1 minute read

Brons vir Elsenburg-melkkuddes!

Next Article
“GOOI SOMMER”!

“GOOI SOMMER”!

deur Marliné Burger

EElke jaar gedurende die Livestock Expo by Sandringham, Stellenbosch, gee SA

Stamboek se Elite-toekennings vir die WesKaap-streek erkenning aan toegewyde telers en die diere wat hulle teel. Hierdie toekennings dien as ’n maatstaf van uitmuntendheid in diere-aantekening in die Suid-Afrikaanse veebedryf.

SA Stamboek gee erkenning aan melkkuddes wat deelneem aan die Logix Melk-program deur kuddes wat by hulle melkaantekeninge doen, op ’n nasionale grondslag in rangorde te plaas. Brons-, silwer- en goue toekennings word dan toegeken. In die geval van melkbeeste, word die rangorde van Logix Melkkuddes saamgestel deur te kyk na sekere faktore oor 'n tydperk van een jaar, bv.

Afwesig: Tony Geduld, Halalisani Lelizwe Mbatha en Wena Draai kuddesamestelling, gemiddelde laktasielengte en genetiese mariete van die kudde.

Met die toekennings in September 2017 het Elsenburg sowel as Eenkant se melkkuddes albei Elite Brons-toekennings verwerf in die Suiwelbeesteler van die Jaar-kategorie. Dit dui op ’n uitstekende standaard van aantekening van registrasiedata en produksiemetings van ons diere. Die toekenning sou nie moontlik gewees het sonder die hele Elsenburg-melkspan wat elke dag onverpoos werk om die twee kuddes uitnemend te bestuur nie. AP

Bronskategoriewenners in melkbeeste. Van regs: Marliné Burger (Departement van Landbou), Jonathan Barry van Lismore Trust Jerseys en Francois Conradie van JD Rossouw Boerdery saam met Abrie Groenewald van Barnlab wat die sertifikate namens SA Stamboek oorhandig het.

This article is from: