1 minute read

Die Kwik Styg

Next Article
“GOOI SOMMER”!

“GOOI SOMMER”!

Luister saam na ons klimaatsveranderingreeks

deur Dr. Ilse Trautmann

n’’n Nuwe weeklikse program oor klimaatsverandering en die gevolge daarvan vir mens, dier, die omgewing en die landboubedryf het op 6 April 2018 afgeskop. Die program, Die Kwik Styg, word Vrydae om 12:45 op RSG uitgesaai en gaan vir 52 weke interessante onderwerpe bespreek met ’n verskeidenheid kenners as ateljeegaste.

Volgens dr. Ilse Trautmann, Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling en koördineerder van Die Kwik Styg-reeks, is hierdie inisiatief ’n uitvloeisel van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se SmartAgri-plan en gaan dit poog om ’n groter bewusmaking van ons “nuwe” klimaatsomgewing by luisteraars te bewerkstellig. Die reeks word deur die departement vervaardig en befonds.

“Die klimaatsveranderingsprentjie lyk donker, maar daar is altyd die spreekwoordelike lig aan die einde van die tonnel.”

In die reeks gaan aanbieder Lizma van Zyl met mense van regoor die spektrum gesels en kennerswenke inwin oor toepaslike maatreëls om Suid-Afrika meer klimaatsveerkragtig te maak.

Lizma is 'n veteraan radiojoernalis en nuusredakteur met 'n meestersgraad in Joernalistiek. Sy is ook die stigter van Smile 90.4 FM en bied die kykNET-program Hond se gedagtes aan.

Lizma van Zyl

Die klimaatsveranderingsprentjie lyk donker, maar daar is altyd die spreekwoordelike lig aan die einde van die tonnel. Voorsorg, beplanning, integrasie en die vermoë om aan te pas, sal, soos daar in Die Kwik Styg uitgelig sal word, ’n beduidende bydrae lewer om te verseker dat SuidAfrikaners hul lewensgehalte en landbou sy volhoubaarheid kan behou.

Die reeks sal ook groot klem plaas op die verantwoordelikheid van elke landsburger. Soos Lizma in haar weeklikse groet opmerk: “Die aarde is kosbaar; kom ons bewaar dit.” AP

Vir Meer Inligting

Meer inligting oor die programreeks is beskikbaar op www.rsg.co.za en potgooie kan ook afgelaai word.

Vir meer inligting oor die nuwe program op RSG: rsg.co.za

Vir aflaai van potgooie: http://www.rsg.co.za/potgooisoek.asp?ProgramID=331

Vir meer inligting, kontak

Dr. Ilse Trautmann: ilset@elsenburg.com

This article is from: