WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 15
R8
Ceres
• Seed loafs • Ciabatta • Baguette • Sourdough • Rye • Pizza Bases • Panini • Speciality brode en vele meer ☎ 060-911-9535, Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)
Friday, April 22, 2022
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 21 April
Vrydag 22 April
11° 31°
6° 21°
Saterdag 23 April
Sondag 24 April
4° 22°
4° 19°
Ceres Koekedouw dam
68,5%
3
Lesing: 2022/04/20
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Verdagte gewaarsku
Sakeman (51) herstel goed na mesaanval
Meer as 2 540 trauma-gevalle in die Wes-Kaap aangemeld TRAUMA-GEVALLE het dié langnaweek erg toegeneem in die Wes-Kaap. Van Vrydag 15 April tot Maandag 18 April is 2 547 trauma-gevalle in die Wes-Kaap by 33 gesondheidsfasiliteite aangemeld. Messteke en aanrandings het die meeste bygedra tot die syfer. EMS-personeel moes ook twee groot ongelukke bywoon waarin meer as 10 mense hul lewens verloor het. In die Witzenbergstreek is net een ongeluk (foto onder) aangemeld waarin een persoon in ‘n Toyota motor op 17 April naby Bella Vista, tussen Ceres en P.A. Hamlet, beseer is. * Daar is ook 57 mense in die provinsie vir skietwonde behandel, 671 was slagoffers van messteke, 550 aanrandings en 143 motorongelukke. Meer as 115 was by voetganger verwante insidente betrokke, 44 het hulself beseer, 78 het brandwonde opgedoen, 12 seksuele klagtes is aangemeld en 25 sake is aangemeld van kindermishandeling. * 'n Vragmotor (foto bo) het op 9 April omgeslaan in die berugte draai by die Michellspas-treinspooroorgang.
DIE mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, herstel goed in die Worcester Mediclinic nadat hy meer as ‘n week gelede by die onderneming met ‘n mes aangeval is. Reint Grobler (51) is Maandag 11 April in die vroeë oggendure ernstig beseer toe hy meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek is. Grobler was na die aanval in die Worcester Mediclinic intensiewe sorgeenheid maar is sedertdien na ‘n sjirurgiese-saal oorgeplaas waar sy toestand tans stabiel is. Hy het egter nog baie pyn. Reaksie Volgens Karien Grobler is hulle dankbaar die aanvaller is gou gevang. Tot almal se skok is die verdagte wat onwettig in die land is, die 18-jarige Lovemore Doriyo, egter verlede Dinsdagoggend net op waarskuwing vrygelaat nadat landdros Naik die saak vir verdere ondersoek uitgestel het. Doriyo moet weer op 15 Mei in die landdroshof verskyn. Agtergrond Grobler het blykbaar net voor middernag gehoor iemand skakel ‘n voertuig aan in hul parkeerarea. Hy is na buite waar hy Doriyo, die seun van een van sy werknemers, agter die stuurwiel van ‘n Chev Utility bakkie aangetref het. Volgens Karien, het Reint die verdagte daarna gevra om uit die bakkie te klim. Hy het egter vir Reint met die Okapi-mes aangeval en meer as 10 keer gesteek voordat hy gevlug het. Plaaswaglede het gou ‘n soektog van stapel gestuur en Doriyo op die buurplaas Whitebridge aangetref waar hy by een van die plaaswerkerhuisies in iemand se bakkie lê en slaap het. Hy is na die Wolseley polisiestasie geneem waar hy aangekla is van poging tot moord en diefstal.
REINT Grobler, mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is Maandag 11 April in die vroeë oggendure ernstig beseer toe hy meer as 10 keer met ‘n mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek is.
Come visit the new Agrimark for a variety of affordable products Variety of hunting equipment available
1. Key cutting done here 2. Freestanding fireplaces, built-in braais ect. 3. New Veldskoen range Ceres Agrimark 29 Retief Street, Ceres (023) 312-1094
Business hours: Monday - Friday 07:30 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00