UP Jaaroorsig 2016

Page 1


inhoud INGELIG, BETROKKE, TRANSFORMEREND Boodskap van die Kanselier 2 DEELNEMENDE STRATEGIE BEVAAR ONSTUIMIGE WATERS Boodskap van die Voorsitter van die Raad 4 STEWIGE GRONDSLAG ONDERSKRAAG KRAGTIGE VERTONING Boodskap van die Visekanselier en Rektor 6 AFDELING 1 gehalteonderrig … IMMER OPWAARTS 12 AFDELING 2 navorsingsimpak … IMMER OPWAARTS 26 AFDELING 3 betrokkenheid … IMMER OPWAARTS 34 AFDELING 4 transformasie … IMMER OPWAARTS 40 AFDELING 5 finansies … IMMER OPWAARTS 44

… VISIE

… DOELWITTE

Om ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees wat internasionale erkenning geniet vir gehalte, relevansie en impak, asook vir die ontwikkeling van mensebydraes en kennisskepping, en die vermoë om plaaslik en wêreldwyd ’n verskil te maak

• Om ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees • Om die Universiteit se internasionale profiel te verhoog • Om die Universiteit se invloed op ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te versterk • Om uitnemendheid in onderrig en leer na te streef • Om toegang, deursetsyfers en diversiteit te verhoog

ISBN: 978-1-77592-160-8


Universiteite koester die hoop van die wêreld: van die oplossing van probleme wat oor grense heen strek tot die stimulering van sienswyses wat ’n wêreld kan bedink wat anders is as die een waarin ons leef. Met dié doel voor oë streef UP immer opwaarts.

UP Jaaroorsig 2016 1


ingelig, betrokke, TRANSFORMEREND

Die studenteprotesoptogte wat in 2016 op die gebied van hoër onderwys ervaar is, het die soeklig skerp laat val op die beduidende rol van universiteite in die transformasie van die lewens van individuele studente en die gemeenskap in die geheel. As universiteit besef ons dat ons primêre funksies daarop gemik is om kennis voort te bring, oor te dra, toe te pas en te bewaar. Ons is ook deeglik daarvan bewus dat dit nie in afsondering kan geskied nie. UP wéét dat die politieke, maatskaplike en ekonomiese konteks van hom vra om ’n aktiewe agent vir transformasie en sosioëkonomiese verandering te wees.

Professor Wiseman Nkuhlu Kanselier

Ons beskou die Universiteit as ’n sleutelspeler in die land se ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling. Ons laat geld ons invloed hoofsaaklik deur onderrig en navorsing, en deur betrokkenheid by en diens aan die gemeenskap. Van nog groter belang is dat ons in die besonder bewus is van die bydrae wat ons kan maak om die ongelykhede van vroeër reg te stel ten einde maatskaplike geregtigheid te bevorder. Ooreenkomstig die Universiteit se strategiese plan, UP 2025, en soos in hierdie verslag weerspieël word, kon ons daarin slaag om op elk van hierdie gebiede te vorder. Ek wil die Universiteitsbestuur graag gelukwens dat hulle ten spyte van die moeilike omstandighede steeds op koers gebly het. Voortgesette sukses ten opsigte van ons akademiese roeping sal ’n ernstige verbintenis tot betrokkenheid verg. Ten einde te verseker dat ons aanbiedinge in lyn is met nasionale behoeftes en prioriteite, sal ons veel nouer as voorheen met die regering, die sake- en nywerheidsektore, ouers en alumni saamwerk. Dit is van groot belang om met oop gemoedere en harte mee te doen waar dit om individue en hulle behoefte aan ’n beter lewe gaan. Dit is vir my bemoedigend om te sien hoe transformasie die middelpunt geword het van alles wat die Universiteit bereik – van sakeprosesse tot institusionele kultuur en kurrikulumhervorming, tot vooruitgang in die bevordering van studentediversiteit, -toegang en -sukses. Die Universiteit van Pretoria is waarlik ’n dinamiese instelling wat sy verbintenis tot gehalte, toepaslikheid en verskeidenheid gestand doen. Dit is veral verblydend dat die bestuur ten spyte van moeilike finansiële omstandighede omsigtig en nougeset gebly het in sy onwrikbare toewyding tot die volhoubaarheid van die instelling.

In 2016 het professor Wiseman Nkuhlu die Orde van die Kremetart van die Black Business Council ontvang vir sy merkwaardige prestasies in die rekeningkundige sektor en sy rol as baanbrekerentrepreneur.

2 UP Jaaroorsig 2016

Die verslag bied ’n oorsig oor die prestasies van 2016, wat duidelik wys dat die Universiteit deurlopend sy visie nastreef om ’n ‘toonaangewende navorsings­ intensiewe universiteit in Afrika te wees wat internasionaal erken word vir gehalte, relevansie en impak, asook vir die ontwikkeling van mensebydraes, die skep van kennis en om plaaslik en wêreldwyd ’n verskil te maak’. Hierdie visie dryf UP se veerkragtigheid, deelnemendheid en onwrikbare toewyding aan die kernmandate in ’n dinamiese en onvoorspelbare omgewing. Ook is hierdie verslag ’n viering van die Universiteit se suksesse in onderrig en leer, navorsing, transformasie, institusionele innovering en betrokkenheid by die gemeenskap.


UP Jaaroorsig 2016 3

BOODSKAP VAN DIE KANSELIER


deelnemende strategie

BEVAAR ONSTUIMIGE WATERS

Die deelnemendheid van ons UP 2025-strategie is in 2016 deeglik op die proef gestel. Dit was ’n jaar wat gekenmerk is deur landwye studenteprotesaksies, aangevuur deur befondsingskwessies. Dit is verblydend om te kan rapporteer dat ons steeds op koers is met die strategiese rigting wat ons ingeslaan het, en dat ons vorder na immer toenemende toepaslikheid terwyl ons volhard in ons strewe na uitnemendheid in alles wat ons doen. Suid-Afrikaanse universiteite moes die afgelope jaar of wat hul taak verrig in ’n on­ge­ kend onbestendige omgewing wat gekenmerk is deur studenteprotes en ver­skeie eise, waaronder gratis hoër onderwys, transformasie en die inkontraktering van uit­ge­kon­ trak­teerde kampusdienste. Die Universiteit van Pretoria het die onstuimigheid van 2016 nie vrygespring nie. Onopgeloste befondsingskwessies het studente-onrus oor aan­ geleenthede soos studente-akkommodasie, kampuskultuur en taalbeleid aan­ge­blaas. Ons langtermyn strategiese plan, beter bekend as UP 2025, het deurgaans ons rigtinggewende baken gebly. Die Universiteit se oorkoepelende doelwit om sy posisie as ’n navorsingsintensiewe universiteit van hoë gehalte te versterk, ook in die hoogs mededingende internasionale arena van hoër onderwys, is steeds ongeskonde.

Me Futhi Mtoba Voorsitter van die Raad

Deurdat 2016 die laaste jaar van die vyfjaarbeplanningstydperk van 2012-2016 ingelui het, het die ontwikkeling van ’n nuwe vyfjaarplan aan ons die geleentheid gebied om te besin oor die herskikking van institusionele prioriteite in die lig van die beduidende veranderings wat in die Universiteit se eksterne omgewing plaasgevind het. Die nuwe plan vir 2017–2021 bou voort op die prestasies en vooruitgang van die af­ge­ lope vyf jaar. Dit bevestig opnuut UP se strategiese belangrikheid as ’n nasionale bate wat op nasionale prioriteite en internasionale uitdagings ingestel is. Om voort­gesette toepaslikheid en volhoubaarheid te verseker, is die Universiteit se vyf oor­koe­pel­ende strategiese doelwitte geherformuleer in die lig van 2016 se ingrypende veranderinge in die nadraai van #Feesmustfall, wat verband hou met bekostig­baarheid en hulpbronne vir hoër onderwys, inkontraktering en die aandrang op versnelde transformasie. UP se nuwe strategiese doelwitte is om: • Toegang en suksesvolle studenteleer te verbeter • Die Universiteit se navorsings- en internasionale profiel uit te bou • ’n Getransformeerde, inklusiewe en gelyke universiteitsgemeenskap te bevorder en te handhaaf • Hulpbronne optimaal aan te wend en institusionele volhoubaarheid te verstewig • Die Universiteit se maatskaplike deelnemendheid en inslag in die gemeenskap te versterk.

4 UP Jaaroorsig 2016


BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER VAN DIE RAAD UP se strategiese plan vir 2017–2021 sal die Universiteit se roete bepaal in ’n tydperk wat deur toenemende kompleksiteit en beduidende finansiële druk gekenmerk sal word. Ons belangrikste uitdaging sal wees om veranderende omstandighede die hoof te bied en steeds die wesenlike kenmerke van ’n uitnemende universiteit te handhaaf in ’n steeds meer mededigende globale verband. Ten spyte van die uitdagings van 2016 het die Universiteit sukses oor alle strategiese platforms heen behaal. Die getal wetenskaplikes op ons personeel wat A-graderings van die NNS ontvang het, het bly groei en ons navorsingsproduktiwiteit het die hoogte ingeskiet deur ’n mylpaal van meer as 2 000 navorsingsuitseteenhede te bereik en sodoende UP se posisie as die mees produktiewe navorsingsuniversiteit in Suid-Afrika stewig te verseker. Die Raad is daarvan oortuig dat UP gedurende 2016 bestuur is ooreenkomstig die doelwitte en strategieë soos uiteengesit in die langtermyn strategiese plan, UP 2025. Bestuur het ook geskied in ooreenstemming met die vyfjaar- en jaarlikse toe­passingsplanne wat deel uitmaak van UP se gevestigde beplanningsmodel, die vereistes vir goeie bestuursbeheer soos uiteengesit in King III en alle wette, reëls en reglemente wat op die Universiteit van toepassing is. Ondanks moeilike omstandig­ hede wat deur verwikkelinge in die eksterne omgewing teweeggebring is, het ons beslis gevorder in ons nastrewing van die Universiteit se strategiese doelwitte.

Leierskap van hoë aansien • Professor Cheryl de la Rey, Visekanselier en Rektor, is met die volgende aanstellings vereer: –– Visevoorsitter van die Raad van die Vereniging van Statebondsuniversiteite (ACU) –– Visevoorsitter van die Bestuurskomitee van die Talloires-netwerk (heraanstelling vir ’n tweede termyn). • UP-raadslid en voormalige Visekanselier en Rektor, dr Johan van Zyl, het ’n ere-DCom van die Universiteit Stellenbosch ontvang vir sy leierskap waardeur Sanlam omskep is in ’n gediversifiseerde finansiëledienstegroep met wêreldwye verteenwoordiging. • Professor Chabani Manganyi, afgetrede Viserektor van UP en Navorsingsgenoot in die Sentrum vir die Bevordering van Vakgeleerdheid, het die NNS-leeftyd­prestasie­ toekenning vir 2016 ontvang vir buitengewone bydraes van internasionale standaard en impak tot die ontwikkeling van wetenskap in en vir Suid-Afrika oor ’n lang tydperk.

UP Jaaroorsig 2016 5


stewige grondslag

ONDERSKRAAG KRAGTIGE VERTONING

Sukses by UP geskied doelbewus. Dit word aangevuur deur uitdagende teikens en volbring deur toegewyde mense. In 2016 is ons voornemens nie gekelder nie; ons het onstuimige waters suksesvol bevaar om talle van ons teikens te oortref, wat dit ’n onvergeetlike jaar gemaak het. In ’n jaar waarin ons so maklik oorweldig sou kon word deur die een eis op die ander wat soos golwe oor ons gespoel het, en waarvan nie almal regstreeks met onderrig verband gehou het nie, het ons saamgestaan om ons akademiese missie en strategiese doelwitte te verwesenlik. Die Universiteit se vyfjaarplan vir 2012–2016 het ons deurgaans geanker. Dit was gemik op die inwerkingstelling van die visie en doelwitte van UP 2012, ons lang­ter­ myn strategiese raamwerk wat talle sosioëkonomiese veranderings in die vooruitsig gestel het en aan ons ’n stewige grondslag gebied het. Teen die einde van die van vyfjaartydperk kon ons besin oor beduidende suksesse wat ten opsigte van al die strategiese prioriteite van die plan behaal is.

Professor Cheryl de la Rey Visekanselier en Rektor

UP op die Suid-Afrikaanse ranglys 1ste in Wiskunde en Rekenaarwetenskap 2de in Lewens- en Grondwetenskappe 3de in Maatskaplike en Geesteswetenskappe 4de van alle universiteite * Bron: Ranglys van die Centrum voor Wetenschap en Technologie Studies (CWTS), Universiteit Leiden * Quacquarelli Symonds-wêreldranglys

Doelwitte van 2012–2016 bereik Op die gebied van navorsing was daar tussen 2012 en 2016 ’n aansienlike styging in die getal akademiese personeellede met doktorsgrade, in navorsingsproduktiwiteit en in die aantal terreine waarop die Universiteit as navorsingsleier erken word. Die persentasie akademiese personeel met doktorsgrade het van 43% in 2012 tot 63,4% in 2016 gestyg. Navorsingsproduktiwiteit per akademies voltydse ekwivalente personeellid (VEP) het van 0,7 geakkrediteerde tydskrifeenhede in 2012 tot 1,1 eenhede in 2016 gestyg. Hierbenewens het die totale toekenning van doktorsgrade met 51% gestyg – van 200 in 2012 tot 302 in 2016.

Sukses van ons Strategiese Plan (2012–2016)

Top 1%

AKADEMIESE PERSONEEL MET DOKTORSGRADE

Bron: Web of Science (WoS) Essential Science Indicators (ESI)

in 2014

UP is internasionaal op ses terreine in die top 1%: Landbouwetenskappe Kliniese Geneeskunde Ingenieurswese Omgewingswetenskappe/Ekologie Plant- en Dierkunde Sosiale Wetenskappe

43%

63,4% * Bron: HOBIS-voorleggings

6 UP Jaaroorsig 2016

in 2016

NAVORSINGS­ PRODUKTIWITEIT (tydskrifeenhede per VEP*)

1,0

in 2014

1,36

in 2016

INTERNASIONALE POSTDOKTORALE GENOTE

78

in 2014

125

in 2016

INTERNASIONALE AKADEMIESE PERSONEEL

144

in 2014

167

in 2016


Internasionaal het UP sy plek onder die beste 1% instellings in ses van die 22 breë Essential Science Indicators (ESI)-velde behou: Landbouwetenskappe, Kliniese Geneeskunde, Ingenieurswese, Omgewingswetenskappe/Ekologie, Plant- en Dierkunde en Sosiale Wetenskappe. Die voordeel van UP se fokus op sterk punte in navorsingsterreine is dat dit kruis­ dissiplinêre samewerking, navorsingsproduktiwiteit, die werwing van nagraadse studente en nadoktorale genote, en eksterne befondsing gestimuleer het. Die sukses wat met die verkryging van eksterne navorsingstoekennings en kontrakte behaal is, bewys die relevansie van navorsing en UP se mededingende status op nasionale en internasionale vlak. In 2016 het ons navorsers en navorsingsvennote befondsing van R640 miljoen uit eksterne bronne bekom, wat aansienlik meer is as die R405 miljoen in 2014. UP se navorsingsprestasies is ten nouste verbonde met die versterking van sy internasionale profiel en sigbaarheid. Die Universiteit se internasionale profiel het bly groei, soos verskeie aanwysers toon. In 2016 was daar 846 internasionale doktorale studente teenoor 544 in 2012. Die getal internasionale nadoktorale genote het ook toegeneem – van 78 in 2012 tot 125 in 2016. Internasionale akademiese personeel het eweneens van 144 in 2012 tot 167 in 2016 gegroei. Net so belangrik is die toename in internasionale mede-outeurskappe. In 2016 het UP-navorsers altesaam 1 021 artikels met internasionale navorsers as mede-outeurs gepubliseer in tydskrifte wat deur die Web of Science (WoS) geïndekseer is – wat besonder goed vergelyk met die 643 in 2012. Die sukses- en toevoerkoerse van ons studente is onder die hoogste in die land en

INTERNASIONALE MEDEOUTEURSKAPPE

VROULIKE NAGRAADSE KONTAKSTUDENTE

VROULIKE VOORGRAADSE KONTAKSTUDENTE

643

48,8%

57,2%

1 021

50,5%

56,4%

in 2014

in 2016

in 2012

in 2016

in 2012

in 2016

Bo van links: Professor Niek Grové (Registrateur), professor Stephanie Burton (Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studie) en professor Tinyiko Maluleke (Adviseur vir die Visekanselier en Rektor). Middel van links: Professor Themba Mosia (Viserektor: Studente-aangeleenthede), professor Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor) en professor Carolina Koornhof (Uitvoerende Direkteur: Finansies en Sakeinisiatiewe). Onder van links: Professor Norman Duncan (Viserektor: Akademies), me Patience Mushungwa (Uitvoerende Direkteur: Mensekapitaal en Transformasie) en professor Anton Ströh (Viserektor: Institusionele Beplanning).

DOKTORALE GRADUANDIUITSET

200

in 2012

302

in 2016

UP Jaaroorsig 2016 7

BOODSKAP VAN DIE VISEKANSELIER EN REKTOR

UP Uitvoerende Bestuur


8 UP Jaaroorsig 2016


het tussen 2012 en 2016 bestendig toegeneem. In 2016 het 90% van ons voltydse voorgraadse studente hulle eindeksamens geslaag. Studente se onderrigervaring is verbeter deur, benewens ander strategieë, die implementering van ’n hibriede onderrigmodel en die toenemende gebruik van moderne tegnologieë in onderrig en leer. Dit het gedurende die landwye sluiting van universiteite ’n vooruitsienende stap geblyk te wees toe ons akademiese personeel met aanlynonderrig en -leer deurlopende toegang tot leermateriaal moontlik kon maak. Nog ’n inisiatief wat studentesukses aangehelp het, is Fly@UP, wat in 2016 ingestel is. Ons moedig studente aan om hulle kwalifikasies binne die minimum tydperk te behaal. Die Fly@UP-inisiatief ondersteun die verwesenliking van hierdie doel, verskaf middele aan akademiese personeel om die gehalte van onderrigprogramme te verbeter, span die hibriede onderrig- en leerbenadering in, en gebruik data-analise om studente aan te spoor. In Fly@UP staan ‘Fly’ vir ‘the finish line is yours’. ’n Bestendige toename in die getal swart studente en personeel het verseker dat die Universiteit meer divers en inklusief geword het. In 2016 het voorgraadse swart kontakstudente 51,7% van ons studentekorps uitgemaak (teenoor 45,1% in 2012) en swart personeel het tot 53,8% toegeneem (teenoor 37,1% in 2012). Uit die totale inskrywing van 48 572 kontakstudente in 2016 was 27,1% nagraads, waarvan 58,9% (7 758) swart was.1 Die persentasie swart kontakstudente (voorgraads en nagraads) het op 53,7% te staan gekom, en bykans al die studente wat vir afstandonderrig ingeskryf was, was swart. Hierbenewens het inskrywings in die studievelde Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie – wat van kritieke belang vir die vooruitgang van Suid-Afrika is – stewige groei ervaar met 53%

• Tydens die 2016 Herfsgradeplegtighede is ’n besondere mylpaal bereik toe UP die 250 000ste gegradueerde alumnus by die alumnidatabasis kon voeg. • Die Universiteit se Gordon Institute of Business Science (GIBS) was in 2016 weer volgens die Verenigde Koninkryk se Financial Times Uitvoerende MBA-ranglys die beste sakeskool in Suid-Afrika en Afrika. GIBS beklee dié posisie alreeds langer as ’n dekade en is wêreldwyd in die 74ste plek geplaas, teenoor 87ste in 2015. • Die getal navorsers met A-graderings van die NNS staan nou op 15. Die volgende wetenskaplikes se A-graderings geld vanaf 1 Januarie 2016: –– professor Nigel Bennett, professor in Dierkunde en bekleër van die Departement Wetenskap en Tegnologie/NNS Navorsingstoel in Ekologie en Fisiologie van Soogdiergedrag, en die Austin Roberts-leerstoel in Afrika-soogdierkunde; –– professor Pedro Crous, deeltydse akademikus in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, en die Instituut vir Bosbou en Landboubiotegnologie (FABI); –– professor Erika de Wet, SARChI-professor in Internasionale Konstitusionele Reg; –– professor Xiaohua Xia, Direkteur: Sentrum vir Nuwe Energiestelsels en bekleër van die Exxaro-leerstoel in Energiedoeltreffendheid; en • Professor Stella Nkomo, Adjunkdekaan vir Navorsing en Nagraadse Studie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, se A-gradering geld vanaf Professor Stella Nkomo Januarie 2017.

van die studente wat daarvoor ingeskryf het. Daarbenewens het die Universiteit belangrike vennootskappe met plaaslike gemeenskappe, die Stad Tshwane, die regering, nywerhede en internasionale organisasies gesluit. Die internasionale gradering van universiteite bly ’n belangrike aspek van die nasionale en internasionale hoëronderwyslandskap. Die graderings raak onder andere ’n instelling se sigbaarheid en posisionering in vergelyking met sy eweknieë, studente se keuses en algehele mededingendheid. Die Universiteit se insluiting in die Centrum voor Wetenschap en Technologie Studies (CWTS), Universiteit Leiden, se 2016 ranglys vir navorsingsimpak as een van vyf Suid-Afrikaanse universiteite wat onder die 800 beste universiteite wêreldwyd gereken word, was voorwaar noemenswaardig. Ons algehele gradering het van die 642ste posisie in 2015 na die 512de verbeter.

1

Swart sluit Afrikane, Kleurlinge en Indiërs in

UP Jaaroorsig 2016 9

BOODSKAP VAN DIE VISEKANSELIER EN REKTOR

’n Keur van prestasies


In Suid-Afrika is UP eerste op die ranglys in Wiskunde en Rekenaarwetenskap, tweede in Lewens- en Grondwetenskappe (met posisie nommer 174 wêreldwyd) en derde in Sosiale en Geesteswetenskappe. Impak in dinamiese verband Die Presidensiële verklaring in 2015 aangaande ’n nulpersent toename in klasgelde vir 2016, en die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se aankondiging in September 2016 dat daar in 2017 geen styging in studiegeld vir behoeftige studente sal wees nie, het kommer gewek oor die stabiliteit en volhoubaarheid van die hoëronderwyssektor in die algemeen. Ten einde sy finansiële gesondheid te hand­ haaf, moes die Universiteit groter inkomste uit alternatiewe bronne (soge­noemde derde­ stroominkomste) verkry. Derdestroominkomste word aangewend vir innovering in onderrig, institusionele navorsing, beurse vir hulp­ behoewende studente en infra­struk­tuur­ ontwikkeling.

In 2016 is fondse ook ingesamel vir finansiële bystand aan studente in die vorm van beurse en lenings. Die vraag na finansiële bystand neem toe as gevolg van die stygende koste van hoër onderwys en die uitdagings wat studente uit ’n benadeelde agtergrond die hoof moet bied. Dit het ook duidelik geword dat tradisionele bronne vir die finansiële ondersteuning van studente, waaronder die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS), nie met die toenemende vraag tred kan hou nie. Die Universiteit het sy eie UP NSFAS-program geskep en befonds dit om studente met finansiële beperkings by te staan. Die Tuks Beursfonds is in 2014 tot stand gebring om vir UP-studente se verskillende befondsingsbehoeftes voorsiening te maak, ongeag hulle studieveld. Dit is tekenend van die behoefte aan befondsing dat die Universiteit in 2016 altesaam R1,14 biljoen in lenings en beurse toegestaan het, vergeleke met R970 miljoen in 2015. Ná die aankondiging oor die klasgelde vir 2017, het die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) bekendgemaak dat die Ikusasa Student Financial Aid Programme

Ons is trots op die volgende alumni wat in 2016 nuus gemaak het Regter Johann van der Westhuizen, stigterdirekteur van die UP Sentrum vir Menseregte en ’n voormalige lid van die UP Raad, het as regter van die Grondwetlike Hof uitgetree. Hy het daarna ’n aanstelling as buitengewone professor in die Sentrum vir Menseregte by UP aanvaar.

Van bo af: Regter Johann van der Westhuizen, Elizabeth Steinberg, Ben Schoeman, Katinka Heyns, Honey Mamabolo.

Me Elizabeth Steinberg het by die Emmy-toekennings­ plegtigheid in New York ’n Emmy-toekenning vir grafiese ontwerp en kunsregie ontvang. Sy is vereer vir haar werk in ’n dokumentêre produksie vir National Geographic, getiteld ‘Future Cat’, waarin die aanpassing van groot katte in ons veranderende planeet uitgebeeld word. Onder diegene wat by die jaarlikse prysuitdelingseremonie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer is, was die internasionaal bekende pianis Ben Schoeman,

10 UP Jaaroorsig 2016

wat die Huberte Rupert-prys vir Klassieke Musiek ontvang het, en die aktrise en regisseur Katinka Heyns, aan wie die eremedalje vir Rolprentkuns toegeken is. ’n Reistoepassing genaamd ‘Transport Wise’ vir die navigasie van openbare vervoer in Suid-Afrika is deur twee voormalige UP-studente, Tyler Hoffman en Unathi Chonco, ontwikkel. Hulle woon tans in Silicon Valley, Kalifornië. Me Honey Mamabolo, een van die eerste drie swart vroulike graduandi in chemiese ingenieurswese aan UP en die Uitvoerende Hoof van Thebe Unico, het in ’n onderhoud hulde aan haar alma mater gebring. Sy het gesê die omgewing by UP en die ondersteuning wat sy van haar dosente ontvang het, het haar gehelp om in haar loopbaan te gedy.


Bron: UK Financial Times Executive MBA Ranking

Nr 1

GIBS is aangewys as die beste sakeskool in SuidAfrika en Afrika. Bron: UK Financial Times Executive MBA Ranking

(ISFAP) finansiële hulp aan behoeftige studente en studente uit die ‘vermiste middel’ sal verskaf. Dit is moontlik gemaak deur vennootskappe tussen die publieke en die privaatsektor en bestaan uit ’n kombinasie van toekennings en lenings wat in 2017 by ses universiteite, insluitende UP, en een TVETkollege (Tegniese en Beroepsonderrig en Opleiding) geloods sou word. UP was ook onder die eerste universiteite in Suid-Afrika wat ’n aanvang gemaak het met die inkontraktering van kampusdienste wat voorheen uitgekontrakteer was. Die eerste aan die beurt was die sekuriteits- en voedseldienswerkers. Die Universiteit se optrede was nie slegs daarop gemik om onmiddellike uitdagings die hoof te bied nie, maar veel eerder om sy lang­ter­myn­ volhoubaarheid as ’n uitnemende hoër­onder­rig­ instelling te verseker.

Die volgende vyf jaar In November 2016 het die Raad ons nuwe vyfjaarplan2 vir die tydperk 2017–2021 goedgekeur, waardeur ons daartoe verbind is om die huidige uitdagings suksesvol die hoof te bied. Dit beklemtoon ons verbintenis tot studentetoegang en -sukses, en die strewe na navorsing wat ’n positiewe uitwerking op terreine van groot gemeenskapsbehoeftes sal hê en die land se maatskaplike en ekonomiese struktuur sal versterk. UP se identiteit as ’n betrokke universiteit wat vatbaar is vir die konteks waarin hy gewortel is, tesame met sy geskiedenis van veerkragtigheid en innovering, het ons in staat gestel om koersvas te bly. Dit is ’n geskiedenis wat ons in ’n gunstige posisie plaas om in die nuwe konteks te floreer.

2

Universiteit van Pretoria (2016). Universiteit van Pretoria Strategiese Plan: 2017–2021.

UP Jaaroorsig 2016 11

BOODSKAP VAN DIE VISEKANSELIER EN REKTOR

74ste

GIBS se MBAprogram vir uitvoerende bestuur is onder die wêreld se 100 bestes.


12 UP Jaaroorsig 2016


GEHALTEONDERRIG

gehalteonderrig … IMMER OPWAARTS

By UP is gehalte die dryfveer vir alles wat ons doen en dit is die riglyn wat altyd voorop in ons gedagtes is. Ons is vasberade om ons doelwit, die verskaffing van onderrig van hoë gehalte, getrou na te streef. Ons primêre doelwit is nie slegs om goeie graduandi te lewer nie, maar ook om graduandi te lewer met eienskappe wat verder as die bemeestering van hul studievelde strek – graduandi wat daarop voorberei is om die uitdagings van ’n diverse en veranderende wêreld die hoof te kan bied.

UP Jaaroorsig 2016 13


Die Universiteit van Pretoria is een van die hoof­ bydraers wat individue lewer wat toegerus is met vaardighede in ’n wye reeks velde wat van deur­ slaggewende belang vir Suid-Afrika se vooruitgang is. Bykans die helfte (49%) van ons geregistreerde kontakstudente volg studie­programme in skaars vaardighede wat as van kritieke belang vir die land se sosioëkonomiese ont­wikkeling geïdentifiseer is. Dit is dus van nasionale belang dat ons toegang tot – en die suksesvolle voltooiing van – tersiêre onderrig vir alle verdienstelike studente moet fasiliteer. Ons skep doelbewus ’n omgewing wat sukses op elke denkbare gebied fasiliteer. Ons inisiatief met die gepaste naam Fly@UP is ’n geïntegreerde poging om ons studente te help om suksesvol te wees en hul grade binne die minimum tydsverloop te behaal.

TOEGANG TOT GEHALTELEER Een van die onveranderbare realiteite van tersiêre onderrig is dat studente wat ’n suksesrekord het, of oor die potensiaal beskik om suksesvol te wees indien hulle bykomende ondersteuning gebied word, die meeste by die ondervinding baat. Voorgraadse onderrig van gehalte moet dus by die omsigtige werwing van studente begin. Die Universiteit bestuur ’n omvattende studente­ werwingsprogram. Die kernkomponente van dié program is die uitreikinisiatiewe na geteikende skole en die omvangryke Junior Tukkie-program wat tot stand gebring is om leerders te help om verantwoordelike studie- en loopbaankeuses uit te oefen. Ons werwingstrategieë, versterk deur verskeie fakulteitsinisiatiewe en ons jaarlikse Ope Dag, het daartoe bygedra dat die Universiteit van Pretoria sy posisie as die voorkeuruniversiteit vir ’n hoë persentasie van die land se topmatrikulante kon handhaaf. In 2016 het 20% van alle leerders wat ’n akademiese gemiddeld van 90%+ in die Graad 12-, die Nasionale Senior Sertifikaat-, die Onafhanklike Eksamenraad- en die Cambridge-eindeksamens behaal het, by UP ingeskryf. Inskrywings Die onbestendigheid en veranderlikheid wat die ganse hoëronderwyssektor in 2016 geraak het, het daartoe gelei dat die getal voorgraadse studente wat vir die eerste keer ingeskryf het nie ons volle teiken gehaal het nie. Nogtans het die Universiteit met die 48 572 kontak- en 7 911 afstandonderrigstudente wat in 2016 ingeskryf het daarin geslaag om sy teiken vir die totale aantal ingeskrewe studente met 1 830 te oorskry. Vanweë die toenemend dinamiese en onvoor­ spelbare konteks daarvan is inskrywingsbestuur tot ’n strategiese kwessie verhef. Studente het

14 UP Jaaroorsig 2016


GEHALTEONDERRIG toenemend van aanlynregistrasie gebruik gemaak, wat tot gevolg gehad het dat meer as 80% van ons studente in 2016 aanlyn geregistreer het. Aanlynregistrasie was van kardinale belang om studente in staat te stel om te registreer ten spyte van die sluiting van kampusse voortspruitend uit studente­protesaksies gedurende die regi­strasie­ tydperk. Die toepassingstelsel vir aanlynstudieaansoeke is herontwerp en herontwikkel, onder andere ten einde toppresteerders voortydig te kan identifiseer. Goeie vordering is gemaak met die ontwikkeling en inwerkingstelling van ’n studentediensmodel wat vir volle implementering teen 2017 bestem is. Dit sal ons in staat stel om tydens die inskrywingsproses ’n doeltreffende en ononderbroke ondervinding aan studente te bied – van werwing tot aansoek, toelating, registrasie, studiefinansiering en plasing in koshuise. Finansiële ondersteuning Toegang tot studentebefondsing is steeds ’n belangrike faktor wat toegang tot hoër onderwys belemmer. In sy strewe om ’n bydrae te lewer

tot die bereiking van die nasionale doelwit om ’n groter mate van toegang tot bekostigbare universiteitsopleiding aan alle verdienstelike studente te bied, is dit derhalwe vir UP ’n prioriteit. Ondanks die nominale toename in bydraes van regeringskant wat vir 2016 aangekondig is, is die omvang van die uitdaging sodanig dat die beskikbare fondse steeds ontoereikend is. UP het, ná die regering se aankondiging van die moratorium op studentegeld in 2016, R57 miljoen bygedra om die tekort aan te vul, asook ’n bykomstige R46,6 miljoen om studente te ondersteun wat vir fondse van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) kwalifiseer, maar nie uit hierdie bron ondersteun kon word, of ten volle ondersteun kon word om historiese skuld te delg nie. Ons deurlopende fondsinsamelingsveldtog het voortdurend positiewe resultate gelewer. Die Tuksbeursfonds het die #100inamillion veldtog geloods om ten minste 10 000 donateurs te werf wat elk R100 per maand bydra. Aan die begin van

UP Jaaroorsig 2016 15


88%

Voorgraadse modules aanlyn beskikbaar

13 732

Diplomas en grade toegeken in 2016

2016 kon die Fonds volle beurse aan 12 studente uit die sogenoemde ‘vermiste middel’ vir die duur van hul studies aanbied. Die Albert Wessels-trust het ’n bykomende R1,7 miljoen tot die Fonds bygedra. UP ontvang aansienlike beursfondsbydraes van filantropiese stigtings vir ’n aantal spesifieke programme wat in 2016 voortgesit is. Die Michael en Susan Dell-stigting het R12 miljoen bygedra om 50 studente wat vir die Dell-program vir jong leiers ingeskryf het te finansier en die MasterCardstigting het R26,9 miljoen bygedra vir die derde groep van 43 studente (16 voorgraads en 27 nagraads) wat deel is van die MasterCard-stigting se program. ’n Skenking van die Carnegie-stigting het die laaste gedeelte van R13,4 miljoen wat vir die IT-meestersgraadprojek in die Skool vir Inligtingtegnologie benodig is, bygedra. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het R13,2 miljoen tot die toekenning van beurse vir 194 studente in die lank gevestigde Thuthuka-program bygedra, en die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika (AVSA) het 64 studente met beurse ten bedrae van R6,4 miljoen ondersteun. Dit was verblydend dat UP weereens die ander universiteite uitgestof en sy

16 UP Jaaroorsig 2016

algehele eerste posisie ten opsigte van die uitslae van SAIGR se aanvanklike bevoegdheidstoets (ABT) gehandhaaf het. Die graduandi in die ABT-groep se slaagsyfer (89%) was hoër as dié van enige Thuthuka-groep sedert die inwerkingstelling van die program by UP. Daarbenewens het 96 IT- en Bemarkingstudente BANKSETA-beurse ten bedrae van R8,1 miljoen ontvang; die FoodBev SETA het 72 studente met beurse ter waarde van R5,8 miljoen ondersteun; en Avenade-beurse is toegeken aan die eerste vyf UP-studente, almal vroulik, wat by dié wêreldwye program gebaat het. Nuwe eksterne befondsingsprogramme vir studente waarmee in 2016 begin is, sluit in: • Die Michael en Susan Dell-stigting het ’n skenking van R4,4 miljoen goedgekeur vir Jaar 1 van die Sikelela-beurshouersprojek wat ten doel het om studentesukses te verbeter deur holistiese steun te bied aan minderbevoorregte SA studente wat finansiële hulp ontvang. Die projek het in Julie 2016 met 100 studente in hulle eerste studiejaar by UP afgeskop. • Die Universiteit het ’n ooreenkoms met die Discovery-stigting aangegaan om R20 miljoen in ’n trustrekening te laat deponeer as aanvullende


GEHALTEONDERRIG

Toekennings vir onderrig sekuriteit om studielenings vir mediese studente te waarborg. • Die Universiteit het ’n diskresionêre toekenning van R2 miljoen van die Oppenheimergedenktrust ontvang. Dié bedrag sal vir nagraadse en nadoktorale beurse aangewend word. • ABSA en die FirstRand-stigting het elk R10 miljoen geskenk om behoeftige en ‘vermiste middel’-studente finansieel by te staan.

STUDENTESUKSES ’n Student se sukses in tersiêre onderrig hang van ’n groot aantal faktore af. Sommige daarvan is tasbaar, soos fondse en veilige verblyf, terwyl ander, soos leierspotensiaal en emosionele welstand, minder tasbaar is. Ter erkenning hiervan is UP se reaksie op ons studente se behoeftes net so veelsydig en genuanseerd. Die Universiteit geniet ’n hoë suksessyfer, soos blyk uit die eksamenslaagkoers van bykans 90% vir ons kontakstudente in 2016. Dít is grootliks te danke aan ’n aantal ingrypings om seker te maak dat ons studente ’n gunstige uitkoms ondervind en dat ons sukseskoers deurlopend verbeter. Dit sluit in innoverings in die Universiteit se hibride onderrigmodel en die verbeterde gebruik van moderne tegnologie in onderrig en leer. Internasionale navorsing het getoon dat ’n kombinasie van kontak- en aanlynleer groter studentesukses as leer in slegs een leweringsmodel oplewer. Ons sal die aanlynteenwoordigheid van meer programme en gedoseerde kursusse deurlopend uitbrei, en sal akademici en studente oplei om die grootste voordeel uit aanlynleer te put. Die aanlyn-leerbestuurstelsel clickUP stel tans 88% van die voorgraadse modules aanlyn beskikbaar. Gevolglik was talle lektore tydens die ontwrigtings wat #Feesmustfall teweeggebring het, in staat om gladweg na die aanlynomgewing te beweeg sodat studente hul studie ononderbroke kon voortsit. Tydens die ontwrigtings, toe die kampus en klaskamers ontoeganklik vir studente was, het die Universiteit met die Stad Tshwane onderhandel om

Ons akademici het hulle nasionaal en internasionaal onderskei en het talle toekennings ontvang vir uitnemendheid in hul dissiplines en velde. Daaronder was die volgende drie gesogte onderwystoekennings: • Professor Stephen Coetzee en me Astrid Schmulian het ’n Nasionale Uitnemendheid in Onderrig-toekenning van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Hoëronderwys Leer- en Onderrig-vereniging van SuiderAfrika (HELTASA) ontvang. • Tydens die Wharton-QS Reimagine Education-konferensie wat laat in 2016 in Philadelphia gehou is, het professor Juan Bornman van die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (SAAK) in die Fakulteit Geesteswetenskappe ’n Global Award for Innovative Higher Education Pedagogics Enhancing Learning and Employability ontvang. Sy was die wenner in die Afrikastreek. • Dr Kato Plant van die Departement Ouditkunde is deur die Instituut vir Interne Ouditeurs (IIA SA) as Opvoeder van die Jaar vir 2016 aangewys. deur die Stad se netwerk onbeperkte toegang aan studente te verleen. ’n Versoek om gratis WiFi is aan Telkom gerig, wat uiteindelik alle universiteite gebaat het. Twee selfoonmaatskappye het ook gratis WiFi aan ons studente verskaf nadat die Universiteit onderneem het om die koste te dra. Hierbenewens het die AlwaysOn-netwerk in winkelsentrums landwyd ingestem om onbeperkte toegang aan UP se webskakels te verleen. Leerondersteuning Daar is in 2016 skerp daarop gefokus om die wan­ver­houding in slaagsyfers tussen verskillende groepe studente uit die weg te ruim. ’n Taakspan oor Studentetoegang en -sukses het bygedra om die ver­wesen­liking van hierdie verbintenis tot die daar­stelling van gelykheid op koers te hou. Die span het gefokus op die ontginning van data oor verskillende sukses­syfers ten einde ingrypings te formuleer.

Professor Stephen Coetzee

Astrid Schmulian

Professor Juan Bornman

Ingrypings begin nou tydens die eerste studiejaar. Dit behels akademiese oriëntering onder vier oë, gevolg deur fakulteitspesifieke aanlynoriëntering. Studente wat potensiële risikogevalle is, word vroegtydig geïdentifiseer deur middel van die Student Academic Readiness Survey (STARS), wat tydens oriëntering geadministreer word. Die gebruik van die STARS-ontleding kweek bewustheid

UP Jaaroorsig 2016 17


Green Films Pty Ltd

Veeartsenykunde-sterre Ses Veeartsenykundestudente was die sterre in Frontier Vets, ’n realiteits-/dokumentêre TVreeks van 13 episodes waarvan die eerste in Julie op SABC 3 vertoon is. Die program handel oor die daaglikse werksaamhede van UP-studente wat verantwoordelik is vir die bestuur van ’n landelike dierekliniek in ’n gemeenskap wat aan die Nasionale Kruger-wildtuin grens.

by individuele studente en beïnvloed die toewysing van mentors aan studente, veral indien risiko’s ook geïdentifiseer word by studente wat die eerste uit hul gesinne is wat aan ’n universiteit studeer, of in ’n landelike gebied woonagtig is. Die eerste bemoedigende tekens was te sien in die slaagsyfer van 83,18% in die 2016-modules (2015: 81,51%) en die laer uitsaksyfer van 5,38% (2015: 8,17%). Die slaagpersentasie in eksamens was effens laer teen 89,74% (2015; 90,26%).

16,5%

Internasionale nagraadse kontakstudente

Studente/personeel-verhouding ’n Goot uitdaging wat die Universiteit deurentyd in die gesig staar, is ’n verswakkende personeel/ studente-verhouding, wat dui op ’n wanverhouding tussen die toename in inskrywings en personeel­ kapasiteit. Ons pogings om akademiese personeel te werf, word gekortwiek deur die skaarsste in hoogs geskoolde individue wat landwyd ervaar word.

18 UP Jaaroorsig 2016

Die Universiteit is die geleentheid gegun om die personeel/studente-verhoudings te verbeter deur middel van die DHOO se nGAP-inisiatief (Next Generation of Academics Programme), wat daarop gemik is om die ernstige onderverteenwoordiging van Swart, Indiër-, Kleurling- en vroulike SuidAfrikaanse akademici oor die hele sektor heen die hoof te bied deur die volgende geslag akademiese vakkundiges te ontwikkel. Met die aanstelling van ses swart akademici in die sewe gefinansierde poste wat in 2015 in Fase 1 van die program aan UP toegeken is, was ons verheug om in 2016 R9,3 miljoen vir nog vier poste in die tweede fase te ontvang. Hierbenewens bied UP ’n aantal geleenthede om ’n diverse en bekwame werkerskorps op te bou wat die verwesenliking van die Universiteit se strategiese doelwitte ’n werklikheid sal maak. Hierin speel die ontwikkeling en versterking van die voerband van nagraadse studente as toekomstige akademici ’n sleutelrol. Dit behels ook die ontwikkeling van akademici en ondersteuningspersoneel as beroepslui, en die skep van ’n omgewing waarin personeel en studente kan floreer. Internasionale profiel ’n Belangrike dimensie van tersiêre onderrig is ruim blootstelling aan verskillende denkwyses. Dit


GEHALTEONDERRIG

Studentetoekennings ’n Goeie slaagpunt is nie die enigste aanduider van ’n suksesvolle student nie. Om ook buite die UP-verband goed te presteer – en buite UP erkenning daarvoor te kry – is die ware maatstaf van gehalteonderrig. Individuele studenteprestasies gedurende 2016 sluit die volgende in: • Azile Nkabinde was die eerste Thuthuka-student wat SAIGR se ABT (die eerste professionele eksamen om as geoktrooieerde rekenmeester te kwalifiseer) met lof geslaag het en onder die 10 toppresteerders landswyd geplaas is (sy het die vierde plek behaal). Sy was ook die eerste Thuthuka-student aan UP wat beide die BCom- en BCom (Hons)-grade in Rekeningkundige Wetenskappe cum laude verwerf het. • Nie minder nie as 31 UP-studente is onder die Top 100 universiteitstudente landwyd wat vir die GradStar-program gekeur is. Paul Ssali, ’n student in meganiese ingenieurswese, en Cyan Brown, ’n mediese student, was onder die Top 10. • Luïse Robbertse, ’n PhD-student in Genetika aan UP, het die tweejaarlikse Norval-Young-toekenning van die Vereniging vir Tropiese Diergeneeskunde (VTVM) vir haar werk in haar BSc (Hons)-graad in bosluis- en bosluisoordraagbare siektes ontvang. Dit het erkenning verleen aan toonaangewende jong denke in dié studieveld. • Samantha Jamison, ’n magisterstudent in die Departement Plant- en Grondkunde, het tydens die 2016 Saadekologie-konferensie in Brasilië die prys verower vir die beste Mondelinge Voordrag deur ’n student. • Renate Schoeman, ’n tweedejaarstudent in Arbeidsterapie, het die 2016 internasionale wedstryd van die Science Centre and Science Museum Day gewen en is gekies om deel te neem aan ’n UNESCOkonferensie wat ter viering van die World Science Day for Peace and Development in Parys, Frankryk gehou is. • Karl Frenzel, ’n BCom (Hons)-student in Belasting, is deur Ernst & Young aangewys as die Young Tax Professoressional of the Year vir 2016. • Mohammad Ardekani, ’n PhD-student in Meganiese Ingenieurswese, het ’n Green Talent-toekenning ontvang tydens die Green Talents International Forum for High Potential in Sustainable Development wat jaarliks deur die Duitse Federale Departement van Opvoeding en Navorsing aangebied word. • Pelly Malebe, PhD-student in Biotegnologie, is gekies as Suid-Afrika se ‘Volgende Einstein-forumambassadeur’ (Next Einstein Forum Ambassador) en het haar land tydens die 2016 wêreldbyeenkoms verteenwoordig. • Ons Inligtingontwerpstudente het by die 38ste Jaarlikse Loerie-toekennings goue, silwer en brons Loeries in drie verskillende ontwerpkategorieë in die studentekategorie vir advertensies ingepalm. • ’n Drinkgereed sorghum-swartbekboondrankie genaamd Shoki-Nwa, wat deur vier voorgraadse studente in Voedselwetenskap ontwikkel is, het in die 18de International Union of Food Science and Technology ‘Students Fighting Hunger’ se produkontwikkelingskompetisie ’n toekenning vir Beste Aanbieding ontvang (sien hieronder).

Azile Nkabinde

Paul Ssali

Cyan Brown

Luïse Robbertse

Samantha Jamison

Karl Frenzel

Mohammad Ardekani

Pelly Malebe

UP Jaaroorsig 2016 19


Studentespanne wen toekennings Studentespanne van UP het ook ’n aantal toekennings ingepalm: • ’n Groep MBA-studente van GIBS was die wenners van die gesaghebbende internasionale Zurich Enterprise Challenge waaraan 80 spanne van top sakeskole deelgeneem het. • ’n Span nagraadse studente in Geoinformatikawetenskap was die wenners in die klimaatveranderingskategorie by die Durban Agrihack Talent-uitdaging. • UP se rekenaarwetenskapspan het die ‘codeathon’ vir SA-universiteitstudente gewen wat deur die Investec IT Grad-program aangebied is. word aangehelp deur gesprekke tussen personeel en studente, asook gesprekke met internasionale nagraadse studente. In 2016 was daar 167 internasionale akademiese personeellede in permanente en voltydse tydelike poste, wat 11,6% van UP se akademiese personeel uitgemaak het. Die getal internasionale nadoktorale genote by UP het effens gedaal van 126 in 2015 tot 125 in 2016. Die 2 297 nagraadse internasionale kontakstudente wat by UP ingeskryf het, het 1 238 uit SADClande ingesluit, wat 16,5% van alle nagraadse kontakstudente by UP verteenwoordig. Studentewelstand Die welstand van studente is ’n kernprioriteit vir die Universiteit en word deur middel van ’n verskeidenheid programme bevorder.

Die Universiteit se studentevoedingskema (Student Nutrition and Progress Programme (SNAP)) ondersteun minderbevoorregte studente by UP. Studente wat aan dié program deelneem, ontvang weekliks kospakkies en finansiële hulp om na hul basiese behoeftes om te sien. Deelname het van 235 studente in 2015 tot 422 in 2016 gestyg. Die Gestremdheidseenheid voorsien gespesialiseerde dienste aan studente met gestremdhede. In 2016 het die Eenheid bystand in die vorm van ondersteunende tegnologieë, spesiale toetse en ondersoeke aan 724 studente verleen. Die Eenheid het ook 312 voornemende studente gehelp om die oorgang van skool na universiteit te hanteer, insluitend hulp met aansoeke om finansiële bystand. Die Studente-ondersteuningseenheid bied akade­miese, terapeutiese en emosionele onder­­steuning om toe te sien dat studente die regte loopbaankeuses uitoefen, akademiese spanningsdruk beter kan hanteer en toegerus is om akademies suksesvol te wees. Lewensvaardighede stel studente in staat om holisties te ontwikkel tot goed afgeronde individue en sosiaal verant­ woordelike landsburgers. In 2016 het ’n multidissiplinêre span bestaande uit voorligtings-, opvoedkundige en kliniese sielkundiges en maatskaplike werkers deur middel van groep- of individuele sessies akademiese, terapeutiese en emosionele ondersteuning aan 8 251 studente gebied. Die Studentegesondheidsdiensteklinieke het gedurende die jaar ’n aantal gesondheidsen welstandsveldtogte gevoer en 17 995 kliniekbesoeke aan vyf kampusse gebring. In die koshuisomgewing het die Departement Koshuisaangeleenthede en Akkommodasie die bekendstelling van die Triple L + 1-program voortgesit om ’n omgewing te skep wat akademiese sukses, diversiteit en gemeenskapsbou in die Universiteit se koshuise bevorder. Die program behels gesprekke om begrip (Luister) te bewerkstellig, ’n gevoel van tuishoort en die holistiese ontwikkeling van alle koshuisgangers

20 UP Jaaroorsig 2016


GEHALTEONDERRIG ©Christiaan Kotze/SASPA

(Leef) te skep, Leer aan te wakker, en ’n positiewe en innoverende nalatenskap te laat posvat. Leierskapontwikkeling Koshuisstudente word deur die TuksRes Leierskapopleidingsakademie blootgestel aan diversiteit en leierskapontwikkelingsprogramme wat praktiese leierskap, ouderlingskap, vroue in leierskap, welsyn en indiensneembaarheid beklemtoon. Die Vroue in Leierskap-program wat in 2015 tot stand gekom het, het bly uitbrei as ’n inisiatief onder die leiding van studente en sal amptelik by die breër aanbieding van die kokurrikulêre program geïntegreer word. Die destydse Openbare Beskermer, adv Thuli Madonsela, het die beleidsrede by die sertifikaatplegtigheid van die TuksRes Vroue in Leierskap Akademie gelewer en as ’n sterk rolmodel vir ons studente gedien. Uitblinkers in sport UP beskou sy holistiese benadering tot opvoeding as ’n sentrale komponent van studentesukses. Net soos ons op akademiese uitnemendheid fokus, stel ons kampusomgewing ons studente ook op ’n unieke wyse in staat om na die hoogste vlakke van hul sport te streef. Ons is van mening dat deelname aan sport waardevolle lewenslesse bied ten opsigte van

regverdige en eerbare wedywering, om beide wen en verloor in die oë te kan kyk, van ewewig tussen lewe en werk, en van volharding en toewyding. UP se fokus op sport en sportontwikkeling, ook deur ons wêreldbekende High Performance Centre (hpc) wat met nasionale sportliggame soos die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) en Krieket SA (KSA) saamspan, is ’n groot trekpleister vir studente-atlete om aan UP te studeer.

Lawrence Brittain (links) en Shaun Keeling het by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië ’n silwermedalje in die pareroei vir mans verower.

In 2016 het die hpc die eerste 2016 Rio Olimpiese en Paralimpiese Wêreldkamp aangebied, waarvoor SASKOK groot waardering uitgespreek het. Die 2016 Rio Olimpiese Spele het ’n uitstekende platform vir ons atlete gebied om hul staal te toon. Een van die hoogtepunte was ongetwyfeld die silwermedalje wat Lawrence Brittain en Shaun Keeling in die pareroei vir mans verower het. Nog ’n noemenswaardige prestasie vir UP-roeiers by die Spele was die vierde plek in die mans swaar­gewig­ viertal wat deur ’n span met UP-studente David Hunt en Jake Green in die geledere behaal is. Hulle kon net-net nie daarin slaag om die brons­medalje in te palm nie. In die Rio-baanitems het Akani Simbine die vyfde plek in die eindwedloop van die mans 100m in ’n tyd van 9,94s voltooi. Hy het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse mansnaelloper

UP Jaaroorsig 2016 21


sedert 1932 te word wat vir die 100m finaal by die Olimpiese Spele gekwalifiseer het. UP-student Nicole van Wyk het die silwermedalje in die enkelskulwedren vir vroue by die Wêreld Onder 23 Wêreldkampioenskapstoernooi in Nederland verower. Daarmee het sy die eerste SA vroueroeier ooit geword wat ’n medalje by hierdie internasionale regatta gewen het. In ander sportsoorte het Dale Whittaker ’n wyle van sy ingenieurstudie weggebreek en by die Statebondskampioenskap ’n goue medalje in judo in sy klas losgeslaan. Suné Luus was ’n lid van die Protea-span wat aan die Internasionale Krieketraad (IKR) se T20 Wêreldbeker vir Vroue in Indië deelgeneem het. Lungi Ngidi was ’n lid van die seëvierende Titans-span in beide die RAM Slam T20-kompetisie en die Sunfoil-vierdagreeks. Hy het ook die Noordelikes Krieketunie (NKU) in die Afrika T20-beker verteenwoordig, waar hy die KSAtoekenning vir die Opkomende Ster van die Afrika T20-beker ontvang het. UP het sy goeie vertonings voortgesit met ’n aantal merkwaardige prestasies in universiteits­ kompetisies, waaronder die volgende: • Assupol TuksKrieket het die Varsity Sports

22 UP Jaaroorsig 2016

Kriekettoernooi in 2016 vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen en daarmee as heersende kampioen weereens gekwalifiseer om Suid-Afrika in die Red Bull Kampuskrieketwêreldkampioenskapstoernooi in Sri Lanka te verteenwoordig. Hulle het tot by die halfeindstryd gevorder en het met slegs twee balle oor naelskraap teen die gasheerland, Sri Lanka, verloor. Hulle het ook die NKU T20 Klubkompetisie vir die vierde agtereenvolgende jaar gewen. • Tuks Young Guns was die oorwinnaars in hul kategorie in Varsitybeker Rugby; TuksNetbal het in die eindstryd teen NWU-Pukke verloor; en TuksAtletiek, TuksVlugbal (Varsity Strandvlugbal) en TuksHokkie Mans het almal in die tweede plek geëindig. • TuksSport het vier Universiteite Suid-Afrika (USSA)-titels verower, met TuksRugby, TuksNetbal, TuksVroue Sewesrugby en TuksRoei Mans wat die oorwinnaars was. TuksGholf en TuksHokkie Mans en Vroue het drie silwermedaljes ingepalm, en TuksAtletiek, TuksMuurbal en TuksRoei Vroue het drie bronsmedaljes by die versameling gevoeg. Kuns en kultuur Ons heg groot waarde aan ons verbintenis tot die


GEHALTEONDERRIG ondersteuning van kuns en kultuur, en koester die talent wat kunstenaars en musici tot sukses op die internasionale verhoog aanspoor. Hoëvlakerkenning van ons kultuurprestasies word weerspieël deur die aankondiging dat Suid-Afrika en UP gekies is om die Wêreldkoorspele in 2018 aan te bied. UP was ook verheug om te verneem dat Tuks Camerata deur die Internasionale Federasie van Koormusiek as een van die 24 beste kore in die wêreld genooi is om in Julie in Barcelona, Spanje, by die wêreld se grootste konferensie oor koor­musiek, die Wêreldsimposium oor Koormusiek, op te tree. Die jaarlikse Rektorskonsert was ’n ware toon­ venster vir ons talle en veelsydige interne musiek- en kunstalente. Stukke uit UP se eie kunsversamelings is as verhoogdekor gebruik in ’n kostuumdrama wat geïnspireer is deur die Promenade-tema van Mussorgsky se suite, Pictures at an Exhibition, en dit ook ingesluit het. Beeldhouer en UP-magisterstudent in die Departement Visuele Kunste, Zelda Stroud, het vier lewensgrootte bronsbeelde van ikoniese Suid-

Afrikaanse vroue vir die Lewende Erfenismonument vir Vroue geskep. Die beelde is as deel van die nasionale viering van Vrouedag op die Lilian Ngoyiplein in Pretoria onthul. Sangeres Letta Mbulu het die eerste van ’n reeks geleentheidslesings gelewer wat deur die Departement Drama in samewerking met die Living Legends Legacy-projek aangebied word. Die projek word deur die Departement van Kuns en Kultuur gesteun en het ten doel om die kunste te bevorder en die werke van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat deur apartheid gemarginaliseer is te dokumenteer en te bewaar.

INFRASTRUKTUUR TER ONDERSTEUNING VAN STYGENDE GETALLE Goeie onderrig verg ’n gesonde infrastruktuur, want die regte fisiese omgewing prikkel die ondersoekende gees om nuwe oplossings te soek en wakker innovering aan.

UP Jaaroorsig 2016 23


Die Lesedikompleks by die Fakulteit Veeartsenykunde op die Onderstepoort­ kampus huisves onder meer die multidissiplinêre Laboratorium vir Veeartsenykundige Vaardighede. Dit is geopen deur mnr Gwebinkundla Qondo, Direkteurgeneraal van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. By hom is die Fakulteit se Adjunkdekaan: Onderrig en Leer, professor Dietmar Holm.

By UP is ons daartoe verbind om ons personeel en studente die ruimte te bied wat hulle kan help om sukses te behaal. ’n Kampusmeesterplan wat op die Universiteit se strategiese plan, UP 2025, ingestel is, bied ’n bloudruk vir die ontwikkeling van infrastruktuur wat as onderbou vir UP se toekomstige groei sal dien. Danksy ruim toekennings van die Nasionale Vaardigheidsfonds kon ons in 2016 ons kampusse en omliggende fasiliteite aansienlik uitbou. Die belangrikste hiervan is die fasiliteite wat opgerig is om die groter inname van mediese en veeartsenykundestudente te huisves ingevolge ons ooreenkoms met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding om aan nasionale ekonomiese en ontwikkelingsbehoeftes te voldoen. Die TuksBophelong-koshuis met 300 beddens vir die huisvesting van mediese studente op die

24 UP Jaaroorsig 2016

Prinshofkampus is in Februarie deur die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding geopen. Die nuwe fasiliteite sluit ook die Tšwelopele-kompleks in wat in Augustus deur die Minister van Gesondheid geopen is. Dit huisves ’n administratiewe gebou, ’n studentekliniek, ’n kafeteria en gimnasium, ’n lesingsaalgebou met vier lesinglokale met 400 sitplekke elk en ’n groot opestudie-area. In Februarie het die Direkteur-generaal van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding die nuwe Lesedi-kompleks op die Onderstepoortkampus geopen. Dié kompleks huisves personeelkantore, ’n studente­ studiesentrum, ’n multidissiplinêre laboratorium en die Laboratorium vir Veeartsenykundige Vaardighede, wat oor die jongste toerusting vir die onderrig van praktiese vaardighede beskik. Verbeterings is ook aangebring aan bestaande lesinglokale en die Onderstepoort


GEHALTEONDERRIG

RYKE GRADUANDI-OES

Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal. ’n Bykomende gemengde studentekoshuis met 96 beddens, ’n rekenaarlaboratorium en satelliet kliniese fasiliteite is ook opgerig. Die volgende is interessante toevoegings tot die Universiteit se infrastruktuur: • ’n Fasiliteit vir Fisiologiese Navorsing oor Klein Diere is by die UP-proefplaas op die Hillcrestkampus gebou. • Bouwerk het begin aan die Javett-UP Kunssentrum op die Universiteit se Suidkampus. ’n Galeryoorbrug oor Lynnwoodweg sal toegang bied tot Javett-UP, wat benewens ander versamelings die Mapungubwe-versameling in ’n doelgemaakte galery sal huisves. Die Kunsplein en studentegalery word by die suidpunt van Tukkielaan op die Hatfieldkampus gebou. • ’n Voetgangeroorbrug oor Bopheloweg by die Prinshofkampus is voltooi, wat groter veiligheid bied aan personeel, studente en lede van die publiek wat die nabygeleë hospitale besoek. Ooreenkomstig die Universiteit se fasiliteits­ instand­houdingsplan is opknappingswerk op die verskillende kampusse voltooi, onder meer by die manskoshuise Kollege en Taaibos, en die Voedselwetenskaplaboratoriums. Die opgeknapte Letlolo-gebou op die Groenkloofkampus huisves verskeie nuwe fasiliteite soos ’n aktiwiteitsarea met WiFi en formele en informele studiefasiliteite vir studente, kantoorruimte vir die Eenheid vir Afstandsonderrig, die Studentegesondheidskliniek en Studente-ondersteuningsdienste, en ’n argief­ bergingsarea vir UP Kunste.

Altesaam 13 732 diplomas en grade is in 2016 toegeken. ’n Kenmerk daarvan is die aansienlike styging in getal studente wat baccalaureus-grade verwerf het: van 6 560 in 2015 tot 6 843 in 2016. Die getal magistergraduandi was in 2016 ietwat laer, naamlik 1 811 vergeleke by 1 897 in 2015. Doktorale graduandi het gedaal van 333 in 2015 tot 302 in 2016. UP lewer deurgaans ’n beduidende bydrae tot die jaarlikse nasionale opbrengs van graduandi van SuidAfrikaanse universiteite (omvattende universiteite en universiteite van tegnologie uitgesluit). In 2015 het ons 27,8% van die ingenieurs­graduandi, 15,26% van beroepslui in gesondheidsorg (veearts­enykunde uitgesluit), 20% van die meesters- en 17% van die doktorsgrade opgelewer. Die uiteindelike maatstaf van ’n universiteit se sukses is die gehalte van sy graduandi. UP kom in werkgeweropnames konstant na vore as een van die top universiteite in Suid-Afrika, en ons graduandi geniet voorkeur by werk­gewers oor dissiplines en studievelde heen. Ten einde graduandi se sukses in die werkplek verder te verbeter, is die Werkgereedheids- en Entrepreneur­ skapprogram (WREn) in 2016 as ’n ko-kurrikulêre program bekendgestel , wat studenteleer buite die formele leerprogramme van hulle graadstudies erken en fasiliteer, en studente toerus met eienskappe wat hulle vir sukses in die wêreld van werk benodig.

* Derde- en Vierdejaar Baccalaureus (die onderstaande syfers sluit nie graduandi van die omvattende universiteite en universiteite van tegnologie in nie).

UP het die volgende persentasie grade in die land opgelewer (2015) VEEARTSENY­ KUNDE

BING

MAGISTER

100%

27,8%

20,3%

DOKTORAAL

NATUUR­ WETENSKAP*

GESONDHEIDSORG (VEEARTSENY­ KUNDE UITGESLUIT)

17,0%

16,9%

15,2%

100+0 28+72 20+80 17+83 17+83 15+85

UP Jaaroorsig 2016 25


26 UP Jaaroorsig 2016


NAVORSINGSIMPAK

navorsingsimpak … IMMER OPWAARTS

UP se belangrikste navorsingstrategie is om ’navorsing wat saak maak’ na te streef; navorsing wat ingestel is op die gemeenskap se komplekse uitdagings, onder andere volhoubare ontwikkeling. Ons fokus op Afrika plaas ons by die middelpunt van die bevordering van die soort wetenskap wat benodig word om die kontinent se komplekse probleme te kan aandurf en steeds globaal relevant te bly.

UP Jaaroorsig 2016 27


Daar word toenemend erken dat universiteite as openbare instellings moet bydra tot die groei, ontwikkeling en welstand van gemeenskappe, en dat nuwe maniere gevind moet word om wetenskap te bedryf sodat dit komplekse probleme doeltreffend kan hanteer. UP se sterk navorsingsvelde strek wyd. Die areas waarin ons besonder sterk is en groot impak maak, is dierkunde, plantkunde, genetika, ekonomie en ekonometrie, veeartsenykunde gekoppel aan parasitologie en virologie, bosbou en ekologie, evolusie en sistematiek. Ons huidige navorsing fokus op velde wat op die 21ste eeu van toepassing is. Ons ontwikkel veral navorsingsareas wat fokus op groot data en digitale tegnologie, slimvervoer en slimstede, en voedselsekerheid. By ons Future Africa-instituut beoog die Universiteit om ’n leidende rol in navorsing in Afrika te speel deur ons toe te spits op uitdagings wat op Afrika betrekking het. Dit geskied deur middel van die Future Africa-projek en deur te investeer in navorsing op gebiede waarin UP as ’n leier in Afrika gereken word. As ’n universiteit is ons in ’n strategiese posisie om ’n leidende rol te speel in die bevordering van die soort wetenskap wat nodig is om die komplekse probleme wat Afrika, sy mense en die omgewing in die gesig staar die hoof te bied, en om die spil te wees van kontinentale en globale navorsingsnetwerke wat betrokke is by belangrike globale en ontwikkelingsuitdagings.

28 UP Jaaroorsig 2016

STERK NAVORSINGSAREAS In ooreenstemming met die sterk navorsingsareas waarin die Universiteit hom op nasionale en inter­nasionale gebied onderskei het, was die fokus in 2016 op ’navorsing wat saak maak’ en op tematiese terreine wat die impak van die instansie op die gemeenskap demonstreer. Daarby was die versterking van UP se hoëimpaknavorsing in kennisvelde wat op ontwikkelende streke en Afrika in die besonder van toepassing is, ’n sleutelstrategie in 2016. Tematiese navorsingsterreine • Navorsing op die gebied van die omgewing, natuurlike hulpbronne en volhoubaarheid was toegespits op navorsing in bosbou en landbou, biodiversiteit en genetika in planten dierkunde, sosiale insekte en biologiese insekbeheer, energie en voedselproduksie. Interdissiplinêre benaderings is gevolg om die impak van die navorsing te vergroot, byvoorbeeld deur aardobservasie in klimaatsverandering, gemeen­skaps­ontwikkeling in watersekerheid en gewasgenomika in plantproduksie en -siektes. • In navorsingsprogramme in die breë tematiese gebied van menslike en dieregesondheid het die navorsing wat onder die beskerming van die DWT/NNS-leerstoel in Volhoubare Malariabeheer onderneem is, gefokus op onderskeidingsbiologie van malariaparasiete wat sal lei tot die ont­wik­ke­ ling van middels wat parasietoordrag blokkeer. Die werk van UP-navorsers op hierdie gebied het ’n kernrol gespeel in die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Konsortium vir Malariaoordragblokkasie met wetenskaplikes van die WNNR en die Wits Malarianavorsingsinstituut. Met befondsing van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Strategiese Gesondheidsinnoveringsvennootskap met die Medicines for Malaria Venture, wat in Switserland gebaseer is, is die Konsortium uniek in Afrika en beskik dit oor die vermoë om te toon dat nuwe teenmalariakandidate wat besmetting kan genees ook aangewend kan word om die oordrag van die malariaparasiet van mens na muskiet te verhinder. • Menseregte, volhoubare ontwikkeling en


NAVORSINGSIMPAK bestuursbeheer is nog ’n oorkoepelende tema met verskeie voorbeelde van navorsing wat die fokus op ’navorsing wat saak maak’ toelig. Kinderregte geniet byvoorbeeld aandag in die werk van die Sentrum vir Kinderwetgewing in die Fakulteit Regsgeleerdheid. Die Sentrum lewer ’n bydrae tot die bevordering van die beste belange van kinders in Suid-Afrika by wyse van litigasie, voorspraak, navorsing en opvoeding, en sy werk geniet gereeld mediadekking. Nuwe fokusareas vir navorsing Om voort te bou op sterk navorsingsvelde, het temas wat in 2016 ontwikkel is rekenaarwetenskap en digitale en berekeningsgeleenthede, nuwe materiale en energie, en geesteswetenskappe en die samelewing ingesluit. Twee interessante ontwikkelings in die verbetering van menslike gesondheid was die volgende: • Die Instituut vir Sport, Oefeninggeneeskunde en Lewenstylnavorsing is in 2016 gestig om ondersoek in te stel na die risiko’s verbonde aan fisieke onaktiwiteit, wat as een van die groot oorsake van die chroniese siektes van veroudering en die beskawing beskou word, en hoe fisieke aktiwiteit en sport ’n belangrike rol in die voorkoming van siektes kan speel. • Die Sentrum vir Neuroëndokriene Navorsing is in 2016 tot stand gebring. Die Sentrum sal moderne benaderings tot menslike gesondheid en siektes aanwend om diverse eksterne en omgewingsinvloede na te speur en dit met interne seinstelsels in die breine van gewer­ weldes te integreer. UP-navorsingsterkte in ESI*-velde

ESI-navorsingsvelde Landbouwetenskappe Kliniese Geneeskunde Ingenieurswese Omgewing/Ekologie Plant- en Dierkunde Sosiale Wetenskappe, Algemeen

Getal artikels 505 1 007 915 791 2 858 1 145

Aan­ halings Aan­ halings per artikel 3 122 6,18 9 325 9,26 5 244 5,73 8 779 11,1 22 833 7,99 3 944

* Web of Science (WoS) Essential Science Indicators (ESI)

3,44

SAMEWERKING EN VENNOOTSKAPPE UP se stewige vennootskap met die nywerheid- en openbare sektore word weerspieël deur die aantal Navorsingsleerstoele wat deur nywerheidsvennote en die staat befonds word. In 2016 was daar by UP 48 Navorsingsleertoele en Sentrums vir Uit­ne­mend­ heid, waarvan 32 deur ondernemings in staatsbesit en nywerhede geborg is.

Die Instituut vir Sport, Oefening­ geneeskunde en Lewenstylnavorsing is in 2016 gestig om die risiko’s verbonde aan fisieke onaktiwiteit in oënskou te neem.

UP het ook 192 nuwe kontrakte met nywerhede en die openbare sektor aangegaan, wat getuig van die toepaslikheid en mededingende status van navorsing by die Universiteit. Die volgende is voorbeelde van vennootskappe wat in 2016 gesluit is met die doel om aandag te skenk aan die breër behoeftes van die samelewing: • Enterprises Universiteit Pretoria (Edms) Bpk (Enterprises UP) het ooreengekom om ’n driejaarstudie van padgebruikergedrag saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral) te onderneem. Die Universiteit se Skool vir Openbare Bestuur en Administrasie ondersoek verskillende aspekte van padgebruikergedrag, asook internasionale beste praktyk. • Dr André van der Vyver van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, tesame met USAID Mosambiek en SA Trade Hub, het ’n pakhuisontvangstelsel vir die Mosambiekse graan- en oliesaadbedryf

246

Navorsings­ vennootskappe strek oor 68 lande en ses kontinente

15

A-gegradeerde wetenskaplikes

97

B-gegradeerde wetenskaplikes

84

Y-gegradeerde jong wetenskaplikes

UP Jaaroorsig 2016 29


By die onder­ tekening van ’n Memorandum van Verstandhouding met die SuidAfrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en die WNNR is (van links): Mnr Nazir Ali, Uitvoerende Hoof van Sanral, professor Cheryl de la Rey, dr Rachel Chikwamba, Uitvoerende Direkteur van die WNNR, en professor Sunil Maharaj, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie.

ontwikkel. Die projek het ’n Oracle Global Sustainability Innovation-toekenning by die Open World-konferensie in San Francisco ontvang. • Die Universiteit het befondsing van die Tegnologie-innoveringsagentskap (TIA) ontvang om navorsing te doen wat sal verseker dat die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf internasionaal mededingend is, en om die Suid-Afrikaanse mark vir bulle te beveilig deur toe te sien dat melkrastelers en suiwelprodusente van genomiese tegnologie gebruik maak, wat sal help om die betroubaarheid van voorspellings van die genetiese meriete van potensiële teeldiere te verhoog. ’n Bedrag van sowat R8,5 miljoen is vir dié projek aan UP toegeken. Internasionale vennootskappe en netwerke In 2016 is ’n aantal nuwe Memoranda van Verstandhouding (MvV’s) en ooreenkomste, of hernuwings daarvan, onderteken. Die totale getal navorsingsvennootskappe, wat oor 68 lande en ses kontinente strek, kom nou op 246 te staan. Onder die belangrike navorsingsooreenkomste tel dié met die Universidad Nacional Autónoma de México (Nasionale Outonome Universiteit van

30 UP Jaaroorsig 2016

Mexiko), die grootste universiteit in Latyns-Amerika; die Hokkaido-universiteit in Japan; die Instituto Nacional de Tecnologia Agropecuaria (Nasionale Instituut vir Landboutegnologie) van Argentinië in Buenos Aires; die Protestantse Universiteit van Kongo, DRK; en die Tegniese Universiteit Delft in Nederland. Vennootskappe en samewerking op die Afrika-kontinent Vennootskappe en samewerking op die Afrikakontinent maak ’n besonder belangrike deel van ons 2025-strategie uit. Verskeie institute, sentrums en eenhede by UP ondersteun navorsing wat tot ver in die kontinent strek. Enkele voorbeelde is die volgende: Die Sentrum vir Menseregte Die belangrikste fokuspunt van die Sentrum vir Menseregte is onderrig in verband met menseregte in Afrika. In 2016 het die Sentrum sy 30ste bestaans­ jaar gevier deur ’n reeks geleenthede aan te bied oor kwessies wat vir Afrika van belang is. Die grade­ plegtigheid vir 28 magisterstudente in Desember 2016 het die getal graduandi van die program uit lande oral in Afrika op 483 te staan gebring.


NAVORSINGSIMPAK Die Afrikabelastinginstituut (ABI) Die Afrikabelastinginstituut in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het internasionale aansien verwerf met sy navorsing oor grond- en eiendomsbelastingbeleid, en vir die uitbouing van die openbare sektor se kennis van en vermoëns met betrekking tot belastingbeleid en -administrasie. Die Instituut se fokus is ingestel op nagraadse onderrig en navorsing. Die eerste PhD in Belastingbeleid is in April 2016 toegeken. Die Instituut vir Volhoubare Malariabeheer (UP IVMB) Die UP IVMB huisves die SARChI-leerstoel in Volhoubare Malariabeheer en ’n Leerstoel in Geïntegreerde Vektorbestuur. Die Instituut werk ook as ’n sentrum vir malarianavorsing met die Mediese Navorsingsraad (MNR) saam. In 2016 het die Instituut, in vennootskap met die Goodbye Malaria-stigting, die Malaria Research Centre of Excellence (CoE) by die Indoor Residual Spraying (IRS) opleidingsfasiliteit by Namaacha in die suide van Mosambiek naby die grense van Suid-Afrika en Swaziland gestig. Die Sentrum beoog om die voorkoms van malaria in Mosambiek te beperk, wat ’n invloed op die voorkoms van malaria in SuidAfrika sal hê. Future Africa en die Africa Science Leadership Programme (ASLP) ’n Nuwe kampus vir die Future Africa-inisiatief, wat 300 jong, talentvolle mense van oral in Afrika byeen sal bring, behoort teen die einde van 2017 voltooi te word. Een van Future Africa se huidige programme, die Afrika-wetenskap Leierskapsprogram (Science Leadership Programme (ASLP)), het alle verwagtinge en beplande uitkomste in 2016 oortref. Die ondervinding en impak van die 42 genote van 34 instellings en 13 lande was besonder positief. Daarbenewens het die sukses van die program en die opwinding wat dit ontketen het, die ontwikkeling van soortgelyke programme soos die Tuks-program vir jong navorsingsleiers (Tuks Young Research Leader Programme – TYRLP) gestimuleer.

TOEPASLIKHEID DEUR VENNOOTSKAPPE

Top 1%

Aktiewe vennootskappe met die nywerheid- en openbare sektore is wedersyds voordelig en ondersteun UP se navorsingsproduktiwiteit, infrastruktuur, studente-opleiding, indiensneming van graduandi, en bedryfsmededingendheid en -groei. In 2016 is verskeie baanbrekersinisiatiewe verwesenlik, waaronder die volgende: Unieke vervoerprojek Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Bpk (Sanral), ’n maatskappy in staatsbesit, het ’n ooreenkoms met UP en die WNNR aangegaan om ’n navorsingsprojek te onderneem oor die verbetering van gehalte in die vervoerinfrastruktuursektor deur ingenieurs in vervoerinfrastruktuur en verwysingstoetsing te onderrig en op te lei.

33 UP-navorsers is onder die top 1% wetenskaplikes in die wêreld. (Bron: WoS Essential Science Indicators)

ARUA

UP is een van 15 groot navorsings­ universiteite in Afrika wat lede van die African Research University Alliance (ARUA) is.

Die projek sal ’n verwysings- en navorsings­ laboratoriumfasiliteit met moderne toerusting insluit wat uniek in Suid-Afrika, en waarskynlik ook in Afrika, sal wees. Die laboratorium sal by UP opgerig word as deel van die herontwikkeling van die UP-proefplaas. Wanneer dit voltooi is, sal dit ’n regstreekse bydrae tot die land lewer deur te sorg vir ’n toename in die beskikbaarheid van tegniese vaardighede in vervoeringenieurswese, en ook kostebesparings, danksy verbeterings in die ontwerp, konstruksie, instandhouding en bestuur van vervoerinfrastruktuur. Nuwe Leerstoel in Spoorveiligheid In November het UP en die Spoorveiligheid­ reguleerder (SVR) ’n MvV vir die borgskap van die SVR-leerstoel in Spoorveiligheid by UP onderteken. Die vennootskap is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en is daarop gemik om die land, wat slimvervoer in die toekoms betref, tot ’n nuwe internasionale mededingingsvlak te voer. Nuwe Sentrum vir Uitnemendheid Die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie is in samewerking met die

UP Jaaroorsig 2016 31


2 110

Artikels deur UP-navorsers gepubliseer ARTIKELS MET INTERNASIONALE EWEKNIEË AS MEDE-OUTEURS

47,1% in 2015

52,5% in 2016

Nasionale Kernreguleerder (NKR) aangewys as die plaaslike vennootinstelling en gasheer vir die totstandkoming van die NKR-Sentrum vir Uitnemendheid in Kernveiligheid en -sekuriteit vir Suid-Afrika.

SIGBAARHEID EN IMPAK Die Universiteit se profiel en sigbaarheid word deur middel van verskeie aanwysers gemonitor. Die algemeenste hiervan is die gebruik van sitasies van navorsingsartikels en die beoordeling van die sterkte van medewerkende navorsingsnetwerke op grond van artikels met internasionale medeouteurs. Produktiwiteit UP se navorsingsproduktiwiteit het oor die jare heen bestendig toegeneem en het in 2016 ’n hoogtepunt bereik met ’n belangrike mylpaal. Die meer as 2 000 navorsingsuitseteenhede getuig van die sukses van die onderskeie inisiatiewe wat navorsing by die Universiteit onderskraag en is ’n belangrike stap in die verwesenliking van UP se doelwit as ’n navorsingsintensiewe universiteit. UP het sy internasionale teenwoordigheid deurlopend vergroot deur sy medewerking (persentasie publikasies met internasionale eweknieë as mede-outeurs) van 47,15% in 2015 tot 52,51% in 2016 uit te brei. Eweneens bemoedigend is die toename in die sitasies per artikel wat in die Web of Science (WoS) geïndekseer is, te wete van 0,83 in 2015 tot 0,94 in 2016. Internasionale erkenning word ook gemeet in die WoS Essential Science Indicators (ESI), waar

Navorsingsuitsette Publikasie 2011 2012 2013 2014 2015 2016* Tydskrifartikels 1 178,61 1 277,35 1 419,16 1 468,92 1 581,03 1722,50 Verrigtinge 98,52 74,28 119,64 147,04 151,02 147,25 Boeke en hoofstukke in boeke 37,69 72,48 80,7 69,09 101,10 240,25 Totale 1 314,82 1 424,11 1 619,50 1 685,05 1 844,15 2 110,25 Bron: DHOO en DRIS, UP *Voorlopig soos op 10 Mei 2017

32 UP Jaaroorsig 2016

die frekwensie van sitasies aangewend word om outeurs in die top 1% wetenskaplikes wêreldwyd te plaas. Teen die einde van 2016 het 33 UPnavorsers hulle onder die top 1% bevind, en 101 artikels is in die WoS-indeks as ‘topartikels’ geïdentifiseer. Voorts het UP sy plek onder die top 1% instellings wêreldwyd in ses van die 22 breë ESI-velde behou: Landbouwetenskappe, Kliniese Geneeskunde, Ingenieurswese, Omgewingswetenskappe/Ekologie, Plant- en Dierkunde, en Sosiale Wetenskappe. Wêreldranglys In 2016 het UP sy notering in twee van die belangrikste globale graderingstelsels behou. In die Quacquarelli Symonds (QS)-wêreldranglys vir 2016/2017 is die Universiteit in die band 551-600 gegradeer, en het hy die vierde posisie in SuidAfrika behou. In die QS BRICS 2016-ranglys het UP sy algehele posisie as nr 49, en nr 4 in Suid-Afrika behou. Die 2016/2017 Times Higher Education (THE)-ranglys het soortgelyke resultate getoon: UP is in die band 601-800 geplaas en beklee die 74ste posisie in die THE BRICS and Emerging Economiesranglys. UP het ook sy posisie as een van die vyf top SuidAfrikaanse universiteite in nog drie ranglyste wat in 2016 gepublisieer is, gehandhaaf: die University Rankings by Academic Performance (URAP) – in die 459ste plek wêreldwyd en 5de in Suid-Afrika; die University Web Rankings and Reviews – 478ste wêreldwyd en 3de in Suid-Afrika; en die 2016/2017 US News and World Report Best Global Universities (GBU)-ranglys – 523ste in die wêreld, 5de in SuidAfrika en 6de in Afrika. Daarbenewens is die Universiteit se UPSpace in die Webometrics-ranglys van bewaarplekke as die beste in Afrika en onder die top 100 wêreldwyd (nr 73) gegradeer. Die doel van hierdie ranglys is om inisiatiewe vir oop toegang en wêreldwye toegang tot akademiese kennis te bevorder. Institusionele bewaarplekke soos UPSpace verskaf ’n ryk bron van navorsing waartoe die publiek vrye toegang het.


NAVORSINGSIMPAK Verbreding van die navorserbasis ’n Sentrale doelwit van die Universiteit se lang­ termyn­strategie, UP 2025, is om navorsers en akademici van gehalte te lok, te ontwikkel en te behou ten einde die navorsingsintensiewe identiteit wat ons nastreef te verwesenlik. Drie aanduiders van ons sukses in 2016 is: • Die styging in die persentasie akademiese personeel met doktorsgrade van 62,5% in 2015 tot 63,4%. Die kwalifikasievlakke van akademiese personeel het ’n regstreekse invloed op ons kapasiteit vir navorsingstoesig en produktiwiteit. • Die getal navorsers wat Nasionale Navorsing­ stigting (NNS)-graderings ontvang het, het van 436 in 2015 tot 459 in 2016 toegeneem. Van besondere belang is die 15 wetenskaplikes met A-graderings en 97 met B-graderings. Ewe belangrik is die toename in jong wetenskaplikes met Y-graderings, van 77 in 2015 tot 84. Die verwerwing van NNS-graderings is ’n maatstaf vir die gehalte van navorsers en die vlak van erkenning wat hulle in hul onderskeie velde geniet. • Die mate waarin die voerband van magisteren doktorale studente sterker word, word in die inskrywingsgetalle weerspieël. Doktorale inskrywings het bestendig van 2 279 in 2015 tot 2 357 gestyg.

NAVORSINGSTEUN Die Universiteit is trots op die navorsingsomgewing wat hy in stand hou om vakkundige bedrywigheid te ondersteun en topnavorsers en nagraadse vakkundiges te lok. In 2016 het al vyf aansoeke aan die NNS se Nasionale Toerustingprogram geslaag en het ons befondsing ten bedrae van R28 miljoen ontvang, waartoe die Universiteit die balans van R14 miljoen bygedra het. Die toerusting ondersteun navorsing oor ’n wye spektrum, wat die volgende drie velde insluit: • ’n Conviron-plantekweekkamer vir navorsing oor plantegroei en voedselsekerheid in toekomstige klimaatscenario’s • ’n Hoëspoedbeeldvasleggingstelsel wat by

wyse van slim diagnostiese en prognostiese algoritmes die optimale bestuur van duur fisiese bates oor hulle leeftyd moontlik maak (soos ketelpype wat onklaar raak en kapasiteitsverliese by Eskom veroorsaak, brûe en spoorlyne) • ’n Digitale druppel polimerase-kettingreaksie (ddPCR)-stelsel vir navorsing met betrekking tot voedselonsekerheid in Afrika en wêreldwyd. Navorsingsbefondsing Benewens die inkomste uit staatsubsidies op grond van navorsingsuitsette, het navorsers ’n behoefte aan eksterne fondse om hulle uitgebreide reeks navorsingsaktiwiteite te ondersteun. Die geslaagde verkryging van eksterne navorsingstoekennings en -kontrakte weerspieël die toepaslikheid van ons navorsing en UP se mededingende status op beide die nasionale en internasionale vlak. In 2016 het UP befondsing ten bedrae van R334 miljoen van staatsagentskappe bekom, en het UP-navorsers en navorsingsvennote ’n verdere R306 miljoen in befondsing van eksterne fondsvoorsieners verkry. Die Universiteit het ’n verdere R138 miljoen uit sy eie bronne bygedra om navorsing, innovering en die opleiding van nagraadse studente en nadoktorale genote te ondersteun.

R28m

Befondsing ontvang vir investering in navorsings­ toerusting

R640m

Totale befondsing vir navorsing

UP Jaaroorsig 2016 33


34 UP Jaaroorsig 2016


BETROKKENHEID

betrokkenheid … IMMER OPWAARTS

Ons akademiese programme berei studente nie net vir hulle loopbane voor nie, maar ook vir hulle rol as landsburgers met ’n burgerlike verantwoordelikheid. As instelling vorm ons sodanige gedrag by wyse van ons betrokkenheid by ons onmiddellike en breër gemeenskappe en omgewing.

UP Jaaroorsig 2016 35


’n Universiteit word net soseer gevorm deur wat op die kampus gebeur as wat weg van die kampus gebeur. Ons werk onvermoeid om seker te maak dat ons relevant bly deur met die gemeenskap, vir die gemeenskap te werk. Ons doen dit op verskeie maniere, van gemeen­ skaps­betrokkenheid tot gemeenskaps­ont­wik­ ke­ling en belangrike vennootskappe met die nywerheidsektor en die regering. Ons pogings het nie ongesiens verbygegaan nie. Vroeg in 2016 het die Universiteit ’n uit­ nodiging aanvaar om by die Netwerk vir Sosiale Verantwoordelikheid by Universiteite (USRN), ’n internasionale groep van 15 topuniversiteite, aan te sluit. Ons is die enigste verteenwoordiger uit Afrika in die groep.

INTERNASIONALE BETROKKENHEID Internasionalisasie is ’n integrale deel van UP se identiteit. Ons moet globale netwerke en wissel­ werking uitbou om die gehalte en toepaslikheid van ons navorsings- en akademiese programme te ondersteun en te handhaaf. Afrika is die middelpunt van UP se fokus in sy strategie vir internasionalisasie. Met sy bykans 700 universiteite en ander hoëronderriginstellings is Afrika die tuiste van beduidende akademiese aktiwiteit. Die Universiteit van Pretoria skakel met trots in by hierdie ryke netwerk van onderrig en leer om beide te put uit en by te dra tot die werk van ons kollegas oor die hele kontinent. UP se baanbrekersinisiatief, Future Africa, is vinnig besig om bekendheid te verwerf vir sy unieke konsep wat betref die voorsiening van die fisiese infrastruktuur en ruimte vir ’n dinamiese leef-, leeren navorsingsomgewing. Future Africa ontwikkel ’n nuwe generasie jong wetenskaplikes om navorsing te onderneem wat op die ontwikkeling van Afrika betrekking het.

36 UP Jaaroorsig 2016

Een van die hoogtepunte van 2016 was die loodsing van die eerste Wetenskapleierskapprogram (WLP)-kliniek onder beskerming van die African Science Leadership Programme (ASLP). Die kliniek was ’n inisiatief van die Future Africa-projek en is bygewoon deur 13 ASLP-genote van 11 instellings in sewe Afrika-lande. Ander aktiwiteite ter versterking van ons deelname in Afrika-gebaseerde en Afrika-gefokusde navorsingsnetwerke sluit die volgende in: • By ’n internasionale BRICS-konferensie wat in Mei in Rusland gehou is, het UP ’n Memorandum van Ooreenkoms onderteken om ’n wetenskaplike en opvoedkundige navorsingsentrum vir arbeidsverhoudinge in BRICS-lande op die been te bring. • USAID befonds ’n internasionale program wat ’n gesamentlike inisiatief is van UP se Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand, die Internasionale Voedselbeleidsinstituut (International Food Policy Research Institute (IFPRI)) en die Michigan State University, in vennootskap met Malawi se Ministerie van Landbou, om navorsers en die media byeen te bring om beleidsverandering in voedselsekerheid aan te wakker. • Die Visekanselier en Rektor, vergesel van professor Tinyiko Maluleke, het ’n programrede by die konferensie van die Vereniging van Statebondsuniversiteite (Association of Commonwealth Universities (ACU)) in Accra, Ghana, gelewer en die eerste UP alumnigeleentheid in Accra aangebied wat deur 42 alumni en gaste bygewoon is. Die kollig het weereens op Afrika geval by ’n konferensie wat deur UP se Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika en die Konrad Adenauer Stiftung gereël is. Die tema van die konferensie was ‘The implementation of modern African constitutions’ en dit is bygewoon deur wetgewers, regspraktisyns, grondwetaktiviste, regters en regsgeleerdes uit meer as ’n dosyn Afrika-lande.


BETROKKENHEID Internasionale profiel Die bydrae van internasionale personeel en studente word aangevul deur talle hoëprofielbesoekers en die konferensies en geleenthede wat die Universiteit aanbied. Enkele voorbeelde hiervan in 2016 was: • Die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het ’n konferensie geopen wat gesamentlik deur UP se Afrikabelastingsinstituut en die Wirtshafts Universität Wien (Weense Universiteit vir Ekonomie en Bedryfsleer) se Wêreldsentrum vir Belastingbeleid (Global Tax Policy Centre) aangebied is. Meer as 150 afgevaardigdes van ’n geraamde 25 lande het vir die konferensie op UP se Hatfieldkampus saamgetrek. • UP se Skool vir Openbare Bestuur en Administrasie (SOBA) het die 9de jaarlikse Internasionale Konferensie oor Openbare Administrasie en Bestuur aangebied. Die Konferensie is toegespreek deur die SuidAfrikaanse Ambassadeur in Chili en UP-alumnus, SE dr Hilton Fischer. • In Oktober het verskeie hoëprofielskrywers ’n internasionale literêre konferensie by UP bygewoon. Dit is deur die befaamde Suid-

Afrikaanse skrywer Breyten Breytenbach geopen. • Die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie het ’n internasionale werksessie en somerskool oor 5G- en kognitiewe radionetwerke aangebied. Dit is deur die SuidAfrikaanse Nasionale Navorsingstigting (NNS) en die Verenigde State se National Science Foundation (NSF) befonds. • UP se Sentrum vir Volhoubare Malariabeheer het die tweede SA Malarianavorsingskonferensie by die Groenkloofkampus aangebied. Dit is bygewoon deur besoekers uit 17 lande. Gemeenskapsbetrokkenheid Die Universiteit se gemeenskaps­betrokkenheids­ projekte bly vir ons ’n onuitputlike bron van trots en inspirasie. Enersyds koppel die projekte die navorsings- en onderrigvaardighede van die personeel en studente aan ’n gemeenskap se spesifieke behoeftes, en andersyds word personeel en studente deur hul gemeenskapsdiens en -betrokkenheid verryk.

Pravin Gordhan

Breyten Breytenbach

Ons suksesvolle gemeenskaps­betrokkenheids­ program is geanker in die voorgraadse en

23 000

Studente betrokke by gemeenskaps­ projekte, of as vrywilligers betrokke

1 500

Gemeenskaps­ leerpersele

’n Groep van 125 veeartsenykunde­ studente is betrokke by weeklikse klinieke by Makapanstad in die provinsie Noordwes.

UP Jaaroorsig 2016 37


kundestudente, vergesel van amptenare van die Noordwes Provinsiale Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ont­wikkeling, gehelp om bewustheid aangaande primêre dieregesondheidsorg te kweek. Op hul beurt het hulle waardevolle ervaring in die hantering van plaasdiere opgedoen deurdat hulle honderde beeste en bokke van kleinskaalse gemeenskaps­ boere ingeënt, onthoring, gebrandmerk, met oorplaatjies gemerk en gebloei het.

PROFESSIONELE ONTWIKKELING Die Universiteit is ook aktief betrokke by voort­ gesette professionele ontwikkeling by wyse van kursusse wat Enterprises Universiteit van Pretoria (Enterprises UP) aanbied. Altesaam 214 kursusse is in 2016 geregistreer vir krediete in Voortgesette Professionele Ontwikkeling in die beroepsgroepe Ingenieurswese, Bou-omgewing, Gesondheid, Opvoedkunde, Inligtingtegnologie, Sosiale Wetenskappe en Veeartsenykunde. Die Fakulteit Gesondheids­ wetenskappe lewer ’n reeks noodsaaklike gesondheid­ sorgdienste by die Polikliniek in Daspoort.

nagraadse leergange. Alle fakulteite en enkele ondersteuningsdepartemente is gemoeid met gemeenskapsbetrokkenheid en gemeenskaps­ ontwikkeling. In 2016 het net meer as 13 000 studente gemeenskapsbetrokkenheid vir krediete onderneem, en 10 000 vrywilligers het die projekte oor sowat 1 500 gemeenskapsleerpersele volhoubaar gemaak. Kurrikulêre gemeenskapsbetrokkenheid oor­vleuel werkgeïntegreerde leer (WIL) en praktiese werk in talle opsigte, soos in die geval van Gesondheids­ wetenskappe en Opvoedkunde. Dieselfde persele is dikwels vir gemeen­skaps­betrokkenheid, werk­ geïntegreerde leer en praktiese werk gebruik om ’n meer geïntegreerde diens aan die gemeenskap te lewer. Die besoeke aan Makapanstad in die provinsie Noordwes is ’n goeie voorbeeld van ’n inisiatief wat gemeenskapsbetrokkenheid, werk­geïn­ tegreerde leer en praktiese werk integreer. In die eerste helfte van 2016 het 125 veeartseny­

38 UP Jaaroorsig 2016

Enterprises UP het ook die Leierskap­ontwikkelings­ program vir Skoolhoofde, wat die vlagskipinisiatief vir korporatiewe maat­skap­like investering is, vir die derde agter­een­volgende jaar aangebied. Hierbenewens is ’n aantal vennootskappe gesluit om opleiding in verskillende areas aan te bied, byvoorbeeld: • Toyota SA het die opleiding van 120 lede van uitvoerende komitees en 120 personeellede van verskillende taxiverenigings oor ’n tydperk van drie jaar geborg. • Die Onderwys-, Opleidings- en Ont­wikkelings­ praktyke Sektor Onderwys- en Opleidings­ owerheid (ETDP SETA) het, in vennootskap met die Departemente van Onderwys van Mpumalanga en KwaZulu-Natal, ’n program in mentorskap en afrigting vir skoolopvoeders geborg. • ’n Vennootskap met die Plaaslike Regering Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid (LGSETA) het die opleiding van 640 munisipale amptenare in Munisipale Finansiële Bestuur moontlik gemaak.


BETROKKENHEID

MAATSKAPLIKE BETROKKENHEID In 2016 het die Universiteit se toewyding en ywer om sosiale samehorigheid te bevorder wyd gestrek. Een geleentheid wat UP sterk op die voorgrond geplaas het, was die 14de jaarlikse Nelson Mandelalesing wat ons in Julie aangebied het. Dié lesing, met die tema ‘Living Together’, is deur die befaamde filantroop en entrepreneur, Bill Gates, in ’n volgepakte ouditorium op UP se Mamelodikampus gelewer. Die UP-SVR het ’n fondsinsamelingsveldtog, die ‘#UPSRC_R10mGame – Get in the Game!’, van stapel gestuur om R10 miljoen in te samel ter ondersteuning van studente wat met finansiële probleme te kampe het. Onder die grootste bydraers tot die inisiatief was ABSA (R2 miljoen) en die Stad Tshwane (R250 000). Gegewe ons ligging heg ons besondere waarde aan ons gesonde verhouding met die Stad Tshwane.

Top 15

In Mei het ons ’n ooreenkoms onderteken vir ’n dwelmmisbruik-ingrypingsprojek waarby UP se Departement Huisartskunde en die UP Gemeenskapgeoriënteerde Primêresorgnavorsingseenheid (COPC) betrokke is. ’n Projek wat ’n ingrypende uitwerking op die gemeenskap gehad het, was die ontwikkeling van die Hatfield-gebiedsprojek (Hatfield Precinct Project), waarvan die hoofdoel die opknapping van die Hatfield-omgewing naby die Universiteitswyk is.

UP is die enigste verteenwoordiger uit Afrika in die nuwe Netwerk vir Sosiale Ver­ant­ woordelik­heid by Universiteite (USRN), ’n internasionale groep van 15 topuniversiteite.

Deur middel van hierdie projek, wat in vennootskap met die Stad Tshwane aangepak word, neem UP die leiding as ’n ankerinstelling in die bou van ‘gemeenskapswelsyn en -welstand’. Die oogmerk is om die geleidelike stedelike verval in die Hatfield-gebied hok te slaan en om te keer. Dit dien as ’n loodsprojek vir soortgelyke inisiatiewe in gemeenskappe in die omtrek van UP se ander kampusse. Sedert die projek ’n aanvang geneem het, het netheid en sekuriteit in Hatfield verbeter en het verhoudings met inwoners en die plaaslike sakegemeenskap verstewig.

Onder: Hooggeplaasdes by die Nelson Mandela-lesing – Bill Gates, professor Njabulo Ndebele, Graça Machel en professor De la Rey.

UP Jaaroorsig 2016 39


40 UP Jaaroorsig 2016


TRANSFORMASIE

transformasie … IMMER OPWAARTS

Die transformasie van ’n ruimte wat so integraal soos ’n tersiêre instelling is, is ’n reis wat verg dat al die aandrywingsmeganismes in gelid moet voortbeweeg. Indien die fokus slegs op die meganismes gerig is en die dryfvere nie saamwerk nie, sal dit vordering ontspoor en aankoms by die beoogde bestemming vertraag. By UP werk ons hard om almal se ingesteldheid, gedrag en kulture op een lyn te bring en betrek ons ons personeel en studente om saam te besluit hoe hierdie proses aangedryf moet word. UP Jaaroorsig 2016 41


STUDENTEPROFIEL 1994

89,1% Wit

10,9% Swart* 2010

55,3% Wit

44,7% Swart 2016

46,3% Wit

53,7% Swart

*Swart = Afrikaan + Indiër + Kleurling

Diversiteit en inklusiwiteit bied deurslaggewende onderstutting vir UP se volhoubaarheid. Ons streef daarna om ’n werklik inklusiewe Universiteits­ gemeen­skap te wees waar studente en personeel van enige sosiale en ekonomiese agtergrond welkom en gewaardeer voel. In die geheel gesien was 2016 ’n jaar van beduidende vordering op ons transformasiereis. ’n Institusionele Transformasiekomitee is saamgestel om kultuurverandering by die Universiteit te bestuur, ’n institusionele kultuur te kweek wat inklusiwiteit en respek vir fundamentele mense­ regte bevorder, en ’n omgewing te help skep waarin personeel en studente kan gedy. Deur middel van transformasie-lekgotlas en werk­ strome het personeel en studente openhartig gesprek gevoer oor hulle sienswyses, ondervindings en kommer oor transformasie. Insgelyks is ver­skeie inisiatiewe in werking gestel om UP te stuur na die verwesenliking van ons doelwit om ’n getrans­ formeerde, inklusiewe en gelyke universiteits­ gemeenskap te wees. Verskeie studenteveldtogte, waaronder #Feesmustfall, #Rhodesmustfall, #Afrikaansmustfall, #Afrikaanssalbly en #Outsourcingmustfall, het die belangrikheid van transformasie by universiteite landswyd beklemtoon. Protesoptrede was aanvanklik toegespits op eise om die inkontraktering van uitgekontrakteerde kampusdienste, maar het spoedig uitgebrei na ander kwessies soos studentebefondsing, studente-akkommodasie, kampuskulture en taalgebruik. Hoewel die transformasiereis by UP reeks etlike jare lank onderweg was en die Universiteit waarde heg aan diversiteit, inklusiwiteit en gelykheid as die spil waarom die verwesenliking van ons visie draai, was die 2016-fokus intens en het dit versnelde optrede geverg. Deur middel van ’n aantal transformasiewerkstrome het ons gefokus op die Universiteit se taalbeleid, die transformasie van leergange, en institusionele en koshuiskultuur. Taal Die Senaat en Raad het ’n nuwe Taalbeleid vir die Universiteit goedgekeur ingevolge waarvan Engels

42 UP Jaaroorsig 2016

die taal van onderrig en assesserings by UP geword het. Afrikaans word as akademiese taal behou. Die ontwikkeling van Sepedi tot ’n hoër vlak van weten­skaplike diskoers sal afdoende ondersteuning geniet en van die nodige hulpbronne voorsien word. Die nuwe taalbeleid sal UP in staat stel om gehoor te gee aan die veranderende studentedemografie, die sukseskoers van ons studente te fasiliteer, te help om studente voor te berei op die global­ isering van die samelewing en terselfdertyd sosiale samehorigheid te bevorder. Afriforum se hofaansoek om die nuwe taalbeleid ongrondwetlik te laat verklaar, is van die hand gewys. ’n Volle regbank van die Gauteng Hooggeregshof het ten gunste van UP beslis toe hulle die aansoek om tersydestelling van die beleid aan die einde van 2016 aangehoor het. Afriforum is verlof tot appèl geweier. Kurrikulum In opvolging van uitgebreide konsultasies oor die hele Universiteit en ’n reeks eksterne oorsigte het ons ’n raamwerk vir kurrikulumtransformasie gefinaliseer. Die raamwerk identifiseer sosiale en geloofsinvloede, en plaas hernude klem op onderrig- en lesinglokaalpraktyke. Dit bevorder ’n institusionele kultuur van openhartigheid en kritiese nadenke as die belangrikste dryfvere vir kurrikulumtransformasie. ’n Belangrike komponent van die Universiteit se verbintenis tot die transformasie van sy kurrikula was ’n reeks openbare lesings oor die onderwerp, ‘Curriculum transformation matters: the decolonial turn’. Die reeks lesings was daarop gemik om belangstelling in die formele kurrikulumtransformasieproses te wek en deelname daarin aan te help. Sedert daar in Julie 2016 met die lesings begin is, het prominente sprekers ses lesings aangebied. Profiel van personeel en studente UP is daartoe verbind om ’n toegangspoort na geleenthede vir die Suid-Afrika se bevolking in sy volle verskeidenheid te wees en om die diversiteit van ons studente en personeel te vergroot. In 2016 is noemenswaardige vordering in dié verband gemaak.


62,9% Wit

37,1% Swart 2016

46,2% Aangesien ons diversiteit in die samestelling van ons personeelkorps beskou as ’n belangrike aspek om uitnemendheid te verseker ten einde aan die behoeftes van ons toenemend diverse studentekorps te voldoen, is dit ’n prioriteit om die gelykheidsdoelwitte vir akademiese personeel te bereik.

ontwikkeling van opkomende navorsers om die poel jong navorsers by UP te diversifiseer; en die Visekanselier se Akademiese Ontwikkelingsprogram wat spesifiek ingestel is om akademici te help om hul studies in hoër grade te voltooi, of om hulle van ander pligte vry te stel sodat hulle die profiel van hul navorsingsloopbaan kan verbeter.

Die maatreëls wat ingestel is om die personeel­ profiel van die Universiteit te verbeter, het die afgelope paar jaar resultate begin lewer. Algehele swart verteenwoordiging1 het van 37,1% in 2012 tot 53,8% in 2016 toegeneem, en swart verteen­ woordiging in die akademiese personeel het van 19,94% tot 25,21% gegroei.

Van die totale inskrywings van 48 572 kontak­ studente in 2016 was 27,1% nagraadse studente, waarvan 58,9% (7 758) swart was.

Sommige van die strategieë om personeeldiversiteit verder te verbeter, behels onder meer om toe te sien dat die aspirantakademici wat aangestel en in die nGAP-program (Next Generation of Academics Programme) van die DHOO gementor word, almal swart is; gebruikmaking van die DHOO-toekenning vir navorsingsontwikkeling vir die akademiese

Alumni ’n Opwindende nuwe ontwikkeling op die alumnifront was die formele bekendstelling van OuTuks Connect, ’n groep van sowat 150 prominente swart alumni. Dit het begin as ’n WhatsApp-groep wat ’n erkende alumni-belangegroep geword het. Dié groep lojale UP-alumni beoog om ’n belangrike rol te speel in ’n poging om, ter bevordering van die Universiteit se belange, die aktiewe betrokkenheid van toenemende getalle alumni by wyse van fondsinsameling en voorspraak te fasiliteer.

Wit

53,8% Swart

58,9%

Swart studente het in 2016 as nagraadse studente ingeskryf

1

SA-burgers, permanente en vastetermyn kontrakaanstellings met uitsluiting van studente-aanstellings

UP Jaaroorsig 2016 43

TRANSFORMASIE

PERSONEEL­ PROFIEL 2012


44 UP Jaaroorsig 2016


FINANSIES

finansies

… IMMER OPWAARTS Die Universiteit se finansiële bestuur is ingestem op die ondersteuning van sy stragiese doelwitte, insluitende sy finansiële stabiliteit. Die nul persent toename in klasgelde vir 2016, tesame met die aankondiging dat daar geen styging in studiegeld vir 2017 sal wees nie, het die volhoubaarheid van die hoëronderwysstelsel oor die algemeen op die proef gestel. UP het talle stappe gedoen om sy finansiële gesondheid te handhaaf en sy langtermyn volhoubaarheid as ’n uitnemende instelling vir hoër onderwys te beveilig. UP Jaaroorsig 2016 45


finansies

FINANSIËLE JAAROORSIG VIR 2016

INKOMSTE EN UITGAWES Die Universiteit se totale inkomste het gedurende die verslagperiode met R5 miljoen tot R6 411 miljoen gestyg. Die enkele hoofbron van inkomste is steeds die bloktoekenning wat die Universiteit van die Staat ontvang, tesame met die bestemde subsidies ten opsigte van veeartsenykunde, kliniese opleiding, grondfaseprogramme, navorsingsontwikkeling- en onderrigontwikkelingsinisiatiewe. Die bloktoekenning van R1,73 biljoen in 2016 (2015: R1,65 biljoen) verteenwoordig ’n styging van 4,8% teenoor 2015. Die tweede hoofbron van inkomste, naamlik klasgelde, het met R30,28 miljoen gedaal (2015: toename van R262,97 miljoen). Na aanleiding van die #Feesmustfall-veldtog het die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding ’n nul persent styging in klasgeld vir 2016 aangekondig. Dit het ’n afname in inkomste uit onderrig en verblyfgeld teweeggebring. Om die tekort aan te vul, het die regering ’n bedrag van R132,1 miljoen as ’n bykomstige subsidie betaal, wat neergekom het op 70 persent van die totale verlies aan inkomste. Die Universiteit het die oorblywende 30 persent uit sy eie reserwes befonds. Die onderstaande tabel bied ’n samevatting van die Universiteit se inkomstebronne:

TOTALE INKOMSTE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA – 2016 EN 2015 Inkomste (Rm) Staatstoekennings Klasgeld Akkommodasie en maaltydgeld Beleggingsinkomste – winste met verkope Rente/dividendinkomste Netto rente-inkomste op vastevoordeelplanne Inkomste uit kontrakte en dienste Donasies en geskenke Ander inkomste Totaal

2016 2 098 1 588 422 194 302 81 1 458 267 1 6 411

2015 1 882 1 626 414 561 287 33 1 414 180 9 6 406

Verandering 216 (38) 8 (367) 15 48 44 87 (8) 5

Bedryfsuitgawes het met 11,5% toegeneem (2015: 8,1%) van R5,2 biljoen in 2015 tot R5,8 biljoen in 2016. Die grootste bydraende faktore tot die styging in bedryfskoste was personeeluitgawes, inkontraktering van voorheen uitgekontrakteerde dienste, depresiasie van bates, voorsiening vir slegte skuld en ’n toename in bedryfsuitgawes met betrekking tot munisipale nutsdienste, eiendomsbelasting en diensgelde, en lisensies.

46 UP Jaaroorsig 2016


FINANSIES Die Universiteit het ’n gediversifiseerde beleggingsportefeulje wat deur die Raad se Beleggingskomitee bestuur word. Hieronder volg ’n grafiese uiteensetting van die Universiteit se struktuur met betrekking tot beleggingsaangeleenthede.

Raad

ALGEHELE OORSIG

VERANTWOORDELIK VIR BELEGGINGSTRATEGIE VOLGENS DIE MANDAAT DEUR DIE RAAD GOEDGEKEUR

Beleggings­­ komitee

VERANTWOORDELIK VIR DEURLOPENDE MONITERING EN IMPLEMENTERING

BELEGGINGSVERWANTE DIENSVERSKAFFERS

Bestuurs­ komitee

Bewarings­ agente

Beleggings­ bestuurders

Beleggings­ konsultant

Die Universiteit se beleggingsfondse is saamgestel met drie oogmerke ten doel: • Om aan die Universiteit se korttermynvereistes te voldoen. Hierdie aanspreeklikhede het ʼn maksimum termyn van 24 maande. Die risikoprofiel beklemtoon die behoefte aan kapitaalbeskerming oor sodanige kort tydperke, terwyl ’n hoë mate van likiditeit voorsien moet word. • Om aan die Universiteit se langtermynverpligtinge (vyf jaar en langer) te voldoen. Die belangrikste vereiste is ’n goeie opbrengs in verhouding tot inflasie op die lang termyn. • Om te voorsien aan ’n spesiale klas langtermynverpligtinge ten opsigte van mediesefondsvoordele na aftrede. Die Universiteit rig sy beleggingsfilosofie ooreenkomstig die termyn van die aanspreeklikhede en die risikoprofiel. Met die oog hierop is drie beleggingsportefeuljes saamgestel: • Geldmarkportefeulje • Langtermyn Kapitaal portefeulje • Voortgesette Mediese Fonds portefeulje Die Universiteit volg ’n beleggingstrategie wat ’n deurlopende balans handhaaf tussen Langtermyn Kapitaal en Geldmark-portefeuljes ooreenkomstig die Universiteit se kontantvloeibehoeftes, gegrond op ’n hernuwende bedryfskapitaalbegroting wat die kontantvloei van wesenlike projekte oor ’n hernubare tydperk van 15 maande in berekening bring.

UP Jaaroorsig 2016 47


Die onderstaande tabel bied ’n aanduiding van die Universiteit se deeglik gediversifiseerde beleggingsportefeulje oor die afgelope drie jaar:

DIE UNIVERSITEIT SE BELEGGINGSPORTEFEULJE n Globale Ekwiteite

2014

n SA Ekwiteite n SA Absolute

2015

n Ander n SA Genoteerde Eiendom

2016 0%

20%

40%

60%

80%

n SA Geldmark 100%

SLOTSOM Die Universiteit van Pretoria het bevredigende resultate vir die finansiële jaar geëindig 31 Desember 2016 gerapporteer. Die moeilike ekonomiese omstandighede het deurlopende uitdagings in 2016 gebied. Ontwrigtings deur die #Feesmustfall-veldtog gedurende 2016 het dit ’n besonder moeilike jaar vanuit die oogpunt van finansiële volhoubaarheid gemaak. Naas die inkontraktering van voorheen uitgekontrakteerde dienste en die verswakking van die rand het die vereiste BTW-heffing op media ook die koste van akademiese boeke, elektroniese media, sagtewarelisensies en navorsingstoerusting opgestoot. Ten spyte van die moeilike ekonomiese toestande het die Universiteit daarin geslaag om gelyk te breek deur die toename in bedryfskoste te beteuel, ’n aantal kostebesparende inisiatiewe in werking te stel en deur beleggingsopbrengste en ander derdestroominkomste aan te wend om die tekort te befonds.

48 UP Jaaroorsig 2016


FINANSIES

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA en sy filiale

OPSOMMENDE GEKONSOLIDEERDE STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE op 31 Desember 2016

2016 Rm BATES Nie-bedryfsbates Eiendom, masjinerie en toerusting Ontasbare bates Beleggings beskikbaar vir verkoop Belegging in geassosieerde maatskappye Vastevoordeel pensioenplanbate Vastevoordeel medieseplanbate Vastevoordeel voorsorgfondsbate Nie-bedryfslenings en ontvangbare rekenings

2015 Rm

13 329 4 367 125 8 263 2 251 284 3 34

13 166 3 992 197 8 152 6 453 311 24 31

2 069 20 375 1 674

2 065 18 363 1 684

3

Totale bates

15 401

15 231

EKWITEIT EN LASTE Totale fondse

12 801

12 702

1 842

2 020

4 314 6 636 9

4 080 6 598 4

Bedryfsbates Voorraad Ontvangbare rekenings en voorafbetalings Kontant en kontantekwivalente Nie-bedryfsbates gehou vir verkoop

Nie-verdeelbare reserwes Herwaardasie van belegging beskikbaar vir verkoop Reserwefondse Beperkte fondse Fondse deur Raad aangewys Onbeperkte fondse – opvoeding en algemeen Nie-beherende belang Nie-bedryfslaste Groeplewensversekeringsaanspreeklikheid Uitgestelde inkomste Bedryfslaste Betaalbare handelsbedrae, oplopings en ander laste Uitgestelde inkomste Studentedeposito’s Agentskapsfondse Totale fondse en laste

(3)

(1)

889 – 889

884 38 846

1 714 655 765 242 52

1 646 675 658 260 53

15 401

15 231

UP Jaaroorsig 2016 49


UNIVERSITEIT VAN PRETORIA en sy filiale OPSOMMENDE GEKONSOLIDEERDE INKOMSTESTAAT vir die jaar geëindig 31 Desember 2016

2016 Rm Bedryfsinkomste Minus: Bedryfsuitgawes Personeelonkoste Ander bedryfsuitgawes Depresiasie en amortisasie

2015 Rm

5 833 5 747 2 956 2 506 285

5 516 5 204 2 618 2 305 281

86

312

Inkomste uit beleggings Netto rente-inkomste uit vastevoordeel/bydraeplanne Ander nie-herhalende inkomste Ander nie-herhalende uitgawes

495 81 2 (96)

849 33 8 (25)

Surplus voor belasting Minus: Belasting

568 –

1 177 (2)

Surplus vir die jaar

568

1 175

Surplus vir die jaar toegeskryf aan: Universiteit van Pretoria Nie-beherende belang

568 571 (3)

1 175 1 164 11

Netto bedryfsurplus

50 UP Jaaroorsig 2016


FINANSIES

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA en sy filiale

OPSOMMENDE GEKONSOLIDEERDE INKOMSTESTAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE vir die jaar geëindig 31 Desember 2016

2016 Rm Surplus vir die jaar

568

2015 Rm 1 175

Ander omvattende (verlies)/inkomste vir die jaar

(472)

886

Herwaardasie op vastevoordeel mediese plan Herwaardasie op vastevoordeel pensioenplan Herwaardasie op vastevoordeel voorsorgplan Herwaardasie op groeplewensversekering

(40) (248) (2) (4)

74 322 3 9

Items wat vervolgens na wins en verlies geherklassifiseer kan word Aanpassing van billike waarde op beleggings vir verkoop beskikbaar

(178)

478

Totale omvattende inkomste vir die jaar

96

2 061

Totale omvattende inkomste toegeskryf aan: Universiteit van Pretoria Nie-beherende belang

96 99 (3)

2 061 2 050 11

UP Jaaroorsig 2016 51


UNIVERSITEIT VAN PRETORIA en sy filiale

GEKONSOLIDEERDE STAAT VAN EKWITEITSVERANDERINGE vir die jaar geëindig 31 Desember 2015

Onbeperkte bedryfsfonds Rm

Raads­aange­ wese en beperkte fondse – ander Rm

Raads­aange­ wese en beperkte eiendoms-, masjinerieen toe­rusting­ fondse Rm

Beperkte studenteakkommo­ dasie­fonds Rm

Totaal Rm

6 440

4 420

(208)

10 652

4 82 – (78)

1 749 931 885 (67)

299 27 – 272

(2) 125 – (127)

2 050 1 165 885 –

Saldo op 31-12-2015: krediet Nie-uitkeerbare reserwes Raadsaangewese fondse Beperkte fondse – ander

4 – 4 –

8 189 2 020 5 199 970

4 719 – 1 399 3 320

(210) – – (210)

12 702 2 020 6 602 4 080

Saldo op 31-12-2015: krediet

4

8 189

4 719

(210)

12 702

5 26 – (21)

(386) 409 (472) (323)

269 1 – 268

211 135 – 76

99 571 (472) –

9 – 9 –

7 803 1 842 5 228 733

4 988 – 1 408 3 580

1 – – 1

12 801 1 842 6 645 4 314

Saldo op 31-12-2014: krediet Netto (afname)/toename in fondse Net inkomste – surplus Ander omvattende inkomste Netto oordrag (na)/uit ander fondse

Netto (afname)/toename in fondse Net inkomste – surplus Ander omvattende inkomste Netto oordrag (na)/uit ander fondse Saldo op 31-12-2016: krediet Nie-uitkeerbare reserwes Raadsaangewese fondse Beperkte fondse –ander

52 UP Jaaroorsig 2016


Fotografie: Eyescape Corporate Photography, webfoto’s, en individuele krediete soos aangedui.


www.up.ac.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.