Om ʼn voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees wat internasionaal erken word vir gehalte, relevansie en impak, asook vir die ontwikkeling van mense, die skep van kennis en bydraes wat plaaslik en internasionaal ‘n verskil maak.
n om ʼn voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees
n om die Universiteit se internasionale profiel te versterk
n om die Universiteit se impak op ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te versterk
n om uitnemendheid in onderrig en leer na te streef
n om toegang, deurset en diversiteit uit te brei
Behendige navigasie om ons strategiese fokus te Bereik
van die Voorsitter van die raad
UP AS ʼn UNIVERSITEIT BETROKKE BY SY GEMEENSKAP
Die Universiteit van Pretoria is ʼn instansie wat by die breë gemeenskap betrokke is en wat op die grondslag van die openbare belang funksioneer. Hierdie identiteit rig die manier waarop ons vorm gee aan studente se waardering vir hul tersiêre ervaring, hoe ons personeel bemagtig om meer as blote bronne van kennis te wees en hoe ons bydra tot nasionale en internasionale agendas –en dit soms bepaal.
betrokkenheid
ter wille van die oPenbare belang
Boodskap van die Kanselier
As ʼn openbare instelling kan die Universiteit van Pretoria nie bekostig om ʼn geïsoleerde ‘ivoortoring’ te wees wat afgesny is van die werklikheid van die alledaagse lewe nie.
Ons kies ook om nie so te wees nie. Inteendeel, ons span die beste in wat die akademie kan bied om ons te help om die gemeenskap se vrae te beantwoord en probleme op te los. Ons verklaar met trots dat UP ʼn universiteit is wat betrokke is by sy gemeenskap.
Die visie en strategiese doelstellings van die Universiteit van Pretoria (UP) posisioneer die Universiteit doelbewus as ʼn sentrale rolspeler in die land se transformasie en sosio-ekonomiese ontwikkeling. In dié konteks streef die Universiteit daarna om ʼn instansie te wees wat by die breër gemeenskap betrokke is en op die grondslag van die openbare belang funksioneer. Ons beskou onsself as ʼn universiteit wat wedersyds voordelige interaksie met ons gemeenskappe koester en bydra tot hul vooruitgang. Ons doel is om ʼn betekenisvolle impak op die gemeenskap te maak, sosiaal deelnemend te wees en by te dra tot SuidAfrika se sosio-ekonomiese ontwikkeling.
Ons identiteit as ʼn instansie wat betrokke is by sy gemeenskap word vergestalt in ons visie om ʼn voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees wat internasionaal erken word vir gehalte, relevansie en impak, asook vir die ontwikkeling van mense, die skep van kennis en vir bydraes wat plaaslik en internasionaal ʼn verskil maak.
As ʼn universiteit is ons primêre funksies om kennis te skep, oor te dra, toe te pas en te bewaar. Maar dit word nie in isolasie gedoen nie. Die Universiteit is bewus daarvan dat sy politieke, maatskaplike en ekonomiese konteks van hom vereis om ʼn aktiewe agent van transformasie en sosio-ekonomiese verandering te wees.
In ons strewe na kennis is baanbrekersnavorsing waarby die gemeenskap baat, een van ons top prioriteite. Ons help om ons land en ons kontinent se toekoms te verseker deur ons navorsing te fokus op gebiede soos voedsel, voeding en welstand, energie en watersekuriteit, verstedeliking en die impak daarvan op die omgewing, en diere- en mensegesondheid.
Ons is reeds een van die top navorsingsintensiewe universiteite in Suid-Afrika en geniet wêreldwyd erkenning vir ons bydrae tot die plant- en dierewetenskappe, molekulêre biologie, genetika, bosbou, ingenieurswese en die sosiale wetenskappe, insluitende regsgeleerdheid.
Een van die hoekstene van ons missie is om die diversiteit van ons studentebevolking uit te brei. Ons is van mening dat die verskaffing van geleenthede vir Suid-Afrika se diverse bevolking die enigste manier is waarop ons maatskaplike geregtigheid, sosio-ekonomiese stabiliteit en volhoubare ontwikkeling in ons land tot stand sal bring. Ons pogings het reeds vrugte afgewerp in terme van studentegetalle, asook akademiese en steundienspersoneel.
Universiteitsbywoning behoort nie slegs studente se kennis en vaardighede te verbreed nie; dit behoort hulle ook voor te berei vir die uitdagings van ʼn diverse en veranderende wêreld en hulle toe te
rus om tot die gemeenskap by te dra deur ondersoekende burgerskap en siviele verantwoordelikheid. Om in hierdie doelstellings te slaag, implementeer ons ʼn ondersoekende, student-gesentreerde benadering tot onderrig. Ons bedryf ook ʼn goed ontwikkelde en bestuurde gemeenskapsbetrokkenheidprogram, met huidige betrokkenheid by projekte op 931 persele wat deur die Universiteit geakkrediteer is.
12 416
Gegradueerdes in 2014
222 Doktorsgrade toegeken
Die sleutel tot gemeenskapsbetrokkenheid is om die navorsingsen onderrigvaardighede van personeel en studente te verbind aan gemeenskappe se spesifieke behoeftes. Terselfdertyd word die studente se lewens en die eienskappe wat hulle tydens hul studies ontwikkel, verryk deur hul gemeenskapsdiens en -betrokkenheid.
As ʼn universiteit betrokke by sy gemeenskap streef UP daarna om ʼn positiewe impak op sy onmiddellike en breër gemeenskappe en omgewing te hê. Om ʼn begrip te kry van ons vooruitgang in hierdie verband het ons in 2013 ʼn studie gepubliseer wat ons bydrae tot die breër Suid-Afrikaanse ekonomie gemeet het. Die resultate het getoon dat UP waarde genereer wat die monetêre waarde van sy hulpbronne, met inbegrip van regeringsubsidies, ver oorskry.
1 485 Meestersgrade opgelewer
UP is byvoorbeeld een van die universiteite wat die meeste gegradueerdes in die land oplewer met die nodige vaardighede in dissiplines soos ingenieurswese, lewens- en fisiese wetenskappe, aanvangsonderrig vir kinders en gesondheids- en dierewetenskappe. Die Universiteit het ook meer as 30 000 werkgeleenthede in die formele sektor geskep en/of onderhou as gevolg van direkte indiensneming of die vermenigvuldigereffek daarvan in die nasionale ekonomie. Baie van die werkgeleenthede wat deur ons geskep is, was in geskoolde beroepe.
Die studie het die Universiteit se waarde en status as ʼn enjin van ekonomiese groei in die Stad Tshwane, Gauteng en Suid-Afrika as geheel bevestig. Hierdie prestasie is moontlik gemaak slegs deur ons filosofie –en praktyk – van betrokkenheid.
Soos u deur hierdie verslag blaai, sal dit duidelik wees dat die woord “betrokke” vir UP nie bloot ʼn byvoeglike naamwoord is nie; vir ons is dit ʼn werkwoord en ons werk elke dag en in alles wat ons doen baie hard om gestalte te gee aan die woord in die volle betekenis daarvan.
Prof wiseman nkuhlu
Prof Wiseman Nkuhlu Kanselier
behendige navigasie om ons strategiese fokUs te bereik
Boodskap van die Voorsitter van die raad
lede van die Universiteitsraad is verantwoordelik vir bestuur, die bepaling van die Universiteit se strategiese rigting en goedkeuring van belangrike ontwikkelings. Dit is ʼn taak wat ons met sorg, ywer en trots benader.
Hoe meet ʼn mens die impak en prestasies van ʼn organisasie so kompleks en dinamies soos ʼn universiteit? En hoe verseker ʼn mens dat dit ononderbroke vordering maak ten opsigte van steeds toenemende relevansie en volhoubaarheid? Die antwoord lê in ʼn robuuste strategie geïnspireer deur ʼn kragtige visie wat uit elke aksie en besluit spreek.
Die Universiteit van Pretoria se Strategiese Plan, beter bekend as UP 2025, is ons Noordster. Dit is die padkaart en navigasiebakens wat die Universiteit sal lei tot die verwesenliking, in 2025, van die visie en strategiese doelstellings wat ons vir onsself bepaal het.
Ons oorkoepelende doelstelling is om die Universiteit se posisie in die groep navorsingsintensiewe universiteite in Suid-Afrika te verstewig, asook in die hoogs kompeterende internasionale arena van hoër onderrig. Dít wil ons bereik in ons kernfunksies van navorsing en onderrig en leer, asook in die aktiwiteite van gemeenskapsbetrokkenheid wat hiermee verweef is.
Om sulke ambisieuse doelstellings te verwesenlik verg beplanning, asook nougesette monitering. Ons benadering vereis ʼn genestelde institusionele model in terme waarvan UP 2025 ondersteun word deur ʼn vyf-jaar implementeringsplan (2012–2016) wat breë implementeringstrategieë identifiseer, en een-jaar implementeringsplanne.
Die een-jaar implementeringsplanne spruit uit ʼn oorsig van die vorige jaar se prestasie en die doeltreffendheid van die implementeringstrategieë en -prioriteite. Die Universiteit se beplanningsproses prioritiseer dus elke jaar aktiwiteite en inisiatiewe en bepaal ook watter aktiwiteite hersien moet word en watter gestaak moet word.
In hierdie beplanningsproses skenk die Raad en sy komitees in die fynste besonderhede oorweging aan die Universiteit se prestasie soos gemeet aan sy strategiese doelstellings, teikens en sleutelprestasieaanduiders vervat in UP 2025.
Gevolglik kan ons met oortuiging sê dat die Universiteit steeds op koers is na die verwesenliking van sy visie. Bewys van dié stelling verskyn in hierdie verslag. Die oorhoofse beeld wat na vore kom, is dat die Universiteit ʼn instansie is wat waarlik betrokke is. In alle aspekte van sy akademiese onderneming reageer die Universiteit op die behoeftes van sy belanghebbendes en die gemeenskap as ʼn geheel.
As ʼn openbare universiteit is ons prioriteite in ooreenstemming met die nasionale opdragte soos vervat in die Witskrif oor Naskoolse Onderwys en Opleiding. Die Universiteit se beleidsraamwerk en beplanningsprosesse is
LEIERSKAP VAN DIE HOOGSTE KALIBER
Die Voorsitter van die Raad, me Futhi Mtoba, het ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit van Limpopo (UL) ontvang ter erkenning van haar bydrae tot die gemeenskap en die rekenkundige beroep.
Sy is ook aangestel in die Stigting van die Afrika-unie, wat deur die Algemene Vergadering van die Afrika-unie tot stand gebring is. Die stigting is daarop gerig om prioriteite in Afrika deur middel van vrywillige bydraes te finansier.
Twee eksterne raadslede is in die Sunday Times se 2014 Top 100 Companies-toekennings vereer vir hul sakeleierskap en bydrae tot ekonomiese groei in Suid-Afrika. Mnr Laurie Dippenaar, Voorsitter van die FirstRand Finansiële Groep, het die Lewenspresteerdertoekenning ontvang. Dr Johan van Zyl, voormalige Visekanselier en Rektor van UP en tans Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Sanlam, is deur uitvoerende bestuurders van die top 100 maatskappye as Sakeleier van die Jaar aangewys.
deeglik in ooreenstemming gebring met die doelwitte wat teen 2030 bereik moet wees, die jaar wat in die Witskrif gespesifiseer is.
Daarbenewens het ons die Witskrif in gedagte gehou toe ons ons 2015 Institusionele Plan voorberei het. Tesame met die toenemende vraag na plekke by universiteite, het die Witskrif ʼn belangrike rol gespeel in samesprekings oor toelatingsteikens soos ooreengekom met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en in die ontwikkeling en verfyning van die Universiteit se slimgroeibeleid gedurende 2014. As gevolg van hierdie aksies is ons tevrede dat UP se kernfunksies optimaal ooreenstem met die nasionale behoeftes en prioriteite. Hierdie vlak van ooreenstemming is fundamenteel tot die bereiking van volhoubaarheid –een van die grondbeginsels van UP 2025.
Ons besef dat belanghebbendes se betrokkenheid noodsaaklik is om UP doeltreffend te bestuur, om die verskillende vraagstukke wat ons in die gesig staar aan te spreek en om uiteindelik die Universiteit se visie en strategiese doelstellings te verwesenlik. Die Universiteit het talle belanghebbendes, waarvan die belangrikstes die studente, personeel, regering, ouers, alumni, gemeenskappe, besighede, die verskillende nywerhede en befondsers is.
Maatskaplike kapitaal is ʼn veelfasettige drywer van volhoubaarheid. In die konteks van UP fokus ons daarop om kenmerke wat maatskaplike kapitaal sal bou in ons studente te vestig en om navorsing op terreine so uiteenlopend soos bestuur-en-beheer-innovasie en voedeselsekuriteit te gebruik om maatskaplike kapitaal in die breër gemeenskap te bou.
Een van ons belangrikste bydraes tot volhoubaarheid is egter die voorbereiding van ons studente op sukses. Die Universiteit gee aktiewe steun aan pogings om sukses onder studente te verbeter en is daartoe verbind om billikheid in studenteuitkomste oor alle bevolkingsgroepe heen te bereik. Die Universiteit het hom beywer om ʼn opvoedkundige omgewing te vestig waar alle studente die beste geleentheid sal hê om sukses te behaal, asook ʼn verbintenis tot billikheid wat verseker dat hoë sukses- en deursetkoerse deur alle studente bereik kan word.
Kortliks gestel, om die sukses van ons studente te verseker, is sentraal tot ons rol as ʼn universiteit betrokke by ons gemeenskap.
me futhi mtoba
Me Futhi Mtoba Voorsitter van die Raad Mnr Laurie Dippenaar dr Johan van Zyl
doelgerigte
Prestasie
Boodskap van die Visekanselier en rektor
Sukses by UP is doelbewus.
Ons stel vir onsself inspirerende en aspirerende doelstellings wat deur ʼn duidelike visie onderlê word.
Ons bly gefokus en op koers na die verwesenliking van ons visie en strategiese doelstellings.
014 was ʼn suksesvolle jaar vir die Universiteit van Pretoria. Ons het goeie vordering in die verwesenliking van die UP 2025-strategie gemaak deur feitlik al die doelwitte te bereik wat ons vir onsself gestel het. Sukses by UP is doelbewus. Ons stel vir onsself inspirerende en aspirerende doelstellings wat deur ʼn duidelike visie onderlê word. Ons bly gefokus en op koers na die verwesenliking van ons visie en strategiese doelstellings.
UP het homself geposisioneer as ʼn navorsingsintensiewe universiteit in ʼn gedifferensieerde naskoolse stelsel van hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika. Die Universiteit het ʼn gevestigde reputasie vir uitnemendheid in navorsing en word as een van die top vyf navorsingsintensiewe universiteite in Suid-Afrika gereken. As ʼn openbare universiteit betrokke by ons gemeenskap is ons prioriteit om navorsing te doen wat deur die allerbelangrikste uitdagings ter wêreld geïnspireer word. Deur ons navorsingsonderneming te fokus op sentrale vraagstukke soos voedsel, voeding en welstand, energie, die omgewing en volhoubaarheid, mense- en dieregesondheid, volhoubare ontwikkeling, bestuur en menseregte, het UP ten doel om wêreldklas navorsingskapasiteit te bou wat kennis sal produseer wat die menslike toestand sal verbeter en die toekoms van ons land en die Afrikakontinent tot voordeel sal strek.
TOP 1%
UP is een van die top 1% van internasionale instansies op die gebiede van die landbouwetenskappe, kliniese geneeskunde, ingenieurswese, omgewingswetenskappe/ ekologie, plant- en dierkunde en sosiale wetenskappe.
(Web of Science (WoS) Essential Science Indicators (ESI))
Sonder die gepaste profiel van akademiese en navorsingspersoneel sal dit vir ons onmoontlik wees om ons identiteit as ʼn navorsingsintensiewe universiteit – die identiteit waarna ons streef – te bereik. Om dié rede is dit verblydend dat al hoe meer akademiese personeel groei in internasionale statuur deur publikasies wat gereeld aangehaal word, lidmaatskap van wetenskapakademies en deelname aan internasionale vakkundige netwerke.
Nagraadse opleiding is van kardinale belang in die verbreding van die Universiteit se navorsingsbasis. Dienooreenkomstig is dit ʼn strategiese prioriteit om nagraadse inskrywings te vermeerder, veral in doktorale programme. Die Universiteit het in 2014 volgehoue vooruitgang gemaak in die groei van die getal nagraadse inskrywings en in die lok van nadoktorale genote.
As ʼn universiteit betrokke by sy gemeenskap is UP intens bewus van sy ontwikkelingsrol en het hy homself doelbewus geposisioneer as ʼn belangrike rolspeler in Suid-Afrika se maatskaplike en ekonomiese vooruitgang. UP se opsigtelikste bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en gemeenskap is die getal gegradueerdes wat ons oplewer. Hierdie bydrae kom duideliker na vore met betrekking tot die gebiede van skaars vaardighede soos deur die Departement van Hoër Onderwys
TOP 50
In die 42ste plek word die Universiteit se sakeskool, GIBS, as een van die top 50 ter wêreld beskou.
en Opleiding (DHOO) geïdentifiseer in dissiplines soos ingenieurswese, lewens- en fisiese wetenskappe, aanvangsonderwys en gesondheids- en dierewetenskappe.
In 2014 het 4 257 UP-studente in hierdie gebiede gegradueer en ongeveer 45% van kontakstudente was ingeskryf vir studieprogramme wat met skaars vaardighede verband hou.
ʼn Ander belangrike strategie waardeur UP bydra tot die land se sosio-ekonomiese ontwikkeling is gemeenskapsbetrokkenheid. Die Universiteit het ʼn goed ontwikkelde en goed bestuurde, leergerigte gemeenskapsontwikkelingsprogram. Die Universiteit se huidige gemeenskapsontwikkelingsprojekte is versprei oor 931 persele wat deur die Universiteit geakkrediteer is, waarvan die meeste in Mamelodi, Eersterust, Pretoria-Noord, Pretoria-Wes, die middestad van Pretoria met inbegrip van Sunnyside en Hatfield, asook in dele van Mpumalanga geleë is.
Die strewe na uitnemendheid in onderrig en leer by UP is ʼn integrale aspek van die navorsingsintensiewe identiteit en die internasionale profiel waarop die Universiteit steeds gerig is. Ons doel is om ʼn leerervaring te skep waarin onderrig en navorsing in wisselwerking is ter bevordering van ontdekking, kreatiwiteit en innovasie. Ons streef daarna om ons studente voor te berei vir die uitdagings van ʼn diverse en veranderende wêreld en om die waardes van kritiese burgerskap en siviele verantwoordelikheid uit te bou. Die Universiteit kweek uitnemendheid in onderrig en leer deur verskeie strategieë, insluitende ʼn ondersoekgebaseerde benadering tot onderrig en leer, klaskamertegnologieë wat studentebetrokkenheid in die klaskamer verhoog, die gebruik van aanlyn opvoedkundige hulpbronne en hoëgehalte steun vir studente. In 2014 was die suksessyfer 82,67%, steeds ʼn verbetering in ooreenstemming met die positiewe kurwe wat sedert 2012 gehandhaaf is. Om toegang tot universiteitstudie aan die verskeidenheid Suid-Afrikaanse burgers te verskaf en hul sukses te verseker is sentraal tot UP se rol as ʼn openbare instansie. Net so is ons verbind tot die skep van ʼn niediskriminerende, inklusiewe en bemagtigende omgewing waarin personeel en studente kan gedy, asook tot die heelhartige aanvaarding van diversiteit ten einde die intellektuele, maatskaplike, werk- en studieomgewing te verryk.
Ons gebruik inskrywingsbeplanning as ʼn meganisme om ʼn “vorm en grootte” te bereik wat ooreenstem met ons visie en die institusionele doelwitte wat ons nastreef. Dit beteken dat ons balans bewerkstellig tussen algemene formatiewe en professionele kwalifikasies op voorgraadse vlak, fokus op die gebiede van skaars en kritieke vaardighede
Prof Cheryl de la rey
Prof Jan verschoor (sittende), professor in die departement biochemie, met Carl baumeister, een van sy studente. die marti (mycolic acid antibody realtime inhibition) tuberculosis diagnostics-span het die gauteng accelerator Programme (gaP) se innovasiekompetisie vir nuwe tegnologieë en innovasies in die lewenswetenskappe gewen. UP sal ʼn aanvangsonderneming befonds om die MARTItegnologie te patenteer en te kommersialiseer. die onderneming is gekies om suidafrika in Junie 2014 in die switsers-suid-afrikaanse ondernemingleiersprogram in switserland te verteenwoordig.
en sterk groei op navorsingsvlak najaag. Dit is vir ons aangenaam om aan te kondig dat op sowel nagraadse as voorgraadse vlak, die persentasie swart studente die teikens vir 2014 oorskry het en dat 85% van alle voorgraadse studente vroue was.
Gedurende die afgelope jaar het ons groei getoon in die getal internasionale meesters- en doktorale studente; sowat 51% van artikels wat deur UP-navorsers gepubliseer is, het internasionale medewerkers gehad. Albei dié aanduiders is manifestasies van die Universiteit se strategie om te internasionaliseer. Universiteite funksioneer in ʼn wêreld
Befondsing en finansiële gesondheid
Die Universiteit het twee hoof inkomstestrome, naamlik staatsbefondsing en onderriggelde. Om sy finansiële gesondheid in stand te hou in die beperktehulpbronomgewing waarin dit funksioneer, moet UP egter inkomste vanuit alternatiewe bronne genereer.
Ons bekom hierdie sogenaamde derdestroominkomste van individue, maatskappye, stigtings en trusts, ambassades en internasionale skenkers, plaaslike regering, plaaslike en internasionale niewinsorganisasies, plaaslike en internasionale hulpagentskappe en borgskappe. Derdestroominkomste word aangewend vir innovasies in onderrig, institusionele navorsing, beurse vir studente met finansiële uitdagings en infrastruktuurontwikkeling.
Sonder die vrygewigheid van ʼn groot getal eksterne partye sou ons nie in die posisie gewees het om aan ons studente en belanghebbendes die waarde te bied wat ons tans bied nie.
Die Universiteit se algehele finansiële posisie is bevredigend. Ons het die 2014 finansiële jaar afgesluit met ʼn positiewe volhoubaarheidskoers (wat aandui dat die Universiteit in die volgende finansiële jaar sonder nuwe befondsing met sy kernbesigheid kan voortgaan) en ʼn positiewe kontantvloeiposisie.
waar alles verbind is en internasionale alliansies tot stand gebring word om die meer komplekse uitdagings wat in ons daaglikse lewe gestalte aanneem, aan te spreek. Die sentrale uitgangspunt van die Universiteit se internasionaliseringstrategie is dat die Universiteit deur middel van globale samewerking en vennootskappe in ʼn posisie sal wees om groter kapasiteit, sigbaarheid en impak in die nasionale, streeks- en internasionale arena te beding.
Oorkoepelend beskou, het die Universiteit van Pretoria in 2014 betekenisvolle vooruitgang gemaak in die bereiking van sy strategiese doelwitte soos in die UP 2025 Strategiese Plan uiteengesit en gepaardgaande korter termynplanne. Ons sal voortgaan om ons visie met ywer en entoesiasme na te streef. Ons bly verbind tot die verbetering van die menslike toestand deur middel van baanbrekersnavorsing, die versterking van die land se maatskaplike en ekonomiese materiaal, die voorsiening van ʼn holistiese leerervaring vir ons studente, en die skep van ʼn niediskriminerende, inklusiewe en bemagtigende omgewing waarin ons personeel en studente kan gedy.
As Visekanselier en Rektor wil ek my hartlike dank uitspreek teenoor die personeel en studente van die Universiteit vir hul toewyding, harde werk en lojaliteit aan die Universiteit. Ek wil ook graag die Voorsitter van die Raad en Raadslede bedank vir die voortreflike wyse waarop hulle hul bestuursmandaat uitgevoer het en vir hul ondersteuning. Verder is dit ʼn besondere voorreg om prof Nkuhlu as Kanselier van UP te hê. Hy is voorwaar ʼn rolmodel vir ons universiteitsgemeenskap.
Die Universiteit van Pretoria kan sy doelwitte slegs behaal met die ondersteuning van die wye verskeidenheid belanghebbendes met wie ons te doen het en saamwerk. Dié belanghebbendes sluit in die DHOO en ander regeringsdepartemente, ons talle plaaslike en internasionale navorsingsvennote, skenkers en befondsers, professionele liggame, korporatiewe instansies, werkgewers, lede van fakulteitsadviesrade en die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Ons alumninetwerk is ʼn waardevolle bate van die Universiteit, net soos ons gemeenskapsvennote en die ouers en families van ons studente. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om u almal te bedank vir u ondersteuning – dit is onontbeerlik vir die prestasies van ons personeel en studente wat in hierdie Jaaroorsig uitgelig word.
Prof Cheryl de la Rey Visekanselier en Rektor
200
UP is een van die top 200 universiteite in die wêreld vir Geografie (top 150), Landbou en Bosbou (top 100), Ontwikkelingstudies (top 100), Engelse Taal en Letterkunde (top 150), Linguistiek (top 200), Opvoedkunde (top 150) en Regsgeleerdheid (top 150).
13
a-gegradeerde navorsers wat erken word as internasionale leiers op hul vakgebiede
stUdentebetrokkenheid
Die sukses van ’n student se tersiêre opvoeding hang van ’n magdom faktore af, sommige so tasbaar soos fondse, en ander so onnaspeurbaar soos esprit de corps. Met die oog hierop is UP se reaksie op ons studente se behoeftes net so veelvlakkig en genuanseerd.
Die Universiteit se vernaamste funksie is om studente voor te berei vir die werksomgewing en om as verantwoordelike lede van die samelewing te funksioneer. Ons streef hierdie doelwit na deur onderrig en leer, en te kyk hoe die kurrikulum, deur studentebetrokkenheid, toegepas kan word vir ’n sinvolle impak op die breër Suid-afrikaanse samelewing.
Kwaliteitleer en -onderrig
Een van die onveranderlike realiteite van tersiêre opvoeding is dat akademies suksesvolle studente of dié met die potensiaal om sukses te behaal indien hulle bykomende ondersteuning kry, die meeste baat by die ervaring. Voorgraadse kwaliteitopvoeding moet dus begin met die oordeelkundige werwing van studente.
Met dié doel voor oë, en om groter deursigtigheid en konsekwentheid te bevorder, het die Senaat die afgelope jaar die toelatingskriteria hersien. Sommige programme (naamlik argitektuur, drama, geneeskunde en veeartsenykunde) het bykomende keuringskriteria benewens die TPT en ander vakspesifieke vereistes. Die bykomende kriteria kan byvoorbeeld onderhoude, portefeuljes en aanvullende toetse behels.
Wanneer studente met hulle studie begin, word hulle op baie maniere ondersteun. Ons Hatfield- en Mamelodikampusse bied albei BScen BCom-verlengde programme met groot sukses aan terwyl die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie ’n uitgebreide program (ENGAGE) aanbied. Die uitgebreide modules gee aan studente die nodige agtergrondkennis en ontwikkel die konseptuele begrip en probleemoplosvaardighede wat hulle benodig om in die hoofstroommodules te slaag.
die grondslag van kwaliteit voorgraadse opvoeding
n Persoon-tot-persoon-kontak
n Tegnologie
n Wêreldklas biblioteek
n Uitstekende dosente
n Mentorskap
n Tutorskap
n Somer- en winterskole
n Werkplek-/gemeenskapsleer
Sedert 2014 het eerstejaarstudente toegang tot UPO 101, ons nuwe aanlyn akademiese oriënteringsprogram wat enige tyd, enige plek en dwarsdeur hul eerste jaar tot hul beskikking is.
UP lê groot klem op die rol wat kontak tussen dosente en studente speel in die ondersteuning van leer. Ons maak seker dat ons studente die volle voordeel geniet van dosente wat spesifiek vir hul uitstaande, bewese dissiplinêre en navorsingsvaardighede gewerf word.
Kontak strek verder as die lesingsaal en behels onder meer hoëimpakpraktyke soos mentorskap, ondersteuning deur tutors, somer- en winterskole en leergeleenthede in die werkplek en/of gemeenskap.
By UP word menslike kontak deur tegnologie ondersteun. Ons het ’n uiters moderne leerbestuurstelsel wat clickUP genoem word, asook dissiplinespesifieke tegnologieë. Tegnologie ondersteun ook ons sogenaamde omgekeerde klaskamerbenadering, wat aanlyn lees of kyk
voor klastyd en vasvrae insluit, asook die gebruik van klikkers tydens klastyd om studente se begrip van konseptuele kwessies te assesseer. Klastyd word al meer vir dieptebesprekings en portuurleer gebruik.
In ’n opwindende nuwe ontwikkeling het die Universiteitsraad ’n voorstel goedgekeur vir die ontwikkeling van ’n hibriede onderrigmodel wat die breër gebruik van tegnologie – veral aanlyn tegnologie – sal bevorder.
Tans het meer as driekwart van ons voorgraadse modules en talle nagraadse programme sowel ʼn aanlyn as ’n kontakleweringskomponent.
’n Paar meestersprogramme is ten volle aanlyn en ’n aanlyn meestersprogram in Veeartsenykunde was in 2014 reeds ’n dekade lank in gebruik.
’n Hoogtepunt van die afgelope jaar was dat UP ’n Siyaphumelela (“Ons slaag”)-toekenning van die Kresge-stigting gekry het. Befondsing ten bedrae van $100 000 per jaar vir die volgende drie jaar sal ons in staat stel
kontak tussen dosente en studente strek verder as die lesingsaal en behels praktyke soos mentorskap en tutorskap.
om ons datagedrewe benadering tot die verbetering van eerstejaar-sukses verder te ontwikkel. Spesifieke inisiatiewe sluit in tegnologiese innovasies (soos die ontwerp van ’n mobiele toepassing om advies oor kursuskeuse reeds vanaf graad 9 in skole aan te bied) en meer gemengde leer. Ons gaan die toekenning ook gebruik om nog ’n hoë-impakpraktyk te begin, naamlik leergemeenskappe, en om hoërisiko-eerstejaarmodules te hersien.
Ons leer ons studente ken
Hoewel ons vlak van betrokkenheid by ons studente reeds taamlik hoog is en positiewe resultate oplewer, weet ons dat ons studentegemeenskap kompleks is en voortdurend verander en dat dit noodsaaklik is vir ons om ons begrip van dié gemeenskap deurlopend te verbeter om dit doeltreffend te kan bedien.
Gevolglik het die Universiteit ’n eenheid wat studentesukses aktief op institusionele vlak bestudeer. Die eenheid se deurlopende longitudinale studie oor eerstejaarstudente het weer bevestig dat kursuskeuse die vernaamste rede is waarom studente hul studies staak. Ander navorsing in 2014 het verband gehou met studente se akademiese gereedheid; die relatiewe voorspellingsgeldigheid van die NSS en NNT vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; die mentorskapprogram; die oriënteringsprogram; en praktiese modules.
Verder, en danksy die Onderrigontwikkelingstoekenning, het die Universiteit deelgeneem aan die South African Survey of Student Experience (SASSE). Die opname bied bruikbare data oor die studentebelewenis, wat universiteite in staat stel om intervensies te maak wat hulpbronne doeltreffend gebruik.
Steun vir studente met finansiële uitdagings is vir ons ’n prioriteit en ’n uitdrukking van ons geloof in billike toegang tot goeie kwaliteit opvoeding. As ’n openbare instelling word ons toelatingsbeleid geensins beïnvloed deur ’n student se vermoë om klasgelde te betaal nie.
Ons belê in die navorsers van môre
In die lig van UP se visie om ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit te wees, fokus ons daarop om ons navorsingsbasis te verbreed, inskrywings vir navorsingsmeesters- en doktorsgrade te vermeerder en die administratiewe prosesse vir nagraadse studie te vereenvoudig.
Ons bereik hierdie doelwitte deur die Nagraadse Ondersteuning-spil (NOS), wat nagraadse studente op drie gebiede ondersteun:
n Befondsing van aansoeke en ondersteuning;
n Ontwikkeling van akademiese en tegniese navorsingsvaardighede en breër lewensvaardighede; en
Persentasie toppresteerders in die nasionale senior Sertifikaateksamen wat by UP studeer
Persentasie nuwe eerstejaarstudente in 2014 wat van staatskole gekom het
Persentasie van ons graduandi wat werk kry binne ses maande na voltooiing van hul studies
UP streef deurgaans daarna om sy begrip van studente se ervaring van die universiteitslewe te verbeter. hierdie studente wat in die mynbou-ingenieurswese studiesentrum studeer, lewer bewys van hoë vlakke van betrokkenheid.
n Geleenthede vir transdissiplinêre gesprekke geskep deur die Nagraadse Forum laat studente voel dat hulle tuis hoort in die akademiese gemeenskap.
Die NOS werk saam met UP-akademici om werksessies oor spesifieke onderwerpe aan te bied, insluitende week lange statistiekkampe vir nuwe studente wat deur ons Interne Statistiekkonsultasiediens (ISKD) aangebied word. In 2014 het ISKD ook ’n winterskool oor beskrywende statistiek aangebied.
Ons jong navorsers laat hulleself deeglik geld, soos blyk uit die volgende toekennings wat studente in 2014 ontvang het:
n Leoné Walters en Mariska Steyn, nagraadse studente in die Departement Ekonomie, het beurse van Economic Research Southern Africa (ERSA) ontvang. ERSA is ’n navorsingsprogram wat deur die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika befonds word.
n Lungile Sitole en Cynthia Joan Henley-Smith, albei PhD-studente, het studiebeurse van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) ontvang in die DWT Vroue in Wetenskap-toekennings.
n Dr Steven Hussey, ’n nadoktorale genoot in die Departement Genetika en die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het ’n Biotech Fundi
in 2014 het UP beurse ten bedrae van r712,48 miljoen aan verdienstelike studente toegeken. r153,63 miljoen is uit die Universiteit se eie fondse toegeken.
die tuksmonate-eetsaal is in 2014 geopen en het plek vir ongeveer 900 studente van die koshuise maroela, mopanie, katjiepiering, taaibos, boekenhout en olienhout. die nuwe eetsaal het ’n meerdoelige saal wat vir geleenthede of as ’n studiesaal vir studente gebruik kan word aangesien daar internet- en wi-fi-toegang is.
Student-toekenning ontvang vir sy PhD-navorsing. Die toekenning is gemaak deur Gauteng se Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (GDLLO), in vennootskap met The Innovation Hub.
n Victoria Rautenbach, ’n PhD-student in Geoinformatika in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie, het die SABS Young Standards Professional-toekenning ontvang vir haar uitsonderlike bydrae tot die standaarde-ontwikkelingsgemeenskap.
n James Shorten het die eerste prys gewen in 2013 se Nasionale Studenteprojek-kompetisie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs (SAIEE) vir sy projek ‘Image-guided robotic feeding system for disabled people’.
n Werner Cordier, ’n PhD-student in farmakologie, het die Innovative Pharmaceutical Association of SA (IPASA)-toekenning ontvang vir die beste navorsing in basiese farmakologie.
n Stefan de Bruin, ’n BSc (Hons) (Geoinformatika)-student in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie, het die eerste prys in die kategorie Beste Studenteprojek by die eerste jaarlikse STATS SA Isibalo-toekenningsaand gekry vir sy aanbieding oor die gebruik van amptelike statistieke in bewysgebaseerde besluitneming.
’n Omgewing van uitnemendheid UP is ’n mensgesentreerde instansie wat daarin glo om aan sy personeel en studente ’n fisiese omgewing te bied wat die strewe na sukses bevorder en ondersteun. Met die oog hierop dien ons kampusmeesterplan as ’n bloudruk vir die instandhouding en ontwikkeling van infrastruktuur om ons toekomstige groei te ondersteun.
Wat kampusfasiliteite betref het 2014 verskeie hoogtepunte opgelewer. UP en die Stad Tshwane het ’n formele grondruilooreenkoms aangegaan waardeur die Hammanskraalkampus aan die Stad Tshwane oorgedra is in ruil vir grond langs die High Performance Centre (hpc) en die LC de Villierssportterrein in Hatfield. Die nuwe meerdoelige TuksMonateeetsaal, wat ses koshuise op die TuksKoshuise Hillcrestkampus bedien (asook die selfsorg-TuksDorp op versoek), bestaan uit ’n gekonsolideerde eetarea, ’n koffiewinkel en studeergebied met Wi-Fi en ’n minimark.
’n Hipermoderne taallaboratoriumkompleks en hulpbronsentrum, gemik op die opleiding van studente in Afrika- en ander tale en die bevordering van en navorsing oor veeltaligheid aan UP, is in die Geesteswetenskappegebou op die Hatfieldkampus geopen. Die kompleks vergelyk goed met die beste soortgelyke fasiliteite ter wêreld.
’n Bespreking van die Universiteit se fasiliteite sal nie volledig wees indien die werk van die Gestremdheidseenheid in die Departement Studentesake nie genoem word nie. Oor die afgelope jaar het dié eenheid 538 studente ondersteun met hulptegnologieë, spesiale toets- en eksamenbystand en gespesialiseerde fasiliteite. Die eenheid het ook aan departemente leiding gegee om binne redelike perke vir studente met gestremdhede voorsiening te maak.
Ons behou kontak
Oudstudente is ’n hoog gewaardeerde groep belanghebbendes en die Universiteit doen baie moeite om te verseker dat hulle betrokke bly by hul alma mater.
TuksAlumni bevorder deurlopende betrokkenheid en deelname deur alumnifunksies te reël. Sewe streekfunksies is in vier provinsies gehou en internasionale funksies in Londen, Australië, Toronto en New York. Reisende akademici het alumni in Sydney, Canberra, Melbourne, Adelaide, New York, Toronto en Oxford onthaal. Gereelde sake-ontbyte met bekende persone in die korporatiewe wêreld is gehou, asook die jaarlikse TuksAlumni Laureaattoekennings waartydens alumni wat hulself onderskei het Laureaattoekennings ontvang het. Die verskillende alumniklubs, soos TuksKlub60+, en belangegroepe reël sosiale byeenkomste soos wynproe-aande en kuiergeleenthede.
Die Young Alumni and Student Committee (YASCOM) is in 2013 gestig om ’n gees van filantropie onder huidige studente te kweek. In 2014 het YASCOM se “R5-belofte”-geleentheid ’n aansienlike bedrag in die vorm van skenkings van personeel en huidige studente ingesamel om behoeftige studente by te staan.
30 000
Studente wat met mobiele toestelle toegang kry tot UP se onderrigbestuurstelsel, clickUP
600
Opgeleide tutors in diens by UP
8 428
Studente wat in Universiteitsfasiliteite gehuisves is
Niebederfbare voedsel, toiletware en klere is deur die jaarlikse “Bins of Hope”-projek ingesamel.
Die sigbaarheid van Alumniverhoudings, aktiewe alumni se rol en ’n besef onder studente van hoe belangrik dit is om aan UP terug te gee, is daadwerklik bevorder. Die TuksKlub60+-alumni het tot die Tuksbeursfonds bygedra en sodoende die idee van teruggee aan die alma mater oor geslagte heen versterk. In dieselfde gees het TuksAlumni Pretoria-Oos ’n mentorskapprogram begin om jong alumni in die werkplek te ondersteun.
Finansiële ondersteuning
Ingevolge UP se missie is toegang vir en deelname van studente uit uiteenlopende agtergronde ’n kritieke prioriteit. Die Universiteit besef egter dat baie studente weens finansiële probleme verhinder word om sukses in hoër onderwys te behaal.
Tradisionele bronne van finansiële ondersteuning vir studente, bv die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), kan nie tred hou met groeiende behoeftes nie. Omdat die Universiteit nie wil hê dat studente met akademiese verdienste weens finansiële redes uitgesluit word nie, administreer UP ’n omvattende finansiële hulpprogram. Ons bied ook verdienstegebaseerde hulp om top studente te lok en te ondersteun. Met ons eie fondse bedryf ons reeds vir etlike jare die UP-NSFAS-
Mnr Laurie Dippenaar, voorsitter van die FirstRand finansiële groep, was ’n spreker tydens een van die gereelde tuksalumni-sake-ontbyte.
Befondsing wat van die NNS vir nagraadse beurse verkry is, het van r29 072 308 in 2013 tot r62 226 950 in 2014 toegeneem.
program en ons beoog om die befondsing vir hierdie program in 2015 beduidend te verhoog.
Die Tuksbeursfonds is ’n nuwe toevoeging tot ons eie befondsingsportefeulje. Die Visekanselier en Rektor het dié fonds in 2014 ingestel na aanleiding van die probleme wat NSFAS ondervind het. Ons personeel, studente en alumni het ruim bygedra na ’n wyd gepubliseerde oproep vir gereelde gestruktureerde bydraes tot die fonds en daardeur UP se eie fondse vir beurse vir verdienstelike studente vergroot.
Verder soek ons deurgaans aktief vir eksterne befondsing om studente te ondersteun en hul kanse op sukses te verbeter.
Die eerste groep van 19 MasterCard Foundation-studente het in 2014 ingeskryf. Drie van dié studente (wat vir honneursprogramme ingeskryf is), sal in 2015 gradueer. Die MasterCard Foundation beoog om 347 studente in totaal oor die volgende nege jaar in te neem.
Die Michael and Susan Dell Foundation Young Leaders Programme (DYL) is die afgelope jaar tot nog 50 studente uitgebrei, wat die totale getal studente in die program op 147 te staan bring. Die eerste studente wat vir driejaarprogramme geregistreer is, sal in 2015 gradueer.
die mynbou-ingenieurswese
Studiesentrum op die Hatfieldkampus het die grootste reënwater oesstelsel wat met ’n gebou geïntegreer is in die suidelike halfrond. die reënwater word in ’n ondergrondse tenk van 130m3 geberg en gebruik om die Universiteit se botaniese tuin te besproei.
Ons gee studente ʼn stem Ons glo dat deelname aan besluitneming een van die beste maniere is om studente voor te berei vir toekomstige leierskaprolle in die sakewêreld en die samelewing.
UP se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) word verkies en funksioneer ooreenkomstig die Grondwet vir Studenteregering. Die VSR verteenwoordig studente in al die belangrike beheerliggame van die Universiteit, insluitende die Raad, Senaat en senaatskomitees, fakulteitsrade en die Institusionele Forum. Hulle word genooi om deel te neem aan keurkomitees wat akademiese personeellede aanstel, asook steundienstepersoneel in die departemente Studentesake en in Koshuisaangeleenthede en Akkommodasie.
Die VSR se talle portefeuljes bied aan studente baie geleenthede om betrokke te raak en hulle leiersvaardighede te ontwikkel. Die gebiede sluit die volgende in: akademiese sake, koshuise, studenteverenigings, kultuur en sport, transformasie, studiefinansiering, dagstudente en buitekampusse, gemeenskapsbetrokkenheid, internasionale studente, kommunikasie en fasiliteite.
ONS STUDENTE SE SUKSESKOERSE
Gemiddelde voorgraadse moduleslaagkoerse vir kontakstudente, 2011–2014
sleutel:
msp = moduleslaagpersentasie: persentasie studente wat die eksamen slaag teenoor die totale getal aanvanklike registrasies, uitgedruk as ’n persentasie.
esp = eksamenslaagpersentasie: persentasie studente wat die eksamen slaag teenoor die getal studente wat die eksamen geskryf het, uitgedruk as ’n persentasie.
sp = staakpersentasie: persentasie studente wat gestaak het (kansellasies plus uitsluitings) teenoor die totale getal studenteregistrasies, uitgedruk as ’n persentasie.
ap = afwesigheidspersentasie: persentasie studente wat afwesig was van die eksamen teenoor die getal studente wat tot die eksamen toegelaat is, uitgedruk as ’n persentasie.
Studente dien in die direksie van TuksFM, die kampusradiostasie waarvan die Universiteit die lisensiehouer is, en in strukture van ander diensverskaffers aan studente.
Die VSR se uitvoerende komitee vergader gereeld met die Viserektor: Studentesake en ander lede van Hoofbestuur, asook die direkteure van Studentesake en van Koshuisaangeleenthede en Akkommodasie. Die doel is om aan Hoofbestuur eerstehandse inligting te gee oor studente se ervarings en hul reaksies op van die beleide en besluite wat op senior en middelbestuursvlak geneem word, en om saam na oplossings vir knellende vraagstukke te soek. Die Visekanselier hou ook kwartaalliks ontbytsessies met die VSR.
Die Universiteit se Koshuisadviesraad betrek alle koshuishoofde (30) asook die gekose studentevoorsitters van die huiskomitees (30). Die raad hanteer kwessies van studentebehuising en verbandhoudende vraagstukke en adviseer die portefeuljebestuur.
’n Innoverende kanaal van studentedeelname is die Grondwetlike Tribunaal. Dit is ’n liggaam van ‘studenteregters’ wat uit die geledere van toppresterende senior regstudente aangestel word. Die tribunaal se verantwoordelikhede sluit onder meer in om te verseker dat studente se regte in dissiplinêre prosesse beskerm word. Die ‘regters’ dien in die paneel van die Dissiplinêre Komitee vir Studente en die Studentedissipline-adviespaneel.
DIE UP-STUDENTELIGGAAM
gemeenskapsBetrokkenheid in getalle
931
Universiteitsgeakkrediteerde persele van gemeenskapsprojekte
109
Modules van gemeenskapsbetrokkenheid in kurrikulums
1 000+
Gemeenskapspersele gerig op leer
10 000
Studente doen gemeenskapsprojekte vir krediete
5 000
Studente as vrywilligers betrokke by gemeenskapsprojekte
Een van UP se strategiese doelwitte is om die impak op Suid-Afrika se ekonomiese en maatskaplike groei te versterk. Dit doen ons op talle maniere. Ons navorsing dek onderwerpe wat strek van voeding tot die breër intellektuele debat oor die self en die gemeenskap. Ons personeel deel hul tyd en kundigheid in nasionale forums en ons skep geleenthede en platforms vir die robuuste uitruil van idees.
Ons gemeenskapsprojekte in gemeenskappe
Die Universiteit se gemeenskapsprojekte is deurlopend vir ons ’n bron van trots en inspirasie. Aan die een kant verbind dit personeel se navorsing en onderrigvaardighede met spesifieke behoeftes in ʼn gemeenskap. Aan die ander kant word personeel en studente verryk deur hul gemeenskapsdiens en -betrokkenheid.
Die volgende is twee praktiese voorbeelde van hierdie beginsels.
Gedurende die jaar het 120 studente van die Fakulteit Veeartsenykunde deelgeneem aan ʼn massabehandeling- en inentingprogram van vee en troeteldiere in Rust de Winter. Hulle het 4 035 beeste, 1 200 bokke en 358 skape behandel en 68 honde en 12 katte teen hondsdolheid ingeënt.
Die program, ʼn gesamentlike onderneming van UP, die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling en boere, fokus op boere in Gauteng en Limpopo. Dit lewer ʼn waardevolle diens aan die landbougemeenskap terwyl studente terselfdertyd baat by die praktiese ervaring van hul werk met vee.
Die Suid-Afrikaanse-Washington Internasionale Program (SAWIP), wat diens en leierskap onder studente bevorder, is in 2014 by UP geloods. Voor 2014 was die program beperk tot drie universiteite in die Wes-Kaap, maar dit is nou na Gauteng uitgebrei en UP is die eerste SAWIP-vennoot in die noorde. Drie UP-studente is gekies om aan die program deel te neem. Die SAWIP behels weeklikse werkwinkels met professionele persone en leiers, uitstappies na terreine van historiese belang en 30 uur gemeenskapsdiens per deelnemer. Die tweede fase van die program sluit vier tot vyf weke in Washington DC, VSA in. Nolo Mokoena, ʼn finalejaar BCom (Ekonomie)student, is gekies om deel te neem aan die SAWIP-leierskapprogram 2014.
Navorsing wat oplossings bied vir die gemeenskap
Die soeke na kennis ter wille van kennis het meriete en is nodig, maar dit kan nie al wees wat ʼn universiteit doen nie. By UP bestee ons spesifiek aandag aan navorsingsinisiatiewe wat maatskaplike kapitaal in die breër gemeenskap bou.
Een van die samelewing se dringendste vraagstukke is voedselsekuriteit. Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand (IFNuW) by UP betrek
ons werk saam met die gemeenskaP, vir die gemeenskaP
Die doel van ons akademiese programme is om studente voor te berei vir die uitdagings van ʼn diverse en dinamiese wêreld, by te dra tot groter aanpasbaarheid en die waardes van kritiese burgerskap en burgerlike verantwoordelikheid te bevorder. As ʼn instansie gee ons hieraan gestalte deur ons betrokkenheid by ons onmiddellike en breër gemeenskappe en omgewings.
Wat is RhoDIS?
Die Renoster-DNSindeksstelsel is deur navorsers by die Onderstepoort Veterinêre Genetika-laboratorium ontwikkel. RhoDIS maak dit moontlik om horingen ander DNS-monsters te gebruik om individuele renosters te identifiseer – ʼn belangrike ‘wapen’ in die stryd teen renosterstropery.
sewe van ons nege fakulteite en fasiliteer die uitruil van inligting en navorsingsbevindings deur middel van kruisdissiplinêre projekte, platforms en dinkskrums. Die DWT-NNS Sentrum vir Uitnemendheid in Voedselsekuriteit word gesamentlik deur die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Wes-Kaap gehuisves.
ʼn Voorbeeld van die praktiese resultate wat uit hierdie gefokusde poging van die IFNuW voortgevloei het, is die koekie wat prof John Taylor van die Departement Voedselwetenskap en sy studente oor jare heen ontwikkel het. Dié uiters bekostigbare koekie, gebaseer op sorghum en koeiboontjies, bevat groot hoeveelhede proteïen en antioksidante, is glutenvry en ryk aan dieetvesel. Dit bied ʼn doeltreffende manier om proteïenenergiewanvoeding te bekamp. Die opleiding van gemeenskappe om die koekies as ʼn inkomstebron te bak, is deel van ʼn groter projek wat via die Howard G Buffet-stigting deur die Norman Borlaug-instituut geborg word.
In ʼn ander, maar ewe belangrike projek, doen die Sentech Leerstoel in Breëband-multimediakommunikasies navorsing oor breëband, draadlose konnekteerbaarheid en opvoedkundige produkte. Die doel van die navorsing is om toegang tot onderrig in afgeleë gebiede te verbeter.
Ons is ook trots op die feit dat ons navorsingsprojekte die gaping tussen navorsing en kommersialisering suksesvol oorbrug en daardeur ons resultate beskikbaar stel vir die diegene wat dit die meeste nodig het. Die verskeidenheid onlangse innovasies wat hierdie gaping oorbrug, getuig
van die mate waarin UP in voeling met belanghebbendes se behoeftes is. So bied hearScreen™ ʼn innoverende, koste-effektiewe oplossing vir gehoorsifting wat sowel vroeë opsporing as primêre behandeling van gehoorgebreke sal verbeter. Motswadi, nog ʼn innovasie, is ʼn toepassing wat ouers help om hul jong kinders se aanlyn aktiwiteite te monitor om kuberafknouery te verhoed.
Diens deur tyd en kundigheid
Die Universiteit speel ʼn aktiewe rol in sowel die breë hoëronderwyslandskap in Suid-Afrika as in senior personeellede se spesifieke velde van kundigheid.
Ons het byvoorbeeld meer as 100 personeellede en studente in werkwinkels betrek om ʼn self-evalueringsverslag te produseer oor die vier temas wat deur die Raad vir Hoër Onderwys (RHO) geïdentifiseer is vir die eerste ronde van die Projek vir Kwaliteitverbetering (Quality Enhancement Project, QEP). Dit was die grootste getal deelnemers by enige universiteit. Na voorlegging van die verslag is ʼn span vir die eerste ronde samesprekings gestuur. Die Viserektor: Akademies is ʼn aktiewe lid van die projekbestuurkomitee.
Totale aantal studente in 2014 (sluit afstandonderrigstudente in)
UP het ook in Augustus 2014 ʼn werkwinkel vir raadslede van die universiteite van Pretoria, Limpopo, Suid-Afrika en Venda, Tshwane Universiteit vir Tegnologie en Sefako Makgatho Universiteit vir Gesondheids- en Verwante Wetenskappe aangebied. Die geleentheid was deel van ʼn kapasiteitontwikkelingsinisiatief vir universiteitsraadslede van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding in vennootskap met die Voorsittersforum vir Universiteitsrade in Suid-Afrika (University Council Chairs Forum – South Africa, UCCF-SA).
Op ʼn meer persoonlike noot het die Minister van Wetenskap en Tegnologie, dr Naledi Pandor, ons Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, aangestel as voorsitter van die Nasionale Adviesraad oor Innovasie (National Advisory Council on Innovation, NACI).
Geleenthede wat horisonne verbreed UP se Ekspertlesingreeks bied elke jaar aan ons navorsers ʼn openbare platform om beduidende ontwikkelings in hul vakrigtings met die algemene publiek te deel. Dit is hoe ons ons navorsing deel en debat uitlok.
Die 14de lesing in die reeks, wat ook die eerste in 2014 was, is in Maart deur UP Raadslid prof Maxi Schoeman, hoof van die Departement Politieke Wetenskappe en voorsitter van die Kerngroep: Sosiale Wetenskappe in die Fakulteit Geesteswetenskappe, gelewer. Haar onderwerp was, “A crisis of leadership? Reflections on twenty years of democracy”. Die ander twee
die woord “tshepo” beteken “hoop” en dit is wat Continuing education at UP (Ce at UP) en die stad tshwane vir deelnemers aan die tshepo 10 000-projek gee. die projek is daarop gerig om werkloosheid in die tshwane-gebied te beveg deur aan 10 000 werklose mense waardevolle opleiding in die skep en bestuur van koöperatiewe ondernemings te bied.
ekspertlesings van 2014 is deur prof Nick Binedell, Dekaan van GIBS, en prof James Ogude, Navorsingsgenoot en Adjunkdirekteur van die Sentrum vir die Bevordering van Vakgeleerdheid, aangebied.
Die eerste AS Geyser-gedenklesing het in Februarie plaasgevind. Die lesing, aangebied deur prof Jimmy Loader, het die nagedagtenis van dié geestelike, akademikus en anti-apartheidsheidsteoloog gehuldig wat van kettery beskuldig is omdat hy in beginsel op teologiese gronde gekant was teen apartheid. Prof Geyser was van 1946 tot 1963 verbonde aan die Teologiese Fakulteit van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika by die Universiteit van Pretoria.
Die Universiteit bied gereeld openbare lesings deur hoë-profiel openbare figure aan. Die lys vir 2014 het me Navi Pillay, voormalige VN Hoë Kommissaris vir Menseregte; prof Brian Kobilka, 2012 Nobelpryswenner vir Chemie; en prof Göran Therborn, wêreldberoemde vakkundige oor hoofstede en emeritusprofessor in Sosiologie aan Cambridge-universiteit ingesluit.
Talle nasionale en internasionale konferensies is in 2014 deur UP aangebied, insluitende die vierde Apartheidargiewe-konferensie oor die tema, “Race, space, location, dislocation: Then and now”. Die konferensie is deel van die Apartheidargiewe-projek, ʼn studie waarby 30 hoofnavorsers van Suid-Afrika, die VK en Australië betrokke is.
Die mag van vennootskappe
Talle tale die wêreld oor het spreekwoorde wat getuig van die
noodsaaklikheid van verbintenisse met ander mense. In Afrika ken ons dit as ubuntu. By UP leef ons ubuntu uit deur vennootskappe met openbare en private ondernemings. Ook hier is ons betrokke by talle verskillende arenas, gedryf deur ons eie behoefte om relevant te wees en ʼn impak te maak.
Relevansie en impak is nodig vir werkskepping en ekonomiese ontwikkeling. Met dié doel voor oë, het Voortgesette Onderwys (CE at UP) ʼn vennootskap met die Stad Tshwane gesluit om ʼn program vir volhoubare ontwikkeling van entrepreneurskap en werkskepping te skep en te implementeer. Tshepo 10 000, soos die vennootskap bekend staan, het reeds 8 994 persone in entrepreneurskapvaardighede opgelei en 48 nuwe koöperatiewe ondernemings in die Stad Tshwane gevestig.
In vennootskap met die Stad Tshwane het die Universiteit ʼn nuwe institusionele navorsingstema (INT), te wete Capital Cities, in die Fakulteit Geesteswetenskappe tot stand gebring. Die Capital Cities-projek betrek verskeie dissiplines in die fakulteite Geesteswetenskappe, Regsgeleerdheid, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, asook Ingenieurswese, BouOmgewing en Inligtingtegnologie. Die tema is ʼn spil waarom nagraadse opleiding en nadoktorale steun georganiseer word en samewerking plaasvind met ander universiteite, plaaslike en internasionale gemeenskappe en munisipaliteite.
Ons suksesvolle samewerking met die regering en nywerheid word weerspieël in die getal navorsingsleerstoele wat deur nywerheidsvennote befonds word. Die mees onlangse toevoegings is die Navorsingsleerstoel in Onderhoudsingenieurswese in die Departement Meganiese en
die saimC-beheerlaboratorium is geopen deur die visekanselier en rektor van die Universiteit van Pretoria, prof Cheryl de la rey, en die President van die vereniging vir outomatisering, instrumentasie, meting en kontrole (society for automation, instrumentation, measurement and Control, saimC), mnr vinesh maharaj. die laboratorium is in die ingenieurswese 2-gebou op die Hatfieldkampus en word deur sowel nagraadse studente as voorgraadse projekstudente in die departement elektriese, elektroniese en rekenaaringenieurswese gebruik.
NYWERHEIDSVENNOTE IN GETALLE
140
Nuwe ooreenkomste in 2014
R119,4 miljoen
Die waarde van navorsingskontrakte deur nywerhede befonds
R22,4 miljoen
Waarde van die steun ontvang van die nasionale Tegnologie en Menslike Hulpbronne vir Nywerheidprogram (THRIP)
die virtuele-realiteitsentrum (vrs) vir mynontwerp skep nie alleen ʼn veilige omgewing vir studie nie, maar sal ook mynbouingenieurs aan die bedryf lewer wat beter voorberei is op die omstandighede waarmee hulle te doen gaan kry wanneer hulle in ʼn myn werk. daarby kan mynbouingenieurs hul mynontwerpe in ʼn driedimensionele opset toets voordat dit gebou word. dit spaar sowel geld as tyd.
Lugvaartingenieurswese wat deur Weir Minerals Africa (Pty) Ltd geborg word en die Sedibeng Navorsingsleerstoel in Waterverbruikingenieurswese in die Departement Chemiese Ingenieurswese.
Navorsingsleerstoele is slegs een aspek van ons vennootskappe met die nywerheid. In 2014 het ons byvoorbeeld verskeie kommersiële kontrakte en interaksies met industrie gesluit deur die Enterprises at University of Pretoria Trust (E at UP). Dié vennootskappe dek ʼn wye reeks onderwerpe soos die monitering van lugkwaliteit, metaaltamheid- en kragtoetsing op ingenieursverwante strukture, die modellering van sosioëkonomiese impak vir infrastruktuurprojekte, en kliniese proewe vir die farmaseutiese industrie, plaaslik en internasionaal.
Drie ander projekte wat ons inspireer, spreek elkeen ʼn heel ander sektor van die ekonomie aan:
n Die National Exotic Leather Cluster (NELC) wat ons onder die sambreel van die Departement Handel en Nywerheid se Competitiveness Improvement Programme (CIP) tot stand bring. Die Departement van Handel en Nywerheid belê R45 miljoen in hierdie inisiatief.
n Die UP Natuurlike Rampsentrum in Afrika, in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, wat deur MMI Holdings, München RE, AON Benfield en die Universiteit geborg word.
n Afrika se eerste virtuele-realiteit-myn en die nuwe Mining Resiliencenavorsingsinstituut. Kumba Iron Ore borg albei projekte, terwyl UP se Departement Mynbouingenieurswese uitvoering daaraan sal gee.
Nie al ons nywerheidsvennootskappe is so groot en opsigtelik soos die virtuele myn nie; sommige – soos die gratis aanlyn Wette van Suid-Afrikadatabasis – lewer hul bydrae op meer beskeie wyse. Hierdie onderneming, wat van onskatbare waarde is, is moontlik gemaak deur ʼn R750 000 -toekenning wat die biblioteek van die Konstitusionele Hof en ʼn aantal gerespekteerde Suid-Afrikaanse regsfirmas ontvang het.
daspoort –
50 Jaar van omgee Daspoortkliniek is in 1964 gevestig as ʼn inisiatief van UP mediese studente met die doel om die plaaslike gemeenskap te ondersteun en praktiese werkervaring op te doen. Mediese studente sien pasiënte onder toesig en met die ondersteuning van ʼn mediese dokter. Daspoortkliniek is deur studente vir studente en die gemeenskap daargestel.
Benewens die feit dat die kliniek ʼn toonbeeld is van UP as ʼn universiteit wat betrokke is by sy gemeenskappe, steun die kliniek die multidissiplinêre en interdissiplinêre benadering waarvolgens verskeie departemente en skole Daspoortkliniek gebruik vir gemeenskapsgebaseerde indiensopleiding vir hul studente.
Die kliniek val onder die Departement Huisartskunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, in samewerking met die Gautengse Departement van Gesondheid.
dr nasima Carrim van die departement menslike hulpbronbestuur in die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe het die 2013 emerald african management research fund-toekenning ontvang, in assosiasie met die international network for the availability of Publications (inasP) en die international academy of african business and development (iaabd).
Universiteite in Afrika is skerp ingestel op die ontwikkelingsgerigte oogmerke en doelwitte van hul spesifieke samelewings en van die vasteland in die geheel. Dit is in baie opsigte die verantwoordelikheid van akademici, navorsers en studente om die subtiele verskille binne Afrika onder die aandag van die res van die wêreld te bring. Die vasteland is hoegenaamd nie ’n homogene landmassa met eendimensionele burgers nie, maar Afrika se verskeidenheid vrae en antwoorde is nooit sonder beloning vir dié wat bereid is om dit met ’n vars perspektief te benader nie.
Verhoudings tot algemene voordeel
Die Universiteit skakel met sy Afrika-eweknieë hoofsaaklik deur institusionele verhoudings. Baie van ons institute, sentrums en eenhede ondersteun navorsing wat tot diep in die vasteland strek. Dit sluit in die Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika, die Sentrum vir Menseregte, die Sentrum vir Bestuur-en-beheerinnovasie, die Afrikabelastinginstituut, die Sentrum vir Bemiddeling in Afrika, die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, die Sentrum vir Sportreg in Afrika en die Afrika-sentrum vir Geentegnologieë. Verskeie toegespitste navorsingsprogramme het sterk bande met Afrika, insluitende die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand se werk oor voedselsekuriteit.
Nog twee fakulteite wat noemenswaardige bande met die res van Afrika handhaaf, is Veeartsenykunde en Gesondheidswetenskappe.
Die Fakulteit Veeartsenykunde se betrokkenheid is deur drie inisiatiewe geformaliseer. Die eerste is sy lidmaatskap van AfriVIP, die African Veterinary Information Portal, wat in dele van suider-, oos- en sentraalAfrika bedrywig is. Tweedens het die Fakulteit ’n praktykgemeenskap opgebou waarby kenners van oop onderwyshulpbronne (OOH) van die Universiteit van Kaapstad en Unisa betrokke is, asook dekane van ander veeartsenyskole in die suider-Afrikastreek. Die derde kanaal is LINQED, ’n internasionale netwerk wat opleiding bied in tropiese siektes in mense en diere, asook openbare gesondheid. LINQED bestaan uit onderwysinstellings en regeringsverwante vennootinstellings van dwarsoor die wêreld wat saamwerk om opleidingskapasiteit oor hierdie onderwerpe in ontwikkelende lande te versterk. Die Departement Veterinêre Tropiese Siektes in die Fakulteit Veeartsenykunde verteenwoordig UP in dié netwerk.
In die lig van malaria se volgehoue status as een van Afrika se ernstigste bedreigings vir lewensverwagting, is dit sinvol dat malaria ’n besondere fokusgebied vir UP se Fakulteit Gesondheidswetenskappe sal wees.
Die Sentrum vir Volhoubare Malariabeheer het as ’n multidissiplinêre interfakulteitinisiatief aan die Universiteit begin. Na ’n suksesvolle aansoek
UP se imPak oP afrika
Met bykans 700* universiteite en ander hoëronderwysinstellings is afrika die tuiste van beduidende akademiese aktiwiteit. Die Universiteit van Pretoria skakel met trots in by hierdie ryke netwerk van onderrig en leer deur gebruik te maak van en by te dra tot die werk van ons kollegas dwarsoor die vasteland.
(*Bron: http://www.4icu.org/Africa/)
van Pretoria Jaaroorsig
UP SE TEENWOORDIGHEID IN AFRIKANETWERKE EN -KONSORTIUMS
n Abdus Salam International Centre of Theoretical Physics (ICTP)
n Africa Mathematics Project (AMP)
n African Academy of Management
n African Academy of Sciences, Nairobi, Kenia
n African Commission on Human and Peoples’ Rights, Banjul, Gambië
n African Consortium for Malaria Vaccine Research, wat die universiteite van Ghana, Ibadan (Nigerië), Nairobi (Kenia), Zambië, Makerere (Uganda) en Dar es Salaam (Tanzanië) insluit
n African Economics Research Consortium (AERC)
n African Mathematics Millennium Science Initiative (AMMSI), Nairobi, Kenia
n African Network for Agriculture, Agroforestry and Natural Resources Education (ANAFE)
n African Network for Internationalisation of Education (ANIE)
n African Network of Scientific and Technological Institutions (ANSTI), Nairobi, Kenia
n African Research Universities Alliance (ARUA)
n African Union Commission (AUC)
n African Veterinary Information Portal (AfriVIP)
n African Institute for Mathematical Sciences (AIMS), Senegal/Suid-Afrika
n Association of African Business Schools
n Association of African Universities (AAU)
n Australia-Africa Universities Network (AAUN)
n Council for the Development of Social Science Research in Africa (CODESRIA)
n Institute of Mathematics and Physics (IMSP), Porto Novo, Benin
n International Centre of Insect Physiology and Ecology (ICIPE)
n Mentoring African Research in Mathematics (MARM)
n Network of African Science Academies (NASAC)
n Regional Universities Forum for Capacity Building in Agriculture (RUFORUM)
n Southern African Biochemistry and Informatics for Natural Products (SABINA)
n Southern African Regional Universities Forum (SARUA)
n Third World Academy of Sciences
n United Nations Africa Institute for Development and Economic Planning (IDEP)
n Internasionale personeel en studente
29
Die getal liggame, netwerke en konsortiums in Afrika waarby UP betrokke is
by die Mediese Navorsingsraad (MNR) het die sentrum nou die status van ’n MNR-samewerkende Sentrum vir Malarianavorsing. Hoewel die sentrum in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe gehuisves word, word dit onafhanklik deur die MNR befonds. Die Sentrum vir Malarianavorsing koördineer en bevorder navorsingsamewerking oor veiliger en volhoubare malariabeheer en -bestuur, produseer nuwe kennis en ondersteun nuwe aktiwiteite met betrekking tot malariabeheer in Afrika.
Die Universiteit is ’n stigterslid van die Afrikakonsortium vir Malariaentstofnavorsing, wat onlangs tydens ’n simposium oor malariaentstofstudies in Afrika gestig is. Die simposium is in Ghana gehou en sewe Afrika-universiteite is tans lede van die konsortium.
Gesprekke wat saak maak Komplekse kwessies vereis volgehoue en intelligente dialoog, debatvoering en bespreking. Die Universiteit het die afgelope jaar verskeie platforms vir sulke wisselwerking verskaf.
Ons het twee prestige openbare lesings met ’n Afrikafokus aangebied. Die eerste was deur Haar Eksellensie dr Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, oor “The role of research universities such as the University of Pretoria in the development of Africa”. In haar inleiding tot die lesing het die Visekanselier en Rektor planne aangekondig om ’n Afrika-ontwikkelingsbeleidsfokus by UP in te stel.
In die tweede lesing het die voormalige Agbare Adjunkpresident Kgalema Motlanthe ’n pleidooi gelewer vir die instelling van ’n aanvullende Afrika-ekwivalent van die Internasionale Strafhof. Mnr Motlanthe was die hoofspreker by ’n geleentheid ter viering van 15 jaar van die Universiteit se Meestersprogram (LLM/MPhil) in Menseregte en Demokratisering.
In April 2014 het die Universiteit die Australia-Africa Universities Network (AAUN) se International Africa Forum aangebied. (Die Visekanselier en Rektor is die medevoorsitter van die AAUN.) Visekanseliers van Afrikauniversiteite en spesialisnavorsers het deelgeneem aan ’n agenda wat op ’n aantal ontwikkelingskwessies, insluitende voedselsekuriteit, gesondheid, mynbou, hervorming in die openbare sektor en hoër onderwys, gefokus het.
Die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het ’n vergadering tussen verteenwoordigers van die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Sentrum aangebied. Die vergadering het vennootskappe verken wat tot die transformasie van die vasteland kan bydra, soos ’n Afrika-unie Transformatiewe Leierskapprogram.
€2 miljoen
Die Sentrum vir die Studie van Bestuur-en-beheerinnovasie (govInn) het ’n toekenning van meer as €2 miljoen van die Belmontstigting gekry om veranderende beleggingspatrone in afrika oor die volgende drie jaar te bestudeer.
€474 000
Die Bosch-stigting het €474 000 oor die volgende drie jaar bewillig vir die african Science leadership Programme, wat deel van die Future africa-inisiatief uitmaak.
UP SE
INTERNASIONALE
PERSONEEL EN STUDENTE
78
Akademiese personeel – permanent en vastetermynkontrakte (5%)
4 324
Kontakstudente (9%)
2 250
Nagraadse studente (16%)
124
Nadoktorale genote (68,9%)
Prof Xiaohua Xia is die direkteur van sowel die sentrum vir nuwe energiestelsels as die nasionale spil vir die nagraadse Program in Energiedoeltreffendheid en vraagkantbestuur aan die Universiteit. hy het sy Phd-graad in 1989 aan die beijing-universiteit vir lugvaart- en ruimtevaartkunde behaal. hy het in 1998 by UP aangesluit en is in 2000 tot professor bevorder. hy word deur die nasionale navorsingstigting (nns) erken as ’n wêreldleier op sy gebied (a-gradering) en is onder meer ’n verkose genoot van die suid-afrikaanse akademie vir ingenieurswese en ’n verkose lid van die wetenskapakademie van suidafrika.
Die Universiteit se visie benadruk die belangrikheid wat hy aan internasionale erkenning heg, ’n feit wat beklemtoon word deur die tweede van sy vyf strategiese doelwitte, naamlik om die Universiteit se internasionale profiel te versterk. In 2014 het ons baie gedoen om ons profiel buite die grense van ons land en ons vasteland uit te bou.
Die sigbaarste bydrae tot ons doelwit van internasionale uitreiking bly die talle samewerkingsooreenkomste en -inisiatiewe met hoëronderwysinstellings, veral in Afrika, Europa, die VSA, Suid-Amerika en Australasië.
Verskeie van ons senior akademiese personeellede het die afgelope jaar by invloedryke instellings betrokke geraak of hul betrokkenheid daar voortgesit.
Die Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, is aangestel as ondervoorsitter en lid van die dagbestuur van die Talloires-netwerk van 300 hoëronderwysinstellings in 72 lande. Sy is ook gekies as lid van die uitvoerende raad van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU). Hierdie nieregeringsorganisasie het ’n wêreldwye lidmaatskap van 121 nasionale wetenskapliggame wat 141 lande verteenwoordig en 32 lede wat internasionale wetenskapunies verteenwoordig.
Die Universiteit van Uppsala het aan prof Maxi Schoeman, Hoof van die Departement Politieke Wetenskappe en UP-raadslid, die Claude Ake Besoekende Leerstoel in sy Departement Vrede- en Konfliknavorsing toegeken.
Prof Michelo Hansungule, professor in Menseregte in die Sentrum vir Menseregte, is vir ’n tweede termyn verkies as ’n kommissaris van die Internasionale Kommissie van Juriste (ICJ). Die ICJ, wat uit 60 vooraanstaande regters en regsgeleerdes uit alle streke van die wêreld bestaan, beywer hom vir die bevordering en beskerming van menseregte deur die oppergesag van die reg.
Op institusionele vlak is UP die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat gekies is om met instellings van dwarsoor die wêreld saam te werk in ’n reeks projekte om honger en wanvoeding te bekamp. Die Feed the Future Innovation Lab for Collaborative Research on Sorghum and Millet, ’n konsortium van toonaangewende navorsers wat in 2013 aan Kansas Stateuniversiteit in die VSA ingestel is, befonds hierdie inisiatief.
Nog ’n navorsingsprogram met internasionale impak is die Sentrum vir die Studie van Bestuur-en-beheerinnovasie (GovInn) in die Departement Politieke Wetenskap. Dit is Afrika se eerste navorsingsinstelling wat
UP se internasionale Uitreik
Hoewel die Universiteit van Pretoria met reg trots SuidAfrikaans is, het hy ’n agenda van internasionale insluiting, relevansie en impak. Ons skakel met besoekende akademici en studente en ons verwelkom intellektuele en tegnologiese deurbrake. Insgelyks soek en skep ons geleenthede om ons werk wêreldwyd op internasionale konferensies bekend te stel.
227
Fakulteitsooreenkomste wat UP met internasionale universiteite het
ons het ooreenkomste en samewerkingsprogramme met universiteite, navorsingsgroepe en instellings in:
n Afrika
n Sentraal- en Oos-Europa
n Skandinawië en die Baltiese lande
n Asië
n Oseanië en die Midde-Ooste
n Noord- en Suid-Amerika
Van die 1 359 referate wat UP-navorsers in 2014 gepubliseer het, het meer as die helfte internasionale medewerkers gehad
(Referate gepubliseer in joernale wat deur die WoS geïndekseer is)
in die geheel toegewy is aan innovasie in bestuur-en-beheer.
Dit word deur die Belmontstigting befonds, en die Sentrum se innovasielaboratorium bring nuwe denke oor bestuursprosesse na vore en lok bestuurinnoveerders van dwarsoor die wêreld. Die sentrum lei tans die Afrika/SuidAfrika-komponent van ’n driejarige internasionale navorsingsprogram oor energiesamewerking en interstreeksomgewingsbestuur tussen Afrika, Europa en die Amerikas.
GovInn se internasionale statuur blyk uit die feit dat sy week lange Governance Innovation-konferensie 400 akademici en navorsers van dwarsoor die wêreld gelok het.
Onder hulle was vooraanstaande akademici soos dr Johan Galtung, stigter van Peace Studies, prof Peter Katzenstein van Harvard- en Cornelluniversiteite, en die wêreldbekende omgewings- en genderaktivis en trefferskrywer dr Vandana Shiva. 51%
Personeel- en studentuitruilings is ’n sentrale komponent van internasionalisering. Die UP Reis Oorsee-program bied aan akademiese personeel geleenthede om hul vakkundigheid te verbeter deur internasionale netwerke te ontwikkel, terwyl besoekende internasionale akademici en studente ons akademiese programme verryk en ons diversiteitsprofiel verhoog.
Die bydraes van internasionale personeel en studente word aangevul deur die talle internasionale hoëprofielbesoekers en geleenthede wat deur die Universiteit aangebied word. Ons Program van Besoekende Professore bevorder en ondersteun die korttermynteenwoordigheid by die Universiteit van hoog aangeskrewe akademici van instellings in ander lande en streke wie se navorsingsbelangstellings spesifieke voordele vir UP inhou. Hul bydrae hou verband met die kennis en nuwe idees wat hulle na die Universiteit bring en met navorsers en nagraadse studente deel, en die potensiële rol wat hulle kan speel om die Universiteit internasionaal te bevorder deur hul navorsingsnetwerke. In 2014 het UP 11 internasionaal hoog aangeskrewe vakkundiges ontvang.
Die Universiteit se internasionale profiel verhoog nie net sy akademiese statuur nie maar steun ook sy fondsinsamelingspogings. Huidige befondsers sluit in ambassades en internasionale skenkers, niewinsorganisasies en hulpagentskappe.
R110 395 512
Die waarde van internasionale navorsingsbefondsing wat UP in 2014 ontvang het
govinn is geleë in die pragtige ou kollegetehuis by die Universiteit van Pretoria.
UP het 393 NNSgegradeerde navorsers:
a-gradering = 13 (erken as wêreldleiers op hul gebied van kundigheid)
b-gradering = 80 (hoë internasionale reputasie)
y-gradering = 61 (jong sterre)
By die Universiteit van Pretoria wil ons hê geen personeellid, akademies of steundienste, moet ooit voel dat hy of sy bloot hier werk nie. Daarom skep ons ’n verskeidenheid geleenthede vir deelname, loopbaanverryking en erkenning.
Erkenning vir uitnemendheid
Ons akademici is verbind tot die verwesenliking van die Universiteit se visie om ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees, en dit is besonder bevredigend wanneer erkenning van buite die waarde van hul navorsing bevestig.
ʼn Keur uit die toekennings wat ons navorsers oor die afgelope jaar ontvang het, is ’n goeie aanduiding van hoe verreikend die Universiteit se bydrae tot die samelewing is.
n In die lig van die nypende behoefte aan wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie (WITI) in ons land is ons besonder trots op ons vier NSTF-BHP Billiton-toekennings:
– Proff Brenda Wingfield en Don Cowan het die eerste plek gedeel in die kapasiteitsboukategorie vir hul uitstaande bydrae tot WITI deur die ontwikkeling van navorsingskapasiteit oor die afgelope vyf tot tien jaar.
– Prof Wanda Markotter was die wenner in die kategorie waarin ontluikende navorsers vereer is vir ’n uitstaande bydrae tot WITI oor ’n tydperk van tot ses jaar na verwerwing van ’n PhD.
– Prof De Wet Swanepoel was die wenner in die kategorie vir ’n uitstaande bydrae tot WITI deur navorsing wat tot innovasie lei.
toPgegradeerde
Personeel
Die Universiteit van Pretoria se werknemers is die reuse op wie se skouers hierdie instelling staan. Ons poog deurgaans om aan hulle erkenning te gee en ons waardering vir hulle bydraes te laat blyk.
Prof maxi schoeman, hoof van die departement Politieke wetenskappe en voorsitter van die kerngroep vir die sosiale wetenskappe in die fakulteit geesteswetenskappe, lewer ’n lesing in die Universiteit se ekspertlesingreeks in die senaatsaal. die tema van prof schoeman se lesing was ‘A crisis of leadership? Reflections on 20 years of democracy’ en sy het gepraat oor die baie winste wat suidafrika – plaaslik en internasionaal – oor die afgelope 20 jaar behaal het en oor die beperkings en uitdagings waarvoor die land te staan kom aan die vooraand van die derde dekade van demokrasie.
n Prof Mike Wingfield is die stigtersdirekteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) aan UP, en as navorser het hy ’n breë belangstelling in boomgesondheid. Hy is in 2014 aangestel as die nuwe President van die International Union of Forest Research Organisations (IUFRO), die enigste wêreldwye organisasie wat aan bosnavorsing en verwante wetenskappe toegewy is.
n Prof Namrita Lall, ’n kenner van medisinale plantkunde, het die Presidentsorde van Mapungubwe ontvang vir uitstaande navorsing in die mediese wetenskappe.
n Prof Stella Nkomo, Adjunkdekaan vir Navorsing en Nagraadse Studie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het die Nasionale Navorsingstigting se Champion of Research Capacity Development at South African Higher Education Institutionstoekenning ontvang.
23
UP akademici het deelgeneem aan die Nuffic doktorale studieleidingskursus as deel van die NederlandsSuid-Afrikaanse program vir kapasiteitontwikkeling om doktorale vaardighede in studieleiding te versterk.
n Prof Kobus Maree van die Departement Opvoedkundige Sielkunde in die Fakulteit Opvoedkunde, het die Stalsprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang vir sy uitsonderlike navorsing en bydrae tot die opvoedkunde.
n Prof Carl Roux, emeritusprofessor in die Departement Genetika, het ’n goue medalje van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde ontvang ter erkenning van baie jare se uitsonderlike diens om veekunde te bevorder.
n Die Wildbewaardersvereniging van Afrika (Game Rangers Association of Africa, GRAA) het twee van ons veeartse, drs Gerhard Steenkamp en Johan Marais, tydens die jaarlikse Renosterbewaringstoekenningsplegtigheid vereer vir hul pogings om bedreigde spesies te beskerm.
Kwaliteit van personeel
Ons betrek ons personeel op verskeie wyses, formeel en informeel, in ons strewe om ons benadering van gedeelde bestuur uit te voer.
Die Universiteit het ’n aantal ander formele kanale waardeur werknemers aan Universiteitsake kan deelneem. Dit sluit in die Institusionele Forum, wat die Raad oor ’n reeks sake adviseer, en die Diensbillikheidsforum en Vaardigheidontwikkelingskomitee, wat Hoofbestuur adviseer oor sake van diensbillikheid, personeelopleiding en vaardigheidontwikkeling. Ons
het ook fakulteitgebaseerde transformasiekomitees.
Die vyf werknemerlede van die Raad verseker voorts dat ons werknemers se stemme op die hoogste vlak gehoor word. Ons glo egter dat die waardevolste bydraes dikwels deur die minder formele forums gemaak word. Hierdie oortuiging word gestaaf deur die toenemende impak van ons oop dialoogprogram, Re-a-Bua (’n Sotho-frase vir “ons gesels”).
Die program bied aan personeel en studente ’n sielkundig veilige ruimte waar hulle vryelik kan praat oor hul vrese, oortuigings, kwellings en persepsies oor diversiteit en billikheid spesifiek en transformasie in die algemeen. Dit blyk dat mense gesprekke voer wat nie noodwendig in formele Universiteitstrukture moontlik sou wees nie. Teen die einde van 2014 het altesaam 1 164 personeellede Re-a-Bua-sessies bygewoon.
Ons transformeer die akademie
Daar is drie redes waarom ons strewe na ’n werklik diverse arbeidsmag. In die eerste plek is dit ’n voorvereiste vir die skep van ’n verteenwoordigende, inklusiewe en multikulturele universiteit. Tweedens is dit ’n kwessie van maatskaplike geregtigheid ten opsigte van die hantering van die land se transformasievereiste. Derdens, en na ons mening die belangrikste, verryk diversiteit onderrig, leer en navorsing, en gee dit studente die opvoedkundige voordele wat net ’n diverse leeromgewing kan.
Prof stella nkomo
Prof wanda markotter
Prof namrita lall
Prof Brenda Wingfield
vier en veertig senior personeellede het sedert 2012 deelgeneem aan die Program vir akademiese leierskap, wat deur die Universiteit se sakeskool, gibs aangebied word. die program fokus op akademiese leierskapskennis en -vaardighede om personeel te help om doeltreffend te wees in hulle loopbaanvordering, en as grondslag te dien vir die ontwikkeling van ’n loopbaan van sterk akademiese leierskap.
die groep wat in 2014 aan die program deelgeneem het, verskyn hier saam met dekane van verskeie fakulteite –en departementshoofde. voor in die middel is prof helena barnard, gibs se Programintegreerder (vierde van links) en langs haar is die visekanselier en rektor, prof Cheryl de la rey.
Diensbillikheid is daarom ’n kritieke element van die Universiteit se transformasieraamwerk.
Ons het reeds verskeie inisiatiewe geïmplementeer, soos die UP Leierskapprogram (UPLP) en die Program vir Akademiese Leierskap, om ons leiers en bestuurders toe te rus om ons transformasiedoelwitte te bereik. Bykomende programme word tans oorweeg om seker te maak dat leiers op alle vlakke die nodige veranderingsnavigasie- en bestuursvaardighede het.
Beter dosente vir beter leer
By UP weet ons dat belegging in ons akademiese personeel ook ʼn belegging in die sukses van ons studente en die volhoubaarheid van ons instelling is.
Voorbeelde van dié belegging is toekennings wat dosente ontvang om die wetenskap van onderrig en leer (WvOL) te ondersteun, en die twee gemeenskappe van goeie praktyk wat WvOL bevorder: SCITAL in Natuur- en Landbouwetenskappe en VetEd in Veeartsenykunde.
Verder maak ons dit vir dosente moontlik om nasionale konferensies oor onderrig en leer by te woon, terwyl fakulteite interne seminare aanbied oor onderwerpe soos mobiele leer, onderrig vir bekwaamheid, gemengde leer, en die omgekeerde klaskamer. In die afgelope jaar het ’n klein aantal dosente internasionale onderrigkonferensies bygewoon of die geleentheid gehad om saam met internasionale onderriginnoveerders te werk, soos Eric Mazur van Harvard, wat die baanbreker van die omgekeerde klaskamer was.
Die Universiteit het ook twee samewerkingstoekennings ontvang wat sy akademiese personeel in staat stel om ’n nasionale bydrae te lewer en hul eie vaardighede te verbeter. Die doel van Fakulteitsontwikkeling vir Gesondheidspraktisynsopvoeding is om die bekwaamhede en vaardighede van diegene wat gesondheidspraktisyns oplei, te ondersoek en te beskryf, en om aktiwiteite in Suid-Afrikaanse gesondheidswetenskappe-fakulteite wat die ontwikkeling van sulke dosente ondersteun, te identifiseer.
Die tweede toekenning is vir die skep van ʼn veeltalige, oop onderrighulpbron termbank. Dié projek is gemik op die ontwikkeling van terminologiese hulpbronne en produkte (soos termlyste, glossariums en elektroniese die voorgraadse praktiese derdejaarskursus in organiese chemie was tot in 2012 suiwer resepmatig. vir die 2013-inname van studente het die dosente, kgadi mathabathe, dr darren riley en dr lynne Pilcher, ’n heel nuwe praktiese kursus geskep, gebaseer op die ondersoekgeleide benadering waarvoor hulle ’n laureaattoekenning vir uitnemendheid en innovasie in onderrig ontvang het.
UP-akademici met ’n PhD as hoogste kwalifikasie
taalkorpusse) vir gebruik in hoër onderwys. Die sukses daarvan sal baanbrekerswerk wees vir die ontwikkeling van inheemse amptelike tale in Suid-Afrika, wat mense in staat sal stel om hierdie tale vir konseptuele ontwikkeling te gebruik.
Om ons akademiese personeel aan te moedig om altyd na innovasie en uitnemendheid in onderrig en leer te strewe, bied ons elke jaar toekennings vir Uitnemendheid in Onderrig en Innovasie aan.
Vakkundige steun
In ons strewe om ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit te word, is ons altyd daarvan bewus dat ons navorsers ’n bemagtigende omgewing nodig het om hul beste werk te doen. Daarom bied ons vir ons akademici ’n verskeidenheid ondersteuningstrukture en hulpbronne wat hulle die vryheid gee om op hul navorsing te fokus.
Vanuit ’n bestuursoogpunt word die etiese praktyk van navorsing deur die Universiteit se Etiese Kode vir Vakkundige Aktiwiteit gerig. Dit sit die regte en verantwoordelikhede van personeel en studente uiteen met betrekking tot die werk wat gedoen word en verhoudings wat op die akademiese omgewing betrekking het.
Ons Plagiaatvoorkomingsbeleid
bied ’n raamwerk om plagiaat deurgaans en in alle fakulteite te voorkom, op te spoor en te hanteer. Die beleid vereis van studente en personeel om met integriteit op te tree en verantwoordelikheid te aanvaar vir die produksie en aanbieding van akademiese werk.
In ander sake rakende intellektuele eiendom (IE) ondersteun die Innovasiesteunafdeling in die Universiteit se Departement Navorsingsen Innovasiesteun navorsers met die bekendmaking van uitvindings, patentaansoeke, lisensie-ooreenkomste, handelsmerke en ontwerpe.
In ’n verbandhoudende ontwikkeling het ons Kantoor vir Tegnologieoordrag (KTO) ’n toekenning van R2,3 miljoen van die Nasionale Intellektuele-eiendombestuurskantoor (NIPMO) ontvang om IEbewustheidsaktiwiteite op die kampus te verhoog. Die geld sal ook gebruik word om ons kapasiteit te vergroot om die IE wat deur ons navorsers en nagraadse studente geproduseer word, doeltreffend te bestuur.
Baanbrekerswerk in navorsing en die skep van IE vereis behoorlike toerusting, en in 2014 het die Universiteit moderne wetenskaplike instrumente ter waarde van meer as R55 miljoen bekom. Die Departement Fisika, byvoorbeeld, is nou die trotse eienaar van die eerste enkelmodulespektroskoop in Afrika en die eerste molekulêre straalepitaksiestelsel in Suid-Afrika. Laasgenoemde word gebruik om kristalle te bou, een atoomlaag op ’n slag, in ’n hoogs gekontroleerde omgewing. Die uiteindelike doel is om elektrone tot spesifieke streke van die kristal te beperk sodat navorsers kwantumeffekte kan bestudeer.
’n Laaste bestanddeel van ons suksesresep vir navorsing wat vermelding verdien, is UP se Oop Vakgeleerdheidprogram, ’n inisiatief wat help om navorsing toegankliker te maak vir die breër navorsingsgemeenskap en die publiek. Ons institusionele bewaarplek, bekend as UPSpace, bied toegang tot meer as 32 000 items, insluitende navorsingsartikels, proefskrifte en verhandelings, konferensieverrigtinge, boekhoofstukke en spesiale versamelingsmateriaal.
Voorts het ons die jongste tendense in akademiese publikasies ons eie gemaak deur ’n beleid van oop toegang tot publikasies en deur ’n fonds vir die koste van artikelprosessering op die been te bring. Laasgenoemde help navorsers om die koste wat deur ooptoegangjoernale gehef word, te betaal. Die Departement Biblioteekdienste sal die fonds noukeurig monitor om die doenlikheid en volhoubaarheid daarvan te bepaal, en om vas te stel watter veranderinge hierdie nuwe sakemodel in die publikasiebedryf van joernale en (die lank reeds verouderde) biblioteekintekenmodelle sal maak.
57,5%
Persentasie akademiese personeel met doktorsgrade
UPSpace, ons institusionele bewaarplek, is: n 1ste in Afrika suid van die Sahara; n 73ste in die wêreld.
Meer as 6 miljoen soektogte is in 2014 op UPSpace gedoen.
sPort en kUltUUr
Die begrip van ’n ‘afgeronde individu’ is nie nuut nie.
Die bekendheid van die begrip doen egter nie afbreuk aan die waarheid en waarde daarvan nie. By UP bied ons aan studente en personeel geleenthede vir selfuitdrukking wat so ryk, lonend en so afgerond as moontlik is.
Ons universiteit het ’n trotse tradisie van prestasie in sport en kultuur wat op dieselfde vlak as ons akademiese prestasies is. Ons is ernstig oor ons rol in die kweek van die talent wat aan kunstenaars, musici en sportlui sukses op internasionale verhoë en sportvelde sal besorg.
Ons personeel en studente
Net soos die Universiteitskampus die akademiese poging fokus, is dit ook ʼn omgewing wat sukses in sport en kultuur fasiliteer – ’n feit wat deeglik deur 2014 se prestasies gestaaf word.
UP Camerata is steeds die juweel in ons kulturele kroon. Die koor se deelname aan die Internasionale Wêreldkoorspele in Riga, Letland het aan hulle twee goue medaljes besorg – as algehele wenners in die Gemengde Jeugkoor-kategorie en ’n tweede plek in die Scenic Folklore-kategorie. Hierdie prestasie het vir die koor ’n mosie van gelukwensing deur die Nasionale Vergadering in die Parlement verdien.
Steeds op musiekgebied is ’n UP-student, Willem de Beer, aangewys as algehele wenner van die gesogte nasionale toekenning vir instrumentale klassieke musiek, die ATKV-Muziq. Hy het ook die eerste prys losgeslaan in die klavierkategorie. Nog ’n pianis, André Breedt, het sowel die SuidAfrikaanse Musiekbeurskompetisie as die Atterbury-klavierkompetisie gewen. Ook op die klavier het Caryn Reed die Lionel Bowman Beethovenkompetisie gewen.
Op ligter noot het UP die titels vir sowel mans as vroue gewen in die Nasionale Serenadekampioenskappe. Curlitzia het die kompetisie vir vroue gewen en Vividus dié vir mans, en is toe onderskeidelik as algehele wenners in die vroue- en manskompetisies aangewys.
nolz van der merwe het die toekenning vir middagritaanbieder (gautrain) op die jaarlikse mtnradiotoekennings gewen.
UP BY DIE
UNIVERSITEITSPORT
SUID-AFRIKATOERNOOIE
goue medaljes vir:
n Atletiek
n Krieket
n Manssokker
n Gholf
n Netbal
n Roei – bootresies mans A, mans B, vroue A
Sport is ’n waardevolle aspek van die studentelewe aan die Universiteit van Pretoria. Die suksesse van die afgelope jaar bevestig dat ons pogings nie tot die groot sportkodes beperk is nie – iets waarop ons baie trots is.
Onder die individuele sportmanne en -vroue wat uitgeblink het, tel RuanTobie Snyman, wat silwer gewen het in judo op die Statebondspele in Skotland, en Karin Prinsloo, wat as 2013 se vroulike Afrikaswemmer van die Jaar aangewys is. ’n Beduidende aantal van ons sportlui is ook vir nasionale krieket-, hokkie- en netbalspanne gekies.
Wat spansport betref, het ons weer goed gevaar in die verskillende Varsitysportprogramme. UP het die atletiek- en sokkerkompetisies gewen, ons netbalspan het die tweede plek verower en die manshokkiespan het derde geëindig.
AmaTuks het sy Premierligastatus behou, TuksRugby het die Carltonbeker verower en TuksKrieket is as die beste universiteitskrieketspan ter wêreld gekroon.
Ons atletiek-, judo- en roeiklubs het nasionale klubbyeenkomste oorheers, en die hokkie- en netbalklubs het die meeste spelers opgelewer vir streekspanne wat nasionale titels verower het.
Ons gemeenskappe
Ons verbintenis tot uitnemendheid in sport en kultuur is nie tot die studente en personeel op ons kampusse beperk nie. In ’n aantal inisiatiewe is ons fasiliteite, hulpbronne en kundigheid tot die beskikking gestel van talentvolle individue in verskillende fases van hul sport- en artistieke pogings.
TUKSKRIEKET
n Nommer 1-krieketklub in die land
n Wenner van die 2014 Red Bull-kampuskrieket SA kampioenskappe
n Wenner van die 2014
Momentum KSA Nasionale Klubkampioenskappe
n Wenner van die 2014 Red Bull T20 Kampuskrieketwêreldeindstryd in Engeland
Ons radiostasie, TuksFM, was ’n groot wenner by die jaarlikse MTN Radiotoekennings. Die stasie is as wenner aangewys in nege van die 14 kategorieë waarin dit benoem is, insluitende Kampusradiostasie van die Jaar. Die span is gekies om Suid-Afrika en UP in die heel eerste Wêreldradio-uitdaging te verteenwoordig, ’n kompetisie waarin studenteradiostasies van agt lande meegeding het om die beste radioprogram en die langste uitsending.
Ten minste drie kunstenaars wat bande met die Universiteit het, het ’n merkwaardige jaar agter die rug. ’n UP-gegradueerde in die skone kunste, Liberty Battson, is aangewys as algehele wenner van 2014 se Absa L’Atelier-kunskompetisie, terwyl kunstenaar Daniel Mosako, kurator van ons Edoardo Villa-museum en -versameling, gekies is om Suid-Afrika by die 2014 UNESCO-kunskamp in Andorra te verteenwoordig. Gopala Davies, ’n dramastudent, het die toekenning vir beste regisseur op die 2014 Studentefees van die Nasionale Kunste gewen met sy produksie, Barbe Bleu.
n Rugby
n Rugby 7’s
n Vrouesagtebal
n Swem
n Taekwondo
silwer medaljes vir:
n Fietsry
n Pluimbal
n Judo
n Skerm
n Gimnastiek
n Vrouerugby 7’s
n Roei – naelroei
n Roei – bootresies vroue B
In ’n vertoongeleentheid vir buitemuurse verskeidenheid, speel die Universiteit elke jaar gasheer vir die Super 12- en Super 16-skooltoernooie vir onderskeidelik laer- en hoërskole. Deelnemende skole ding mee in aktiwiteite wat wissel van sportbyeenkomste tot skaak- en selfs koorkompetisies. Die toernooie gaan van krag tot krag. In 2014 het 24 skole van dwarsoor Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes deelgeneem.
Aan die teenoorgestelde kant van die sportspektrum het ons High Performance Centre (hpc) die name van 57 atlete aangekondig wat gekies is vir ondersteuning deur die hpc, in samewerking met TuksSport, in hul voorbereiding vir die Olimpiese Speles van 2016 en 2020.
As voortsetting van die tema om ’n nasionale wenkultuur te kweek, is die Krieket Suid-Afrika (KSA)-sentrum van uitnemendheid, ’n gesamentlike onderneming tussen KSA en UP, op 13 Maart 2014 amptelik geopen. KSA gaan die fasiliteit vir al sy nasionale spanne en affiliasies gebruik. TuksKrieket se
senior spanne en senior en junior krieketakademies sal ook die sentrum benut.
Wat kuns betref, het uitstallings op die Hatfieldkampus ’n fotografie-uitstalling in opdrag van die Australiese Hoë Kommissie ingesluit. Die uitstalling, getiteld ‘Celebrating 20 years of democracy: Australia’s contribution to the new South Africa’, is deur UP in die Edoardo Villa-museum aangebied.
Seker die opwindendste kuns- en kultuurontwikkeling die afgelope jaar was die Stad Tshwane se aankondiging dat hy goedkeuring verleen het vir ’n huurkontrak van 30 jaar met UP vir lugruim oor Lynnwoodweg vir die uitsluitlike doel om ’n kunsgalery en voetbrug te ontwikkel om die hoofHatfieldkampus met die Suidkampus te verbind. Hierdie goeie nuus baan die weg vir die bespoediging van die ontwikkeling van die voorgestelde kunssentrum, waarvoor die Universiteit ’n ruim skenking van R75 miljoen plus die leen van sy beduidende kunsversameling van die Javettstigtingtrust ontvang het.
UP CAMERATA
n 20ste beste koor ter wêreld
n 4de beste jeugkoor ter wêreld
(Interkultur-stigting se Wêreldranglys)
UP-jEUGKOOR
n 84 lede
n 14–19 jaar oud
n 1ste plek by die Summa Cum Laude Internasionale
Jeugmusiekfees in Oostenryk (kategorie gemengde kore)
n 3 goue medaljes by die Wêreldkoorspele
finansiële state
Jaarlikse finansiële oorsig vir 2014
Inkomste en uitgawes
Die Universiteit se totale inkomste het gedurende die verslagperiode met R1 173 miljoen tot R5 977 miljoen gestyg.
Die enkele hoofbron van inkomste is steeds die staatssubsidie, asook die geoormerkte subsidies vir veeartsenykunde, kliniese opleiding, grondslagfaseprogramme, navorsingsontwikkeling en onderwysontwikkelingsinisiatiewe. Die subsidie van R1,59 miljard in 2014 (2013: R1,56 miljard) verteenwoordig ʼn styging van 1,9% teenoor 2013.
Die tweede hoofbron van inkomste, naamlik klasgelde, het met R99,55 m gestyg (2013: R177,39 m). Klasgelde vir die Universiteit se programme het gemiddeld jaarliks met 9,5% gestyg (2013: 9,0%). Die styging in klasgelde kan primêr toegeskryf word aan hierdie gemiddelde styging. Die onderstaande tabel bied ʼn opsomming van die Universiteit se bronne van inkomste:
Totale inkomste van die Universiteit van Pretoria in 2014 en 2013
TuksFM
n Kampusradiostasie van die Jaar
n Beste Kampusontbytprogram
n Beste Dagprogram
n Beste Naweekprogram vir Top 30
n Beste Kampusmiddagritaanbieder
(MTN Radiotoekennings)
Akkommodasie- en maaltydgeld 337 280) 57
Beleggingsinkomste – winste met verkope 762 82) 680
rente-/dividendinkomste 234 221) 13
Netto rente-inkomste op omskrewe-voordeelplanne 42 30) 12
Inkomste uit kontrakte en dienste 1 274 1 085) 189
Donasies en geskenke 149 145) 4
Wins/(verlies) met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 6 (61) 67
Bedryfsuitgawes het met 6,4% (2013: 12,2%) gestyg van R4,6 miljard in 2013 tot R4,8 miljard in 2014. Die grootste bydraende faktore tot hierdie styging in bedryfsuitgawes was personeeluitgawes, depresiasie van bates en stygende operasionele uitgawes wat toegeskryf kan word aan stygings in nutsdienste, munisipale belastings en lisensies.
Beleggings
Die Universiteit het ʼn uiteenlopende beleggingsportefeulje wat deur die Raad se Beleggingskomitee bestuur word. Die tabel hieronder sit die Universiteit se struktuur betreffende beleggingsake uiteen:
algehele oorsig
verantwoordelik vir beleggingsstrategie binne die mandaat waarop met die raad ooreengekom is
verantwoordelik vir deurlopende monitering en implementering
Beleggingskomitee
Bestuurskomitee
Drie beleggingsportefeuljes is tot stand gebring. Die onderstaande tabel gee ’n opsomming van die sleutelresultate van die verskillende portefeuljes oor die tydperk sedert ontstaan tot 31 Desember 2014 (prestasie word aangedui na aftrekking van fooie):
portefeulje primêre prestasieteiken werklike opbrengs geldmarkportefeulje Prestasie bo die SteFl-saamgestelde 0,7% bo die SteFl-saamgestelde indeks oor ʼn tydperk van een jaar indeks oor ʼn tydperk van een jaar
Langtermynkapitaal-portefeulje 6% per jaar (na aftrekking van fooie) 6,4% per jaar reëel oor sewe jaar bo verbruikersprysinflasie oor enige 8,5% per jaar reëel sedert ontstaan rollende tydperk van sewe jaar
Mediesefondsportefeulje 5,5% per jaar prestasie bo 6,6% per jaar reëel oor sewe jaar verbruikersprysinflasie oor sewe jaar, 8,8% reëel sedert ontstaan verminder na 4,5% per jaar met ingang
1 Januarie 2014
gevolgtrekking
beleggingsverwante diensverskaffers
Beleggingskonsultante Bewaringsagente
Die Universiteit se beleggingsfonds het drie oogmerke, naamlik:
Beleggingsbestuurders
n Om gedeeltelik te voldoen aan die Universiteit se korttermyn aanspreeklikhede – hierdie verpligtinge het ʼn maksimum termyn van 24 maande. Die risikoportefeulje beklemtoon die behoefte aan kapitaalbeskerming oor kort periodes en ʼn hoë mate van likiditeit wat voorsien moet word.
n Om te voldoen aan die Universiteit se langtermyn aanspreeklikhede (vyf jaar en langer) – die hoofvereiste hier is ʼn goeie opbrengs met betrekking tot inflasie oor die langtermyn.
n Om te voldoen aan die Universiteit se verpligting ten opsigte van mediesefondsvoordele ná aftrede.
Die Universiteit van Pretoria het bevredigende resultate vir die finansiële jaar geëindig 31 Desember 2014 behaal. Die ekonomiese klimaat in 2014 het steeds uitdagings gebied, wat in ’n sekere mate die vermoë om derdestroominkomste te genereer – veral in die vorm van donasies, toekennings en beurse – beperk het.
Die verswakking van die rand teenoor die dollar en die vereiste BTW-heffing op media het gelei tot ’n styging in die koste van akademiese boeke, elektroniese media, sagtewarelisensies en navorsingstoerusting.
Die Universiteit het daarin geslaag om druk om onderriggelde te verhoog as gevolg van die jaar-totjaar benede-inflasieverhoging in die staatssubsidie, te beheer deur die volgende stappe te neem: groei in operasionele en personeelkoste te beheer; kostebesparingsinisiatiewe in te stel; en beleggingsopbrengste en ander a derdestroominkomste aan te wend om die tekort aan te vul.
opsomming van gekonsolideerde staat van Finansiële Posisie soos op 31 Desember 2014
Bates
nie-bedryfsbates
eiendom, masjinerie en toerusting
Ontasbare bates
Uitgestelde belasting
Beskikbaar-vir-verkoop-beleggings
Beleggings in geassosieerde maatskappye
Omskrewe-voordeelplanbate: Pensioenfonds
Omskrewe-voordeelplanbate: Mediese fonds
Omskrewe-voordeelplanbate: Voorsorgfonds lenings en ander ontvangbare rekeninge
Bedryfsbates
Voorraad
Ontvangbare rekeninge en vooruitbetalings
Kontant en kontantekwivalente
totale bates
fondse en laste
totale fondse
nie-verdeelbare reserwes
Herwaardering van beskikbaar-vir-verkoop beleggings