







DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet het die naweek weer hul jaarlikse Liggiefees - ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer - aangebied. Die 31ste Liggiefees was weer ‘n groot sukses.
DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet het die naweek weer hul jaarlikse Liggiefees - ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer - aangebied. Die 31ste Liggiefees was weer ‘n groot sukses.
‘n LID van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres, bevind hom in die polisieselle nadat hy ‘n vrou die naweek ernstig aangerand het. Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 30 November plaasgevind. Konstabel Vuyo Tiwana is sedert die voorval in aanhouding in die Wolseley polisie-
selle en het Dinsdag 3 Desember vlugtig in die Ceres landdroshof op ‘n klag van aanranding, in die hof verskyn. Die saak is na Vrydag 6 Desember uitgestel.
Dit is ironies aangesien dié eenheid waaraan die verdagte verbonde is, gesinsgeweld moet ondersoek.
Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, het op 25 November afgeskop.
Misdaadsyfers skep ‘n somber prentjie
DIE misdaadsyfers vir Julie tot einde September, is verlede week vrygestel.
Die statistieke is deur die polisiebestuur in Kaapstad bekendgemaak. Die geleentheid is bygewoon deur die Wes-Kaap polisiekommissaris, lt.genl. Patekile en Anroux Marais, Wes-Kaap minister vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid.
Die dokument van meer as 135 bladsye skets ‘n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika. Misdaad bly ‘n groot bron van kommer vir inwoners.
‘n Klein ligpunt aan die einde van die misdaadtonnel - die moordsyfer het in Suid-Afrika met 5.8% (400 moorde) afgeneem maar kommer heers oor die groot getal kinders wat in bendegeweld sterf.
In die dokument is daar ‘n top 30 saamgestel vir elke misdryfkategorie in Suid-Afrika en die provinsie.
Ceres het vyf van die Top 30’s gehaal.
Op die lys vir poging tot moord is Ceres in die 21 ste plek en no.109 in die land, vir aanranding is Ceres in die 17de plek en 179ste in die land, vir seksuele aanrandings is Ceres in die 27ste plek en 141ste in die land, vir diefstal en inbrake by besigheidspersele beklee Ceres die 10de plek en 83ste in die land en vir bestuur onder die invloed van drank of dwelms het Ceres die 30ste plek behaal en 187ste in die land. George het die meeste dronkbestuur klagtes in die land.
Somber prentjie
In die afdeling vir geweld teen vroue en kinders blyk dit steeds dat daar nog hopeloos te veel voorvalle plaasvind.
Die meeste vroue-slagoffers is tussen 26 en 35 jaar oud. Moorde op vroue het met 6.5% (8 gevalle) toegeneem, poging tot moord met 12.7% (28 gevalle) en aanranding met 1.9% (41 gevalle). Daar is 132 vroue in die kwartaal vermoor in Suid-Afrika, 248 vroue was slagoffers van poging tot moord en 2169 vroue is aanrand.
Kindersterftes weens moord het in dié kwartaal dramaties toegeneem met 70%. Die meeste kinder-slagoffers was tussen 15 en 17 jaar oud.
Moorde op kinders het met 62.7% (37 gevalle) toegeneem, poging tot moord met 114.9% (131 gevalle) en aanranding met 19.2% (64 gevalle). Daar is 96 kinders in die kwartaal vermoor in Suid-Afrika, 245 kinders was slagoffers van poging tot moord en 398 kinders is aangerand.
In 817 gevalle was die oortreders dronk en onder die invloed van drank en in 91 gevalle was die oortreders onder die invloed van dwelms. 55.4% van die moorde is vuurwapens gebruik en argumente en jaloesie was in 228 gevalle die rede vir moorde.
DIE Senior Hamletters-klub, ‘n ondersteuningsgroep vir bejaarde inwoners op P.A. Hamlet en Ceres, het op 10 November hul 40ste bestaansjaar gevier. Die groepie het onlangs teruggekyk op 40 jaar se lief en leed en die mylpaal met ‘n geselligheid in die Hamlet Lodge gevier. Die klub het op 10 November 1984 ontstaan.
Steinthal Landgoed (023) 022-0084, Privaatsak 4, Tulbagh, 6820
Hiermee nooi Steinthal Vaardigheidskool u uit om aansoek te doen vir die onderstaande tydelike betrekking
WKOD KONTRAKPOS: TEGNIESE OPVOEDER
POSVLAK 1 (Sweis-en metaalwerk) (15 Januarie 2025 – 27 Junie 2025)
VEREISTES : • Onderrig sal geskied in Afrikaans sowel as Engels • Nasionale Tegniese Sertifikaat (N3) • Voltooide vakleerlingskap (slaag van ambagtoets en rooiseël) • Minimum 2 jaar tegniese werkservaring in sweis- en metaalwerk • Kennis en ervaring van TO kurrikulum en vaardigheidsonderrig • Sterk administratiewe, beplannings- en organisatoriese vaardighede • Goeie kommunikasievaardighede en menseverhoudinge • Gewillig om betrokke te wees by buitemuurse aktiwiteite (sport en kultuur).
AANBEVELINGS: • Bereidwilligheid om koshuisdiens te verrig indien nodig • Geldige bestuurderslisensie en publieke bestuurspermit (PBP) • Geldige onderwyskwalifikasie.
Stuur asb. u CV na: steinthal.sec@wcgschools.gov.za met die bogenoemde pos as verwysing Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Desember 2024 om 12:00
Dialoog is positiewe stap vorentoe
RAADSLID Jacob Rooi, WPleier, skryf:
DIE Witzenberg Party (WP) neem met blydskap kennis van die onlangse nasionale dialoog op Ceres waarin sowat 80 gemeenskapsleiers koppe (en harte) bymekaargesit het om ‘saam na oplossings te soek’’ (Witzenberg Herald, 22 November). Ons sê “halleluja”. ’n Samewerkende gesindheid en benadering tot ons talle uitdagings wat insluit maatskaplike en sosiale euwels, misdaad en geweld is ’n groot positiewe stap vorentoe. Net toegewyde samewerking, een visie en koersvaste implementering van daardie visie gaan die streek vorentoe neem.
Ons vertrou dat die soeke na die gesamentlike droom en sosiale kontrak vir die streek ‘n werklikheid sal word. Ons as politieke partye behoort ook ons rol te speel waar ons kan, om sulke handevatpogings stukrag te gee.
NA 45 jaar van getroue diens by Ceres Fruit Growers (CFG), maak Cindy Manuel gereed om ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe aan te pak.
Manuel se loopbaan het in die vroeë tagtigerjare begin, toe sy as ‘n jong werker by die maatskappy aangesluit het. “Ek het begin in die pakhuise en destyds was meeste van die take sonder die hulp van enige masjinerie of tegnologie uitgevoer,” onthou sy. Sy het vroeg in haar loopbaan die skuif gemaak na die “kaartjiekantoor” waar elke pakker-kaartjie met die hand getel en afgemerk moes word - ‘n taak wat vandag met die hulp van rekenaars gedoen word. Sy het deur die jare gesien hoe tegnologie die werkplek verander en het die oorgang met gemak aangepak.
Van drome tot realiteit
As jong meisie het Manuel daarvan gedroom om ‘n verpleegster te word. Hoewel sy nie die mediese veld betree het nie, het haar passie vir mense uiteindelik tot volle uiting gekom in haar rol in CFG se menslike hulpbronneafdeling. Hier het sy haarself daartoe verbind om kollegas te ondersteun en hulle te help groei.
“Ek hou van help,” sê sy met ‘n glimlag. “Ek glo elke persoon het potensiaal en soms benodig hulle net die regte hulp om dit te bereik.”
HERSKEDULERING VAN RAADSVERGADERING VANAF
11 DESEMBER 2024 NA 12 DESEMBER 2024
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Raadsvergadering van 11 Desember 2024 herskeduleer is na Donderdag, 12 Desember 2024 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres.
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres
50 Voortrekker Street, Ceres
Verw/Ref.: 03/1/2/3
‘n Tweede tuiste by CFG
Cindy beskryf CFG as haar tweede huis, waar sy diep verbintenisse met kollegas gevorm het. “Ek het altyd saam met ‘n wonderlike span gewerk. Ons het soos familie geword,” sê sy. Haar kollegas sal haar onthou as iemand wat mense altyd eerste gestel het. Met haar empatie en onbaatsugtige aard het sy die vermoë gehad om kollegas aan te moedig en by te staan in moeilike tye. Van die pakhuise tot die kantore, haar empatie en bereidwilligheid om te help het ‘n blywende indruk gelaat.
“Ek het geleer dat jy altyd jou beste moet gee en dat goeie spanwerk enige uitdaging kan oorkom,” sê sy. Haar loopbaan by CFG is ‘n voorbeeld van hoe harde werk en ‘n liefde vir mense sukses kan meebring.
‘n Nuwe avontuur begin Cindy se aftrede is nie net ‘n einde nie, maar ook ‘n begin. Sy beplan om meer tyd saam met haar kleinkinders deur te bring en hulle met haar kookvernuf te bederf. Haar spesialiteit? ’n “Vaal potjie” wat sy met liefde vir haar familie maak. “2025 is my jaar!” sê sy opgewonde. Sy het reeds ‘n reis deur die noordelike dele van Suid-Afrika beplaniets waarna sy lank uitgesien het. “Ek sien uit daarna om nuwe plekke te verken en bietjie te rus ná jare van harde werk.” Cindy, mag jou aftrede net so vervullend wees soos jou loopbaan!
RESCHEDULING OF COUNCIL MEETING 11 DECEMBER 2024 TO 12 DECEMBER 2024
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Council meeting of 11 December 2024 has been rescheduled to Thursday, 12 December 2024 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres.
THE Western Cape Department of Social Development’s (DSD) Gender-Based Violence Ambassador programme is gaining momentum. On Monday, 2 December, the programme were launched in Ceres - the fifth of its kind in the Western Cape. GBV ambassadors - who are trained volunteers from the community - will provide information about support services available to residents for the intervention and prevention of GBV. It is part of the Western Cape Government’s commitment to address this scourge 365 days a year. The third DSD Mobile Office in the province was also officially launched. This fully-equipped facility will serve the people of the Cape Winelands/ Overberg region, especially those living in rural areas where it can be difficult to access DSD services.
DIT is onwettig om datum-merke wat kos se vervaldatums aandui, te verwyder of dit te verander.
DIE polisie se waarskuwings die afgelope paar weke val steeds op dowe ore.
Bedrog- en diefstalklagtes styg elke maand en steeds is daar inwoners in die Witzenbergstreek wat ingeloop word. Elke naweek is daar 10 of meer dronkbestuurders wat aangekla word en talle inwoners word by OTM’s beroof.
Wees versigtig
Inwoners word weer gewaarsku om versigtiger te wees as hulle goedere aanlyn of op sosiale media platvorms koop of verkoop. Internet-bedrieërs is aan die einde van die jaar baie aktief en raak meer uitgeslape om naïewe kopers en verkopers wat op die internet en sosiale platvorms handeldryf, in te loop.
Die internet-skelmstreke is enigiets van romantiese slenters tot skuldinvordering, verhuring van blyplekke wat nie bestaan nie, motors wat te koop aangebied word of bedrog wat kamstig op ‘n bankrekening plaasvind. Dan is daar ook inwoners wat gereeld ingeloop word met die onwettige doppie-dobbelspel.
Spaza winkels
Inwoners word gevra om versigtig te wees as hulle by ongelisensieerde spaza winkels koop. Dit is onwettig om datum-merke wat kos se vervaldatums aandui, te verwyder of dit verander.
Vakansietyd
Inwoners wat Desember met vakansie gaan moet die polisie in kennis stel wanneer hulle nie by die huis is nie, of die tuinier daar moet wees en wie die sleutels van die woning hou. Dit word in ‘n register aangeteken en polisie weet die eienaars is nie tuis nie.
DIE 2025 matriekafskeid van Ceres Sekondêr wat vroeg in die eerste kwartaal gaan plaasvind, lok die afgelope twee weke wye reaksie uit en talle ouers is omgekrap oor die vervroegde datum.
Die ongelukkige ouers, baie seisoenale werkers, voel dat die skool die datum (27 Maart 2025) op hulle afdwing. Hulle wil met die skool en beheerliggaam vergader en die aangeleentheid op ‘n vriendelike wyse bespreek. Die 26 ouers het ook ‘n petisie onderteken. Volgens die seisoenale werkers begin fabrieke en pakstore almal eers einde Januarie of begin Februarie, die kerstyd lê voor en skryfbehoeftes moet in Januarie aangekoop word. Elke matrikulant moet R700 tussen 15 en 18 Januarie betaal.
Bespreking
Die vervroegde matriekafskeid van Ceres Sekondêr sou Dinsdagaand 3 Desember tydens ’n beheerraadsvergadering bespreek word. Daar kon Woensdag nie bevestig word wat die skool besluit het nie. Die voorsitter van die beheerliggaam kon nie bereik word nie.
WKOD antwoord
Millicent Merton, woordvoerder van die WKOD, het gesê die skool het ouers tydens die eerste ouervergadering in die eerste kwartaal van die beoogde datum vir die matriekafskeid vir 2025 ingelig. “Daar was toe geen teenkanting nie. Dié aankondiging is met 'n brief opgevolg. Nog 'n brief op 9 September is daarna aan ouers gestuur om hulle aan die datum te herinner”.
‘n Derde brief op 11 November is uitgestuur waarop die ouers moes aandui of hul kind die matriekafskeid op die beoogde datum sal bywoon. “ Van die 292 voornemende graad 12-leerders is 208 se bywoning bevestig. Die personeel is ten gunste van die beoogde datum aangesien leerders na die matriekafskeid op hul skoolwerk en voorbereiding vir die finale eksamen kan fokus”.
DRIE jaar nadat stropers vyf renosters op Inverdoorn geskiet het, is die saak teen die vyf mans vir die soveelste keer uitgestel. Die hofsaak, ‘n eerste vir die Wes-Kaap, was Dinsdag 3 Desember op die hofrol maar kon nie begin nie omrede die aanklaer nie beskikbaar was nie. Die verhoor is uitgestel en sal op 13 Maart en 18 Maart in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, begin. Vier nog in aanhouding
Amade Filemone Chongo (49) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (59), Wishes Mugari (32), Justice Cossa (30) en Michael Mbaura (26) in die beskuldigbank. Twee van die mans is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië.
‘n Immigrasiebeampte van Binnelandse sake moet ook nog kom getuig oor Amade Filemone Chongo (49) van Mosambiek se visumaansoek. Hy is die enigste een van die vyf wat tans op borg uit is.
Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek.
Klagtes
Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.
Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings.
Wen 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz ter waarde van R750.
SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se Saronsberg Shiraz 2022 is aangewys as die Wyn van die Jaar in die Shiraz-afdeling tydens die onlangse 2025 Platter’s by Diners Club wyngids toekennings.
Een gelukkig leser kan 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz wen ter waarde van R750 deur die onderstaande vraag te beantwoord:
Watter wyn van Saronsberg is die beste in die land?
Whatsapp jou naam en antwoord na 066-316-3003 voor of op 13 Desember 2024
A informative career day event aiming to expose grade 9 and 11 learners from local high schools to an array of career paths, was held recently. Funded in collaboration with Perdekraal East Wind Farm, the Cape Career Exhibition Association and the Cape Winelands District, the event provided learners with a unique opportunity to explore diverse career paths and receive valuable guidance on academic and career planning. This programme provides valuable guidance to learners, helping them navigate career choices and make informed decisions about their future. Many grade 10 and 11 students are still uncertain about which paths to pursue. In addition, sessions on resume building, goal setting, and job interview preparation provided learners with essential skills that will serve them well as they transition into the workforce.
MOOI Uitsig primêr se jaarlikse atletiek byeenkoms het op Saterdag 9
DIE afgelope week is daar ‘n geskiedkundige foto by Laerskool Gericke geneem van die 16 afstammelinge van Gysbertus Christiaan (Gys) du Toit (1861-1943) en Elizabeth (Bettie) van der Merwe (1865-1950) wat tans by Gericke op skool is. Hierdie afstammelinge is direkte afstammelinge van twee van Gys en Bettie du Toit se seuns.
AGTER: Gysbert du Toit, Louis du Toit, Cezanne du Toit, Nina du Toit, Sophia Watt, Stephan du Toit, Zachary Watt, Liza du Toit, Elizabeth du Toit, Christiaan du Toit, John du Toit, Hendrik Smuts, Elize du Toit, Amelia Smuts, Livia du Toit en Nicholas du Toit. VOOR: Die twee oupas en oudleerders van Laerskool Gericke, Gys du Toit en Charl du Toit. Gys was in 1964 in standerd 5 en Charl in 1958. * Twee van die oupas wat reeds oorlede is, Jan-Linde du Toit en Gys du Toit (1950-2015), was ook beide tot standerd 5 (graad 7) in Laerskool Gericke, onderskeidelik in 1948 en 1958.
OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP
Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte- en verpakkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:
Die posbekleër sal aan die Verpakkings administratiewe beampte: Pakmateriaal rapporteer en verantwoordelikheid aanvaar vir onder andere: • Die akkurate vaslegging van alle verskillende tipes pakmateriaal aankope op die toepaslike sagteware stelsel(s) • Verseker dat die Bill of Materials akkuraat bygehou word en soos nodig opgedateer word • Verseker dat voorraad wat teruggestuur word aan verskaffers, akkuraat vasgelê en korrek aangeteken word op die finansiële stelsel • Verseker die tydige fakturering van verpakkingsmateriaal aan eksterne kliënte • Professionele skakeling met eksterne belanghebbers.
Die suksesvolle kandidaat beskik oor: • Bogemiddelde syfer- en administratiewe vaardighede met ‘n skerp oog vir akkuraatheid • Handhawing van goeie interpersoonlike verhoudinge en moet op alle vlakke van die organisasie effektief kan kommunikeer • Moet onafhanklik kan funksioneer.
Vereistes sluit in: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in finansies of kosterekeningkunde • 2 - 3 Jaar ondervinding in soortgelyke administratiewe omgewing, wat fokus op die verwerking van finansiële transaksies van verskillende tipes pakmateriaal.
Stuur asb u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en drie kontakbare ver wysings per e-pos aan: hr@cfg.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 20 DESEMBER 2024 voor 09:00
INDIEN U NIE BINNE DRIE WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM VAN ONS VERNEEM
HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.
In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.
DIE Op-die-Berg GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Desember om 19:00 in die N.G. kerksaal, Op-die-Berg. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133
“NA deeglike navorsing in die Witzenberg gemeenskap, het ek gesien dat baie van ons kleuters tussen twee en vyf jaar nie ‘n kleuterskool bywoon nie. Die grootste rede hiervoor is dat baie ouers nie die skoolgeld kan betaal nie. Ek beplan ‘n gemeenskap ECD-sentrum vir kinders wat nie kleuterskole kan bywoon nie”. Ouers wat belangstel kan vir Isak Hendriks (mentor@Home Learning YearBeyond) skakel 079-0817-053
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n epos na togryersmuseum@gmail.com
TOGRYERS museum samel toiletware in vir slagoffers van geweld as deel van die nasionale veldtog: 16 Dae van Aktivisme wat op 25 November afgeskop het. Produkte soos tandepasta, tandeborsels, waslappe en sanitêre produkte kan by die museum afgegee word.
“Pathology that Adds Value”
CERES: Phlebotomy Technician / Staff Nurse / Professional Nurse
A leading Pathology Laboratory has a vacancy available for a Phlebotomy
Technician/Staff Nurse/Professional Nurse based at our Ceres branch.
Applicants for the position need to meet the following criteria:
•Must have a Nursing Diploma or Phlebotomy Technician qualification
•Current registration with SANC / HPCSA
•Phlebotomy experience is essential
•Must have a valid driver’s license
•Pathology knowledge/experience is highly advantageous
•Computer literate with Meditech knowledge advantageous
•Client-focused with excellent attention to detail
•Effective communication and interpersonal skills
•Adaptability with the ability to co-operate within a team environment
•Display initiative
•Problem-solving ability
•Compassion / Empathy
•Stress resistance and tenacity
•Result-orientated
•Positive attitude & flexible work-style
•Must be fluent in English with an understanding of Afrikaans
•Be prepared to work shifts, weekends and public holidays
To apply for this opportunity, send your CV to: gina.zurnamer@pathcare.net
Closing date for applications: Friday, 13th December 2024
CERES rugbyklub het ‘n nuwe afrigter vir die 2025 seisoen aangewys. Warren Pietersen, het lank as speler vir Bella Vista en Boland uitgeblink. Hy was Durbell se agterlynafrigter voordat hy die pos as Ceres se nuwe afrigter gekry het. Warren se grootste doelwit, is om in 2025 die Witsentraalstreek te wen en die finale van die Boland Top12 kompetisie te haal. Rugbyklub kry nuwe afrigter
LEERDERS op Ceres wat nie van busvervoer mag gebruik maak nie, het einde Novembermaand onder die vergrootglas gekom nadat dit deur GOOD in die WesKaap provinsiale parlement genoem is.
In ‘n toespraak van Brett Herron, het hy genoem dat ouers van 378 leerders tussen 7 en 13 jaar oud, briewe ontvang het dat hulle nie in 2025 kwalifiseer vir gratis leerdervervoer nie. Die rede: die kinders woon op Vredebes buite Ceres en bly binne ‘n 5 kilometer radius van hul skool.
Die nasionale leerdervervoer-beleid bepaal dat kinders in landelike gebiede uitgesluit word wat binne die 5 kilometer radius van hul skool woon. Volgens Herron is dit onregverdig en teleurstellend
TWEE moordverhore op Ceres is na meer as 7 jaar nog ver van afgehandel. Die twee moorde het in 2018 plaasgevind.
Die moordverhoor van Llwellyn Beukes (26) was weer op 27 November se hofrol. Die verhoor gaan op 3 Maart 2025 in die Ceres streekhof voortgesit word - byna 7 jaar na die moord op 25 Maart 2018.
Die transkripsies van hofrekords, ‘n prokureur wat oorlede is en min getuies wat al in die moordverhoor getuig het, is maar net ‘n paar van die redes waarom dié saak so sloer.
Moord Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n oudwerknemer van Ceres Fruit Juices, is omstreeks 03:30 met ‘n mes in die bors gesteek. Hy is op die toneel in Cillierstraat in die industriëlegebied op Ceres dood.
Beukes is later deur Ceres speurders gearresteer waarna hy die polisie na ‘n huis geneem het waar daar op die bebloede mes beslag gelê is. Dit was bo-op ‘n kas weggesteek.
Tweede moord
Die tweede moordsaak wat ook lank sloer, is die van Daphadene Petersen (26).
Die moord het op 22 Desember 2018 op ‘n oop stuk veld naby Bella Vista plaasgevind.
Drie jong vroue van Perdefontein was onderweg na Bella Vista toe een van die vroue (23), ‘n draai in die veld wou loop toe twee onbekende mans uit die bosse te voorskyn gekom het. Hulle het haar begin aanrand waarna die ander twee vroue weggehardloop het. Een van die vroue, Daphadene Petersen (26), het ‘n mes gaan haal.
Terwyl hulle weg was het die twee verdagtes gevlug. Met Petersen se aankoms by haar beseerde vriendin het sy ‘n man opgemerk waarna sy dié in die nek gesteek het.
Volgens die polisie was die oorledene, Josef Solomon Krotz, ‘n barmhartige samaritaan wat die betrokke dag die vrou wat aangerand is, probeer help het.
Krotz het later naby die damwal op Perdefontein gesterf waar die polisie sy liggaam in ‘n plas bloed gekry het.
Die saak is tot 20 Maart 2025 uitgestel.
Winkel sluit op 13 Desember 2024 en heropen op 6 Januarie 2025
Kry ‘n persentasie afslag op enige aankope maar slegs vir die week wanneer staatstoelaes betaal word. ONS IS DRINGEND OP SOEK NA ONS DRINGEND OP ONS IS DRINGEND OP SOEK NA ONS DRINGEND OP NA:: :: : • Tekkies •Oorpakke •Kerkpakke •Safety boots
dat skoolbusse wat nie vol is nie, verby leerders ry wat skool toe stap omdat hulle binne die radius bly.
Die WKOD het in ‘n verklaring gesê dat 48 leerders van Vredebes wat by Morrisdale primêr skoolgaan en tussen 3.7 en 4 kilometer van die skool woon, se aansoek afgekeur is.
Die skool en ouers is reeds in Meimaand hiervan in kennis gestel. Die roete is nie gestop of verwyder nie. Daar was wel ‘n aansoek vir ekstra leerders wat op die roete vervoer moes word. Nie almal is afgekeur nie. ‘n Aanpassings in die beleid is tans nie ‘n oorweging nie weens ekstra kostes en beperkings met begrotings.
WKOD vervoer tans 67 000 leerders per dag teen ‘n koste van ongeveer R600 miljoen per jaar.
WAAROM is mense deesdae so disrespekvol teenoor mede-inwoners veral diegene met gestremdhede? Of kan hulle net nie lees nie of gee hulle net nie om nie of is jy net haastig gewees om die drankwinkel oop te vang?
FOTO: Besorgde inwoner
DIE bestuurder van ‘n Corsa bakkie het Sondag 1 Desember beheer verloor nadat ‘n agterwiel van die bakkie vermoedelik losgekom het. Die bakkie het gerol en op sy dak in die veld tot stilstand gekom. Die ongeluk het omstreeks 18:40 in Theronsbergpas plaasgevind. Sover vasgestel kan word is twee seuns tussen 4 en 13 jaar, hul ma en suster, ook beseer. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatig bestuur.
‘n MAZDA 323 met twee mans en twee vroue in, was Maandag 2 Desember omstreeks 02:00 in die rigting van Ceres onderweg toe die bestuurder naby die Tulbagh/Waterval kruising beheer oor die voertuig verloor het. Die Mazda het op sy dak te lande gekom. Een passasier van Nduli, het blykbaar haar arm gebreek maar het nie enige behandeling verlang nie.
Permanente Werksgeleentheid by Verdun Produksie
WERKSVERANTWOORDELIKHEDE EN -VEREISTES
VERANTWOORDELIKHEDE:
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
•Deeglike monitering van peste en plae
•Uithang van lokvalle
•Moet werk goed kan beplan
•Moet rapporteer aan Plaagbeheerhoof
•Tydige rapportering van peste en plae
•Die hou en opdatering van voorraad lystechemiese stoor en kunsmisstoor
•Invoering van data op Key Phase
•Ander ad hoc take
PERSONE MOET AAN DIE VOLGENDE VOLDOEN:
•Goeie leierseienskappe
•Gereelde bywoning
•Moet onafhanklik asook in spanverband kan werk
•Moet kan lees en skryf
•Moet baie oplettend wees
•Moet basiese agtergrond hê van Landbou
•Persone met ondervinding sal voorkeur geniet
Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding.
SLUITINGSDATUM VIR INTERNE AANSOEKE: Maandag, 9 Desember 2024
AANSOEK VORMS IS BESKIKBAAR BY: Verdun Kantoor
‘n Gesertifiseerde kopie van u RSA ID dokument / RSA Werkspermit moet aan u aansoek geheg word.
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
(023) 312-1254
(023) 312-1274
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
AGRIMARK recently visited PALS to finalize the conclusion of a Memorandum of Understanding (MOU) and collaboration between PALS and Agrimark. The teams also visited PALS projects around Ceres to understand how PALS enterprises operated and to identify possible opportunities for collaboration and specific project support. Amongst the projects visited and engagements done with project participants, were La Vouere Stonefruit, Thembelitsha, Nduli Piggery, as well as Ikamvalethu Tunnel Farming. PALS supported Ikamvalethu Tunnel Farming with their bumper harvest of 24 tons (4 586 heads) of cabbage, and also facilitated the Nduli Food Security Cooperative with their 25,5 tons (850 units) of oat hay bales, which will be marketed to the local livestock farmers in Ceres and the surrounding towns.
Ev. Jacobs
En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. II Tim. 4:18
HAMLET Spar het verlede week die inwoners van Hamlet Selfsorg verras en bederf met kruideniersware pakkies.
MAKERS of the Boland is a celebration that highlights the local creators, artisans and makers from the Boland region. “ We have an abundance of remarkable talent that often goes unnoticed while living in our beautiful small towns. So Makers serves as a pop-up event showcasing this creativity”. Oude Compagnies Post outside Tulbagh, provides the ideal setting, exuding rustic charm and authenticity, paired with meticulously handcrafted wine that is produced from grape to glass. Their values truly resonate with everything that Makers of the Boland cherishes. The weekend has evolved into a family-friendly event, offering something special for everyone. Enjoy creative workshops, a fun and healthy walk with all proceeds benefiting Chain Boland and activities for kids to keep them engaged while you shop local this Christmas. Additionally, Kole en Deeg, will feature a pop-up deli with delicious food, along with a delightful experience of oyster and MCC tasting.
Times: Friday 6th December 11:00 till 22:00, Saturday 7th December 07:30 till 16:00 and Sunday 8th Decmber 09:00 till 14:00.
‘n OUD Ceres-inwoner wat die afgelope twee jaar gereeld met die gereg bots, se verhoor gaan Junie 2025 in die George streekhof begin.
Riaan Barnard (43) verskyn in die George streekhof op ‘n klag van aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (80). Die voorval het tussen 4 en 5 Maart vanjaar plaasgevind tydens ‘n onderonsie.
Barnard het na bewering ‘n stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig.
Hy is op 5 Maart in hegtenis geneem en in Mei op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is na 20 Junie 2025 uitgestel. Agtergrond In Maart 2023 is Barnard op Ceres, ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele opgelê. Die polisie ondersoek nog ‘n voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het. Beide klagtes is saamgevoeg om in die George streekhof aangehoor te word.
DIE gewilde Sundowner kompetisie op Vrydae oor 9 putjies is weer Vrydag 29 November aangebied. Phillip Dicey was die wenner met 19 punte met Bennie van Rensburg (regs) in die tweede plek met 17 punte. * Die vleispryse word deur Ceres Superspar geborg.
CERES gholfklub het Saterdag 30 November ‘n 4-bal alliansie kompetisie aangebied. Die span van Herman van der Walt, Simon Molaza, Charl du Toit sr. en Henry Brown (foto bo) het die kompetisie met 82 punte gewen. Die span van BJ Claasen, Aubrey Isaacs, Harry Hewitt en Vincent Hewitt was in die tweede plek met 79 punte. Desembermaand se klubkompetisies: Op 7 Desember word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied, op 14 Desember ‘n individuele stableford kompetisie, op 21 Desember ‘n enkel syfer plus en op 28 Desember ‘n enkel progresiewe stableford kompetisie.
Sosiale gholf Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan ‘n Sundowner kompetisie teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
Details of EAP/OBP: Mische Molife (Environmental Assessment Practitioner) GroenbergEnviro (Pty) Ltd l Cell: 079-111-7378, P.O. Box 1058, Wellington, 7654 l E-mail: mische@groenbergenviro.co.za Colour in our penguin picture and give it a name! Whatsapp your picture to: 060-070-3037
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS / PUBLIEKE DEELNAME PROSES
Proposed Construction of Chicken Houses on Farm Wild Olive No. 449, Tulbagh
Notice is hereby given of a public participation process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) as amended, and the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended).
English: The project is for the construction of chicken houses on Farm Wild Olive No. 449, Tulbagh. The property is currently zoned ‘Agriculture’. The proposed development will be located within 500m of watercourse. Although the zoning is ‘Agriculture’, chicken houses are allowed under the Witzenberg Zoning Scheme Bylaw. This advertisement serves as notification of the availability of the draft Basic Assessment Report (dBAR) and for I&APs to register should they wish to receive more information. The 30 day Public Participation Process will run from 11 December 2024 until 31 January 2025.
