Witzenberg Herald Vol.24 no.14 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 14

R7.50

Friday, April 16, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 April

Vrydag 16 April

15° 29°

13° 30°

Saterdag 17 April

Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke

Sondag 18 April

16° 33°

CERES (023) 312-2144

19° 33°

VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn

Ceres Koekedouw dam

69%

Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.

Lesing: 2021/04/14

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie

MOTIVERINGS

Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325

www.witzenbergherald.co.za

Moordsaak gaan voort in hooggeregshof DIE Botha-moordsaak op Tulbagh is verlede week na die Kaapstad hooggeregshof oorgeplaas. Wanneer die vier verdagtes op Vrydag 4 Junie vir die eerste keer in die Kaapstad hooggeregshof in ‘n voorverhoor verskyn, sal dit presies ‘n jaar na die moord wees. Vier verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30), Justin Adonis (30) en Desiree Goeieman (18), word van die moord op dr. Roelof Botha (59) aangekla. Al vier die verdagtes bly in aanhouding. Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ook dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het blykbaar die polisie gaan wys waar die wapen versteek was.

Verdagte vrygelaat DIE Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het verlede week ‘n verdagte wat hulle ondervra het, vrygelaat omrede hulle hom nie met die Jain-moord kon verbind nie. Volgens ‘n provinsiale mediawoordvoerder van die SAPD word alle leidrade tans opgevolg en duur die ondersoek na die moord op 26 Maart op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley voort. Provinsiale speurders ondersoek die moord op Reneé Jain (51) wat in ’n oënskynlike huisrooftog vermoor is. ‘n 39-Jarige verdagte is verlede Maandag vir ondervraging ingeneem maar is later op 7 April weer vrygelaat. Reneé Jain van Kaapstad was die betrokke Vrydagaand alleen by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik Vrydagaand na 23:00 dood nadat drie mans

haar in die huis oorval het. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het bloed op die vloer opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Vrae nog onbeantwoord Speurders probeer vasstel hoekom die veiligheidskameras by die woning na bewering nie gewerk het nie, hoe die drie aanvallers by die privaat reservaat ingekom het aangesien daar ‘n heining om is met ‘n elektroniese toegangshek, dat daar skynbaar geen gedwonge toegang was nie, dat van die gesteelde items in die gesteelde voertuig gelos is en dat mev. Jain vermoor is terwyl haar bure net vasgebind is.

Reneé Jain van Kaapstad

LEDE van die Wes-Kaap polisie se misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November 2020 op dié huis in Wolseley toegeslaan.

Twee Nigeriërs in hof TWEE Nigeriese burgers, wat tydens ‘n polisieklopjag op Wolseley vasgetrek is weens die besit van duisende rande se dwelms en onwettige kontant, het weer in die landdroshof verskyn. Polisielede het tydens dié klopjag ‘n Nigeriese vrou, Swaider Falatsa (26), in November 2020 met dwelms en kontant, betrap. Haar vriend, Chibuso (Tony) Osondo (39) was die betrokke dag nie tuis nie en is na ‘n soektog eers op 20 Januarie 2021 vasgetrek. Beide verskyn in die Wolseley landdroshof op aanklagte van handel in dwelms. Die saak is na 6 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Osondo bly in aanhouding. Falatsa het blykbaar haar borg van R30 000 by die Worcester gevangenis betaal. Agtergrond Lede van die Wes-Kaap polisie misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November 2020 met die nodige lasbriewe by ‘n huis in Whitestraat, Wolseley opgedaag. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelê op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms was versteek in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.