2 minute read

DRINGENDE KENNISGEWING

KOOK U WATER VOOR GEBRUIK

Die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit raai verbruikers aan om kraanwater te kook voor gebruik. Ons watergehalte het afgeneem weens die knellendste droogte in jare wat die Metro teister. Die byvoeging van ongemengde grondwater by die retikulasiestelsel, lae damvlakke en wisselende reservoirvlakke veroorsaak dat die watergehalte voortdurend verander en nie 100 persent gewaarborg kan word nie. Die verandering in gehalte hou verband met chemiese parameters en is nie bakteriologies van aard nie.

Advertisement

Bykomende water d.m.v. boorgate word by die retikulasiestelsel gevoeg ten einde die watertoevoer in die Metro aan te vul. ’n Spesifieke mengverhouding word gebruik wanneer water van verskillende waterbronne gemeng word om aan SANS241: 2015 watergehaltestandaarde te voldoen. Die huidige daling in die vlakke van waterbronne soos die Churchill-dam (tans kwesbaar/onstabiel), wat tot benede onttrekkingsvlakke gedaal het, lei daartoe dat daar nie aan die mengverhouding voldoen kan word nie. Alle water moet gevolglik as voorkomingsmaatreël gekook word.

Aanbevelings

Inwoners moet die volgende doen tot verdere kennisgewing:

Gebruik gebotteleerde of gekookte water vir drinkdoeleindes, en om kos voor te berei en te kook.

• Indien gebotteleerde water nie beskikbaar is nie, bring water tot rollende kookpunt vir 1 minuut. Laat die gekookte water afkoel voor gebruik.

Kook kraanwater selfs al is dit gefiltreer (bv. deur ’n tuiswaterfilter of waterhouer met filter).

• Moenie water van enige toestel wat met jou waterlyn verbind is, soos ys en water van ’n yskas, gebruik nie.

Borsvoed is die beste voedingsopsie vir babas. Indien jy formule gebruik, gebruik klaargereedformule, indien moontlik.

Was van hande

Jy kan in baie gevalle steeds jou hande met seep en water was wanneer ’n versoek om water te kook van krag is. Volg die riglyne van jou plaaslike openbare gesondheidsbeamptes.

Skrop jou hande met seep en water vir ten minste 20 sekondes. Spoel dit daarna goed af onder lopende water.

• Indien seep en water nie beskikbaar is nie, gebruik ’n alkoholgebaseerde handreiniger met ten minste 60% alkohol.

Bad en stort

• Voorkom dat jy enige water sluk wanneer jy bad of stort.

Wees versigtig wanneer jy babas en jong kinders bad. Oorweeg ’n sponsbad om die kans dat hulle water sluk te verminder.

Borsel van tande

Borsel tande met gebotteleerde of gekookte water. Moenie kraanwater gebruik wat nie vooraf gekook is nie.

Was van skottelgoed

• Indien moontlik, gebruik weggooi-borde, -bekers en -eetgerei tydens ’n versoek om water te kook. Huishoudelike skottelgoedwassers is oor die algemeen veilig om te gebruik indien:

• Die water ’n finale spoeltemperatuur van ten minste 66° Celsius bereik, of

• Die skottelgoedwasser ’n reinigingsiklus het.

Reinig alle bababottels.

• Was van skottelgoed per hand:

• Was en spoel die skottelgoed soos normaal af met warm water. In ’n afsonderlike wasbak, voeg 1 teelepel ongegeurde huishoudelike vloeibleikmiddel by vir elke liter warm water.

• Laat die afgespoelde skottelgoed vir ten minste 1 minuut in die water week.

Laat die skottelgoed volkome lugdroog voor gebruik.

Wasgoed

Dit is veilig om klere soos normaal te was.

Reiniging

Maak wasbare speelgoed en oppervlakke skoon met:

Gebotteleerde water

• Gekookte water, of Water wat ontsmet is

Troeteldiersorg

• Troeteldiere kan van dieselfde kieme as mense siek word of kieme aan mense oordra. Gee troeteldiere gebotteleerde water of afgekoelde gekookte water.

• Indien gebotteleerde water nie beskikbaar is nie, bring water to rollende kookpunt vir 1 minuut (teen hoogtes van meer as 6 500 voet, kook vir 3 minute). Laat die gekookte water afkoel voor gebruik.

• Kook kraanwater selfs al is dit gefiltreer (bv. deur ’n tuiswaterfilter of waterhouer met filter)

• Moenie water van enige toestel wat met jou waterlyn verbind is, soos ys en water van ’n yskas, gebruik nie.

Plante- en tuinsorg

Jy kan kraanwater vir huishoudelike plante en tuine gebruik.

Verw. 21 – 1 Maart 2023

Onder die hand van die Stadsbestuurder, Dr Noxolo Nqwazi

This article is from: