1 minute read

Die CFG-jare van 1975 tot 2010

1983 Die eerste elektroniese gewigsgebasseerde gradeerder, ‘n Durand-Wayland, word in Pakhuis 3 geïnstalleer. Beide Pakhuis 2 en 3 is ontwerp om die vrugte direk na verpakking op treintrokke te laai. Die grootste gedeelte van die masjien was groen geverf, maar die bakkies wat die vrugte geweeg en vervoer het, was spierwit en daarom is daar na die masjien verwys as die Witrok. Aan die begin het die masjien redelik staantyd gehad en is daar tong-in-die-kies daarna verwys as die witrok se soom wat alweer uithang.

Op Donderdagaand, 13 Januarie 1983, het die eerste werklike nagskofverpakking, onder leiding van Dana de Klerk, in Pakhuis 2 plaasgevind. Alhoewel nagskofverpakking unieke uitdagings bied, was dit ‘n suksesvolle oplossing vir die behoefte aan groter verpakkingskapasiteit.

Advertisement

1985 Die munisipaliteit, saam met CFG, het ‘n aantal huise in Bella Vista gebou vir die maatskappy se personeel. Die ontwikkeling staan vandag nog bekend as die Ou Blok.

Die maatskappy het egter besef dat dit goed sal wees as werkers self ‘n huis kon besit en die eienaarskap is sedert 1985 op billike terme aan die werkers oorgedra.

Die prysoorlog in die enkelsterkte-sap mark, het gelei tot verskeie onderhandelinge tussen CFG en SAB. Teen die einde van hierdie jaar is ‘n transaksie met SAB gesluit waarin alle bates van die Ceres-, LiquiFruiten Fruittree-handelsmerke saamgevoeg is om ‘n nuwe maatskappy, Ceres Fruit Juices (Edms) Bpk, te vorm.

1988 Vier aandeelhouers naamlik CFG, Two-aDay, Kromco en Goede Hoop Sitrus, het ondersoek ingestel na die oprigting van ‘n riffelkarton fabriek. Dit lei uiteindelik tot die stigting van APL Kartonne in Worcester op 1 Maart 1988 en die amptelike opening van die aanleg op 8 De-sember 1988. Die naam APL is die afkorting van Appels, Pere en Lemoene, wat die aandeelhouers se kernbesigheid verteenwoordig.

1990’s

Die Rietvallei behuisingsprojek is gedurende die tydperk geloods. Die grond waarop die behuisingsprojek voltooi is, was voorheen deel van De Bosch. Die ontwikkeling is deur middel van ’n subsidie van die Departement van Behuising gefinansier met CFG as hoofborg.

Gedurende die 80’s is die Ceres handelsmerk vir die eerste keer ontwikkel.

Tru-Cape Fruit Marketing behartig die bemarking van plaaslike en internasionale vrugte. CFG gebruik die Core-handelsmerk, met hulle hoofkantoor in die Paarl, vir C-aandeelhouers vrugte. CFG, Tru-Cape Fruit Marketing, Du Toit Vrugte, saam met ander rolspelers in die bedryf, stig Link Supply Chain Management. Die doel was om beter beheer in die waardeketting te bekom.

OUR CUSTOMER SERVICES

We are proud to be associated with Ceres Fruit Growers. Congratulations on your 100th Anniversary

CFG se nuwe handelsmerk in 1975.

CERES FRUIT GROWERS baie geluk met die besondere mylpaal. Ons is saam met julle trots en dankbaar vir ‘n mooi besigheidsverhouding.

CONSIST OF THE FOLLOWING: Healthcare Consulting, Retirement Fund Consulting and Administration, Investment Consulting, Actuarial Services, Financial Planning, Member Services, and Short-Term Insurance broking (021) 943-1800 l info@nmg.co.za l www.nmg.co.za

This article is from: