Skip to main content

Stellenberg vs Durbanville - AWSUM Special Edition 2026

Page 1


Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons voorseisoen het uit baie harde werk en toewyding bestaan. Die ouens het karakter gewys en bewys dat ons nie sal gaan lê nie.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ons is ’n span wat vir mekaar speel en nie net as individue nie. Ons werk goed saam; ons is een en dra ons truie met trots. Wanneer ons op die veld draf, het ons almal net een doel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Voordat ek op die veld draf, dink ek net aan wat my rol is en wat ek in die wedstryd moet doen. Elke wedstryd is ’n geleentheid om my talent uit te leef, so dit beteken vir my die wêreld.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ek sal sê ons speel slim rugby. Ons wil op die regte plekke op die veld speel, en ons is ’n fisieke span.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons het gesê dat ons by elke oefening en in elke wedstryd ons beste wil lewer.

Yanos Molnar

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Interskole. Dit is die laaste wedstryd van die jaar en die laaste keer dat die matrieks in ’n Jade-trui sal speel.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Carlo Brink. Sy harde werk weg van die bal en sy vermoë om op die regte tyd op die regte plek te wees, maak hom iemand om dop te hou.

Wat leer spelers by jou skool uit hierdie sport wat verder strek as dit wat op die veld gebeur?

Rugby leer jou dat jy nie altyd die beste sal wees nie, en dit leer jou hoe om deur moeilike tye te kom.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil deur my spel lei en my spanmaats motiveer.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Dat dit een van die hardwerkendste groepe is wat hulle nog gesien het.

Muller Jansen van Vuuren

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons het reeds in September verlede jaar in ons HPC aan ons krag begin werk en op die veld aan ons fiksheid. Dit het gedurende die somersportseisoen en oor die vakansie plaasgevind. Die toewyding en karakter van die groep manne was ongelooflik, aangesien ons soggens reeds kwart oor vyf begin oefen het.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne?

Vanjaar is die eerste jaar waarin ons in die Premierliga speel. Dit beteken dat ons week ná week wedstryde teen van die beste spanne in die land speel. Ons het al die ondersteuning van ons skool en die gemeenskap nodig sodat ons ’n suksesvolle grondslag vir Hoërskool Durbanville se rugbyprogram kan lê.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree?

Ek fokus daarop om kalm te bly sodat ek die geleentheid ten volle kan inneem en beleef. Dit is iets waarna ek uitsien vandat ek kan onthou.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons het ’n baie dinamiese span waarvan die spelers mekaar goed aanvul. Een van ons sterkpunte is dat ons ander spanne se foute in punte kan omskep.

Dit stel ons soms in staat om ’n druksituasie in ’n puntegeleentheid te verander. Ons ingesteldheid is om onder alle omstandighede ons beste te gee, foute as leergeleenthede te beskou en so gou moontlik na ons volgende “taak” op die veld aan te beweeg. Ons veggees en broederskap dra tot ons sukses by, op én van die veld af.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons werk hard daaraan om die volle 70 minute te speel en te voorkom dat ons platvoet gevang word wanneer ons moeg raak.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Dis moeilik om net een wedstryd uit te sonder. Stellenberg het egter vanjaar ’n baie sterk span, en dit is daarom natuurlik een van die wedstryde waarna ons baie uitsien.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Farrel-Leigh Dido beleef vanjaar ’n ongelooflike seisoen. Ons as span is baie trots op hom. Min mense verwag dat hy sulke kragtige barslopies kan insit, soos hy reeds hierdie seisoen gewys het.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Rugby leer jou van spanwerk en deursettingsvermoë. Dit is veral belangrik om jou kop op te tel wanneer dinge nie altyd verloop soos beplan nie.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ons koester die geleentheid om vanjaar in die WPPremierliga te speel, aangesien dit ongelooflike blootstelling aan ons skool en gemeenskap bied. Ons hoop dat mense sal sien dat ons span te alle tye karakter toon en altyd ons beste vir ons skool en die Durbanville-gemeenskap gee. Ons streef daarna om die trui op ’n beter plek vir toekomstige generasies Durbies agter te laat.

HOËRSKOOL DURBANVILLE - RUGBY

Voor:

Mnr Ruan Grové (Afrigter), Ruben Giliomee, (Spanbestuurder) Jovan Burke, Zardus Coetzee (o.k), Ruan Basson (k), Liam Swart, Lohan du Preez, Mnr Ernst Ehlers (Afrigter).

Middel:

Lundon Petersen, Kayan Farmer, Alexander Ehlers, Marko Leibrandt, Corné Gerber, Noah Vieyra, Kruger Kirsten, Christiaan Bester, Andreas Smit, Antonie Smit, Dwayne Lötter.

Agter:

Keagon Farmer, Dian van der Sandt, Jean-ré Barnett, Jono Janse v. Vuuren, Markus Cornelius, Rynhardt Vosloo, Erich Vermeulen, Hanu Muller, Stefan van der Westhuizen, Ryno Basson, Kosie Loubser, Owen Cloete.

Voor:

Jaydo Manuel, Mnr Eduan van den Heever (Afrigter), Mnr Evert Carstens (Afrigter), Herman Malherbe (o.k), Jean Louw (k), Mnr Wynand Roets (Afrigter), Uriah Joseph, Dylan van der Berg.

Middel:

Simeon Hugo, Hanro Coetzee, Johan-Louis van Biljon, Cole Hopley, Sachin Witbooi, Francois le Roux, Liam Swartz.

Agter:

Adriaan Smit, Christiaan Janse van Vuuren, Wihan Ehlers, Dihan Vermeulen, Cilan Naudé, Franco Mynhardt, Burger Eagleton, Evan Linde, Stephan Bekker.

Voor:

Mnr Freddie Brooks (Afrigter), Kyle Koopman, Jerod Cupido, Zandre Richter, Easton Titus (o.k), Tristan Manuel, Robenio Saville, Hanru van Eyssen.

Middel:

Jeandre Prinsloo, Stefan Roux, Eduan Erasmus, Wian Beukes, Sebastian Smit, Nathan Wiliams, De Villiers Barnard, Derek Freemantle.

Agter:

Jaylon Boonzaaier, Dohan van der Sandt, Ben de Villiers, Stian Fourie, Jan-Harm Burger, Junior Swart, Francois Vermeulen, Reace du Preez.

- Rugbyspan
o.16A - Rugbyspan

Anja Mostert

HOËRSKOOL DURBANVILLE EERSTE NETBALSPAN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons voorseisoen het ons werklik bymekaargebring. Ons het van onder af begin en onsself as ’n span opgebou.

Ons het nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie en elke uitdaging as ’n geleentheid beskou om te groei.

Ons het geweet dat harde werk die enigste manier sou wees om die top te bereik, en dit het alles reeds in die voorseisoen begin.

Ons het elke hindernis saam die hoof gebied, mekaar ondersteun en die nodige moeite gedoen. Dit het vir my bewys dat ek op my span kan staatmaak – wanneer ek nie vir myself kan veg nie, sal hulle vir my veg, net soos hulle vir mekaar sal veg.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne?

Ons houding en denkwyse gaan oor respek en liefde vir mekaar, ongeag ons verskille. Ons weet dat die sport baie uitdagings en opofferings kan meebring, maar ons is daar om mekaar te ondersteun eerder as om mekaar af te breek. Ons werk hard, en hoewel elke speler op haar eie talentvol is, is ons saam iets besonders.

Ons het baie uit vorige oorwinnings en nederlae geleer en gebruik daardie ervarings as lesse om verder te groei. Ons fondament is in die Here en Sy waardes gegrond, en ons doen alles vir Hom.

Ons is opgewonde om die seisoen sterk af te sluit. Ons leuse is immers: “Dit gaan nie oor hoe jy begin nie, maar oor hoe jy eindig.”

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan betree? Dankbaarheid. Ek is werklik dankbaar dat die Here vir my die talent en vermoë gegee het om hard te werk sodat ek daar buite, in my rokkie, op die baan kan wees. Dit is alles deel van Sy plan, en ek voel geseënd om dit vir my span, my familie en my skool te kan doen.

Ek hoop dat ek jonger kinders kan inspireer om hierdie sport net so lief te hê soos ek en om in hulleself te glo. Ek beskou elke wedstryd as ’n seën en ’n voorreg, en nie as iets wat ek as vanselfsprekend aanvaar nie. Daar is soveel spelers wat moes ophou

speel – nie omdat hulle wou nie, maar omdat hulle moes. Ek speel vir hulle en vir diegene wat nie kan speel nie. Eerlikwaar speel ek ook vir myself – vir al die harde werk wat ek ingesit het en die struikelblokke wat ek moes oorkom.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span se speelpatroon verskil redelik baie van dié van ander spanne, en ons maak gereeld grappies daaroor. Ons is nie noodwendig ’n span wat streng op struktuur gegrond is nie; ons benader die spel op ’n ander manier.

Ons afrigters probeer ons nie in ’n boksie plaas nie – hulle gee ons die vryheid om vir onsself te dink. Hulle berei ons voor vir die werklike netbalwêreld, waar afrigters nie voortdurend vir jou sê wat om te doen nie. Ons speel volgens die speler en die beskikbare spasie.

Ons beskou elke terugslag as ’n les of bloot as nog ’n hindernis wat ons moet oorkom. Een ding waaraan ons span beslis nie ’n tekort het nie, is gees. Ons drie hoofdirigente en die musiek hou ons aan die gang. Saam met die luister kom daar natuurlik ook baie sing en dans – nie net van ons kant af nie, want elke nou en dan gooi ons afrigters ook ’n danspassie of twee!

Ons tel mekaar op en is mekaar se veilige ruimte. Dit is vir my ’n ongelooflike voorreg om deel van so ’n span te wees. Ek dink nie ’n mens kan vir iets beter vra nie.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons het vir onsself gesê dat ons vanjaar die beste wil wees, al die nodige werk wil insit, alles in elke wedstryd wil gee en vir niks of niemand sal terugstaan nie. Ons wil bo uitkom.

Ons het ook besef dat ons hard sal moet werk om dit te bereik – niks gaan vanself gebeur nie. As ’n span het ons ooreengekom dat ons vanjaar nie net speel om te wen nie, maar ook omdat ons die sport so liefhet. Ons gaan elke oomblik geniet, want dit is waaroor dit uiteindelik gaan.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek kan nie ’n enkele speler uitsonder nie. Individueel sou ons nie kon bereik waar ons vandag is nie – daar is ’n rede waarom dit ’n spansport is.

Nie een van ons sou op haar eie ’n teenstander kon oorwin nie. Netbal vereis al sewe spelers binne daardie vier lyne, elkeen met die begeerte om te wen en ten volle op die wedstryd gefokus. Elke speler is goed, selfs briljant, maar een mens maak nie ’n span nie. Een speler dra nie alleen ’n span nie, en geen enkele speler is alleen verantwoordelik vir ’n oorwinning of ’n nederlaag nie.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan gebeur?

Netbal het my uithouvermoë geleer. Die wedstryd is werklik nie verby voordat die eindfluitjie geblaas het nie.

Die sport het my ook geleer dat jy vir al die tyd en ure wat jy insit, beloon word, maar ook dat jy nie jou talente as vanselfsprekend kan aanvaar nie. ’n Mens leer geduld en beslis ook hoe om in uiters stresvolle situasies kalm te bly.

Die sport leer ’n mens ook dissipline en hoe belangrik dit is om op te daag. Laastens het netbal my geleer dat niemand anders se mening oor my of my spel soveel gewig moet dra soos my eie nie.

Anika Loubser
Lianel Groenewald
Karla Vorster
Mienke du Toit
Anja Mostert (k)
Lizmari de Jager (o.k)
Kayla Stegemann
Mila Freemantle
Kylie van der Bergh
Minke Böhmer
Voor: Me Wilmien Cronjé (Afrigter), Cara Zevenster (K), Anouk Marais, Marita Bosman.
Agter: Millah Hetherington, Lara Cronjé (o.k), Annika van As, Zahn Voges.
KAPTEIN VAN DIE EERSTE NETBALSPAN

HOËRSKOOL DURBANVILLE EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Rautenbach

KAPTEIN VAN DIE EERSTE HOKKIESPAN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was uitdagend, maar dit het gewys hoe toegewyd hierdie groep spelers is. Almal was bereid om hard te werk, selfs wanneer dinge moeilik geraak het. Dit het vir my gewys dat ons ‘n span is wat nie maklik opgee nie en altyd bereid is om vir mekaar te veg.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ek dink wat ons span uniek maak, is die sterk band tussen die spelers. Ons is n jong groep, maar ons vertrou mekaar en speel vir mekaar. Ondersteuners kan uitsien na ‘n span wat met passie, trots en volle oorgawe speel elke keer wanneer ons die veld betree.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Ek voel altyd opgewonde en dankbaar. Ek dink aan al die harde werk wat ons ingesit het en aan die voorreg om my skool te verteenwoordig. Dit is iets waarop ek baie trots is en wat ek nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek weet ons kan enige iets doen as ons alles in sit.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons speel met intensiteit en dissipline. Ons gee nooit op nie en probeer altyd positief bly, ongeag die telling. Ons span se grootste krag is ons gees en die manier waarop ons mekaar ondersteun.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons doel is nie net om wedstryde te wen nie, maar ook om elke dag beter te word. Ons wil goeie ambassadeurs van die skool wees, respek toon teenoor ander en trots wees op die manier waarop ons onsself gedra.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Interskole staan beslis vir my uit. Dit is altyd ‘n spesiale geleentheid met baie geskiedenis en trots daaraan verbonde. Dit beteken baie vir die spelers, die skool en die ondersteuners. Dis die een wedstryd wat ons die hele jaar voor voorberei.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink daar is verskeie spelers wat gaan uitstaan. Maar as ek moes sou kies sou dit definitief Laurine van Staden wees. Sy is my junior in die span, en het een van die grootste rolle in die span om vol te staan. Sy het so vinnig geleer en in my opinie dra sy die span in die middel. Sy gee nooit op nie en is altyd daar om te help.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Die sport leer ons belangrike lewenslesse soos dissipline, verantwoordelikheid, deursettingsvermoë en spanwerk. Dit help ons om beter mense te word, nie net beter sportlui nie.

Voor: Margít Trollip, Lenaé le Roux, Jodie du Toit (k), Me Kara le Roux (Afrigter), Frances Schrönen (k), Saskia Cloete, Reeva Pienaar.
Agter: Jaime Greyvenstein, Mia Viljoen, Danelle Dry, Anouk Bruwer, Nina Coetzee, Lisa Wessels, Nell Van Wyk, Liesel van der Merwe.
Afwesig: Melissa Carstens, Inge Vlok, Linda van Wyk.
Amber-Reece Duncker-Smith
Emma Fourie
Kara Rossouw
Mieke Visser
Anja Pretorius
Iliana Nel
Laurine van Staden
Nika Spies
Carlin Nel
Isabella Cornelissen
Leah van der Merwe
Ronel Rautenbach (k)
Dunay de Vos
Juané Burger
Liné Sauerman
Zieke Rossouw

HOËRSKOOL DURBANVILLE EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen het baie goed begin, en almal was entoesiasties en gemotiveerd om hard te werk en die skool se naam hoog te hou. Wat veral uitgestaan het, was dat die span vinnig ’n eenheid gevorm het – iets wat sommige spanne nooit gedurende ’n seisoen ervaar nie. Hoewel daar vanjaar heelwat nuwelinge in ons span is, was die verbintenis tussen ons van die begin af natuurlik.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders?

Ons span beskik oor ’n goeie balans tussen ervaring en jong talent. Ons speel vir mekaar en hou nooit op veg voordat die eindfluitjie blaas nie. Ondersteuners kan uitsien na ’n span wat met intensiteit, trots en passie speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Dit beteken baie vir my om die Durbanvilletrui te dra, omdat ek nie net myself verteenwoordig nie, maar ook my spanmaats, afrigters en die Durbie-gemeenskap.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons speel vinnige, aanvallende hokkie en probeer elke wedstryd met intensiteit aanpak. Ons slagspreuk, “Earned – Not Given”, is iets waarvolgens ons leef. Dit herinner ons daaraan dat niks vanselfsprekend is nie –jy moet elke dag hard werk om jou plek in die span én die respek van jou spanmaats te verdien. Ek dink ons spangees word gekenmerk deur harde werk, respek vir mekaar en deursettingsvermoë.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons wil bekendstaan as ’n span wat met integriteit, dissipline en trots speel. Ons streef daarna om met elke wedstryd en oefensessie te verbeter, sterk verhoudings te bou en die waardes van Hoërskool Durbanville uit te leef, ongeag die uitslag.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Al die ligawedstryde is vir ons belangrik, omdat ons onsself dan teen van die beste skole toets. Tog bly die Interskolewedstryd die hoogtepunt van die jaar.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Keelan is iemand om dop te hou. Hy is ’n jong speler in graad 10 wat altyd alles op die veld gee. Hy het deur die loop van die jaar baie gegroei en heelwat selfvertroue ontwikkel.

Voor: Mnr Geo Erasmus (Afrigter), Daniël van Wyk, Luc Henning, Stefan Fick, Marnus Nothnagel (k), Karlo Visser, Gray Steyn, Adriaan de Kock.
Agter: Zander Joubert, Lehann Geldenhuys, Heino van As, Ulrich Kingsley, Duan de Villiers, Tjaart Badenhorst, Kian Lombard, Barry Strydom, Rocco Joubert.
o.19B Hokkieseuns
Adriaan Arlow
Aedàn Gunter Christopher Dunthorne Divan van Eeden
Evan Trollip Handré Botha
Leo Magni Liam Noëth
Lian Sauerman Nico Voges
Noah Jansen
Keelan Treu
Robbie Wilson
Ruan le Roux
Ruben Kotze Stefan Steenkamp
Sven Gouwsventer (k)
Ricardo Voshol
Seniors: Genevieve Myburgh, Lenae le Roux, Angelique Myburgh.
Juniors: Elizabeth Coetzer, Christian Coetzer, Jana Muller.
Voor: Niel du Toit, Mnr Janes Benadé, Henru Walters, Braam Smit. Agter: Xander Rossouw, Tiaan Louw, George Stapelberg, Nico Grové.
Voor: Geo Erasmus (Hulp bestuurder), Skyler Blom, Lian de Jager, Ethan Hill, Charl Joubert, Alandri Steyn, Joshua Janse van Vuuren (Bestuurder). Middel: Nico Kriel, Jacques Hamman, Stefan Otto, Henri Coetzee, Jolynn Botha, Ean Joubert. Agter: Ruben Kleynscheldt, Adam Gerber, Christiaan Botha, Stephan Claasen, Wilhelm Burger, Logan van Wyk, Gabriel Burke. Afwesig: Adriaan Otto, Ryan Koorzen, Ian Jansen van Vuuren, Luka Hearn.
Voor: Linda Laskey (kodehoof), Charné Tiemie, Skylar Blom, Marlilize Cronje, Rethe van Schalkwyk, Zani Tredoux, Ruan Botha, Carika Rossouw. 2de ry: Juanny Potgieter, Marlie Agenbach, Benjamin Badenhorst, Isabel Riedemann, Richardt Marais, Wian Joubert, Daniël Badenhorst, Mia Roccon, Anieka Louw. 3de ry: Nina van der Nest, Lara Brown, Karla Pienaar, Hendrik van Deventer, Jenna Groves, Hanro Serfontein, Liesel van der Merwe, Minay Serfontein, Helen Hill, Lelani Hearn. Agter: Helene van der Merwe, Lara Cronje, Daniël Vancoillie, Aran Victor, Owen-Roux Hesse, Henry Briel, Dohan van den Berg, Luka Hearn, Luttig Malherbe.
Me Stephanie Steenkamp, Martin van Zyl, Yoshua Zeeman, Riko Scheepers, Juan de Clerk.
Debat Juniors
Debat Seniors
Gholf A-Span
Voor: Me Murlize van Heerden, Kylie van der Bergh, Joshua Coetzee, Nina van der Merwe, Mia Kotze. Agter: Zahn Voges, Anika Loubser, Noah Malan, Eugene Theron, Lizmari de Jager, Karla du Plessis.

Voor: Sandra

Middel: Isabel Scannell, Lara Andrews, Kara Voster, Inge Jansen, Annerie Lategan, Vera Cronje, Cara Lang.

Agter: Heidi van Zijl, Lisa-Marie Louw, Delinda du Toit, Kiara Bauer, Hanco van der Merwe, Wihann de Witt, Dewald Leuvennink, Francois Nel, Hunter Donaldson, James Milne, Isabella Putter.

Stellenberg Boogskietspan

Durbies Boogskietspan

1ste

2de ry:

Agter:

Niemand (k), Ben Heunis (k).
Voor: Mnr A Jordaan (Afrigter), Francois Kotze, Xian Strydom, Aldo van den Berg, Jaco van der Vyver, Jano Lötter, Ivan Wessels, Riley Harding.
ry: Giam Lourens, Mischa Laker, Grethe Hand, Etienne Hanekom, Lize Cilliers, Ben Nothnagel, Jeanette McCutcheon, Daniel Du Toit.
Adri van Deventer, Mia Mangiagalli, Raynique Lombard, Dian Coetzer, Jani Rossouw, Isabelle Naborn, Emma Wiehahn, Dylan De Reuck.
Christo Boshoff, Ruan Bezuidenhout, Jian Grey, Dawid van Rensburg, Hancke Els, Tertius de Kock, Hugo Agenbag, Stefan Mostert, Lara Kruger.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Stellenberg vs Durbanville - AWSUM Special Edition 2026 by AWSUM News - Issuu