Skip to main content

Welkom Gim vs Goudveld - AWSUM Special Edition 2026

Page 1


VOORWOORD VAN DIE HOOF

WELKOM-GIMNASIUM

In Wekom-Gimnasium se 73ste bestaansjaar vind die 62ste Derby tussen twee topskole in die Vrystaat plaas. Die derby is – en bly – die heel grootste gebeurtenis op Welkom se gemeenskapskalender. Dié geleentheid word deur elke afrigter, ouer en leerling as die hoogtepunt van die wintersportprogram beskou. Op hierdie dag sal elke span om ‘n oorwinning tot die bittereinde meeding!

Die Gimmies nooi alle belangstellendes, oud-leerlinge, ouers en besoekers om hierdie gebeurtenis saam met ons op ons terrein te geniet.

I hope that this year’s derby will be characterised by healthy sportsmanship and that beautiful friendships will be forged. May we be spared serious injuries and foul play. It is also my wish that each matriculant will treasure the memories of this year’s Gimnasium-Goudveld derby.

Baie welkom aan al die reünie-groepe by hulle onderskeie alma maters. Mag die besoek mooi herinneringe laat herleef en ‘n besoek aan Welkom en sy gemeenskap van besonderse waarde wees.

Thank you very much to each sponsor, donor and supporter for your positive attitude and involvement with Gimnasium this year. Thank you also to Ms Sankie Nondela and her staff from FNB for their involvement with the two top schools in the Free State.

‘n Spesiale woord van dank ook aan elke afrigter by Gimnasium … u onbaatsugtige opoffering van u tyd langs die sportveld in belang van ons leerlinge word opreg waardeer.

Baie welkom aan mnr. M. Louwies, die Goutie-personeel, Beheerliggaam en elke Goutie in Gimmieland. Geniet die dag saam met ons!

Lastly, a message to each Gimmie: Do what you can, with what you have, wherever you are.

Vriendelike groete

Mnr Johan Slabbert

Mnr Johan Slabbert

Reagen Krige

As kaptein van Welkom-Gimnasium wil ek net sê hoe ongelooflik trots ek op elke speler in ons span is. Hierdie seisoen het weer bewys dat harde werk, dissipline en ware spanwerk groot dinge moontlik maak. Elke oefening, elke wedstryd en elke uitdaging het ons sterker gemaak, nie net as spelers nie, maar ook as individue.

Ons dra nie net ons eie drome op die veld nie, maar ook die trots van ons skool, ons families en ons gemeenskap. Elke keer wanneer ons die veld betree, speel ons vir iets groter as onsself. Ons doel bly om altyd ons beste te gee, mekaar op te bou en met respek, trots en deursettingsvermoë te speel.

Ongeag die uitslag op die telbord, lê ware sukses daarin om nooit op te gee nie, karakter te wys onder druk en altyd as ’n span saam te staan. Dit is wat Welkom-Gimnasium rugby besonders maak. Baie dankie aan ons afrigters, ondersteuners en ouers wat ons elke tree van die pad ondersteun en aanhou motiveer. Julle geloof in ons maak ’n groot verskil.

Ons glo in onsself. Ons glo in mekaar. En ons glo in die waardes en tradisie van Gimnasium.

Tian Harmse

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was baie intens en fisies uitdagend.

Dit het duidelik gewys dat ons groep spelers oor n sterk werksetiek beskik en moes ons vinnig leer dat dissipline en samewerking nie onderhandelbaar is nie. Ons span is toegewyd en gemotiveerd om ons volle potensiaal te bereik.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ons span verkil van vorige jare deurdat ons nog nie ons volle potensiaal heeltemal kon bewys nie. Dit maak ons begeerte net groter om beter te presteer. Ons span kom elke keer terug met nuwe moed en wilskrag om foute reg te stel en tegnieke te verbeter. Dis n span met karakter wat nie gaan le nie,maar elke keer volstoom oefen en mekaar ondersteun. Ondersteuners kan opgewonde wees om n span te ondersteun wat karakter toon, wat nooit ophou baklei of moed verloor nie, maar alles gee om hul afrigters en ondersteuners trots te maak.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Terwyl jy in die tonnel staan en die gejuig van jou skoolmaats en ondersteuners hoor, besef ek keer op keer dat die geleentheid oor meer gaan as die spel. Dit gaan oor die voorreg om die Goutie trui te mag dra. Die Goutie trui verteenwoordig trots respek, dissipline, integriteit en waardigheid op en van die veld. Ek besef my verantwoordelikheid om my skool trots te maak en om my spanmaats te ondersteun, te motiveer en om die beste besluite te neem. Vir my persoonlik is dit n besonderse eer wat ek nooit as vanselfsprekend beskou het nie.

Ek prys my Goutie voorgangers wat met dieselfde intensiteit en verwagtinge die Goutie Trui gedra het en vir ons die pad aangewys het.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span se identiteit is gefokus op fisiese intensiteit, dissipline en strategiese uitvoering. Ons streef daarna om met tempo te speel, terwyl ons mekaar voortdurend ondersteun. Ons ingesteldheid is een van deursettingsvermoe, en ons span gees word gekenmerk deur respek en vertroue.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die wedstryd teen Welkom Gimnasium, aangesien dit ons skool se derby is en altyd n besondere atmosfeer skep. Dit is nie net n wedstryd nie, maar n geleentheid waar die hele gemeenskap en oud skoliere betrokke raak en saamstaan om die span te ondersteun. Die intensiteit, trots en geskiedenis wat met hierdie wedstryd gepaardgaan, maak dit vir ons as spelers ongelooflik spesiaal. Dit is n kans om nie net vir onsself nie, maar vir almal wat agter ons staan, te speel en ons skool se naam met trots te verteenwoordig.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Rugby is n spansport en is elke lid van die span daartoe verbind om sy volle potensiaal te gebruik om suksesvol te wees. Op die veld is daar nie net 2 of 3 sterre nie, maar broers wat saamwerk om seker te maak punte is op die bord. Ons span is besonders want as dit by die spel kom is elke speler daar om sy rol met oorgawe te vervul, dit is juis hierdie wat ons n span maak om dop te hou.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Rugby leer ons waardevolle lewenslesse soos dissipline, verantwoordelikheid en spanwerk. Dit help ons om katrakter te bou en berei ons voor vir uitdagings buite die sportveld.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein streef ek daarna om deur my optrede te lei en n voorbeeld van toewyding, nederigheid en deursettingsvermoe te stel. Ek wil n leier wees wat my span inspireer en ondersteun, beide op en van die veld af. Ek bid dat Ons Hemelse Vader ons as Goudveld Eerste Rugby Span sal beskerm van beserings en te lei om wyse besluite te neem,mekaar te ondersteun en voortdurend respek teenoor mekaar en die opponent te toon.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop dat mense sal se ons het met trots, intensiteit en n onwrikbare gees gespeel, en dat ons alles gegee het vir mekaar en vir ons skool.

WELKOM-GIMNASIUM - RUGBY

Voor: Leano Williams, Tumelo Hlakoane, Reagen Krige (k), Emile Mahlelebe, Gimo Naftal, Jaydewin Solomon. Middel: Jayden Docherty, Ruchen Daniels, Jaydrian Mietas, Munro Heiberg, Tumelo Masukela, Jayden Venter, Ave Schalk, Caleb Botha. Agter: Bryan Haywood, Dylan Coetzer, Hlombe Mamani, Jan-Franco du Plessis, Cole Brown, Bul Rademeyer, Henrico Welman.
o.19A - Rugbyspan
057 355 1421 | 198 Jan Hofmeyer

GOUDVELD-HOËRSKOOL - RUGBY

Andre Steenberg
Arno Vosloo
Britz Reinders
Christiaan Swart
Duan Otto
GJ Wessels Janco van Wyk Kama Moloke
Tian Harmse (k)
KB Sonopo
Lerato Sompane Luhan de Jager
Nale Kwena
Neelius du Raan
Tshepo Manyene (o.k)
Ryan Rowett
Renaldo Agrella
Unathi Sijam
Sipho Bhiya
Thomas Bothma
Vian Boardman Xander van Niekerk Lawrenzo Martins

Steve Kruger, Lerato Sompane, Arno Vosloo, Duan Otto, Vian Boardman, Rocky Oosthuizen, JP Pretorius. Middel: Keano Snyders, Andre Steenberg, Britz Reinders, Tequan Tafel, Rapelang Leseba. Agter: Darian Ruiters, Neelius du Raan, Vandre Gouws, Unathi Sijam.

Voor: Zandro Engelbrecht, KG Letsoala, Sheldre van Heerden, Elrico Weideman (k), Juan Human (Afrigter), Mzeke Tsoai (o.k), Geraldo Olifant, Jaydon van Zyl, Luthando Howard. Middel: NJ Riley, Ruan Terblanche, Je-Leo Bekeer, Miguel Farinha , Qenehelo Tsoeunyane, Herman van Niekerk, Lebohang Leeuw. Agter: Ettiene Bredenkamp, Collin Esterhuizen, Arian Botes, Henrico van den Berg, Ruben Engelbrecht, Thabiso Montoeli, Muzi Marumo, Franco van Heerden.

Ki v.d. Berg, Zane Delate, Tumi Motsumi, Michael Coetzee, Jordan Williams, Matthew Robertson, Herman Botes, Henry Schickerling.

o.19B - Rugbyspan
o.16A - Rugbyspan
o.15A & B - Rugbyspan
o.14A - Rugbyspan
Voor: Mnr. Mark Louwies (Afrigter), Jaundre Pelser, Reghardt van Aswegen, Janco Knoetze (k), Dohandre Janse van Rensburg (o.k), Majoze Shata, Mnr. Keagan Frankenfeld (Afrigter). Middel: Mayson Fouche, Byron Martin, Cayden Correia, Sihle Tshabalala, Sabata Manyene, James Bartlett, Eben Vosser, Keagan Venter, Jan Rheeder. Agter: Deovano Bantom, Khamo Mhapalla, Caleb Strydom, JP Rabie, Ruben van Heerden, Steven Buso, Rio Borman. Afwesig: Jeremiah Kockera.
Voor: Johan v.d. Berg (Afrigter), Lesedi Nteo, Kellan Kleynhans (o.k), FJ Taljaard (k), Tlotlo Segalo, Jazzaine Comet, Paul Sauer (Afrigter). Middel: Thaurique Swartz, Modise Machaule, Kamo Davids, Colin Randal, Jeandré Botha, Boikanyo Montsitsi, Nathan Janse van Vuuren, Waldo v.d. Westhuizen, Ryan Knoesen. Agter: Dylan van Schalkwyk,
Voor:
o.15A - Netbalspan
o.14A - Netbalspan
Voor: Joanica Taljard,Janmari du Raan, Milan van Aardt. Agter: Siphokuhle Lande, Millah Du Plessis, Magdalise Ras, Jemma Kleynhans,Kara Taute.
Voor: Mia Beukes, Madri Harmse, Elcasia Howard, Carmen Pretorius, Priscilla Molaga. Agter: Annabell Human, Mené Breytenbach, Miele Keys, Danielle de Meillon, Duane Vorster.

WELKOM-GIMNASIUM EERSTESPAN NETBAL

Voor: Mieke Erasmus, Zinhle Ndwalane, Hayley Wedderspoon (k), Karabo Kondile. Agter: Kaitlyn Swart, Rose Njoku, Kira Fourie, Khensani Mkhabela, Tenieke van Aswegen.

ONS GESELS MET DIE KAPTEINS VAN DIE EERSTESPAN NETBALDOGTERS

haley Wedderspoon

Carpe Diem - Gryp die dag Derbydag is uiteindelik hier…die allerbelangrikste dag op ons netbalkalender. Wat ‘n absolute voorreg om vir die Gimmies te kan speel.

Ons is bly om die Gouties as gaste te kan verwelkom. Mag sportmangees seëvier en mag beide spanne hul staal toon.

‘n Hartelike dankie aan almal agter die skerms. Ons ouers vir die rondkarwei en aanmoediging. Ons afrigter vir ure se raad,uittrap,ondersteuning en vir die liefde wat ons laat voel ons kan enige iets bereik.

Ons Gimmies langs die baan-sonder julle aanmoeding sal ons nie so sterk kon wees soos wat ons vandag is nie.

Aan my spanmaats: Ons staan saam, ons speel vir mekaar en vir ons Gimmie familie. Onthou:Inspanning bring voorspoed! Ek laat my span met ‘n aanhaling van Confucius; ”Waarheen jy ook al jou tree rig,sorg dat jou hart in elke tree is”

Sterkte…kom ons maak dit ‘n Derby om te onthou!

Michelle van der Westhuizen

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Vir ons voorseisoen het ons deelgeneem aan Menlopark toernooi in Pretoria. Ons het elke dag 3 wedstryde gespeel waar die meisies uithouvermoë en ware karakter gewys het. Elke speler se veelsydigheid en toewyding tot die span was getoets.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Meeste speelsters hierdie jaar speel al vir 2 of meer seisoene in die eerste span, so ek voel hulle het al baie ontwikkel van laas jaar af en ons het baie gegroei van verlede seisoen af. In veral die laaste paar wedstryde het ons as span “gekliek” en het ons spel baie verbeter.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Voor elke wedstryd voel ek n rustigheid oor my kom en dink ek net aan wat ek moet doen. In daardie oomblik voel dit vir my soos ‘n groot eer om as eerstespan kaptein op die baan te draf en saam 7 ander wat ek vertrou te speel.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span het n skoon speelstyl en ons probeer die Gouties waardes op die baan handhaaf. Met elke wedstryd speel ons voluit tot op die einde en tel mekaar as span op as iemand haar kop laat sak.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons wil die Lejweleputswa liga wen en ook goed presteer in die Wesgrow liga. Ek het ‘n standaard vir myself gestel om hard te oefen en by elke oefening my alles te gee.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Defnetief die derby wedstryd teen Gimnasium. Van die begin van die jaar af sien die hele span al daarna uit, want ons wil bitter graag die wedstryd wen en voel ons ons het ‘n punt om te bewys. Elke wedstryd in die Wesgrow liga staan ook vir ons uit omdat ons neskuurig is oor hoe ons gaan doen omdat ons baie ontwikkel het van laas jaar af.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Elke speler het sy doel in die span en saam vorm ons ‘n goeie eenheid wat dit moeilik maak om een uit te sonder. Elkeen het sy sterk punte wat uitstaan waarop die span staat maak en bou.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Dit leer ons dat ons ondersteuning wat die afrigters, ouers en kinders langs die baan insluit, baie belangrik is en waardeer moet word. Hulle bou ons op en motiveer ons deur elke wedstryd.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

As kaptein, wil ek deur voorbeeld lei. Ek wil nie net my spanmaats voor n wedstryd motiveer en moed in praat nie, maar ook op die baan positief bly. Deur my spel wil ek my span motiveer en lei.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek wil hê dat mense opgewonde moet wees vir wat voorlê en nog meer wedstryde wil kom kyk. Mense moet sê dat hulle kan sien dat elkeen op die baan hard werk en hul deel tot die span bydra.

GOUDVELD- HOËRSKOOL EERSTESPAN NETBAL

Michelle v.d. Westhuizen (k)
Carli Taljaard (o.k)
Annabelle Rheeder
Linelldi Minnie
Lynn-Mari Louw
Mpho Komani
Naledi Tadi
Vanessa Wasyliszyn
o.19B - Netbalspan
Agter: Dianthe Fouche, Caitlin-Ann Ferreira, Nigella Siebert, Melindy Steyn. Voor: Rethabile Phafudi, Hanneke v Heerden (Afrigter), Annique de Villiers, Megan Nel (Afrigter), Amo Twapa.
o.16A - Netbalspan
o.17A - Netbalspan
Voor: Chante Michau, Liane Erasmus (o.k), Jozanel Strydom (k), Mimi Ngozo, Ilze Makkink.
Agter: Melincke Pienaar, Keala-Mari Keyser, Blanche Fourie, Rene Steenberg, Geraldene Ferreira.
Voor: Me. Chante Michau, Lienkhe Meintjies (o.k), Chenike van der Merwe (k), Live Stuma, Mev. Ilze Makkink.
Agter: Mosa Sephula, Bokamoso Semela, Kaylee Groenewald, Shynette Odendaal, Deante Berry.

GOUDVELD-HOËRSKOOL - ANDER SPORT

Tennisseuns

Tennisdogters

Voor: Xandri Britz, Marike Burger, Vanessa Wasyliszyn. Agter: Kara Taute, Jemma Kleynhans.
Voor: Kellan Kleynhans, Marike Burger, Jayden Viljoen. Agter: Piet le Roux, Zandre Zietsman, Raynard Odendaal.
Muurbal
Voor:
Lunay Smit, Mari-Et Desmore (koördineerder), Nada Pikela.
Middel: Jandré van Brakel, Owen Bekker, Juah Janse van Rensburg, Lerato Setlaba, Christo Erasmus.
Agter: Diaan van Brakel, Edwin Rheeder, Raynard Odendaal.

WELKOM-GIMNASIUM EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Agter: Chané Marais, Samekelisiwe Nhlapo, Christi Naudé, Onalenna Lepati, Michelle Koen, Omphile Matlaletsa. Middel: Paballo Moloi, Marizaan Combrink, Vanessa Thipe, Vené Steyn, Oratilwe Mzizi. Voor: Ashley Seymour (o.k), Chrisandi Leppan, Willizé Watt (k).

Willize watt

Beste Gimmie-familie en Hokkie-ondersteuners,

Die wag is uiteindelik verby. Die veld is reg, ons stokke is reg, en die Gimmies se harte klop vinniger as ooit. Om hierdie span in 2026 te lei teen Gouties is my grootste eer. Ons harte is reg, ons fokus is vas. Vir ons as die Eerste Meisiespan is die Derby teen Gouties nie net nog ‘n wedstryd nie – dit is die oomblik waarvoor ons hardloop, sweet en veg.

Wanneer ons daardie Swart trui oor ons koppe trek, speel ons nie net vir onsself nie, maar vir elke Gimmie wat voor ons gekom het en elkeen wat vandag langs die veld staan. Gouties, ons respekteer julle as teenstanders, maar weet dit: op hierdie veld los ons alles. Ons gaan met passie speel, met integriteit veg, en elke sekonde benut om ons skool se naam hoog te hou.

Aan my span: Kom ons wys hulle wat ware Gimmie-gees beteken. Vertrou op ons voorbereiding, speel vir mekaar, en laat die hokkie praat. Julle is ‘n inspirasie vir elke klein dogtertjie langs die veld. Aan ons ondersteuners: Julle is ons 12de speler. Laat die “G-I-M-M-I-E-S” weerklink sodat die hele Welkom weet wie hier oorwin!

Trots Rooi en Swart.

carla de jonge

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen het vir ons gewys hoe hard hierdie span bereid is om te werk vir mekaar. Ons het definitief as ’n groep nader gegroei en almal bring goeie energie en toewyding elke dag.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ek voel wat hierdie span anders maak, is hoe goed ons mekaar bystaan en ondersteun. Daar’s ’n baie lekker spangees en ek dink mense kan opgewonde wees om die intensiteit en passie te sien waarmee ons speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Net voor ek die veld opstap, dink ek meestal aan hoe trots ek is om my skool te verteenwoordig. Dit is altyd ’n spesiale gevoel om saam met hierdie groep besonderse meisies in ons skoolklere uit te hardloop.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ek sal ons span beskryf as hardwerkend, energiek en baie verenig met vreeslike goeie gees! Ons speel met baie passie en ons gee nie maklik op nie, as iemand hul kop sak help die res haar op.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Buiten wen, wil ons hierdie seisoen konstant groei as spelers en as mense. Ons wil

standaarde stel waarop ons trots kan wees, op en van die veld af.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Derby is definitief een van die grootste wedstryde op die kalender. Dis belangrik vir die span omdat daar altyd baie trots, energie en ondersteuning agter dit is.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Bella Kruger is ‘n speler om dop te hou , van laas seisoen tot die jaar het ek soveel groei in haar spel waargeneem, sy gaan ‘n groot impak die seisoen maak.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hokkie leer jou baie meer as net wat op die veld gebeur, dit leer ons dissipline, respek, spanwerk en hoe om onder druk kalm te bly.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil ’n kaptein wees wat altyd bereid is om my alles te gee vir die span en te kan se ek los als op die veld wanneer ek af stap. Ek wil lei deur voorbeeld en altyd ondersteunend en positief wees.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sien ’n span wat vir mekaar speel, God verheerlik op en van die veld af en met trots met die wapen op ons bors op die veld draf.

GOUDVELD-HOËRSKOOL EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

o.19B - Hokkiedogters

Bella Kruger
Bianca Earle
Cara Claassen
Carla de Jonge (k)
Elizabeth Mabena
Inge Coetzee
Katelyn Maasdorp
Kaydene Keyser
Kayla Pretorius
Leane van Rooyen
Lin-Marie Kruger
Nikki van Zyl
Nini Joubert
Rihane Liebenberg (o.k)
Tshire Thekiso
Voor: Ineke Bouwer, Tahlia Botha (k), Renate Botha (afrigter), Anschen Landman (o.k), Grace Snyman. Middel: Tanya de Lange (o.k), Anele Rampai, Mikayla De Meillon, Bianca Pieterse, Paiton Steyn. Agter: Chanelle de Beer, Lana Venter, Alexis van Staden, Kaydi Fourie, Amori Müller.

WELKOM-GIMNASIUM EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Voor: Tshepo Moru, Avelino Jose, Louis Steenkamp (k), Ntsasa Tseuoa, Handre Maree. Middle: Eddie Sithole, Nkosana Lepele, Bokang Pulumo, Karabo Maoeng, Teboho Moduka. Agter: Keamohetswe Matsekane, Jan-Thomas Bezuidenhout, Cyril Long, Tshiamo Moatlhodi (o.k), Deaundre de Kock.

ONS GESELS MET DIE KAPTEINS VAN DIE EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Louis Steenkamp

WELKOM-GIMNASIUM

It is a massive honor to lead the Gimmies’ First Team Hockey Boys onto the field for this year’s derby against Goudveld. Our preparation this season is captured in one word:Believe. We believe in the hard work we’ve put in, we believe in the guidance of our coaches, and most importantly, we believe in the brothers standing next to us.

As we often say, there is no I in team. We play as a single unit, fueled by the pride of wearing the Gimmie jersey. To our loyal supporters: your energy on the sidelines is what carries us through the toughest minutes. We play for you, for our school, and for the tradition we represent.

I want to wish the best of luck to every Gimmie competing in the Derby—whether you are on the rugby field, the netball court, or the hockey field. To our opponents, we look forward to a match played with the highest integrity. Let us make this a derby to remember; may the best teams win, and may we all play with the heart and spirit that this great tradition deserves.Once a Gimmie, always a Gimmie!

Juah Jv Rensburg

GOUDVELD-HOËRSKOOL

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was intens maar baie suksesvol. Ons het harder gefokus op struktuur en spanchemie. Dit het ons groep se karakter gewys: vasbyt, ondersteuning vir mekaar en volle toewyding, selfs as dit moeilik was.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Die jaar se eerste span is vinniger en meer gedissiplineerd as vorige jare. Ons het nuwe spelers wat kwaliteit byvoeg. Ondersteuners moet kom kyk na die hoë tempo, slim spel en hoe ons as eenheid baklei.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Voor ek die veld betree, dink ek aan die verantwoordelikheid om my skool se wapen met trots te dra. Dit beteken vir my ’n kans om te lei, myself en my span te verbeter.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span se identiteit: vinnige oorgange en aggressiewe pressing. Ons speelstyl is struktuur en goeie passe. Gees: positief en ondersteuning.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons standaard is om elke dag en elke wedstryd met 100% inspanning, respek en wenmentaliteit in te gaan – nie net vir resultate nie, maar om beter mense en spelers te word.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die groot derby wedstryd staan uit. Dit is belangrik want dit toets ons karakter en gee ons die kans om skooltrots regoor die gemeenskap te wys.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Sello Ngwane gaan mense verras met sy verbetering en deursettingsvermoë. Daardie speler maak jou op met positiewe energie en bereidheid om altyd ekstra te gee vir die span.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hokkie leer spelers dissipline, hoe om onder druk te presteer, ware spanwerk en leierskapsvaardighede wat hulle in die lewe buite die veld sal help.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

As kaptein wil ek ’n inspirerende, regverdige en harde-werkende leier wees wat almal betrek, kommunikeer en ’n voorbeeld stel van toewyding en sportsmansgees.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop hulle sien ’n verenigde, passievolle span wat saam baklei, mekaar opbou en die skool met trots verteenwoordig.

GOUDVELD- HOËRSKOOL EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Juah J.v. Rensburg (k)
Piet le Roux (o.k)
Siya Mazingi (o.k)
Gerald Jacobs
Henko Kleynhans Hloni Davids
Jayden Meintjies
Jayden Viljoen
Lu-Juan Kock
Nathan Lourens
Owami Seliane
Sello Ngwane
Eben v.d. Berg
Tebello Mokoena
Themba Moabelo Wijan Oberholzer
o.19B - Hokkieseuns
Voor: Alonzo Witbooi, Oratilwe Molelekoa (o.k), Me. Tania Ballot (afrigter), Tiaan Strauss (k), Divan van Zyl. Middel: Khotso Koba, Alex Lombaard, Owen Bekker, Stephan Engelbrecht, Jaydon van Zyl. Agter: Ruan Hall, Jevahno Motaung, Zandrich de Beer, Logan Jacobs, Dewald Swart, Justin Swaine, Tebello Mokoena.

Voor: Elandri Claassen, Chenique Viljoen (o.k), Semone Van der Walt (afrigter), Juanique van Zyl (o.k), Janke Coetzee.

Middel: Hope Coetzer, Tiffany Viljoen, Jessica Krynen, Omphile Kula, Xandri Britz.

Agter: Annabél Fourie, Leané van Rooyen, Christie Prinsloo.

Voor: Owen Bekker, Ruben Louwies, Mienke Nieuwenhuis (afrigter), Ethan Vigliotti, Hugo de Witt.

Agter: Bentley Hancke, Dietloff Basson, James Potterton, Hendre Wentik, Lesedi Toko, Daiden J.v. Rensburg.

Voor: Leme Bouwer, Miale Richter (o.k), Leila Erasmus (k), Mienke Nieuwenhuis (afrigter), Abbigail Lamprecht (o.k), Luca Pienaar, Jay-Lee Davis.

Agter: Cailtlyn Erasmus, Amore Visagie, Minique Nienaber, Herli Weeber, Adri Barnard, Giana Blignaut, Tianique Viljoen, Mia Vorster.

Voor: Hugo de Klerk, Tshepo Masheshemane (afrigter), Danté Hees-Ferreira (k), Caydon Correia (o.k), Jeandré Pieterse (afrigter), Louis Viljoen.

Agter: Damien Bruyns, Eben Vosser, Waldré Landman, Bokang Phakoe, Kyle Kymdell, Luan Britz, Juanru Henning, Reghardt Bester.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook