Witzenberg Herald Vol.27 no.49 (Online Weergawe)

Page 1


Kind (9) sterf na vragmotor teen voertuig bots

Rugbyspeler saam met broer en vriend in

landdroshof

‘n GEWESE Springbok 7’s rugbyspeler het Maandag saam met sy broer en ‘n vriend in die landdroshof op Ceres verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord. Jaiden Baron (27) van P.A. Hamlet, sy broer Jo-Niel Baron en ‘n vriend, Burton Zimri, het Maandag 9 Desember vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.

Lees berig op bladsy 3

‘n FAMILIE van Gauteng is Maandagaand in rou gedompel nadat ‘n vragmotor teen hulle sportnutsvoertuig gebots het.

‘n 9-Jarige seun, een van ‘n tweeling, het in dié ongeluk buite Tulbagh gesterf. Sy ma, Noeline de Gee van Pretoria en ouma, asook twee broers van 9 en 12 jaar oud, word in die Worcester Medi-Clinic behandel vir beserings.

Volgens die polisie het die ongeluk 9 Desember omstreeks 22:30 tussen die twee Tulbagh-kruisings plaasgevind.

‘n Blou Mazda CX5 sportnutsvoertuig het met noodligte aan in die geel-lyn langs die R46 dubbelbaanpad met ‘n pap band gaan staan. Die gesin het in die motor gesit en wag vir iemand van Wolseley om hulle te kom help toe ‘n vragmotor, wat in Ceres se rigting onderweg was om ‘n vrag te gaan laai, die Mazda van agter getref het. Die slag het die agterkant opgefrommel waarna die bestuurder van die Hamer Transport vragmotor, Hennie de Wet van Noorder-Paarl, in ‘n nabygeleë stuk veld tot stilstand gekom het. Die seun het op die toneel gesterf. EMS personeel het die beseerdes na Ceres hospitaal vervoer voordat hulle na Worcester MediClinic oorgeplaas is.

Die Tulbagh polisie ondersoek ‘n strafbare manslag saak.

Getuieverklarings moet nog afgeneem word.

DRIE beskuldigdes: Burton Zimri, Jo-Niel Baron en Jaiden Baron.

WP hou geselligheid vir studente

DIE Witzenberg Party (WP) het vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n ete in die Togryersmuseum aangebied vir studente wat in 2024 afgestudeer het. AGTER: Anyka Petersen (B.Ed Hon, CPUT en ‘n diploma in menslike hulpbronne (IQ Academy), Grizé Vergotine (diploma in chemiese ingenieurswese, CPUT), Simthembile Mini (diploma in bestuur, CPUT), Jandry Visser (B.Ed. Universiteit Stellenbosch), Jeronamo Lombard (B. Ed intermediêre fase, Varsity Kollege), Natasha Naudé (BCom regte, Noordwes Universiteit) en Shanidiné Bezuidenhout (nagraadse onderwysdiploma, Universiteit van Stellenbosch). MIDDEL: Melissa Krotz, (Gr. R onderwysdiploma, CPUT), Mikayla Adams (B.Ed. CPUT), Suzaan Sauls (kantooradministrasie, IQ Academy en rekenaar en administrasie, Skill for All in Worcester), Chante Manus (diploma in bestuur, Boland Kollege), Liezl Havenga (B.Com honneurs in sakebestuur, Noordwes Universiteit), Tamia Reitz (BA, Stellenbosch Universiteit), Aneldi Johnson (nagraadse onderwysdiploma by US), Zenobia de Bruin (Bachelor of Emergency Medical Care, CPUT) en WillMarié Basson (N6, Boland Kollege). VOOR: Andries Rooi (WP-bestuurslid), Eloïse Muller (B.Ed grondslagfase, Unisa), Florina de Bruyn (onderwyseres), Abe Sass (WP-tesourier), raadslid Jacob Rooi (WP-partyleier), Jenny van Wyk (WP-bestuurslid), Althea Saunders (WP-sekretaresse), Ronel Fortuin (bestuursassistent-studies, Boland Kollege) en Johannes Wildschut (WP-lid).

FOTO: Derick Rooi

Rugbyklub bedank hul borge

BELLA Vista rugbyklub bedank hul borge vir hul onbaatsugtige bystand, bydrae en hulp gedurende die 2024 rugbyseisoen. Dankie ook vir almal se hulp met die jaareindfunkie wat op 23 November aangebied is. Die klub bedank Johnny Jafta busdiens, Randall Julies (Ceres Apteek), Blue Bottle Liqour Stores, Ceres Superspar, Patrick de Wet Vrugte & Vervoer, ZWH Projects and Development, Urban Dynamics in Bellville, Ivor Naudè, raadslede Tiaan Fredericks en Warrick Alexander, Jannie Cloete (MC), Tulbagh Koerierdienste, Bella Vista Ondersteunersklub en Jonathan Alexander vervoer.

“Ons waardeer julle almal. Baie dankie”.

SANNA Jafta het einde November aan haar 100ste parkrun deelgeneem.

Exciting new opportunity at Ceres Superspar

KITCHEN ASSISTANT

The following requirements are needed: • Be able to handle and work under pressure • Excellent people’s skills • Be willing to work weekends and shifts • Fully bilingual • Preferably reside in Ceres/Wolseley • Previous experience is a DEFINITE REQUIREMENT • Must have matric • Must have knowledge of hygiene in the workplace • Honest and hard working.

The successful candidate will be responsible for: • Preparing cooked food • Ensuring that all food to be sold, is up to standard and of good quality • Cleaning of kitchen • Stock rotation • Waste control • Assisting with stocktake • Following recipes as per production sheet. Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications: Thursday 26 December 2024

Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 30 December 2024, please consider your application unsuccessful

Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

The following requirements are needed: • Be able to handle and work under pressure • Excellent people’s skills • Be willing to work weekends and shifts • Fully bilingual • Preferably reside in Ceres/Wolseley • Previous experience will be advantageous • Must have matric • Must have knowledge of hygiene in the workplace • Honest and hard working.

The successful candidate will be responsible for: • Operating meat grinders, mixers, and sausage stuffers to grind, mix, and stuff meat • Cleaning and keeping equipment and tools in good working order • Weighing and measuring ingredients accurately • Using a sausage stuffer to fill sausage casings with meat • Keeping track of the temperature of products during various stages of production • Staying up to date with safety and sanitation procedures • Arranging sausages for display and helping customers Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications: Friday 20 December 2024

Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 27 December 2024, please consider your application unsuccessful Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

Exciting new opportunity at Ceres Superspar

CASHIERS (FULL TIME)

The following requirements are needed: • Confident and honest • Ability to remain calm under pressure • A sense of responsibility • Be able to work under pressure • Must have people’s skills (must have previously worked with clients and must understand customer service) • Willing to work shifts and weekends • Fully bilingual (English & Afrikaans) • Must have matric • Willing to join as soon as possible. • Preferably reside in Ceres/Wolseley

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications: Friday 20 December 2024

Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 27 December 2024, please consider your application unsuccessful Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

•Trekker tegniese agtergrond en kennis

•Ondervinding in instandhouding t.o.v. werkswinkel en voertuie

•Leergierige, eerlike, betroubare, hardwerkende, goeie geaardheid

•N2 Sertifikaat (Motoriese teorie/Meganiese studies) sal tot u voordeel wees

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Desember 2024

As u nie teen 25 Januarie 2025 terugvoering ontvang nie, is u aansoek onsuksesvol.

Drie mans in hof na messteek-insident

‘n GEWESE Springbok 7’s rugbyspeler het Maandag saam met sy broer en ‘n vriend in die landdroshof op Ceres verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord.

Jaiden Baron (27) van P.A. Hamlet, sy broer Jo-Niel Baron en ‘n vriend, Burton Zimri, het Maandag 9 Desember vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn nadat hulle die naweek betrokke was by ‘n voorval waartydens ‘n jongman, Ryan Hendricks, verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Volgens die polisie het die voorval Saterdag 7 Desember vroegoggend tussen 02:15 en 02:55 in Rooikamp plaasgevind.

Hendricks en Jo-Niel Baron was op ‘n ander perseel in ‘n argument betrokke wat later op ‘n bakleiery uitgeloop het.

Hendriks is na ‘n vriend se woning in Rooikamp. Jo-Niel Baron het sy broer Jaiden en vriende gaan roep waarna hulle na die woning in Rooikamp gegaan het. Hier het hulle Hendricks aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek. Hendricks is later na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling.

Die drie mans is op borg van R2000 elk vrygelaat en gewaarsku om weer op 20 Februarie 2025 in die hof te verskyn. Ceres speurders ondersoek ‘n klag van poging tot moord. Verdere klagtes word nie uitgesluit nie.

Kontrak verstryk

Beide Jaiden en Jo-Niel Baron speel vir Hamlet rugbyklub as skrumskakel en senter.

Jaiden, ook bekend onder sy bynaam die Wind, het in Januarie 2023 uit die bloute sy debuut vir

die Springbok sewesspan in Nieu-Seeland gemaak en het in net vier toernooie gespeel. Hy het aan sy laaste toernooi in April 2023 in Singapoer deelgeneem. Hy was sedertdien beseer en is nie weer gekies nie. Sy kontrak verstryk die einde van die maand.

Reaksie Inwoners voel dat Baron ‘n jong sportster is en ‘n voorbeeld vir die jeug moet wees en dat sy betrokkenheid by die afgelope naweek se messteek-voorval, grens aan skollie-gedrag. Een inwoner voel hy moet beter keuses maak en nie aan geweld en vergrype deelneem nie. Die gemeenskap sal die polisie-ondersoek en hofsaak met belangstelling volg sodat geregtigheid kan geskied en die skuldiges aan die pen sal ry.

Aanrandingsaak teen Tiwana uitgestel

‘n LID van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres, was die afgelope week nog in aanhouding nadat hy ‘n vrou verlede naweek ernstig aangerand het. Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 30 November plaasgevind. Konstabel Vuyo Tiwana het op 3 en 6 De-

sember in die Ceres landdroshof op ‘n klag van aanranding verskyn nadat hy Sondag 1 Desember gearresteer is. Die saak is na Dinsdag 17 Desember uitgestel vir ‘n borgaansoek.

Dit is ironies aangesien dié eenheid waaraan die verdagte verbonde is, gesinsgeweld moet ondersoek.

Drie gesinne het hulp nodig na brand

‘n BRAND het Maandag 9 Desember informele huise in Zolastraat, Nduli in puin gelê en drie gesinne dakloos gelaat. Ceres SAPD en Witzenberg Brand en Redding was op die toneel en die brand is gou geblus. Geen beserings is aangemeld nie en dit is onbekend hoe die brand ontstaan het. Gemeenskap se hulp word gevra om die gesinne te help. Klere, boumateriaal en ander noodsaaklikhede word benodig. Indien jy kan help, skakel raadslid Andile Gili by 073-6258-563 of agili@witzenberg. gov.za.

BRANDBESTRYDERS van Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het Vrydag 6 Desember gesukkel om ‘n brand by Kluitjieskraal buite Wolseley, onder beheer te bring. Moeilike terrein, sterk winde en ‘n hoë brandstoflading van droë blare, bas en ou takke het brandbestryding bemoeilik.

Tweede verdagte vasgetrek

‘n KIND (16) met ernstige brandwonde is verlede week oorgeplaas na die Tygerberg hospitaal. Die oorplasing kon eers gedoen word nadat hulle hom op Ceres gestabiliseer het.

Die kind van die plaas Kweperfontein buite Ceres veg om sy lewe nadat ‘n 21-jarige man petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het. Die gru-voorval het Maandag 25 November op die plaas Eselfontein plaasgevind. Die slagoffer word tans vir meer as 35% brandwonde behandel.

Ondersoek

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 03:00

plaasgevind. Wat die rede was vir die aanval, vorm deel van die polisie se ondersoek. Die slagoffer en verdagte is familie van mekaar.

Hofverskyning Chriszain Malan (21) het weer op 4 Desember in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die polisie se ondersoek het hulle na ‘n tweede verdagte, Jedi Sias (20), gelei. Sias is Dinsdag 3 Desember op die plaas Eselfontein gearresteer.

Beide beskuldigdes wil aansoek doen vir borgtog. Die saak is uitgestel tot 23 Desember. Malan en Sias bly in aanhouding.

Jaiden Baron (27).

Tyd raak min vir registrasie van spazaen huiswinkels

DIE sperdatum vir die dringende registrasie van alle spazawinkels of huiswinkels binne munisipale grense, is om die draai. Spazawinkels en geriewe waar voedsel hanteer word, is in November deur die regering 21 dae kans gegee om by hul plaaslike munisipaliteit te registreer.

Dié wat dit nie teen Vrydag 13 Desember

gedoen het nie en diegene wat nie aan alle gesondheidstandaarde en -vereistes voldoen nie, sal gesluit word.

Die stap volg nadat president Ramaphosa, onlangs sy diepe bekommernis en hartseer uitgespreek het oor die onlangse voorvalle van besmette voedsel, verwante siektes en sterftes nadat kinders dit by dié winkels ge-

12th Consecutive Clean Audit!

As the Executive Mayor of Witzenberg Municipality, I am pleased to announce that we have achieved our 12th Consecutive Clean Audit!

koop het.

In ‘n onlangs verklaring deur die Witzenberg munisipaliteit word daar gemeld dat hulle ook al hoe meer klagtes ontvang het van spazawinkels of huiswinkels wat kosprodukte verkoop welke produkte se vervaldatum reeds verstryk het. Die munisipaliteit het begin optree teen alle onwettige huiswinkels en

dringende hofaansoeke teen eienaars en okkupeerders van sulke onwettige winkels begin. Twee winkels is al gesluit. Wettige huiswinkels gaan gedwing word om munisipale goedkeuringspermitte op ‘n sigbare wyse aan te bring. Dieselfde geld ook vir straatsmouse wat nie geregistreer is nie en op geallokeerde persele handeldryf.

PUBLIC NOTICE –DRAFT BY-LAW MUNICIPAL PARKS AND OPEN SPACES

The Witzenberg Municipal Council is in the process of adopting a By-Law regulating Municipal Parks and open spaces within its area of jurisdiction. The draft By-Law is available on the Municipality’s website www.witzenberg.gov.za. A copy of same can also be obtained from the Senior Manager Legal Services at the Municipal Offices, 50 Voortrekker Street, Ceres or by e-mail at liza-mari@witzenberg.gov.za

Any written submissions or suggestions on the by-law must be handed in at the Office of the Municipal Manager for attention Ms. Nieuwenhuis or e-mail it to lizamari@witzenberg.gov.za on or before 6 January 2025

We always strive to improve service delivery and the quality of our residents’ living conditions with the available finances and complaince with relevant legislation. Thank you to Council, Committees and Administration for your commitment and contribution to this positive report

Festive Season Greetings

On behalf of the Council and Administration, I would like to wish everyone a Merry Christmas and a happy, healthy and prosperous New Year! Enjoy the festive season with family and friends. We pray for traveling mercies and your safe return. May 2025 be a great year for all.

Kindly note that our offices will be closed over the festive season from 20/12/2024 and will reopen on 03/01/2025 at 07:30. Witzenberg Traffic and Law Enforcement officers and ALL essential services will be operational throughout, as well as the Witzenberg 24-hour Control Room, on (023) 492-0181/2. Waste removal services will continue as usual, except on 25/12/2024 and 01/01/2025.

Geseënde Feestyd

Namens die Raad en Administrasie wil ek almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige, gesonde en voorspoedige Nuwejaar toewens! Geniet die feestyd saam met familie en vriende. Ons bid vir reisgenade en u veilige terugkeer. Mag 2025 ‘n wonderlike jaar vir almal wees.

Neem asseblief kennis dat ons kantore oor die feestyd vanaf 20/12/2024 gesluit sal wees en op 03/01/2025 om 07:30 sal heropen. Witzenberg Verkeers- en Wetstoepassingsbeamptes en ALLE noodsaaklike dienste sal deurgaans operasioneel wees, asook die Witzenberg 24-uur Beheerkamer by (023) 492-0181/2. Vullisverwyderingdienste sal soos gewoonlik voortgaan, behalwe op 25/12/2024 en 01/01/2025.

Umbuliso ngeXesha leziYunguma

Ngokomyalelo weBhunga neSebe loLawulo, ndinqwenelela wonke ubani iKrisimesi emyoli, engcono kunye nonyaka omtsha oyokozela amathamsanqa! Yonwabela ixesha lakho lezi-Yunguma nezihlobo nezalamane. Sithandazela uhambo oluhle nokuba nibuye nisakhuselekile. Yanga unyaka ka2025 ungangunyaka oyokozela amathamsanqa kuni nonke. Sibongoza wonke ubani asebenzise amanzi nombane ngobunono Qaphela ukuba ii-Ofisi zethu ziyakube zivaliwe kwelilixa leziyunguma ukusuka ngomhla wama 20/12/2024 ngentsimbi kwaye ziyakuphinda zivulwe ngomhla wesi 03/01/2025 ngo 07:30. Amagosa oGunyaziso Mthetho neZithuthi kunye nabo basebenza kwiiNkonzo ezingundoqo bayakube bengxashile kwaye\ besebenza, kunye negumbi loLawulo lonxibelelwano kuMasipala liyakube livulwe iiYure ezingama 24, tsalela (023) 492-0181/2. Ukuthuthwa kwenkunkuma kuyakwenziwa njengesiqhelo ngaphandle kwangomhla wama 25 kweyoMnga kunye nomhla woku 1 kweyoMqungu 2025.

PUBLIEKE KENNISGEWING- KONSEP VERORDENING MUNISIPALE PARKE EN OOP RUIMTES

Die Witzenberg Munisipale Raad is in proses om ‘n Verordening te aanvaar vir die regulering van Munisipale Parke en oop Ruimtes binne die Raad se jurisdiksie gebied. Die konsep Verordening is beskikbaar op die Munisipale webtuiste www.witzenberg.gov.za. ‘n Afskrif daarvan kan verkry word by die Senior Bestuurder Regsdienste, by die Munisipale Kantore, Voortrekkerstraat 50, Ceres of per epos by liza-mari@witzenberg.gov.za

Enige geskrewe voorleggings of voorstelle oor die konsep Verordening moet by die Munisipale Bestuurder se kantoor ingehandig word vir aandag Me. Nieuwenhuis of e-pos aan liza-mari@witzenberg.gov.za voor of op die 6 Januarie 2025

KENNISGEWING l NOTICE l ISAZISO

2023/2024 JAARVERSLAG VIR KOMMENTAAR

Kennis geskied hiermee volgens artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 en Artikel 127(5)(a)(i) van die MFMA, dat die Witzenberg Munisipaliteit se Jaarverslag vir 2023/2024, nou beskikbaar is en ter insae lê vir kommentaar. Die Jaarverslag kan verkry word by alle munisipale kantore en openbare biblioteke en is beskikbaar op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

Persone wat nie kan skryf nie, mag na die munisipale kantore kom gedurende kantoorure, waar ‘n personeellid hulle sal bystaan met die neerskryf van hulle kommentaar of vertoë.

Kommentaar of vertoë moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word, voor of op 13 Januarie 2025 by Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Voortrekkerstraat 50 Ceres of aan admin@witzenberg.gov.za

2023/2024 ANNUAL REPORT FOR COMMENTS

Notice is hereby given, in terms of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 and Section 127(5)(a)(i) of the MFMA, that the draft 2023/2024 Annual Report, is now made public for inspection and comments. The Annual Report may be accessed at all municipal offices and public libraries and on website: www.witzenberg.gov.za

Any person who cannot write may come to the Municipal offices during office hours, where a staff member of the municipality will assist to transcribe their comments or representation.

All comments or representation must be lodged in writing to the Municipal Manager not later than 13 January 2025 at Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, 50 Voortrekker Street, Ceres or to admin@witzenberg.gov.za

INGXELO EHLAZIYIWEYO YONYAKA ENGAGQITYWANGA KA 2023/2024 Esisaziso sikhutshwe, ngokuyinxalenye nomgaqo siseko ka (21A) wooMasipala baMakhaya: uMthetho ka 2000 owaziwa njengo (Mthetho wendlela yokusebenza kooMasipala) kunye necandelo lama 127(5)(a)(i) lwe(MFMA) Umthetho ojongene noLawulo lwezeMali kooMasipala ukuba uqulunqo oluhlaziyiweyo lweNgxelo yonyaka ka 2023/2024, ngoku lwenziwa esidlangalaleni ukuze luhlolwe kwaye kuhlomlwe. Ingxelo yonyaka ehlaziyiweyo engaqu-kunjelwanga inokufumaneka kuzo zonke ii-ofisi zikaMasipala, naMathala eeNcwadi oluntu, nakumnathazwe wethu: www.witzenberg.gov.za Wonke ubani ongakwaziyo ukubhala unelungelo lokuba atyelele kwii-ofisi zikaMasipala ngexesha lomsebenzi ukuze afumane uncedo oluthe vetshe/oluphangaleleyo malunga nezikhalazo /ngoluvo olo. Lonke uluvo kunye nezikhalazo kufuneka lubhalwe phantsi kwaye zifikelele kuMlawuli-Masipala phambi komhla wesi-13 kweyoMqungu 2025. Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, 50 Voortrekker Road, Ceres okanye i-imeyile ku admin@witzenberg.gov.za ku admin@witzenberg.gov.za

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

UMLAWULI-MASIPALA

Trevor Abrahams
Uitvoerende Burgemeester
Executive Mayor
USodolophu oLawulayo
Trevor Abrahams
Uitvoerende Burgemeester
Executive Mayor USodolophu oLawulayo

‘n PROBLEMATIESE rioolpyp in Alheitstraat het middel November ‘n sinkgat veroorsaak. Die Witzenberg munisipaliteit het eers ‘n tydelike waarskuwingsteken opgerig voordat dit later oopgegrawe is (foto bo). Dinsdag 11 Desember is die werk afgehandel (foto onder) nadat die gat eers gekompakteer is en toe met ‘n laag teer bedek is.

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om Erf 218, Op-dieBerg (Hoopstraat), aan Mnr. Jan Johannes Fortuin, teen ‘n billike markprys te verkoop vir residensiële doeleindes.

Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 6 Januarie 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na lizamari@witzenberg.gov.za

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell Erf 218, Op-die-Berg (Hoop Street) at a fair market related price to Mr. Jan Johannes Fortuin, for the residential purposes.

If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail liza-mari@witzenberg.gov.za on or before 6 January 2025

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om Erf 919, Wolseley (Acaciastraat 6), aan Mnr. Henry John McClune, teen ‘n billike markprys te verkoop vir residensiële doeleindes.

Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 6 Januarie 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na lizamari@witzenberg.gov.za

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell Erf 919, Wolseley (6 Acacia Street) at a fair market related price to Mr Henry John McClune, for the residential purposes. If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail liza-mari@witzenberg.gov.za on or before 6 January 2025

OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS

VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: JANUARIE TOT DESEMBER 2025

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:

Datum

Woensdag, 22 Januarie 2025

Woensdag, 26 Februarie 2025

Woensdag, 26 Maart 2025

Woensdag, 28 Mei 2025

Woensdag, 30 Julie 2025

Woensdag, 20 Augustus 2025

Woensdag, 29 Oktober 2025

Woensdag, 10 Desember 2025

Tyd 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00

Plek

Stadsaal, Voortrekkerstr., Ceres

Besonderhede

Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: JANUARY UNTIL DECEMBER 2025

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council:

Date

Wednesday, 22 January 2025

Wednesday, 26 February 2025

Wednesday, 26 March 2025

Wednesday, 28 May 2025

Wednesday, 30 July 2025

Wednesday, 20 August 2025

Wednesday, 29 October 2025

Wednesday, 10 December 2025 Time 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00

D.NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

Verw/Ref.: 03/1/2/3

Venue

Town Hall, Voortrekker St., Ceres

Particulars

Council meeting

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om ongeregistreerde Erf 870, Prince Alfred Hamlet (Voortrekkerstraat 43), aan Global Crime Prevention Unit, teen ‘n billike markprys te verkoop vir doeleindes van kantoor en of basis stasie. Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 6 Januarie 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na lizamari@witzenberg.gov.za

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell unregistered Erf 870, Prince Alfred Hamlet (43 Voortrekker Street) at a fair market related price to Global Crime Prevention Unit, for the purpose of offices and base station.

If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail liza-mari@witzenberg.gov.za on or before 6 January 2025

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om Erf 2997, Bella Vista (Frieslandstraat 15), aan Mnr. Daniel Johannes Jansen, teen ‘n billike markprys te verkoop vir residensiële doeleindes.

Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 6 Januarie 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na lizamari@witzenberg.gov.za

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell Erf 2997, Bella Vista (15 Friesland Street) at a fair market related price to Mr Daniel Johannes Jansen, for the residential purposes. If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail liza-mari@witzenberg.gov.za on or before 6 January 2025

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Daniël de Bruyn 15 Desember 2024

Seënwense met jou verjaarsdag, dankie vir wat jy vir ons beteken.

Van al die Snymans en Witzenberg Herald personeel

RAAI WIE VERJAAR?

Joan Beyers

Baie geluk met jou verjaarsdag.

Petronella Afrika

1962/02/03 - 2024/12/08 ROUDIENS: Do. 12 Des. Huis 19:00 Johannes du Plessisstr 10, Bella Vista BEGRAFNIS: Sat. 14 Des. Huis 10:00 Johannes du Plessisstr 10, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

1988/09/05 - 2010/12/11

Dit is reeds 14 jaar wat jy skielik van ons weggeneem is en ons mis jou nog elke dag. In ons harte sal jy nog altyd bly voortleef. Altyd liefde Daddy, Mammie & MJ

CENTRAL CERES

Center

Panelbeating

Panelbeating •Servicing •Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel Whatsapp of Whatsapp of skakel Whatsapp of 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit

KOMPETISIE

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

Wen 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz ter waarde van R750.

SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se Saronsberg Shiraz 2022 is aangewys as die Wyn van die Jaar in die Shiraz-afdeling tydens die onlangse 2025 Platter’s by Diners Club wyngids toekennings.

Een gelukkig leser kan 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz wen ter waarde van R750 deur die onderstaande vraag te beantwoord:

Watter wyn van Saronsberg is die beste in die land?

Whatsapp jou naam en antwoord na 066-316-3003 voor of op 13 Desember 2024

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.Hebreërs 13:5

Wees kreatief en bespaar deur jou eie geskenkpapier vir Kersfees te maak Koerant bondels te koop @ R30 per pak (023) 316-2021 Voortrekkerstraat 17D

Winkel sluit op 13 Desember 2024 en heropen op 6 Januarie 2025 Kry ‘n persentasie afslag op enige aankope maar slegs vir die week wanneer staatstoelaes betaal word. ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Tekkies •Oorpakke •Kerkpakke •Safety boots

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Marco Johnson

SATERDAG 7 Desember is die 236ste Parkrun op Ceres aangebied. 72 stappers en drawwers het deelgeneem. Vier generasie Bassi’s het saam deelgeneem. VLNR: Ricardo Bassi, Raquel Bassi (84), Armano Bassi en Giancarlo Bassi. Ricardo is Raquel se kleinseun en Armano is haar agterkleinkind. * Ceres Parkrun het op 14 April 2018 hul eerste byeenkoms aangebied. Belangstellendes word uitgenooi om te kom deelneem.

BOLAND Makers se tweede byeenkoms is die naweek van 6-8 Desember op die plaas Oude Compagnies Post buite Tulbagh aangebied.

TULBAGH was die naweek van 6-8 Desember ‘n miernes van bedrywighede. Die gewilde Witzenville Faire is weer aangebied.

Community Liaison Officer (CLO) Company

Company: NGP Engineering (Pty) Ltd

Reports to:Site Manager

Direct reports:None

Location: Pinevalley, Wolseley

Employment type:Fixed-term; 3 month contract

Project description:Upgrading of existing open stormwater channel to an underground piped system in Pinevalley

Contract No:SSC WC 04 (2024/2025) DALRRD

PURPOSE OF ROLE:

The Community Liaison Officer (CLO) is responsible to monitor and coordinate implementation of the project, facilitate engagement with key stakeholders and beneficiary communities, participate in local government consultative structures and report on all community related activities of the project.

KEY RESPONSIBILITIES:

Conduct community needs assessments and map community assets

·Identify key community stakeholders and role players in the development space

·Identify and document community assets that would be critical in implementing development projects

·Facilitate community needs assessment workshops with key role players

·Assist in compiling reports on community needs and assets for input in the project risk assessment

Assisting with the facilitation of temporary Labour recruitment and Management in conjunction with the relevant stakeholder

·Assist in and facilitate the recruitment of suitable temporary labour and the establishment of a labour register, in consultation with the representative of the municipality

·Identify project opportunities through consultation with relevant stakeholders

·Conduct beneficiary assessment and selection in conjunction with relevant stakeholders

Coordinate Implementation, monitoring and evaluation of project performance

·Monitor project Implementation

·Coordinate meetings with all relevant partners to monitor and evaluate project implementation at agreed intervals or milestones

Maintain grievance handling mechanism for the project

·Record and collate grievances and escalating to relevant stakeholders Compile monthly reports

·Submit monthly implementation reports

·Submit monthly stakeholder engagement and grievance handling reports

·Delivery of reports by due date

General administrative support

·Capture employee payments and send proof to the general workers

·Coordinate meetings with relevant stakeholders in case of conflicts

And any other duties, as assigned by the line manager, in line with the role.

Skills and Competencies

1.Excellent interpersonal skills

2.Ability to confidently liaise with a variety of stakeholders and service providers

3.Excellent verbal and written communication skills

4.High level of integrity

5.Intermediate MS Word skills and basic Excel

6.Able to work independently, without requiring on-site supervision to execute tasks

7.High attention to detail, with good planning and organizing skills

8.Able to work well within a team

9.Able to prioritize and able to take tasks to completion

10.Flexible and able to manage change well.

Experience, knowledge and qualifications

1.Minimum Grade 12 certificate or equivalent NQF level qualification

2.Tertiary qualification or certificate in Social Science with a focus on Development Studies would be an advantage

3.Minimum 2 years’ relevant working experience in a similar role

4.Proven involvement and exposure to community development work

5.Valid driver’s license.

6.Must be currently unemployed

Application process

CVs together with certificates details, to be e-mailed to Marvellous Mashamba at marv@ngpeng.co.za by Thursday, 12 December 2024

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

CERES rugbyklub het 2024 afgesluit met ‘n prysuitdelingsfunksie in hul klubhuis waartydens spelers vereer is. VLNR: Jan-Ras van der Linde is aangewys as sportman van die jaar, Aldo Sauls is aangewys as speler van die jaar en gesamentlike wenner van die spelers se speler van die jaar toekenning saam met William van Wyk. Van Wyk is ook vereer vir sy uitsonderlike prestasies asook 22 ligawedstyde en vyf top 12 wedstryde. Pat Marran, Boland visepresident het die toekennings aan Aldo en Jan-Ras oorhandig. Riaan Potgieter het William se toekenning oorhandig.

GOEIE kolf- en boulwerk het die naweek gehelp dat Wolseley krieketklub hul kwalifiserende wedstryde vir die Bolandse Super Liga T20, kon wen.

Wedstryde het op Esselenpark op Worcester plaasgevind. Wolseley het die naweek al drie hul groepwedstryde gewen om na die volgende rondte deur te dring.

‘n Moeë maar ‘n trotse Wolseley-span het eers vir Pioneers Tulbagh met 27 lopies geklop voordat hulle Worcester Victorians met 4 paaltjies geklop het. In hul laaste wedstryd het hulle Touwsrivier met 28 lopies geklop.

Dit was ‘n spanpoging - Rashied September het in die laaste wedstryd teen Touwsrivier ‘n onoorwonne vyftigtal gemoker, Cyril Januarie het 11 paaltjies laat kantel en Leonard Prins het uitstekend gespeel as paaltjiewagter.

Wolseley kry nou die geleentheid om teen die ander groep-wenners sowel as die nege premier ligaspanne sake uit te spook in die Bolandse Gold Rush Super Liga T20 kampioenskap wat in Januarie 2025 begin.

GOEIE kolf- en boulwerk het die naweek gehelp dat Wolseley krieketklub hul kwalifiserende wedstryde vir die Bolandse Super Liga T20, kon wen.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.27 no.49 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu