigting van Theronsberg begin. Die pad van die 20km merk buite Wolseley tot op die 36km merk (Ceres dorpsingang) en byna 70km van Touwsrivier na Theronsberg/ Ceres, vorm deel van die nuutste herstelprojek. Die beraamde koste vir dié herstelwerk beloop nagenoeg R131 miljoen. Die herstelwerk is van kritieke belang om huidige padnetwerk in die Witzenbergstreek te verbeter. Die pad dra veral ‘n groot hoeveelheid swaarvoertuig-verkeer wat die weegbrug by Worcester misry en by Touwsrivier weer op N1 aansluit. Die projek skep 226 werksgeleenthede. Werk behels die herstel van padoppervlakte, skouers en verseling van krake asook bykomende werk wat insluit die aanbring van

OPENBARE KENNISGEWING VAN HERSKEDULERING VAN RAADSVERGADERING NA 23 FEBRUARIE 2024 Kennis word hiermee gegee ingevolge Ar tikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Raadsvergadering van 27 Februarie 2024 herskeduleer is na Vrydag, 23 Februarie 2024 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres. D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

padmerke, die installering van padtekens, veiligheidsrelings en heinings. Pad na Op-die-Berg Na meer as 15 jaar se gesloer en die R303pad tussen Hamlet en Op-die-Berg wat voos gery is, het die Departement van Infrastruktuur einde November, R378 miljoen goedgekeur om die pad op te gradeer en te herstel. Die R303-pad is ‘n belangrike lewensaar vir landbouers in die Koue Bokkeveld wat hulle vrugte per pad na koelkamers en markte in die streek en provinsie moet vervoer. Die pad sal na verwagting in Maart 2026 voltooi wees. Die belangrikste om te weet: ● Padwerke begin buite Ceres tot aan die einde van Gydopas - pad word oorgeteer ● In Hamlet afdraai in Sarel Cilliersstraat herseël van nagenoeg 6 km ● Gydopas tot net voor Op-die-Berg - herseël ● Op-die-Berg tot anderkant die dorp (12km) - padrehabilitasie en herseël ● Op-die-Berg afdraai na Boplaas (ongeveer 17km) - herseël

PUBLIC NOTICE OF RESCHEDULING OF COUNCIL MEETING TO 23 FEBRUARY 2024 Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Council meeting of 27 Febr uary 2024 has been rescheduled to Friday, 23 February 2024 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres.

DIE aanrandingsaak teen ‘n oudonderburgemeester, is verlede week weer in die Ceres landdroshof uitgestel. Die saak teen Felicity Klazen (42) is na 29 April uitgestel wanneer haar verhoor moet begin. Sy het op 31 Julie 2023 na bewering haar vervreemde man, Christiano (Chrisjan) Klazen (53), wat afhanklik is van ‘n rolstoel, aangerand. Die Ceres egpaar, wat al talle kere oor en weer klagtes teen mekaar gemaak het, het na

dié Julie-voorval beide in Ceres se polisieselle beland. Die voorval het omstreeks 17:20 by die egpaar se woning in Rooikamp plaasgevind. Felicity Klazen het Chrisjan na bewering weggestamp en met die vuis in sy gesig geslaan. Chrisjan het ook verlede Donderdag weens minagting van ‘n beskermingsbevel in die hof verskyn. Saak uitgestel Klazen se saak is na 21 Februarie uitgestel vir konsultasie met ‘n Judicare beampte.

Koerant by dié verspreidingspunte beskikbaar KOERANTLESERS in die Witzenbergstreek moet kennis neem van ‘n paar veranderinge. Op Wolseley is die koerant beskikbaar by Big Time, OK Wolseley en Henry Saggrys (Montana). Tulbagh lesers kan die koerant koop by Tulbagh OK of brandstof by Elegant Fuel ingooi en die koerant kry. Op Ceres kan lesers in die omgewing van Ceres polisiestasie, die koerant by Ceres Fisheries of Shoprite koop. Koerante word nie meer by Giovanni’s afgelewer nie.

INVITATION REGISTRATION AS PROSPECTIVE SUPPLIERS ON ACCREDITED DATABASE All interested parties are invited to register on the municipality’s database as prospective suppliers for goods and services. Prospective suppliers for goods and services are also encouraged to register on National Treasury’s Central Supplier Database (CSD) which will be utilized in future by Witzenberg Municipality. The database of accredited prospective suppliers will be used by the municipality for the procurement of goods and services. Small, medium and micro enterprises (SMME’s), historically and local enterprises are encouraged to register. Registration forms can be obtained from the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres and can be downloaded from the municipality’s website at http:// www.witzenberg.gov.za/resource-category/tenders?category=132 or from Me. A. Poole at (023) 312-1765 or e-mail at supplychain@witzenberg.gov.za Completed registration forms must be either hand delivered or posted for the attention of Me. A. Poole, Supply Chain Unit, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835. Registration forms received via fax or e-mail will not be accepted. She will also be available to assist applicants with the completion of the registration form. Registration on the municipality’s accredited supplier database does not guarantee business opportunities with the municipality. All supplier information will be held strictly confidential. By registering on the accredited supplier database, prospective suppliers will adhere to the Supplier’s code of conduct which is annexed to the municipality’s Supply Chain Management Policy. The said policy can be found at http://www.witzenberg.gov.za/resource-category/ tenders?category=132 It remains the responsibility of suppliers to provide the municipality with updated information regarding their business. D. NASSON MUNICIPAL MANAGER


6 l WITZENBERG HERALD l 16 FEBRUARY 2024

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Anna Tamboer

1951/06/25 - 2024/02/03 Begrafnisdiens: Sat. 17 Feb. 2024 Huis: 09:00, Buitenstr. 44, Bella Vista Kerk: 10:00, Christen Mission, Bella Vista Graf: Bella Vista

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Prophet DIANA & Kim is there to help with: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court and divorce cases • Pay after job is done • Delayed pension

078-283-7310

1960/05/23 - 2024/02/08 Roudiens: Do. 15/02/2024 om 19:00, Mentoor Maartstraat 9, PA Hamlet

Begrafnisdiens: Sat. 17 Feb. 2024

Huis: 09:00, Mentoor Maartstraat 9, PA Hamlet Kerk: 10:00, VGK,PA Hamlet Graf: Bella Vista

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490

081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Sewes Philippus Mathys

PLANT AND TOOL HIRE

DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

You’re Just My Type Share the Love by Donating Blood THE Western Cape Blood Service (WCBS) is thrilled to announce its February blood donation campaign theme, You’re just my type. This theme highlights that blood types may vary, but the act of donating blood is a universal way to show love, compassion, and solidarity to those in need. Every blood donation is valuable and can make a significant difference in the lives of patients. To celebrate the month, WCBS encourage couples, partners, friends or siblings to donate blood together during the month of love. From 12 February, the blood donation centres at Blue Route Mall, Kenilworth Centre, 9 Long Street, N1 City and Cape Gate shopping centre will feature balloon-decorated lovechairs, especially for our donors. All blood donors will receive a heart-shaped lollipop as a token of appreciation to enjoy (or share) with a loved one.

nuusbrokkies Bondels koerante teen R30 per bondel. Skakel (023) 316-2021 w.t.o. Mark. 1:15 “Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

CERES atletiekklub hou hul algemene jaarvergadering op Donderdag 22 Februarie om 19:00 in die Rietvallei biblioteek in Lyellstraat.

0860 99 52 92 INFO@ELEX.CO.ZA l WWW.ELEX.CO.ZA

INTERNASIONALE MOEDERSTAALDAG word op 21 Februarie gevier en die Togryers museum beplan ‘n gemeenskapsuitstalling en wil graag die gemeenskap deelmaak daarvan. Ons soek jou gunsteling WOORD in jou eie moedertaal. Whatsapp die woord met die betekenis na 060-711-0509. Die sluitingsdatum vir woorde is 16 Februarie. Die uitstalling sal by die museum te sien wees vanaf 21 Februarie tot 17 Maart. WITZENBERG Cansa Relay vind plaas van 2-3 Maart.

If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. Blood donation does not cause you any bodily harm - only 475ml of blood is taken, and this is replaced within 24 hours. Donors are advised to eat a substantial meal within three to four hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time and you can do-nate blood every 56 days. It is never too late to donate blood. Carli also encourages donors who haven’t donated blood in a while to find their closest blood donation clinic and continue their lifesaving journey. For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060-549-7244. INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwe-bank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word. WOLSELEY rugbyklub het in alle erns met hul voorbereiding begin. Die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag. Die klub se volgende opwarmingswedstryd is op 17 Februarie weg teen Never Despair op Malmesbury en op 24 Februarie tuis teen Porterville. BELLA Vista rugbyklub se oefenkamp vind Saterdag 17 Februarie plaas en op 24 Februarie speel Bella Vista hul laaste opwarmingswedstryde tuis teen Young Hamiltons.

Evangelis Jacobs

GRATIS

YOUNG Good Hope rugbyklub se oefeninge het in alle erns begin onder die nuwe afrigting-span van Andrew Minnaar, Hennie Boer, Toy Jordaan en André Hofmeester. Die opwarm-ingswedstryde is as volg: 17 Februarie teen Mountain Stars van De Doorns (tuis - Lyell-straatsportgronde). Almal is welkom om oefeninge te kom bywoon op Maandae en Woensdae op die Bella Vista sportgronde. Vir enige navrae skakel Gays Davids by 079-135-6757 of Frans Lintnaar by 062-096-8078.

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

Whatsapp die woord

HERALD

Besigheidsure: Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 ekstra of onvanpas.

gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003 Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem

Saterdag: 09:00 - 12:30

R30 per bondel

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

(023) 316-2021

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Murchisonstraat 4, Ceres

BELLA Vista rugbyklub se eerste Witsentraal wedstryd vind op Saterdag 2 Maart wanneer Bella Vista en Ceres kragte meet. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae.


16 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7

LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige Protea hengelaar, gaan volgende week aan die SASAA nasionale kampioenskappe deelneem.

VYF leerders van Driefontein primêr het aan die Koue Bokkeveld sone atletiekbyeenkoms deelgeneem. VLNR: Marquin-Lee Engelbrecht, Layla Buys, Aylif Krotz, Lee-Hencia Afrika en Elfonzo Afrika het aan die byeenkoms deelgeneem wat die naweek by Laerskool Koue Bokkeveld aangebied is. * Aylif Krotz, het deurgedring na die Witzenberg atletiekbyeenkoms. Hy het eerste plekke behaal in die 80 meter en 100 meter en ‘n tweede plek in verspring. Marquin-Lee Engelbrecht het ‘n derde plek in verspring behaal en gaan ook die naweek aan die Witzenberg byeenkoms deelneem.

Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za

animal behaviour Support CHAIN

Why your cat is urinating in the home and how to stop it Dr Laura McIntyre: Just Nuisance Veterinary Behaviour Consultancy

Ceres skietklub gasheer vir veldskiet-kompetisie DIE Ceres skietklub was op Saterdag 3 Februarie, die gasheer van die jaarlikse veldskiet-kompetisie. Die kompetisie, een van die grootste veldskiet-kompetisies in die Wes-Kaap, is op Lakenvlei plase aangebied. Dit was ook die Witzenberg-tak se 17de veldskiet-kompetisie met 126 inskrywings vir die dag. Deelnemers skiet op ses skietbane - drie papierteikens en drie ghong bane. Die drie papierteikens bane was as volg: - Baan 1 met vlakvarkteiken op ‘n afstand van minder as 100 meter en die posisie van skiet is staan sonder enige hulp. - Baan 2 met die springbokteiken op ‘n afstand van ongeveer 100 meter staan posisie maar met ‘n stok as hulpmiddel. - Baan 3 met die Jakkals as teiken op ‘n afstand verder as 100 meter in ‘n sit posisie maar met ‘n driepoot as hulpmiddel. Die drie ghong bane was in verskillende rigtings uitgelê tussen die klowe in die veld. Die skiet posisie was oor gepakte kafbale en

die afstande het gewissel van kort afstand tot lang afstand ghongs. Die ghong bane is altyd ‘n baie gewilde skiet item wat skuts se vernuf toets op verskillende afstande. Die klapgeluid as jy die ghong raakskiet bevestig ook dadelik of jy in die kol is! Bedankings “Die klub wil graag al die deelnemende skuts bedank vir hulle volgehoue deelname in ons jaarlikse kompetisie. Dit is julle wat die kompetisie die moeite werd maak. Aan al die beamptes wat gehelp het om van die dag ‘n sukses te maak - baie dankie. Sonder beamptes kan daar niks gebeur nie. ‘n Spesiale woord van dank aan die voorsitter, Jacques Visser, wat die hardste gewerk het”. Dankie aan Quenets Jag en Hengel wat die dag en van die pryse vir geborg het - sonder die borgskappe van die wapenhandelaars kan ons nie so suksesvolle dag gehou het nie. Dankie ook vir al die ander borge veral die vanuit die Ceres-omgewing.

Aggression and inappropriate marking within the home are the two most commonly seen behavioural problems in cats. Let’s start with understanding why your cat might be urinating in your home. The blue circle is the core territory. This is where facial and flank marks are the messages to make the core territory feel safer - using pheromones released by the cats to increase feelings of contentment. Allo-grooming (when animals of the same species groom each other) helps to maintain the group scent within their core territory. How a cat sees its territory

The black square is the home range. This is where claw marking (scratching) and urine marking are used as messages to warn off other cats to avoid certain locations to limit conflict. The ‘receiver cat’ comes across the message and is warned and safely moves off to avoid conflict. We, as pet parents, want the core territory to coincide with the house, and the urine marking and scratching to occur in the garden as the home range, and no marking behaviour to occur within the core territory. This may not be achievable if: 1) There is conflict between pairs of cats within the same family. Their core territories co-exist within the same home and they need to send signals to the other cats that they have reached a boundary. 2) There is an external threat cat - this tends to cause the core territory to retreat further inside the house, especially if the cat is coming into the home to steal food or intimidate your cat. How do we go about solving this challenging behavioural problem?

Make the core territory feel safer For the core territory to feel safe, there needs to be a perceived abundance of resources within it. These include litter boxes, food stations, and resting spots (remember cats use vertical spaces very effectively, and generally they feel safest at a height). Scratching posts and hiding spots are also important for a cat to have access to.

Deal with unwanted visitors (feral or neighbour’s cat) The perceived threat of external cats must be reduced blocking vantage points and preventing the feral or neighbour’s cat from perching and watching is important. Watch where the cat is ‘loitering’ and spending time - then discourage the behaviour. For example, putting nails on a wall prevents a cat sitting there for too long. Walking along the way is fine, but spending hours intimidating and watching your cat is no longer possible. Blocking windows with frosted glass spray/stickers works wonders for reducing visual access for your cat (the external cat is still there, but your cat feels much safer not seeing him watching through the window).

Re-establish urination patterns once the core territory is safer

We need to establish the pattern of territorial defense (normal urine spraying and claw marking) from inside the house, back to outside the house. This can be achieved by providing outdoor cat latrines with bushes for privacy. Scratch posts made of soft wood can also be installed at the edge of the territory to encourage scratching along the fence line. If there is cat aggression within the home, the problem is challenging. Solving it requires a detailed analysis of the inhabitants of the home, the home itself, and particular sites where the cats are marking. This is the only way to minimise the nasty problem of cats urinating in the home.

072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za Follow us on Instagram Like us on Facebook @ChainBoland https://www.chainboland.co.za Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh CHAIN Newsletter publication: kevin@mettamedia.co.za


8 l WITZENBERG HERALD l 16 FEBRUARY 2024

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Klubkampioenskappe se nuwe datum bekend DIE Ceres klubkampioenskappe se nuwe datum is bekend gemaak. Die klubkampioenskappe vind plaas op Saterdag 23 Maart. Die klub het in 2022 en 2023 ‘n ander formaat op die proef gestel waar die A-afdeling oor 36 putjies op die Saterdag speel en 18 putjies op die Sondag terwyl die ander afdelings net 18 putjies oor twee dae speel. Vanjaar keer die klubkampioenskappe terug na die ou formaat van 36 putjies op een dag. Spelers in al drie afdelings sal in houespel formaat meeding in die A-afdeling (voorgee 0-9), B-afdeling (voorgee 10-18) en Cafdeling (voorgee 19-36). Enige speler wat nie aan die klubkampioenskappe (houespel) wil deelneem nie, kan in die Dafdeling aan ‘n enkel stableford kompetisie oor 36 putjies deelneem. Spelers ouer as 50, kan karretjies bespreek. Die koste beloop R450 per speler en sluit ‘n hamburger en skyfies in na 18 putjies. Die veld is beperk tot 52 spelers om voorsiening te maak vir ‘n moontlike uitspeelstryd. Die loting sal op Woensdag 20 Maart plaasvind. Sluitingsdatum vir inskrywings is 19 Maart. Inskrywings kan by die kroeg gedoen word of via 084-5876-332. Kompetisies Saterdag 17 Februarie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied en op Vrydag 23 Februarie vind die uiters gewilde Lions fondsinsamelings gholfdag plaas. Besprekings Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068 vir volgende naweek se spel.

CERES rugbyklub het Saterdag 10 Februarie hul tweede vriendskaplike wedstryd teen Worcester Villagers gespeel. Dit was ‘n wedstryd vol verbroude kanse vir beide spanne. Ceres het die wedstryd met 21-41 verloor op ‘n baie warm Esselenpark. * Hier hardloop Jan Ras van der Linde met die bal.

DIE 12de Tankwa Trek bergfietsren geborg deur Momentum het vanaf 8-11 Februarie oor vier dae by Kaleo Gasteplaas in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Van die beste bergfietsryers in die wêreld het weer hier kom deelneem aan een die strafste meerdaagse byeenkoms. Die wedren is ook goeie voorbereiding vir die jaarlikse Cape Epic. Matthew Beers en Ale Miller van Toyota Specialized was die wenners van vanjaar se byeenkoms. Dit was ook die tweede agtereenvolgende jaar dat Beers op die wennerspodium staan. Wessel Botha en Marco Joubert van Imbuko Pro Cycling was tweede, slegs 4 minute na die wenners.

WOLSELEY krieketklub het die naweek hul goeie spelpeil in die Kaapse Wynlande-Wes T20-reeks voortgesit toe hulle Tulbagh maklik met 48 lopies geklop het. Wolseley het met dié puik vertoning ‘n plek in die eindstryd bespreek deur bo-aan in afdeling A te eindig. Wolseley sal nou teen Porterville te staan kom. *Wolseley het eerste gekolf en 148/2 in hul 20 toegelate boulbeurte aangeteken. Rashied September (47), Adiam Abrahams (41*) en Leonard Prins met (32* ) het die telbord aan die rol gehou. Westley Reagan neem 1/22 en Arlo Carnow 1/31. Wolseley beperk Tulbagh tot 100/8. Zane Speelman (29) en Faizel Jumath (15) het goeie bydraes met die kolf gelewer. Vir Wolseley het Jason Cyster 2/18, Franklin Mars 2/25, Audifion Davids 1/10 en Jacques Esau 1/14 die paaltjies laat kantel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.