More information on the development will be available from the EAP as per the details provided below and the dBAR may be accessed at: https://www.groenbergenviro.co.za/projects/?dir=1880
Afrikaans : Die projek is vir die bou van hoenderhuise op Plaas Wild Olive No. 449, Tulbagh. Die eiendom is tans as ‘Landbou’ gesoneer. Die voorgestelde ontwikkeling sal binne 500m van waterloop geleë wees. Alhoewel die sonering ‘Landbou’ is, word hoenderhuise ingevolge die Witzenberg Soneringskema-verordening toegelaat.
Hierdie advertensie dien as kennisgewing van die beskikbaarheid van die konsep Basiese Assesseringsverslag en vir I&APs om te registreer indien hulle meer inligting wil ontvang. Die 30 dae Openbare Deelnameproses sal vanaf 11 Desember 2024 tot 31 Januarie 2025.
Meer inligting oor die ontwikkeling is beskikbaar by die OBP volgens die besonderhede hieronder en die Basiese Assesseringsverslag kan ook verkry word by: https://www.groenbergenviro.co.za/projects/?dir=1880
As per the listed activity below the proposed development initiated a Basic Assessment Process. The following National Environmental Management Act (NEMA) listed activities are triggered: Listing Notice 1: Activity 5, 8, 12, 19, 27 and 47; Listing Notice 3: Activity 4 and 12.
Date of this notice: 5 December 2024
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
DRIE fietsryers van die Witzenbergstreek het van 27 November tot 2 Desember aan die 10de Munga deelgeneem en meer as 1125 kilometer vanaf Bloemfontein tot op Wellington afgelê. ‘n Groot getal deelnemers het na dié wedren gesê dat dit een van die taaistes nog was. Pierre de Jager, Boetie Hugo (heel links) en Aubrey November (middel) het die Munga binne die toegelate 5 dae voltooi. Die deelnemers het verlede Woensdagmiddag in Bloemfontein weggespring. Pierre het Saterdag 1 Desember klaargemaak en Boetie en Aubrey het Maandag klaargemaak. * Donateurs wat nog geld aan oudsoldate van 61 Meg wil skenk wat finansieël swaarkry, kan dit aan 61 Mech Veterans Association rig en inbetaal in Standard Bank rekening 00-329-3661, verwysing: Munga/Pierre/jou naam.
DIE nuwe gholfkomitee vir 2025 is Woensdagaand tydens die algemene jaarvergadering verkies. VOOR: Altus Joubert (onderkaptein), Johan du Toit (addisionele lid), Pieter du Toit (president), Rossouw van Zyl (addisionele lid) en Bennie van Rensburg (klubkaptein). AGTER: Cornel Muller (wedstrydsekretaris), Henry Brown (addisionele lid), Wilhelm Muller (addisionele lid) en Wynand Claasen. * Wynand is vanaf 1 November die nuwe klubbestuurder en baanopsigter.
WOLSELEY krieketklub het Saterdag vir Bergrivier, die voorlopers in die promosie-liga op dramatiese wyse met twee lopies geklop. Bergrivier is Saterdag 30 November deur Wolseley die taak gestel om 160 lopies vir ‘n oorwinning aan te teken. Met hul telling op 151/ 9 en nog 30 balle tot hul beskikking, was hulle op die rand van ‘n oorwinning.
Wolseley se Rashied September het egter ander planne gehad toe hy Ryan Bird (35), met ‘n perfekte streepbal pens en pootjies geboul het om sy span op skouspelagtige wyse met twee lopies te laat wen. Garren Pietersen (28) en Jonnewyn Pietersen met 23 lopies was die ander Bergrivier kolwers wat Bergrivier binne bereik van Wolseley se telling geplaas het. Shaheen Pietersen (4/25), Janeco Adams (2/ 31), Jacques Esau (1/36) en Rashied September (1/3) was die Wolseley boulers wat Bergrivier se kolwers in toom gehou het.
Vroeër is Wolseley, wat besluit het om eerste te kolf, tot ‘n beskeie 159 /7 in sy toegelate 50 boulbeurte beperk.
Durran McClune (34), José Erasmus (33), Jaden Swarts (32) en Rashied September met 25 lopies het die telbord aan die gang gehou.
Wolseley speel Saterdag 7 Desember op Worcester in die Boland se Super Liga T20 kwalifiserende kompetisie waar hulle ingedeel is saam met Worcester Victorians, Touwsrivier en Tulbagh Pioneers. Die tweede rondte van die promosie-liga hervat weer 11 Januarie 2025