
1 minute read
Nagraadse student verwerf AFMA-prys
by WCDOA pubs
deur Prof. Ters Brand
Daniel van der Merwe (links) saam met (kloksgewys) Anieka Muller, mede- nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch, en Willem Andrews, Eddie Daniels en Johannes Jansen van die Langgewensnavorsingsplaas, tydens die insameling van navorsingsdata op die plaas.
DDaniel van der Merwe, ’n nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch, het verlede jaar tydens die Kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde die AFMA-prys (Animal Feed Manufacturers Association of South Africa) vir die beste wetenskaplike plakkaat ontvang. Daniel is tans besig met sy doktorale studie onder leiding van Prof. Ters Brand, spesialiswetenskaplike van die Hoofdirektoraat: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou op Elsenburg.
Meer Inligting
Daniel, oorspronklik van Featherstone in Zimbabwe, se studie handel oor die ontwikkeling van ’n model om die ideale slagmassa van vyf verskillende inheemse skaaprasse (Merino, SA Vleismerino, Dormer, Dorper en Meatmaster) te bepaal.
Tans word alle groeidata, woldata, asook geskandeerde vetdiktes van die verskillende rasse oor tyd bepaal. Inligting oor die gehalte en eienskappe van leer en vleis word aan die einde van die groeistudies bepaal. Die navorsers sal die inligting in wiskundige formules verwerk en dan gebruik om ’n rekenaarmodel te ontwikkel om die ideale slagmassas van die verskillende skaaprasse te bepaal. Daar word beoog om die Namakwa Afrikaner-, sowel as die Il de France-rasse deel van die projek te maak.
Die projek word finansieël ondersteun deur Cape Wools SA, sowel as die Nasionale Navorsingstigting (NRF) van Suid-Afrika. AP
TersB@elsenburg.com
